Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Anthonissen en Anders v Minister van Minerale Hulp-Bronne en Anders (1759/2010) [2012] ZANCHC 56 (12 October 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the central dispute is whether AMMOSAL abandoned its ownership of the residual manganese ore. Conflicting statements from AMMOSAL directors created a material dispute of fact that could not be resolved on the papers. No affidavits from AMMOSAL representatives were filed to clarify the company's position. The court held that the applicants could not have foreseen this dispute, as the contradictory letter only emerged during the filing of opposing papers. In the interests of justice, the matter was referred to oral evidence to resolve the single issue of ownership. No costs order was made, with costs reserved for later determination.

Court disposition

Application postponed sine die and referred to oral evidence on the issue of ownership of the residual manganese ore.

Orders

  • The application is postponed sine die.
  • The following issue is referred to oral evidence: Whether The Associated Manganese Mines of South Africa Limited abandoned its ownership of the residual manganese ore on Perth No. 276, Kuruman, Northern Cape, or remains the owner thereof.
  • Leave is granted to the parties to approach the court for directions regarding procedural matters necessary for the adjudication of the factual dispute.
  • No order as to costs; costs are reserved for later determination.

02

Material facts

Parties

Ebenhaeser Zikmann Anthonissen

Applicant Counsel: Adv. W.J. Coetzee

Anna Sophia Anthonissen

Applicant Counsel: Adv. W.J. Coetzee

FMC Minerals BK

Applicant Counsel: Adv. W.J. Coetzee

Minister van Minerale Hulp-Bronne

Respondent Counsel: Adv. Wesley

Die Streekbestuurder, NK Provinsie: Departement van Minerale Hulp-Bronne

Respondent

Assmang Beperk

Respondent

Sebilo Resources (Edms) Bpk

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Application / Referral for Oral Evidence on Disputed Ownership

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicants contend that AMMOSAL, having ceased mining operations, abandoned its ownership of the residual manganese ore on Perth No. 276. They rely on documentation indicating that a director of AMMOSAL declared the company had relinquished its rights to the ore, thereby vesting ownership in the applicants at the time of property registration.
Respondent
The fourth respondent asserts that the second respondent lawfully issued a prospecting permit, entitling it to mine on the property. It relies on a letter from an AMMOSAL director stating that AMMOSAL did not abandon its ownership of the residual ore, and that the fourth respondent was entitled to apply for authorization to mine the ore.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Common law principles of property

    Ownership of minerals remains with the holder unless there is clear evidence of abandonment.

  2. 02

    Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T)

    Where a material dispute of fact arises on affidavit, the matter may be referred to oral evidence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the central dispute is whether AMMOSAL abandoned its ownership of the residual manganese ore. Conflicting statements from AMMOSAL directors created a material dispute of fact that could not be resolved on the papers. No affidavits from AMMOSAL representatives were filed to clarify the company's position. The court held that the applicants could not have foreseen this dispute, as the contradictory letter only emerged during the filing of opposing papers. In the interests of justice, the matter was referred to oral evidence to resolve the single issue of ownership. No costs order was made, with costs reserved for later determination.

Obiter and limits

  • The court noted that neither party availed themselves of the opportunity to submit further heads of argument on why the dispute should not be referred to oral evidence.
  • The applicants were not expected to anticipate the factual dispute, given the timing of the contradictory evidence.

Court disposition

Application postponed sine die and referred to oral evidence on the issue of ownership of the residual manganese ore.

  • The application is postponed sine die.
  • The following issue is referred to oral evidence: Whether The Associated Manganese Mines of South Africa Limited abandoned its ownership of the residual manganese ore on Perth No. 276, Kuruman, Northern Cape, or remains the owner thereof.
  • Leave is granted to the parties to approach the court for directions regarding procedural matters necessary for the adjudication of the factual dispute.
  • No order as to costs; costs are reserved for later determination.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2012] ZANCHC 56

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Saakno: / Case number: 1759 / 2010

Datum verhoor: / Date heard: 29 / 08 / 2012

Datum gelewer: / Date delivered: 12 / 10 / 2012

In die aansoek tussen:

EBENHAESER ZIKMANN ANTHONISSEN ........Eerste Applikant

ANNA SOPHIA ANTHONISSEN ....................Tweede Applikant

FMC MINERALS BK ........................................Derde Applikant

en

MINISTER VAN MINERALE HULP-

BRONNE

...................................................Eerste Respondent

DIE STREEKBESTUURDER, NK PROVINSIE:

DEPARTEMENT VAN MINERALE HULP-

BRONNE .................................................Tweede Respondent

ASSMANG BEPERK .....................................Derde Respondent

SEBILO RESOURCES (EDMS) BPK ..............Vierde Respondent

Coram: Lacock,

R

UITSPRAAK

Lacock, R

In hierdie aangeleentheid doen die applikante aansoek vir die volgende regshulp:

“1. Dat verklaar word dat die eerste en tweede applikante die eienaars geword het en steeds is van alle ontginde mangaandraende erts wat tans op die plaas Perth Nr 276, geleë in die distrik van Kuruman, is.

2. Dat verklaar word dat geen persoon of instansie anders dan die applikante of persone wat namens hul daarmee handel, enige reg of aanspraak het op die voormelde ontginde mangaandraende erts nie.

3. Dat verklaar word dat die applikante geregtig is om vry van die beperkings vervat in Artikel 20 van Wet 28 van 2002, te handel met voormelde erts, wat insluit die reg om die erts van die betrokke plaas te verwyder”,

en koste.

