Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Auto Vita v Monumental Art Co (340/89) [1991] ZASCA 28 (26 March 1991)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the oral agreement between the parties required the appellant to pay the respondent the sale price of the Mercedes upon receipt from the purchaser. The evidence established that the full price was agreed and that the post-dated cheque for R17,500 was issued to discharge the remaining obligation. The appellant's explanations for the extra R500 and the stoppage of payment were rejected as implausible and unsupported by the facts. The court accepted the respondent's version and the credibility findings of the trial judge, holding that the appellant was not entitled to stop payment on the cheque and was contractually bound to pay the respondent. The appeal was dismissed with costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Auto Vita

Appellant

Monumental Art Co

Respondent

Amounts and remedies

  • Claim Amount: ZAR 17,500
  • Partial Payment: ZAR 25,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Trial Court Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the sale price of the Mercedes was not fully paid by the purchaser, and therefore no obligation arose to pay the respondent the balance of R17,500. The appellant contended that there was no valid causa for the post-dated cheque and that no valid bill of exchange contract was created as required by sections 25(1) and (2) of the Bills of Exchange Act. The appellant denied breach of contract, negligence, and the existence of any oral agreement to pay the sum within a week.
Respondent
The respondent maintained that the oral agreement stipulated payment of the sale price upon receipt by the appellant, and that the post-dated cheque for R17,500 was issued in fulfilment of this obligation. The respondent asserted that the appellant had no right to stop payment on the cheque and that the full sale price had been agreed and was due. The respondent relied on the credibility of its witnesses and the factual context supporting the existence and terms of the contract.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Auto Vita v Monumental Art Co (340/89) [1991] ZASCA 28

    The intention of contracting parties in an oral contract is determined by considering the nature of the contract, the language used, and the factual context surrounding its conclusion.

  2. 02

    Bills of Exchange Act 34 of 1964

    A valid bill of exchange requires a lawful causa and consideration as stipulated in sections 25(1) and (2) of the Bills of Exchange Act 34 of 1964.

  3. 03

    Auto Vita v Monumental Art Co (340/89) [1991] ZASCA 28

    A party is not entitled to stop payment on a cheque issued in fulfilment of a contractual obligation unless there is a lawful basis for doing so.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the oral agreement between the parties required the appellant to pay the respondent the sale price of the Mercedes upon receipt from the purchaser. The evidence established that the full price was agreed and that the post-dated cheque for R17,500 was issued to discharge the remaining obligation. The appellant's explanations for the extra R500 and the stoppage of payment were rejected as implausible and unsupported by the facts. The court accepted the respondent's version and the credibility findings of the trial judge, holding that the appellant was not entitled to stop payment on the cheque and was contractually bound to pay the respondent. The appeal was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The court noted that the appellant's claim that the extra R500 was a gratuitous payment was wholly unconvincing and did not merit consideration.
  • It was unlikely that the respondent would have agreed to wait an indefinite period for payment, contrary to the appellant's assertions.
  • The appellant was found to be a poor witness, and there was no reason to interfere with the trial court's credibility findings.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1991] ZASCA 28

EB Saaknommer 340/89 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÊLAFDELING) In die saak tussen:

AUTO VITA AppellantenMONUMENTAL ART CO Respondent

Coram: HEFER, STEYN et GOLDSTONE, ARR Verhoor: 1 Maart 1991 Verhoor: 26 Maart 1991

UITSPRAAK

1

STEYN AR:

Appellant is 'n firma. Dit dryf handel onder die naam Auto Vita as 'n motorhandelaar, hoofsaaklik in gebruikte motors, te Goodwood, Kaap. Die alleeneienaar daarvan is G J Maree ("Maree"). Respondent is 'n vennootskap. (Daar sal daarna verwys word as "die vennootskap"). Dit doen sake te Maitland, Kaap, as grafsteenmaker en ook in die boubedryf. Die vennote is 'n vader en sy twee seuns. Hulle is onderskeidelik Jacob Ignatius Maritz, Daniel Jacobus (die oudste seun), en Dawie. Daar sal vervolgens na hulle verwys word as Maritz snr, Kobus en Dawie.

