Black Rose Taxi and Shuttle Services (Edms) Beperk v Kramer (963/2016) [2016] ZANCHC 26 (10 June 2016)
- Citation
- [2016] ZANCHC 26
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R
- Case number
- 963/2016
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R
- Case number
- 963/2016
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant failed to establish, on the papers, that the initial oral agreement contained a term obliging the respondent to make his operating licence available to the applicant company for as long as it existed. The applicant's version was improbable and unsupported by the evidence, particularly given the parties' personal relationship and the lack of any indication that the respondent intended to relinquish control of his licence indefinitely. The written agreement of 3 December 2015 regulated withdrawal from the business, including the licence, and the respondent complied with its notice requirements. The court held that the respondent validly withdrew both himself and his licence after the notice period, and the applicant was not entitled to continued use of the licence.
Court disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The rule nisi of 13 April 2016 is discharged.
- The application for referral to oral evidence is dismissed with costs.
- The main application is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Black Rose Taxi and Shuttle Services (Edms) Beperk
Applicant Counsel: A EillertChristoffel Jacobus Kramer
Respondent Counsel: JA FourieAmounts and remedies
- Applicant's Claimed Investment: ZAR 350,000
- Respondent's Stated Investment: ZAR 287,000
03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Final Determination After Interim Relief and Interlocutory Application for Referral to Oral Evidence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the initial oral agreement contained a term obliging the respondent to make his operating licence available to the applicant company for as long as it existed.
- 02
Whether the written agreement of 3 December 2015 amended any such term in the oral agreement.
- 03
Whether the written agreement entitled the respondent to withdraw his operating licence from the applicant after the two-month notice period.
Party arguments
- Applicant
- The applicant contended that the initial oral agreement between Ms Oosthuizen and the respondent included a term, whether express, tacit, or implied, that the respondent's operating licence would remain available to the applicant company for as long as it existed. The applicant argued that substantial investment was made in reliance on this term and that the subsequent written agreement did not alter this right. The applicant sought final relief to ensure continued access to the licence until it could obtain its own.
- Respondent
- The respondent denied the existence of any such term in the oral agreement, arguing that the absence of an agreement regarding the duration of licence use led to the written agreement of 3 December 2015. He maintained that the written agreement allowed either party to withdraw from the business with two months' written notice, including withdrawal of the licence. The respondent asserted that he had complied with the notice requirements and was entitled to withdraw both himself and his licence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Techni-Pak Sales (Pty) Ltd v Hall 1968 (3) SA 231 (W) at 236E-237A
A court cannot supplement a contract by adding a term that the parties would have been wise to agree upon but did not; a tacit term must be necessary for business efficacy and reflect the parties' common intention.
- 02
Soffiantini v Mould 1956 (4) SA 150 (E) at 154G-H
A robust approach may be adopted to resolve disputes on affidavit where one party's version is so improbable that it can be rejected on the papers.
- 03
Van Deventer v Ivory Sun Trading 77 (Pty) Ltd 2015 (3) SA 532 (SCA) para [26]
Notice of withdrawal in terms of a written contract must comply with the contract's requirements; restoration of personal relations does not invalidate valid notice.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant failed to establish, on the papers, that the initial oral agreement contained a term obliging the respondent to make his operating licence available to the applicant company for as long as it existed. The applicant's version was improbable and unsupported by the evidence, particularly given the parties' personal relationship and the lack of any indication that the respondent intended to relinquish control of his licence indefinitely. The written agreement of 3 December 2015 regulated withdrawal from the business, including the licence, and the respondent complied with its notice requirements. The court held that the respondent validly withdrew both himself and his licence after the notice period, and the applicant was not entitled to continued use of the licence.
Obiter and limits
- The court noted that oral evidence would have delayed resolution and was unnecessary given the improbability of the applicant's version.
- The restoration of the parties' personal relationship after notice did not affect the validity of the respondent's withdrawal.
- No argument was advanced that the alleged term was necessary for the oral agreement to function, further undermining the applicant's case.
Court disposition
Application dismissed with costs.
- The rule nisi of 13 April 2016 is discharged.
- The application for referral to oral evidence is dismissed with costs.
