Benn v S (A119/2008) [2008] ZAWCHC 271 (10 October 2008)
- Citation
- [2008] ZAWCHC 271
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Roux, Cleaver
- Case number
- A119/2008
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Roux, Cleaver
- Case number
- A119/2008
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appeal against conviction fails because the evidence, when considered in totality, clearly establishes the appellant's participation in the robbery, either as a principal or as a co-perpetrator. The appellant's version that he was merely a bystander is inherently improbable and contradicted by the witnesses. However, the appeal against sentence succeeds because the regional court did not properly exercise its discretion in declaring the appellant a habitual criminal. The court failed to investigate the circumstances of the appellant's previous convictions, did not adequately warn the appellant or give him a meaningful opportunity to address the court on those matters, and relied solely on the list of previous convictions. The matter is remitted to the regional court for proper consideration and imposition of an appropriate sentence.
Court disposition
Appeal against conviction dismissed; conviction confirmed. Appeal against sentence upheld; matter remitted to regional court for appropriate sentence.
Orders
- The appeal against conviction is dismissed and the conviction is confirmed.
- The appeal against sentence succeeds.
- The matter is remitted to the regional court to impose an appropriate sentence.
02
Material facts
Parties
Colin Benn
Appellant Counsel: Du PreezThe State
RespondentAmounts and remedies
- Amount Robbed: ZAR 80
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant's conviction for robbery was justified on the evidence.
- 02
Whether the declaration of the appellant as a habitual criminal under section 286(1) of the Criminal Procedure Act was proper.
- 03
Whether the sentencing court exercised its discretion correctly in declaring the appellant a habitual criminal.
Party arguments
- Applicant
- The appellant, represented by Du Preez, argued that the evidence did not prove he physically assaulted or restrained the complainant, nor that he took any of the complainant's possessions. He claimed to be an innocent bystander who was present only to retrieve his parole papers from one of the persons involved in the robbery. The appellant further contended that the habitual criminal declaration was made without proper investigation into the circumstances of his previous convictions and without adequate warning or opportunity to address the court on those matters.
- Respondent
- The State maintained that the evidence clearly established the appellant's participation in the robbery, including confronting and restraining the complainant and searching his pockets. The State argued that, even if the appellant did not personally take the stolen goods or physically restrain the complainant, he acted in concert with the other perpetrators and was therefore a co-perpetrator. Regarding the habitual criminal declaration, the State relied on the frequency and nature of the appellant's previous convictions and his short period out of prison before reoffending.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Criminal Procedure Act, section 286(1)
A person may be declared a habitual criminal under section 286(1) of the Criminal Procedure Act only if the court is convinced that the person habitually commits crimes and that the community needs protection from him.
- 02
R v Swarts 1953 (4) SA 461 (A)
The declaration as a habitual criminal is not a punishment for the new crime, but a finding that ordinary sentencing options are no longer effective.
- 03
S v Erasmus 1987 (4) SA 685 (C)
Before declaring an accused a habitual criminal, the court should consider whether a substantial but lesser sentence would suffice to deter future offending.
- 04
Masisi v S 1996 (1) SACR 147 (O); S v Dyasi 2004 (2) SACR 365 (E)
The accused should be warned and given an opportunity to address the court regarding the circumstances of previous offences and the consequences of a habitual criminal declaration.
- 05
S v Mas Hay 1980 (3) SA 224 (T); S v Erasmus (supra)
If the circumstances of previous offences are not clear from the record, the court should investigate further, including by questioning the accused or using section 273 of the Act.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appeal against conviction fails because the evidence, when considered in totality, clearly establishes the appellant's participation in the robbery, either as a principal or as a co-perpetrator. The appellant's version that he was merely a bystander is inherently improbable and contradicted by the witnesses. However, the appeal against sentence succeeds because the regional court did not properly exercise its discretion in declaring the appellant a habitual criminal. The court failed to investigate the circumstances of the appellant's previous convictions, did not adequately warn the appellant or give him a meaningful opportunity to address the court on those matters, and relied solely on the list of previous convictions. The matter is remitted to the regional court for proper consideration and imposition of an appropriate sentence.
