Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Aden Landgoed Bk v Van Der Walt NO en 'n Ander (678/94) [1996] ZASCA 43 (29 March 1996)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the Fencing Act 31 of 1963 does not restrict the type of fence that may be erected on an agreed boundary line to stock-proof fences only. The Act's definitions and provisions are broad and encompass various types of fences, including game-proof fences. The reference to 'stock' in section 16(1) is not a statutory limitation but a practical measure for determining when a boundary fence is required. The board appointed under the Act has wide discretion to resolve disputes regarding the type and specifications of boundary fences, and its decision to authorise a game-proof fence was within its powers. The appellant's restrictive interpretation was rejected, and the appeal was dismissed with costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Aden Landgoed Bk

Appellant Counsel: Brand

J J Van Der Walt NO

Respondent

Lesati Boerdery BK

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the legislature intended the Fencing Act to apply only in the context of stock farming, and that only stock-proof fences (and jackal-proof fences where specified) are contemplated. The appellant contended that the reference to 'stock' in section 16(1) of the Act means that only fences designed to contain stock are permitted on an agreed boundary line, and that the board exceeded its powers by authorising a game-proof fence.
Respondent
The respondent maintained that the Act does not restrict the type of fence that may be erected on a boundary or agreed line, and that the definition of 'boundary fence' is broad enough to include game-proof fences. The respondent argued that the Act provides for various types of fences and that the board acted within its discretion in authorising a game-proof fence, as there is no express statutory prohibition.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Fencing Act 31 of 1963, section 1

    The definition of 'boundary fence' in the Fencing Act is broad and not limited to stock-proof or jackal-proof fences; it encompasses any fence erected on or near the boundary of a holding.

  2. 02

    Fencing Act 31 of 1963, section 16(1)

    Section 16(1) of the Act does not expressly restrict the type of fence to stock-proof fences; the reference to 'stock' is a practical measure and not a limitation on the type of fence.

  3. 03

    Fencing Act 31 of 1963, section 29

    The board appointed under the Act has wide discretion to resolve disputes regarding the specifications and type of boundary fence, unless expressly prohibited by statute.

  4. 04

    Fencing Act 31 of 1963, section 1; section 29

    The Act does not expressly provide for or prohibit game-proof or security fences, but its wording and definitions are sufficiently broad to include such fences.

  5. 05

    Fencing Act 31 of 1963, section 16(2)

    A fence erected on an agreed line under section 16(1) is deemed to be a boundary fence for the purposes of the Act, regardless of its specifications.

  6. 06

    The Oxford English Dictionary; The Concise Oxford Dictionary; Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    Dictionary definitions of 'fence' and 'boundary fence' support a wide interpretation, including various forms and purposes of fencing.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the Fencing Act 31 of 1963 does not restrict the type of fence that may be erected on an agreed boundary line to stock-proof fences only. The Act's definitions and provisions are broad and encompass various types of fences, including game-proof fences. The reference to 'stock' in section 16(1) is not a statutory limitation but a practical measure for determining when a boundary fence is required. The board appointed under the Act has wide discretion to resolve disputes regarding the type and specifications of boundary fences, and its decision to authorise a game-proof fence was within its powers. The appellant's restrictive interpretation was rejected, and the appeal was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The Act's omission of express provisions for game-proof or security fences does not imply their exclusion from its scope.
  • The historical context of the Act and its predecessor legislation does not support a restrictive interpretation limited to stock farming.
  • The practical difficulties in distinguishing between types of fences further support a broad statutory interpretation.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1996] ZASCA 43

Download original filesPDF formatRTF format

Download original files

PDF formatRTF format

PDF format

RTF format

Saaknommer: 678/94

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPLAFDELING)

LAFDELING)

In die saak tussen:

ADEN LANDGOEDBK

Appellant

en

J J VAN DER WALT NO

EersteRespondent

LESATI BOERDERY BK

Tweede Respondent

Coram: HEFER, NESTADT, F H GROSSKOPF, HOWIE et MARAIS ARR

Verhoordatum: 20 Maart 1996Leweringsdatum:29 Maart 1996

Leweringsdatum:

2

UITSPRAAK F H GROSSKOPF AR:

Die appellant is die eienaar van die plaas Aden in die Noordelike Provinsie. Die tweede respondent is die eienaar van die aangrensende plaas Leniesrus. Dit is gemene saak dat die gemeenskaplike grenslyn tussen die twee plase die middel van die Mogalakwenarivier is. Dit blyk uit die getuienis dat die rivier nie standhoudend is nie, maar soms wel sterk vloei.

