Administrateur van Transvaal en Andere v Thusi (53/1990) [1990] ZASCA 164 (30 November 1990)
- Citation
- [1990] ZASCA 164
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Smalberger, Steyn, Grosskopf, Nicholas
- Case number
- 53/1990
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Botha, Smalberger, Steyn, Grosskopf, Nicholas
- Case number
- 53/1990
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the process followed by the appellants in dismissing the respondent was procedurally unfair. The opportunity to make representations was limited only to those workers considered 'innocent' and not to all workers facing dismissal. Furthermore, the scope of the representations was restricted to the workers' involvement in the strike, rather than allowing for any other reasons why dismissal should not occur. This failed to comply with the audi alteram partem rule and statutory requirements for procedural fairness. The evidence, particularly the testimony of Mr Olivier and the supporting affidavits, confirmed that the invitation to make representations was not extended to all affected workers and was narrowly confined to the issue of strike participation. The court therefore upheld the decision of the court a quo, dismissing the appeal with costs.
Court disposition
Appeal dismissed with costs, including the costs of two counsel.
Orders
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
02
Material facts
Parties
Administrateur van Transvaal
AppellantDirekteur van Hospitaaldienste
AppellantProvinsiale Sekretaris van die Transvaalse Provinsiale Administrasie
AppellantMiriam Thusi
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the respondent was afforded a proper opportunity to make representations before summary dismissal.
- 02
Whether the invitation to make representations was limited only to workers who did not wish to participate in the strike.
- 03
Whether the opportunity to make representations was limited to the workers' involvement in the strike.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that the respondent, along with other workers, was given a proper opportunity to make individual representations regarding their involvement in the unlawful strike before dismissal. They contended that the process complied with statutory requirements and the audi alteram partem rule, as workers were informed of the consequences and could present reasons why they should not be dismissed.
- Respondent
- The respondent maintained that the opportunity to make representations was not properly afforded to all workers facing dismissal, but only to those considered 'innocent' or not wishing to participate in the strike. Furthermore, the scope of representations was limited to involvement in the strike, rather than any other reasons why dismissal should not occur, rendering the process procedurally unfair.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Common law; applied in South African labour jurisprudence
The audi alteram partem rule requires that an employee facing dismissal must be given a proper opportunity to make representations as to why dismissal should not occur.
- 02
Transvaal Provincial Division judgment
Procedural fairness in summary dismissal demands that all affected employees be afforded the opportunity to present reasons against dismissal, not only those deemed 'innocent'.
- 03
Transvaal Provincial Division judgment
The right to make representations must not be limited solely to the issue of involvement in the strike, but should encompass all relevant reasons against dismissal.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the process followed by the appellants in dismissing the respondent was procedurally unfair. The opportunity to make representations was limited only to those workers considered 'innocent' and not to all workers facing dismissal. Furthermore, the scope of the representations was restricted to the workers' involvement in the strike, rather than allowing for any other reasons why dismissal should not occur. This failed to comply with the audi alteram partem rule and statutory requirements for procedural fairness. The evidence, particularly the testimony of Mr Olivier and the supporting affidavits, confirmed that the invitation to make representations was not extended to all affected workers and was narrowly confined to the issue of strike participation. The court therefore upheld the decision of the court a quo, dismissing the appeal with costs.
Obiter and limits
- The court noted that procedural fairness is a cornerstone of employment law and must be strictly observed, especially in cases of mass dismissal following industrial action.
- The evidence of the respondent and her witness was rejected as dishonest, and only the testimony of Mr Olivier was considered, which ultimately supported the respondent's case on procedural unfairness.
Court disposition
Appeal dismissed with costs, including the costs of two counsel.