Die vennootskap het in die Kaapse Provinsiale Afdeling voorlopige vonnis teen appellant aangevra vir betaling van die som van R17 500. Die eis was gegrond op appellant se tjek gedateerd 29 Oktober 1986 vir daardie2 bedrag. Die tjek was betaalbaar áan die vennootskap, maar betaling daarvan is gestop. Appellant het die aansoek teengestaan. Voorlopige vonnis is geweier en die Hof het gelas dat die voorlopige vonnis dagvaarding dien as dagvaarding in die hoofgeding. In die vennootskap se gewysigde besonderhede van vordering is daar 'n hoofeis en drie alternatiewe eise. Die hoofeis is gegrond op voormelde tjek. Die eerste en tweede alternatiewe eise is onderskeidelik gegrond op kontrakbreuk en nalatigheid; in albei word skadevergoeding ten bedrae van R17 500 gevorder. Die derde alternatiewe eis is gegrond op die verbreking deur appellant van 'n beweerde mondelinge ooreenkoms tussen die partye te Goodwood aangegaan op 29 Oktober 1986 waarkragtens appellant onderneem het om binne 'n week van gemelde datum die som van R17 500 aan die vennootskap te betaal. Hierdie eise is gegrond op of hou verband met, 'n mondelinge ooreenkoms aangegaan tussen die partye gedurende3 September 1986 waarkragtens appellant 'n sekere Mercedes 450 SLC motorkar namens die vennootskap verkoop het. Dit is gemene saak tussen die partyé dat een van die terme van die ooreenkoms was dat die verkoopprys van die

Mercedes aan die vennootskap betaalbaar sou wees "wanneer die Mercedes verkoop word en [appellant] betaling daarvoor ontvang". Appellant se verweer teen die hoofeis was dat die motor wel verkoop is maar dat die verkoopprys nie ten volle betaal is nie en dat daar gevolglik geen verpligting op appellant rus om die gemelde bedrag te betaal nie omdat daar geen iusta causa vir die vooruitgedateerde tjek bestaan het nie of geen geldige wisselkontrak daardeur ontstaan het soos in artikels 25 (1) en (2) van die Wisselwet no 34 van 1964 ("die Wet") bedoel nie, toe die tjek oorhandig was aan die vennootskap; met ander woorde dat daar weens die feit dat die hele verkoopprys nie deur appellant ontvang is nie, geen geldwaardige teenprestasie vir die tjek was soos deur art 254 (1) van die Wet vereis nie. Ten aansien van die voormelde alternatiewe eise het appellant ontken dat dit kontrakbreuk gepleeg het of nalatig was of dat daar 'n mondelinge ooreenkoms aangegaan was soos in die derde alternatiewe vordering beweer. In die hoofgeding het die voornoemde drie Maritze namens die vennootskap getuig en Maree namens appellant. Seligson Wn R het die weergawe van Maritz snr soos aangevul deur die getuienis van Kobus en Dawie aanvaar en dié van Maree verwerp. Hy het uitspraak gegee ten gunste van die vennootskap op die hoofeis en het dit onnodig gevind om met die alternatiewe eise te handel. Met verlof van die geleerde verhoorregter kom appellant nou in hoër beroep teen voormelde uitspraak.

Die wesenlike feite is soos volg. Kobus en Dawie was elk die besitter van 'n 1980 model Mercedes 450 SLC motorkar, maar dié motors was in die naam van die vennootskap5 geregistreer. Dié motors is 'n uitsonderlike en duur tipe. Die vennootskap het hulle gedurende 1985 op huurkoop aangekoop as gebruikte motors. Gedurende September-November 1986 was 'n substansiële bedrag nog op die voertuie aan Wesbank verskuldig. Indien die vennootskap enige van die voertuie gedurende gemelde tydperk sou verkoop sou die balans koopprys daarop verskuldig onverwyld aan Wesbank betaal moes word ter aflossing van die betrokke huurkoop -verpligting. Albei voertuie was destyds deur die vennootskap verseker. In terme van dié versekering was daar egter slegs twee genomineerde bestuurders, nl Kobus en Dawie.