Gedurende 1992 was die tweede respondent besig om sy plaas as 'n wildplaas te ontwikkel en wou hy 'n wildwerende heining tussen die twee plase oprig. Dit was klaarblyklik nie doenlik of dienstig om 'n heining in die middel van die rivier op die grens tussen die twee plase op te rig nie. Die tweede respondent het toe voorgestel dat die partye ingevolge die bepalings van art 16 van die Omheiningswet 31 van 1963 op 'n akkoordlyn ooreenkom waarlangs 'n wildwerende heining opgerig kon word. Die voorgestelde roete van die akkoordlyn was

3

gedeeltelik langs die appellant se kant van die rivier en gedeeltelik langs

die tweede respondent se kant van die rivier, sodat beide plase toegang

tot die rivier sou h. Die tweede respondent het aangebied om al die

. Die tweede respondent het aangebied om al die

koste verbonde aan die oprigting van 'n wildwerende heining self te dra.

Die partye kon egter nie tot enige vergelyk kom met betrekking tot die

roete wat 'n akkoordlyn sou volg, of die soort heining wat op die

akkoordlyn opgerig sou word nie. Die tweede respondent het toe

ingevolge die bepalings van art 16 geis dat die saak ooreenkomstig die

is dat die saak ooreenkomstig die

bepalings van die tweede bylae tot die wet as 'n geskil beslis word, d w

s deur 'n raad aangestel volgens die tweede bylae.

Art 16(1) lui soos volg:

"Waar twee hoewes van mekaar geskei word deur 'n waterloop of rivier (wat nie van so 'n aard is dat dit 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak nie) of 'n reeks heuwels, klipriwwe of koppies waarlangs dit ondoenlik of ondienstig is om 'n heining op te rig, kan die betrokke eienaars op 'n billike akkoordlyn besluit as 'n skeidingslyn waarlangs 'n heining kragtens hierdie Wet opgerig moet word, en, indien hulle daaroor nie ooreenkom nie, kan

4

enigeen van daardie eienaars eis dat die saak ooreenkomstig die bepalings van die Tweede Bylae as 'n geskil beslis word."

'n Raad bestaande uit drie lede is vervolgens saamgestel om die saak te beslis. Die eerste respondent was die voorsitter van die raad. Dit is gemene saak dat daar twee geskilpunte voor die raad gedien het, nl. die roete waarlangs die akkoordlyn sou loop, en die soort heining wat die tweede respondent op die akkoordlyn sou kon oprig.

Die tweede bylae tot die wet bepaal dat die raad "so spoedig moontlik" moet oorgaan "tot 'n beslissing van die saak in geskil". Die raad het op 26 Maart 1992 op die appellant se plaas Aden byeengekom en getuienis en argument namens die partye aangehoor. Die raad het dieselfde dag beslis dat daar 'n akkoordlyn vasgestel word langs 'n spesifieke roete wat deur die raad bepaal is, en waarlangs 'n heining opgerig sou word. Die raad het verder gegaan en soos volg in paragraaf 5 beslis:

" Die heining wat gespan word sal 'n wildwerende heining

5

wees soos gespesifiseer deur Natuurbewaring."

Die raad het ook beslis dat die tweede respondent self die koste verbonde aan die oprigting en die onderhoud van die heining moet betaal.

Die appellant was nie tevrede met hierdie beslissing nie en het 'n hersieningsaansoek teen die eerste en tweede respondente geloods. Die regshulp wat die appellant in die eerste instansie aangevra het, was dat die eerste respondent, in sy hoedanigheid as voorsitter van die raad, redes moes aanvoer waarom die beslissing van die raad nie tersyde gestel moes word nie. Tydens betoog op hersiening in die Transvaalse Provinsiale Afdeling voor Joffe, R, het die appellant nie verder teen die vasstelling van die akkoordlyn as sodanig beswaar gemaak nie, maar slegs teen daardie deel van die raad se beslissing wat bepaal dat die heining 'n wildwerende heining sal wees. Die geleerde regter het beslis dat die heining waarna daar in art 16 van die wet verwys word, 'n sg veekerende heining is, dat die wet nie die oprigting van wildwerende heinings beoog nie, en dat die raad sy bevoegdheid oorskry het deur te

6

beslis dat die heining 'n wildwerende heining sal wees. Paragraaf 5 van die raad se beslissing (wat hierbo aangehaal is, en wat die oprigting van 'n wildwerende heining magtig) is gevolglik tersyde gestel.

Die eerste respondent het nie die hersieningsaansoek van die appellant geopponeer nie, en het hom daarna deurgaans by die beslissing van die hof berus. Dit geld ook vir die appl wat voor hierdie hof dien.

l wat voor hierdie hof dien.

Die tweede respondent het met verlof van die hof van eerste instansie na die volle hof van die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer. Die hof a quo het beslis dat die gebruik van die woord "vee" in die samehang waarin dit in art 16(1) gebruik word, nie beteken dat slegs 'n sg veekerende heining op 'n akkoordlyn gespan mag word nie. Volgens die beslissing van die hof a quo bevat die wet trouens 'n aantal bepalings wat daarop dui dat dit 'n eienaar vrystaan om enige soort heining op sy grens, en dus ook op 'n akkoordlyn, op te rig. Die appl is gevolglik gehandhaaf. Die appellant appelleer nou met spesiale verlof na hierdie hof.

l is gevolglik gehandhaaf. Die appellant appelleer nou met spesiale verlof na hierdie hof.

