August v Landdros vir die Distrik Hopetown and Another (821/07) [2008] ZANCHC 32 (23 April 2008)
The High Court declined to intervene in the ongoing criminal proceedings, finding that the review application was premature and did not meet the high threshold for interlocutory review. The magistrate's decision to admit the video and audio evidence was interlocutory and could be revisited during the trial. The...
Source-derived case information.
- Citation
- [2008] ZANCHC 32
- Parties
- Applicant: Andrew August; Respondent: Landdros vir die Distrik Hopetown; Respondent: Direkteur van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 821/07
- Procedural Posture
- Review Application / Interlocutory Review During Pending Criminal Trial
- Outcome
- Application dismissed as premature; criminal trial to resume before the magistrate.
- Judges
- MAJIEDT R, LACOCK R
- Legal Topics
- Admissibility of Evidence, Review of Magistrate Decision, Interlocutory Orders, Video and Audio Recordings, Constitutional Rights, Discretion of Trial Court
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Andrew August
Applicant
Landdros vir die Distrik Hopetown
Respondent
Direkteur van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap
Respondent
Procedural Posture
Review Application / Interlocutory Review During Pending Criminal Trial
Legal Issues
- 1 Whether the High Court should intervene by way of review in ongoing criminal proceedings to set aside the magistrate's interlocutory decision admitting video and audio evidence.
- 2 Whether the admission of the video recording with accompanying audio constitutes a grave and irreversible violation of the applicant's constitutional rights.
- 3 Whether the magistrate properly exercised discretion under section 252A of the Criminal Procedure Act and section 35(5) of the Constitution.
Ratio Decidendi
The High Court declined to intervene in the ongoing criminal proceedings, finding that the review application was premature and did not meet the high threshold for interlocutory review. The magistrate's decision to admit the video and audio evidence was interlocutory and could be revisited during the trial. The applicant would not suffer irreversible prejudice, as he could be acquitted or appeal any conviction, raising the alleged irregularities at that stage. The magistrate had discretion under section 252A of the Criminal Procedure Act and section 35(5) of the Constitution to admit the evidence, and there was no basis for the High Court to interfere at this stage. The application was...
Court Disposition
Application dismissed as premature; criminal trial to resume before the magistrate.
Orders
- The applicant's review application is dismissed.
- The criminal trial before the District Magistrate at Hopetown must resume as soon as possible.
Full Case Text
Judgment text and source record
69 paragraphs
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saaknommer: 821/07
Datum Verhoor: 2008-05-16
Datum Gelewer: 2008-05-23
In die saak van:
ANDREW AUGUST APPLIKANT
versus
DIE LANDDROS VIR DIE DISTRIK HOPETOWN EERSTE RESPONDENT
DIE DIREKTEUR VAN OPENBAREVERVOLGINGS, NOORD-KAAP TWEEDE RESPONDENT
Coram: MAJIEDT R et LACOCK R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Hierdie is ‘n aansoek vir die hersiening en tersydestelling van ‘n beslissing van die eerste respondent, naamlik dat sekere betwiste getuienis toelaatbaar is. Die hersieningsaansoek word gebring midde-in die strafverhoor, welke verrigtinge opgeskort is hangende die beregting van hierdie hersieningsaansoek. Slegs die tweede respondent bestry die aansoek.
Die applikant staan tereg in die voormelde verhoor in Hopetown se distrikshof op twee aanklagte van handel in dwelmmiddels.
Die toelaatbaarheid van sekere getuienis wat die Staat wou aanbied teen die applikant was die onderwerp van ‘n binneverhoor voor die eerste respondent ten einde te bepaal of die getuienis toelaatbaar is aldan nie.
Die applikant het aangevoer by die aanvang van die verhoor dat sekere lokval getuienis ontoelaatbaar is, aangesien die bepalings vervat in art 252A van Wet 51 van 1977 (”die Strafproseswet) nie nagekom is nie en omrede sekere van sy grondwetlike regte geskend is. Die beswaar aangaande die skending van die applikant se regte handel ondermeer oor die toelating as getuienis van ‘n video-opname waarby klank ook opgeneem is.
In die binneverhoor het die Staat drie getuies geroep wat almal destyds lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was en gemoeid was met ‘n geheime
operasie teen dwelmhandelaars met die projeknaam van “OPERASIE DIMPIMPI”. Die applikant het nie getuig nie en het ook geen getuies geroep nie. Na die aanhoor van die voormelde getuienis het die eerste
respondent bevind dat die video opname sowel as die gepaardgaande meeluistering, wel toelaatbare getuienis daarstel.