In wese beweer die applikante dat ‘n entiteit genaamd “The Associated Manganese Mines of South Africa Limited” (AMMOSAL) kragtens ‘n geldige mynreg, mangaan gemyn het op die tersaaklike eiendom, maar, nadat mynbedrywighede deur AMMASOL gestaak is, laasgenoemde hul eiendomsreg op die uitskot ontginde erts geabandoneer het; en dat hulle (die applikante) ten tye van die registrasie van eiendomsreg van die tersaaklike eiendom in die naam van die derde applikant, eienaars van daardie uitskot erts geword het.

Voorts word beweer dat die vierde respondent en andere deur die vierde respondent tans besig is met mynbedrywighede op die tersaaklike eiendom en dat sodanige betreding van die eiendom sowel as die mynbedrywighede daarop tans onregmatig geskied.

Die vierde respondent daarenteen beweer dat die tweede respondent ‘n geldige prospekteer permit aan hom uitgereik het en waarkragtens hy geregtig is om aldaar te myn.

Die primêre geskil tussen die partye setel om die vraag naamlik of AMMASOL sy eiendomsreg in die uitskot erts abandoneer het, en of AMMASOL steeds die eienaar is van sodanige uitskot erts. In hierdie verband steun die applikante aan die een kant op dokumentasie waarkragtens ‘n direkteur van AMMASOL te kenne gegee het dat die maatskappy sy eiendomsreg in die uitskot erts abandoneer het; terwyl die vierde respondent aan die ander kant eweneens steun op ‘n skrywe van ‘n direkteur van AMMASOL en waarin hierdie persoon aandui dat AMMASOL nie sy eiendomsreg in die uitskot erts abandoneer het nie, en dat die vierde respondent vervolgens geregtig daarop was om aansoek te doen vir ‘n magtiging vir die ontginning van daardie erts.

Uit die voorgaande is dit dus duidelik dat die wese van hierdie geskil daarin geleë is of AMMASOL sy eiendomsreg in en tot die uitskot erts abandoneer het, aldan nie. Die advokate vir die onderskeie partye is dit eens dat, indien AMMASOL inderdaad sy eiendomsreg in die uitskot abandoneer het, die applikante geregtig sal wees op die regshulp soos versoek. Die vraag of AMMASOL sy eiendomsreg in die uitskot erts abandoneer het, sal eweneens deurslaggewend wees vir die verdere vraag naamlik of die tweede respondent regmatiglik ‘n mynpermit aan die vierde respondent kon uitreik.

In die lig van die teenstrydige mededelinge van verskillende direkteure van AMMASOL, is dit ooglopend dat hier ‘n feite dispuut ontstaan het wat nie op die stukke beslis kan word nie. Geeneen van die partye het ook ‘n eedsverklaring van enige verteenwoordiger van AMMASOL geliasseer ter ondersteuning van die een of die ander standpunt van daardie maatskappy nie.

Uit hoofde van die voorgaande het ek, nadat argument in hierdie aangeleentheid aangehoor is, ‘n geleentheid aan die regsverteenwoordigers van die partye gebied om aan my addisionele betoogshoofde voor te lê (indien hulle so verkies) waarom hierdie geskilpunt nie na getuienis verwys behoort te word nie. Geeneen van die partye het egter van hierdie geleentheid gebruik gemaak nie.

Na my mening kan nie gesê word dat die applikante hierdie feite-dispuut moes voorsien het nie. Duidelik het die brief, teenstrydig met dié waarop die applikante gesteun het, vir die eerste keer onder hul aandag gekom tydens die liasseer van die opponerende stukke. Aangesien die antwoord op al die vraagstukke hierin ter sake sentreer rondom die vraag naamlik wie tans die eienaar van die uitskot erts is; dit wil sê of AMMASOL sy eiendomsreg daarin abandoneer het, aldan nie, is ek daarvan oortuig dat dit in belang van geregtigheid is dat hierdie aangeleentheid na getuienis verwys word vir die ontrafeling van hierdie enkele geskilpunt.

Uit hoofde van die voorgaande word die volgende bevel hierin verleen:

DIE AANSOEK WORD SINE DIE UITGESTEL.

DIE VOLGENDE GESKILPUNT WORD NA GETUIENIS VERWYS:

“HET “THE ASSOCIATED MANGANESE MINES OF SOUTH AFRICA LIMITED” SY

EIENDOMSREG IN DIE UITSKOT MANGAANERTS OP DIE EIENDOM

BEKEND AS DIE PLAAS “PERTH NOMMER 276, GELEë IN DIE AFDELING KURUMAN, PROVINSIE NOORD-KAAP, GROOT 1991.5297 HEKTAAR, ABANDONEER, OF IS DIE

VOORMELDE MAATSKAPPY STEEDS DIE EIENAAR VAN SODANIGE UITSKOT MANGAANERTS?”

VERLOF WORD AAN DIE PARTYE VERLEEN OM HIERDIE HOF TE NADER, INDIEN HULLE SO VERKIES, VIR ENIGE REëLING TEN AANSIEN VAN PROSEDURELE

AANGELEENTHEDE WAT NODIG MAG WEES VIR DIE BEREGTING VAN DIE VOORMELDE FEITE GESKIL.

GEEN BEVEL TEN AANSIEN VAN KOSTE WORD GEMAAK NIE, EN SAL OORSTAAN VIR LATERE BEREGTING.

____

Lacock, R

REGTER

Namens Applikante: Adv. W.J. Coetzee i.o.v. De Jager Prokureurs

Namens 1ste Respondent: Adv. Wesley i.o.v. Van de Wall en Vennote

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949 (3) SA 1155 (T)

Case cited

Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 of 2002

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.