Die vennootskap het gedurende 1986 'n resessie beleef. Die drie vennote het gevolglik gedurende September van daardie jaar besluit om albei motors te verkoop vir kontant en vir nie minder as R44 000 elk nie. Kobus en Dawie moes6 blykbaar afsonderlik reël vir die verkoop van hul onderskeie motors. Dawie het sulke reëlings begin tref. Maree het daarvan te hore gekom en met Dawie daaromtrent in aanraking gekom. Hulle het mondeling ooreengekom dat Maree Dawie se motorkar ("die Mercedes") namens die venootskap sou verkoop en vir doeleindes daarvan die motor in besit neem en vertoon. Dit is, soos reeds genoem, gemene saak dat dit 'n uitdruklike bepaling van dié ooreenkoms was dat die verkoopprys van die motor deur appellant aan die vennootskap betaalbaar sou wees wanneer die Mercedes verkoop is en appellant betaling daarvoor ontvang het. Dit is egter ook gemene saak dat daar geen sprake daarvan was dat Maree die Mercedes op krediet sou kon verkoop nie, en dat betaling van die volle koopsom van 'n gebruikte motor normaalweg gelyktydig met lewering daarvan aan die koper geskied .

Dawie het die Mercedes teen die einde van September

7 1986 aan Maree gelewer en dié het dit op 9 Oktober 1986 te Oshakati in Ovambo, verkoop en gelewer aan ene Shiimi, 'n sakeman van Oshakati. Maree het getuig dat die koopprys R42 000 was. Die koopsom was egter nie ten volle by aflewering van die Mercedes betaal nie. Shiimi het 'n 1986 model Nissan Skyline SCLi daarop ingeruil en aan Maree twee tjeks vir R5 000 en R22 500 oorhandig ter betaling van die balans koopsom. Ingevolge sy ooreenkoms met Shiimi het Maree albei tjeks ingevul, die datum 9 Oktober 1986 op die tjek vir R5 000 aangebring en die ander tjek ongedateerd gelaat. Albei tjeks is deur Shiimi onderteken. Omdat daar egter nie toe genoeg fondse in Shiimi se bankrekening was om dié tweede tjek mee te betaal nie sou hy sekere vaste depositos by sy lopende rekening inbetaal en dan vir Maree laat weet wanneer hy die betrokke tjek moes voltooi en vir betaling aanbied. Die Mercedes is ingevolge dié ooreenkoms in Shiimi se besit gelaat. Op 12 Oktober 1986 het Maree na8 Kaapstad teruggekeer. Sonder om weer met Shiimi in verbinding te tree het hy op 14 Oktober daardie datum op die tjek vir R22 500 aangebring en albei tjeks op sy bankrekening inbetaal. (Die Nissan Skyline is gevolglik ingeruil vir R14 500). Op 17 Oktober 1986 het Maree twee tjeks, getrek op Auto Vita, vir R25 000 en R17 500 onderskeidelik, aan Maritz snr en Kobus oorhandig t o v die Mercedes. Eersgenoemde tjek is gedateer 17 Oktober 1986 maar diê vir R17 500 was vooruitgedateer met die datum 29 Oktober 1986. Maree het op hierdie wyse derhalwe R500 meer as die verkoopprys soos deur hom beweer aan die vennootskap aangebied. Tydens kruisondervraging het hy die rede daarvoor soos volg verduidelik (vraag en antwoord)

"....op watter basis het u besluit om R500,00 aan die eisers ekstra te gee in plaas van sê nou maar 250 of 750 of enige ander bedrag vir wat dit werd mag wees. Hoe het u by daardie bedrag uitgekom? --- Dit was maar net 'n bedingingsbedrag.

9

Ek meen, ek het maar net gedink in alle eerlikheid en billikheid. Die aflos by Wesbank loop op en daar moet seker 'n bietjie rente daarby kom en ek het 'n goeie transaksie gedoen. Ek het gedog R500,00 is - en mnr Maritz het gesê hy waardeer dit. U maak nie dalk 'n fout oor hierdie aspek van u getuienis nie? --- Verseker nie.