7

Die appellant se advokaat het in sy skriftelike betoogpunte aangevoer "dat die wetgewer duidelik 'n wet in veeboerderykonteks geskryf het met 'n veekerende heining as doel en geen ander heining [behalwe 'n jakkalsheining] nie."

Ten aanvang wil ek na sekere bepalings van die wet verwys waaruit afgelei kan word dat die wet nie so eng en beperkend uitgelmoet word as wat die appellant se advokaat aan die hand doen nie.

moet word as wat die appellant se advokaat aan die hand doen nie.

Die wet handei volgens sy aanhef onder andere met "die omheining van plase en ander hoewes". In die wet self word daar nie van plase nie, maar van hoewes gepraat. Dit blyk uit die omskrywing van "hoewe" in art 1 van die wet dat dit selfs 'n standplaas of perseel in 'n dorpsgebied insluit, mis dit minstens drie morg groot is, en een is van 'n aantal wat aanmekaar grens en waarop geboer word. Die vereiste dat daar op 'n hoewe geboer moet word, word egter nie uitdruklik gestel met betrekking tot die oorgrote meerderheid van hoewes waarmee die wet handel nie, nl diwat nie binne die gebied van 'n munisipaliteit, stad of

s dit minstens drie morg groot is, en een is van 'n aantal wat aanmekaar grens en waarop geboer word. Die vereiste dat daar op 'n hoewe geboer moet word, word egter nie uitdruklik gestel met betrekking tot die oorgrote meerderheid van hoewes waarmee die wet handel nie, nl diwat nie binne die gebied van 'n munisipaliteit, stad of

wat nie binne die gebied van 'n munisipaliteit, stad of

8

geproklameerde dorp of dorpsgebied geleis nie. Selfs indien dit aanvaar sou word dat die wetgewer bedoel het om net met hoewes waarop geboer word te handel, kan dit nie afgelei word dat die wetgewer net veeboerdery in gedagte gehad het nie. Die wet het klaarblyklik wel betrekking op hoewes waar daar met vee geboer word, maar daar is myns insiens geen aanduiding in die wet dat die wetgewer beoog het om slegs met die omheining van veeplase te handel nie. Inteendeel, die wet handel met die omheining van hoewes wat in verskillende landboustreke van die land geleis, en waar daar dikwels nie met vee geboer word nie. Indien die wetgewer die wewou beperk tot hoewes waar daar mevee geboer word, was dit tog maklik om dit uitdruklik te s. Na my oordeel blyk die teendeel uit die neutrale omskrywing van hoewe.

is nie. Selfs indien dit aanvaar sou word dat die wetgewer bedoel het om net met hoewes waarop geboer word te handel, kan dit nie afgelei word dat die wetgewer net veeboerdery in gedagte gehad het nie. Die wet het klaarblyklik wel betrekking op hoewes waar daar met vee geboer word, maar daar is myns insiens geen aanduiding in die wet dat die wetgewer beoog het om slegs met die omheining van veeplase te handel nie. Inteendeel, die wet handel met die omheining van hoewes wat in verskillende landboustreke van die land geleis, en waar daar dikwels nie met vee geboer word nie. Indien die wetgewer die wewou beperk tot hoewes waar daar mevee geboer word, was dit tog maklik om dit uitdruklik te s. Na my oordeel blyk die teendeel uit die neutrale omskrywing van hoewe.

is, en waar daar dikwels nie met vee geboer word nie. Indien die wetgewer die wewou beperk tot hoewes waar daar mevee geboer word, was dit tog maklik om dit uitdruklik te s. Na my oordeel blyk die teendeel uit die neutrale omskrywing van hoewe.

wou beperk tot hoewes waar daar mevee geboer word, was dit tog maklik om dit uitdruklik te s. Na my oordeel blyk die teendeel uit die neutrale omskrywing van hoewe.

vee geboer word, was dit tog maklik om dit uitdruklik te s. Na my oordeel blyk die teendeel uit die neutrale omskrywing van hoewe.

. Na my oordeel blyk die teendeel uit die neutrale omskrywing van hoewe.

