Badenhorst NO v Goosen en 'n Ander (1432/2011) [2015] ZAGPPHC 668 (25 September 2015)
- Citation
- [2015] ZAGPPHC 668
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- C Pretorius
- Case number
- 1432/2011
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- C Pretorius
- Case number
- 1432/2011
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the plaintiff, as executor, failed to prove on a balance of probabilities that the R345,000 transferred by the deceased to the defendants was a loan. The evidence showed no written loan agreement, no terms of repayment or interest, and no corroboration from other witnesses. The deceased's documented practice was to record loans in writing, which was absent in this case. The defendants provided credible testimony that the amount was a donation, conditional on the deceased receiving accommodation and care. The court held that the presumption against donations did not shift the primary onus to the defendants, and the facts supported the defendants' version. The plaintiff's reliance on hearsay and inconsistent evidence from Mr Faul was insufficient. Accordingly, the claim was dismissed.
Court disposition
Plaintiff's claim dismissed with costs.
Orders
- The plaintiff's claim is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Phillip Lodewikus Badenhorst N.O.
Plaintiff Counsel: A.T. LameyDawid Goosen
Defendant Counsel: J Holland-MuterMariana Goosen
Defendant Counsel: J Holland-MuterAmounts and remedies
- Amount in Dispute: ZAR 345,000
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Final Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the amount of R345,000 transferred by the deceased to the defendants was a loan or a donation.
- 02
Who bears the onus of proof regarding the nature of the transaction between the deceased and the defendants.
- 03
Whether the plaintiff proved on a balance of probabilities that a loan agreement existed.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff, acting as executor of the deceased estate, argued that the deceased lent R345,000 to the defendants in August 2007, with the terms being non-interest bearing and repayable on demand or within a reasonable period. The plaintiff relied on information from the deceased's financial adviser, Mr Faul, and contended that the defendants had an obligation to repay the amount. The plaintiff asserted that the defendants bore the evidentiary burden to prove the transaction was a donation, referencing legal authorities on the presumption against donations.
- Respondent
- The defendants contended that the R345,000 was a donation from the deceased, made to enable them to purchase a larger house with a separate flat for the deceased to reside in and be cared for. They denied any loan agreement or obligation to repay, stating that the deceased's contribution was conditional on her receiving accommodation and care. The defendants supported their position with testimony and documentary evidence, including tax declarations and correspondence from the deceased, and argued that the plaintiff failed to discharge the onus of proving a loan agreement.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Pillay v Krishna 1946 AD 946
The party who asserts a claim bears the onus to prove entitlement on a balance of probabilities; where a special defence is raised, the defendant bears the onus for that defence.
- 02
Barkhuizen v Forbes 1998(1) SA 140 (ECD)
Presumptions against donations are at most rebuttable presumptions of fact affecting the evidentiary burden, not the primary onus.
- 03
Stellenbosch Farmers' Winery Group Ltd and Another v Martell Et Cie and Others 2003(1) SA 11 (SCA)
A court must assess credibility, reliability, and probabilities when faced with conflicting versions.
- 04
De Jager v Grunder 1964(1) SA 446 (A)
Any promise made seriously and deliberately is enforceable unless proven to be a donation, which is not presumed in cases of doubt.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the plaintiff, as executor, failed to prove on a balance of probabilities that the R345,000 transferred by the deceased to the defendants was a loan. The evidence showed no written loan agreement, no terms of repayment or interest, and no corroboration from other witnesses. The deceased's documented practice was to record loans in writing, which was absent in this case. The defendants provided credible testimony that the amount was a donation, conditional on the deceased receiving accommodation and care. The court held that the presumption against donations did not shift the primary onus to the defendants, and the facts supported the defendants' version. The plaintiff's reliance on hearsay and inconsistent evidence from Mr Faul was insufficient. Accordingly, the claim was dismissed.
Obiter and limits
- The court noted the caution required where one party to the agreement is deceased, referencing Borcherds v Estate Naidoo 1955(3) SA 78 (A).
- Minor inconsistencies in the defendants' testimony were found to be expected and indicative of honest recollection rather than collusion.
- The court distinguished the present facts from cases where donations are presumed unlikely, noting the deceased received accommodation and care as consideration.
Court disposition
Plaintiff's claim dismissed with costs.
