Barnard v Die Padongelukkefonds (3458/06) [2007] ZAECHC 58 (28 August 2007)
- Citation
- [2007] ZAECHC 58
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- High Courts - Eastern Cape
- Panel
- J C H Jansen
- Case number
- 3458/06
More details
- Court
- High Courts - Eastern Cape
- Panel
- J C H Jansen
- Case number
- 3458/06
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the insured driver was negligent in failing to keep a proper lookout for pedestrians and in executing an unlawful U-turn in contravention of traffic regulations. The plaintiff acted reasonably and could not have foreseen the insured driver's unlawful maneuver. There was no evidence of contributory negligence on the part of the plaintiff, as she had checked both directions and the road was clear at the time she began crossing. The sole cause of the accident and resulting damages was the insured driver's negligence.
Court disposition
Judgment for the plaintiff on the issue of negligence; costs reserved as agreed between the parties.
Orders
- It is declared that the insured driver's negligence was the sole cause of the plaintiff's damages.
- No finding of contributory negligence against the plaintiff.
- Costs are reserved for later determination.
02
Material facts
Parties
Natasha Barnard
Plaintiff Counsel: Adv N PatersonDie Padongelukkefonds
Defendant Counsel: Adv H van der Linde SC03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Merits Separated From Quantum; Decision on Negligence Only
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the insured driver was negligent in causing the collision with the plaintiff.
- 02
Whether the plaintiff was contributorily negligent in crossing the street.
- 03
Whether the insured driver's negligence was the sole cause of the plaintiff's damages.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff contended that the insured driver's negligence was the sole cause of her damages. She argued that she had taken all reasonable precautions before crossing the street, checking both directions and ensuring no vehicles were approaching. The plaintiff maintained that there was no foreseeable risk from the direction of the insured driver, and that she could not have anticipated a U-turn being made in contravention of traffic rules.
- Respondent
- The defendant argued that both the plaintiff and the insured driver were equally negligent. The defendant relied on case law to suggest that pedestrians have a duty to remain vigilant for unexpected traffic movements and that the plaintiff should have foreseen the possibility of a vehicle executing a U-turn from a parking area. The defendant submitted that the plaintiff failed to keep a proper lookout and contributed to the accident.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Silatsha v Santam Insurance Company Limited 1982 (2) SA 387 (A)
A driver must keep a proper lookout for pedestrians and avoid executing unlawful traffic maneuvers.
- 02
Olifant v Santam Versekeringsmaatskappy Beperk 1979 (2) SA 1148 (KPA)
Contributory negligence is assessed based on whether the plaintiff acted as a reasonable pedestrian would under the circumstances.
- 03
Swanepoel v Parity Insurance Company Limited 1963 (3) SA 819 (WLD)
The foreseeability test should not be stretched to require a pedestrian to anticipate unlawful conduct by drivers.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the insured driver was negligent in failing to keep a proper lookout for pedestrians and in executing an unlawful U-turn in contravention of traffic regulations. The plaintiff acted reasonably and could not have foreseen the insured driver's unlawful maneuver. There was no evidence of contributory negligence on the part of the plaintiff, as she had checked both directions and the road was clear at the time she began crossing. The sole cause of the accident and resulting damages was the insured driver's negligence.
Obiter and limits
- It would be unreasonable to expect pedestrians to anticipate unlawful traffic maneuvers by drivers when the road is otherwise clear.
- The facts of the cited cases are distinguishable from the present matter, as the plaintiff here acted with due care and attention.
Court disposition
Judgment for the plaintiff on the issue of negligence; costs reserved as agreed between the parties.
- It is declared that the insured driver's negligence was the sole cause of the plaintiff's damages.
- No finding of contributory negligence against the plaintiff.
- Costs are reserved for later determination.
