Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere v Lotter N.O. and Others, In re; Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere v Lotter N.O. and Another (4179/2013) [2013] ZAFSHC 193 (15 November 2013)
The court found that the applicant failed to establish a liquidated claim as required by section 10(a) of the Insolvency Act, because the respondents' indebtedness was disputed on bona fide and reasonable grounds. The pending defended action between the parties was due to be heard within weeks, and the respondents'...
Source-derived case information.
- Citation
- [2013] ZAFSHC 193
- Parties
- Applicant: Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere; Respondent: Mattheus Johannes Lotter N.O.; Respondent: Erma Loggenberg N.O.; Applicant: Theunis Hellmuth; Applicant: Daniela Hellmuth; Applicant: Stephanie Roberts; Applicant: Albertus Carel van Zyl; Applicant: Michelle & CJ Viljoen Trust; Applicant: Joan Viljoen; Applicant: Jacobus Strauss; Applicant: Anthonie Johannes de Beer; Applicant: Hester Hendrina Aletta Lourens
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 4179/2013
- Procedural Posture
- Urgent Application / Application for Provisional Sequestration Order; Opposed on Merits and Urgency
- Outcome
- Application for provisional sequestration by the applicant dismissed with costs. Provisional sequestration order granted in favour of intervening creditors.
- Judges
- C. Reinders
- Legal Topics
- Provisional Sequestration, Insolvent Trust, Creditor Standing, Disputed Claim, Urgency, Costs Follow Result
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere
Applicant
Mattheus Johannes Lotter N.O.
Respondent
Erma Loggenberg N.O.
Respondent
Theunis Hellmuth
Applicant
Daniela Hellmuth
Applicant
Stephanie Roberts
Applicant
Albertus Carel van Zyl
Applicant
Michelle & CJ Viljoen Trust
Applicant
Joan Viljoen
Applicant
Jacobus Strauss
Applicant
Anthonie Johannes de Beer
Applicant
Hester Hendrina Aletta Lourens
Applicant
Procedural Posture
Urgent Application / Application for Provisional Sequestration Order; Opposed on Merits and Urgency
Legal Issues
- 1 Whether the applicant established a liquidated claim against the respondents as required for provisional sequestration.
- 2 Whether the respondents' indebtedness to the applicant is disputed on bona fide and reasonable grounds.
- 3 Whether the requirements of section 10 of the Insolvency Act for a provisional sequestration order are met.
Ratio Decidendi
The court found that the applicant failed to establish a liquidated claim as required by section 10(a) of the Insolvency Act, because the respondents' indebtedness was disputed on bona fide and reasonable grounds. The pending defended action between the parties was due to be heard within weeks, and the respondents' defence was not shown to be lacking in good faith or reasonableness. The court exercised its discretion not to grant a provisional sequestration order, holding that such an order should not be used to enforce a claim that is genuinely disputed. The application was dismissed with costs, and the costs order followed the general rule that costs follow the result.
Court Disposition
Application for provisional sequestration by the applicant dismissed with costs. Provisional sequestration order granted in favour of intervening creditors.
Orders
- The applicant's application for provisional sequestration is dismissed with costs.
- Leave is granted to the intervening creditors to be joined as applicants.