Die omskrywing van die woord "grensheining" toon myns insiens ook dat dit nooit die bedoeling van die wetgewer was om die betekenis van grensheinings te beperk tot jakkalsheinings en veeheinings nie. "Grensheining" beteken volgens art 1:

9

"'n heining (met inbegrip, in 'n gebied ten opsigte waarvan 'n proklamasie kragtens artikel drie van krag is, 'n jakkalsheining), tesame met enige noodsaaklike hek of enige toestel wat deel van so 'n hek uitmaak of in die plek daarvan dien, wat op of so na as moontlik aan die grens van 'n hoewe opgerig is en daardie hoewe van 'n ander hoewe skei;"

Die omskrywing snie dat net vee- en jakkalsheinings as grensheinings

nie dat net vee- en jakkalsheinings as grensheinings

beskou word nie. Die eienskappe wat wel gemeld word, is dat dit 'n

heining is wat op die grens van 'n hoewe opgerig is, en daardie hoewe

van 'n ander hoewe skei. Volgens die woordeboek omskrywing van die

woord "heining" is die omgrensing van 'n stuk grond, en die skeiding

tussen twee aangrensende stukke grond juis die hoof kenmerke van 'n

heining.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gee o a die

volgende betekenis van "heining":

"Iets wat as 'n grens of omgrensing dien van 'n tuin, erf,werf, plaas, kamp, ens. of wat dien om 'n stuk grond af teskei van aangrensende grond

"

10

DieVerklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal(HAT) 2e uitg (1992) omskryf "heining" soos volg:

Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

"Omgrensing van 'n ruimte, skeiding tussen twee stukke grond .... gewoonlik in die vorm van dig teen mekaar geplante struike of pale, of 'n konstruksie van draad en pale (draadheining) ...."

Dit volg ook uit die woordeboek omskrywings dat 'n heining nie noodwendig 'n draadheining hoef te wees nie, maar dat dit bv uit struike kan bestaan. Dit kan ook van 'n verskeidenheid van voorwerpe soos bv klippe of takke gemaak wees.

Die Afrikaanse teks van die wet is die getekende een, maar die wye betekenis van "grensheining" blyk myns insiens ook uit die draagwydte van die woord "any" in die aanvangswoorde van die definisie van "boundary fence"in die Engelse teks:

" 'boundary fence' means any fence ...." "Fence" word soos volg inThe Oxford English Dictionary2e uitg (1989)

The Oxford English Dictionary

11

onder 5.a beskryf:

"An enclosure or barrier (e.g. a hedge, wall, railing, palisade, etc.) along the boundary of a field, park, yard or any place which it is desired to defend from intruders."

The Concise Oxford Dictionary 8e uitg (1992) gee die volgende betekenis van "fence":

"a barrier or railing or other upright structure enclosing an area of ground, esp. to prevent or control access."

Die woord "heining" behels na my mening veel meer as 'n veeheining of 'n jakkalsheining, en tensy die wetgewer duidelik te kenne gegee het dat die betekenis van die woord so beperk moet word, kan dit nie so eng uitgelword nie. Ek vind geen aanduiding in die omskrywing van "grensheining", of in die wet self, dat die wetgewer ander heinings wou uitsluit nie.

word nie. Ek vind geen aanduiding in die omskrywing van "grensheining", of in die wet self, dat die wetgewer ander heinings wou uitsluit nie.

Dit blyk uit die aangehaalde omskrywing van "grensheining" dat "heining" in sekere geproklameerde gebiede ook 'n "jakkalsheinig"

12

insluit. 'n "Jakkalsheining" word in art 1 omskryf as 'n grensheining wat jakkalsdig is. Die besondere probleme wat boere, en veral diwat met kleinvee boer, deur die jare in sekere gebiede met jakkalse ondervind het, is algemeen bekend. Dit verklaar waarskynlik waarom die wetgewer dit nodig geag het om spesifieke bepalings met betrekking tot jakkalsheinings in die wet op te neem (vgl arts 3, 4, en 25, en in die algemeenFourie v Bakrivier (Edms) Bpk1982(4) SA 187 (NK), enBakrivier (Edms) Bpk v Fourie1984(3) SA 29 (A)).

wat met kleinvee boer, deur die jare in sekere gebiede met jakkalse ondervind het, is algemeen bekend. Dit verklaar waarskynlik waarom die wetgewer dit nodig geag het om spesifieke bepalings met betrekking tot jakkalsheinings in die wet op te neem (vgl arts 3, 4, en 25, en in die algemeenFourie v Bakrivier (Edms) Bpk1982(4) SA 187 (NK), enBakrivier (Edms) Bpk v Fourie1984(3) SA 29 (A)).