- The plaintiff's claim is dismissed with costs.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID AFRIKA
(GAUTENG AFDELING, PRETORIA)
Saaknommer: 1432/2011
Datum: 25 September 2015
REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO
OTHER JUDGES
REVISED
In die saak tussen:
PHILLIP LODEWIKUS
BADENHORST N.O. EISER
En
DAWID
GOOSEN EERSTE
VERWEERDER
MARIANA
GOOSEN TWEEDE
VERWEERDER
UITSPRAAK
PRETORIUS R,
[1] Die eiser eis in sy hoedanigheid as eksekuteur van die boedel wyle Maria Catharina van Heerden (“die oorledene”) van beide verweerders R345 000 op grond van ‘n beweerde lening wat die oorledene aan hulle gedurende Augustus 2007 sou gemaak het.
[2] Volgens die eiser was die terme van die ooreenkoms dat ‘n bedrag van R345 000 aan die verweerders geleen sou word deur die oorledene, die lening sou nie rentedraend wees nie en sou binne in redelike tydperk, alternatiewelik, op aanvraag betaalbaar wees. Die bedrag is aan die verweerders betaal.
[3] Die verweer van die verweerders is dat die bedrag nie aan hulle geleen is nie, maar dat dit geskenk is.
AGTERGROND:
[4] Die oorledene is op 23 Maart 2008 oorlede. In haar testament het sy die geheel van haar boedel aan haar twee jongste kleinkinders bemaak en haar twee dogters en ander kleinkinders in geheel uitgesluit van die bemaking. Volgens Mnr Faul sou hy haar op 4 April 2008 te Middelburg ontmoet om ‘n nuwe testament op te stel, maar dit het weens haar vroeë afsterwe nooit plaasgevind nie.
[5] Die tweede verweerder is die oorledene se jongste dogter en getroud met die eerste verweerder binne gemeenskap van goed. Die oorledene se oudste dogter is Mev Ras. Die oorledene het op Klerksdorp gewoon. Sy het gedurende Junie 2007 eers by Mev Ras, haar oudste dogter, aangeklop vir verblyf, maar Mev Ras kon haar nie akkomodeer nie. Daarna het sy die tweede verweerderes genader. Die tweede verweerderes, wat in Middelburg woonagtig was, het haar meegedeel dat die enigste manier waarop hulle haar kon akkomodeer was as die verweerders ‘n ander huis, met ‘n aparte woonstel vir haar, koop. Volgens die verweerders kon hul dit slegs doen, indien sy bygedra het tot die koop van die groter huis. Dit het dan aanleiding gegee dat sy R345 000 aan hulle beskikbaar gestel het, as òf ‘n skenking volgens die verweerders, òf as ‘n lening volgens die eiser, om so ‘n huis te koop gedurende Augustus 2007. Die voorwaarde vir die gee van die bedrag was, volgens die verweerders, dat hulle die woonstel vir haar sou inrig en vir haar sou sorg. Sy het dan ook sò by hulle in die woonstel ingetrek, nadat hulle hul vorige huis verkoop het en die huis met ‘n woonstel gekoop het. Hulle het ook die woonstel vir haar restoureer. Hulle getuienis was dat hulle nie die huis sonder haar hulp sou kon koop nie.
[6] Mnr Badenhorst, ‘n ervare prokureur, het namens die eiser getuig as eksekuteur van die oorledene se boedel. Sy getuienis was dat hy nooit self persoonlik met die oorledene kontak gehad het nie. Hy het slegs reageer op inligting verkry van Mnr Faul, die oorledene se finansiële adviseur en jarelange vriend, en het daarop besluit om aksie in te stel.
[7] Hy erken dat hy hom geheel verlaat het op die inligting wat Mnr Faul aan hom verskaf het en het nooit self ondersoek ingestel om vas te stel òf die geld aan die verweerders gegee, ‘n lening of ‘n skenking was nie. Sy verdere getuienis was dat hy die eerste likwidasie en distribusie rekening opgestel het. Mnr Faul het die eiser op kantoor besoek om die sterfkennisgewing en inventaris te bekom vanaf Mnr Badenhorst om na die verweerders en Mev Ras te Middelburg te neem vir ondertekening. Mnr Badenhorst se getuienis kan die saak nie verder neem nie.
