Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

A.L v A.M.L (19357/2010) [2010] ZAGPPHC 101 (3 September 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the respondent's technical objections regarding the case number and the requirement for security were without merit. The application for enforcement of the maintenance order was properly before the court, and the applicant had demonstrated a clear need for maintenance, being unemployed and financially dependent on the payments. The respondent had acted obstructively and had failed to oppose the merits of the application. The court exercised its discretion to exempt the applicant from providing security as required by Rule 49(12), given her financial circumstances. The maintenance order was made immediately enforceable, with effect from the original date of the divorce order, and the respondent was ordered to pay all arrear maintenance plus interest and to ensure payment via salary attachment to the applicant's bank account.

Court disposition

Application granted. Maintenance order enforced with immediate effect. Applicant exempted from providing security. Respondent ordered to pay costs.

Orders

  • Paragraph 5 of the divorce order dated 23 December 2009 is made immediately enforceable with effect from that date.
  • The respondent is ordered to pay all arrear maintenance to the applicant, plus interest at 15.5% per annum a tempore morae.
  • The respondent must, within 7 days of this order, ensure that the maintenance order is implemented via salary attachment to the applicant's specified bank account.
  • The applicant is exempted from providing security as contemplated in Rule 49(12).
  • The respondent is ordered to pay the costs of this application, including the costs of 9 April 2010 before Claasen J.

02

Material facts

Parties

A.L

Applicant Counsel: I. Vermaak-Hay

A.M.L

Respondent Counsel: D. Smith SC

Amounts and remedies

  • Monthly Maintenance Ordered: ZAR 20,000
  • Applicant's Average Monthly Expenses: ZAR 20,185.28
  • Interest Rate on Arrear Maintenance: ZAR 15.5

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application for Enforcement of Maintenance Order Pending Leave to Appeal

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that the respondent is obliged to pay maintenance as ordered by the court, and that the maintenance order should be enforced pending the outcome of the respondent's application for leave to appeal. The applicant further submitted that she is unemployed, has no income, and is financially dependent on the maintenance. She requested exemption from providing security, as she cannot afford it and the respondent is obstructive. The applicant provided detailed evidence of her monthly expenses and the financial needs of her children.
Respondent
The respondent, through counsel, raised technical objections: that the Rule 49(11) application should have been brought under the same case number as the divorce action; that the application was defective due to lack of security offered by the applicant; and that the court could not grant a Rule 49(11) order before the application for leave to appeal was finalized. The respondent did not oppose the merits of the maintenance claim and did not apply for a postponement.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Uniform Rule 49(11)

    Rule 49(11) provides that the operation and execution of a court order is suspended pending an appeal or application for leave to appeal, unless the court orders otherwise.

  2. 02

    Uniform Rule 49(12)

    Rule 49(12) requires the party seeking execution to provide security for repayment of any amount obtained by execution, unless the court orders otherwise.

  3. 03

    Uniform Rule 49(12)

    The court has discretion to exempt a party from providing security when enforcing a maintenance order pending appeal.

  4. 04

    Court's inherent jurisdiction

    Technical objections regarding case number and procedure do not override the substantive right to maintenance and the court's discretion to grant relief.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the respondent's technical objections regarding the case number and the requirement for security were without merit. The application for enforcement of the maintenance order was properly before the court, and the applicant had demonstrated a clear need for maintenance, being unemployed and financially dependent on the payments. The respondent had acted obstructively and had failed to oppose the merits of the application. The court exercised its discretion to exempt the applicant from providing security as required by Rule 49(12), given her financial circumstances. The maintenance order was made immediately enforceable, with effect from the original date of the divorce order, and the respondent was ordered to pay all arrear maintenance plus interest and to ensure payment via salary attachment to the applicant's bank account.

Obiter and limits

  • The respondent's conduct in refusing to pay maintenance and threatening to spend large sums to avoid payment was noted as obstructive and contrary to the interests of justice.
  • The court emphasized that procedural technicalities should not be used to frustrate the enforcement of maintenance orders, especially where the applicant is in genuine need.

Court disposition

Application granted. Maintenance order enforced with immediate effect. Applicant exempted from providing security. Respondent ordered to pay costs.