Obiter and limits
- The declaration of a person as a habitual criminal is a drastic and exceptional measure and should not be imposed without careful consideration of all relevant circumstances.
- The absence of a warning to the accused does not deprive the court of its discretion, but it is advisable to warn the accused and allow him to address the court.
- The court should investigate the circumstances of previous offences if they are not apparent from the record, to ensure a fair exercise of discretion.
Court disposition
Appeal against conviction dismissed; conviction confirmed. Appeal against sentence upheld; matter remitted to regional court for appropriate sentence.
- The appeal against conviction is dismissed and the conviction is confirmed.
- The appeal against sentence succeeds.
- The matter is remitted to the regional court to impose an appropriate sentence.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: A119/2008 DATUM: 10 OKTOBER 2008 In die saak tussen:
COLIN BENN Appellant en DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK ROUX. WnR: Die appellant is op 1 Augustus 2003 in die Bellville distrikshof skuldig bevind aan roof. Na skufdigbevinding en bewys van die appellant se vorige veroordelings het die verhoorlanddros aangedui dat sy van oordeel is dat die vorige veroordelings van die appellant sodanig is dat dit 'n misdryf ten opsigte waarvan hy skuldig bevind is sn straf regverdig wat die landdroshof te bowe gaan of dat die appellant *n persoon bedoel in artikel 286(a)(1) van die Strafproseswet is tewete 'n gevaarlike misdadiger.Sy het gevolglik die hof se verrigtinge gestaak en die appellant na 'n streekhof met regsbevoegdheid vir vonnis verwys. Appellant het daarna in die Bellville streekhof verskyn en is op 15 September 2003 in terme van artikel 286(1) van die Strafproseswet tot gewoontemisdadtger verklaar. Na suksesvolle petisie kom die appellant in hoer beroep teen beide sy skuldigbevinding en vonnis. Die slagoffer van die roof, mnr Ntanttso, getuig dat die appellant en twee ander persone horn gekonfronteer, gegryp en toe van ft hoender, sy mesF 'n sigaretaansteker en kontant in die bed rag van R80,00 beroof het. Na die roof het appellant en sy twee mededaders van die toneel gevlug, volgens horn, en is agternagesit in ft motor deur 'n verkeersbeampte, mnr Nopogaza, en ft werknemer van die Bellville Stadsraad, mnr Ndzamela, wie die rowers sien vlug het. Mnr Ndzamela het die appellant en sy twee mededaders later uitgeken in die straat en toe die appellant en sy twee makkers hulle sien uitspring uit die voertuig, het al drie van hulle op die vlug geslaan. Die appellant is daarna aangekeer en na die slagoffer
teruggeneem waar hy die appellant uitgeken het. Mnr Ndzamela het bevestig dat hy die roof gesien gebeur het en dat die appellant daaraan deelgeneem het. Na afloop van die roof het hy en van sy koltegas die appellant en sy twee mededaders probeer stop. Hulle is deur die drie persone met messe gedreig waarna die drie, insluitende die appellant, weggehardloop het. Mnr Ndzamela het verder bevestig dat hy en ft verkeersbeampte die drie daarna agternagesit het en die appellant aangekeer het. Die appellant het ook getuig. Volgens sy getuienis was hy ft onskuldige omstander wat onwillekeurig teenwoordtg was en betrek is by die misdaad aangesien hy sy paroolpapiere by een van die persone wat betrokke was in die roof probeer terugkry het. Ek stem saam met die verhoorlanddros se bevmding dat die appellant se weergawe tewete dat hy bloot ft omstander was nie redeiik moontlik waar kan wees nie wanneer die beoordeel word teenoor die totaliteit van die getuienis en die inherente onwaarskynlikhede van die appellant se eie getuienis. Mnr Du Preez, namens die appellant, voer egter aan met verwysing na ft volledige analise van die getuienis, dat die getuienis nie bewys dat die appellant die klaer vasgegryp het of horn geweld aangedoen het nie of deurdat die appellant enige van die slagoffers se besittings