- The main application is dismissed with costs.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)
Rapporteerbaar: Nee
Sirkuleer onder Regters: Ja
viaSirkuleer onder Landdroste: Nee
Sirkuleer onder Streeklanddroste: Nee
SAAK NO: 963/2016 AANGEHOOR: 08/06/2016 ONDERTEKEN: 10/06/2016
In die saak tussen:
BLACK
ROSE TAXI AND SHUTTLE SERVICES
(EDMS)
BEPERK
Applikant
en
CHRISTOFFEL
JACOBUS
KRAMER
Respondent
Coram: Olivier
R
UITSPRAAK
Olivier R:
[1]. Nadat die applikant, die maatskappy Black Rose Taxi and Shuttle Services (Edms) Bpk, aanvanklik die Hof op ‘n dringende basis genader het, is bevele gemaak wat basies die respondent, Mnr C J Kramer, gedwing het om tussentyds sy bedryfslisensie om ‘n huurmotor te bedryf tot die beskikking te stel van die applikant, wat so ‘n besigheid bedryf, hangende die finale beregting van die aansoek. Die uiteindelike oogmerk van die regshulp versoek in die kennisgewing van mosie was dat die bedryfslisensie beskikbaar gehou moes word vir die applikant totdat die applikant self so ‘n bedryfslisensie bekom het, ‘n proses wat klaarblyklik baie lank kan duur; volgens die respondent selfs langer as ‘n jaar.
[2]. Die betrokke tussentydse bevele is gemaak op die dag waarop die applikant aanvanklik die Hof genader het, naamlik 13 Mei 2016, en die keerdatum is bepaal as 8 Junie 2016.
[3]. Op 6 Junie 2016 is namens die applikant ‘n aansoek ingevolge Hofreël 6(5)(g) geliasseer vir die verwysing na getuienis van die volgende geskilpunte, soos geformuleer in subparagrawe 1.1 tot 1.3 van die betrokke kennisgewing :
“1.1 Of dit ‘n uitdruklike, alternatiewelik stilswyende, verder alternatiewelik geïmpliseerde term van die mondelinge ooreenkoms tussen Me WJ Oosthuizen en die Respondent was dat die Applikant, so lank die Applikant bestaan, gebruik sou kon maak van die Bedryfslisensie van die Respondent ten einde die besigheid van die Applikant te bedryf;
1.2 Indien dit bevind sou word dat voormelde wel ‘n term van die mondelinge ooreenkoms was, of die skriftelike ooreenkoms tussen Me Oosthuizen en die Respondent van 3 Desember 2015 die voormelde term gewysig het;
1.3 Of die voormelde skriftelike ooreenkoms behels het dat die Respondent by verstryking van die twee maande kennisperiode geregtig was om die Bedryfslisensie aan die Applikant te onttrek.”
[4]. Na die aanhoor van die interlokutore aansoek en die hoofaansoek op 8 Junie 2016 is die volgende bevele gemaak:
[4.1] Die bevel nisi van 13 April 2016 word opgehef.
[4.2] Die aansoek om die verwysing na getuienis van geskilpunte word met koste afgewys.
[4.3] Die hoofaansoek word met koste afgewys.
[5]. Wat volg is die redes vir hierdie bevele.
[6]. Dit is gemenesaak dat die deponent vir die respondent, Me WJ Oosthuizen, en die respondent gedurende 2014 in ‘n liefdesverhouding
betrokke geraak het. Gedurende daardie selfde jaar het hulle mondeling met mekaar ooreengekom dat hulle saam in Kimberley ‘n huurmotorbesigheid sou begin bedryf deur van die respondent se bedryfslisensie gebruik te maak. Hulle het toe na Kimberley verhuis en daar is ooreengekom dat die besigheid bedryf sou word in ‘n maatskappy wat tot stand gebring sou word.
[7]. Die betrokke maatskappy, dit wil sê die applikant, is op 4 Augustus 2014 geregistreer. Me Oosthuizen het kapitaal gestort in die vestiging van die besigheid van die applikant, en dit is daarna bedryf met die bedryfslisensie van die respondent.
[8]. Die verhouding tussen Me Oosthuizen en die respondent het egter stormagtig geraak gedurende 2015, en gedurende daardie jaar het die respondent telkens gedreig om sy bedryfslisensie te onttrek, en het hy dit inderdaad ook by geleentheid gedoen.