Fourie v Bakrivier (Edms) Bpk

Bakrivier (Edms) Bpk v Fourie

Dit is welbekend dat boere dikwels grensheinings oprig om vee te keer. In sekere gebiede word grensheinings opgerig om jakkalse uit te hou. Hoewel grensheinings dus as veeheinings of jakkalsheinings opgerig word, volg dit nie dat die wetgewer slegs met daardie soort heinings in die wet wou handel nie. Die wye betekenis van die woord "heining" dui juis op die teendeel. Volgens die aangehaalde woordeboek omskrywings van "fence" is die primre oogmerk van omheining die begrensing van 'n gebied, en om toegang van ongewenste elemente tot

re oogmerk van omheining die begrensing van 'n gebied, en om toegang van ongewenste elemente tot

13

die omheinde gebied te verhoed of te beheer. Die bepalings van art 23 van die wet toon dat die wetgewer ook daardie oogmerk voor ogehad het. Volgens art 23 is dit 'n misdryf om oor of deur 'n heining of hek te klim of kruip sonder die toestemming van die eienaar van die hoewe. Hierdie artikel handel nie met vee nie, maar met mense wat deur heinings gekeer moet word. So word veiligheidsheinings bv opgerig om bewoners van hoewes teen oortreders te beskerm, of om diefstal van vrugte of ander gewasse te voorkom. Daar is na my mening geen aanduiding in die wet dat die wetgewer beoog het om sulke heinings van die bepalings van die wet uit te sluit nie. Dit is natuurlik so dat die wet aan die ander kant nie uitdruklik voorsiening maak vir die oprigting van bv wildheinings of veiligheidsheinings nie. In dieselfde asem moet egter bygevoeg word dat die wet ook nie uitdruklik voorsiening maak vir veeheinings nie. Slegs grensheinings en jakkalsheinings word uitdruklik genoem. Die ander is egter ook heinings.

gehad het. Volgens art 23 is dit 'n misdryf om oor of deur 'n heining of hek te klim of kruip sonder die toestemming van die eienaar van die hoewe. Hierdie artikel handel nie met vee nie, maar met mense wat deur heinings gekeer moet word. So word veiligheidsheinings bv opgerig om bewoners van hoewes teen oortreders te beskerm, of om diefstal van vrugte of ander gewasse te voorkom. Daar is na my mening geen aanduiding in die wet dat die wetgewer beoog het om sulke heinings van die bepalings van die wet uit te sluit nie. Dit is natuurlik so dat die wet aan die ander kant nie uitdruklik voorsiening maak vir die oprigting van bv wildheinings of veiligheidsheinings nie. In dieselfde asem moet egter bygevoeg word dat die wet ook nie uitdruklik voorsiening maak vir veeheinings nie. Slegs grensheinings en jakkalsheinings word uitdruklik genoem. Die ander is egter ook heinings.

As 'n draadheining as voorbeeld geneem word, is daar geen

14

spesifikasies in die wet neergelwaarvolgens 'n mens kan bepaal of 'n heining as veeheining kwaliGseer nie. Hoe hoog moet 'n veeheining bv wees en hoeveel drade moet dit bevat? Art 7, gelees met die eerste bylae tot die wet, maak trouens voorsiening daarvoor dat eienaars in sekere gevalle self die verlangde spesiGkasies vir heinings kan bepaal. Waar die wet (behalwe vir jakkalsheinings) nie ander heinings omskryf of spesiGkasies daarvoor neerlnie, ontstaan die vraag wanneer 'n betrokke heining as 'n veeheining kwalifiseer. En wanneer hou so 'n heining op om 'n veeheining te wees en word dit bv 'n wildheining? Waar dit so onseker is of 'n mens met 'n sg veeheining te doen het of nie, kon die wetgewer beswaarlik bedoel het dat die wet (behalwe vir jakkalsheinings) slegs vir veeheinings sou geld.

waarvolgens 'n mens kan bepaal of 'n heining as veeheining kwaliGseer nie. Hoe hoog moet 'n veeheining bv wees en hoeveel drade moet dit bevat? Art 7, gelees met die eerste bylae tot die wet, maak trouens voorsiening daarvoor dat eienaars in sekere gevalle self die verlangde spesiGkasies vir heinings kan bepaal. Waar die wet (behalwe vir jakkalsheinings) nie ander heinings omskryf of spesiGkasies daarvoor neerlnie, ontstaan die vraag wanneer 'n betrokke heining as 'n veeheining kwalifiseer. En wanneer hou so 'n heining op om 'n veeheining te wees en word dit bv 'n wildheining? Waar dit so onseker is of 'n mens met 'n sg veeheining te doen het of nie, kon die wetgewer beswaarlik bedoel het dat die wet (behalwe vir jakkalsheinings) slegs vir veeheinings sou geld.

nie, ontstaan die vraag wanneer 'n betrokke heining as 'n veeheining kwalifiseer. En wanneer hou so 'n heining op om 'n veeheining te wees en word dit bv 'n wildheining? Waar dit so onseker is of 'n mens met 'n sg veeheining te doen het of nie, kon die wetgewer beswaarlik bedoel het dat die wet (behalwe vir jakkalsheinings) slegs vir veeheinings sou geld.

Daar is 'n paar artikels in die wet wat myns insiens daarop dui dat die wetgewer verskillende soorte heinings in gedagte gehad het, en nie slegs een soort, nl die veeheining nie. Art 7(2)(a) maak bv melding van " 'n ander soort grensheining", terwyl art 11 daarvoor

15

voorsiening maak dat 'n grensheining so verander word dat dit" 'n beter soort heining" uitmaak.