Die hersieningsaansoek voor ons handel bloot oor die toelating van die video-opname met gepaardgaande meeluistering, alhoewel die binneverhoor gehou was om oor die toelaatbaarheid van die lokval getuienis in die geheel te beslis.
Namens die applikant het Mnr. Nel, wat ook vir hom verskyn het tydens die verrigtinge in die Hof a quo, volledige betoog voorgehou waarom die landdros se beslissing hersienbaar is en tersyde gestel behoort te word. In wese en bondig
opgesom kom sy betoog daarop neer dat die eerste respondent ‘n growwe onreëlmatigheid begaan het deur nie sy diskresie
regterlik uit te oefen nie deur te beslis dat ontoelaatbare getuienis wel toegelaat behoort te word. Mnr. Nel het aan die hand
gedoen dat die video opnames met gepaardgaande meeluistering in stryd met die bepalings vervat in die Wet op die Verbod op
Onderskepping en Meeluistering, Wet 127 van 1992 en die Grondwet, Wet 108 van 1996, geskied het. Laastens het Mnr. Nel aangevoer dat indien hierdie Hof nie op hersiening inmeng en die eerste respondent se beslissing tersyde stel nie, die applikant onherstelbaar benadeel sal word.
Mnr. Cloete, namens die tweede respondent, het ‘n heeltemal ander benadering ingeneem en het in sy betoogshoofde glad nie submissies gemaak aangaande die meriete van die aansoek self nie. Hy het eerder daarop gewys en volledige betoog voorgehou dat die applikant se aansoek voortydig is en dat die onderhawige geval nie een is waar by wyse van hoë uitsondering ingegryp behoort te word deur ‘n hoër hof terwyl ‘n verhoor nog aan die gang is in ‘n laer hof nie. Hy het ook aan die hand gedoen dat, indien hierdie Hof nie die applikant tegemoet kom in sy hersieningsaansoek nie, dit nie tot ‘n onomkeerbare regskending sal lei nie. Tydens mondelinge betoog en op ons versoek, het Mnr. Cloete wel gehandel met die meriete van die aansoek.
Uit hoofde van sy inherente hersieningsbevoegdheid om onreëlmatighede in laer howe te voorkom, het ‘n Hooggeregshof die bevoegdheid om in te meng by onafgehandelde strafverrigtinge in ‘n laer hof by wyse van hersiening waar dit andersins tot ‘n onomkeerbare en ernstige regskending mag lei. Ogilvie Thompson AR stel dit só in die leidende gesag op dié aspek, naamlik Wahlhaus v Additional Magistrate, Johannesburg 1959(3) SA 113(A) te 119H:
“It is true that, by virtue of its inherent power to restrain illegalities in inferior courts, the Supreme Court may, in a proper case, grant relief – by way of review, interdict, or mandamus – against the decision of a magistrate’s court given before conviction.”
Hierdie bevoegdheid word egter slegs by hoë uitsondering uitgeoefen en die toets is:
“… Of dit onregverdig (is) en tot onherstelbare nadeel van ‘n beskuldigde sal wees om toe te laat dat die saak tot ‘n einde
gevoer word,”
per Rose-Innes R in: S v Claassen 1998(1) SACR 317(C) te 322 d-e.
In S v Attorney General, Western Cape: S v Regional Magistrate Wynberg and another 1992(2) SACR 13(C) te 22 e-f, word dit as volg gestel:
“…….The proper approach ……. is to consider whether the applicant has made out a case for departing from the general rule
that it is undesirable in criminal proceedings to entertain appeals and/or reviews before the trial has been concluded. To put the same test in different terms: is this one of those rare cases where grave injustice might otherwise result if we do not interfere before criminal proceedings have been finalised or where justice might not by other means be attained?”
Sien verder in dié verband: Mendes and another v Kitching NO and another 1996(1) SA 259(E) te 269 A-B waar die geleerde Regter daarop wys dat ‘n beskuldigde wat verontreg voel se normale remedie eerder daarin lê
om die gewaande onreëlmatigheid na skuldigbevinding by wyse van appél in hoër beroep te neem, eerder as om in die middel van strafverrigtinge hom te wend na die Hooggeregshof op hersiening.
In ‘n ongerapporteerde beslissing van hierdie Afdeling, per Kgomo RP en Olivier WnR (soos hy toe was), naamlik Herman Zürich v Regional Court Magistrate Upington and another, saaknommer 116/02, gelewer op 26 September 2003, is die voormelde beginsel ook in hierdie Afdeling bevestig.
