Bank of Lisbon International Ltd. v Venter and Another (371/1988) [1989] ZASCA 159; [1990] 2 All SA 14 (A) (28 November 1989)
The Supreme Court of Appeal held that the appellant's claim was based on the enforcement of a penalty clause in the instalment sale agreement, which provided for retention of payments and liquidated damages upon breach. The court found that section 2(1) of the Conventional Penalties Act did not apply to the claim,...
Source-derived case information.
- Citation
- [1989] ZASCA 159
- Parties
- Appellant: Bank of Lisbon International Ltd; Respondent: Barend Johannes Venter; Respondent: Veronica Dawn Venter
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 371/1988
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Trial Court Judgment
- Outcome
- Appeal upheld. Judgment granted for the appellant for the amount claimed, with interest and costs.
- Judges
- Joubert, Botha, Hefer, Milne, Kumleben
- Legal Topics
- Instalment Sale Agreement, Liquidated Damages, Penalty Clauses, Burden of Proof, Attorney and Client Costs
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Bank of Lisbon International Ltd
Appellant
Barend Johannes Venter
Respondent
Veronica Dawn Venter
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Trial Court Judgment
Legal Issues
- 1 Whether the penalty clause in the instalment sale agreement is enforceable under the Conventional Penalties Act 15 of 1962.
- 2 Whether the trial court erred in dismissing the appellant's claim based on the interpretation and application of section 2(1) of the Conventional Penalties Act.
- 3 Whether the evidentiary certificate issued under clause 6.6 of the contract constitutes sufficient proof of indebtedness.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the appellant's claim was based on the enforcement of a penalty clause in the instalment sale agreement, which provided for retention of payments and liquidated damages upon breach. The court found that section 2(1) of the Conventional Penalties Act did not apply to the claim, as the damages sought were liquidated and fell within the scope of the penalty clause, not additional damages. The trial court erred in interpreting the claim as one for damages outside the penalty clause and in dismissing the claim on that basis. The evidentiary certificate issued under clause 6.6 of the contract constituted sufficient proof of indebtedness, and the respondents...
Court Disposition
Appeal upheld. Judgment granted for the appellant for the amount claimed, with interest and costs.
Orders
- The appeal is upheld with costs, including the costs of the application for leave to appeal.
- Paragraph 2 of the trial court's order is set aside and replaced with judgment for the plaintiff against the defendants jointly and severally for payment of R8,643.37.
Full Case Text
Judgment text and source record
296 paragraphs
LL Saak No 371/1988
IN DIE HOOGGSRBGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING
In die saak tussen:
BANK OF LISBON INTERNATIONAL LTD Appellant
(Voorheen bekend as THE BANK OF LISBON AND SOUTH AFRICA LIMITED)
en
BAREND JOHANNES VENTER Eerste Respondent
VERONICA DAWN VENTER Tweede Bespondent
CORAM: JOUBERT, BOTHA, HEFER, MILNE et
KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM: 3 NOVEMBER 1989
LEWERINGSDATUM: 28 NOVEMBER 1989
UITSPRAAK
BOTHA AR:-
2.Die appellant en die eerste respondent het op 26 Junie 1983 'n skriftelike kontrak aangegaan, waarvolgens die appellant aan die eerste respondent 'n laaigraaf-masjien verkoop het. Terselfdertyd het die tweede respondent 'n skriftelike borgstelling onder-teken, waarvolgens sy haar teenoor die appellantverbind het as borg en mede-hoofskuldenaar vir die
betaling aan die appellant van enige bedrag geld wat
deur die eerste respondent aan die appellant verskuldig was of sou word.Ingevolge die kontrak tussen die appellant en die eerste respondent het laasgenoemde onderneem om aan eersgenoemde h totale bedrag van R97 116,00 te betaal, bestaande uit h kontant-koopprys van R72 000,00, verkoopsbelasting van R4 320,00, inkomsteseëls ten bedrae van R50,40, en finansieringskoste ten bedrae van R20 745,60. Die totale bedrag sou deur die eerste respondent betaal word by wyse van. 'n deposito van R15 000,00 en daarna 36 maandelikse paaiemente van3. R2 281,00 elk. Die eiendomsreg van die laaigraaf sou van die appellant na die eerste respondent oorgaan eers met die betaling van die laaste paaiement.Die eerste respondent het die deposito van R15 000,00 aan die appellant betaal, die besit van die laaigraaf ontvang, en die ooreengekome maandeliksepaaiemente aan die appellant betaal tot in Maart 1984.
Daarna het die eerste respondent in gebreke gebly om
verdere betalings te maak, en sodoende kontrakbreuk
gepleeg. Op 4 Desember 1984 het die appellant, soos
hy volgens die bepalings van die kontrak geregtig was om te doen, die kontrak gekanselleer weens die eerste respondent se kontrakbreuk, en herbesit van die laaigraaf verkry.Die appellant het daarna 'n aksie teen die respondente ingestel in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling, waarin betaling gevorder is van 'n bedrag van R9 294,44 met rente en koste. Die wyse waarop die appellant sy eis in' sy besonderhede van vordering
4.
geformuleer het, sal later blyk. Die respondente het in hulle verweerskrif onder meer die kontrak, die eerste respondent se kontrakbreuk en die appellant se kansellasie van die kontrak erken, maar die appellant se bewerings met betrekking tot die gevorderde bedrag van R9 294,44 en die respondente se aanspreeklikheid ten opsigte daarvan in algemene terme in geskil geplaas. Die eerste respondent het voorts 'n teeneisteen die appellant ingestel vir die betaling van 'n bedrag van R8 523,27, wat 'n bedrag van finansierings-koste verteenwoordig, op die terugbetaling waarvan die eerste respondent beweer het hy geregtig was.Die verhoor van die aksie het plaasgevind voor FLEMMING R. Met die aanvang van die verhoor het die appellant se advokaat aangedui dat die bedrag van die appellant se eis verminder word tot R8 643,37. Hoe hierdie bedrag saamgestel is, sal later blyk. Daarna is die getuienis van verskillende getuies (vyf namens die appellant en twee namens die respondente)5. aan die Verhoorregter voorgelê. Die getuienis het betrekking gehad op besondere items wat deel gevorm het van die bedrag wat die appellant van die respondente geëis het.Na die afsluiting van die getuienis en tydens die beredenering van die saak in die Hof a guo, hetdaar 'n ongelukkige wending in die saak gekom, wat
veroorsaak het dat die verdere verloop daarvan verval
het in 'n moeras van verwarring en irrelevanthede, wat
voortgeduur het tot tydens die beredenering van die
appèl voor hierdie Hof. Dit het gekom omdat dieVerhoorregter mero motu teenoor die advokate die vraaggeopper het of die appellant se eis teen dierespondente nie onafdwingbaar was nie vanweë diebepalings van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge
15 van 1962 (dit word later hieronder aangehaal).Hierdie punt was geensins in die pleitstukke aangeraaknie en die advokate was nie voorberei om dieVerhoorregter daaroor toe te spreek nie. Hulle is toe6. die geleentheid gegee om later skriftelike betoë oor die aangeleentheid aan die Verhoorregter voor te lê. Dit is gedoen. In die appellant se skriftelike betoog (vir die opstelling waarvan die dienste van 'n senior advokaat bygebring is) is daar verskillende gronde aangevoer waarom artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge nie op die appellant se eis van toepassing sou wees nie, en is daar verder aansoek gedoen om h wysiging van die appellant se besonderhede van vordering, in h oënskynlike poging om 'n vermeende probleem wat voortgespruit het uit die punt wat die Verhoorregter geopper het, te bowe te kom. In die respondente se skriftelike betoog het hulle die punt wat die Verhoorregter geopper het, aangegryp en daarop gesteun as 'n verweer teen die geheel van die appellant se vordering. Hulle het egter geen aansoek gedoen om h wysiging van hulle verweerskrif nie, maar wel die appellant se aansoek om wysiging van sy besonderhede van vordering teengestaan.7. In sy uitspraak het die Verhoorregter die verskillende argumente wat in die skriftelike betoe vervat was, breedvoerig behandel, en uiteindelik die punt wat hy mero motu geopper het, teen die appellant en ten gunste van die respondente beslis, met die gevolg dat die appellant se eis (behalwe vir h bedragvan R50,00) van die hand gewys is, op grond van die
bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge.
Ek sal na hierdie aspek van die saak verwys as die
"hoofpunt". Afgesien van die hoofpunt, het dieVerhoorregter in sy uitspraak ook breedvoerig aandaggeskenk aan die besondere items van die appellant seeis wat in die getuienis ondersoek was, en tot dieslotsom geraak dat sommige van daardie items nie bewys
is nie. Ek sal na hierdie aspek van die saak verwys as
"die ondergeskikte punte". Volgens die Verhoorregter
se bevindings en berekenings ten opsigte van dieondergeskikte punte, sou die appellant in ieder geval,as dit nie vir die hoofpunt was nie, nie meer van die
8.
respondente kon verhaal het nie as 'n bedrag vannagenoeg R4 823,00.