geneem het nie. Myns insiens blyk dit egter duidelik uit die getuienis dat die appellant saam met die ander twee persone die slagoffer aanvanklik
gekonfronteer en vasgegryp het. Daarna het een van die aanvaflers oenskynlik die slagoffer vasgehou terwyl die appellant en die derde persoon sy broeksakke en drasak "uitgeskud" het. Die slagoffer het ook getuig dat hy geld in beide sy broeksakke gehad het en dat die appellant spesifiek die een broeksak visenteer het. In die omstandigheder selfs mdien dit bevind sou word dat die appellant nie die een was wat die klaer vasgehou het terwyl sy sakke gevisenteer is en die goedere gesteel is nie of dat die appellant nie van die gesteelde goedere op hom gehad het toe hy gevang is nie, was die appellant 'n mededader tot die roof. (Sien HiEMSTRA, SUID-AFRIKAANSE STRAFPROSES. 6de Uitgawe op 402.) Gevolglik is ek van mening dat die appel teen die skuldigbevinding nie kan slaag nie. In terme van artikel 286(1} van die Wet, alvorens ft hoerhof of 'n streekhof ''n persoon tot h gewoontemisdadiger kan verklaar, moet sodanige Hof oortuig wees dat die betrokke persoon (a) uit gewoonte misdrywe pleeg; en (b) dat die gemeenskap teen die persoon beskerm behoort te word. Wat betref die algemene maatstawwe wat toegepas word om te bepaal of die Hof aldus oortuig kan wees, kan die volgende opgemerk word aan die hand van vorige uitsprake: Die verklaring tot gewoontemisdadiger is nie 'n straf wat toegerneet word ten opsigte van ft nuwe misdaad waaraan die beskuldigde
skuldig bevind word nie, maar eerder ft bevinding dat die gewone strafmiddels nie meer doelmatig is nie.
Daar heers 'n praktyk om nie 'n beskuldigde tot ft gewoontemisdadiger te verklaar nier tensy hy vantevore gewaarsku is dat so ft vonnis opgele kan word.
Die afwesighefd van so ft waarskuwing ontneem egter nie die Hof sy diskresie om so ft vonnis op te le nie.
Voordat ft beskuldigde tot gewoontemisdadiger verklaar word, behoort die Hof te oorweeg of die oplegging van ft aans ten like vonnis maar wat minder is as sewe jaar, gevangenisstraf nie die uitwerking sal he om aan dit aan die beskuldigde duidelik te maak dat hy sy lewe verander nie.
In die uitoefening van die regtelike diskresie in hierdie verband mag dit in Vi gegewe geval aangewese wees om die omstandighede
waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, vas te stel, hetsy by wyse van ondervraging of deur die aanwending van die bepalings van artikel 273 van die Wet.
Die oplegging van sodanige straf word alom beskou as 'n drastiese en uitsonderlike straf. (Sien R v SWARTS 1953(4) SA 461 (A), S v ERASMUS 1987(4) SA 685 (K)r
MASISI v S 1996M) SASV 147 (O), S v VAN ECK 2003(2) SASV 563 (HHA), S v STENGE 2008(2) SASV 27 (K).) Bykomend tot bogenoemde is ek van mening dat ook dit raadsaam sou wees vir 'n Hof wat so Yi vonnis oorweeg, om die beskuldigde dienooreenkomstig in te lig en te waarsku ten einde die beskuldigde 'n geleentheid te gee om relevante inligting voor die Hof te plaas of ten minste die Hof daaroor toe te spreek. (Sien MASISI v S (supra) op 159i en S__v DYAJSM 2004(2) SASV 365 (OK) op 367c-368f.) Uit die streekhof se uitspraak blyk dit dat die Hof a quo die appellant se persoonlike omstandighede asook die feite van die betrokke insident in gedagte gehou het. Die lang lys van vorige