Vergelyk verder ook die onlangse beslissing van Mngomezulu v National Director of Public Prosecutions 2008(1) SACR 105 (SCA) te par [12] en par [13] (112 e- 113 e), waar dieselfde algemene beginsel nagevolg is in die konteks van ‘n
aangevraagde verklarende bevel wat hangende strafregtelike verrigtinge affekteer.
Ek is dit eens met Mnr. Cloete dat hierdie hersieningsaansoek voortydig is en dat dit nie een van daardie hoë uitsonderingsgevalle is waar hierdie Hof behoort in te meng met onafgehandelde verrigtinge in ‘n laer hof nie. Ek kom tot dié bevinding, omrede ek die mening toegedaan is dat daar nie gesê kan word op die stukke voor ons dat versuim om in te gryp sal lei tot ‘n onomkeerbare en ernstige regskending tot benadeling van die applikant nie. Daar kan na my mening nog nie op hierdie stadium sprake wees van ‘n onomkeerbare regskending nie, aangesien:
a) Die eerste respondent sy beslissing, wat immers bloot interlokutoor is, kan verander in die loop van die verhoor;
b) Die applikant kan bes moontlik onskuldig bevind word aan die einde van die saak;
c) Die applikant kan, indien hy skuldig bevind word, appelleer en onder andere hierdie beweerde onreëlmatighede wat die onderwerp van die binneverhoor gevorm het, in hoër beroep neem.
In die omstandighede dus behoort ons nie die applikant op hierdie stadium tegemoet te kom in sy aansoek dat ons die verrigtinge a quo hersien en tersyde stel nie.
Daar is ‘n verdere grond waarom die aansoek nie kan slaag nie. Soos Mnr. Cloete tereg aangedui het, het die eerste respondent ‘n diskresie gehad om die bepaalde getuienis toe te laat. Sodanige diskresie spruit nie alleen uit hoofde van art 252A(3) van die Strafproseswet nie, maar ook in terme van die bepalings vervat in art 35(5) van die Grondwet, Wet 108 van 1996.
Sien in dié verband: Key v Attorney General Cape Provincial Division and another 1996(2) SACR 113(CC) te 120h – 121b.
Sien ook: S v Khan 1997(2) SACR 611(SCA) te 618 b-d;
S v Khuzwayo 2002(1) SASV 24(NK) te 27 f-i.
In S v Du Toit en andere (1) 2005(2) SASV 367(T) is die onderskeid tussen sogenaamde deelnemende meeluistering en derdeparty meeluistering breedvoerig bespreek aan die hand van die vroeëre beslissing in S v Kidson 1999(1) SASV 338 (W).
In die onderhawige geval het ons te make met sogenaamde deelnemende meeluistering wat beteken dat dit selfs van groter belang is dat ‘n Hof ‘n diskresie uitoefen by bepaling van die toelaatbaarheid van getuienis al dan nie, wanneer ons te make het met meeluistering.
Ek meen dat Mnr. Cloete korrek is in sy betoog dat die eerste respondent toegelaat moet word om ongehinderd voort te gaan met die uitoefening van sy diskresie totdat die saak voltooi is en dat dit nie gepas sal wees om nou op hierdie stadium, terwyl die aangeleentheid deelsverhoor is, met sodanige diskresie in te meng nie.
Ter samevatting dus is ek die mening toegedaan dat die applikant se aansoek nie kan slaag nie, omrede dit voortydig is en op ‘n onbehoorlike
inmenging met die verhoorlanddros se diskresie sou neerkom. Die voormelde bevindinge maak dit onnodig om met die meriete van die aansoek te handel. Daar word geen kostebevel aangevra nie, aangesien Mnr. Cloete, ‘n lid van die tweede respondent se personeelkomponent, self die aangeleentheid namens die tweede respondent beredeneer het.
Ek reik die volgende bevel uit:
A. DIE APPLIKANT SE AANSOEK WORD VAN DIE HAND GEWYS.
B. DIE STRAFVERHOOR VOOR DIE DISTRIKSLANDDROS TE HOPETOWN MOET SO GOU DOENLIK HERVAT WORD.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam.
HJ LACOCK
Namens Applikant : Adv I Nel
In opdrag van : Hugo Mathewson en Oosthuisen Ing
Namens Tweede Respondnet : Adv JJ Cloete