Bester NO v Nel en Andere (17004/2008) [2008] ZAGPHC 402 (12 December 2008)
- Citation
- [2008] ZAGPHC 402
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- Pretorius
- Case number
- 17004/2008
More details
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- Pretorius
- Case number
- 17004/2008
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the phrase 'our children' in the joint will of Gert Steyn and Ingrid Steyn, executed while married in community of property and with no possibility of joint children, could only refer to Ingrid Steyn's two daughters from her previous marriage. The court considered the background, the wording of the will, and the circumstances of the testators, including their inability to have children together. The court rejected the argument that the estate should devolve intestate, holding that the intention of both testators was to benefit the children they regarded as their own, namely Maritza Nel and Renee Steyn. The court also found that legal arguments contained in affidavits by attorneys should be struck out and not form part of the evidence. Costs were ordered to be paid from the estate, excluding costs related to the improper affidavit.
Court disposition
Application granted. Declaratory order issued interpreting 'our children' as referring to Ingrid Steyn's daughters. Costs to be paid from the estate, excluding costs of the improper affidavit.
Orders
- It is declared that the words 'our children' in clause B of the joint will dated 19 October 1998 of the late Gert Jacobus Steyn and Ingrid Steyn mean the children of Ingrid Steyn, namely Maritza Nel and Renee Steyn.
- The costs of this application, excluding the costs of Mr R Kruger's affidavit from paragraph 4 onwards, are to be paid from the estate of Gert Jacobus Steyn.
02
Material facts
Parties
Tobias Christiaan Bester N.O.
Applicant Counsel: APJ ElsMaritza Nel
Respondent Counsel: G I HulleyRenee Steyn
Respondent Counsel: G I HulleyCatharina Sophia Pienaar
Respondent Counsel: L S De KlerkGertruida Catharina Johanna Geyser
Respondent Counsel: L S De KlerkChristiaan Ernst Gerhardus Steyn
Respondent Counsel: L S De KlerkFrancina Petronella Loch
Respondent Counsel: C A C KorfArina Gertruida Steyn
Respondent Counsel: C A C KorfGert Jacobus Steyn
Respondent Counsel: C A C KorfJacobus Francois Retief
Respondent Counsel: L S De KlerkGert Jacobus Jordaan
Respondent Counsel: L S De KlerkGertruida Catharina Johanna du Plessis
Respondent Counsel: L S De KlerkAdriaan Johannes Petrus Jordaan
Respondent Counsel: L S De KlerkRegistrar of Deeds (JHB)
Respondent03
Procedural history
Posture
Declaratory Application / Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the phrase 'our children' in clause B of the joint will refers to the children of Ingrid Steyn only.
- 02
Whether the joint will should be interpreted to exclude the children of Gert Steyn as beneficiaries.
- 03
Whether the estate of Gert Steyn devolves intestate or in terms of the joint will.
Party arguments
- Applicant
- The applicant, as executor, argued that the phrase 'our children' in the joint will of Gert Steyn and Ingrid Steyn refers to Ingrid Steyn's two daughters, Maritza Nel and Renee Steyn, as the couple had no children together and could not have any due to medical reasons. The applicant sought a declaratory order to confirm this interpretation and enable transfer of immovable property to the named beneficiaries.
- Respondent
- The opposing respondents contended that 'our children' should not refer to Ingrid Steyn's daughters, as they were not the natural or adopted children of Gert Steyn. They argued that the will was ambiguous and that the estate should devolve intestate, with blood relatives of Gert Steyn inheriting. They relied on statutory and common law principles of intestate succession and objected to the applicant's interpretation.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
LAWSA par 380
In interpreting a will, the court must consider the material facts and circumstances known to the testator at the time of execution, but must primarily seek the intention as expressed in the language of the will.
- 02
Ex parte Mouton 1955(4) SA 460 (A)
Where the wording of a testamentary disposition is ambiguous, the court must determine which interpretation most likely reflects the testator's intention, using external evidence if necessary.