veroordelings, die frekwensie daarvan en die stygende lyn in die vroeere vonnisse asook die baie kort periode wat die appellant uit die tronk was toe die onderhawige misdryf gepleeg is, het die streeklanddros genoop om die appellant tot 'n gewoontemisdadiger te verklaar. Daar is egter geen behoorlike ondersoek ingestel na die omstandighede waaronder die misdrywe waaraan die appellant voorheen skuldig bevind is, gepleeg is nie. Sodanige omstandighede blyk ook nie uit die lys van vorige veroordelings nie. Die streeklanddros het wef die landdros gevra of hy aan die Hof wil verduideiik waarom hy hierdie ander misdrywe gepleeg het waarop die appellant bloot soos volg geantwoord het "Ek was nog dom, u Edele, en ek het daardie dinge gedoen. Ek wil nie vir my skoon spreek vanmore nie." Geen vrae het egter na aanleiding hiervan gevolg nie. Die streeklanddros het dit verder aan die appellant gestel dat hy al voorheen gewaarsku is dat hy tot gewoontemisdadiger verklaar mag word en die appellant het dit erken. Dit blyk uit die lys van die appellant se vorige veroordelings dat sodanige waarskuwing aan die appellant gerig rs in November 1993, ongeveer tien jaar vantevore. Die streekhof het egter nie die appellant gewaarsku dat hy dit oorweeg om horn tot 'n gewoontemisdadiger te verklaar nie. Ek is van mening dat die streeklanddros die appellant en sy regsverteenwoordiger moes gewaarsku het dat hy dit oorweeg om hom tot gewoontemisdadiger te verklaar ten einde die appellant die geleentheid te bied om die aard van sy vorige misdrywe te verduidelik, asook die omstandighede
waaronder dit gepleeg is, sou hy dit wou doen. Indien hy dit gedoen het en aan die appellant verduidelik het wat die faktore is wat in hierdie verband in ag geneem gaan word, asook wat die gevolge is van sodanige verklaring, sou dit die appellant heel moontlik genoop het om meer besonderhede van die omstandighede waaronder sy vorige misdrywe gepleeg is voor die Hof te plaas. Inderdaad, tydens vonnisopiegging, toe die streeklanddros die appellant tot gewoontemisdadiger verklaar, het hy (die appellant) die Hof onmiddellik onderbreek en die volgende gevra: "U Edele, die gewone misdadiger vonnis, hoe werk dit nou?" Ek is voorts van mening dat die streeklanddros die omstandighede waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, verder moes ondersoek het. Soos reeds genoem, bevat die lys van vorige veroordelings wat aan die Hof voorgele is, nie werklik besonderhede van die omstandighede waaronder dit gepleeg is nie. In hierdie verband dien dit daarop gelet te word dat die passasie uit S v MAS HAY 1980(3) SA 224 (T) te 234A-E wat met goedkeuring deur VAN SCHALKWYK, WnR in S v ERASMUS (supra) aangehaal is op 690B-F nie se dat dit nooit nodig is om so ft ondersoek te doen nie; inteendeel dit se dat dit aangewese mag wees en dat van artike] 273 van die Wet gebruik kan wordr indien "die omstandighede waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, nie voldoende uit die lys van vorige veroordelings blyk nie". In hierdie verband kan ook verwys word na die onlangse uitspraak in hierdie afdeling van ALLIE, R met wie HLOPHE, RP saamgestem het in S v STENGE. (supra) op 29j waar die volgende opgemerk is:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A119/2008
DATUM: 10 OKTOBER 2008
In die saak tussen:
COLIN BENN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
ROUX. WnR:
Die appellant is op 1 Augustus 2003 in die Bellville distrikshof skuldig bevind aan roof. Na skufdigbevinding en bewys van die appellant se vorige veroordelings het die verhoorlanddros aangedui dat sy van oordeel is dat die vorige veroordelings van die appellant sodanig is dat dit 'n misdryf ten opsigte waarvan hy skuldig bevind is sn straf regverdig wat die landdroshof te bowe gaan of dat die appellant *n persoon bedoel in artikel 286(a)(1) van die Strafproseswet is tewete 'n gevaarlike misdadiger.Sy het gevolglik die hof se verrigtinge gestaak en die appellant na 'n streekhof met regsbevoegdheid vir vonnis verwys.
Appellant het daarna in die Bellville streekhof verskyn en is op 15 September 2003 in terme van artikel 286(1) van die Strafproseswet tot gewoontemisdadtger verklaar. Na suksesvolle petisie kom die appellant in hoer beroep teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.