Full Case Text
Judgment text and source record
82 paragraphs
IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknommer : 4179/2013
In die saak tussen:-
AFGRI BEDRYFS BEPERK h/a AFGRI VEEVOERE ..................Applikant
en
MATTHEUS JOHANNES LOTTER N.O. ........................Eerste Respondent
(In sy amptelike hoedanigheid as trustee
van die Andrie Loggenberg Trust, IT994/99)
ERMA LOGGENBERG N.O. ...........................................Tweede Respondent
(In haar amptelike hoedanigheid as trustee
van die Andrie Loggenberg Trust, IT994/99)
En Verder
THEUNIS HELLMUTH .................................................1ste Tussenbeitredende
Skuldeiser
DANIELA HELLMUTH .................................................2de Tussenbeitredende
STEPHANIE ROBERTS ..............................................3de Tussenbeitredende
ALBERTUS CAREL VAN ZYL ..................................4de Tussenbeitredende
MICHELLE & CJ VILJOEN TRUST .........................5de Tussenbeitredende
JOAN VILJOEN .............................................................6de Tussenbeitredende
JACOBUS STRAUSS ..................................................7de Tussenbeitredende
ANTHONIE JOHANNES DE BEER .........................8ste Tussenbeitredende
HESTER HENDRINA ALETTA LOURENS ............9de Tussenbeitredende
In re:
AFGRI BEDRYFS BEPERK h/a AFGRI VEEVOERE ..................Applikant
MATTHEUS JOHANNES LOTTER N.O. ............................1ste Respondent
ERMA LOGGENBERG N.O. ...................................................2de Respondent
(In hul amptelike hoedanigheid as trustee
Van die Andrie Loggenberg Trust, IT994/99)
UITSPRAAK DEUR: C. REINDERS, WnR
REDES
[1] Hierdie aansoek is gebring deur die applikant, Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere en wel as ‘n dringende aansoek in terme waarvan ‘n voorlopige sekwestrasiebevel versoek is. Die respondente, Mattheus Johannes Lotter N.O. en Erma Loggenberg N.O., in hul amptelike hoedanighede as trustees van die Andrie Loggenberg Trust (“die Trust”) het die aansoek geopponeer.
[2] Wat betref die vraag na dringendheid het die respondente in hul opponerende eedsverklaring in paragraaf 24.3 as volg geantwoord:
“Sonder om te erken dat die onderhawige aansoek noodwendig dringend is, bevestig ek dat die Trust nie van voorneme is om die onderhawige aansoek te opponeer op die basis dat dit nie dringend is nie.”
[3] Mnr Fischer, namens die respondente, het die aspek van dringendheid nie verder geneem nie en was ek tevrede dat die aansoek wel dringend was. Gevolglik het ek die aansoek ter rolle geneem.
[4] Met die aanvang van die verrigtinge is ‘n aansoek om toetrede deur nege toetredende skuldeisers gesamentlik onder dieselfde saaknommer geloods. Hierdie aansoek om toetrede is deur die respondent geopponeer.
[5] Na aanhoor van Mnr Tsangarakis, namens die toetredende skuldeisers en Mnr Fischer, namens die respondente, asook submissies deur Mnr Goosen vir die applikant, is verlof verleen aan die toetredende skuldeisers om toe te tree.
[6] Tydens argumentering van die aansoek om toetrede is die meriete vir die toestaan van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel, soos versoek deur die toetredende skuldeisers, volledig deurtrap. Submissies is eweeens deur Mnr Goosen en Mnr Fischer gemaak met betrekking tot die applikant se aansoek.
[7] Op 30 Oktober 2013 het ek derhalwe die volgende bevel verleen:
“1. Die Applikant Afgri Bedryfs Beperk h/a Afgri Veevoere (Registrasienommer: 1995/005872/06) se aansoek word afgewys met koste.
2. Verlof is reeds verleen aan die Toetredende skuldeisers om toe te tree in hierdie aansoek en word hierna verwys na die voormelde Toetredende Skuldeisers as die Toetredende Applikante.
‘n VOORLOPIGE BEVEL van SEKWESTRASIE word ten gunste van die Toetredende Applikante uitgereik wat die genoemde Respondente oproep om in hierdie Hof op DONDERDAG, 28 NOVEMBER 2013 om 09:30 redes, indien enige, aan te voer waarom ‘n finale sekwestrasiebevel nie teen die Respondente se boedel toegestaan sal word nie.
Hierdie Bevel, tesame met ‘n afskrif van die Kennisgewing van Mosie en aanhangsels, moet aan die Respondente persoonlik beteken word.
5. Hierdie bevel moet beteken word op –
5.1. Enige geregistreerde vakbond wat vir sover die Balju redelikerwys kan vasstel werknemers van die Respondente verteenwoordig.
5.2. Die respondente se werknemers, indien enige, deur ‘n afskrif van die bevel en aansoekstukke aan te bring op enige kennisgewingbord op die Respondente se perseel waartoe die werknemers toegang het, of indien daar geen toegang tot die perseel deur die werknemers is nie, deur ‘n afskrif aan te bring op die toegangshek, waar toepaslik, so nie op die voordeur van die perseel vanwaar die respondente ten tye van die voorlegging van die aansoekstukke enige besigheid bedryf het.
