Biermnan v Mutual and Federal Versekeringsmaatskappy Bpk (3023/1999) [2003] ZAFSHC 6; [2004] 2 All SA 389 (O); 2004 (1) SA 205 (O) (20 March 2003)
- Citation
- [2003] ZAFSHC 6
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- CB Cillié
- Case number
- 3023/1999
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- CB Cillié
- Case number
- 3023/1999
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the defendant's rejection of the plaintiff's claim did not amount to repudiation of the insurance contract, as the defendant did not deny the existence or validity of the policy but merely denied liability under its terms. The subsequent cancellation of the policy was in accordance with the contract and did not affect the plaintiff's obligation to comply with the 90-day summons requirement for claims arising prior to cancellation. The plaintiff failed to serve summons within the prescribed 90-day period after the rejection of the claim, and the defendant was therefore entitled to rely on the time-bar clause to avoid liability. The special plea was upheld and the claim dismissed with costs.
Court disposition
Claim dismissed with costs.
Orders
- The plaintiff's claim is dismissed.
- The plaintiff is ordered to pay the defendant's costs.
02
Material facts
Parties
Ben D Bierman
Plaintiff Counsel: Adv WF Pienaar Iov NaudesMutual & Federal Versekeringsmaatskappy Bpk
Defendant Counsel: Adv JP Daffue Iov Honey & Vennote03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Liability Phase Separated From Quantum
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant is released from liability under the insurance policy due to the plaintiff's failure to serve summons within 90 days after rejection of the claim.
- 02
Whether the defendant's rejection of the claim constituted repudiation of the insurance contract, thereby excusing the plaintiff from compliance with the 90-day clause.
- 03
Whether the subsequent cancellation of the policy affected the plaintiff's right to claim under the policy for a loss that occurred prior to cancellation.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff argued that the defendant's rejection of the claim amounted to repudiation of the insurance contract, which excused him from compliance with the 90-day summons requirement. He further contended that the defendant's subsequent cancellation of the policy within the 90-day period constituted a further obstacle to the defendant relying on the time-bar clause. The plaintiff maintained that the defendant, by repudiating and cancelling the contract, forfeited its right to insist on compliance with the policy conditions, particularly the 90-day clause.
- Respondent
- The defendant argued that clause 5.6 of the policy required the plaintiff to serve summons within 90 days of the rejection of the claim, which was communicated by letter dated 25 February 1999. The summons was only served on 18 August 1999, outside the prescribed period. The defendant denied that its rejection of the claim constituted repudiation of the contract and asserted that the cancellation of the policy was in accordance with its rights under the contract and did not affect the plaintiff's obligation to comply with the 90-day clause.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
METELERKAMP v RAILWAY PASSENGERS’ ASSURANCE CO 1924 CPD 302
A party cannot rely on a contractual clause if it disputes the existence or validity of the contract itself; however, if the existence and validity of the contract are accepted and only liability under a specific clause is denied, the party may rely on such clause.
- 02
STREET v DUBLIN 1961(2) SA 4 (W)
Repudiation requires conduct that fairly interpreted exhibits a deliberate and unequivocal intention no longer to be bound by the contract.
- 03
THE LAW OF SOUTH AFRICA: Joubert, First Reissue, vol 12, Insurance, par 319
Where the insurer repudiates the contract and the insured elects to abide by it, the insured may be excused from compliance with certain duties, such as filing a claim within a stated period, but only if the repudiation amounts to a denial of the contract's existence or validity.
- 04
SA LAW OF INSURANCE, Gordon and Getz, 4th edition, p 179-181
The burden of proof rests on the insurer to establish that it is released from liability by virtue of a time-bar clause, which is an exception to its general liability under the policy.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the defendant's rejection of the plaintiff's claim did not amount to repudiation of the insurance contract, as the defendant did not deny the existence or validity of the policy but merely denied liability under its terms. The subsequent cancellation of the policy was in accordance with the contract and did not affect the plaintiff's obligation to comply with the 90-day summons requirement for claims arising prior to cancellation. The plaintiff failed to serve summons within the prescribed 90-day period after the rejection of the claim, and the defendant was therefore entitled to rely on the time-bar clause to avoid liability. The special plea was upheld and the claim dismissed with costs.