- 03
In re Harrison (1885) 30 Ch 390
The court should prefer an interpretation that gives effect to testamentary succession rather than intestate succession.
- 04
Ex parte Froy: in re estate Brodie 1954(2) SA 366 (C)
The expressed intention in the will binds the testator and beneficiaries, but the court is not wholly confined to the written word and may consider relevant circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the phrase 'our children' in the joint will of Gert Steyn and Ingrid Steyn, executed while married in community of property and with no possibility of joint children, could only refer to Ingrid Steyn's two daughters from her previous marriage. The court considered the background, the wording of the will, and the circumstances of the testators, including their inability to have children together. The court rejected the argument that the estate should devolve intestate, holding that the intention of both testators was to benefit the children they regarded as their own, namely Maritza Nel and Renee Steyn. The court also found that legal arguments contained in affidavits by attorneys should be struck out and not form part of the evidence. Costs were ordered to be paid from the estate, excluding costs related to the improper affidavit.
Obiter and limits
- Legal arguments should not be included in affidavits, as they are properly presented in heads of argument or oral submissions by legal representatives.
- It was not unreasonable for the opposing respondents to contest the application, given the ambiguity in the will.
Court disposition
Application granted. Declaratory order issued interpreting 'our children' as referring to Ingrid Steyn's daughters. Costs to be paid from the estate, excluding costs of the improper affidavit.
- It is declared that the words 'our children' in clause B of the joint will dated 19 October 1998 of the late Gert Jacobus Steyn and Ingrid Steyn mean the children of Ingrid Steyn, namely Maritza Nel and Renee Steyn.
- The costs of this application, excluding the costs of Mr R Kruger's affidavit from paragraph 4 onwards, are to be paid from the estate of Gert Jacobus Steyn.
Source and reliance status
High Courts - Gauteng
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
High Courts - Gauteng
Judgment
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak nommer: 17004/2008
Datum: 12 Desember 2008
Not reportable
In die saak tussen:
TOBIAS CHRISTIAAN BESTER N.O. Eerste Applikant
en
MARITZA NEL Eerste Respondent
RENEE STEYN Tweede Respondent
CATHARINA SOPHIA PIENAAR Derde Respondent
GERTRUIDA
CATHARINA JOHANNA GEYSER Vierde Respondent
CHRISTIAAN
ERNST GERHARDUS STEYN Vyfde Respondent
FRANCINA PETRONELLA LOCH Sesde Respondent
ARINA GERTRUIDA STEYN Sewende Respondent
GERT JACOBUS STEYN Agtste Respondent
JACOBUS FRANCOIS RETIEF Negende Respondent
GERT JACOBUS JORDAAN Tiende Respondent
GERTRUIDA
CATHARINA JOHANNA DU PLESSIS Elfde Respondent
ADRIAAN
JOHANNES PETRUS JORDAAN Twaalfde Respondent
DIE REGISTREUR VAN AKTES (JHB) Dertiende Respondent
UITSPRAAK
______________
PRETORIUS R,
In hierdie aansoek versoek die applikant in sy hoedanigheid as eksekuteur van die bestorwe boedel van Gert Johannes Steyn die volgende regshulp:
“1. Dat dit word verklaar dat die woorde “ons kinders” in klousule B van die gesamentlike testament gedateer 19 Oktober 1998 van wyle Gert Jacobus Steyn (610319 0042 081) en Ingrid Steyn (610319 0042 081), (“die gesamentlike testament”)
beteken die kinders van Ingrid Steyn, synde Maritza Nel en Renee Steyn;
2. In die alternatief tot bede 1 hierbo dat dit verklaar word dat die gesamentlike testament geïnterpreteer word op die basis dat die woorde “ons kinders” geag word as pro non scripto te wees;
3. Dat die koste van hierdie aansoek, uitgesluit enige koste van opposisie, deur die bestorwe boedels van Gert Jacobus Steyn (610319 0042 081) en Ingrid Steyn (610319 0042 081) betaal word, alternatiewelik dat die Respondente wat hierdie aansoek onsuksesvol
opponeer die koste van hierdie aansoek betaal.”
