A.A. Onderlinge Assuransie Assosiasie Bpk (in Likwidasie) v Strydom (18/87) [1988] ZASCA 79 (1 June 1988)
The Supreme Court of Appeal held that the principles of vicarious liability do not apply in this case, as the respondent did not have a physical right or power of control over the driver, Van Schalkwyk. The respondent's own conduct was not negligent; he had no practical means to influence the operation of the...
Source-derived case information.
- Citation
- [1988] ZASCA 79
- Parties
- Appellant: A.A. Onderlinge Assuransie Assosiasie Beperk (in Likwidasie); Respondent: Gerhardus Matthys Strydom
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 18/87
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division
- Outcome
- Appeal dismissed with costs.
- Judges
- Jansen, Hoexter, Nestadt, Boshoff, Steyn
- Legal Topics
- Negligence, Vicarious Liability, Motor Vehicle Insurance, Contributory Negligence
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
A.A. Onderlinge Assuransie Assosiasie Beperk (in Likwidasie)
Appellant
Gerhardus Matthys Strydom
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division
Legal Issues
- 1 Whether the negligence of the driver, Van Schalkwyk, should be imputed to the owner-passenger (the respondent) under principles of vicarious liability.
- 2 Whether the respondent was contributorily negligent in the circumstances.
- 3 Whether the insurer (appellant) is liable to compensate the respondent under the provisions of Act 56 of 1972.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the principles of vicarious liability do not apply in this case, as the respondent did not have a physical right or power of control over the driver, Van Schalkwyk. The respondent's own conduct was not negligent; he had no practical means to influence the operation of the motorcycle beyond warning the driver to slow down, which was ignored. The insurer, as per Act 56 of 1972, may only raise defences available to the driver, and the only relevant defence would be the respondent's own negligence, which was not established. Therefore, the respondent is entitled to the full agreed damages.
Court Disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
- The respondent is entitled to the full agreed damages.
Full Case Text
Judgment text and source record
46 paragraphs
/MC Saak nr 18/87.
A.A. ONDERLINGE ASSURANSIE ASSOSIASIE BEPERK (IN LIKWIDASIE) vs
G.M. STRYDOM
JANSEN AR.
Saak Nr 18/87. /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
A.A. ONDERLINGE ASSURANSIE ASSOSIASIE BEPERK
(IN LIKWIDASIE) Appellant
- en -
GERHARDUS MATTHYS STRYDOM Respondent
Coram: JANSEN, HOEXTER, NESTADT ARR et BOSHOFF, STEYN Wn ARR.Verhoor: 25 Februarie 1988. Gelewer: 1 Junie 1988.
UITSPRAAK.
JAMSEN AR.2. JANSEN AR :-Op 3 Februarie 1983 was die respondent (hierna "eiser" genoem) 'n passasier op sy eie motorfiets wat toe deur ene A C van Schalkwyk bestuur is. Die motorfiets het die pad verlaat en met 'n chevron-bord gebots. Van Schalkwyk is gedood en eiser is ernstig beseer. Daarop het die eiser teen die appellant (hierna "verweerder" genoem), wat ten tyde van die ongeluk ingevolge Wet 56 van 1972 die versekeraar van die motorfiets was, 'n aksie om skadevergoeding in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel. Die eiser het beweer dat die ongeluk geheel en al aan die nalatigheid van Van Schalkwyk te wyte was, dat hy daardeur skade gely het en dat die verweerder ingevolge die bepalings van Wet 56 van 1972 aanspreeklik is om dit
te / ....3. te vergoed. Twee verwere is in die alternatief geopper: (1) op grond van die beginsels van middellike aanspreek= likheid moet Van Schalkwyk se nalatigheid aan die eiser toegereken word en kan die eiser dus nie slaag nie; (2) die eiser was self minstens medewerkend nalatig. Beide verwere is deur die Hof (McCREATH R) afgewys en 'n ooreen= gekome bedrag van R12,000-00 is aan die eiser met koste toegeken. Die Verhoorregter het aan die verweerder verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer.Die saak is feitlik uitsluitlik op ooreengekome feite gevoer en slegs een getuie is geroep, nl ene H D Warden wat ten behoewe van die eiser getuig het, o a ter weerlegging van die alternatiewe verweer dat die eiser self ook nalatig was. Wat die hoofverweer betref, het die Hof
bevind / ....