Obiter and limits
- The mere rejection of a claim by an insurer does not, without more, constitute repudiation of the contract.
- The purpose of the 90-day time-bar clause is to ensure prompt resolution of disputes, which benefits both parties.
- Cancellation of the policy after the loss does not abrogate the insured's obligation to comply with policy conditions for claims arising before cancellation.
Court disposition
Claim dismissed with costs.
- The plaintiff's claim is dismissed.
- The plaintiff is ordered to pay the defendant's costs.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 3023/1999
In die saak tussen:
BEN D BIERMAN Eiser
en
MUTUAL & FEDERAL VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK Verweerder
_______________
AANGEHOOR DEUR: CILLIé R
UITSPRAAK DEUR: CILLIé R
UITSPRAAK GELEWER OP: 20 MAART 2003
Hierdie verhoor het plaasgevind op die basis dat die vraag na verweerder se aanspreeklikheid teenoor eiser in terme van sekere versekeringsooreenkomste (hierna "polis" genoem) wat hy met eiser gesluit het eerste en afsonderlik bereg word van die vraag na die omvang van eiser se beweerde skade.
Dit is gemene saak dat die verweerder ân aantal polisse in terme waarvan korttermynversekering ten aansien van sekere eiendom van eiser verskaf was, uitgereik het. Daar was tydens die verhoor debat oor die vraag welke polis op welke tydstip op welke eiendom presies van toepassing was. Tydens betoog is egter deur beide partye aanvaar dat die relevante polis ân sogenaamde All Sure-polis met nr 117B087857 in terme waarvan die hoofopstal (in die getuienis genoem die kliphuis) op eiser se plaas Elandsfontein distrik Vrede verseker was die geldende polis was toe die skade ingetree het. ân Afskrif van daardie polis is as Aanhangsel A by verweerder se verweerskrif aangeheg en die oorspronklike daarvan is as Bewysstuk A ingehandig. Die aansoekvorm wat deur eiser voltooi was vir doeleindes van verkryging van die dekking is Bewysstuk B.
Dit is uit die pleitstukke duidelik dat die intrede van skade binne die versekeringstermyn nie in geskil is nie. Luidens die pleitstukke beroep die verweerder hom op twee verwere wat hom vrystel van enige verpligting om eiser in terme van die polis skadeloos te stel. Die eerste daarvan is by wyse van ân spesiale pleit geopper. Dit is ten effekte dat eiser strydig met die polisvoorwaardes nie sy dagvaarding binne 90 dae na afwysing van die eis op verweerder beteken het nie. Die tweede verweer is dat eiser nie die verweerder ingelig het van ân wesentlike verandering in die risiko wat na bewering sou ingetree het en wat verband hou met die bewoning aldan nie van die versekerde eiendom. Die polis se afdeling : Algemeen klousule 10 stel verweerder vry van skadeloosstelling in sulke gevalle.
Mnr Daffue namens die verweerder, het in sy betoog egter aangedui dat hy sonder om dit formeel te laat vaar, nie enige submissies oor die tweede verweer voorlê nie. Dit is doenlik om op hierdie stadium te meld dat daar nie werklik enige getuienis aangebied is wat hierdie verweer ondersteun nie en dat mnr Daffue se houding in hierdie verband dus begryplik is.
Inderdaad het die geskil uiteindelik kristaliseer tot die 90-dae-kwessie voormeld. Beide partye het aanvaar dat klousule 5.6 van die betrokke polis se afdeling: Algemeen vereis dat dagvaarding binne 90 dae na ân ontkenning van aanspreeklikheid deur verweerder bestel moet word. Verweerder steun daarop dat hierdie ontkenning per brief gerig aan eiser gedateer 25 Februarie 1999 tot stand gekom het en dat die dagvaarding eers op 18 Augustus 1999 beteken is. Dit is dus duidelik buite die 90 dae periode.
