Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Alberts v Prokureursorde van die Vrystaat (1996/2004) [2004] ZAFSHC 128 (6 September 2004)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the respondent, through its council, had validly resolved to declare the conveyancing examination of 12 May 2004 invalid and to cancel the results, including the applicant's. The respondent acted within its statutory powers to protect the integrity of the profession and the examination process. The applicant did not meet the statutory requirements for admission as a conveyancer, as the examination results were invalidated before his admission. Even if the respondent's decision was ultra vires, it remained effective until set aside. Therefore, the applicant's application for admission as a conveyancer could not succeed.

Court disposition

Application dismissed with costs.

Orders

  • The application for admission as conveyancer is dismissed.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

02

Material facts

Parties

Louis Francois Alberts

Applicant Counsel: Adv. S.J. Reinders

Prokureursorde van die Vrystaat

Respondent Counsel: Adv. B. Knoetze

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Application for Admission as Conveyancer Following Invalidation of Examination

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant argued that he had successfully completed the conveyancing examination as required by statute and was entitled to admission as a conveyancer. He contended that he was not involved in any irregularities regarding the examination and that the respondent should issue the necessary certificate. He further submitted that the respondent lacked the authority to invalidate the examination results and that the decision to do so was not properly taken by the competent body.
Respondent
The respondent maintained that the examination was declared invalid nationally due to irregularities, and as such, the results could not be recognized. The respondent argued that it had the authority, in terms of its statutory objectives and powers, to protect the integrity of the profession and the examination process, and that its council had properly resolved to invalidate the results and oppose the applicant's admission. The respondent further argued that even if its decision was ultra vires, it remained valid until set aside by a competent court.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 58, 59(k), and 60(1) of the Attorneys Act, No. 53 of 1979

    A professional body has the authority to take decisions necessary to uphold the integrity and standards of the profession, including invalidating examination results where irregularities occur.

  2. 02

    OUDEKRAAL ESTATES (PTY) LTD v CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS 2004 (3) ALL SA 1 (SCA)

    Even if a decision by a statutory body is ultra vires, it remains effective until set aside by a court.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the respondent, through its council, had validly resolved to declare the conveyancing examination of 12 May 2004 invalid and to cancel the results, including the applicant's. The respondent acted within its statutory powers to protect the integrity of the profession and the examination process. The applicant did not meet the statutory requirements for admission as a conveyancer, as the examination results were invalidated before his admission. Even if the respondent's decision was ultra vires, it remained effective until set aside. Therefore, the applicant's application for admission as a conveyancer could not succeed.

Obiter and limits

  • The court noted that all relevant communication regarding the invalidation of the examination was conducted between the respondent or the Law Society of South Africa and the applicant, not the examiners themselves.
  • The court remarked that the respondent's powers are sufficiently broad to include decisions necessary for the realization of its statutory objectives, including upholding the integrity of admission examinations.

Court disposition

Application dismissed with costs.

  • The application for admission as conveyancer is dismissed.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2004] ZAFSHC 128

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Aansoek No.: 1996/2004

In die aansoek van:

LOUIS FRANCOIS ALBERTS Applikant

en

PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT Respondent

CORAM: LOMBARD R et VAN DER MERWE R

UITSPRAAK: VAN

DER MERWE R

AANGEHOOR OP: 19 AUGUSTUS 2004

GELEWER OP: 6 SEPTEMBER 2004

[1] Die applikant in hierdie aansoek is ‘n prokureur toegelaat in hierdie Hof en wat as sulks praktiseer te Bloemfontein. Die respondent is die Prokureursorde vermeld in artikel 56(b) van die Wet op Prokureurs, no. 53 van 1979 (“die Wet”). Uit hoofde van die bepalings van artikel 57(1) van die Wet is die applikant ‘n lid van die respondent.