[9]. Teen hierdie agtergrond is daar toe op 3 Desember 2015 ‘n skriftelike ooreenkoms onderteken. Die relevante terme daarvan
was dat Me Oosthuizen en die respondent die besigheid in gelyke aandele sou bestuur, dat die winste daarvan gelykop tussen hulle
verdeel sou word, dat die bedryfslisensie die eiendom van die respondent sou bly en die voertuie die eiendom van Me Oosthuizen, dat die respondent ook ‘n salaris sou ontvang as bestuurder van ‘n voertuig en, veral van belang, dat enige een van hulle sou kon onttrek uit die besigheid van die applikant met 2 maande skriftelike kennisgewing, tydens welke tydperk “nie een van die 2 partye enige iets doen om die besigheid in daardie tyd skade aan te doen nie” en “Die besigheid sal verloop soos gewoonlik tot op die laaste datum van die kennisgewing”.
[10]. Op 21 Februarie 2016 was die partye weer in ‘n argument betrokke, en is hulle klaarblyklik weer uitmekaar. Kort daarna, op 25 Februarie 2016, het die respondent deur middel van sy prokureurs aan die applikant skriftelik kennis gegee dat hy na
verloop van 2 maande sou onttrek uit die besigheid.
[11]. Daarna het die partye klaarblyklik op een of ander stadium weer hulle persoonlike verhouding hervat, maar dit kon nie lank gehou het nie, want op 7 sowel as 14 April 2016 het die respondent aan Me Oosthuizen boodskappe gestuur waarin hy aangebied het om sy bedryfslisensie permanent oor te gee en af te teken. Of die respondent in die boodskappe iets geëis het in ruil vir sy lisensie of nie, is nie geopenbaar nie. Hoe dit ookal sy, Me Oosthuizen het hom toe, klaarblyklik deur middel van die applikant se prokureurs, versoek om ‘n ooreenkoms[1] te onderteken, maar dit het nooit gebeur nie.
[12]. Op 18 April 2016 het Me Oosthuizen die verhouding beëindig, klaarblyklik toe keer finaal. Kort daarna, en wel op 22 April
2016, is dit opgevolg met ‘n brief van die prokureurs vir die applikant, waarin die respondent verwys is na ‘n vroeëre
“formal agreement” wat die respondent versuim het om te onderteken, waarin die respondent versoek is om teen 26 April 2016 ‘n formele
ooreenkoms te onderteken tot die effek dat die bedryfslisensie beskikbaar gehou sou word totdat die applikant self so ‘n
lisensie bekom en waarin aangebied is dat daar onderhandel kon word oor finansiële voordele vir die respondent.
[13]. Op 26 April 2016 het die respondent egter sy bedryfslisensie verwyder uit ‘n voertuig van die applikant. Skikkingsonderhandelinge daarna het misluk en dit is toe wat die dringende aansoek gevolg het.
[14]. Wanneer bloot gewerk word op die beweringe in die funderende eedsverklaring van Me Oosthuizen dat die aanvanklike mondelinge ooreenkoms was dat “ek en hy” die bedryfslisensie sou gebruik om die huurmotorbesigheid te begin en dat sy besluit het om dit “saam met die Respondent” te doen, sou dit wou voorkom asof die aanvanklike ooreenkoms gesluit is tussen Me Oosthuizen en die respondent, in hulle persoonlike hoedanighede. Die indruk is geskep dat die eerste sprake daarvan dat die besigheid in ‘n maatskappy bedryf sou word, gekom het toe hulle na Kimberley verhuis het.
[15]. Daar is ook op geen stadium beweer dat Me Oosthuizen in die aanvanklike mondelinge ooreenkoms opgetree het namens ‘n te stigte
maatskappy nie, nog minder dat die applikant-maatskappy na die inlywing daarvan die betrokke ooreenkoms geratifiseer het.
[16]. Kyk ‘n mens na die skriftelike ooreenkoms van 3 Desember 2015 blyk dit ook dat, alhoewel dit uiteengesit is onder wat voorkom ‘n briefhoof te wees van die applikant-maatskappy, daar nêrens anders in die betrokke dokument enige aanduiding is dat Me Oosthuizen opgetree het in haar hoedanigheid as handelende namens die maatskappy nie. Inteendeel, die titel van die betrokke dokument lees juis uitdruklik dat dit ‘n ooreenkoms was tussen Me Oosthuizen en die respondent “insake Black Rose Taxi and Shuttle Services”.
[17]. Die punt is egter nooit namens die respondent geneem dat die applikant-maatskappy geen regte uit hoofde van die betrokke ooreenkomste kon geput het nie en ek het dus, vir doeleindes van die beregting hiervan, aanvaar dat beide ooreenkomste inderdaad bestaan tussen die applikant en die respondent.