Gedurende sy betoog het mnr Pienaar namens eiser, vir oorweging gegee dat die brief van 25 Februarie 1999 nie ân ontkenning van aanspreeklikheid is nie en dit is dienlik om daarmee kortliks te handel. Benewens die feit dat dit nooit so in repliek gepleit was nie (trouens in par 1.1 van die repliek word dit aanvaar dat hierdie skrywe ân verwerping van die eis was) is op ân behoorlike uitleg van die skrywe dit duidelik dat dit ân onomwonde afwysing van die eiser se eis is. Daardie brief verskyn op p 47 van die eiser se bundel dokumente Bewysstuk D en p 42 van verweerder se bundel Bewysstuk C. Die relevante gedeelte daarvan lees as volg:
"Ons verwys na u bestaande eise welke spruit uit die beweerde inbraak en brand op u plaas ..... Volgens inligting tot ons beskikking was die woning onbewoon ten tyde van die voorval en het u aldus nie dekking geniet vir hierdie verliese nie. Onder die omstandighede hoef ons nie te handel met u bogenoemde eise nie en word geen erkenning daaromtrent gedoen nie. Enige aksie wat ingestel mag word sal enduit bestry word."
Vir soverre as wat gemelde skrywe in ân verdere gedeelte wat nie aangehaal is nie voorbehou dat op verdere gronde wat na verdere ondersoek aan die lig mag kom ook gesteun sal word vir verwerping van die eis kan dit nie verstaan word as ân houding dat die eis nie finaal verwerp is nie.
By die aanvang van die verrigtinge is die Hof versoek om ân reëling te maak welke party moet begin met die aanbied van getuienis. ân Bevel is toe gemaak dat die verweerder moet begin sonder om daardeur enige bevinding aangaande die finale ligging van die bewyslas te maak. Namens die verweerder het slegs ene J van der M Smit getuig. Die eiser het self getuienis afgelê. Ek vind dit nie nodig om die getuienis enigsins te behandel nie omdat die getuienis eintlik die saak van enige party ten aansien van die werklike geskilpunt bovermeld nie enigsins verder neem nie.
Dit is duidelik dat die eiser homself binne die kader van die onderneming wat verweerder aan eiser gegee het om hom skadeloos te stel, geplaas het. Die verweerder dra dan die bewyslas om die Hof te oortuig dat hy vrygestel is van sy onderneming om die eiser sy skade te vergoed. Dit is so omdat die 90 dae vereiste soos ek dit sien nie ân sogenaamde gekwalifiseerde onderneming is nie maar ân uitsondering op verweerder se aanspreeklikheid daarstel.
Vergelyk: SA LAW OF INSURANCE, Gordon and Getz, 4e uitgawe p 179-181.
Mnr Daffue namens die verweerder, het in sy betoog ook aangedui dat hy verlief neem daarmee dat die saak benader word op die basis dat verweerder die bewyslas dra. Sy betoog is egter dat die verweerder hom minstens prima facie van hierdie las gekwyt het deurdat dit op die pleitstukke reeds deur die eiser erken is dat die dagvaarding nie binne die voorgeskrewe 90 dae periode beteken is nie. Die vraag is dus volgens hom bloot of eiser die effek hiervan weerlê het. Mnr Pienaar namens die eiser, het dit tereg so aanvaar. In sy repliek het eiser ân hele aantal "verwere" waaronder wanvoorstelling en estoppel in antwoord hierop aangevoer. Dit is nie nodig om enigsins verder daarna te verwys nie want mnr Pienaar het in sy betoog tereg nie op die vermelde aspekte gesteun nie omdat die getuienis dit eenvoudig nie ondersteun nie. Hy het sy betoog beperk tot wat in par 1.1 en 1.2 van die repliek geopper word. Die eiser voer naamlik daarin aan dat verweerder die toepaslike polis eensydig gekanselleer het per brief gedateer 13 April 1999 met 13 Mei 1999 as effektiewe datum, dit wil sê binne die 90 dae periode wat eiser gehad het om sy dagvaarding te beteken. Daarbenewens word beweer dat verweerder se weiering om eiser skadeloos te stel soos uiteengesit in die skrywe supra aangehaal neerkom op repudiasie van sy verpligtinge in terme van die ooreenkoms deur verweerder. Op sterkte hiervan word dan as volg in par 1.6 van die repliek gekonkludeer:
"Bygevolg repliseer eiser is verweerder nie geregtig om op die bepalings van die versekeringsooreenkoms ..... wat voorsiening maak vir ân tydperk van vervalling na negentig (90) dae, te steun nie, aangesien verweerder deur hul repudiasie en kansellasie van die versekeringsooreenkoms ..... uitdruklik te kenne gegee het dat hul nie hul verpligtinge ingevolge die kontrak sal nakom nie en het verweerder deur hul optrede om die kontrak te vernietig die reg verbeur om aan te dring op nakoming van die voorwaardes, en meer in besonder daardie voorwaarde betreffende die tyd waarbinne die aksie ingestel moes word."