[8] Mnr Faul is toe na Middelburg waar hy beide verweerders en Mev Ras, die tweede verweerder se enigste suster, in die Spur ontmoet het. By sy terugkeer het hy aan die eiser gerapporteer. Die swart tassie wat die eerste verweerder aan hom oorhandig het, wat al die oorledene se dokumente bevat het, is ook aan Mnr Badenhorst oorhandig. Mnr Faul se getuienis was dat hy vir baie jare die oorledene se finansiële adviseur was, asook ‘n huisvriend en vertroueling. Hy het by twee geleenthede geld by die oorledene geleen. Hierdie lenings is vervat in leningsooreenkomste tussen hom en die oorledene. Sy getuienis in verband met die doel van die lenings was weersprekend. Hy het eerstens voorgehou dat hy die geld op belegging geneem het, aangesien hy ‘n hoër rente kon betaal. Later was sy getuienis dat hy dit geleen het omdat hy dit nodig gehad het vir die boerdery en nog later was sy getuienis dat hy meer as R4 miljoen gehad het en nie die geld nodig gehad het nie.
[9] Hy voer verder aan dat Mnr Badenhorst die oorledene se testament opgestel en op lêer gehou het, terwyl Mnr Badenhorst dit betwis. Die hof vind Mnr Faul se getuienis vreemd dat hy tydens die vergadering te Middelburg, met die verweerders en Mev Ras, dit nodig geag het om aan hulle te verduidelik wat sou gebeur het indien die oorledene nie ‘n testament sou gehad het nie en intestaat sou gesterf het. Die eerste verweerder het Mnr Faul dadelik reggehelp tydens hierdie gesprek en gesê “maar daar is ‘n testament”. Die eerste verweerder se getuienis word deur die tweede verweerderes bevestig, terwyl Mev Ras baie vaag omtrent hierdie gebeure was.
[10] Die hof aanvaar Mnr Badenhorst se getuienis dat hy leningsooreenkomste van die oorledene en Mnr Faul die eerste keer gesien het tydens voorbereiding vir die verhoor. Dit het dan tot gevolg dat die hof nie Mnr Faul se getuienis sonder meer kan aanvaar nie, wat getuig het Mnr Badenhorst het dit vantevore gesien.
[11] Die hof bevind Mnr Faul se getuienis onwaarskynlik dat hy nie ‘n sogenaamde leningsooreenkoms sou opstel vir die lening aan die verweerders nie, aangesien hy vantevore ‘n skriftelike leningsooreenkoms opgestel het vir ‘n veel kleiner lening van die oorledene aan die Colyns. Hy het ook in beide gevalle waar hy ‘n lening aangegaan het, skriftelike ooreenkomste met die oorledene aangegaan. Die afskrifte van hierdie lenings was in die swart tassie wat Mnr Goosen, die eerste verweerder, aan hom oorhandig het. Daar was egter geen leningsooreenkoms tussen die oorledene en die verweerders wat deur enige iemand op skrif gestel is nie. Daar was verder ook geen getuienis dat so ‘n skriftelike ooreenkoms ooit bestaan het nie.
[12] Mnr Faul se verdere getuienis was dat hy met eerste verweerder telefonies gepraat het oor die lening en dat eerste verweerder hom verseker het dat eerste verweerder en tweede verweerderes die oorledene sou terugbetaal deur ‘n verband te neem op hulle
tweede woning, indien nodig. Beide verweerders het dit ontken, aangesien hulle slegs een woning besit het en dus nooit so ‘n
aanbod sou maak nie. Die hof bevind dus dat hierdie getuienis van Mnr Faul eenvoudig nie waar kan wees nie.
[13] Die hof kan nie anders as om te bevind dat Mnr Faul ‘n leuen vertel het toe hy getuig het dat hy nie geweet het wat in die koevert was wat hy vanaf Mnr Badenhorst gekry het om na die verweerders en Mev Ras te neem nie.
[14] Die doel van die besoek, volgens hom, was om die testament voor te lees en die inventaris te laat onderteken. Sy getuienis dat die lening nie in die inventaris gelys is nie, is verdag, aangesien hy tog, in alle waarskynlikheid, dadelik sou opgemerk het in ‘n boedel wat maar ± R600 000 beloop het, dat die lening wat meer as die helfte van die boedel verteenwoordig, nie op die inventaris verskyn het nie.