[18]. Betreffende wat in geskil was tussen die partye, was dit die applikant se saak dat dit ‘n term was van die aanvanklike mondelinge ooreenkoms dat die bedryfslisensie beskikbaar sou bly vir die applikant-maatskappy vir solank dit sou bestaan. Volgens Me
Oosthuizen was dit bloot die slegte verhouding tussen haar en die respondent wat meegebring het dat sy uiteindelik besluit het om, nieteenstaande die bestaan van so ‘n term, tog maar self namens die maatskappy aansoek te doen om ‘n eie bedryfslisensie.
Volgens haar was dit daarom dat die applikant bloot regshulp versoek het tot die effek dat die bedryfslisensie vir die applikant
beskikbaar sou bly totdat dit self ‘n bedryfslisensie sou kry, en nie vir solank die applikant-maatskappy sou bestaan nie.
[19]. Die respondent het die bestaan van so ‘n term ontken. Sy saak was dat dit juis die afwesigheid van ‘n ooreenkoms rakende die duur van die gebruik van die lisensie was wat tot die ooreenkoms van 3 Desember 2015 gelei het.
[20]. Of dit regstegnies en statutêr inderdaad moontlik sou wees dat iemand anders, of ‘n ander instansie, as die houer van ‘n bedryfslisensie daardie lisensie gebruik, is nie in die stukke of betoogshoofde gedebatteer nie. By aanhoor van die aansoeke is namens beide partye van die standpunt uitgegaan dat dit wel moontlik sou wees. In die lig van die uiteindelike gevolgtrekking waartoe ek egter hierin gekom het, was dit onnodig om daaroor te beslis.
[21]. Wat betref die aansoek om die verwysing van geskilpunte na getuienis, het daar na my oordeel in wese slegs een dispuut bestaan, en dit was of die mondelinge ooreenkoms van 2014 ‘n term bevat het dat die respondent sy bedryfslisensie aan die applikant-maatskappy beskikbaar sou stel vir solank as wat die maatskappy sou bestaan. Sou daar ten aansien van hierdie vraag, en dus in wese die vraag vervat in paragraaf 1.1 van die betrokke kennisgewing, bevind word dat die betrokke mondelinge ooreenkoms geen so ‘n term bevat het nie, dan sou die vrae vervat in paragrawe 1.2 en 1.3 tog eintlik weggeval het. Daar sou dan geen rede gewees het dat die skriftelike kontrak die mondelinge ooreenkoms in hierdie verband moes gewysig het nie. Verder sou die vraag in paragraaf 1.3 dan ook eintlik onnodig geraak het om te oorweeg en te beslis, want Me Oosthuizen het tog nooit aangevoer dat enigiets anders as die beweerde mondelinge term in die respondent se weg sou gestaan het om, by onttrekking uit die besigheid, ook sy bedryfslisensie te onttrek nie. Haar vertolking van die skriftelike ooreenkoms as sou dit nie aan die respondent die reg gegee het om sy lisensie te onttrek nie, was in wese gegrond op die bestaan van die beweerde vroeëre mondelinge term waarop sy gesteun het. Me Oosthuizen het ook nie aangevoer dat die skrywe van 25 Februarie 2016 nie voldoen het aan die vereistes van die skriftelike kontrak ten aansien van onttrekking nie.
[22]. Ek het egter tog van die standpunt uitgegaan dat, selfs al sou die vraag vervat in paragraaf 1.1 van die kennisgewing teen die applikant
beslis word, die vraag gestel in paragraaf 1.3 duidelikheidshalwe en in die belang van regsekerheid ook beslis moes word.
[23]. Dit spreek vanself dat so ‘n verwysing vir mondelinge getuienis sou gelei het tot ‘n verdere vertraging van hierdie aangeleentheid en, soos wat die tussentydse bevele gelees het, sou die respondent sy bedryfslisensie ook in die verdere periode tot die beskikking van die applikant moes gehou het.
[24]. Dit is geyk dat, alhoewel dit oorwegend onwenslik, en dikwels selfs onmoontlik, mag wees om feitedispute op stukke te besleg, daar tog sekere gevalle mag wees waar ‘n Hof ‘n robuuste benadering moet volg en waar dispute op die stukke besleg kan word om ‘n aangeleentheid af te handel[2].