Die bevel wat die Verhoorregter aan die einde
van sy uitspraak uitgereik het, het hy soos volgbewoord:
"1. The amendment sought after theconclusion of argument, is notpermitted.
2. Plaintiff's claim is dismissed with costs except that defendant is ordered to pay R50,00 to plaintiff. 3. Defendant's claim is dismissed with costs which will be taxed on the basis as if plaintiff successfully excepted to defendant's counter-claim."
Namens die appellant is daar by die
Verhoorregter aansoek gedoen om verlof om te appelleer,met betrekking tot paragrawe 1 en 2 van die bogenoemdebevel. Die respondente het die aansoek teengestaan.
In sy uitspraak het die Verhoorregter aangedui dat na
sy mening sy beslissing oor die uitleg en die
toepassing van die Wet op Strafbedinge (die hoofpunt)9. deur die Appèlafdeling in oorweging geneem behoort te word, maar dat die verlof om te appelleer nie tot daardie punt beperk sou word nie - die ondergeskikte punte sou ook in die appèl te berde gebring kon word, indien die beslissing op die hoofpunt die geleentheid daarvoor sou skep. Voorts het die Verhoorregteraangedui dat hy 'n klaarblyklike fout in paragraaf 2 van
die oorspronklike bevel sou regstel. Die bevel wat hy
uitgereik het, lui soos volg:
"1. Paragraaf 2 van die bevel wat voorheen gegee is word gewysig deur
dit met die volgende te vervang:
'Plaintiff's claim is dismissed with costs, except that the defendants, jointly and sever-ally, are ordered to pay R50 to plaintiff.'
2. Verlof word verleen om teen hierdie uitspraak te appelleer. 3. Die koste van hierdie aansoek word voorbehou vir beregting by die
afhandeling van die appèl."
Ek is nie seker wat die Verhoorregter in gedagte gehad10. het met sy verwysing na "hierdie uitspraak" in paragraaf 2 van die pas aangehaalde bevel nie. Dit is nie duidelik of die verleende verlof bedoel was om ook van toepassing te wees op paragraaf 1 van die oorspronklike bevel, ten aansien van die appellant se aansoek om wysiging, al dan nie. Soos later sal blyk,is dit egter van geen belang, met die oog op die
beslissing van hierdie appèl, om hierdie vraag te
probeer beantwoord nie, en ek laat dit dus daar. Wat
wel met veiligheid aanvaar kan word, is dat die
Verhoorregter nie kon bedoel het dat sy verwysing na "hierdie uitspraak" betrekking moes hê op paragraaf 3 van sy oorspronklike bevel nie, want die appellant het in sy aansoek om verlof geen beswaar geopper teen die beperking van die kostebevel in sy guns ten opsigte van die eerste respondent se teeneis nie (in die aansoek is daar trouens nie eens verwys na paragraaf 3 van die oorspronklike bevel nie), en die eerste respondent het geen aansoek gedoen om verlof om te appelleer teen die
11.
afwysing van sy teeneis nie. Ek noem dit om dit duidelik te maak dat die eerste respondent se teeneis nie in die gedrang is in hierdie appèl nie en verder heeltemal buite rekening gelaat kan word.Ek gaan nou oor tot 'n bespreking van die hoofpunt. Volgens my beskouing blyk dit uit dieskriftelike betoë wat in die Hof a quo aan die
Verhoorregter voorgelê is nadat hy mero motu die
hoofpunt geopper het, dat die benadering tot die
hoofpunt deur die advokate van beide kante berus het op
'n paar fundamentele. wanopvattings aangaande die strekking van sekere bepalings van die kontrak tussen die appellant en die eerste respondent, die betekenis van die bepalings van die Wet op Strafbedinge, en die uitwerking van die bewerings wat vervat is in die appellant se besonderhede van vordering. Hierdie wanopvattings het, met eerbied gesê, weerklank gevind in die uitspraak van die Verhoorregter en word weerspieël in sy beredenering van, en beslissing oor,
12.
die hoofpunt. Om die bespreking van die aangeleent-heid te probeer vergemaklik, sal ek die tersaaklike gedeeltes van die kontrak, die Wet en die besonderhede van vordering agtereenvolgens aanhaal en eers my eie sienswyse daaroor weergee, en daarna terugkom op die wyse waarop dit benader is in die Hof a quo.
In die kontrak word daar na die appellant
verwys as "die Kredietgewer", na die eerste respondent as "die Kredietopnemer", en na die verkoopte laaigraaf as "die Goedere". Die bepalings wat van belang is, word aangetref in klousules 12.2.2, 12.3 en 18.2. Daarbenewens is dit gerieflik om nou reeds ook klousule 6.6 aan te haal, met die oog op wat later in hierdie uitspraak volg. Die aanhalings hieronder is 'n weergawe van die bepalings net soos hulle in die oorkonde voorkom, sonder enige verbetering van tekstuele of tikfoute (met 'n enkele uitsondering, waarop ek nie hoef in te gaan nie):
13.
"12.2 Indien die Kredietopnemer:
versuim om enige ander voorwaardes, bedinge en/of verpligtinge van hierdie Ooreenkoms wat die kredietopnemer bind, na te kom of uit te voer; of
dan, en indien enige van hierdie gebeure plaasvind, is die Kredietgewer na sy keuse en sonder benadeling van enigte ander regte, geregtig om:
12.2.1 onmiddellik betaling van alle bedrae, betaalbaar ingevolge hiervan, op te eis ongeag of sulke bedrae dan bétaalbaar sal wees aldan nie; of 12.2.2 onmiddellik hierdie Ooreenkoms te beëindig, die Goedere terug te neem, alle betalings te be-hou wat alreeds ingevolge hier-van deur die Kredietopnemer ge-doen is, en as gelikwideerde skadevergoeding betaling te eis van die verskil tussen die uit-staande balans en die hoogste van die getakseerde waarde of die herverkoopwaarde van die Goedere soos ingevolge klousule 12.3 vasgestel. Ingeval van beëindiging sal die Krediet-opnemer verplig wees om die Goedere op sy eie risiko en koste aan die Kredietgewer terug te besorg by sodanige adres as wat die Kredietgewer mag aanwys.
14.
12.3 Indien dit sou nodig word om die waarde van die Goedere ingevolge hierdie Oor-eenkoms te bepaal, word sodanige waarde op die koste van die Kredietopnemer vasgestel deur 'n waardeerder, aangestel deur die Kredietgewer welke waardasie finaal en bindend op die Kredietopnemer sal wees, indien die Kredietgewer daar-na die Goedere verkoop of verhuur op voorwaarde wat die Kredietgewer in sy uitsluitlike diskresie redelik ag, teen 'n bedrag hoër as die waardasie, finan-sieringskoste uitgesluit word die prys waarteen die Goedere aldus verkoop of verhuur word, minus enige uitgawes ge-noem in 18.2, geag as die waarde van die Goedere te wees.
18.2 Verder is alle koste en uitgawes in-sluitende regskoste op die prokureur-kliëntskaal, deur die Kredietgewer aan-gegaan om besit van die Goedere te kry, of die Kredietopnemer op te spoor en/of die Goedere op te spoor en die Goedere te verkoop, om alle of enige bedrae wat ingevolge hiervan of andersins deur die Kredietopnemer aan die Kredietgewer be-taalbaar is, in te vorder of te probeer invorder, en alle invorderingskommis-sies, aftakelings- en verwyderingskoste en alle ander gelde en koste van 'n dergelike aard, vir die rekening van die Kredietopnemer en betaalbaar aan die Kredietgewer soos en wanneer dit aangegaan word.
15.
6.6 'n Sertifikaat onder die hand van enige Bestuurder van die Kredietgewer, wie se status nie bewys hoef te word nie, is op sigself voldoende bewys van die Kredietopnemer se verskuldigheid op enige wesenlike stadium van hierdie Ooreenkoms. Sodanige sertifikaat kan deur die Kredietgewer gebruik word vir die doel om vonnis, voorlopige of sum-miere vonnis of enige ander bevel of regshulp teen die Kredietopnemer te verkry."
Uit klousule 12.2.2 is dit duidelik dat, in
die geval waar die appellant sy reg sou uitoefen om opgrond van die eerste respondent se kontrakbreuk diekontrak te kanselleer en die verkoopte artikel inherbesit te verkry, soos inderdaad hier gebeur het,daar twee verdere regte ten gunste van die appellantbeding word. Vir gemak van terugverwysing identifiseerek hierdie twee regte van die appellant soos volg:
1. reg A: om alle betalings te behou wat die
eerste respondent ingevolge die kontrakgedoen het voor die kansellasie daarvan
16.