[2] Die applikant is op 23 September 1993 toegelaat as ‘n prokureur van hierdie Hof. Hy is op dieselfde datum ook toegelaat as ‘n notaris. Op 12 Mei 2004 het die applikant die eksamen met betrekking tot die reg, praktyk en prosedure van transportbesorging, soos bedoel in artikel 14(1)(e) van die Wet, afgelê. Hierdie eksamen is afgeneem deur vyf eksaminatore (“die eksaminatore”) wat deur die Regter- President vir daardie doel in hierdie Afdeling benoem is ingevolge die bepalings van artikel 14(1) van die Wet. Dit dien hier gemeld te word dat die respondent, tesame met die ander drie Prokureursordes in die Republiek van Suid-Afrika, die Black Lawyers Association en die National Association of Democratic Lawyers, lid is van die Law Society of South Africa (“LSSA”). Die LSSA het ‘n staande komitee op eksamens. Vir oorwegings van doelmatigheid is die eksamen ten opsigte van die reg, praktyk en prosedure van transportbesorging landwyd op 12 Mei 2004 afgelê op grond van ‘n vraestel deur die staande komitee op eksamens voorberei. Volgens die getuienis het 576 kandidate landwyd hierdie eksamen afgelê.

[3] Op 13 Mei 2004 het die eksaminatore ‘n sertifikaat van bekwaamheid aan die applikant uitgereik waarin gesertifiseer is dat die applikant geslaag het in die praktiese eksamen in artikel 14(1)(e) van die Wet voorgeskryf.

[4] Dit blyk dat een van die prokureurs wat die praktiese eksamen vir transportbesorgers op 12 Mei 2004 binne die gebied van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies afgelê het, ene mnr S.I. Mabena, gedurende die eksamen betrap is met die vraestel in sy besit en waarop antwoorde op sekere van die vrae verskyn het in die handskrif van meer as een persoon. By verdere ondersoek het dit geblyk dat Mabena die betrokke vraestel teen vergoeding bekom het by twee werknemers van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies. Daar was voldoende tyd tussen 6 Mei 2004 en 12 Mei 2004 om die vraestel wat by Mabena gevind is aan meerdere kandidate te versprei. Van hierdie gebeure was die respondent en die eksaminatore onbewus tot na uitreiking van die sertifikaat van bekwaamheid van 13 Mei 2004. Dit dien ook reeds hier baie duidelik gemeld te word dat daar geen sprake hoegenaamd is daarvan dat die applikant betrokke was by enige ongerymdheid met betrekking tot die vraestel en die eksamen nie. So is uitdruklik in die stukke sowel as gedurende argument namens die respondent aangedui. Teen 26 Mei 2004, toe die LSSA se staande komitee op eksamens hierdie aangeleentheid bespreek het, was die uitslae van die eksamen wat binne die respondent se gebied afgelê is, reeds bekend, maar was die vraestelle ten aansien van die ander drie Prokureursordes nog nie nagesien nie.

[5] Op 27 Mei 2004 het die raad van die LSSA, waarvan die president van die respondent ook ‘n lid is, vergader en hierdie insident bespreek. By daardie geleentheid is besluit dat die houding van die lede van die LSSA oor die aangeleentheid dringend vasgestel moet word. Voortspruitend hieruit het die raad van die respondent op 28 Mei 2004 ‘n besluit geneem wat soos volg genotuleer is:

“CONVEYANCING EXAMINATION: 12 MAY 2004

The President reported that this matter was discussed by the full Council of the Free State Law Society on the evening of 27 May 2004.

He then proceed to give background to the whole issue.

After further discussion it was resolved to convey the following to the Law Society of South Africa:

That there are strong views in the Council that the examination should not be rewritten;

Serious concerns be expressed that should the examination have to be rewritten, it will cause hardship to the successful candidates, in terms of specially the delaying progress in their careers and possible financial losses;

There is also the risk of successful candidates instituting legal proceedings against the Law Society;

However, without detracting from the above, it would be untenable to have the examination declared null and void in one centre and let it stand in another. Therefore, should in terms of the final report by the Law Society of the Northern Provinces, the recommendation be that the examination must be rewritten nationally, the Free State Council will align itself with such a recommendation.”