5.3 Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
6. Die balju moet vasstel of die werknemers deur ‘n geregistreerde vakbond verteenwoordig word en vasstel of daar ‘n kennisgewingbord op die Respondente se perseel is waartoe die werknemers toegang het.
7. Die koste van hierdie aansoek koste in die sekwestrasie sal wees.”
[8] Op 6 November 2013 is ek by wyse van ‘n skrywe deur die applikant se prokureur van rekord versoek om redes te verskaf vir my bevel. Ek aanvaar dat die redes slegs met verwysing na die finale bevel ten aansien van die applikant se aansoek (bede 1 van die bevel) versoek word, en nie met verwysing na die voorlopige bevel (bedes 3 – 7) nie.
[9] Hoewel ek van oordeel is dat die aangevraagde redes akademies van aard is, gesien in die lig daarvan dat ‘n voorlopige sekwestrasiebevel, keerbaar 28 November 2013, ten gunste van die toetredende applikante verleen is, verskaf ek hiermee my redes:
[10] Hierdie aansoek is vir die voorlopige sekwestrasie van die respondente en is die bepalings van artikels 9 en 10 van die Insolvensiewet, Wet 24 van 1936 (soos gewysig) (“die Wet”) derhalwe van toepassing. Die wesenlike dele lui as volg:
“9 (1) 'n Skuldeiser (of sy verteenwoordiger) wat 'n gelikwideerde vordering van nie minder as vyftig pond of twee of meer skuldeisers (of hulle verteenwoordiger) wat gesamentlik gelikwideerde vorderings van nie minder as honderd pond het teen 'n skuldenaar wat 'n daad van insolvensie begaan het of insolvent is, kan die hof versoek om die sekwestrasie van die boedel van die skuldenaar.
10 As die hof waaraan 'n versoekskrif tot sekwestrasie van die boedel van 'n skuldenaar voorgelê is, van oordeel is dat prima facie-
(a) die petisionerende skuldeiser so 'n vordering as bedoel in subartikel (1) van artikel nege teen die skuldenaar bewys het; en
(b) die skuldenaar 'n daad van insolvensie begaan het of insolvent is; en
(c) daar rede bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van die skuldeisers van die skuldenaar sal strek as sy boedel gesekwestreer word;
dan kan die hof 'n order uitvaardig wat die boedel van die skuldenaar voorlopig sekwestreer.”
[11] In die applikant se funderende eedsverklaring in paragraaf 5 onder die hofie getiteld “DIE TRUST SE SKULD” handel die applikant met die respondente se verskuldigdheid teenoor die applikant.
[12] Van spesiale belang is paragraaf 5.9 wat as volg lui:
“Dagvaarding is reeds deur die Applikant in die Vrystaatse Hoë Hof, Bloemfontein uitgereik, onder saaknommer 5195/2011 teen Loggenberg en die Trust. Die aksie word verdedig en het al die Verweerders reeds ‘n verweerskrif afgelewer met ‘n repliek deur die Applikant. Die aksie is reeds ter rolle geplaas vir 19, 20 en 22 November 2013.....”
[13] Die respondente in hul opponerende eedsverklaring antwoord hiertoe as volg in paragraaf 6:
“Ek herhinner egter die agbare Hof daaraan dat die aksie deur die Trust en Corne verdedig word en tans nog hangende is.”
[14] Mnr Fischer het geargumenteer dat die feit dat daar ‘n feitegeskil is, nie ontken is deur die applikant in repliek nie. Hy het voorts verwys na paragrawe 3.3 tot 3.8 van die respondente se opponerende eedsverklaring wat duidelik daarop dui dat die trust se verwere ‘n geldige antwoord op die applikant se vordering teen die Trust in die opkomende aksie daarstel.