2. reg B: om betaling te eis van gelikwideerde skadevergoeding, die bedrag waarvan be-reken word op die wyse vermeld in klou-sule 12.2.2, met verwysing na klousule 12.3 en klousule 18.2; in die geval waar die laaigraaf herverkoop word vir
'n hoër bedrag as die waardasie daarvan,
behels die berekening die verskil tus-
sen die uitstaande balans wat die
eerste respondent verskuldig is volgens
die kontrak, en die herverkoopprys van die laaigraaf, na aftrekking van, onder meer, die koste en uitgawes deur die appellant aangegaan om die besit daar-van te verkry, om die eerste respondent of die laaigraaf op te spoor, om die laaigraaf te verkoop, asook verwyder-ingskoste en alle ander gelde en koste van h dergelike aard.
17.
Vervolgens kan die Wet op Strafbedinge in
oënskou geneem word. Die tersaaklike bepalings daarvanlui soos volg:
"1. (1) 'n Beding, hieronder 'n strafbeding genoem, waarby bepaal word dat iemand weens h doen of late in stryd met 'n kontraktuele verpligting, aanspreeklik is om ten bate van 'n ander persoon, hieronder 'n skuldeiser genoem, 'n geldsom te betaal of enigiets te lewer of te presteer, hetsy by wyse van straf of as gelikwideerde skade-vergoeding, kan, behoudens die bepalings van hierdie Wet, in 'n bevoegde hof afgedwing word. (2) 'n Bedrag vir die betaling of enigiets vir die lewering of prestering waarvan iemahd aldus aanspreeklik mag word, word in hierdie Wet h strafbedrag genoem. 2. (1) 'n Skuldeiser is nie geregtig om ten opsigte van 'n doen of late wat die onderwerp van 'n strafbeding is, beide die strafbedrag en skadevergoeding, of, behalwe waar die betrokke kontrak uitdruklik aldus bepaal, skadevergoeding in plaas van die strafbedrag te verhaal nie.
(2)
3. Indien dit by die verhoor van h eis om h strafbedrag vir die hof blyk dat daardie bedrag buite verhouding is tot die nadeel deur die skuldeiser gely weens die doen of
18.
late ten opsigte waarvan die straf beding is, kan die hof die strafbedrag verminder in die mate wat hy onder die omstandighede billik ag: 4. 'n Beding waarby bepaal word dat waar 'n party by 'n ooreenkoms hom onder daarin gemelde omstandighede daaraan onttrek, 'n ander party daarby die reg verbeur om restitusie te eis ten opsigte van enigiets wat hy ingevolge die ooreenkoms gepresteer het, of ondanks die onttrekking aanspreeklik bly om enigiets daaronder te presteer, geld in die mate en onderworpe aan die voorwaardes in artikels een tot en met drie yoorgeskryf, asof dit 'n strafbeding is." As die bepalings van die Wet nou in verband
gebring word met die bepalings van die kontrak, dan istwee gevolgtrekkings onmiddellik duidelik. Die eersteis dat die appellant se reg A ontleen word aan 'n bedingwat klaarblyklik val binne die bestek van diebewoording van artikel 4 van die Wet, naamlik 'n bedingwat bepaal dat, waar die appellant hom aan die kontrakonttrek weens die kontrakbreuk van die eerste
respondent, soos gemeld in die kontrak, die eerste
respondent die reg verbeur om restitusie te eis ten19. opsigte van alle betalings wat hy ingevolge die kontrak gepresteer het. Die tweede is dat die appellant se reg B voortspruit uit 'n beding wat klaarblyklik val binne die bestek van die bewoording van artikel 1(1) van die Wet, naamlik 'n beding wat bepaal dat die eerste respondent weens sy kontrakbreuk aanspreeklik is om ten bate van die appellant 'n geldsom te betaal as gelikwideerde skadevergoeding.
Uit die voorgaande volg dit verder, ewe
duidelik, dat die appellant se regte A en B voortspruit
uit 'n beding wat, op die oog af beskou, 'n strafbeding is volgens die Wet, en wat dus afgedwing kan word "in 'n bevoegde hof", soos dit in artikel 1(1) gestel word, onderhewig aan die moontlikheid van 'n vermindering van "die strafbedrag" deur die hof, ingevolge die bepalings van artikel 3 van die Wet. Ek verwys na "'n strafbeding" in die enkelvoud, omdat dit my voorkom dat die kontraksbepalings waaruit regte A en B voortspruit, een strafbeding daarstel wat twee bestanddele behels,
20.
naamlik die verbeuring van reeds betaalde paaiemente en die betaling van gelikwideerde skadevergoeding. Dit kan egter geen verskil maak aan die regsposisie as 'n mens die kontraksbepalings sou beskou as bevattende twee strafbedinge wat regte A en B skep nie. Gesamentlik of afsonderlik behandel, val die betrokke bepalings van die kontrak binne die bewoording van dieWet en is die strafbedrag of strafbedrae dienooreen-
komstig verhaalbaar.
Daar is nog 'n aspek van die Wet wat heeltemal
duidelik is, en wat beklemtoon moet word. Dit hetbetrekking op die bepalings van artikel 2(1), wat dieverloop' van die saak in die Hof a quo beduiwel het.Daar kan vanselfsprekend geen twyfel wees nie dat die
"skadevergoeding" waarna in artikel 2(1) verwys word,geen betrekking kan hê op die "gelikwideerde
skadevergoeding" wat in artikel 1(1) vermeld word nie.Die "gelikwideerde skadevergoeding" van artikel 1(1)
is, volgens artikel 1(2), 'n "strafbedrag", terwyl
21.
artikel 2(1) betrekking het op die verhaal van skade-vergoeding sowel as, of in plaas van, "die strafbedrag". Die "skadevergoeding" waarop artikel 2 (1) slaan, moet dus noodwendig skadevergoeding wees wat
val buite die bestek van 'n strafbeding wat 'n strafbedrag bepaal in die vorm van gelikwideerde
skadevergoeding. Die gevolg hiervan, metdie oog op
die huidige saak, is belangrik: binne die raamwerk van
die afdwinging van die appellant se regte A en B, assodanig, bestaan daar hoegenaamd geen ruimte vir die
toepassing van artikel 2(1) nie.
Teen die voorgaande agtergrond moet daar
vervolgens gekyk word na die wyse waarop die appellantse eis in sy besonderhede van vordering uiteengesit is.Die tersaaklike bewerings is die volgende. Inparagraaf 4.1 word die sluiting van die kontrak beweer
(genoem 'n "instalment sale agreement") waarvolgens die
laaigraaf (genoem "the goods") verkoop is. In
paragraaf 4.2 sê die appellant dat 'n afskrif van die
22.
kontrak aangeheg word, gemerk "A"; die bepalings van die kontrak is dus in effek by die besonderhede van vordering ingelyf. Paragraaf 4.3 lui dan soos volg: "4.3 In terms of the instalment sale agreement:
4.3.1 the first defendant undertook to pay the total purchase price of R97 116,00 by way of a deposit of R15 000,00 and 36 monthly instalments of R2 281,00 each, the first of which was payable on the 26th August 1983 and the remaining instalments on the same day of each succeeding month; 4.3.2 notwithstanding delivery, ownership of the goods would not pass to the first defendant unless and until the pur-chase price had been paid in full; 4.3.3 in the event of the first defendant defaulting in the punctual payment of any instalment, the plaintiff would have the right to cancel the agreement, to obtain possession of the goods, to retain all payments made by the first defendant and to claim as liquidated damages the difference between the outstanding balance and the greater of the appraised and resale values of the goods; 4.3.4 in the event of it being necessary to determine the value of the goods, such value shall be determined by an
23.
appraiser appointed by the plaintiff, whose appraisal would be final and binding on the first defendant;
4.3.5 a certificate signed by any manager of the plaintiff, whose status and appointment need not be proved, would be sufficient proof of the first defendant's indebtedness at any material stage."
In paragrawe 5, 6 en 7 word beweer dat "the goods" aan
die eerste respondent gelewer is, dat hy die deposito
betaal het van R15 000,00 en daarna /maandelikse
paaiemente tot in Maart 1984 ten bedrae van R18 258,00,waarna hy in gebreke gebly het om enige verdere bedraete betaal, en dat die kontrak op 4 Desember 1984gekanselleer is. Die besonderhede van vordering luivoorts soos volg:
"8.1 The goods were duly returned to the plaintiff and were valued on the 4th January 1985 by an appraiser appointed by the plaintiff in terms of the instalment sale agreement at R40 000,00 at a cost of R50,00. 8.2 A copy of the affidavit of the said appraiser is annexed hereto, marked "C".
8.3 The goods were subsequently resold for
24.