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 53/1990
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
In die saak tussen:
DIE ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL Eerste AppellantDIREKTEUR VAN HOSPITAALDIENSTE Tweede Appellant
DIE PROVINSIALE SEKRETARIS VAN DIETRANSVAALSE PROVINSIALE ADMINISTRASIE Derde Appellant
teen
MIRIAM THUSI Respondent
CORAM: BOTHA, SMALBERGER, STEYN, F 'n GROSSKOPF
ARR et NICHOLAS WnAR
VERHOORDATUM: 5 NOVEMBER 1990 LEWERINGSDATUM: 30 NOVEMBER 1990
UITSPRAAK
BOTHA AR:-
2.Die respondent in hierdie appèl is op 26 Mei 1988 summier ontslaan uit haar diens as 'n werker van die Transvaalse Provinsiale Administrasie by die Dunswart Wassery. Daarna het sy in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n aansoek gebring waarin sy 'n bevel aangevra het vir 'n verklaring dat haar ontslag onregmatig was en vir die tersydestelling daarvan. Die respondente in die aansoek was die huidige appellante: die Administrateur van Transvaal, die Direkteur van Hospitaaldienste en die Provinsiale Sekretaris. Hulle het die aansoek bestry. Die beëdigde verklarings van weerskante het feitelike geskille na vore gebring. As gevolg daarvan is daar gelas dat mondelinge getuienis aangehoor sou word. Die saak het toe gekom voor DE KLERK R. Na afsluiting van die getuienis het hy die aangevraagde bevel toegestaan, met koste. Verlof is aan die appellante verleen om na hierdie Hof in hoër beroep te kom.
Die geskilpunt wat nou besleg moet word, is
3. van baie beperkte omvang. Vanweë die wyse waarop die betoe in hierdie Hof verloop het, is dit tans gemene saak dat die Administrasie kragtens die dienskontrak met die respondent geregtig was om haar summier te ontslaan op grond van wangedrag, maar dat dit vir 'n
geldige uitoefening van daardie reg nodig was, uit hoofde van sekere statutêre bepalings wat op die diensverhouding van toepassing was, om eers aan die respondent 'n behoorlike geleentheid te gee om vertoë te rig en redes aan te voer waarom sy nie ontslaan moes word nie, ter uitvoering van die audi alteram partem-reel. Dit is verder gemene saak dat die respondent een van ongeveer 100 werkers by die Dunswart Wassery, was wat op 25 en 26 Mei 1988 aan 'n onwettige werkstaking deelgeneem het, dat 'n senior amptenaar van die Administrasie, mnr J W Olivier, op daardie dae die stakende werkers toegespreek en met hulle onderhandel het, en dat hy toe aan hulle 'n geleentheid aangebied het om hulle saak te stel, alvorens hulle ontslag4. oorweeg sou word, maar dat hulle die geleentheid van die hand gewys het. Die enigste vraag is of die geleentheid wat aangebied is, 'n behoorlike geleentheid was. Hierdie vraag is deur die Hof a quo teen die appellante beslis, op 'n tweeledige grondslag: (a) die aanbod van 'n geleentheid was beperk tot werkers wat nie aan die staking wou deelgeneem het nie; en (b) die geleentheid soos aangebied was beperk tot die rig van vertoe in verband met die individuele werkers se betrokkenheid by die staking. Namens die respondent is die bevel van die Hof a quo slegs op hierdie twee gronde ondersteun. Namens die appellante is dit toegegee dat, indien hierdie bevindings van die Hof a guo in feite geregverdig was, die bevel wat uitgereik is nie aanvegbaar is nie. Gevolglik is hierdie uitspraak alleenlik gemoeid met die vraag of die Hof a quo se gemelde twee feitebevindings op grond van die afgelegde getuienis staande gehou behoort te word al dan nie.
5.Van die respondent se kant het sy self ge-tuienis afgelê asook 'n getuie wat namens haar opgeroep is. Die Hof a quo het bevind dat die respondent en haar getuie leuenagtige getuies was en daarom hulle ge-tuienis verwerp. Van die appellante se kant het slegs mnr Olivier getuig. Van hom as getuie het die Hof quo gesê dat hy nie indrukwekkend was nie, dat hy soms vaag en onseker was, maar dat hy nie die indruk geskep het dat hy doelbewus onwaarhede vertel nie. Uit hierdie bevindings volg dit dat, by die beoordeling van die twee genoemde feitebevindings waarom dit hier gaan, daar geen ag geslaan moet word op die getuienis van die respondent en haar getuie nie, en dat slegs die getuienis van Olivier in oënskou geneem moet word.