Source and reliance status
High Courts - Eastern Cape
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
High Courts - Eastern Cape
Judgment
FORM A
FILING SHEET FOR EASTERN CAPE
JUDGMENT
NOT REPORTABLE ECJ no: 182
PARTIES:
NATASHA
BARNARD V DIE PADONGELUKKEFONDS
REFERENCE NUMBERS -
Registrar: 3458/06
Magistrate:
Supreme Court of Appeal/Constitutional Court:
DATE DELIVERED: 28 August 2007
JUDGE(S):
JANSEN J
LEGAL REPRESENTATIVES -
Appearances:
for the State/Applicant(s)/Appellant(s): ADV
N PATERSON
for the accused/respondent(s): ADV
H VAN DER LINDE SC
Instructing attorneys:
Applicant(s)/Appellant(s): VAN RHYN MINNAAR & CO INC
Respondent(s):
WILKE
WEISS VAN ROOYEN INC
CASE INFORMATION -
Nature of proceedings :
Topic:
Keywords:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(SUIDOOS KAAPSE PLAASLIKE AFDELING)
Saaknr.: 3458/06
Datum gelewer: 28/8/07
In die saak tussen:
NATASHA BARNARD Eiser
en
DIE PADONGELUKKEFONDS Verweerder
UITSPRAAK (NIE RAPPORTEERBAAR NIE)
JANSEN R:
Helder oordag, skuins voor tweeuur die middag van 19 Mei 2004 het ân botsing plaasgevind in Markstraat, Uitenhage tussen die eiseres, wat ân voetganger was, en die versekerde bestuurder, mnr Hendricks, wat in ân rooi Honda Ballade voertuig gery het. Die eiseres spreek die verweerder aan vir skade wat sy gelei het. Op versoek van die partye het ek ân bevel gemaak dat die meriete van die saak en die quantum van skade geskei word. Al wat op hierdie stadium deur my beslis moet word is die kwessie van nalatigheid. Dit is die eiseres se saak dat die versekerde bestuurder se nalatigheid die alleenoorsaak van die eiseres se skade was, terwyl die verweerder aan die hand doen dat beide die eiseres en die versekerde bestuurder tot gelyke mate nalatig was.
Die feite van die saak is nie in geskil nie. Die eiseres wou Markstraat kruis. Sy het die ryoppervlakte van die pad van tussen twee geparkeerde voertuie genader. Voordat sy op die ryoppervlakte beweeg het, het sy na regs gekyk. Daar was geen voertuig van regs van uit die rigting van Durbanweg nie. Dit was heeltemal veilig vir haar om die pad te begin kruis. Toe sy begin loop, het sy na links gekyk om seker te maak dat dit veilig vir haar was om die straat heeltemal te kruis en dat geen verkeer vanuit die rigting van Caledonstraat vir haar ân gevaar ingehou het nie. Ook op die verweerder se saak was daar op die stadium toe die eiseres begin het om die straat te kruis geen verkeer Ïf aan haar linker Ïf aan haar regter kant wat vir haar enige gevaar ingehou het nie. Toe die eiseres ongeveer in die middel van die vyf treë breë eerste baan van die straat gekom het, is sy deur die versekerde bestuurder in sy Honda raakgery. Die eiseres het glad nie die Honda gesien nie. Op die stadium toe sy getref is, was haar aandag gevestig op die linkerbaan.
Dit is gemeensaak dat die versekerde bestuurder aan die oorkant van die pad waarheen die eiseres gestap het in sy voertuig geklim het. Hy het sy voertuig aangeskakel en besluit om ân U-draai in Markstraat uit te voer ten einde terug te ry in die rigting van Caledonstraat vanwaar hy aanvanklik gekom het. Volgens mnr Hendricks het geen verkeer van agter gekom en ook geen verkeer van voor gekom nie, en hy het dit veilig geag om die U-draai te maak. Alhoewel hy bewus was van die feit dat Markstraat ân besige straat was wat deur voetgangers gekruis word, het hy erken dat hy glad nie gekyk het of enige voetgangers op daardie stadium in die straat was nie. Hy het slegs gekyk vir motorvoertuie, wat hy nie gesien het nie. Ook op die verweerder se weergawe was dit dus veilig vir die eiseres om die pad te kruis.
Volgens fotoâs en ân sketsplan wat van die toneel ingedien is was daar ân laaisone oorkant die pad van waar die eiseres die straat betree het. Volgens mnr Hendricks het hy nie op die laaisone geparkeer en daarvandan weggetrek nie, maar vanuit ân parkeerplek aan Durbanweg se kant van die laaisone. Dit volg dus dat hy die U-draai uitgevoer het regs van die eiseres soos sy die pad gekruis het, en duidelik op ân stadium nadat sy begin loop het en reeds na links gekyk het.