R61 000,00. 8.4 Apart from the cost of the appraisal, the plaintiff disbursed amounts totalling R12 838,60 in recovering and repairing the goods to enable the goods to be sold at the aforementioned price. 9. In consequence of the first defendant's aforesaid breach of contract, the plaintiff has suffered damages calculated as follows: Total purchase price R97 116,00 Less deposit paid R15 000,00 Less instalments paid 18 258,00 Less value of goods 61 000,00 Add back costs of recovery
and repair 12 838,60
Add back cost of appraisal 50,00
Less reduction of finance chargesto which the first defendantis entitled, calculated as at4 December 1984 6 452,16
TOTAL R9 294,44
10. A certificate in terms of clause 6.6 of the instalment sale agreement reflecting the first defendant's indebtedness to the plaintiff is annexed hereto, marked "D"."
Uit 'n beskouing van die bewerings hierbo aangehaal, blyk dit onteenseglik dat die appellant se
25.
eis, soos dit geformuleer is, 'n eis was ter afdwinging van regte A en B, albei waarvan pertinent aangevoer word in paragraaf 4.3.3. Die eis was presies gegrond op die bepalings van die kontrak wat die strafbeding daargestel het, soos hierbo verduidelik is. Die afdwinging van reg A blyk uit die feit dat daar geen aanbod is om bedrae wat deur die eerste respondent ingevolge die kontrak betaal is, terug te betaal nie, maar dat daardie bedrae in verrekening gebring word in die tweede en derde items van die saméstelling van die bedrag van die eis in paragraaf 9. Die afdwinging van reg B blyk ten duidelikste uit die bewerings vervat in paragraaf 8, wat geen sin kan hê anders as in die verband van die afdwinging van reg B nie. Daarbenewens pas die metode van berekening van die gevorderde bedrag, soos uiteengesit in paragraaf 9, volkome in by die afdwinging van reg B.
Daar is twee bewerings in die besonderhede
26. van vordering wat denkbaar twyfel sou kon skep oor die aard van die appellant se eis, maar dit is slegs die geval by 'n oppervlakkige beskouing daarvan; by nadere beskouing skep dit geen probleme nie. Die eerste is die bewering in paragraaf 8.4 dat die appellant uitgawes aangegaan het, onder meer ten opsigte van"repairing the goods to enable the goods to be sold at
the aforementioned price". In klousule 18.2 van die
kontrak (hierbo aangehaal) is daar geen melding van die
koste van herstelwerk nie, met of sonder verwysing na h
bepaalde herverkoopprys wat behaal word. Die gemelde bewering kan egter nie beskou word as aanduidend van 'n bedoeling om die eis buitekant die perke van reg B te laat gaan nie. Volgens klousule 12.3 word daar van die herverkoopprys die uitgawes afgetrek wat genoem word in klousule 18.2, en volgens laasgenoemde klousule sluit dit in "alle ... uitgawes ... deur die Kredietgewer aangegaan om ... die Goedere te verkoop....". In hierdie samehang dra die woordjie
27.
"om" die sin van "met die doel" ("in order to"), en op daardie grondslag val herstelwerk om die artikel in 'n verkoopbare toestand te bring klaarblyklik binne die omvang van die uitgawes waarop klousule 18.2 betrekking het. Die grondliggende bewering van paragraaf 8.4 van die besonderhede van vordering is dat uitgawes aangegaan is om die laaigraaf te verkoop, en dievoortborduring op daardie bewering deur die byvoegingvan die woorde "enable" en "at the aforementioned price" kan daaraan geen afbreuk doen nie.Die tweedé bewering is dié in paragraaf 9, dat "the plaintiff has suffered damages calculated as follows...". Met die eerste oogopslag kan dit lyk asof die appellant hier 'n eisoorsaak wou stel anders as, en buiteom, die kontraktueel bedonge regte A en B, maar dit kos net 'n oomblik se nadenke om te besef dat hierdie bewering nie die uitwerking kan hê dat die appellant se eis verder gaan of iets anders is as 'n eis wat steeds gebaseer is op die bepalings van die
28.
strafbeding en die regte A en B wat daaruit voortspruitnie. Wat laasgenoemde eis betref, is die gemelde bewering ontbeerlik en oorbodig. As die bewering datdie appellant skade gely het soos dit bereken word in paragraaf 9 nie gemaak was nie, as daar byvoorbeeld slegs beweer is: "the plaintiff is entitled to paymentof an amount calculated as follows ...", dan sou die
besonderhede van vordering nog 'n volledige en geldige
eisoorsaak bevat het, gegrond op die strafbeding en
regte A en B. Dit is geen ongewone verskynsel nie dat'n eiser in die uiteensetting van sy eis bewerings maakwat onnodig is vir die formulering van 'n geldigeeisoorsaak en dat sodanige bewerings hom nie benadeelnie. In die huidige geval kan die appellant sebewering dat hy skade gely het soos uiteengesit homnie benadeel nie, omdat die wyse van berekening van diegevorderde bedrag presies val binne die kader van die
strafbeding en regte A en B soos aangevoer in die
besonderhede van vordering. (Die laaste item in die
29.
berekening, waarvolgens aan die eerste respondent krediet verleen word ten opsigte van die vermindering van finansieringskoste, spruit voort uit iets wat irrelevant is tot die huidige bespreking (die bepalings van die Woekerwet 73 van 1968) en dit kan buite beskouing gelaat word.) Les bes, vir sover die verwysing na die skade wat gely is in paragraaf 9 die indruk kan skep dat die appellant "skadevergoeding" wou geëis het, is dit volkome duidelik uit die berekening van die gevorderde bedrag dat die appellant in der waarheid niks anders geëis het as juis die "gelikwideerde skadevergoeding" soos bepaal in die strafbeding nie, en dat hy dus inderdaad geen bedrag geëis het bo en behalwe, of in plaas van, die totale strafbedrag wat bepaal is in die strafbeding nie.Uit die voorgaande bespreking volg dit vanself dat artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge nie van toepassing gemaak kon word op die appellant se eis nie, en dat die beslissing van die Hof a guo oor30. die hoofpunt verkeerd was.Om nou terug te kom op die verloop van die saak in die Hof a quo: wat die saak daar laat ontspoor het, was klaarblyklik die bewering in paragraaf 9 van die appellant se besonderhede van vordering wat ek hierbo bespreek het, naamlik dat die appellant skadegely het soos uiteengesit. Toe die Verhoorregtertydens die beredenering van die saak teenoor die advokate die vraag geopper het of die appellant se eis nie onafdwingbaar was nie vanweë die bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge, moes hy in gedagte gehad het dat die appellant se eis 'n eis om skadevergoeding kon wees van die aard wat beoog word in artikel 2(1) van die Wet. Die reaksie van die advokate van albei kante daarop, soos blyk uit hulle skriftelike betoë destyds, was om te aanvaar dat die appellant inderdaad skadevergoeding geëis het soos bedoel word in artikel 2(1), en die Verhoorregter se uitspraak berus op dieselfde grondslag. Soos hopelik sal blyk uit wat31. ek reeds hierbo gesê het, was daardie uitgangspunt verkeerd. Dit is daarom streng gesproke onnodig om in te gaan op enige verdere aspekte van die betoë oor dïe die hoofpunt en die Verhoorregter se bevindings dienaangaande. Ek ag dit nietemin gerade, ten einde moontlike misverstand ten opsigte van die uitwerking van hierdie uitspraak te vermy, om kortliks na enkele verdere aspekte van die benadering tot die hoofpunt in die Hof a quo te verwys.Daar is skynbaar in die Hof a guo allerweë aanvaar dat 'n hof in die algemeen bevoeg is (en miskien selfs verplig) om mero motu te oorweeg of 'n eiser se eis om skadevergoeding strydig is met die bepalings van artikel 2(1 ) van die Wet op Strafbedinge, en, indien bevind sou word dat dit wel die geval is, dan mero motu te weier om die eis af te dwing, selfs waar die verweerder geen verweer in dier voege in sy pleitstukke geopper het nie. Ek het bedenkings daaroor of so 'n benadering korrek is, ten minste in die geval van h
32.