[15] Volgens die eerste verweerder het Mnr Faul aan hom gesê dat as dit ‘n geskenk van R345 000 was, dan is daar geskenkebelasting
betaalbaar. Hierdie weergawe van die eerste verweerder word bevestig deur die feit dat hy daarna die bedrag van R345 000 in sy
belastingvorm aangegee het as ‘n geskenk van sy skoonmoeder, alhoewel die Ontvanger van Inkomste geen belasting daarop gehef het nie.
[16] Mnr Faul erken dat hy aan die verweerders en Mev Ras gesê het, dat dit beter sou gewees het as die oorledene intestaat gesterf het, want dan sou die oorledene se twee dogters gelykop geërf het.
[17] Mev Ras het geweet dat haar moeder, die oorledene, òf by haar òf by die verweerders wou gaan bly. Sy het geensins getuig van die lening deur haar moeder aan die verweerders nie. Haar getuienis het die saak nie veel verder geneem ten opsigte van die lening òf skenking van R345 000 nie.
[18] Mev Goosen het getuig dat toe die oorledene siek geword het tydens haar verblyf by hulle, het sy die swart tassie deursoek en op die testament afgekom. Sy het slegs haar en Mev Ras se name gesien en Mev Ras geskakel. Haar getuienis was dat haar moeder gereeld aan haar geskryf het en dat sy die briewe wat sy minstens elke week ontvang het, vernietig het nadat sy dit gelees het. In die brief, het die oorledene gemeld dat “die geld is julle s’n omdat julle my help” ten opsigte van die geld. Sy het ‘n goeie indruk geskep as ‘n eerlike getuie en het haar man, die eerste verweerder se getuienis bevestig in verband met die gebeure by die Spur tussen Mev Ras, Mnr Faul en die verweerders.
[19] Dit is te verwagte dat die verweerdes se getuienis sal verskil in sommige opsigte. In S v Mkohle 1990(1) SACR 95 (A) op 98 F-J bevind Nestadt AR:
“Where inconsistencies and differences were of a relative minor nature and what can be expected from honest but imperfect recollection…it
can point away from a conspiracy.”
[20] Hierdie verskille in hulle getuienis, wat in elk geval nie wesenlik is nie, dui daarop dat hulle nie mekaar napraat oor gebeure wat bykans agt jaar gelede plaasgevind het.
[21] Daar is geen getuienis, behalwe diè van Mnr Faul, dat hierdie bedrag ‘n lening en nie ‘n skenking was nie. Nie eers Mev Goosen se eie suster kon verklaar dat haar moeder, die oorledene, die geld aan die verweerders geleen het nie. Ek vind dit vreemd dat Mnr Faul intestate erfreg met die verweerders en Mev Ras bespreek, welwetend dat daar ‘n testament is en dat dit juis een van die redes vir sy besoek aan Middelburg en konsultasie met Mev Ras en die verweerders was. Die hof bevind dat, in die omstandighede waar die oorledene desperaat was om by een van haar dogters te gaan woon, dit nie onwaarskynlik is dat sy die geld aan die verweerders geskenk het om dit moontlik te maak nie.
[22] Hierdie hof word dus versoek om te bepaal of die bedrag van R345 000 ‘n lening òf ‘n skenking was. Dit is tans gemeensaak dat die eiser die bewyslas dra om ‘n leningsooreenkoms op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys. Die eiser beweer dat die hof moet beslis of die verweerder ‘n bewyslas het, maar kom self tot die gevolgtrekking dat die verweerder
slegs ‘n weerlegginslas het.
[23] Die vermoede dat daar ‘n bewyslas bestaan dat die verweerders ‘n skenking moet bewys moet aangespreek word na aanleiding van relevante gesag. Die eiser steun op die gesag van Pillay v Krishna 1946 AD 946 waar op p951-952 beslis is:
“The first principle in regard to the burden of proof is thus as stated in the CORPUS JURIS: Semper necessitas probandi incumbi illi qui agit – being if one person claims from another in a Court of Law, then he has to satisfy he court that he is entitled to it; also read with Agere etiam is vivetur, qui exceptione ulitar; nam reus inexceptione actor est – where a person against whom a claim is made is not content with a mere denial of that claim, but sets up a special defence, then he is regarded quo ad that defence as being the claimant and he must prove such special defence.”