Mnr Brand het namens die appellant betoog dat die ander en beter soorte heinings nie noodwendig betrekking het op heinings anders as veeheinings nie, en net sowel kan verwys na 'n ander of beter soort veeheining. Daardie argument gaan egter van die veronderstelling uit dat die wetgewer slegs een soort heining in gedagte gehad het, nl 'n veeheining. Na my mening is 'n veeheining een soort grensheining, terwyl die wet ook voorsiening maak vir "ander" en "beter" soorte grensheinings wat juis nie veeheinings is nie.

Soos reeds gemeld, was daar twee geski]punte vir beslissing voor die raad, nl die vasstelling van die akkoordlyn ingevolge art 16(1), en die bepaling van die soort heining wat die tweede respondent op die akkoordlyn kon oprig. Die eerste geskilpunt is nie meer in dispuut nie. Die tweede geskilpunt sou die raad nie aan die hand van art 16(1) nie, maar volgens die bepaling van art 29 oplos, tensy dit andersins blyk dat

16

die wet nie voorsiening maak vir die oprigting van wildheinings nie. Art

29 lui soos volg:

"Wanneer ingevolge hierdie Wet twee eienaars nie ooreenstemming kan bereik nie aangaande -(a) die spesifikasies van 'n grensheining wat opgerig of verander staan te word;

(b)

(c)

(d) enige ander aangeleentheid ten opsigte waarvan 'n

geskil tussen hulle ontstaan het, is die bepalings wat in die Tweede Bylae uiteengesit is, van toepassing."

Dit blyk uit die bepalings van art 29 dat daar 'n wye diskresie aan die raad verleen word by die beslissing van geskille, en dat die goedkeuring van 'n wildheining, mits nie andersins verbied nie, binne die raad se bevoegdhede val.

Toe die huidige wet in 1963 op die wetboek geplaas is, was die wetgewer sekerlik bewus van die teenwoordigheid van wild op plase en die toenemende gebruik om wild deur middel van wildheinings op

17

plase in te perk. As dit die bedoeling was om sulke wildheinings van die bepalings van die wet uit te sluit, moes die wetgewer dit utdruklik gedoen het. Die teenargument was egter dat die konsep van wildheinings onbekend was toe die Omheiningswet 17 van 1912 ("die 1912 wet") opgestel is, en dat die 1963 wet volgens sy opskrif bloot 'n wet is "tot samevatting van die wette met betrekking tot heinings en die omheining van plase en ander hoewes en aangeleenthede wat daarmee in verband staan". Dit staan natuurlik nie vas dat die 1912 wet net met veeheinings gehandel het nie. Indien die bepalings van die 1963 wet egter vergelyk word met divan die 1912 wet, soos gewysig, blyk dit dat die 1963 wet in sekere wesenlike opsigte van die 1912 wet verskil. So bevat die 1963 wet bv geen bepalings met betrekking tot die "verplichting tot omheining ter wering van de uitbreiding van veeziekten" waarvoor hoofstuk 2 van die 1912 wet voorsiening gemaak het nie. Die 1912 wet bevat bv in art 17 sekere bepalings met betrekking tot sg "bufferheiningen" wat die minister op staatskoste langs of oor publieke of privaat paaie, of langs

tdruklik gedoen het. Die teenargument was egter dat die konsep van wildheinings onbekend was toe die Omheiningswet 17 van 1912 ("die 1912 wet") opgestel is, en dat die 1963 wet volgens sy opskrif bloot 'n wet is "tot samevatting van die wette met betrekking tot heinings en die omheining van plase en ander hoewes en aangeleenthede wat daarmee in verband staan". Dit staan natuurlik nie vas dat die 1912 wet net met veeheinings gehandel het nie. Indien die bepalings van die 1963 wet egter vergelyk word met divan die 1912 wet, soos gewysig, blyk dit dat die 1963 wet in sekere wesenlike opsigte van die 1912 wet verskil. So bevat die 1963 wet bv geen bepalings met betrekking tot die "verplichting tot omheining ter wering van de uitbreiding van veeziekten" waarvoor hoofstuk 2 van die 1912 wet voorsiening gemaak het nie. Die 1912 wet bevat bv in art 17 sekere bepalings met betrekking tot sg "bufferheiningen" wat die minister op staatskoste langs of oor publieke of privaat paaie, of langs

van die 1912 wet, soos gewysig, blyk dit dat die 1963 wet in sekere wesenlike opsigte van die 1912 wet verskil. So bevat die 1963 wet bv geen bepalings met betrekking tot die "verplichting tot omheining ter wering van de uitbreiding van veeziekten" waarvoor hoofstuk 2 van die 1912 wet voorsiening gemaak het nie. Die 1912 wet bevat bv in art 17 sekere bepalings met betrekking tot sg "bufferheiningen" wat die minister op staatskoste langs of oor publieke of privaat paaie, of langs

18

die grens van 'n provinsie of 'n aantal "besittings" kon laat oprig. Die 1963 wet bevat geen dergelike bepalings nie. Dit volg myns insiens dat die 1963 wet nie as 'n blote oorskrywing van die 1912 wet, soos gewysig, beskou moet word nie, en dat die wetgewer opnuut aandag aan alle relevante aspekte gegee het.