bestrede aksie (die posisie in onbestrede aksies, soos waar vonnis by verstek aangevra word, laat ek buite beskouing). 'n Hof sal wel mero motu weier om 'n onwettigheid af te dwing, as daar aan sekere vereistes voldoen word (kyk bv Yannakou v Apollo Club 1974 (1) SA 614 (A) op 623 H), maar 'n eis om skadevergoeding
strydig met artikel 2(1) van hierdie Wet kan nouliks
beskou word as 'n onwettigheid. Al wat dïe artikel
bepaal, is dat 'n skuldeiser nie "geregtig" is om
skadevergoeding te verhaal bykomstig tot, of in plaasvan, 'n strafbedrág nie (in die een geval, tensy diekontrak uitdruklik aldus bepaal). Die artikel verskaf
in die gegewe omstandighede aan 'n skuldenaar 'n verweerwat hy kan opper, maar as hy dit nie doen nie, of niewil doen nie (byvoorbeeld waar die bedrag van die
skadevergoeding wat geëis word minder is as die
strafbedrag), dan mag dit wel wees dat die hof geen
rede het om hom uit eie beweging te bemoei met die
artikel nie. Die bewoording van hierdie artikel kan33. gekontrasteer word met die andersluidende bewoording van bepalings soos dié van artikels 2(1), (2) en (3) en 5(2) van die Woekerwet, waar ander oorwegings denkbaar kan geld. Daarteenoor kan artikel 2(1) vergelyk word met artikel 3 van die Wet op Strafbedinge, ten aansien waarvan dit duidelik is dat 'n hof in 'n bestrede saaknie ongevraagd 'n vermindering van die strafbedrag sal
oorweeg nie - die verweerder moet die grondslag van h
vermindering beweer en bewys (Smit v Bester 1977 (4) SA
937 (A) op 942 D-G; Magna Alloys and Research (SA)
(Pty) Ltd v Ellis [1984] ZASCA 116; 1984 (4) SA 874 (A) op 906 D-I en 908 C-D; Chrysafis and Others v Katsapas 1988 (4) SA 818 (A) op 828 I). 'n Soortgelyke benadering tot artikel 2(1) sou bes moontlik vanpas wees. Soos die saak egter in die Verhoorhof verloop het, is daar nie namens die appellant beswaar gemaak daarteen dat die hoofpunt in oorweging geneem word sonder dat die respondente hulle verweerskrif gewysig het nie, en het die appellant in effek met die respondente in geding getree ten opsigte34. van die meriete daarvan. Die uitslag van die huidige appèl is ten gunste van die appellant, ten opsigte van die hoofpunt. In hierdie omstandighede is dit nie vir my nodig om 'n finale mening uit te spreek oor die wyse waarop die toepaslikheid van artikel 2(1) in die Hof a quo te berde gebring en gehanteer is nie. Die opmerkings wat ek daaroor gemaak het, het slegs ten doel om te verseker dat hierdie uitspraak,nie beskou
word as 'n stilswyende goedkeuring van die prosedure wat
in die Hof a guo gevolg is nie.
Namens die appellant is daar op verskeie gronde aangevoer dat die Wet op Strafbedinge in sy geheel nie op die appellant se eis toepaslik is nie (dit is gedoen - nogal ironies, dink ek - in 'n poging om weg te kom van die verkeerdelik vermeende gevaar wat daar vir die appellant in artikel 2(1) van die Wet sou gelê het). Een van die argumente wat geopper is, was dat die kontrak tussen die appellant en die eerste respondent 'n krediettransaksie was wat onderhewig was35. aan die bepalings van die Woekerwet, en dat die Wet op Strafbedinge nie op so 'n kontrak van toepassing is nie. Die Verhoorregter het hierdie argument in sy uitspraak behandel en bevind dat die kontrak wel onderhewig was aan die bepalings van die Woekerwet, maar dat dit nie die toepaslikheid daarop van die Wet op Strafbedingeuitgeskakel het nie. Terloops kan ek daarop wys dat
die Verhoorregter ter ondersteuning van laasgemelde
bevinding nie verwys het na die bepalings van artikel 9 A van die Woekerwet nie, klaarblyklik omdat sy aandag nie daarop gevestig was nie. Hoe dit ook al sy, ek spreek geen mening uit oor die Verhoorregter se beslissing op hierdie punt nie. Ek noem die aangeleentheid slegs om aan te toon dat die toepaslikheid en die bepalings van die Woekerwet wel ondersoek en aangespreek was in die betoë van die advokate in die Hof a guo, en in die uitspraak van die Verhoorregter behandel is. Dit is teen hierdie agtergrond dat ek daarop moet wys dat daar in die appèl36. voor hierdie Hof namens die respondente nie gesteun is op die bepalings van die Woekerwet om in enige opsig die appellant se eis die hoof te probeer bied nie. Tydens die beredenering van die appèl is die respon-dente se advokaat pertinent gevra of die respondente enige steun wil plaas op die bepalings van artikel 5(2) van die Woekerwet, waarop die antwoord ontkennend was. Die Woekerwet kan dus verder buite rekening gelaat word.'n Ander grond waarop daar namens die appellant aangevoer is dat die Wet op Strafbedinge nie op die kontrak van toepassing is nie, is dat die betrokke bepalings van die kontrak nie in terrorem ingevoeg is nie en dus nie 'n strafbeding uitmaak soos in die Wet beoog word nie. Dié betoog is deur die Verhoorregter verwerp. Dit is nie vir my nodig om 'n standpunt hieroor in te neem nie, en ek doen dit ook nie, maar ek wil nie hê dat my stilswye beskou word as 'n aanvaarding van die gedagte dat die bestaan van 'n37. bedoeling in terrorem altyd, of in die huidige samehang, 'n voorvereiste is vir 'n beding om te kwalifiseer as 'n strafbeding binne die bestek van die Wet nie. Daar is natuurlik gevalle waar dit nodig is om vas te stel of 'n bepaalde beding beoog was om 'n uitwerking in terrorem te hê, soos blyk uit die beslissings van hierdie Hof waarop daar namens die appellant gesteun is (Da Mata v Otto N 0 1972 (3) SA 858 (A) op 878G-879C; De Pinto and Another v Rensea Investments (Pty) Ltd 1977 (2) SA 1000 op 1007 A-H; Tamarillo (Pty) Ltd v B N Aitken (Pty) Ltd 1982 (1) SA 398 (A) op 438C-H). Sonder om op besonderhede in te gaan, kom dit my egter voor dat die feitelike situasies wat ter sprake was in die genoemde sake onderskei kan word van die omstandighede van die huidige saak. Die appellant se reg B, om gelikwideerde skadevergoeding te. eis, berus klaarblyklik op 'n egte vooruitberaming van skade, waarby geen element in terrorem inbegrepe is nie, maar wat tog as 'n strafbeding geld kragtens
38.
artikel 1(1) van die Wet; en aangesien daardie artikel die onderskeid tussen 'n straf en gelikwideerde skadevergoeding afgeskaf het, terwyl artikel 4 aan die verbeuringsbeding waaruit die appellant se reg A voortspruit (soos dit hier gekoppel is aan reg B) die gelding van 'n strafbeding toeskryf, skyn dit weinig sinte hê om nog aandag te skenk aan die in terrorem-element met betrekking tot die onderhawige beding as 'n geheel.In die loop van sy uitspraak, en in verband met sy verwerping van die betoog namens die appellant dat die Wet op Strafbedinge nie op die onderhawige kontrak van toepassing is nie, het die Verhoorregter die stelling kwytgeraak dat, indien die Wet op Strafbedinge nie van toepassing sou wees nie, die strafbeding waarop die appellant se eis berus, in ieder geval nie afdwingbaar sou gewees het nie, met 'n sydelingse verwysing na die regsposisie soos dit gegeld het voor die aanname van die Wet op Strafbedinge. Na
39.
my mening, met eerbied teenoor die Verhoorregter, is hierdie stelling van hom irrelevant en hoef dit dus nie in oorweging geneem te word nie. Ek sê dit om die volgende redes. Soos vroeer vermeld, het die respon-dente in hulle verweerskrif die kontrak tussen die appellant en die eerste respondent erken, en die appellant se bewerings met betrekking , tot die gevorderde bedrag en die respondente se aanspreeklikheid ten opsigte daarvan in algemene terme in geskil geplaas. Die erkenning van die kontrak het 'n erkenning behels van die grondliggende bepalings daarvan wat die strafbeding uitgemaak het en waarop die appellant se eis berus het, soos aangevoer in paragraaf 4.3.3 van die besonderhede van vordering. Wat betref die ontkenning in algemene terme, het die respondente ten opsigte van paragraaf 8 van die besonderhede van vordering gepleit dat hulle geen persoonlike kennis dra van die inhoud daarvan nie, en dat hulle dit nie erken nie en bewys daarvan verg. Met betrekking tot
40.
paragraaf 9 van die besonderhede van vordering, het die respondente die eerste drie bedrae genoem in die appellant se berekening erken, beweer dat die laaste bedrag (die krediet ten opsigte van finansieringskoste) verhoog moes word tot R11 381,27, en origens sonder meer elke bewering in paragraaf 9 ontken "asof spesifiek weerlê", en bewys daarvan geverg. Daar is geen suggestie in die verweerskrif van enige verweer wat berus op die ongeldigheid of onafdwingbaarheid, regtens gesproke, van die kontraksbepalings wat aangevoer word in paragraaf 4.3.3 van die besonderhede van vordering of van die appellant se regte daaruit voortspruitend nie. Volgens die pleitstukke was die afdwingbaarheid van die strafbeding geen deel van die geskilpunte tussen die partye nie. As gevolg van die Verhoorregter se optrede het die afdwingbaarheid van die appellant se eis wel 'n geskilpunt geword, maar slegs in die samehang van die bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge. As dit nou blyk,41 . soos ek bevind het, dat die appellant se eis nie op daardie grond onafdwingbaar is nie, dan is dit nog steeds geen deel van die geskilpunte tussen die partye dat die strafbeding op enige ander grond, afgesien van die Wet op Strafbedinge, regtens onafdwingbaar is nie. Dit word bevestig deur die feit dat daar nie namens die respondente aangevoer is, òf in die Hof a quo òf op appèl in hierdie Hof, dat die strafbeding onafdwingbaar sou wees as die Wet op Strafbedinge nie daarop van toepassing sou wees nie. Die punt ontstaan eenvoudig nie vir oorweging nie. Dit is dan ook op daardie grondslag dat ek dit hierbo onnodig gevind het om 'n standpunt in te neem oor die vraag of die Wet op Strafbedinge van toepassing is op die kontrak al dan nie.Verder moet ek daarop wys dat die Verhoorregter in sy uitspraak aangedui het dat hy nie saamstem nie met die beredenering wat gevolg is in die sake De Lanqe v Deeb 1970 (1) SA 561 (O) en Tierfontein
42.