Olivier het in sy getuienis vertel wat daar op die betrokke twee dae tussen hom en die stakende werkers plaasgevind het. Hy het soms met die werkers gesamentlik gepraat, en soms met die lede van 'n
afvaardiging wat deur hulle saamgestel was met die oog6. op samesprekings. Vir die doeleindes van hierdie uitspraak is dit nie nodig om tussen die een en die ander te onderskei nie (ek sal voorts na "die werkers" in die algemeen verwys), en ook nie tussen wat gebeur het op 25 Mei en wat op 26 Mei nie. Ter agtergrond moet ek net meld dat op laasgenoemde datum Olivier 'n paar spanne amptenare byderhand gehad het, bestaande uit twee lede elk, asook 'n klomp afgedrukte vraeiyste: hy het beoog dat die spanne die werkers individueel te woord sou staan en dan die vraelyste ten opsigte van elke werker sou voltooi. Daarvan het toe niks gekom nie.
In die loop van sy getuienis, soos blyk uit die oorkonde, het Olivier soms verward geraak oor die presiese verloop van die gebeure en oor wat presies aan die werkers en die spanlede meegedeel was. Op een belangrike punt het hy 'n deel van sy hoofgetuienis, wat 'n oënskynlik duidelike antwoord was op iets wat die Hof hom gevra het, later onder kruisondervraging uitdruklik7. teruggetrek. (Ek sal weldra weer hierna verwys.) Toe hierdie aspek van sy getuienis tydens die betoog voor hierdie Hof te berde gekom het, het die advokaat van die appellante aangevoer dat Olivier net tydelik deurmekaar geraak het, en dat hy uiteindelik weer "teruggekeer" het na wat aanvanklik beweer was in die appellante se bestrydende beedigde verklaring in die mosie-verrigtinge. Voordat ek verder na Olivier se getuienis verwys, is dit dus nodig om eers te verwys na daardie beëdigde verklaring.
Die verklaring is gemaak deur mnr W J Crawford, die bestuurder van die Dunswart Wassery. Hy was aanwesig op 25 en 26 Mei toe Olivier met die werkers gepraat het, en sy verklaring sit uiteen wat daar gebeur het. (Olivier het slegs 'n kort stawende beëdigde verklaring afgelê waarin hy bevestig dat Crawford se verklaring korrek is vir sover dit op hom betrekking het.) Die volgende gedeeltes van Crawford se verklaring is vir huidige doeleindes ter sake:
8.
"21.18 Mnr. OLIVIER het uitdruklik tydens die byeenkoms aan die werknemers verduidelik dat hulle staking ontwettig was, en dat indien hulle daarmee volhou, hulle die gevaar loop om afgedank te word. 21.19 Voordat die byeenkoms die middag plaasgevind het, het mnr. OLIVIER aan die afvaardiging gestel dat die afvaardiging aan die werknemers moet oordra dat hulle 'n keuse het: 6f hulle hou onmiddellik op met die onwettige staking en gaan terug werk toe, òf individuele onderhoude sou die volgende oggend vanaf 07h00 'n aanvang neem ten einde vas te stel wat die rol en graad van betrokkenheid van die individuele werknemers was by die onwettige staking. Dit was duidelik verstaan dat afhangend van wat aan ons oorgedra sou word tydens die onderhoude, dit moontlik was dat werknemers afgedank sou word. 22.4 Mnr. OLIVIER het hulle verder meegedeel dat die werknemers een vir een aan die hand van 'n vraelys geleentheid gebied sou word om hulle betrokkenheid by die staking te verduidelik: mnr. OLIVIER het die vraelys aan die afvaardiging uitgelees en ook 'n afskrif daarvan aan hulle oorhandig.
22.5 Mnr. OLIVIER het baie duidelik
9.
onder die afvaardiging se aandag gebring dat die doel van die onderhoude was om vas te stel, by elk van die werknemers individueel, of daar rede was waarom die betrokke werknemers nie afgedank moet word nie as gevolg van sy betrokkenheid (indien enige) by die betrokke staking. 22.7 Mettertyd het die tolk ons verwittig dat die werknemers nie bereid was om individueel aangehoor te word nie en dat hulle verkies om hulle houding in 'n groepskonteks te openbaar.