Die applikant versoek die hof dus om ‘n verklarende bevel ten opsigte van die gesamentlike testament van die oorledene en Me Ingrid Steyn, sy eggenote te maak.
Die klousule in die testament wat aanleiding gee tot hierdie aansoek lees as volg:
“B Testament van die langslewende
Indien die langslewende van ons te sterwe kom sonder ‘n geldige testament, bemaak sodanige langslewende sy of haar boedel aan ons kinders, of hulle wettige afstammelinge by wyse van plaasvervulling.
C Gelyktydige afsterwe
Indien ons in omstandighede te sterwe kom waar dit nie vasgestel kan word wie die eerssterwende van ons is nie, bepaal ons dat die voorafgaande afdeling B van hierdie testament van toepassing sal wees op ons respektiewelike boedels.”
Die eerste en tweede respondente is die kinders van genoemde Mev Ingrid Steyn, uit ‘n vorige huwelik. Ten tye van Mnr Gert Steyn se afsterwe was Mev Ingrid Steyn met hom getroud. Mnr Steyn het vyf broers en susters gehad. Die derde en vierde respondente is sy susters en die vyfde respondent sy broer. Die sesde tot twaalfde respondente is die kinders van die twee broers wat voor die oorledene oorlede is.
In Mev Steyn se bestorwe boedel is daar ‘n eerste en finale likwidasie- en distribusie rekening opgestel wat deur die Meester goedgekeur is. Die rekening het sonder besware gelê en is die uitbetalings gemaak. Daar is ook ‘n laaste en finale distribusierekening opgestel vir Mnr Gert Steyn waarin dit geïnterpreteer is dat “ons kinders” verwys na die eerste en tweede respondente. Die applikant het die dokumentasie om die onroerende eiendom aan die eerste en tweede
respondente oor te dra by die akte kantoor ingedien. Dit is verwerp op grond daarvan dat die registrateur van aktes van mening was dat die oorledene intestaat oorlede is, aangesien die eerste en tweede respondente nie, volgens hom, die natuurlike kinders van die oorledene was nie. Dit het aanleiding gegee tot die loods van hierdie aansoek.
Mnr Gert Steyn en Mev Ingrid Steyn is op 4 Maart 1996 met mekaar getroud. Hule het op 19 Oktober 1998 ‘n gesamentlike testament verly. Beide van hulle was vantevore getroud. Mev Ingrid Steyn het 2 dogters uit die vorige huwelik gehad, naamlik die 1se en 2e respondente wat tans 28 jaar en 25 jaar oud is. Hulle was tydens die sluiting van die huwelik tussen Mnr Gert Steyn en Mev Ingrid Steyn in Maart 1996 onderskeidelik 15 jaar en 12 jaar oud.
Mr Steyn en Mev Steyn kon nooit kinders van hulle eie gehad het nie, aangesien dit gemeensaak is dat Mnr Steyn steriel was. Mev Steyn het ‘n histerektomie gehad en kon ook nie kinders hê nie. Daar kon dus nooit sprake wees van gesamentlike kinders op enige stadium nie. Op 23 November 2005 is beide Mnr en Mev Steyn gelyktydig in ‘n motorongeluk oorlede.
Dit blyk uit die testament dat die partye binne gemeenskap van goedere getroud was:
“Ons die ondergetekendes,
Testateur, GERT JACOBUS STEYN
ID nommer, 5403205157085
Testatrise, INGRID STEYN
Nooiensvan, TAMSEN
ID nommer, 6103190042081
Tans woonagtig te, CENTURION
gades te getroud binne gemeenskap van goedere, herroep hiermee alle vorige testamente, kodisille en enige ander testamentêre aktes van watter aard ookal, voorheen deur ons gemaak en verklaar die volgende ons testament te wees.” (my beklemtoning).