Boerdery (Edms) Bpk v Weber 1974 (3) SA 445 (C). In sy betoog in hierdie appèl het die appellant se advokaat ons verwys na die onlangse beslissing van hierdie Hof in Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd 1989 (3) SA 773 (A), waarin (op 795F-796H) die benadering in De Lange se saak goedgekeur is en daar met goedkeuring verwys is na die Tierfontein-saak, en aangevoer dat dit 'n volkome antwoord behels op die beslissing van die Hof a guo oor die hoofpunt. Maar volgens die uitleg wat ek hierbo geheg het aan die kontraksbepalings in die huidige saak, en aan die appellant se besonderhede van vordering, is sowel die onderhawige kontraksbepalings as die appellant se eis om "skadevergoeding" wesenlik verskillend in aard van die kontraksbepalings en die eise om skadevergoeding wat in die genoemde sake ter sprake was. Gevolglik gaan ek nie verder daarop in nie.
Daarmee is my bespreking van die hoofpunt afgehandel. Dit is nou nodig om aandag te skenk aan
43.
die ondergeskikte punte.
Soos vroeër genoem, is daar namens die
appellant met die aanvang van die verhoor te kennegegee dat die bedrag van die appellant se eis verminderword tot R8 643,37. Dit het saamgehang met dievervanging van die sertifikaat wat aanvanklik ingevolgeklousule 6.6 van die kontrak uitgereik is, waarnaverwys word in paragraaf 10 van die besonderhede vanvordering en wat die syfers bevat wat verskyn inparagraaf 9 van die besonderhede van vordering, deur 'nander sertifikaat wat kragtens klousule 6.6 uitgereik
is, en wat onderteken is deur ene Dos Santos. Hierin
sertifiseer Dos Santos soos volg:
"1. I am the acting manager of the Instalment Finance Department of the Bank of Lisbon and South Africa. 2. Barend Johannes Venter is presently indebted to The Bank of Lisbon and South Africa Ltd as follows: Total purchase price R97 116,00 Less deposit paid 15 000,00 Less instalments paid 18 258,00
44.
Less resale value of goods 61 000,00
Add back reasonable costs: Recovery costs R1 200,00 Recovery costs 691,56 Repair costs 10 947,04 Valuator costs 50,00
12 888,60 12 888,60 Less reduction of finance charges 7 103,23
total R8 643,37"
Die enigste wesenlike verskil tussen die
syfers in Dos Santos se sertifikaat en dié in paragraaf9 van die besonderhede van vordering is dat die laasteitem (die krediet ten opsigte van finansieringskoste)verhoog is van R6 452,16 tot R7 103,23, wat vir dieverskil in die totale verskuldigde bedrag verantwoorde-lik is. Die kredietbedrag van R7 103,23 is nie in diegedrang in hierdie appèl nie en dit behoef geen verdereaandag nie. Ook nie in geskil nie is die eerste drie
items (R97 116,00, R15 000,00 en R18 258,00) en die
item ten opsigte van die waardasiekoste (R50,00). Watwel in geskil is, is sekere aspekte van die oorblywende
items, na aanleiding van die Verhoorregter se
bevindings dienaangaande.
45.
Alvorens ek die afsonderlike geskilpunte behandel, is dit nodig om iets in die algemeen te sê oor die uitwerking van Dos Santos se sertifikaat. Dit is nie namens die respondente betwis dat sy sertifikaat in 'n formele sin behoorlik uitgereik is ingevolge klousule 6.6 van die kontrak nie. Gevolglik is die sertifikaat, kragtens klousule 6.6, "op sigself voldoende bewys", van die eerste respondent se "verskuldigheid" ingevolge die kontrak. Die presiese trefkrag van die uitdrukking "voldoende bewys", soos dit gebruik word in klousule 6.6, is nie vir my duidelik nie. Wat wel seker is, is dat die appellant, om mee te begin, niks meer hoef te doen as om net staat te maak op die sertifikaat ten einde die bedrag van sy eis te bewys nie, en dat, as daar geen verdere getuienis vorendag kom met betrekking tot die inhoud van die sertifikaat nie, die appellant geregtig sou wees op vonnis teen die eerste respondent ooreenkom-stig die sertifikaat. Die probleem ontstaan egter
46.
wanneer daar wel ander getuienis vorendag kom wat twyfel kan werp op die korrektheid van die inhoud van die sertifikaat. Daar is nie betoog namens die appellant dat getuienis nie toelaatbaar is om die inhoud van die sertifikaat te weerspreek nie. So 'n betoog is tereg nie geopper nie. "Voldoende bewys" beteken normaalweg nie dieselfde as "afdoende bewys" nie; alhoewel in 'n buitengewone samehang "voldoende" ("sufficient") moontlik dieselfde uitwerking kan hê as "afdoende" ("conclusive") (vgl die bespreking in Schmidt, Bewysreg (derde uitgawe) op 216-8, van die uitspraak in S v Seleke 1980 (3) SA 745 (A)), is ek oortuig daarvan dat dit nie die geval is met betrekking tot klousule 6.6 van die kontrak nie.Die vraag is dan op watter wyse getuienis ter weerspreking van die inhoud van die sertifikaat beoordeel moet word. Daar is sake waarin daar beslis is, ten opsigte van sekere statutêre bepalings, dat die uitdrukking "voldoende getuienis" die betekenis dra van47. "prima facie getuienis", en dat die uitdrukking "sufficient proof" gelykstaande is aan die begrip "prima facie proof" - kyk S A Army Fund v Umdloti Beach Health Committee 1974 (4) SA 948 (N) op 954D-H en S v Moroney 1978 (4) SA 389 (A) op 406D-H. Dit volg egter nie noodwendig dat die woorde "voldoende bewys" inklousule 6.6 nou juis op dieselfde wyse ve'rtolk moet
word nie. Die betekenis en uitwerking van so 'n
uitdrukking hang af van die samehang waarin ditvoorkom. In Senekal v Trust Bank of Africa Ltd 1978
(3) SA 375 (A) het die Hof te doen gehad met 'n kontrakwat, ten opsigte van 'n sertifikaat van dieselfde aardas waarmee ons in die huidige saak te doen het, bepaalhet dat die sertifikaat
"... shall be prima facie evidence of the
amount due by the debtor ...."
Ten aansien daarvan het MILLER AR die volgende gesê (op
382-3):
"At the end of the case, when all the evidence (which includes the certificate) is48.
in, the Court must decide whether the party upon whom the onus rests has discharged it on a proper balance of probabilities. As was pointed out by STRATFORD JA in Ex parte Minister of Justice : In re R v Jacobson and Levy 1931 AD 466 at 478:
' Prima facie evidence, in its more usual sense, is used to mean prima facie proof of an issue the burden of proving which is upon the party giving that evidence.'
If the prima facie evidence or próof remains unrebutted at the close of the case, it be-comes 'sufficient proof' of the fact or facts (on the issues with which it is concerned) necessarily to be established by the party bearing the onus of proof . ( Salmons v Jacoby 1939 AD 588 at 593.)"
Dit is opvallend dat MILLER AR, in teenstelling met
"prima facie evidence", die uitdrukking "sufficientproof" gebruik het om te verwys na 'n toestand van sakewaar 'n eiser hom van sy uiteindelike bewyslas gekwythet. Dit mag wees dat "voldoende bewys" in klousule6.6 'n ooreenstemmende sterker betekenis dra as "prima
facie bewys", ook in ag genome dat die laaste gedeeltevan die klousule wyd genoeg is om gevalle te omvat waar
daar weersprekende getuienis voor die hof geplaas word.
49.