Die bundel Bewysstuk C p 44 bevat die gewraakte brief van kansellasie en dit is gemene saak dat dit ân brief is wat verweerder aan eiser gerig het en waarin verweerder kennis gee aan eiser dat die polis met ingang van 13 Mei 1999 gekanselleer word. Klousule 8 van die polis se afdeling getitel Algemeen gee wel aan verweerder die reg om die polis te enige tyd te kanselleer met 30 dae skriftelike kennisgewing aan die eiser. Duidelikheidshalwe moet gemeld word dat hierdie ân polis is wat op ân maand tot maand-basis geduur het.
Die betoog van mnr Pienaar is dat verweerder deur die afwysing van die eis die ooreenkoms gerepudieer het. Daardeur het hy sy reg om aan te dring dat eiser sy verpligtinge in terme van die polis nakom besonderlik die verpligting om binne 90 dae dagvaarding uit te reik, verbeur. Die verweerder se daaropvolgende optrede deur later die versekeringsooreenkoms te kanselleer is aldus die betoog, ân verdere beletsel vir aandrang op nakoming van die 90 dae periode. Mnr Pienaar beroep hom in hierdie verband op ERASMUS v PIENAAR 1984(4) SA 9 (TPA).
Wanneer gedrag voldoende is om as repudiasie te kwalifiseer moet van geval tot geval uitgemaak word. In PONISAMMY AND ANOTHER v VERSAILLES ESTATES (PTY) LTD 1973(1) SA 372 (A) het Muller AR op 387B onder andere die volgende stelling van Devlin R in UNIVERSAL CARGO CARRIERS CORPORATION v CITATI (1957)2 QB 401 op p 436 met instemming aangehaal:
"The test of whether an intention is sufficiently evinced by conduct is whether the party renunciating has acted in such a way as to lead a reasonable person to the conclusion that he does not intend to fulfil his part of the contract."
Hierdie toets is daarna deur die Hoogste Hof van Appèl weer bevestig in VAN ROOYEN v MINISTER VAN OPENBARE WERKE EN GEMEENSKAPSBOU 1978(2) SA 835 (A) op 845A waarin met goedkeuring verwys is na IINRYBELANGE (EDMS) BPK v
PRETORIUS EN ANDERE 1966(2) SA 416 (A) se aanhaling van die volgende passasie uit Williamson R se uitspraak in STREET v DUBLIN 1961(2) SA 4 (W) op 10B:
"The test as to whether conduct amounts to such a repudiation is whether fairly interpreted it exhibits a deliberate and unequivocal intention no longer to be bound."
Die vraag is dan of verweerder se afwysing van eiser se eis beskou kan word as "a deliberate and unequivocal intention no longer to be bound". Die latere kansellasie van die polis deur verweerder is myns insiens nie in hierdie verband van enige belang nie aangesien die verweerder in elk geval in terme van die polis die reg tot sodanige kansellasie het. Vir soverre dit enige belang mag hê, is die feit dat verweerder die moeite doen om later te kanselleer miskien juis ân aanduiding daarvan dat hy nie vroeër die eis afgewys het met die gesindheid dat hy nie langer die polis as geldend en bindend op hom beskou nie.
In THE LAW OF SOUTH AFRICA: Joubert, First Reissue, vol 12, Insurance word in par 319 die volgende gesê:
"Where the insurer repudiates the contract, for example by intimating that it is not going to meet a valid claim, and thus commits a breach of contract, and the insured does not resile from the contract but elects to abide by it, the obligations of the insured are diminished by the repudiation in that he is excused from compliance with the duties that he has to observe in enforcing a claim, for instance filing a formal claim within a stated period after the loss."