Daar is beëdigde verklarings liasseer deur die 5e respondent, namens die derde, vierde, negende, tiende, elfde en twaalfde respondente, en dan ook deur die sesde respondent. Daar is ook ‘n beëdigde verklaring deur die vyfde respondent se prokureur afgelê wat uiteensit waarom die hof behoort te bevind die oorledene intestaat geëerf het. Die sesde respondent het die vyfde respondent en ander respondente ondersteun en verder net beweer dat die oorledene van “Ingrid se dogters” gepraat het, en dit as ‘n rede aangevoer waarom ”ons kinders” nie die eerste en tweede respondente is nie.
In LAWSA par 380 word kommentaar gelewer:
“In interpreting a will, the court is entitled to have regard to the material facts and circumstances known to the testator when he made it: it puts itself in the testator’s armchair. The admission of “armchair” evidence does not, however, mean that “the intention of the testator may be sougth by reasoning or conjecture not founded upon the scheme and terms of the will ... It is in the will that the indications and pointers must be sought, but it is permissible and sometimes essential to read and interpret the will in the light of the relevant circumstances existing at the time of its making.”(my beklemtoning)
Die hof moet dus die bedoeling van die oorledene vasstel uit die taalgebruik wat in die testament gebruik is. Indien die testateur, die oorledene, woorde in hulle gewone vorm gebruik het en dit sin maak ten opsigte van die agtergrond en omringende omstandighede, moet dit uitgelê word in die gewone betekenis van die woorde, behalwe waar die gewone en duidelike betekenis van die woorde
aanleiding sal gee tot ‘n belaglikheid of absurditeit. In Ex parte Froy: in re estate Brodie 1954(2) SA 366(C) het die hof bepaal op p 370:
“What a man intends, and the expression of his intention, are two different things. He is bound, and those who take after him are bound, by his expressed intentions. ( Per BARGRAVE-DEAN, J., in Simpson v. Foxon , 1907 P. at p. 57.) These principles are indeed well established; but, because of the approach revealed in the affidavits, it is necessary that they should be emphasised at the outset of the enquiry. It is, however, equally well established that, in determining the wishes of the testator as expressed in the language used by him in his will, the Court is not wholly confined to the written word.” (my beklemtoning)
In In re Harrison (1885) 30 Ch 390 te 393-394 is beslis dat die hof, wanneer die hof ‘n testament uitlê ’n uitleg moet voorstaan wat tot gevolg sal hê dat die testante erfreg toegepas word en nie intestante erfreg nie.
In Ex parte Mouton 1955(4) SA 460 (A) is beslis deur van den Heever AR:
“Die feit dat ‘n testamentere beskikking in sigself dubbelsinnig of selfs 'veelsinnig' is bring nog nie mee dat dit nietig is nie. In so 'n geval is dit - wanneer dit nodig word - die Hof se plig om na oorweging van al die omstandighede en met behulp van erkende vooropstellings en presumpsies vas te stel welke van die moontlike vertolkings waarskynlik die bedoeling van die testateur weergee en dus ten uitvoer gelê moet word. (Sien Voet 28.7.30; D . 34.2.2.33; 33.10.3.5; 35.1.19). Dit is juis daardie dubbelsinnigheid
wat eksterne bewyse toelaat.
Dit is slegs indien 'n voorwaarde perplex is, d.w.s. indien hy in sigself vir geen redelike vertolking vatbaar is nie ( perplexitas verborum) of indien die feitlikhede waarop hy betrekking sou hê eenvoudig nie daarmee (selfs deur toepassing van die cyprèsreël)
gerym kan word nie ( perplexitas rerum) dat daar sprake kan wees van nietigheid weens onuitvoerbaarheid” (my beklemtoning).
