Bateman Mineral (Edms) Bpk v DEF's Engineering & Mining Supplies BK (1003/04) [2005] ZANCHC 59 (30 September 2005)
- Citation
- [2005] ZANCHC 59
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C.C Williams
- Case number
- 1003/04
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C.C Williams
- Case number
- 1003/04
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the defendant's opposing affidavit failed to fully disclose the nature and grounds of the defence as required by Rule 32(3)(b). The defendant did not provide sufficient detail regarding the alleged oral modifications to the written agreement, nor did it specify when or with whom these were made. There was no evidence of any request for the missing controller component or dissatisfaction with the plaintiff's performance prior to the affidavit. The absence of documentation or timely complaint undermined the bona fides of the defence. The court concluded that the defence was not bona fide and that summary judgment was warranted to prevent delay and uphold the purpose of the procedure.
Court disposition
Summary judgment granted in favour of the plaintiff.
Orders
- Judgment is granted in terms of prayers (1), (2), and (3) of the Notice of Application for Summary Judgment.
02
Material facts
Parties
Bateman Mineral (Edms) Beperk
Plaintiff Counsel: Adv. B KnoetzeDEF's Engineering & Mining Supplies BK
Defendant Counsel: Adv. W J CoetzeeAmounts and remedies
- Claim Amount: ZAR 2,345,900
- Contract Price (excluding Vat): ZAR 2,880,000
03
Procedural history
Posture
Summary Judgment Application / Application for Summary Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant disclosed a bona fide defence to the plaintiff's claim for payment under a written agreement.
- 02
Whether the defendant's opposing affidavit meets the requirements of Rule 32(3)(b) by fully disclosing the nature and grounds of the defence.
- 03
Whether summary judgment should be granted in light of the defendant's alleged failure to perform under the contract.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff contends that the defendant purchased a 1x50TPH Modular DMS Plant under a written agreement, with payment terms clearly stipulated. The plant was delivered, and the defendant failed to make the required payments, leaving an outstanding amount of R2,345,900.00. The plaintiff argues that the defendant's opposing affidavit is vague, fails to address whether payments were to be made according to the written agreement, and does not fully disclose the material facts or grounds of defence as required by Rule 32(3)(b). The plaintiff submits that the defence is not bona fide and that summary judgment is appropriate.
- Respondent
- The defendant asserts that while an agreement existed for the delivery of the DMS Plant, the plant was not delivered in full, specifically lacking the controller component and installation by the plaintiff. The defendant claims that payment was conditional upon full performance by the plaintiff and that the defence is bona fide, not merely intended to delay proceedings. However, the defendant's affidavit does not specify when or with whom the alleged oral modifications to the agreement were made, nor does it provide details of any requests for the missing component.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Mowschenson and Mowschenson v Mercantile Accept. Corp of SA Ltd 1959(3) SA 362(W) at 366
Summary judgment is an extraordinary and stringent remedy, permitting judgment without trial only where the defendant has no bona fide defence.
- 02
District Bank Ltd v Hoosain and Another 1984(4) SA 544 (CPD) at 548G
The defendant's affidavit need not be as precise as a plea, but must disclose a defence with sufficient particularity and completeness to enable the court to decide whether it is bona fide.
- 03
Maharaj v Barclays National Bank Ltd 1976(1) AD 418 at 426A-D
Where the defence is based on facts, the court does not decide the issues but enquires whether the defendant has fully disclosed the nature and grounds of the defence and the material facts relied upon.
- 04
Standard Bank National Industrial Credit Corporation Ltd v Postmasburg Metal and Mining Supplies (Pty) Ltd and Others 1978(3) SA 812 (NK) at 815H-816A
Non-compliance with Rule 32(3)(b) should result in summary judgment if the defendant has no bona fide defence and is merely delaying judgment.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the defendant's opposing affidavit failed to fully disclose the nature and grounds of the defence as required by Rule 32(3)(b). The defendant did not provide sufficient detail regarding the alleged oral modifications to the written agreement, nor did it specify when or with whom these were made. There was no evidence of any request for the missing controller component or dissatisfaction with the plaintiff's performance prior to the affidavit. The absence of documentation or timely complaint undermined the bona fides of the defence. The court concluded that the defence was not bona fide and that summary judgment was warranted to prevent delay and uphold the purpose of the procedure.
Obiter and limits
- The court noted that an unduly sparse or unclear exposition of facts within the defendant's knowledge may raise serious doubts as to the bona fides of the defence.