[6] Voortspruitend hieruit het die president van die respondent aan applikant en al die kandidate wat die betrokke eksamen in die Vrystaat afgelê het, ‘n skrywe gerig waarin die omstandighede verduidelik is en waarin die kandidate meegedeel is dat die respondent tot verdere kennisgewing geen erkenning aan die uitslae van die eksamen sal kan verleen nie. Op 7 Junie 2004 het die staande komitee op eksamens van die LSSA besluit dat die praktiese eksamen met betrekking tot transportbesorging van 12 Mei 2004 ongeldig verklaar word. Die respondent was verteenwoordig op die staande komitee op eksamens en die besluit is namens die eksaminatore ondersteun. Ook is besluit dat die eksamen herskryf sou word op 28 Julie 2004 sonder betaling van eksamenfooie. Die besluit is deur die LSSA self aanvaar of bekragtig soos blyk uit die persverklaring van die LSSA gedateer 9 Junie 2004.

[7] Applikant het egter volhard met sy aansoek om toelating as transportbesorger en het per skrywe gedateer 21 Junie 2004 as ‘n saak van dringendheid versoek dat die respondent aan hom ‘n sertikaat uitreik soos bedoel in artikel 19(2) van die Wet. Hierop het die respondent op 22 Junie 2004 onder andere soos volg geantwoord:

“In die lig van die feit dat geen erkenning aan die betrokke eksamen verleen kan word nie sal die Orde genoodsaak wees om die aansoek om toelating as transportbesorger gegrond op die eksamen wat op 12 Mei 2004 afgeneem is, te opponeer indien u daarmee sou voortgaan.”

Op 25 Junie 2004 het die raad van respondent ook formeel besluit dat op grond daarvan dat die betrokke eksamen ongeldig verklaar is en herskryf moes word, die applikant se aansoek om toelating teengestaan moet word.

[8] Die applikant doen nou aansoek vir sy toelating as transportbesorger, alternatiewelik vir ‘n bevel wat die respondent verplig om ‘n sertifikaat soos bedoel in artikel 19(3) van die Wet uit te reik. Die advokaat namens die applikant het na my oordeel heeltemal tereg toegegee dat indien die applikant se aansoek om toelating as transportbesorger nie toegestaan kan word nie, dit geen doel sou dien om die alternatiewe regshulp te verleen nie. Gesien teen bogemelde feitelike agtergrond moet gevolglik oorweeg word of die aansoek om toelating as transportbesorger toegestaan kan word.

[9] Artikel 18(1)(d) van die Wet bepaal dat iemand as transportbesorger toegelaat kan word indien hy die Hof onder andere oortuig daarvan dat hy in die praktiese eksamen voorgeskryf deur artikel 14(1)(e) van die Wet geslaag het of kragtens die bepalings van die Wet daarvan vrygestel is. Indien die betrokke praktiese eksamen en gevolglik die resultate daarvan deur ‘n bevoegde liggaam ongeldig verklaar word voor toelating van ‘n applikant as transportbesorger, word na my oordeel ‘n sertifikaat van bekwaamheid wat reeds uitgereik is noodwendig ook ongeldig verklaar en van nul en gener waarde en voldoen daardie applikant dan nie aan die bepalings van artikel 18(1)(d) van die Wet nie.

[10] Namens die respondent is aangevoer dat alhoewel al die liggame wat moontlik ‘n belang by die aangeleentheid kon hê, insluitende die respondent, besluit het dat die eksamen ongeldig verklaar word, die bevoegdheid om die eksamen en die uitslag daarvan ongeldig te verklaar inderwaarheid in die eksaminatore gesetel het en dat die eksaminatore wel sodanige besluit geneem het. Ek is op die totaliteit van die getuienis nie daarvan oortuig dat die eksaminatore doelbewus en onafhanklik van die respondent ‘n besluit geneem het om die betrokke eksamen ongeldig te verklaar nie. Dit kom my veel eerder en waarskynlik voor dat die eksaminatore dit eens was met voorgestelde optrede deur die LSSA se staande komitee op eksamens en die respondent. Geen notule van ‘n vergadering van die eksaminatore of ‘n skriftelike besluit van hulle te dien effekte vorm deel van die getuienis nie. Verder is dit duidelik dat die eksaminatore geensins met die betrokke kandidate en applikant gekommunikeer het nie. Soos ook blyk uit die voormelde, het alle tersaaklike kommunikasie plaasgevind tussen die respondent of die LSSA en die applikant. Vanweë die gevolgtrekkings wat ek hierin bereik het is dit nie nodig om te beslis óf en in watter omstandighede die eksaminatore ‘n eksamen deur hulle afgeneem en die resultate daarvan ongeldig kan verklaar nie.