Die slagoffer van die roof, mnr Ntanttso, getuig dat die appellant en twee ander persone horn gekonfronteer, gegryp en toe van ft hoender, sy mesF 'n sigaretaansteker en kontant in die bed rag van R80,00 beroof het. Na die roof het appellant en sy twee mededaders van die toneel gevlug, volgens horn, en is agternagesit in ft motor deur 'n verkeersbeampte, mnr Nopogaza, en ft werknemer van die Bellville Stadsraad, mnr Ndzamela, wie die rowers sien vlug het.
Mnr Ndzamela het die appellant en sy twee mededaders later uitgeken in die straat en toe die appellant en sy twee makkers hulle sien uitspring uit die voertuig, het al drie van hulle op die vlug geslaan. Die appellant is daarna aangekeer en na die slagoffer
teruggeneem waar hy die appellant uitgeken het.
Mnr Ndzamela het bevestig dat hy die roof gesien gebeur het en dat die appellant daaraan deelgeneem het. Na afloop van die roof het hy en van sy koltegas die appellant en sy twee mededaders probeer stop. Hulle is deur die drie persone met messe gedreig waarna die drie, insluitende die appellant, weggehardloop het. Mnr Ndzamela het verder bevestig dat hy en ft verkeersbeampte die drie daarna agternagesit het en die appellant aangekeer het.
Die appellant het ook getuig. Volgens sy getuienis was hy ft onskuldige omstander wat onwillekeurig teenwoordtg was en betrek is by die misdaad aangesien hy sy paroolpapiere by een van die persone wat betrokke was in die roof probeer terugkry het. Ek stem saam met die verhoorlanddros se bevmding dat die appellant se weergawe tewete dat hy bloot ft omstander was nie redeiik moontlik waar kan wees nie wanneer die beoordeel word teenoor die totaliteit van die getuienis en die inherente onwaarskynlikhede van die appellant se eie getuienis.
Mnr Du Preez, namens die appellant, voer egter aan met verwysing na ft volledige analise van die getuienis, dat die getuienis nie bewys dat die appellant die klaer vasgegryp het of horn geweld aangedoen het nie of deurdat die appellant enige van die slagoffers se besittings
geneem het nie.
Myns insiens blyk dit egter duidelik uit die getuienis dat die appellant saam met die ander twee persone die slagoffer aanvanklik
gekonfronteer en vasgegryp het. Daarna het een van die aanvaflers oenskynlik die slagoffer vasgehou terwyl die appellant en die derde persoon sy broeksakke en drasak "uitgeskud" het. Die slagoffer het ook getuig dat hy geld in beide sy broeksakke gehad het en dat die appellant spesifiek die een broeksak visenteer het.
In die omstandigheder selfs mdien dit bevind sou word dat die appellant nie die een was wat die klaer vasgehou het terwyl sy sakke gevisenteer is en die goedere gesteel is nie of dat die appellant nie van die gesteelde goedere op hom gehad het toe hy gevang is nie, was die appellant 'n mededader tot die roof. (Sien HiEMSTRA, SUID-AFRIKAANSE STRAFPROSES. 6de Uitgawe op 402.)
Gevolglik is ek van mening dat die appel teen die skuldigbevinding nie kan slaag nie.
In terme van artikel 286(1} van die Wet, alvorens ft hoerhof of 'n streekhof ''n persoon tot h gewoontemisdadiger kan verklaar, moet sodanige Hof oortuig wees dat die betrokke persoon (a) uit gewoonte misdrywe pleeg; en (b) dat die gemeenskap teen die persoon beskerm behoort te word.
Wat betref die algemene maatstawwe wat toegepas word om te bepaal of die Hof aldus oortuig kan wees, kan die volgende opgemerk word aan die hand van vorige uitsprake:
Die verklaring tot gewoontemisdadiger is nie 'n straf wat toegerneet word ten opsigte van ft nuwe misdaad waaraan die beskuldigde
skuldig bevind word nie, maar eerder ft bevinding dat die gewone strafmiddels nie meer doelmatig is nie.