- The absence of any complaint or documentation regarding incomplete delivery for seven months after the plant's delivery was considered highly improbable if the missing component was essential.
Court disposition
Summary judgment granted in favour of the plaintiff.
- Judgment is granted in terms of prayers (1), (2), and (3) of the Notice of Application for Summary Judgment.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: 1003/04
DATUM AANGEHOOR:10-06-2005
DATUM GELEWER:30-09-2005
In die saak tussen:
BATEMAN MINERAL (EDMS) BEPERK EISER
teen
DEFâS ENGINEERING & MINING
SUPPLIES BK VERWEERDER
CORAM: C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. Hierdie is ân aansoek om summiere vonnis in die bedrag van R2, 345, 900.00 tesame met rente en koste.
2. Die eiser se eis teen die verweerder is gebasseer op ân geskrewe ooreenkoms, vervat in korrespondensie tussen die partye, in terme waarvan verweerder ân 1x50TPH Modular DMS Plant (die DMS plant) vanaf die eiser aangekoop het vir ân bedrag van R2 880 000.00 BTW uitgesluit.
3. Die eiser beweer dat:
3.1 in terme van die ooreenkoms die kooprys betaalbaar was as volg:
a) R1 000 000.00 plus BTW met die plaas van die bestelling.
b) R1 380 000.00 plus BTW agt weke na datum van lewering.
c) R500 000.00 plus BTW twaalf weke na datum van lewering.
3.2 Die DMS plant aan die verweerder gelewer is op 26 Maart 2004 en dat die volgende bedrae betaalbaar en opeisbaar geword het;
a) R1140 000.00 voor of op 26 Maart 2004;
b) R1573 200.00 voor op of 21 Mei 2004;
c) R570 000.00 voor of op 18 Junie 2004.
3.3 dat die verweerder versuim het om die betalings soos per die ooreenkoms te maak en soos tot op datum van die uitreiking van die Dagvaarding of Aansoek om Summiere Vonnis die bedrag van R2 345.900.00 verskuldig is aan die eiser.
4. Die tersaaklike gedeelte van die opponerende eedsverklaring, die deponent daarvan die bestuurder van die verweerder, lees as volg:
ïg4. AD BEEDIGDE VERKLARING â DERRICK TERRENCE LAHEE
4.1 AD PARGRAAF 4 DAARVAN
In my hoedanigheid as Bestuurder van die Respondent/Verweerder het ek die onderhandelinge gevoer met gemelde Lahee en was daar ooreengekom op sekere betalings indien die Eiser/Applikant volledige prestasie lewer.
4.2 AD PARAGRAAF 5
DAARVAN
Die Verweerder/Respondent plaas op rekord dat die Respondent/Verweerder wel ân bona fide verweer het en nie verdediging aangeteken het bloot met die doel om die Aksie te vertraag nie.
5. AD DAGVAARDING
5.1 AD BESONDERHEDE
VAN VORDERING
5.1.1 In my hoedanigheid as Bestuurder en weens die feit dat ek persoonlik kennis dra van die aangeleentheid, wens ek op rekord te plaas dat daar wel ân ooreenkoms met die Applikant/Eiser was om ân â50 TPH Modular DMS Plantâ aan die Respondent te lewer.
5.1.2 In terme van die Ooreenkoms sou ân volledig eenheid soos na verwys in aanhangsel âEâ tot die Besonderhede van Vordering aan die Respondent gelewer word teen ân bedrag van R2 880 000.00.
5.1.3 Die gemelde âPlantâ was wel gelewer, maar was gemelde âPlantâ nie volledig nie en is dit tot op datum van hierdie Aansoek nie volledig aan die Respondent gelewer nie.
5.1.4 Die gedeelte van gemelde âPlantâ wat die Eiser/Applikant tot op datum geweier of versuim het om aan die Respondent/Verweerder te lewer is die âController van die DMS Plantâ.
5.1.5 Dit kontroleer die digtsheidsvlakke waarteen gemelde âPlantâ moet funksioneer.
5.1.6 Die ooreenkoms was verder dat hierdie Kontroleerder deur die Eiser/Applikant geinstalleer moes word en dat die âplant ook in werking gestel moes word deur die Eiser/Applikant, wat die Eiser/Applikant versuim het om te doen en derhalwe is die Eiser/Applikant nie geregtig op die betaling soos geeïs nie.â
5. Mnr. Knoetse wat namens die eiser verskyn betoog dat die verweer soos uiteengesit deur die verweerder vaag en ontoereikend is en dat die opponerende eedsverklaring nie vollediglik die wesenlike feite waarop gesteun word uiteensit soos vereis in Hofreël 32(3)(b) nie.