Dit sou dan beteken dat klousule 6.6 nie slegs 'n weerleggingslas op die eerste respondent plaas nie, maar 'n bewyslas, met die gevolg dat hy die bewyskrag van die sertifikaat slegs sou kon neutraliseer deur op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat die inhoud van die sertifikaat verkeerd is.Die betekenis en effek van die uitdrukking "voldoende bewys" in klousule 6.6 is hie deur die advokate voor hierdie Hof beredeneer nie, en gevolglik sou ek verkies om nie 'n besliste mening uit te spreek oor die vrae hierbo geopper as dit nie nodig is om dit te doen nie. Inderdaad meen ek dat dit nie nodig is nie. Volgens my beskouing van die getuienis wat voor die Verhoorhof geplaas is, het die eerste respondent nie eers daarin geslaag om hom van 'n weerleggingslas te kwyt ten opsigte van die inhoud van die sertifikaat nie, ten spyte van die Verhoorregter se bevindings tot die teendeel. Ek sal dus bloot veronderstel, sonder om te beslis, dat "voldoende bewys" in klousule 6.6 nie50. meer beteken nie as "prima facie bewys", en dienooreenkomstig die benadering in die Senekal-saak supra op hierdie geval toepas.Die eerste betwiste item in Dos Santos se sertifikaat is die herverkoopwaarde van die laaigraaf, R61 000,00. Die Verhoorregter het bevind dat daar 'n verdere bedrag van R1 500,00 by hierdie bedrag gevoeg moes word. Die feite waarop sy bevinding berus het, is kortliks die volgende. Nadat die appellant die besit van die laaigraaf teruggekry het, is dit besorg aan 'n maatskappy, "Sherguip", om dit te herstel en om 'n koper daarvoor te probeer vind. Uiteindelik het Sherquip self die masjien van die appellant gekoop vir 'n bedrag van R61 000,00. Voordat dit gebeur het, het die laaigraaf beland by 'n ander maatskappy, "Quarry-Cats", wat dit vir 'n tyd lank gebruik het. Geen regstreekse getuienis is gelei aangaande die transaksie tussen Sherquip en Quarry-Cats nie, maar daar was drie dokumente voor die Verhoorhof wat daarop betrekking
51 .
gehad het, en wat deur die partye aanvaar is omdokumente te wees wat is wat dit voorgee om te wees,
sonder dat die inhoud daarvan erken is. Eerstens wasdaar 'n faktuur van Sherguip aan Quarry-Cats, gedateer18 September 1985, waarin 'n debietbedrag weerspieël
word van R4 100,00, synde R3 600,00 ten opsigte van die
huur van die laaigraaf van 27 Maart 1985 tot 9 Mei 1985
en vervoerkoste van R500,00. Tweedens was 'daar 'n brief
van Quarry-Cats aan Sherquip, gedateer 14 Oktober 1985,waarin daar met verwysing na die genoemde faktuur dievolgende gesê word:
"It is our policy to purchase new, so it was arranged with your Mr Cowley that your machine be on demonstration for a certain period and not on hire. The machine arrived on the 28th March 1985 and from the very next day we encountered numerous problems with the machine and because of this we informed your Mr Cowley on the 29th April 1985 that we were not interested in the machine. We hope this clarifies the matter and we await your credit note in due course."
Onderaan die brief is daar 'n handgeskrewe nota:52. "Settled for Rl 500". Derdens is daar 'n volgende faktuur van Sherquip aan Quarry-Cats, gedateer 20 November 1985, waarin 'n kredietbedrag van R2 600,00 weerspieël word "Being credit against hire of the above machine".Op grond van hierdie dokumente het die Ver-hoorregter bevind dat Sherquip waarskynlik aangedring het op betaling van die bedrag van R1 500,00, dat Quarry-Cats ingestem het om die bedrag te betaal by wyse van 'n skikking van 'n potensiële dispuut, dat Sherquip waarskynlik verplig was om die bedrag aan die appellant oor te betaal, en dat die appellant die bedrag sou ontvang het bykomstig tot die bedrag van R61 000,00, as deel van die opbrengs van Sherquip se poging om die laaigraaf te verkoop. Ek kan, met eerbied, nie met hierdie bevindings saamstem nie. Daar bestaan net nie enige toelaatbare getuienis met enige bewyswaarde ten opsigte van enige van die bevindings nie. Die dokumente kan na my oordeel tot niks meer53. aanleiding gee as blote bespiegeling nie, en gevolglik het dit dit nie weerleggingskrag met betrekking tot die prima facie uitwerking van die sertifikaat en die syfer van R61 000,00 wat daarin vervat is nie.Die tweede betwiste item is dié van terug-krygingskoste ten bedrae van R1 200,0. Die agtergrondtot hierdie item is die volgende. Twee amptenare vandie appellant het herbesit van die laaigráaf verkry op die plaas Doornkop, by Roodepoort, waar dit deur ene Holtzhausen gebruik is om sand te laai. Die appellant se amptenare het vir ongeveer 25 kilometer met die laaigraaf gery tot by 'n plek genaamd Triomf, waar die masjien gaan staan het en nie weer aan die gang gekry kon word nie. Die appellant het die hulp van Sherquip ingeroep. Sherquip se werktuigkundiges het herstel-werk aan die masjien gedoen waar hy gaan staan het, maar ten slotte moes die masjien ingesleep word na Sherquip se werkswinkel op Springs. Daar is omvangryke herstelwerk aan die masjien gedoen om dit in 'n werkende
54.
en verkoopbare toestand te bring. Sherquip se vergoeding vir die aanvanklike herstelwerk by Triomf en die insleep van die voertuig na Springs word weerspieël in die tweede item ten opsigte van "recovery costs" in Dos Santos se sertifikaat, ten bedrae van R691,56, terwyl die herstelkoste op Springs weergegee word in die syfer van R10 947,04 ten opsigte van "repair costs". Oor laasgenoemde twee items is daar getuienis gelei van werknemers van Sherquip. Oor die betwiste bedrag van R1 200,00, d w s die eerste item van "recovery costs" in die sertifikaat, het die appellant egter geen getuienis aangebied nie. Daar was slegs onder die bundel dokumente wat aan die Verhoorhof voorgelê is, 'n debietnota van die appellant aan die eerste respondent, met die inskrywing:"Repossession charges re IS/A/1 750/01 R1 200,00" maar die getuies van die appellant kon nie daarop enige verdere lig werp nie.
In sy uitspraak ten opsigte van hierdie item
55. het die Verhoorregter uitgewei oor die feit dat hy nie verstaan het wat die bedrag van R1 200,00 veronderstel was om te verteenwoordig nie, dat daar in die appellant se getuienis geen verduideliking daarvan aangebied was nie, in teenstelling met die ander bedrag van terug-krygingskoste (R691,56) en die bedrag van herstelkoste
(R10 947,04), en dat daar geen grondslag was waarop die
appellant die bedrag van R1 200,00 kon vorder nie,
tensy die sertifikaat van Dos Santos sodanige grondslagverskaf het. Wat dit betref, het die Verhoorregter dieuitwerking van die sertifikaat oorweeg, onder meer metverwysing na die Senekal-saak supra, en toe sy algemenegevolgtrekking, wat die verwerping van hierdie itemingesluit het, soos volg gestel:
"This Court is required to take cognisance of all evidence. On the totality of evidence, the certificate ' at the end of the day' and despite any placing of the onus of proof, leads to no different result, except in re-gard to the R50,00 for the valuation, than would have been appropriate if the certifi-cate had never been produced."
56. As die Verhoorregter hierdeur bedoel het om te bevind (soos dit my voorkom) dat die sertifikaat geen bewyswaarde gehad het ten opsigte van die bedrag van R1 200,00 nie, dan kan ek, met eerbied, nie met hom saamstem nie. Die juiste benadering is dat die sertifikaat (ten minste) prima facie bewys daargestel het dat die bedrag van R1 200,00 behoorlik in berekening gebring is met die bepaling van die eerste respondent se skuld teenoor die appellant, en dat daar beoordeel moes word of daar weerleggende getuienis was van genoegsame gewig om sodanige bewys te neutraliseer. Ter ondersteuning van die Verhoorregter se bevinding op hierdie punt, is daar namens die respondente verwys na die swak gehalte van die getuienis van Dos Santos, waarvan die Verhoorregter ook gewag gemaak het in sy beredenering. Onder kruisondervraging het Dos Santos erken dat hy self geen kennis gedra het van enige van die inskrywings in die sertifikaat nie, en dat hy bloot aanvaar het dat dit57. korrek was toe dit aan hom voorgelê is vir onderteken-ing. Dit het verder geblyk dat die sertifikaat opgestel was deur ene Sadie, 'n werknemer van die appellant, in samewerking met die advokaat wat namens die appellant opgetree het, en dat Dos Santos veronderstel het dat die inskrywings nagegaan is aandie hand van die appellant se grootboekkaart ten
opsigte van die eerste respondent se skuld. Op grond
van hierdie getuienis is daar aangevoer dat diebewyswaarde wat die sertifikaat andersins kon gehadhet, vernietig is, of in elk geval verminder is totfeitlik niks. Na my mening kan hierdie betoog nieopgaan nie. Volgens klousule 6.6 is die sertifikaat"op sigself" voldoende bewys van die eerste respondent
se skuld. Die oogmerk van die bepaling is klaarblyklikjuis om bewysprobleme in verbánd met inskrywings in die
appellant se rekeningboeke uit te skakel (vgl dieSenekal-saak op 381H-382A), en die feit dat die
ondertekenaar daarvan nie persoonlik kennis dra van die58. korrektheid van die items wat daarin vervat is nie, kan na my mening nie afbreuk doen aan die ooreengekome bewyskrag daarvan nie. Hoogstens kan daar gesê word dat, indien getuienis ter weerlegging van die inhoud van die sertifikaat vorendag gebring word, die onkundevan die ondertekenaar daarvan 'n negatiewe faktor is by
die beoordeling van die uiteindelike vraag of die
bewyslas aan die einde van die saak gekwyt is.Voorts is daar namens die respondente betoog dat die Verhoorregter tereg klem gelê het op die feit dat die appellant getuienis aangebied het ter bewys van die items van R691,56 en R10 947,04, maar nie ten opsigte van die item van R1 200,00 nie. Na my oordeel is daardie feit, op sigself staande beskou, van geen betekenis nie. Die appellant was nie geroepe om enige getuienis hoegenaamd aan te bied, bo en behalwe die sertifikaat nie, en dat hy dit wel gedoen het ten opsigte van sommige items (om watter rede ook al), kan geen nadelige afleiding teen hom regverdig ten opsigte
59.