[15] Dit is dus duidelik dat daar ‘n dispuut is op die stukke wat betref die respondente se verskuldigdheid teenoor die applikant. Mnr Goosen het gepoog om my te oortuig dat die respondente nie op bona fide en redelike gronde die applikant se vordering verdedig nie. Hy het voorts gesubmiteer dat “dit blyk dat daar wel ‘n Eiser is wat ‘n eis het” (met verwysing na die toetredende skuldeisers). Mnr Goosen het ook gesteun op die feit dat die toetredende skuldeisers ‘n prima facie saak uitgemaak het dat die respondente verskeie dade van insolvensie gepleeg het.
[16] Aangesien daar ‘n dispuut op die stukke is op die stadium wat ‘n voorlopige sekwestrasiebevel versoek word, behoef dit dat die benadering deur die howe in die hantering van sodanige dispuut, uiteen gesit word.
[17] In Payslip Investment Holdings CC v Y2K TEC Ltd 2001 (4) SA 781 (C) op 783G – I het Brand R (soos hy toe was) die benadering treffend opgesom as volg:
“Guidelines as to how factual disputes should be approached in an application such as the present were laid down by the Appellate Division in Kalil v Decotex (Pty) Ltd and Another 1988 (1) SA 943 (A). According to these guidelines a distinction is to be drawn between disputes regarding the respondent's liability to the applicant and other disputes. Regarding the latter, the test is whether the balance of probabilities favours the applicant's version on the papers. If so, a provisional order will usually be granted. If not, the application will either be refused or the dispute referred
for the hearing of oral evidence, depending on, inter alia, the strength of the respondent's case and the prospects of viva voce evidence tipping the scales in favour of the applicant. With reference to disputes regarding the respondent's indebtedness, the test is whether it appeared on the papers that the applicant's claim is disputed by respondent on reasonable and bona fide grounds. In this event it is not sufficient that the applicant has made out a case on the probabilities. The stated exception regarding disputes about an applicant's claim thus cuts across the approach to factual disputes in general.” (eie beklemtoning)
[18] Dat dit voldoende is vir die afweer van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel dat die respondent se verskuldigheid betwis word op bona fide en redelike gronde, is bevestig in Desert Star Trading 145 (Pty) Ltd and Another v No 11 Flamboyant Edleen CC and Another [2011] 2 ALL SA 471 (SCA) op 479 [16] – 480 [16] waar Ponnan AR die volgende passasie uit Kalil v Decotex (Pty) Ltd, supra, aanhaal:
“In regard to locus standi as a creditor, it has been held, following certain English authority, that an application for liquidation should not be resorted to in order to enforce a claim which is bona fide disputed by the company. Consequently, where the respondent shows on a balance of probability that its indebtedness to the applicant is disputed on bona fide and reasonable grounds, the Court will refuse a winding up order. The onus on the respondent is not to show that it is not indebted to the applicant. It is merely to show that the indebtedness is disputed on bona fide and reasonable grounds.” (eie beklemtoning)
[19] Hierdie oorwegings is insgelyks van toepassing op aansoeke om sekwestrasie.
[20] Mnr Fischer het geargumenteer dat die respondente se verweer bona fide en op redelike gronde is en boonop ‘n geskil is wat binne enkele weke staan besleg te word.
[21] In die uitoefening van die diskresie soos verleen in artikel 10 van die Wet, kan die hof dus ‘n voorlopige sekwestrasiebevel verleen indien die drie facta probanda prima facie bewys is.
[22] Na my mening kon die applikant nie daarin slaag om ‘n vordering soos bedoel in artikel 10(a) van die Wet te bewys nie, in die lig daarvan dat op die stukke voor my, die respondente op redelike en bona fide gronde die vordering betwis.
[23] Ek het derhalwe my diskresie uitgeoefen om nie die aansoek om voorlopige sekwestrasie toe te staan nie. In ieder geval, al sou ek verkeerd wees, was ek nie van oordeel dat ek my diskresie moes uitoefen ten gunste van die toestaan van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel waar die geskilpunte binnekort uitgepluis sou word op verhoor nie.
[24] Wat koste betref, is dit geykte reg dat koste die resultate volg. Ek kon geen rede sien om daarvan af te wyk in casu nie.
[25] Gevolglik het ek die bevele verleen soos in die hofbevel gedateer 30 Oktober 2013.
_________________
C. REINDERS, WnR
15 NOVEMBER 2013
/spieterse