6. So byvoorbeeld erken die verweerder dat daar ooreengekom is op âsekere betalingsâ, maar swyg oor die feit of die betalings gemaak moes word volgens die geskrewe ooreenkoms of nie.
7. Verweerder erken of ontken ook nie dat die geskrewe ooreenkoms soos vervat in die korrespondensie die volledige ooreenkoms tussen die partye daarstel nie. Verweerder maak in die verband bewerings soos in paragrawe 5.1.2 en 5.1.6 van die opponerende eedsverklaring (hierbo aangehaal), wat nie deel vorm van die geskrewe ooreenkoms deur die eiser beweer nie, maar dui geensins aan wanneer en met wie die ooreenkoms soos in die paragrawe aangegaan is nie, ook nie of dit in geskrewe vorm vervat is of mondeling is nie.
8. Verweerder maak die bewering in paragraaf 5.1.4 van sy eedsverklaring dat die eiser âgeweier of versuimâ het om die kontroleerder aan verweerder te lewer maar meld nêrens dat daar enigsins ân versoek was vir die lewering daarvan nie.
9. In paragraaf 5.1.2 van die Opponerende Eedsverklaring meld die verweerder ook slegs dat die DMS plant gelewer sou word teen ân bedrag van R 2 880 000.00 en swyg oor die BTW wat eiser beweer bykomend is tot hierdie bedrag.
10. In essensie dus is die eiser se argument dat die verweer geopper deur die verweerder vaag en ontoereikend is en dat dit nie bona fide is nie en dat hierdie by uitstek ân geval is waar die hof summiere vonnis moet gelas.
11. Summiere vonnis is ân drastiese maatreël en mnr. Coetzee wat namens die verweerder optree het my verwys na die saak van Mowschenson and Mowschenson v Mercantile accept. Corp of SA Ltd 1959(3) SA 362(W) te 366 e waar Marais R die volgende sê;
âThe proper approach appears to me to be the one which keeps the important fact in view that the remedy for summary judgment is an extraordinary remedy, and a very stringent one, in that it permits a judgment to be given without trial.â
12. Die betoog is dat die aangeleentheid met hierdie aanhaling in gedagte beoordeel moet word. So ook die feit dat die howe as gevolg van die ingrypende aard van die aansoek ân redelike toegeeflike houding inneem teenoor die uiteensetting van ân verweer. Soos Seligson WnR dit stel in District Bank Ltd v Hoosain and Another 1984(4) SA 544 (CPD) te 548G.
âMoreover, I must bear in mind that the statements in the affidavit need not measure up to the precision required of a plea. Though the sketchy and rather clumsy wording is open to criticisms, there is to my mind just sufficient to disclose a defence.â
13. In hierdie lig gesien moet daar in die verweerder se eedsverklaring ingelees word dat dit die verweerder se saak is dat die geskrewe ooreenkoms soos beweer deur eiser nie die volledige ooreenkoms tussen die partye daarstel nie. Dat indien die terme van die ooreenkoms soos deur verweerder beweer in paragrawe 5.1.2 en 5.1.6 van sy eedsverklaring bewys word, al is dit ân mondelinge ooreenkoms, het eiser nie sy verpligtinge nagekom nie deur onvolledig te presteer.
14. Die betoog deur mnr. Coetzee spreek egter nie aan die vereiste in die Reël dat âsuch affidavit or evidence shall disclose fully the nature and grounds of the defence and the material facts relied upon therefore.â
In Maharaj v Barclays National Bank Ltd 1976(1) AD 418 te 426A-D sê Corbett AR die volgende omtrent die mate van die openbaarmaking wat vereis word deur die word âfullyâ in die Hofreël.