Mnr Hulley, vir die eerste en tweede respondente argumenteer dat die hof in hierdie omstandighede nie slegs moet bepaal wat Mnr Steyn se bedoeling was
toe hy melding gemaak het van “ons kinders” nie, maar wat beide Mnr Steyn en Mev Steyn se bedoeling was toe hulle die woorde “ons kinders” gemeld het. Die gebruik van “ons” dui tog daarop dat dit nie net Mev Steyn se kinders was nie, maar dat hulle die kinders as hulle gesamentlike kinders beskou het. Die gevolgtrekking kan dan slegs wees dat “ons kinders” verwys na kinders wat beide Mnr Steyn en Mev Steyn as gemeensaak beskou het en dit kan slegs Mev Steyn se kinders wees.
Die hof moet ook die vermoede teen intestate opvolging in aanmerking neem wanneer die hof ‘n besluit maak. Die hof moet die volgende feite in aanmerking neem om tot ‘n besluit te kom naamlik, die ouderdom van Mnr Steyn, sy gesondheid, lewensverwagting, die samestelling van sy gesin – in die geval Mev Steyn en haar twee dogters wat by hom gewoon het – en die bewoording van die testament.
Die hof is verwys na Boswell en Andere v Van Tonder 1975(3) SA 29(A) waar Jansen AR beslis het ten opsigte van aangenome kinders, wat natuurlik nie hier van toepassing is nie.
Dit is gemeensaak dat die oorledene nie die kinders, dit is eerste en tweede respondente, van Mev Steyn aangeneem het nie. Verder is dit gemeensaak dat die oorlede egpaar nooit gesamentlik kinders kon hê.
As die hof die testament in sy geheel lees en in aanmerking neem dat die partye binne gemeenskap van goed getroud was en albei die testament op 19 Oktober 1998 onderteken het, kan die hof nie anders as om te beslis dat “ons kinders” verwys na Mev Steyn se kinders nie en dat hulle wel die erfgename van Mnr Steyn se gedeelte van die gesamantlike boedel is.
Mnr de Klerk het namens die derde tot die vyfde en die negende tot die twaalfde respondente betoog dat die applikant die koste van die aansoek op ‘n de bonis properiirs skaal moet betaal, aangesien Saambou Eksekuteurskamer ‘n dubbelsinnige testament namens die oorledene opgestel het. Ek moet
met Mnre Els, Hulley en Korf saamstem dat so ‘n argument nie houdbaar is nie. Saambou Eksekuteurskamer BPK is ook nie ‘n
party voor die hof nie en kan die hof geen bevel ten opsigte van koste teen hulle maak nie.
Ek verstaan ook nie Mnr de Klerk se argument dat die applikant ‘n bestrawwende koste bevel moet betaal, aangesien volgens Mnr de Klerk die eksekuteur self die testament moet uitlê en gevolg aan gee. Mnr Els, vir die applikant, is korrek deur te argumenteer dat die applikant geen keuse het as om aansoek te doen vir ‘n verklarende bevel in hierdie aangeleentheid nie. Mnr Els versoek wel die hof om die ondersteunende eedsverklaring van Mnr R Kruger, die opdraggewende prokureur van die derde, vierde, vyfde, negende, tiende, elfde en twaalfde respondente, vanaf paragraaf 4, nie toe te laat nie en te skrap.
In par 3.3 van sy eedsverklaring verklaar Mnr Kruger:
3.3 Ek huldig steeds die mening dat wyle mnr G J Steyn intestaat oorlede is, weens die feit dat hy geen kinders gehad het nie en dat die testament, bylaag “TB4” tot die funderende beëdigde verklaring, geen voorsiening maak vir “vervangende
erfgename” nie;
3.4 Ek sal hierna aandui dat ‘n oorledene se bloedverwante gemeenregtelik sy aangewese intestate erfgename is;
3.5 Ek bevestig dat die posisie met betrekking tot aangenome kinders, soos uiteengesit in bylaag “TB17” tot die funderende
beëdigde verklaring, tans nog so daar uitsien en dat bylaag “TB17” ‘n korrekte weerspieëling daarvan
is;
Dan verklaar hy voorts:
In ‘n poging om die agbare hof as beampte van die hof van hulp te wees, asook in die lig van die besondere aard van hierdie aansoek, deel ek nederig die uitslag van my navorsing in die subparagrawe hierna met die agbare hof:
Mnr Kruger hou dan verskeie sake aan die hof voor in sy eedsverklaring en haal volledig aan uit sodanige regspraak.