Ek sal u sê hoekom ek dit vra, want as 'n mens

die R500,00 by u bewering van die koopprys van 42 gaan tel, dan kry jy R42 500,00 wat ooreenstem met die besonderhede van vordering van die eiser oor wat die koopprys is waarop u werklik met hom ooreengekom het? --- Nee, op my woord. Dit is soos die ding geloop het. Dit is 42 en daardie toegewing was gemaak vir die redes soos genoem"

(Dawie het getuig dat hy en Maree ooreengekom het op 'n verkoopprys van R44 000. Dawie en Kobus het beweer dat dié prys later verlaag is na R42 500 om die koste van nuwe bande10 vir die Mercedes en Maree se reis en verblyfkoste na en van die destydse Suidwes-Afrika te dek. Maree daarenteen het beweer dat die prys waarop hy en Dawie ooreengekom het R42 000 was en dat dit deurgaans so gebly het.) Op 17 Oktober was Dawie afwesig. Hy het militêre diens elders verrig. Maritz snr en Kobus het getuig dat hulle ontevrede was met die vooruitgedateerde tjek maar dat Maree hulle gerus gestel het met die versekering dat hy heelwaarskynlik binne die komende week die balans koopsom in kontant sou kom betaal met "warm geld" uit "ander transaksies" in Suidwes-Afrika en dat hy die vooruitgedateerde tjek dan by hulle sou terugneem. Indien die kontantbetaling om een of ander rede nie gemaak kon word nie sou hulle dan die tjek op die 29ste Oktober kon deponeer. Maree se weergawe was egter dat hy op 17 Oktober die Maritze "vir die Skyline" gaan betaal het en aan hulle gesê het dat hy die balans "met hulle [sal] regmaak" sodra "Shiimi se gelde deurkom". Later het hy dié

11

weergawe gewysig deur te erken dat hy nie "in soveel woorde" aan hulle gese het dat hy sal kom betaal sodra Shiimi se tjeks betaal is nie, maar dat dit sy bedoeling was om dit te doen. Hy het ook erken dat hy wel van ander motor transaksies in Suidwes-Afrika gepraat het. Dit was egter slegs terloops genoem, in 'n algemene bespreking. Maar hy het ontkeh dat hy van "warm geld" gepraat het.

Maree het voorts beweer dat Maritz snr in sy teenwoordigheid vir Dawie by die militêre kamp gebel het waar hy diens gedoen het en van die vooruitgedateerde tjek vertel het. Al drie Maritze was toe met dié reëling tevrede. Die bewering aangaande diê telefonoproep was egter nooit aan enige van die Maritze gestel nie en nie een van hulle het van só 'n oproep melding gemaak nie.12 Die tjek vir R25 000 is op 17 Oktober deur die Maritze gedeponeer, en is betaal. (Die som van R25 000 is toe deur die vennootskap aan Wesbank betaal ter vemindering van die balans koopsom. 'n Stewige bedrag was daarna egter nog op die Mercedes verskuldig.) Die beoogde kontantbetaling is nooit deur Maree gemaak nie.

Op 25 Oktober 1986 was Shiimi met die Mercedes in 'n

motorongeluk betrokke waarin hy gedood en die Mercedes vernietig is. Sy gemelde tjeks was toe nog nie uitbetaal nie en die betaling daarvan is deur sy heengaan gestuit. Volgens Maritz snr het 'n gespanne Maree op 27 Oktober by hom en Kobus by die vennootskapsperseel opgedaag en hulle begroet met die woorde "kêrels, nou moet julle maar net kalm bly". Hy het hulle toe van die ongeluk vertel en hulle versoek om nie die vooruitgedateerde tjek op 29 Oktober te bank nie. Hy het gesê dat hy versekering op die motor het13 en dat hy "die volgende naweek opgaan na Suidwes-Afrika om te onderhandel en te kyk of hy die geld miskien van die vrou van die persoon wat oorlede is kan kry". Maree het hulle toe ook om 'n afskrif gevra van die versekeringspolis op die Mercedes. Dit is later aan hom oorhandig. Hierdie weergawe is nie wesenlik tydens kruisondervraging betwis nie. Kobus het in breë trekke gelykluidende getuienis gegee, maar het bygevoeg dat Maree hom toe ook gevra het vir terugbetaling van die R25 000 wat hy reeds aan die vennootskap betaal het, maar dat hy, Kobus, botweg geweier het om dit te doen. Dié bewering is ook nie tydens kruisondervraging betwis nie. Maree het nietemin (maar slegs tydens kruisondervraging) ontken dat hy ooit so 'n

versoek gerig het. Die betrokke passasie in sy getuienis lui soos volg (vraag en antwoord):