Dit is nie vir my duidelik of die skrywers hiermee te kenne wil gee dat elke afwysing deur die versekeraar van ân oënskynlik geldige eis repudiasie van die ooreenkoms deur die versekeraar wat dan die versekerde onthef daarvan om sy verpligtinge na te kom, daarstel nie. Die gesag waarna verwys word, sou nie so ân wye stelling steun nie. In STEWART v RYALL (1887)5 SC 146 op 153 waarna as gesag verwys word, het De Villiers HR die volgende gesê:
"Where, as in the case of MYBURGH v PROTECTEUR INSURANCE, the directors of an insurance company have absolutely refused to pay for damage done by fire to property insured with it, and have in effect said to the assured `we refuse to pay, whether or not you choose to perform any of the conditions precedent to your right to recoverâ, they cannot, after having thus been the cause of the assured omitting to frame an account of his loss within three months after the fire, rely upon such an omission as a defence to an action on the policy."
Ek meen dat hierdie aanhaling verstaan moet word as synde die posisie waar die versekeraar weier om enige eis hoegenaamd op meriete te oorweeg deurdat hy die bestaan of geldigheid van die polis as sodanig ontken. Die verwysing met goedkeuring in ERASMUS v PIENAAR (supra) na hierdie aanhaling was bedoel as gesag vir ân stelling dat die Engelsregtelike beginsel dat ân "skuldenaar se verpligting om daadwerklik te presteer opgeskort word vir solank as wat die skuldeiser die ooreenkoms repudieer" (bl 21E) "ook in ons regspleging aanvaar is" (bl 23E-F). Dit is nie gesag vir ân stelling dat ân blote afwysing van ân eis deur ân versekeraar repudiasie daarstel nie. Die ooreenkoms daar ter sprake was in elk geval nie ân versekeringsooreenkoms nie.
Sonder om daardeur te kenne te gee dat dit ân voorvereiste is vir toepassing van die voormelde beginsel moet gemeld word dat eiser nie die beweerde repudiasie as kontrakbreuk aan die kant van verweerder aanvaar en teruggetree het uit die ooreenkoms nie. Eiser hou juis volgens sy pleitstukke die ooreenkoms in stand deur te eis dat verweerder hom in terme van die ooreenkoms skadeloos stel. Vergelyk par 12 van die besonderhede van eis. (Die alternatiewe eis vir skadevergoeding in die smeekbedes word nie gesubstansieer in die liggaam van die besonderhede van eis met enige bewering van kontrakbreuk aan die kant van verweerder met aanvaarding en terugtrede deur eiser nie en behoef nie enige verdere aandag nie.)
Die gebrek in mnr Pienaar se argument lê daarin dat dit nie onderskei nie tussen ân geval waar die versekeraar enersyds die bestaan of geldigheid van die polis as sodanig vir een of ander rede ontken teenoor andersyds waar die versekeraar die bestaan en geldigheid van die polis wel erken en aanvaar maar aanspreeklikheid in terme daarvan ontken word.
ERASMUS v PIENAAR (supra) en die talle beslissings daarin na verwys (daarby kan gevoeg word die beslissing van hierdie Hof in DE GOEDE v VENTER 1959(3) SA 959 (O)) is duidelike gesag vir die algemene beginsel dat in eersgenoemde geval ân party hom nie op ân klousule in sy guns sou kan beroep nie. Die logika daarvan is voor die hand liggend: ân party kan nie steun op ân klousule in ân ooreenkoms die bestaan of geldigheid waarvan hy self betwis nie. Dit moet sekerlik ook geld vir ân versekeringskontrak.