22.9 Toe mnr. OLIVIER dit verneem
het hy deur middel van die tolk die groep werknemers by die nuwe wassery toegespreek en aan hulle die volgende meegedeel:
22.9.1 Dat hy weet dat daar mense indie groep is wat nie deel wilwees van die onwettige stakingnie en dat hulle houding, nl.om nie individueel aangehoor teword nie, die gevolg het datonskuldige persone daaronder sou
ly;
22.9.2 Dat daardie onskuldige personedie geleentheid moes gebruik omredes aan te voer waarom hulle
10.
nie afgedank moet word nie omdat hulle moontlik nie later weer so 'n geleentheid sou kry nie; 22.9.3 Dat onderhoude individueel ge-voer sou word met daardie persone wat redes wou aanvoer waarom hulle nie afgedank moes word nie: daar was gevolglik geen rede om te vrees vir intimidasie nie;
Daar is namens die appellante betoog dat die aangehaalde gedeeltes van die verklaring, volgens 'n behoorlike vertolking daarvan, beteken dat Olivier 'n geleentheid aan al die stakende werkers gebied het (nie net diè wat nie deel wou wees van die staking nie) om redes aan te voer waarom hulle nie afgedank moet word nie (nie net redes met betrekking tot hulle betrokkenheid by die staking nie). Ek stem nie met die betoog saam nie. Soos ek die strekking van die uittreksels hierbo verstaan, gee dit duidelik genoeg te kenne dat Olivier net belanggestel het in daardie stakers wat nie deel wou gewees het van die staking nie en dat die geleentheid om redes aan te voer slegs
11.
tot hulle gerig was; en verder, dat die redes wataangevoer sou kon word, alleenlik betrekking sou hê opdie aard en graad van elke werker se betrokkenheid bydie staking. Maar ek is nie van voorneme om in 'nontleding en 'n "vertolking" van die verklaring teverval nie. Dit sou geen nut hê nie. Op die beste virdie appellante is die verklaring ten opsigte van die
twee genoemde punte dubbelsinnig. Waarna gekyk moetword, en wat van deurslaggewende belang is, is hoe die
appellante se saak verloop het met die aflegging van
viva voce getuienis.
Toe die respondent en haar getuie getuienis afgelê het, is daar tydens kruisondervraging aan elk van hulle gestel wat Olivier sou kom getuig. Aan die respondent is die volgende gestel, met verwysing na Olivier (ek haal slegs aan wat gestel is, en nie die antwoorde nie, aangesien laasgenoemde nie ter sake is nie, vanweë die verwerping van die getuienis):
"He will say that he did tell you through an
12.
interpreter that he knew that there werepeople amongst you who didn't really want to
participate in the unlawful strike? --
And that those people were given the oppor-tunity to make individual representations to
him? --
He also said something to the ef fect thatthat would be their iast chance - or words to
that effect? -- --------------- Did he explain to you that because of the fact that you were afforded the opportunity to come individualiy, you did not have to fear that you might be intimidated? --He will say he toid you that? --"
Aan die respondent se getuie is die volgende gestel:
"He will say that he told them that he knewthat there were people amongst them who
didn't want to strike? -- And that they were innocent? --
And therefore they had an opportunity to cometo individual interviews to state their
cases. Did he say that?--
He will say that he made it quite clear tothem that they should use the opportunity tocome and put their cases because they may not
get another opportunity later? --
And he will say that he made it quite clearto them that they had to come and advancereasons as to why they should not bedismissed for participating in the strike? --And that because of the fact that they couldcome individually, they did not have to be
afraid of being intimidated? --"
13.
Hieruit is dit volkome duidelik dat dit die appellantese saak was dat Olivier 'n geleentheid gebied het slegsaan die "onskuldige" werkers - diegene van hulle watnie wou deelgeneem het aan die staking nie.
Kom 'n mens dan by Olivier se getuienis, dan
vind 'n mens dat hy op 'n ondubbelsinnige wyse bevestigdat hy uitsluitlik belanggestel het in die individuelewerkers se aandeel in die staking en wat hulle
betrokkenheid daarby was, en dat dit ook al was wat hywou vasstel. Hierdie bevestiging word nogal spesifiek
vasgeknoop aan sekere gedeeltes van Crawford se
beëdigde verklaring (hierbo aangehaal). In kruisonder-
vraging is paragraaf 21.19 met hom opgeneem.