"Nou u het gehoor dat mnr Kobus Maritz hier getuig het dat op die 27ste Oktober, toe u nou kom

14

vertel het van Schimmie se oorlye en die beskadiging van die voertuig, dat u by daardie geleentheid die R25 000,00 wat u reeds aan hulle betaal het, teruggevra het en dat hy toe gereageer het, iets soos is jy mal man of iets in dié lyn. Ek kan nie sy spesifieke woorde onthou nie. Hetu gehoor daardie getuienis van hom? --- Ek het ditgehoor.Nou sover ek bewus is en my geheue my nie in die steek laat nie, was dit nooit in dispuut geplaas nie? Kan u vir ons kommentaar lewerdaarop? --- Ek sal so iets nooit gevra het nie,want ek het geweet dat daar 'n aflos op daardie Mercëdes is van R39 000,00 en ek het aangeneem dat die eerste R25 000,00 wat hulle gaan kry, summier daarteen gaan betaal word. Ek meen, dit is mos, hoe sal 'n ou wat R25 000,00 in sy hand het, nou vir jou teruggee.Ek moet sê dit het vir my snaaks geklink dat u so iets sou doen, want die getuienis staanongeopponeerd op die rekord? --- Verseker het eknie so iets gevra nie."15 Maritz snr en Kobus was hewig ontsteld oor die ongelukstyding en het nie toegegee tot Maree se versoek om nie die tjek op die 29ste Oktober te deponeer nie. Hulle wou dié wending eers met Dáwie bespreek. Dit was sy verjaarsdag en hy sou daardie aand tuis wees. Dawie het gekom soos verwag. Hy was baie ontsteld oor die hele situasie en het daarop aangedring dat die tjek op die 29ste gedeponeer moes word. Dit is gedoen, maar Maritz snr is op dieselfde

dag deur sy bank verwittig dat betaling van die tjek gestop is. Hy het Dawie onverwyld daarvan verwittig. Daardie aand het Dawie vir Maree op dié se kantoor daaroor gaan spreek. Dawie het getuig dat Maree onderneem het om die R17 500 binne 'n week aan hom te betaal en dat hullé so ooreengekom het. Maree het egter versuim om enige betaling te maak. Maree het erken dat Dawie hom op kantoor kom spreek het maar het beweer dat hulle ooreengekom het dat appellant die gemelde bedrag sou betaal nadat die16 "versekeringsprobleem" opgelos is en appellant betaling van die versekeringsmaatskappy ontvang het van die waarde van die Mercedes, maar dat geen tydperk waarbinne dit sou moes geskied bepaal was nie. (Maree, of dan die appellant, se "versekeringsprobleem" was dat die Mercedes nie gedek was deur die vennootskap se versekering nie omdat dit tydens die ongeluk deur 'n ongenomineerde persoon bestuur was. Die tydelike dekking wat Maree op die Mercedes uitgeneem het voor sy vertrek na Suidwes-Afrika was slegs vir 'n 10 dae tydperk wat by die middel Oktober reeds verstreke was. Hy moes hom toe wend na appellant se besigheidsversekering. Dié versekeraar was egter onwillig om enige betaling ten aansien van die Mercedes te maak en Maree was toe nog daaroor aan die onderhandel. Geen betaling was egter daaronder gemaak nie en appellant se eis teen daardie versekeraar was nog hangende tydens die verhoor). Maree se latere getuienis tydens kruisondervraging aangaande die17 bestaan van die beweerde ooreenkoms met Dawie was egter uiters vaag. Dit was die volgende (weereens vraag en antwoord):