4.
bevind dat regtens die toepassing van die beginsels van
middellike aanspreeklikheid wel sou kon meebring dat in
omstandighede soos die onderhawige skuld van die drywer
aan die eienaar-passasier toegereken sou kon word, met
gevolglike mislukking van 'n eis teen die versekeraar. Die
Hof het derhalwe na aanleiding van die saak Braamfontein
Food Centre v Blake 1982(3) SA 248(T) ondersoek "of daar
nie net 'n reg van beheer bestaan het nie, maar ook of daarh 'physical right of control' bestaan het en die 'power
to control'" ten opsigte van die eiser teenoor Van Schalkwyk.Die Hof het tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie diegeval was nie. Wat die alternatiewe verweer betref, hetdie Hof bevind dat die eiser nie in enige opsig nalatigwas nie.
Voor / ...
5.
Voor ons is weer eens namens die verweerder aangevoer dat met toepassing van die beginsels van middellike aanspreeklikheid Van Schalkwyk se nalatigheid aan eiser toegereken moet word en dat as daardie nalatigheid die alleenoorsaak van die ongeluk was, die eiser nie met sy eis teen die verweerder kan slaag nie. In die alternatief is daarin volhard dat die eiser self medewerkend nalatig was en dat die toegewysde bedrag dienooreenkomstig verminder moet word.Ons vind dit egter onnodig om enigsins die beginsels van middellike aanspreeklikheid te bespreek. Hier gaan dit wesenlik om die regsverhouding tussen die eiser en Van Schalk= wyk (of meer korrek sy boedel) en dit sou nie gesê kon
word dat 'n eis teen Van Schalkwyk op grond van sy nalatigheid
afgewys / ...6. afgewys sou moes word op grond van die eiser se "middellike aanspreeklikheid" vir Van Schalkwyk se nalatigheid nie -slegs die eiser se eie nalatigheid sou hom kortwiek. Die bepalings van Wet 56 van 1972 (arts 21 en 27) stel die versekeraar in die plek van "die persoon wat die motorvoertuig bestuur" en aldus word statutêr 'n soort subrogasie bewerk= stellig. In die omstandighede kan die verweerder as ver= sekeraar slegs dié verwere opper wat Van Schalkwyk as bestuurder sou kon geopper het. Die kwessie van middellike aanspreeklikheid is dus in die onderhawige geval nie ter sake nie. Alhoewel om ander redes, moet die Hof a_ guo se afwysing van die hoofverweer dus gehandhaaf word.
Wat die alternatiewe verweer van medewerkende
nalatigheid / ...7. nalatigheid betref, kan volstaan word met wat deur dieHof a quo gesê is :-
"Dit is duidelik volgens die getuienis van Warden dat die eiser nie by magte was om by òf die versneller, en/of die remme of rat = wisselingmeganisme by te kom nie met enige deel van sy liggaam terwyl hy as passasier op die motorfiets gesit het nie. Die vraag ontstaan dan wat hy nog kon gedoen het om sy beheer te kon uitoefen indien daardie beheer inderdaad bestaan het in enige noemenswaardige sin van die woord.
Daar is die ooreengekome feit dat toe die draai in die pad na links genader is die eiser vir die bestuurder van die motorfiets geskreeu het om stadiger te ry, maar dat laasgenoemde nie gehoor hieraan gegee het nie. Na my oordeel was daar op daardie stadium niks verder wat die eiser kon gedoen het nie wat van enige waarde sou wees om die optrede van die bestuurder van die motorfiets sodanig te beheer dat die ongeluk voorkom kon word.
In die loop van betoog word dit namens die verweerder aangevoer dat die eiser die bestuurder
op / ...
8.
op sy skouer kon getik het om aldus blykbaar sy aandag te kry. Na my oordeel is dit on= waarskynlik dat indien die eiser so iets sou gedoen het dit enigsins die gevolge van die bestuurder se optrede, naamlik, om sy snelheid te verminder sou geaffekteer het.
In die lig hiervan is ek van oordeel dat daar nie gesê kan word dat daar enige skuld aan die eiser se kant bestaan het nie en is hy dus geregtig om in die volle bedrag van die ooreengekome skade te slaag."
Hiermee moet saamgestem word.
Die appel word met koste afgewys.
E.L. JANSEN AR.
HOEXTER AR)
NESTADT AR)
Stem saam.SOSHOEF Wn AR) STEYN Wn AR)