Daar heers 'n praktyk om nie 'n beskuldigde tot ft gewoontemisdadiger te verklaar nier tensy hy vantevore gewaarsku is dat so ft vonnis opgele kan word.
Die afwesighefd van so ft waarskuwing ontneem egter nie die Hof sy diskresie om so ft vonnis op te le nie.
Voordat ft beskuldigde tot gewoontemisdadiger verklaar word, behoort die Hof te oorweeg of die oplegging van ft aans ten like vonnis maar wat minder is as sewe jaar, gevangenisstraf nie die uitwerking sal he om aan dit aan die beskuldigde duidelik te maak dat hy sy lewe verander nie.
In die uitoefening van die regtelike diskresie in hierdie verband mag dit in Vi gegewe geval aangewese wees om die omstandighede
waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, vas te stel, hetsy by wyse van ondervraging of deur die aanwending van die bepalings van artikel 273 van die Wet.
Die oplegging van sodanige straf word alom beskou as 'n drastiese en uitsonderlike straf. (Sien R v SWARTS 1953(4) SA 461 (A), S v ERASMUS 1987(4) SA 685 (K)r
MASISI v S 1996M) SASV 147 (O), S v VAN ECK 2003(2) SASV 563 (HHA), S v STENGE 2008(2) SASV 27 (K).)
Bykomend tot bogenoemde is ek van mening dat ook dit raadsaam sou wees vir 'n Hof wat so Yi vonnis oorweeg, om die beskuldigde dienooreenkomstig in te lig en te waarsku ten einde die beskuldigde 'n geleentheid te gee om relevante inligting voor die Hof te plaas of ten minste die Hof daaroor toe te spreek. (Sien MASISI v S (supra) op 159i en S__v DYAJSM 2004(2) SASV 365 (OK) op 367c-368f.)
Uit die streekhof se uitspraak blyk dit dat die Hof a quo die appellant se persoonlike omstandighede asook die feite van die betrokke insident in gedagte gehou het. Die lang lys van vorige
veroordelings, die frekwensie daarvan en die stygende lyn in die vroeere vonnisse asook die baie kort periode wat die appellant uit die tronk was toe die onderhawige misdryf gepleeg is, het die streeklanddros genoop om die appellant tot 'n gewoontemisdadiger te verklaar. Daar is egter geen behoorlike ondersoek ingestel na die omstandighede waaronder die misdrywe waaraan die appellant voorheen skuldig bevind is, gepleeg is nie. Sodanige omstandighede blyk ook nie uit die lys van vorige veroordelings nie.
Die streeklanddros het wef die landdros gevra of hy aan die Hof wil verduideiik waarom hy hierdie ander misdrywe gepleeg het waarop die appellant bloot soos volg geantwoord het "Ek was nog dom, u Edele, en ek het daardie dinge gedoen. Ek wil nie vir my skoon spreek vanmore nie." Geen vrae het egter na aanleiding hiervan gevolg nie.
Die streeklanddros het dit verder aan die appellant gestel dat hy al voorheen gewaarsku is dat hy tot gewoontemisdadiger verklaar mag word en die appellant het dit erken. Dit blyk uit die lys van die appellant se vorige veroordelings dat sodanige waarskuwing aan die appellant gerig rs in November 1993, ongeveer tien jaar vantevore.
Die streekhof het egter nie die appellant gewaarsku dat hy dit oorweeg om horn tot 'n gewoontemisdadiger te verklaar nie. Ek is van mening dat die streeklanddros die appellant en sy regsverteenwoordiger moes gewaarsku het dat hy dit oorweeg om hom tot gewoontemisdadiger te verklaar ten einde die appellant die geleentheid te bied om die aard van sy vorige misdrywe te verduidelik, asook die omstandighede
waaronder dit gepleeg is, sou hy dit wou doen. Indien hy dit gedoen het en aan die appellant verduidelik het wat die faktore is wat in hierdie verband in ag geneem gaan word, asook wat die gevolge is van sodanige verklaring, sou dit die appellant heel moontlik genoop het om meer besonderhede van die omstandighede waaronder sy vorige misdrywe gepleeg is voor die Hof te plaas.