  • Paragraph 5 of the divorce order dated 23 December 2009 is made immediately enforceable with effect from that date.
  • The respondent is ordered to pay all arrear maintenance to the applicant, plus interest at 15.5% per annum a tempore morae.
  • The respondent must, within 7 days of this order, ensure that the maintenance order is implemented via salary attachment to the applicant's specified bank account.
  • The applicant is exempted from providing security as contemplated in Rule 49(12).
  • The respondent is ordered to pay the costs of this application, including the costs of 9 April 2010 before Claasen J.

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2010] ZAGPPHC 101

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(NOORD GAUTENG AFDELING)

SAAKNR.: 19357/2010

DATUM: 03/09/2010

In die saak tussen

L, A Applikant

en

L, A M Respondent

In re: Saaknr. 24167/2006

L, A Eiseres

L, A M Verweerder

CORAM: EBERSOHN AJ.

Aangehoor op: 26 Augustus 2010

Uitspraak afgegee op: 3 September 2010

UITSPRAAK

EBERSOHN WR.

[1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

[2] In die hoofaksie het hierdie hof 'n bevel van egskeiding met sekere aanverwante bevele, waaronder die betaling van onderhoud deur die verweerder aan die eiseres, verleen.

[3] Die verweerder het kennis gegee van 'n aansoek vir verlof om te kan appelleer teen die uitspraak onder andere ook teen die onderhoudsbevel.

[4] Die eiseres het hierdie hof op 'n dringende basis genader met 'n aansoek wat beteken is aan die verweerder se prokureurs op 6 April 2010, wat die verweerder verplig om onderhoud aan die eiseres in die bedrag soos deur hierdie hof gelas naamlik R20 000 per maand te betaal, alternatiewelik dat die respondent gelas word tot die afhandeling van die verweerder se aansoek vir verlof om te kan appelleer en ingeval verlof verleen word tot afhandeling van die appel en in die verdere alternatief dat hangende die afhandeling van die aansoek vir verlof om te kan appelleer en ingeval verlof verleen word te gelas dat die onderhoudsbevel deur Mavundla R verleen onder saaknr. 4103/2007 sal geld. Die eiseres het ook gevra vir verdere en/of alternatiewe regshulp.

[5] Die dringende hof het die aangeleentheid op 9 April 2010 terugverwys vir verhoor deur my.

[6] 'n Hof het op 26 Augustus 2010 het beskikbaar geword vir die aanhoor van die aansoek vir verlof om te kan appelleer en die reel 49(11) aansoek en die eiseres se prokureurs het beide die aansoek vir verlof om te kan appeller en die reel 49(11) aansoek terrolle geplaas per kennisgewings soos beteken op die 24ste Augustus 2010 aan Schoemans Prokureurs, die verweerder se prokureurs.

[7] Gedurende die middag van 26 Augustus 2010 is die verweerder se aansoek vir verlof om te kan appelleer aangehoor en nadat uitspraak

daarin voorbehou is het die hof aangedui dat die hof vervolgens die reel 49(11) aansoek van die eiseres teen die verweerder sou aanhoor. Mnr. Smith, die advokaat van die verweerder, wat die aansoek vir verlof om te kan appelleer geargumenter net, net aangedu dat hy niks weet van die aansoek nie, die hof het uitgewys dat die aansoek alreeds op die 6de April 2010 beteken was en op 9 April 2010 alreeds voor die dringende hof was en dat daar behoorlike kennisgewings van terrolleplasing van beide aansoeke betyds aan Schoemans Prokureurs beteken was. Die eiseres se prokureurs het in die hof die bewys van betekening van beide aansoeke aan die verweerder se prokureurs op 6 April 2010 en 24 Augustus 2010 vertoon.

[8] Daar was geen aansoek vir uitstel van die verweerder se kant af nie. Mnr. Smith het egter geargumenter op regsgronde teen die aansoek. Hy het eerstens betoog dat dit nie 'n reel 49(11) aansoek was nie want dit moes gebring gewees het onder dieselfde saaknommer as die egskeidingsaksie en dat dit in elk geval gebrekkig is aangesien die eiseres nie sekuriteit aangebied het in die reel 49(11) aansoek nie en derdens, so het hy aangevoer, dat hierdie hof nie 'n reel 49(11) bevel kan verleen nie, alvorens die aansoek vir verlof om te kan appelleer nie afgehandel is nie. Die verweerder het met hierdie tegniese besware volstaan.