Uiteindelik kom daar dan die volgende:
"Ek wil dit aan u stel, mnr Olivier, dat wat u in hierdie beëdigde verklaring stel, is sover as wat dit sou gegaan het. U wou van die werknemers uitgevind het, wie het deelgeneem aan die staking, en tot watter mate hulle betrokke was. Met ander woorde, was hulle daar as gevolg van intimidasie, of was hulle vrywilliglik daar gewees, en dit is al wat u wou vasstel, nie so nie? -- Dit is
14.
korrek, u edele, dat ek wou net vasstel wat is hulle aandeel, soos ek vroeër alreeds gesê het, wat is hulle aandeel in die staking. Was hulle betrokke of is hulle onskuldig."
Later is paragraaf 22.4 van die verklaring met hombehandel. Daarin word verwys na die vraelys wat ekvroeer genoem het. Ter verduideliking moet gemeld worddat die vraelys 'n paar vrae bevat, waarvan almal
alleenlik net betrekking het op die betrokke werker seafwesigheid van die werk en die redes daarvoor.
Olivier se getuienis in hierdie verband lui soos volg:
"Ek wil dit aan u stel dat dit die tweede keer is in hierdie beëdigde verklaring wat dit so duidelik gestel is, dat wat daar sou gebeur het, dat die betrokkenheid by die staking van die werknemers sou bepaal word by daardie onderhoude, nie so nie? -- Korrek.
En dit is al wat sou gebeur het, nie so nie? -- Dit is korrek. Ons sou vasstel of -sodat ons nie iemand gaan benadeel, u edele, want ons het al die ervaring gehad dat persone heeltemal glad nie betrokke was nie, en dan was hy nog ontslaan wederregtelik deur ons. Ongelukkig dit is so, en ons het voorsorg getref dat dit nie met die mense moeb gebeur nie.
En dit is met daardie doel dat die vraelys opgestel is, dit is om daardie antwoord te kry wat u gesoek het? -- Ja.
15. Nie so nie? -- Korrek."
Ek het vroeër verwys na 'n vraag wat die Hof a
quo aan Olivier gestel het tydens sy hoofondervraging,en Olivier se oenskyniik duidelike antwoord daarop. Die oorkonde lui so:
" HOF : Mnr Hattingh, u is reeds verby 'n vraag wat u 'n rukkie gelede gevra het. U het gevra of huiie op die 26ste weer die mense ingelig het oor die doelvan die ondersoek. Mnr Olivier dis waarskynlik die kern van die saak. Ek wil graag hê u moet stadig, sodat ek dit kan afskryf, sê wat u spesifiek vir die mense by daardie geleentheid ingelig het oor die doel van die ondersoek? -- U edele, is dit die 26ste?
Ja? -- Ons het vir huile gesê ons het die spanne saamgestel om elke persoon individueel aan te hoor, en dat ons wou elke een se omstandighede daarso vasstel; wat is sy betrokkenheid by die staking; in watter mate hy daarby betrokke was, met ander woorde. Ons wil sy eie persoonlike omstandighede ook weet, byvoorbeeld, is hy getroud, geskei, of alieen is hy die broodwinner; het hulle afhanklike kinders -om 'n geheel beeld van elke persoon te kry, want dit was nodig om die finale beslissing te neem of die persoon ontslaan moet word, al dan nie. MNR HATTINGH: Het u dit vir hulle gesê? --
16.
Ja. Ja, dit was gesê."
In kruisondervraging het Olivier hierdie getuienis vanhom teruggetrek. Dit kan dus nie nou deur dieappellante in hulle guns aangewend word nie. Maarbelangriker nog, is die verdere antwoorde wat Olivier
toe verstrek het. Dit is die laaste uittreksel uit sy
getuienis wat ek wil aanhaal. Dit kom aan die eindevan sy kruisondervraging. Na my mening is dit ook die
einde van die appellante se saak: dit is dodelik teen
hulle. Die oorkonde lui soos volg:
"Nou, u het in u getuienis-in-hoof gesê, dat by die massa vergadering van die 26 Mei, het u vir die werkers gesê presies wat hulle moet kom sê aan die spanne. U het gesê hulle moet kom sê tot watter mate hulle betrokke is, hulle persoonlike omstandighede ...? -- Nee. U edele, nee, jammer. Ek het dit nie gesê nie. Ek het nie aan die werkers en die massa dit gesê nie. Ek het aan die spanleiers gesê wat hulle die mense moet vra.