"Hy sê hy het ook vir u gesê hy het niks met u versekeringsmakelaar, Leopoldt, te doen nie. Hy wil niks daarvan weet nie. Hy wil net sy geld hê? --- Ek verstaan sy houding. Hy is gretig om sy geld te kry. Hy sit nou met 'n probleem. Hy sien hy het 'n polis wat hy nie het nie en hy sal so graag as moontlik, ek meen so het hy ook gesê. Dat hy die more vroeg, het hulle gaan probeer die tjek klein maak. Hulle probeer hulle geld kry. Dit is te verstane. U sê u verstaan sy houding, ten spyte van die feit dat u vir die Hof sê daar was 'n ooreenkoms dat hy sal wag tot die ding afgehandel is? --- Ons het nie in soveel woorde gesê, as ons nou die indruk moet gee. Ons sal nou wag tot dit afgehandel is en dan is dit nou maar goedertrou. Dit kan nou maar sloer. Ek het probeer my bes om hierdie eis so gou en flink as moontlik af te handel. Dit is waaroor ek die wrak laat haal het vir hom.

18

U het net voor tee vir ons gesê dat u met hom inderdaad 'n ooreenkoms gehad het, dat hy sou wag tot na die versekering afgehandel is? --- Ons het dit met die tyd aangeneem. Dit is die assuransie wat nou ter sprake is. Dié geld wat daar gaan uitkom, is syne.

So u het nie so 'n ooreenkoms met hom gehad

nie? --- Ek het so aangeneem. Ek bel my assuransiemakelaar as hy daar kom. Ekskuus tog, kan ek iets byvoeg? Ek bel hom nie net as hy daar kom nie. Ek lê op hierdie ouens."

Hoe dit ook al sy, die bedrag van R17 500 is nooit aan die vennootskap betaal nie.

Maree het tydens hoofverhoor die oorhandiging van die twee tjeks aan die vennootskap soos volg verduidelik:

"Dit is ook gemene saak dat u op die 17de Oktober vir mnr Maritz, Kobus en mnr Maritz senior twee tjeks oorhandig het. Waarom het u dit spesifiek op daardie tydstip gedoen? --- Ek het

19

gevoel, hulle het vir my gesê hulle was redelik haastig om die kar te verkoop. Ek het die Skyline geneem. Ek meen ek het nie met hulle gekonsulteer oor die Skyline se inruil nie. Ek het hom geneem, daarom het ek hulle gaan betaal vir die Skyline en ek het gesê dat ek wag vir Schimmie se gelde om deur te kom. Dan sal ek die balans met hulle regmaak."

Tydens kruisondervraging was hy egter nie meer so seker daaromtrent nie, soos uit die volgende passasie blyk:

"So sê u vandag dat u wel vir hulle gesê het, u kan hulle eers betaal sodra Schimmie betaal het? --- Ons het dit so afgelei. Ek meen dit is die rede waaroor ek...(tussenbeides).

Nee, nee, ek vra of u so gesê het vir hulle?

--- Ek sal so aanneem, want ek sal vir hulle gaan betaal as ek Schimmie se geld gekry het. Ek meen dit is in afwagting waarvoor dit is. Kry ek Schimmie se geld, gaan gee ek dit vir hulle. Meneer, maar kan u vir ons nader bring. Het u dit uitdruklik vir hulle gesê. Dat u hulle eers kan betaal wanneer Schimmie vir u betaal het? ---Hulle moes so aangeneem het, anders sou ek

20

hulle mos daardie more klaar betaal het.

Nee, my vraag is het u dit uitdruklik vir

hulle so gesê? --- Ek het seker gesê, ek sal die sewentien vyf vir hulle gee sodra Schimmie betaal het.

U is nie seker daaroor nie? --- Nie honderd

persent seker nie, maar dit is waaroor die vooruitgedateerde tjek gegaan het."

Dit is nie nodig om verder met die feite en getuienis te handel nie. Soos hierbo uiteengesit spreek die feite heel duidelik vir hulself.