[9] Adv. Vermaak-Hay, wat namens die eiseres verskyn het, het geantwoord op Mnr. Smith se tegniese punte en met die meriete van die reel 49(11) aansoek gehandel. Die hof het daarna uitspraak voorbehou.

[10] Die hof handel eerstens met Mnr. Smith se tegniese punte wat hy geopper het.

[11] Sy beswaar dat die reel 49(11) aansoek onder dieselfe saaknommer as die egskeidingsgeding gebring moes word en nie onder 'n nuwe saaknommer nie het geen meriete nie. Die aansoek is voor die hof en dit is wat van belang is.

[12] Met betrekking tot die tweede en derde punte wat Mnr. Smith geopper het moet die hof verwys na die volledige teks van reel 49(11) en (12) wat soos volg lees:

"(11) Waar appel aangeteken is of aansoek gedoen is om verlof om te appelleer teen of om herroeping, regstelling, hersiening of wysiging van 'n bevel van 'n hof, word die werking en tenuitvoerlegging van die betrokke bevel opgeskort hangende die beslissing van die appel of aansoek, tensy die hof wat die bevel gegee het, op aansoek van 'n party, anders bepaal.

(12) Indien die bevel in subreel (11) bedoel, op las van die hof ten uitvoer gele word, moet die party wat die tenuitvoerlegging versoek, tensy die hof anders gelas, eers sekuriteit verskaf soos deur die partye ooreengekom of deur die griffier bepaal vir die terugbetaling van 'n bedrag deursodanige tenuitvoerlegging verkry. Die beslissing deur die griffier is finaal."

[13] Dit is duidelik dat aangaande die tweede tegniese punt wat Mnr. Smith geopper het die beswaar nie water hou nie. Hierdie hof het die bevoegdheid om by die toestaan van die reel 49(11) bevel te gelas dat afstand gedoen word van die stel van sekuriteit.

[14] Aangaande die derde punt soos geopper deur Mnr. Smith naamlik dat hierdie hof nie 'n reel 49(11) bevel kan verleen nie alvorens die aansoek vir verlof om te kan appelleer nie afgehandel is nie is Mnr. Smith verkeerd want die reel lees duidelik dat die reel 49(11) bevel verleen kan word voor of na afhandeling van die aansoek vir verlof om te kan appelleer en as verlof om te kan appelleer nie toegestaan word nie selfs voordat 'n petisie vir verlof om te kan appelleer aan die Hoogste Hof van Appel gerig is.

[15] Op die meriete is daar nou klaarblyklik geen opponering van die reel 49(11) aansoek nie en moet die getuienis wat die eiseres aan hierdie hof voorgele het oorweeg word deur die Hof om te bepaal of die eiseres n saak uitgemaak het vir die aangevraagde regshulp. Dit blyk dat die verweerder die kansellasie van die onderhoudsbevel van R17 500 per maand wat Mavundla R verleen het in die reel 43 aansoek suksesvol deurgevoer het in die Onderhoudshof wat dit gekanselleer het op die argument van die verweerder dat die egskeiding afgehandel was.

[16] Daarna is die aftrekorder teen die verweerder se salaris as gevolg van die Onderhoudshof se bevel gekanselleer. Die verweerder het daarna die eiseres mondelings meegedeel dat hy eerder 'n miljoen rand sou spandeer as om een sent onderhoud aan haar te betaal. Hierdie bewerings staan onbetwis deur die verweerder. Die eiseres het aangedui dat sy steeds werkloos was en nie geld het om van te leef nie.

[17] Paragraaf 18 van die eiseres se stawende verklaring lees soos volg:

"18.