Wel, ons sal u edele vra om na sy notas te ... Maar ons notas is duidelik dat in u getuienis-in-hoof, by die massa vergadering van die 26 Mei, het u aan daardie werkers gesê wat hulle moet kom sê? -- Nee, ek is jammer. HOF: Is dit toe ek hom gevra het om weer
17.
eens op te som wat hy gesê het? MNR MYBURGH: Ek dink dis min of meer daar. HOF: Ja. Die nota wat ek het is dat u toe aan die werkers gesê het dat spanne is saamgestel om elke persoon individueel aan te hoor, en dat u elke persoon se omstandighede wil vasstel hoe hy betrokke is by die staking. U wil sy persoonlike omstandighede ook weet, of hy getroud is of hy geskei is of hy afhanklikes het en dies meer, en u wil die geheel beeld van elke persoon kry omdat dit nodig is om te oordeel of die persoon ontslaan sal wees of nie.
MNR MYBURGH: Nou, ons nota is dat dit is gestel aan die stakers? -- Nee.
Is dit nie korrek nie? -- Nee. U edele, nee. Wat ek gedoen het is, ons het vir hulle gesê ons gaan spanne saamstel om hulle te persoonlik individueel te ondervra. Dis eintlik. Maar ek het dit nie vir die massa daar gesê nie.
So wat het u - dis eintlik wat sy edele vir u gevra het, wat het u toe aan die massa gesê sou gebeur by die onderhoud? -- Ja.
Wat is nou u antwoord? — Die antwoord is, ons het nie aan die massa gesê wat gaan gebeur nie, ons gaat hulle ondervra sy betrokkenheid, dit is eintlik ...
Ja. Met ander woorde, dis net soos ditin die beedigde verklaring uitkom. U hetvir hulle gesê, 'al wat ons vir julle gaanvra is julle betrokkenheid by die staking'?Korrek.
Korrek. En hierdie weergawe nou is wat u toe aan die spanleiers gesê het wat hulle moet vra en wat hulle moet afneem? -- Ja.
Is dit korrek? -- Dis reg. Die
18.
spanleiers het geweet wat om te vra.
U sien, en dit is wat ek wil ook aan u stel, dis wat die beëdigde verklaring sê op bladsy 65 in verband met die onskuldige mense. U wou vasstel wie van hierdie stakers daar vrywilliglik is en wie eintlik daar is as gevolg van intimidasie, nie so nie? --Korrek. En dis wat u vir die massa gesê het, kyk mense, ek weet daar is mense daar tussen julle wat moontlik onskuldig is, ek wil hê julle moet hierdie geleentheid gebruik. Dit is individueel, so daar kan nie intimidasie daar plaasvind nie, jy kan daar die waarheid kom vertel, en ons sal julle beskerm. Nie so nie? -- Dit is korrek.
Ek het geen verdere vrae nie. Dankie."Hierdie getuienis toon ten duidelikste aan dat die werkers uitdruklik meegedeel is dat die onderhoude alleenlik sou gaan oor hulle betrokkenheid by die staking (nie oor enige ander redes waarom hulle nie ontslaan moes word nie), en dat die uitnodiging om vertoë te rig alleenlik gerig was aan die "onskuldige" mense, d w s diê wat nie vrywillig aan die staking wou deelgeneem het nie (nie aan al die werkers wat ontslag in die gesig gestaar het nie) . Daar kan geen sprake wees daarvan dat Olivier "teruggekeer" het na Crawford
19.
se verklaring op enige manier wat afbreuk kan doen aan hierdie gevolgtrekkings nie.Die bevel van die Hof is dat die appè van die hand gewys word met koste, insluitend die koste van twee advokate.
A.S. BOTHA AR
SMALBERGER AR
STEYN AR
STEM SAAM F H GROSSKOPF AR
NICHOLAS WnAR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.