Inderdaad, tydens vonnisopiegging, toe die streeklanddros die appellant tot gewoontemisdadiger verklaar, het hy (die appellant) die Hof onmiddellik onderbreek en die volgende gevra: "U Edele, die gewone misdadiger vonnis, hoe werk dit nou?"
Ek is voorts van mening dat die streeklanddros die omstandighede waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, verder moes ondersoek het. Soos reeds genoem, bevat die lys van vorige veroordelings wat aan die Hof voorgele is, nie werklik besonderhede van die omstandighede waaronder dit gepleeg is nie. In hierdie verband dien dit daarop gelet te word dat die passasie uit S v MAS HAY 1980(3) SA 224 (T) te 234A-E wat met goedkeuring deur VAN SCHALKWYK, WnR in S v ERASMUS (supra) aangehaal is op 690B-F nie se dat dit nooit nodig is om so ft ondersoek te doen nie; inteendeel dit se dat dit aangewese mag wees en dat van artike] 273 van die Wet gebruik kan wordr indien "die omstandighede waaronder die vorige misdrywe gepleeg is, nie voldoende uit die lys van vorige veroordelings blyk nie". In hierdie verband kan ook verwys word na die onlangse uitspraak in hierdie afdeling van ALLIE, R met wie HLOPHE, RP saamgestem het in S v STENGE. (supra) op 29j waar die volgende opgemerk is:
"I cannot agree that the Court a quo was properly convinced as no evidence was adduced to support the finding that the appellant had a force of habit to commit the crime in question and it is patently clear that the Court a quo relied solely on the Ifst of previous convictions." Na my oordeel het die streekhof gevolglik die vonnis opgele sonder dat daar oor al die feite, faktore en omstandighede beskik is en hierdie Hof nie sy diskresie behoorlik of redelik uitgeoefen het nie. (Sien S v MASiSIS (supra) op 160j-161a.) Na my oordeel het die streekhof gevolglik die vonnis opgele sonder dat daar oor al die feite, faktore en omstandighede beskik is en het die hof nie sy diskresie behoorlik of redelik uitgeoefen nie {Sien
MASISIS v S (supra) op 160j-161 a.) Soos in MAS/SI v S (supral. behoort die aangeleentheid na die streekhof terug verwys te word om aan die hand van wat hierbo opgemerk is 'n gepaste vonnis op te Je. Ek sou gevolglik die volgende bevel maak: 1. Die appel teen die skuldigbevinding word van die hand gewys en die skuldigbevinding word bekragtig; 2. Die appel teen die vonnis slaag; 3. Die saak word na die streekhof terug verwys om 'n gepaste vonnis op te le. ROUX, WnR CLEAVER. R: Ek stem saam en dit word so beveel. CLEAVER, R
"I cannot agree that the Court a quo was properly convinced as no evidence was adduced to support the finding that the appellant had a force of habit to commit the crime in question and it is patently clear that the Court a quo relied solely on the Ifst of previous convictions."
Na my oordeel het die streekhof gevolglik die vonnis opgele sonder dat daar oor al die feite, faktore en omstandighede beskik is en hierdie Hof nie sy diskresie behoorlik of redelik uitgeoefen het nie. (Sien S v MASiSIS (supra) op 160j-161a.)
Na my oordeel het die streekhof gevolglik die vonnis opgele sonder dat daar oor al die feite, faktore en omstandighede beskik is en het die hof nie sy diskresie behoorlik of redelik uitgeoefen nie {Sien
MASISIS v S (supra) op 160j-161 a.)
Soos in MAS/SI v S (supral. behoort die aangeleentheid na die streekhof terug verwys te word om aan die hand van wat hierbo opgemerk is 'n gepaste vonnis op te Je. Ek sou gevolglik die volgende bevel maak:
1. Die appel teen die skuldigbevinding word van die hand gewys en die skuldigbevinding word bekragtig;
2. Die appel teen die vonnis slaag;
3. Die saak word na die streekhof terug verwys om 'n gepaste vonnis op te le.
ROUX, WnR
CLEAVER. R: Ek stem saam en dit word so beveel.
CLEAVER, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.