Die appellant het sy saak uitsluitlik op die bewoording van art 16(1) gebaseer. Hierdie artikel, wat hierbo aangehaal is, handel met die vasstelling van 'n akkoordlyn deur ooreenkoms of ingevolge 'n beslissing van die raad. Indien 'n akkoordlyn as skeidingslyn vasgestel is, is dit die lyn waarlangs 'n heinng kragtens die wet opgerig moet word. Alhoewel so 'n heining nie op die werklike grens tussen hoewes opgerig word nie, word dit by die toepassing van die wet geag die "grensheining" te wees. Dit volg in die eerste plek uit die bepalings van art 16(2) wat soos volg lui:

ng kragtens die wet opgerig moet word. Alhoewel so 'n heining nie op die werklike grens tussen hoewes opgerig word nie, word dit by die toepassing van die wet geag die "grensheining" te wees. Dit volg in die eerste plek uit die bepalings van art 16(2) wat soos volg lui:

"'n Akkoordlyn waarop aldus besluit of wat aldus bepaal is, word by die toepassing van hierdie Wet geag die grenslyn

19

te wees maar raak andersins nie die eiendomsreg op daardie hoewes nie."

'n Heining wat op 'n akkoordlyn opgerig word , word dus geag op die grenslyn opgerig te wees. So 'n heining voldoen dan aan die beskrywing van "grensheining", nl dat dit 'n heining is "wat op of so na as moontlik aan die grens van 'n hoewe opgerig is." (VglMarx v Lambrecht1958(3) SA 277(A) op 281E-F, 'n saak wat aan die hand van die ooreenstemmende bepalings in die 1912 wet beslis is.) 'n Heining wat op 'n akkoordlyn opgerig word, is dus nie 'n besondere soort heining nie, maar is by die toepassing van die wet 'n gewone "grensheining" met die wye betekenis wat daaraan geheg moet word.

Marx v Lambrecht

Volgens die appellant se betoog volg dit uit die bewoording van art 16(1) dat die heining wat kragtens daardie artikel op 'n akkoordlyn opgerig word, 'n sg veekerende heining moet wees, en nie bv 'n wildheining nie. Daar is reeds daarop gewys dat ng art 16(1) ng enige ander bepaling van die wet nitdruklik van so 'n veekerende- of

g art 16(1) ng enige ander bepaling van die wet nitdruklik van so 'n veekerende- of

g enige ander bepaling van die wet nitdruklik van so 'n veekerende- of

20

veeheining melding maak. Die appellant se advokaat betoog egter dat

die volgende aanvangswoorde van art 16(1) (met spesiale klem op die

woord "vee") sy uitleg steun:

"Waar twee hoewes van mekaar geskei word deur 'n waterloop of rivier (wat nie van so 'n aard is dat dit 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak nie) ...."

Die appellant se argument is dat waar die waterloop of rivier nie 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak nie, 'n heining op die akkoordlyn opgerig moet word om 'n versperring vir vee daar te stel. So 'n heining noem die appellant dan 'n veekerende heining. Indien die wetgewer ook die oprigting van 'n wildwerende heining in gedagte gehad het, so word betoog, sou art 16(1) verwys het na 'n waterloop of rivier wat nie 'n natuurlike versperring vir vee of wild uitmaak nie.

Die wetgewer het waarskynlik vee as maatstaf gebruik omdat dit gerieflik en voor die hand liggend was. Die gebruik van vce as maatstaf in diverband regverdig egter nie die verreikende gevolgtrekkings wat die appellant wil maak nie. Na my oordeel moet die

verband regverdig egter nie die verreikende gevolgtrekkings wat die appellant wil maak nie. Na my oordeel moet die

21

volgende oorwegings in gedagte gehou word by die uitleg van art 16(1).

Die vasstelling van 'n akkoordlyn kragtens art 16(1) kan onder twee verskillende omstandighede ter sprake kom. Die eerste geval is waar 'n waterloop of rivier nie 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak nie. Die tweede geval is waar twee hoewes van mekaar geskei word deur " 'n reeks heuwels, klipriwwe of koppies waarlangs dit ondoenlik of ondienstig is om 'n heining op te rig". Dit is opmerklik dat dit in die tweede geval irrelevant is of die reeks heuwels, klipriwwe of koppies 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak of nie. Die rede daarvoor is dat die terrein van so 'n aard is dat 'n heining nie op die grens opgerig kan word nie, en dat die vasstelling van 'n akkoordlyn dus in ieder geval vereis word.