Hy maak dan ook afleidings na aanleiding van die aangehaalde regspraak:
“Ek doen nederig aan die hand dat dit uit hierdie beslissing duidelik blyk dat die howe voorkeur gee aan bloedverwante, eerder as wettig aangenome kinders, laat staan nog enige voorkeur aan kinders wat nie eers wettig aangeneem is nie.”
Daaarna haal hy volledig uit verskeie woordeboeke aan. Hy verwys die hof ook na die Wet op Intestante Erfopvolging 81 van 1987.
Dan kom hy tot ‘n gevolgtrekking met regsargumente. Mnr de Klerk het beswaar gemaak toe die hof aan Mnr Els gemeld het dat dit skyn asof iemand reeds die uitspraak probeer skryf het. Ek het die aanmerking teruggetrek , aangesien dit op ‘n ligter noot gestel was. Ek moet egter met mnr Els saamstem dat die verklaring van Mnr Kruger vanaf paragraaf 4 tot en met paragraaf 8, wat 17 bladsye beslaan, geskrap moet word. Mnr Els is korrek deur te argumenteer dat regsargument nie in antwoordende eedsverklarings hoort nie, aangesien regsverteenwoordigers in aansoeke hoofde van argument moet voorlê en dat hierdie argumente of deur die advokate of deur prokureurs met verskyningsbevoegdheid tydens die aanhoor van die aansoek argumenteer moet word. Daar bestaan ook nie ‘n metode waarop ‘n applikant in sy repliserende verklaring moet antwoord op sodanige regsargument nie. Mnr Korf, vir die sesde, sewende en agste resondente vra ook dat die koste ten opsigte van Mnr Kruger se regsargumente nie toegelaat word nie. Sy argument is dat regsargumente in eedsverklarings nie toegelaat moet word nie, aangesien dit ‘n duplisering van koste teweeg bring. Hierdie argument is deur die hof oorweeg en moet ek daarmee saamstem. Dit is ook duidelik dat sodanige regsargument in eedsverklarings eensydig sal wees en nie objektief kan wees nie, aangesien die prokureur ‘n plig het om sy kliënt se saak te bevorder. Ek is van mening dat dit totaal onbehoorlik van ‘n prokureur is om so ‘n eedsverklaring af te lê.
In die lig daarvan dat dit nie onbillik was van die derde tot die twaalfde respondente om die aansoek te oponeer nie, is ek van mening dat die koste, uitgesonder die koste van Mnr Kruger se verklaring, uit die oorledene se boedel betaal moet word.
Ek maak die volgende bevel:
1. Dit word verklaar dat die woorde “ons kinders” in klousule B van die gesamentlike testament gedateer 19 Oktober 1998 van wyle Gert Jacobus Steyn (610319 0042 081) en Ingrid Steyn (610319 0042 081), (“die gesamentlike testament”) beteken die kinders van Ingrid Steyn, synde Maritza Nel en Renee Steyn;
2. Dat die koste van hierdie aansoek deur die bestorwe boedel van Gert Jacobus Steyn (61031919 0042 081) betaal word uitgesluit die koste van Mnr R Kruger se eedsverklaring vanaf paragraaf 4 van die verklaring.
______
C Pretorius
Regter van die Hooggeregshof
Saak nommer : 17004/2008
Gehoor op : 3 Desember 2008
Vir die Applikant : APJ Els
Opdrag deur : van der Merwe & Associates
Vir die Respondente (1,2) : G I Hully
Opdrag deur : Salie & Salie
Vir die Respondente (3,4,5,9,0,11,12): L S De Klerk
Opdrag deur : Rynard Kruger
Vir die Respondente (6,7,8) : C A C Korf
Opdrag deur : Rossouw
Datum van Uitspraak : 12 Desember 2008
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.