[24] Hierdie verweer van ‘n donasie kan nie as ‘n spesiale pleit behandel word nie, aangesien dit nie ‘n spesiale pleit is nie, maar ‘n ontkenning dat daar ‘n lening aan die verweerders was deur die oorledene.
DIE VERMOEDE TEEN SKENKINGS:
[25] In Barkhuizen v Forbes 1998(1) SA 140 ECD het die volbank ten opsigte van soortgelyke feite bevind dat die sogenaamde vermoede hoogstens as ‘n versigtigheidsreël kan geld waar skenkings ter sprake is.
[26] In S v de Bruyn en ‘n Ander 1968(4) 498 AA het die hof reeds ten opsigte van vermoedens in die strafreg bevind op p507 E-F:
“…this Court has been moving away from the notion of so-called presumptions arising from selected facts, because they involve piecemeal processes of reasoning and rebuttal…”
[27] Daar is geen rede waarom dit nie toegepas moet word in siviele aksies nie. Ek is van oordeel dat die hof al die getuienis en feite moet beoordeel as ‘n geheel om tot ‘n gevolgtrekking te kom ten opsigte van die waarskynlikhede in hierdie saak en sò te bepaal of hier ‘n lening of ‘n skenking ter sprake is.
[28] In hierdie aksie is daar twee weersprekende weergawes voor die hof. In Stellenbosh Farmers’ Winery Group Ltd and Another v Martell Et Cie and Others 2003(1) SA 11 het Nienaber AR beskryf hoe ‘n hof met so ‘n situasie moet handel:
“To come to a conclusion on the disputed issues a court must make findings on (a) the credibility of the various factual witnesses; (b) their reliability; and (c) the probabilities.”
[29] Mnr Faul moet as ‘n enkelgetuie staan ten opsigte van die oorledene se gesprekke met hom. Dit is gemeensaak dat hy die
oorledene te Middelburg sou besoek om oor die opstel van ‘n nuwe testament te konsulteer. Ongelukkig is die oorledene onverwags
oorlede. Hy is steeds na Middelburg op die dag wat hy die oorledene sou ontmoet, maar ontmoet die Goosens en Mev Ras om die testament te lees en die inventaris te laat onderteken. Mnr Faul het hom weerspreek ten opsigte van òf hy die oorsponklike testament op lêer gehad het en òf hy slegs ‘n afskrif gehad het en die oorspronklike by Mnr Badenhorst was – albei weergawes kan nie korrek wees nie. As Mnr Badenhorst se getuienis in aggeneem word, vererger dit die situasie aangesien Mnr Badenhorst getuig het dat hy die leninsgooreenkomste die eerste keer gesien het tydens voorbereiding vir die verhoor. Sy weersprekings ten opsigte van die geld wat hy by die oorledene geleen het is ook belangrik.
[30] Daar was geen leningsooreenkoms gevind ten opsigte van die R345 000 nie. Dit is vreemd, aangesien die oorledene alle lenings skriftelik geboekstaaf het, maar nagelaat het om dit in hierdie geval te doen. Dit ondersteun dan die verweerders se weergawe dat dit ‘n skenking en nie ‘n lening was nie. Die teenprestasie vir die skening was dat die oorledene gratis kon inwoon in die woonstel op die verweerders se erf en dat hulle vir haar sou sorg.
[31] Daar was ook nie melding gemaak van die terme van terugbetaling van die sogenaamde lening òf die betaling van rente aan die oorledene nie. Daar is ook geen periode vir terugbetaling vasgestel nie, wat verder dui daarop dat hierdie ‘n skenking aan die verweerders was.
[32] Ek moet verskil van die verweerders se resgverteenwoordiger wat steun op Barkhuizen v Forbes 1998(1) SA 140 (E) waar Liebenberg R op p150 gesê het:
“From the authorities it seems to be clear that a donation is never presumed but must be proved by the person alleging it. See Timoney and King v King 1920 AD 133 at 139; Meyer and Others v Rudolph's Executors 1918 AD 70 at 76; Twigger v Starweave (Pty) Ltd1969 (4) SA 369 (N) at 375; Kay v Kay1961 (4) SA 257 (A).