In die geval waar twee hoewes deur 'n waterloop of rivier geskei word, volg dit nie noodwendig dat daar 'n akkoordlyn vasgestel moet word nie. Indien die waterloop of rivier wel 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak, kom 'n akkoordlyn en gevolglike heining

22

glad nie eens ter sprake nie, aangesien die waterloop of rivier dan as plaasvervanger vir 'n grensheining dien . In so 'n geval is daar geen noodsaaklikheid vir 'n heining nie, veekerend of andersins. Indien die waterloop of rivier egter nie van so 'n aard is dat dit 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak nie, is die vasstelling van 'n akkoordlyn wel nodig. Dan geld dieselfde oorweging as by die reeks heuwels, klipriwwe of koppies, nl dat die rivierbedding as terrein ondoenlik of ondienstig is om 'n grensheining op te rig.

Wanneer 'n akkoordlyn vasgestel moet word, geskied dit ongeag of daar op die betrokke aangrensende plase of selfs in die omgewing met vee geboer word of nie. Die vraag of 'n waterloop of rivier 'n natuurlike versperring vir vee uitmaak, is slegs van belang om te bepaal of die waterloop of rivier van so 'n aard is dat 'n akkoordlyn vasgestel moet word of nie; dit hou geen verband met die soort boerdery wat ter sprake is of die soort heining wat eventueel op die akkoordlyn opgerig moet word nie. Indien mnr Brand se betoog korrek is, moet daar in so

23

'n geval 'n veekerende heining op die akkoordlyn opgerig word. Dan is dit egter onverklaarbaar waarom 'n heining opgerig op 'n akkoordlyn langs 'n reeks heuwels, klipriwwe of koppies nie eweneens 'n veekerende heining moet wees nie. Dit gaan immers in beide gevalle om die oprigting van 'n heining op 'n akkoordlyn wat kragtens art 16(1) vasgestel is. Dit is ondenkbaar dat dieselfde artikel in die een geval 'n veekerende heining sou vereis, maar in die ander geval nie.

'n Grensheining wat op 'n akkoordlyn opgerig word, is in ieder geval die uitsondering en nie die rel nie. Ek vind dit onwaarskynlik dat die wetgewer van die uitsonderingsgeval in art 16(1) gebruik sou maak om 'n algemene rel met betrekking tot grensheinings neer te l. Die appellant wil egter die toepassing van die hele wet beperk deur die verwysing na "vee" in art 16(1). Na my mening is daar geen regverdiging vir so 'n beperkende uitleg nie. Ek is trouens van mening dat die wet, en veral die omskrywing van "grensheining", wyd genoeg is om ook vir wildwerende- of wildheinings voorsiening te maak. Dit volg

l nie. Ek vind dit onwaarskynlik dat die wetgewer van die uitsonderingsgeval in art 16(1) gebruik sou maak om 'n algemene rel met betrekking tot grensheinings neer te l. Die appellant wil egter die toepassing van die hele wet beperk deur die verwysing na "vee" in art 16(1). Na my mening is daar geen regverdiging vir so 'n beperkende uitleg nie. Ek is trouens van mening dat die wet, en veral die omskrywing van "grensheining", wyd genoeg is om ook vir wildwerende- of wildheinings voorsiening te maak. Dit volg

l met betrekking tot grensheinings neer te l. Die appellant wil egter die toepassing van die hele wet beperk deur die verwysing na "vee" in art 16(1). Na my mening is daar geen regverdiging vir so 'n beperkende uitleg nie. Ek is trouens van mening dat die wet, en veral die omskrywing van "grensheining", wyd genoeg is om ook vir wildwerende- of wildheinings voorsiening te maak. Dit volg

. Die appellant wil egter die toepassing van die hele wet beperk deur die verwysing na "vee" in art 16(1). Na my mening is daar geen regverdiging vir so 'n beperkende uitleg nie. Ek is trouens van mening dat die wet, en veral die omskrywing van "grensheining", wyd genoeg is om ook vir wildwerende- of wildheinings voorsiening te maak. Dit volg

24

dus dat die appl nie kan slaag nie.

l nie kan slaag nie.

Die appl word met koste van die hand gewys.

l word met koste van die hand gewys.

F H Grosskopf

Applregter

lregter

Hefer

AR

Nestadt AR

Howie

AR Stem saam.

Marais

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Fourie v Bakrivier (Edms) Bpk 1982 (4) SA 187 (NK)

Case cited

Bakrivier (Edms) Bpk v Fourie 1984 (3) SA 29 (A)

Case cited

Marx v Lambrecht 1958 (3) SA 277 (A)

Case cited

Fencing Act 31 of 1963

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.