[25]. Die vraag was of hierdie nie ‘n geval was waar die wese van die geskil tussen die partye, naamlik of die aanvanklike mondelinge
ooreenkoms ‘n term bevat het wat die respondent sou verplig het om sy bedryfslisensie aan die maatskappy beskikbaar te stel solank as wat dit bestaan, tog op die stukke besleg kon en moes word nie. Alhoewel dit geyk is dat dit normaalweg onwenslik is vir ‘n Hof om te poog om in aansoeke, en op eedsverklarings, bevindinge te grond op die waarskynlikhede, was die vraag wat tog oorweeg moes word, ook in hierdie geval, of een party se weergawe nie tot so ‘n mate onwaarskynlik was dat dit totaal vergesog en onhoudbaar was, en bloot op die stukke verwerp kon word, nie[3].
[26]. Me Oosthuizen het aangevoer dat sy nooit soveel geld[4] in die maatskappy en besigheid sou belê het as sy nie rede gehad het om te glo dat die bedryfslisensie beskikbaar sou wees vir solank daardie maatskappy bestaan nie. Dit is voorgehou as ‘n onwaarskynlikheid in die respondent se ontkennende
weergawe.
[27]. Me Oosthuizen het dan verder die respondent daarvoor verwyt dat hy, in reaksie op haar beweringe in hierdie verband, bloot ontken het dat die mondelinge ooreenkoms so ‘n term ingesluit het.
[28]. Wat egter onmiddellik opgeval het van die wyse waarop Me Oosthuizen die betrokke bewering in haar funderende eedsverklaring gemaak het, was dat sy beweer het dat die betrokke term uitdruklik, alternatiewelik stilswyend, alternatiewelik geïmpliseerd deel was van die mondelinge ooreenkoms. Sy was, oënskynlik, nie bereid om haarself tot enige van hierdie moontlikhede te verbind nie. Die feit is tog dat die funderende eedsverklaring van Me Oosthuizen nie gelykgestel kan word aan ‘n dagvaarding en besonderhede van vordering, waarin beweringe soos hierdie normaalweg so in die alternatief gepleit word, nie. Me Oosthuizen sou tog by uitstek in ‘n posisie gewees het om te kon sê, minstens, of sy en die respondent uitdruklik op ‘n term tot hierdie effek ooreengekom het. Die feit dat sy nie bereid was om haarself verder te verbind in hierdie verband nie, en in effek om die Hof in hierdie verband in haar vertroue te neem nie, moes verder oorweeg word saam met die res van die getuienis en die waarskynlikhede[5].
[29]. Die respondent se ontkenning van so ‘n term staan in elk geval nie alleen nie. Dit vorm deel van ‘n erkenning van die res van die terme van die mondelinge ooreenkoms, en dit word dan verder toegelig met verwysing na die latere skriftelike ooreenkoms, en die rede vir die sluiting daarvan.
[30]. Ek keer kortliks terug na die retoriese vraag hoekom Me Oosthuizen soveel geld sou belê het in ‘n besigheid as sy geweet het die respondent kon sy lisensie enige tyd onttrek. Die eenvoudige antwoord wat onmiddellik opkom as ‘n heel logiese
moontlikheid, is dat nie Me Oosthuizen of die respondent by sluiting van die mondelinge ooreenkoms waarskynlik enige rede gehad het om te dink aan die moontlikheid dat die respondent sy lisensie sou wou onttrek nie. Hulle het toe pas in ‘n liefdesverhouding
betrokke geraak, een waartoe hulle volkome verbind was; tot so ‘n mate dat hulle saam na Kimberley verhuis het om hulle hier te vestig en saam vir hulle ‘n toekoms te bou met Me Oosthuizen se geld en die respondent se lisensie. Die vraag was veel eerder of nie net Me Oosthuizen nie maar ook die respondent, indien hulle albei by sluiting van die mondelinge ooreenkoms bewus was van die moontlikheid dat hulle persoonlike verhouding kon eindig en dat die respondent as ‘n direkte gevolg daarvan dan nie verder betrokke sou bly by die maatskappy nie, die bedoeling sou gehad het dat die respondent se lisensie steeds onder daardie omstandighede by die maatskappy sou bly.
[31]. In Techni-Pak Sales (Pty) Ltd v Hall[6] is op 236E-237A soos volg verwys na die toets by oorweging van die vraag of ‘n term stilswyend ooreengekom is:
“What these and the other authorities show can, in my view, be summarised in these terms: The Court has no power to supplement the bargain between the parties by adding a term which they would have been wise to agree upon, although they did not, The fact that the suggested term would have been a reasonable one for them to adopt or that its incorporation would avoid an inequity or a hardship to one of the parties, is not enough. The suggested term must, in the first place, be one which was necessary as opposed to merely desirable, to give business efficacy to the contract; and, what is more, the Court must be satisfied that it is a term which the parties themselves intended to operate if the occasion for such operation arose, although they did not express it. As SCRUTTON, L.J., put it in Reigate v Union Manufacturing Co., (1918) 1 K.B. 592 at p. 605, it must be 'such a term that it can confidently be said that if at the time the contract was being negotiated someone had said to the parties, 'what will happen in such a case', they would both have replied, 'of course, so and so will happen; we did not trouble to say that; it is too clear''.