ïgWhere the defence is based upon facts, in the sense that material facts alleged by the plaintiff in his summons, or combined summons, are disputed or new facts are alleged constituting a defence, the Court does not attempt to decide these issues or to determine whether or not there is a balance of probabilities in favour of the one party or the other. All that the Court enquires into is: (a) whether the defendant has âfullyâ disclosed the nature and grounds of his defence and the material facts upon which it is founded, and (b) whether on the facts so disclosed the defendant appears to have, as to either the whole or part of the claim, a defence which is both bona fide and good in law. If satisfied of these matters the Court must refuse summary judgment, either wholly or in part, as the case may be. The word âfullyâ, as used in the context of the Rule (and its predecessors), has been the cause of some judicial controversy in the past. It connotes, in my view, that, while the defendant need not deal exhaustively with the facts and the evidence relied upon to substantiate them, he must at least disclose his defence and the material facts upon which it is based with sufficient particularity and completeness to enable the Court to decide whether the affidavit discloses a bona fide defence.â
15. Dit is dus duidelik dat die woord âfullyâ nie letterlik geïnterpreteer moet word nie, maar ân geval soos die huidige, waar die verweerder ân ander ooreenkoms as die eiser beweer of dat die ooreenkoms soos vervat in die dagvaarding mondeling gewysig is, kan net redelikerwys verwag word, indien die verweer bona fide is, dat die verweerder meer besonderhede hiervan verskaf. Soos reeds gemeld is daar geen aanduiding oor wanneer of met wie hierdie terme op ooreengekom is nie, selfs nie eers of dit mondeling of skriftelik plaasgevind het nie, in ân geval waar hierdie feite en besonderhede tot die persoonlike kennis van die verweerder moes wees. Sien District Bank v Hoosain supra te 548 B-C waar die volgende gesê word.
âMoreover, an unduly sparse or unclear exposition of facts which should be within the defendant's knowledge may raise serious doubts as to his bona fides. See Breitenbach v Fiat SA (Edms) Bpk 1976 (2) SA 226 (T) at 228E - 229A; Standard Merchant Bank Ltd v Rowe and Other 1982 (4) SA 671 (W) at 680G - H.
A defendant ignores these guidelines at his peril. He has only himself to blame if he fails to provide the Court with the material necessary for the task of evaluating the defence under Rule 32 (3) (b). Of course, in practice it is almost invariably an attorney or counsel who is called upon to cast the defendant's version into affidavit form for the purpose of satisfying the Court that the defendant has a bona fide defence to the action. A legal representative undertaking this task should accordingly be ever mindful of the need to observe these oftstated but all-too-frequently ignored principlesâ.
16. Dit is egter nie die enigste versuim wat ân vraagteken oor die bona fides van die verweer werp nie. Die DMS plant is gelewer op 26 Maart 2004. Tot en met die liassering van verweerder se eedsverklaring op 29 Oktober 2004, sewe maande na lewering, is daar geen aanduiding daarvan dat verweerder ontevrede was met die onvolledige prestasie deur die eiser nie. Daar is geen dokumentasie in die verband nie, ook nie eers ân bewering dat die probleem mondelings deur die verweerder aangespreek is nie. Indien die kontrolleerder so ân belangrike komponent van die DMS plant is en dit nie gelewer is nie, is die minste wat ân mens sou verwag dat verweerder navraag daaroor sou doen. Dieselfde geld vir die inwerkingstelling van die DMS plant.
17. Die verweerder maak verder ook geen melding van die R1 1140 000.00 wat betaalbaar was met bestelling van die DMS plant, wat nie geraak word deur die beweerde versuim van die applikant nie.
18. Die verweer soos uiteengesit in verweerder se eedsverklaring is na my mening alles behalwe bona fide en sien ek geen rede waarom ek my diskresie ten gunste van die verweerder in hierdie aansoek moet uitoefen nie. Om dit te doen sou ân verydeling van die doel van die summiere vonnis prosedure wees. Sien Standard Bank National Industrial Credit Corporation Ltd v Postmasburg Metal and Mining Supplies (Pty) Ltd and Others 1978(3) SA 812 (NK) te 815 H- 816 A waar Van Rhyn R die volgende sê.
Where there is non-compliance with Rule 32(3)(b) the discretion is one which should be exercised judicially and in conformity with the intent and purpose of the procedure created, namely that of immediate judgment being available against defendants who have no bona fide defence and are merely delaying the process of obtaining judgment. In other words summary judgment should not be refused merely because of it being a stringent remedy.â
19. In die lig van al die omstandighede hierin is ek tevrede dat die aansoek moet slaag en word die volgende bevel gemaak:
ân Bevel word toegestaan in terme van bedes (1), (2) en (3) van die Kennisgewing van Aansoek om Summiere Vonnis.
________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms. Eiser: Adv. B Knoetze
i.o.v Elliot, Marris, Willmans & Hay
Nms. Verweerder: Adv W J Coetzee
i.o.v Engelsman, Benade & Van der Walt
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.