By die uitleg van 'n mondelinge kontrak geld diesêlfde basiese reëls as by diê van 'n geskrewe ooreenkoms. Dit is om die bedoeling van die kontrakterende partye vas te stel deur ag te slaan op die aard van die kontrak, die woordgebruik van die partye en die feiteverband wat die aangaan van die ooreenkoms omhul het. Die onbetwiste feiteverband is na my mening beslissend in die onderhawige

21geval. Die vennootskap het ten tyde van die aangaan van die ooreenkoms tot Maree se kennis nog 'n groot bedrag aan Wesbank geskuld op die Mercedes. Maree het self getuig dat R39 000 nog daarop verskuldig was. Hy en Dawie het geweet dat as die Mercedes verkoop word dié bedrag onverwyld deur die vennootskap aan Wesbank betaal sou moes word ter aflos van die huurkoopverpligting. Albei van hulle het ook geweet dat die verkoopprys van die Mercedes waarop húlle ooreengekom het, vir daardie doel aangewend sou word. Maree het trouens "aangeneem dat die eerste R25 000 wat hulle gaan kry, summier daarteen gaan betaal word". Dit was gevolglik ook vir Maree duidelik dat die ooreengekome verkoopprys pari passu met lewering van die Mercedes aan die koper, deur hom aan die vennootskap betaal sou moes word. Uit hoofde van die betrokke aanhalings uit sy getuienis was dit na my mening vir hom ook duidelik dat 'n versuim om dit te doen die vennootskap ernstig sou kon benadeel. Dit het

22Maree vrygestaan om vir eie voordeel die Mercedes teen 'n heelwat hoër prys te verkoop as dié waarop hy en Dawie ooreengekom het, en sy eie reëlings met die koper te tref aangaande betaling daarvan. Dit is trouens duidelik volgens sy ooreenkoms met Dawie (en derhalwe met die vennootskap) dat die koper vir Maree moes betaal en dat hy die ooreengekome bedrag aan die vennootskap moes betaal. Dit is gemene saak dat daar geen sprake was van 'n kredietverkoping deur die vennootskap nie. Anders gestel, was die klaarblyklike bedoeling van die partye (en derhalwe ook die klaarblyklike effek van die kontrak) dat dit Maree (en gevolglik appellant) vrygestaan het om vir eie gerief en voordeel die Mercedes op terme aangaande betaling te verkoop, maar dat so 'n reëling dan "ontvangs van betaling" deur Maree (en derhalwe deur appellant) sou uitmaak in terme van die kontrak aangegaan met die vennootskap. Die volle ooreengekome bedrag sou dan onverwyld betaalbaar wees deur

23appellant. 'n Sterk aanduiding dat dié effek van die ooreenkoms met Dawie ook so deur Maree ingesien was, is sy betaling van R25 000 aan die vennootskap op 17 Oktober 1986. Daardie som is amper dubbel die bedrag waarteen die Skyline volgens Maree deur Shiimi ingeruil is, soos hierbo uiteengesit. Dit is duidelik dat die balans bo die inruilsom deur Maree aldus afbetaal is op die bedrag deur hom aan die vennootskap verskuldig in weerwil van die feit dat hy toe nog geen verdere betaling van Shiimi ontvang het nie. Dit is na my mening ewe duidelik dat die vooruitgedateerde tjek vir R17 500 ook deur Maree oorhandig is met die doel om die res van die verskuldigde bedrag aan die vennootskap te betaal. Die feit dat Maree op 17 Oktober tjeks ten bedrae van R42 500 aan die vennootskap oorhandig het is sterk stawing van Dawie se getuienis dat dit die finale ooreengekome prys vir die Mercedes was. Maree se verduideliking dat die ekstra R500 'n skenking aan

24die vennootskap was is so lagwekkend vergesog dat dit geen oorweging verdien nie. Dit is ook algeheel onwaarskynlik dat Dawie sou ooreengekom het om 'n onbepaalde tyd te wag vir betaling van die bedrag van R17 500 soos deur Maree beweer. Maree was ooglopend 'n uiters swak getuie, en daar is na my mening geen rede om met die verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings in te meng nie. Appellant was nie geregtig om betaling van die vooruitgedateerde tjek te stop nie, en daar is geen meriete in die appèl nie.

Die appèl word afgewys met koste.

STEYN AR

HEFER, AR)

stem saam

GOLDSTONE, AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Auto Vita v Monumental Art Co (340/89) [1991] ZASCA 28

Case cited

Bills of Exchange Act 34 of 1964

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.