That does not mean, in my view, that the parties must consciously have visualised the situation in which the term would come into operation. In Broome and Another v Pardess Co-operative Society, (1940) 1 All E.R. 603, MACKINNON, L.J., applying the test which I have quoted, referred to the hypothetical asker of the question as 'a more imaginative friend'. It does not matter, therefore, if the negotiating parties fail to think of the situation in which the term would be required, provided that their common intention was such that a reference to such a possible situation would have evoked from them a prompt and unanimous assertion of the term which was to govern it.”[7]
[32]. Daar was niks hoegenaamd in die stukke wat soveel as gesuggereer het dat, sou die respondent op daardie stadium bewus gemaak gewees het van so ‘n moontlikheid en scenario, sy vanselfsprekende en onmiddellike antwoord sou gewees het dat sy lisensie dan nietemin
maar by die maatskappy kon bly vir solank dit sou bestaan nie.
[33]. Mondelinge getuienis hieroor sou waarskynlik ‘n ontkennende antwoord van die kant van die respondent ontlok het:
“Ex hypothesi neither the respondent nor anyone on behalf of the appellant could have given any cogent evidence regarding a term to which they had not consciously directed their mind. At best they could have attempted, ex post facto and with the point at issue clouding their objectivity, to furnish information which can more readily be deduced from the surrounding circumstances. As was explained by Corbett AJA, as he then was, in Alfred McAlpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration 1974 (3) SA 506 (A) at 532A:
'In this connection the concept, common intention of the parties, comprehends, it would seem, not only the actual intention but also an imputed intention. In other words, the Court implies not only terms which the parties must actually have had in mind but did not trouble to express but also terms which the parties, whether or not they actually had them in mind, would have expressed
if the question, or the situation requiring the term, had been drawn to their attention....'”[8]
[34]. Dit is ook nooit geargumenteer dat so ‘n term noodsaaklik sou gewees het om die mondelinge ooreenkoms te laat werk nie.
[35]. Daar was, aan die ander kant, verskeie onwaarskynlikhede in Me Oosthuizen se weergawe. Die eerste daarvan was waarom die respondent sy bedryfslisensie onbepaald tot die beskikking sou gestel het van ‘n maatskappy, ongeag sy eie posisie en toekoms by daardie maatskappy, en dit dan nogal ‘n maatskappy waarin hy, soos wat die ooreenkoms toe daaruitgesien het, geen aandeel sou kry nie en waarvan hy nie ‘n direkteur sou wees nie. Mnr Eilert, die advokaat vir die applikant, moes toegee dat dit onwaarskynlik geklink het.
[36]. Wat betref die kontrak van 3 Desember 2015 moet, soos wat ek reeds aangedui het, onthou word dat dit voorafgegaan is deur dreigemente
deur die respondent dat hy sy bedryfslisensie sou onttrek, en deur die daadwerklike onttrekking daarvan. Dit was na my oordeel
juis teen daardie agtergrond duidelik dat dit belangrik was dat, veral die respondent, moes onderneem om, sou hy kennis gee van sy onttrekking uit die besigheid van die maatskappy, gedurende die kennisgewing-periode toe te laat dat die maatskappy sake doen soos gewoonlik en om in daardie tyd niks te doen wat die maatskappy skade kon aandoen nie. Wat anders kon dit beteken het, gegewe die agtergrond en die gebeure voorafgaande die betrokke ooreenkoms, as dat die respondent nie in so ‘n kennisgewing-periode weer sy bedryflisensie sou onttrek nie?
[37]. Indien dit inderdaad is wat dit beteken het, dan was die betrokke skriftelike ooreenkoms tog duidelik tot die effek dat hy slegs vir daardie twee maande nie sy bedryfslisensie sou onttrek nie, wat noodwendig sou impliseer dat hy na die betrokke twee maande wel so sou kon doen. Dit sou dan, vanselfsprekend, milliteer teen Me Oosthuizen se weergawe, en teen die bestaan van ‘n mondelinge ooreenkoms tussen hulle tot die effek dat die bedryfslisensie nooit vir solank die maatskappy sou bestaan onttrek sou word nie.