Mnr Hendricks het getuig dat hy glad nie die eiseres gesien het nie. Hy aanvaar dat hy haar met die regtervoorkant van sy voertuig getref het, wat die afleiding regverdig dat sy ten minste die helfte van die breedte van sy voertuig van links na regs al voor hom moes verby beweeg het. Daar kan geen twyfel bestaan nie dat mnr Hendricks se nalatigheid bo enige twyfel bewys is. Hy het nie behoorlik uitkyk gehou nie. Indien hy uitkyk gehou het sou hy gesien het dat die eiseres in die pad was en sou hy, indien hy ân redelike bestuurder was, nie die U-draai op daardie stadium uitgevoer het nie. Mnr van der Linde SC, namens die verweerder, het heeltemal tereg toegegee dat die versekerde bestuurder nalatig was. Hy het egter, soos hierbo genoem, aan die hand gedoen dat die eiseres bydraend nalatig was.
Mnr van der Linde het my na drie gerapporteerde sake verwys waarop hy staatgemaak het vir sy stelling dat die eiseres ook nalatig was. Die eerste was Silatsha v Santam Insurance Company Limited 1982 (2) SA 387 (A) waar ân botsing tussen ân voetganger en ân motorvoertuig ook helder oordag plaasgevind het. Die feite van die saak steun egter glad nie die verweerder in die onderhawige geval nie. In daardie saak het die eiseres oor die pad gehardloop sonder om ag te slaan op aankomende verkeer.
Die volgende beslissing waarna ek verwys is, is die van Olifant v Santam Versekeringsmaatskappy Beperk 1979 (2) SA 1148 (KPA) wat ook duidelik onderskeibaar is van die onderhawige geval. In Olifant se saak het die eiser ook ân pad gekruis. Die ongeluk het in die aand plaasgevind. Die eiser en ân vriend het skuins oor ân straat gestap tot amper in die middel van die straat. Daarna het hulle na regs geswenk en skielik reguit oor die straat gehardloop voor die aankomende voertuig wat ten minste 70 meter ver sigbaar was. Die botsing het toe plaasgevind. Dit is duidelik dat die eiser in daardie saak grootliks nalatig was. Laastens is ek verwys na Swanepoel v Parity Insurance Company Limited 1963 (3) SA 819 (WLD) waar die eiser op die Johannesburg/Vereniging hoofpad in die donker oor die pad gestap het. Die eiser het skynbaar glad nie die aankomende voertuig gesien nie en ook nie die geluid van die remme wat 42 voet lank was gehoor nie. In die geval is gevind dat die voetganger 70% nalatig was. Die saak is ook duidelik onderskeibaar van die onderhawige.
In die saak voor my het die eiseres niks verkeerd gedoen nie. Dit was heeltemal veilig vir haar om die straat te kruis. Dit is gemeensaak dat daar geen voertuie was wat beweeg het in Markstraat tussen Durbanweg en Caledonstraat nie. Daar was geen meer rede vir die eiseres, nadat sy begin het om die straat te kruis, om na regs te kyk nie. Daar was geen verkeer nie. Die pad was vir haar skoon. Daar was ook geen aanduiding van enige voertuig wat vanuit ân parkeerarea regs vanaf die kant waar sy die straat begin kruis het sou ry nie. Die twee bane wat die verkeer in Markstraat skei is afgemerk met ân soliede sperstreep. Dit is gemeensaak dat dit ongewettig was, teen verkeersreëls, vir die versekerde bestuurder om ân U-draai daar te maak. Dit sal die voorsienbaarheidstoets tot die uiterste rek indien daar van die eiseres verwag sou word om te voorsien dat ân voertuig van die oorkant van die pad ân U-draai sou maak, teen verkeersreëls in, terwyl die bestuurder geen behoorlike uitsig hou nie, om met haar te bots. Na my oordeel was die eiseres nie nalatig nie.
My bevinding is dat slegs die nalatigheid van die versekerde bestuurder die oorsaak van die skade van die eiseres was. Soos ooreengekom tussen die partye word koste voorbehou.
_____
J
C H JANSEN
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.