Reinhardt is vanjaar in matriek en hy word meerderjarig op 7 April 2010. Mark is ook nog steeds finansieel afhanklik van my, alhoewel hy ook reeds meerderjarig is. Nie een van die twee seuns is emosioneel opgewasse teen die respondent om (soos wat van regswee vereis word) onderhoud by die Respondent te eis in die Onderhoudshof nie. Soos wat ek die Respondent ken sal hy alles in sy vermoe doen om sodanige aansoeke teen te staan. Ek besef dat ek nie meer namens die seuns onderhoud vanaf die Respondent kan eis nie, maar soos voormeld is my seuns nie daartoe in staat om 'n onderhoudsgeding teen die Respondent in te stel nie. Die Respondent het geweier om Reinhardt se skoolgelde vanaf September-Desember 2009 te betaal, maar hy betaal darem vanaf die begin van hierdie jaar weer Reinhardt se skoolgelde. Hy is ook nog op sy mediese fonds

geregistreer, maar as die mediese fonds uitgeput is weier die Respondent om enige verdere mediese uitgawes te betaal."

Dit is gemeensaak dat Mark en Reinhardt twee van die partye se seuns is.

[18] Die eiseres het in paragraaf 19 van haar verklaring haar gemiddelde maandelikse uitgawes wat R20 185,28 beloop, uiteengesit. Dit maak nie voorsiening vir die bydraes wat sy sal moet betaal met betrekking tot die jagp.aas en die vliegtuig wat deur die hof aan beide die eiseres en die verweerder toegeken is nie.

[19] In paragraaf 20 van haar stawende verklaring gee die eiseres 'n uiteensetting van hoe haar maandelikse uitgawes opgemaak word. Dit strook basies met haar uitgawes soos oor getuig tydens die verhoor van die egskeidingsgeding.

[20] Hierdie hof is tans egter nie geroepe om te bepaal of die bedrag onderhoud wat in paragraaf 5 van die bevel soos hieronder uiteengesit word, gewysig of verander behoort te word nie:

"5. Die verweerder word gelas om onderhoud in die bedrag van R20 000,00 per maand aan die eiseres te betaal vanaf 1 Januarie 2010, by wyse van 'n skuldbeslagbevel by sy werkgewer, tot haar dood of hertroue, welke ookal eerste geskied."

[21] Dit is duidelik dat die verweerder steeds obstruktief is netsoos gedurende sy huwelik en dat die hof geroepe is om die eiseres tot hulp te kom.

[22] Bygevolg word die volgende bevel verleen:

1. Paragraaf 5 van die bevel van hierdie Hof verleen op 23 Desember 2009 wat soos volg lees:

"5. Die verweerder word gelas om onderhoud in die bedrag van R20 000,00 per maand aan die eiseres te betaal vanaf 1 Januarie 2010, by wyse van 'n skuldbeslagbevel by sy werkgewer, tot haar dood of hertroue, welke ookal eerste geskied."

word terugwerkend in werking gestel met effek vanaf datum van verlening daarvan naamlik 23 Desember 2009 en die verweerder word gelas om onmiddellik enige en alle agterstallige onderhoud aan eiseres te betaal, plus rente op alle agterstallige bedrae a tempore morae bereken teen 15,5% per jaar, en voorts binne 7 dae vanaf datum van hierdie bevel die bevel soos hierbo aangehaal as paragraaf 5 van die egskeidingsbevel van 23 Desember 2009. in werking te stel by sy werkgewer en toe te sien dat alle betalings van onderhoud aan die eiseres gemaak word in haar Absa Bank Fleksie spaarrekening nr. 9132627377, wat gehou word by Absa Bank se Menlyntak, takkode 632005.

2. Die eiseres word deur die Hof in die uitoefening van die Hof se diskresie kwytgeskeld van die stel van sekuriteit soos na verwys in hofreel 49(12) in verband met die betaling van die onderhoud na verwys in paragraaf 1 van hierdie bevel.

3. Die verweerder moet die koste van hierdie aansoek betaal wat sal __insluit die koste van 9 April 2010 voor Claasen R.

P.Z.

EBERSOHN

WAAARNEMENDE

REDTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Eiseres se advokaat Eiseres se prokureurs

Adv. I. Vermaak-Hay

VAN ZYL'S ING.

Verw. LAN7/0001/Mnr. van Zyl/mb

Tel. 012x667 5111

Verweerder se advokaat Adv. D. Smith SC

Verweerder se proklureurs Schoemans Attorneys

Verw. J. Schoeman/0315

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Uniform Rule 49(11)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Uniform Rule 49(12)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.