[38]. Daar kon na my oordeel net geen ander rede gewees het, as wat ek pas vermeld het, waarom die partye dit nodig sou gevind het dat die ooreenkoms van Desember 2015 ‘n term oor onttrekking uit die besigheid moes insluit nie. Niks anders nie, as juis daardie bedryfslisensie, sou tog op die applikant werklik ‘n impak kon gehad het indien die respondent, bloot as persoon, sou besluit het om uit die besigheid te onttrek nie.
[39]. Mnr Eilert het daarop gewys dat die respondent ook deelgeneem het aan die bestuur van die besigheid en het aan die hand gedoen dat die betrokke term in die skriftelike ooreenkoms bedoel kon gewees om die gevolge van die respondent se vertrek as mede-bestuurder te reguleer. Geen saak is egter uitgemaak dat die respondent se onttrekking, as ‘n persoon en mede-bestuurder van die besigheid van die maatskappy, enige effek hoegenaamd op die applikant-maatskappy sou gehad het nie. Daar is byvoorbeeld ook nooit gesê dat die respondent gedurende 2015, en as gevolg van die uitvalle tussen hom en Me Oosthuizen, opgehou het om ‘n bydrae te lewer as mede-bestuurder van die maatskappy se sake, of dat hy gedreig het om so te doen, nie.
[40]. Mnr Fourie, die advokaat vir die respondent, het uitgewys dat so ‘n lisensie gebruik moet word ooreenkomstig die voorwaardes daarop van toepassing. Sou die respondent by sy eie onttrekking die lisensie moes agterlaat vir die gebruik daarvan deur die applikant, sou hy geen effektiewe beheer hieroor kon uitoefen nie en sou hy die risiko geloop het om sy lisensie te verloor. Ook hierdie maak dit hoogs onwaarskynlik dat, minstens die respondent, ooit kon bedoel het dat hy net homself as mede-bestuurder van die besigheid kon onttrek, en nie ook sy lisensie nie.
[41]. Word dan eenmaal aanvaar dat die kontrak van 3 Desember 2015 bedoel was om juis die onttrekking van die bedryfslisensie te reguleer, sou daardie ooreenkoms, vir soverre die vroeëre mondelinge ooreenkoms wel ‘n term sou bevat het tot die effek dat die bedryfslisensie nie onttrek sou kon word nie, in elk geval duidelik die vroeëre ooreenkoms gewysig het.
[42]. Hoe dit ookal sy, die inhoud van die skriftelike ooreenkoms van 3 Desember 2015, vertolk as ‘n regulering van die onttrekking van die bedryfslisensie uit die besigheid, sou volkome inpas by die respondent se weergawe, en by sy ontkenning van ‘n term soos beweer deur Me Oosthuizen, en sou heeltemal indruis teen Me Oosthuizen se weergawe.
[43]. Wat betref die boodskappe van 7 en 14 April 2016, is die vraag waarom die respondent in daardie boodskappe sou aangebied het om die bedryfslisensie af te gee en af te teken, as hy baie goed geweet het dat die bedryfslisensie in elk geval ingevolge die aanvanklike
mondelinge ooreenkoms tot die beskikking van die maatskappy sou moes bly solank dit bestaan?
[44]. Me Oosthuizen sê dit was bloot omdat sy sekerheid wou hê wat sy wou gehad het dat die respondent ‘n formele ooreenkoms tot hierdie effek onderteken. Die feit is egter dat die respondent nooit die voorgestelde ooreenkoms onderteken het nie. Die vraag ontstaan dan waarom Me Oosthuizen nie van die begin af eerder deur middel van die applikant se prokureurs op rekord laat plaas het dat daar in elk geval ‘n mondelinge ooreenkoms was tot die effek dat die bedryfslisensie tot die beskikking van die maatskappy sou bly vir solank dit bestaan nie, maar minstens dan ook nie toe sy besef het dat die respondent nie die voorgestelde formele ooreenkoms onderteken het nie?
[45]. Daardie voorgestelde formele ooreenkoms is ook nie openbaar nie, nieteenstaande die feit dat die Hof op dringende basis genader is, en ons weet dus nie wat die inhoud daarvan was nie.
[46]. Ook in die brief van 26 April 2016 van die applikant se prokureurs is geen woord gerep daarvan dat die applikant in elk geval uit hoofde van die aanvanklike mondelinge ooreenkoms geregtig sou wees op die gebruik van die bedryfslisensie vir solank die maatskappy bestaan, maar minstens dan totdat dit self so ‘n lisensie bekom, nie.