Waar die bestaan en bindendheid van die polis egter aanvaar en erken word maar aanspreeklikheid in terme daarvan op sterkte van ân term van die polis ontken word, is die regsposisie heeltemal anders. By geskille soos die onderhawige moet daar in elke geval oorweeg word of die versekeraar die bestaan of geldigheid van die polis as sodanig ontken en of hy andersyds slegs die betrokke eis afwys en aanspreeklikheid vir skadeloosstelling vermy deur hom op ân spesifieke bepaling van die polis te beroep. Laasgemelde is nie ân geval van repudiasie van die polis nie. Dit is so lank terug as in METELERKAMP v RAILWAY PASSENGERSâ ASSURANCE CO 1924 CPD 302 as volg deur Gardiner R op 304 gestel:
"It is quite true that a party cannot deny the existence of a contract and at the same time claim to take advantage of some clause in the contract. But there is a distinction between denying the existence of a contract and denying liability under a contract, the existence of which one admits. The difference is well put by Bankes, LJ, in WOODALL v PEARL ASSURANCE CO, LTD (1919, 1 KB 593): `I think it very necessary to draw a clear and sharp distinction between two separate classes of cases. There is the case where a person or an insurance company is repudiating a contract in the sense that it is disputing the existence of any binding contract at all ..... The other class of case is where a person or an insurance company is repudiating any liability under a contract, but accepting the existence of the contract as a binding contract.â "
In daardie saak het die versekeraar hom op ân arbitrasie-klousule in die polis beroep. In beginsel is daar egter geen verskil met ân geval soos die onderhawige waar die verweerder die eis op sterkte van ân 90 dae sperklousule teenstaan nie.
Verweerder se verwerping in die skrywe van 25 Februarie 1999 hierbo aangehaal van die eiser se eis was soos ek die aangeleentheid sien, nie ân repudiasie van sy verpligtinge in terme van die versekeringsooreenkoms soos mnr Pienaar betoog nie. Trouens, dit is in hierdie verband verwarrend om hoegenaamd die term "repudiasie" te gebruik ten einde verweerder se gedrag te beskryf. Al wat verweerder te kenne gegee het, was dat hy nie voornemens is om eiser se eis uit te betaal nie omdat eiser na sy oordeel nie dekking gehad het vir die besondere gebeurtenis nie. Dit beteken hoegenaamd nie dat verweerder daardeur die geldigheid van of sy gebondenheid aan die polis as ân geheel misken nie. Die blote afwysing van ân eis deur ân versekeraar is nie sondermeer "conduct ..... (which) ..... exhibits a deliberate and unequivocal intention no longer to be bound" nie (STREET v DUBLIN (supra).) Dit hang af soos supra aangedui op welke gronde die verpligting tot skadeloosstelling ontken word.
In ERASMUS v PIENAAR (supra) is op die feite bevind dat die applikant in daardie saak se optrede op ân repudiasie van die koopkontrak neergekom het. Dit onderskei dus daardie beslissing van die feite in die onderhawige saak. Die beginsel daar aanvaar dat repudiasie deur een party vir die ander party "tydelike verslapping" van die nakoming van sy verpligtinge meebring is dus nie hier tersake nie.
Die bedoeling met die spertydperk van 90 dae is juis dat spoedige duidelikheid oor die geskil of die versekeraar die versekerde skadeloos moet stel aldan nie verkry word. Dit is in belang van beide partye. Indien die versekeraar sy reg om hom hierop te beroep verbeur in elke geval waar hy na oorweging van die eis meen dat hy in daardie geval op sterkte van die polis self nie hoef skadeloos te stel nie en dit so aan die versekerde oordra sal dit die effek hê dat juis dit wat deur die partye beoog is, naamlik spoedige afhandeling van die geskil, nie bereik word nie.
Die latere kansellasie van die polis met ingang van 14 Mei 1999 deur die verweerder het ook nie daardeur die polis ab initio vernietig nie. Klousule 8 van die polis reeds na verwys, magtig die verweerder om te enige tyd met die nodige kennisgewing die versekering tot ân einde te bring. Die eiser se eis het egter ontstaan voordat die polis tot ân einde gekom het. Dit moet bygevolg steeds behandel word in terme van die bepalings van die polis. Een van daardie bepalings is dat eiser sy dagvaarding binne 90 dae moet beteken. Eiser is nie daarvan bevry bloot omdat die polis op ân latere tydstip tot ân einde gekom het nie. Die verweerder het ook nooit daarop staatgemaak dat die kansellasie van die polis hom bevry van die verpligting tot skadeloosstelling in hierdie geval nie.
In die omstandighede moet die verweerder se spesiale pleit soos geopper in par 1 van die verweerskrif, dus gehandhaaf word.
Die eis word gevolglik afgewys met koste.
______
CB CILLIé, R
Namens Eiser : Adv WF Pienaar Iov Naudes
Namens Verweerder : Adv JP Daffue Iov Honey & Vennote
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.