[11] Ek is egter daarvan oortuig dat die respondent, verteenwoordig deur sy raad, inderdaad besluite geneem het wat die effek het dat die eksamen ongeldig verklaar word en die resultate daarvan gekanselleer word. Die raad van die respondent het reeds op 28 Mei 2004 besluit dat dit onhoudbaar sou wees indien die eksamen ongeldig verklaar sou word in een gebied maar nie in ander nie. Daarom is as’t ware in antisipasie besluit dat sou aanbeveel word dat die eksamen landwyd herskryf moet word, die respondent die aanbeveling sal volg. Dit blyk uit die voormelde dat aldus aanbeveel is, deur die LSSA met die instemming van die respondent besluit is en dat die respondent op 25 Junie 2004 besluit het om op daardie grondslag die applikant se aansoek teen te staan en dit inderdaad gedoen het. Ten spyte van die betoog namens die applikant tot die teendeel, is ek tevrede dat die getuienis nie anders verstaan kan word as dat die respondent besluit het om die betrokke eksamen ongeldig te verklaar en die resultate daarvan nie te erken nie.

[12] Ek is ook daarvan oortuig dat die respondent inderdaad oor die bevoegdheid beskik om sodanige besluit te neem. Die oogmerke van die respondent word uiteengesit in artikel 58 van die Wet. Dit sluit in om die prestige, status en waardigheid van die prokureursberoep te handhaaf en om die beoefening van die beroep te reël. Ook behels dit om met alle aangeleenthede betreffende die belange van die beroep te handel en om daardie belange te beskerm, om die integriteit van praktisyns te handhaaf en om die standaarde van kwalifikasies van praktisyns te handhaaf en te verbeter. Om die geldigheid en integriteit van toelatingseksamens van praktisyns te handhaaf, val na my oordeel noodwendig binne die oogmerke van die respondent. Die bevoegdhede van die respondent sluit in, kragtens artikel 59(k) van die Wet, om oor die algemeen enigiets te doen wat nodig is of bevorderlik is vir die verwesenliking van die oogmerke van die respondent. Hierdie bevoegdhede is duidelik wyd genoeg om die besluit wat respondent geneem het, in te sluit. Ingevolge artikel 60(1) van die Wet word die sake van die respondent bestuur en beheer deur sy raad wat, onderworpe aan ‘n beperking wat hier nie van toepassing is nie, die bevoegdhede van die raad kan uitoefen.

[13] Dit dien volledigheidshalwe gemeld te word dat al sou die respondent se besluit as ultra vires beskou word, die aansoek steeds moet misluk op die basis dat selfs só ‘n besluit geldend bly totdat dit tersyde gestel is. Sien

OUDEKRAAL ESTATES (PTY) LTD v CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS 2004 (3) ALL SA 1 (SCA).

[14] Dit volg dat na my mening die applikant se aansoek om toelating as transportbesorger nie kan slaag nie. Namens respondent is versoek dat applikant beveel word om die koste van die aansoek te betaal. Ek meen dat daar geen grondslag of rede is waarom die respondent, as suksesvolle party, koste ontneem moet word nie.

[15] Gevolglik word die aansoek van die hand gewys met koste.

________

C.H.G. VAN DER MERWE, R

EK STEM SAAM:

____

D.J. LOMBARD, R

Namens Applikant: Adv. S.J. Reinders

i.o.v.

Pike & Alberts Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Namens Respondent: Adv. B. Knoetze

Symington en De Kok

/ec

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

OUDEKRAAL ESTATES (PTY) LTD v CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS 2004 (3) ALL SA 1 (SCA)

Case cited

Attorneys Act, No. 53 of 1979

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.