van ander items nie; ten opsigte van laasgenoemde bly die bewyskrag van die sertifikaat op sigself staan. Maar dan was die betoog verder dat die getuienis wat wel voorgelê is, aandui dat dit onwaarskynlik is dat enige ander terugkrygingskoste aangegaan sou gewees het, aangesien die getuienis alles dek wat gedoen isvandat die laaigraaf by Triomf gaan staan het endaarna. Hierdie oorweging het by die Verhoorregter ook 'n rol gespeel. Met die eerste oogopslag skyn daar iets daarin te steek, maar na my oordeel verontagsaam dit ander aspekte van die getuienis, waarna ek nou kortliks sal verwys. Soos vroeër genoem is, het die eerste respondent geen paaiemente betaal na Maart 1984 nie. Uit die getuienis van die respondente se getuie, Holtzhausen, onder kruisondervraging, het dit geblyk dat hy die eerste respondent se "besigheid" (blykbaar die laai van sand) op 9 April 1984 "oorgeneem" het, en tesame daarmee ook die laaigraaf, wat hy daarna vir sy eie voordeel gebruik het. Eers op 4 Desember 1984 het60. die eerste respondent 'n dokument onderteken waarin hy ingestem het tot die kansellasie van die kontrak en die terugname van die laaigraaf deur die appellant. Oor wat daar tussen die appellant en die eerste respondent gebeur het in die tydperk van Maart tot Desember 1984 is daar geen getuienis gelei nie. Die eerste respondent self het nie getuienis afgelê nie en het geen getuienis aangebied aangaande die gebeure in die genoemde tydperk, of ter weerlegging van die gevorderde bedrag van R1 200,00 nie. Dit verg geen verbeelding om 'n mens in te dink dat die appellant in daardie tyd stappe sou gedoen het om die herbesit van die laaigraaf te probeer verkry nie. In die afwesigheid van enige getuienis, is dit goed moontlik dat die appellant regstappe teen die eerste respondent kon ingestel het om die besit van die laaigraaf te herwin. Om dus uit die getuienis van wat by Triomf en daarna gebeur het, te probeer aflei dat die appellant nie vóór daardie tyd terugkrygingskoste aangegaan het nie, kom my voor in 'n
61 .
hoë mate op blote bespiegeling te berus.Op die keper beskou, is my gevolgtrekking dat die getuienis wat buiteom die sertifikaat voor die Ver-hoorhof geplaas is, nie van genoegsame weerleggings-waarde was om die prima facie bewyskrag van die serti-
fikaat te ontsenu met betrekking tot die item van
R1 200,00 nie, en dat die Verhoorregter gevolglik
gefouteer het deur daardie bestanddeel van die
appellant se eis te verwerp.
Die oorblywende betwiste items het betrekking
op 'n paar afsonderlike bedrae wat deel uitmaak van dieterugkrygingskoste van R691,56 en die herstelkoste vanR10 947,04 wat in die sertifikaat vermeld word. Diebetwiste bedrae wissel in omvang van R25,00 totR837,78. Ek is nie van voorneme om die besonderhededaarvan te behandel nie. In die algemeen het dierespondente se advokaat die Verhoorregter se verwerping
van hierdie items probeer ondersteun op die grondslag
62.
dat die getuienis nie aangetoon het dat die betrokke onkoste meegebring is deur die toestand waarin die masjien verkeer het toe dit op Doornkop in herbesit geneem is nie, in teenstelling met wat daarna gebeur het. Daar is aangevoer dat die betrokke herstelwerk in sommige opsigte onnodig was om die laaigraaf verkoop te kry, en in ander opsigte veroorsaak is, of kon gewees het, deur die wyse waarop die appellant se eie ampte-nare die voertuig gehanteer het. Na my oordeel is die betoog onaanvaarbaar. Dit het berus op die getuienis van ene Kuhn, wat geroep is namens die appellant (hoe-kom, weet ons nie), en wat 'n werktuigkundige van Sherquip was wat met die masjien te doen gehad het nadat dit by Triomf gaan staan het. Kuhn het onder kruisondervraging enkele toegewings gemaak wat oënskynlik die respondente se saak bevoordeel het, maar hy het dit daarna in herverhoor weer ongedaan gemaak. In die geheel beskou, meen ek nie dat sy getuienis die appellant se saak noemenswaardig verswak het nie, as63. dit oorweeg word tesame met die prima facie bewyskrag van die sertifikaat. Die weerleggingslas van die eerste respondent is dus weer eens nie afgelos nie, en die Verhoorregter het gefouteer deur hierdie bestrede items te verwerp.
Die uiteindelike resultaat is dat die appel
moet slaag. Die appellant is geregtig op vonnis vir
die bedrag wat geeis is, teen die respondente gesament-
lik en afsonderlik, en, soos tereg toegegee is as ditdie uitslag sou wees, ook op die rente wat gevorder is.
Wat betref die koste van die saak in die Hof
a quo, is daar tereg nie aangevoer dat daar enige redebestaan om die appellant sy aanspraak op koste soostussen prokureur en kliënt te ontneem nie, soos bepaalword in die kontrak (vgl South African PermanentBuildinq Society v Powell and Others 1986 (1) SA 722
(A)). Die appellant is ook geregtig op die kostemeegebring deur die gebruikmaking van die dienste van
twee advokate ten opsigte van die opstelling van die
64.
skriftelike betoog aan die einde van die verhoor, na aanleiding van die punt wat die Verhoorregter geopper het. Wat die aansoek om wysiging betref, hoef daar slegs gesê te word dat die appellant geen wysiging nodig gehad het nie, dat die bevel ter weiering van die aansoek nie verander hoef te word nie, en dat dieappellant die verkwiste koste daaraan ver,bonde self
behoort te dra.
Wat betref die koste van die appèl, is daar.
geen rede om dit nie aan die appellant, as diesuksesvolle party, toe te ken nie. Die respondente hetdie hoofpunt as 'n verweersgrond aangegryp nadat ditdeur die Verhoorregter geopper is, en het deurgaansdaarmee volhard, en bowendien het hulle ook die appèlop al die ondergeskikte punte onsuksesvol bestry. Dieappellant se skriftelike betoogshoofde in hierdie Hof
is voorberei deur twee advokate, maar slegs die senioradvokaat het by die verhoor van die appèl opgetree.Daar was geen verduideliking waarom dit die geval was
65.
nie. In al die omstandighede is ek nie bereid om toete gee aan die versoek namens die appellant om dieskriftelike betoogshoofde afsonderlik te behandel endie koste van twee advokate ten opsigte daarvan toe telaat nie, en die versoek word dus geweier.
Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appèl word gehandhaaf, met koste,insluitende die koste van die aansoek om
verlof om te appelleer in die Hof a quo.
2. Paragraaf 2 van die bevel van die Hof aquo word tersyde gestel en vervang deur
die volgende bevel:
"2. Judgment is granted for the plaintiff against the defend-ants jointly and severally, for the payment of -
(a) the sum of R8 643,37; (b) interest on the said sum at the rate of 20% per annum from 5 December 1984 to date of payment; (c) the costs of suit on the attorney and client scale, including the costs of two counsel in
66.
respect of the prepara-tion-of written argument after the conclusion of the hearing, but exclud-ing the wasted costs occasioned by the appli-cation for an amendment which accompanied the said written argument, which latter costs are to be paid by the plain-tiff."
A.S. BOTHA AR
JOUBERT AR
HEFER AR STEM SAAM MILNE AR
KUMLEBEN AR