This approach is, in terms of the authorities, based on the strong probability against the gratuitous giving away of property out of pure liberality and because no one is presumed to throw away or squander his property.” (Hof se klem)
[33] In hierdie geval is daar nie ‘n sterk waarskynlikheid van “gratuitous giving away of property out of pure liberality and because no one is presumed to throw away or squander his property…” Hierdie geval is geheel onderskeibaar aangesien die ooledene as teenprestasie inwoning en versorging gekry het. Sy het nie net die R345 000 uit pure vrygewigheid weggegee òf weggegooi òf verkwis nie. Froneman R se benadering tot die vraag oor bewyslas in bogenoemde saak is op p156 uiteengesit:
“In short, the presumption against donations is at most a rebuttable presumption of fact which can only affect the evidentiary burden and can never place the onus in the primary sense upon the party against whom it makes the presumption (cf Hoffmann and Zeffertt The South African Law of Evidence 4th ed at 501 and 555). It is perhaps even better to say that the so-called presumption against donations is merely an inference that may in certain circumstances be drawn, depending on the facts of each particular case.” (Hof se klem)
[34] In De Jager v Grunder 1964(1) SA 446 (A) bevind Botha AR op p463:
“Volgens ons reg is enige belofte, behoudens sekere uitsonderings wat nie nou ter sake is nie, wat met erns en voorbedagtheid gemaak word, afdwingbaar. (Conradie v Rossouw, 1919 AD 279). Indien hy, wat die belofte gemaak het, aanspreeklikheid daaronder ontken op grond daarvan dat die belofte 'n skenkingskontrak is wat ingevolge die bepalings van art. 5 van Wet 50 van 1956 ongeldig en dus onafdwingbaar is, rus die bewyslas, na my oordeel, op hom om te bewys dat dit wel 'n skenking was wat, in die geval van twyfel, nie vermoed word nie. (Avis v Verseput, 1943 AD 331 op bl. 345 en 377 en Timoney and King v King 1920 AD 133 op bl. 139).” (Hof se klem)
[35] Ek stem saam met hierdie benaderings. Hierdie saak moet dus beslis word na aanleiding van die feite en omstandighede wat in die huidige omstandighede geheers het. In die huidige omstandighede, met inagneming van al die feite en getuienis, kan ek nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat dit glad nie onwaarskylik was vir die oorledene om die geld aan die verweerders te skenk in ruil vir verblyf in ‘n woonstel op hulle erf en versorging nie. Sy was immers desperaat om naby een van haar twee dogters te gaan woon, òf in Polokwane òf in Middelburg.
[36] Ek het al die gesag oorweeg en neem veral kennis van Botha AR se uitspraak in De Jager v Grunder (supra). Ek is bewus van die omsigtigheid waarmee ek te werk moet gaan waar die een party tot die ooreenkoms oorlede is (Borcherds v Estate Naidoo 1955(3) SA 78 (A)).
[37] Dit is duidelik dat die verweerders nie hulle getuienis aangepas het om beter by die feite te pas nie. Die koopkontrak vir die huis is in Mei gesluit, maar die R345 000 is eers in Augustus 2007 oorbetaal. Die verweerders sou maklik ‘n vroeër datum vir die skenking kon beweer, maar doen dit nie. Mev Ras se getuienis dat haar moeder aan haar sou gesê het dat sy in Middelburg by die verweerders gaan bly en dat sy hulle moes “help” dui ook eerder op ‘n skenking as ‘n lening.
[38] Derhalwe bevind ek as al die getuienis, feite, argumente en gewysdes in ag geneem word dat die eiser nie sy saak op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys het nie en dat die verweerders daarin geslaag het om op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat die oorledene R345 000 aan hulle geskenk het.
[39] Derhalwe maak ek die volgende bevel:
1. Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.
_____
Regter C Pretorius
Saaknommer
: 1432/2011
Saak gehoor op
: 11 – 13 & 28 Augustus 2015
Vir die Eiser
: Adv. A.T. Lamey
Opdraggewende Prokureurs : Le Grange Prokureurs Ing
Vir die Verweerders
: Adv. J Holland-Muter
Opdraggewende Prokureurs : Bosman & Bosman Prokureurs
Datum van Uitspraak
: 25 September 2015
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.