[47]. Inaggenome die getuienis as ‘n geheel, en op die voormelde waarskynlikhede en onwaarskynlikhede, was ek tevrede dat Me Oosthuizen se weergawe sodanig vergesog en onwaarskynlik was dat dit bloot op die stukke verwerp kon word.
[48]. Hierdie was na my oordeel by uitstek ‘n geval waar die robuuste benadering gevolg moes word, en ook waar die verdere vertraging wat noodwendig sou volg op ‘n verwysing na getuienis, vermy kon en moes word deur die aangeleentheid op die stukke te besleg[9].
[49]. Of nog so ‘n lisensie intussen vir die respondent goedgekeur is, was nie tersaaklik vir doeleindes van die vraag of die applikant ‘n duidelike reg[10] aangetoon het op die voortgesette gebruik van die lisensie nie. Mnr Eilert het self geargumenteer dat hierdie eintlik al vraag was wat beslis moes word, op die basis dat die applikant se saak daarby sou staan of val, want die applikant het in wese finale regshulp versoek. Of die respondent ‘n tweede lisensie bekom het, het niks hoegenaamd te doen gehad met die vraag of die applikant geregtig was op die gebruik van sy huidige lisensie nie.
[50]. Ek was tevrede om die aangeleentheid te beslis op die voormelde basis, en om in die omstandighede te bevind:
[50.1] dat die mondelinge ooreenkoms geen term bevat het tot die effek dat die respondent sy bedryfslisensie tot die beskikking van die applikant-maatskappy sou moes hou vir solank as wat dit bestaan nie; en
[50.2] dat die skriftelike ooreenkoms van 3 Desember 2015 in elk geval die respondent gemagtig het om, nie alleen sy persoon nie, maar ook sy bedryfslisensie te onttrek met die vereiste kennisgewing.
[51]. Dit sou dit in elk geval onnodig gemaak het om die vraag geformuleer in paragraaf 1.2 van die kennisgewing van aansoek om verwysing vir getuienis te beslis, want die ooreenkoms om te kon onttrek, met bedryfslisensie en al, sou dan nie onversoenbaar gewees met die vroeëre mondelinge ooreenkoms nie.
[52]. Die inhoud van die skrywe van die respondent se prokureurs van 25 Februarie 2016 het voldoen aan die vereistes van die skriftelike kontrak van 3 Desember 2015, vir soverre dit die kwessie van kennisgewing betref, en die teendeel is ook nooit aangevoer nie. Inteendeel, Mnr Eilert het dit tereg en verantwoordelik toegegee. Die herstel van die persoonlike verhouding tussen die partye daarna, sê die respondent, het nie daardie kennisgewing ongedaan gemaak nie, en hierdie stelling van die respondent is nooit deur Me Oosthuizen in die repliserende eedsverklaring betwis nie.
[53]. Na my oordeel het die respondent dus geldiglik onttrek uit die besigheid van die applikant-maatskappy, tesame met sy bedryfslisensie, en sou die applikant dus nie na die periode van kennisgewing verder uit hoofde van enige van die ooreenkomste geregtig gewees het op die gebruik van die betrokke lisensie nie.
[54]. Daar is geen rede aangevoer waarom koste nie in hierdie geval so ‘n uitslag sal volg nie. Dit sou natuurlik ook geld vir die applikant se interlokutore aansoek om die verwysing van geskilpunte vir getuienis.
_____
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Applikant:
Adv A Eillert
(LK Sullaphen & Vennote, Kimberley)
Nms Respondent: Adv JA Fourie
(Elliott Maris Wilmans & Hay, Kimberley)
[1] Die betrokke prokureur het later daarna verwys as ‘n “formal agreement”.
[2] Soffiantini v Mould 1956 (4) SA 150 (E) op 154 G-H; Buffalo Freight Systems (Pty) Ltd v Crestleigh Trading (Pty) Ltd and Another 2011 (1) SA 8 (SCA) para [19]
[3] Vergelyk National Director of Public Prosecutions v Zuma [2009] ZASCA 1; 2009 (2) SA 277 (SCA) para [26]
[4] Volgens Me Oosthuizen minstens R350 000.00, en volgens die respondent R287 000.00.
[5] Vergelyk Interactive Trading 269 (Pty) Limited v Cypress Entertainment CC 2012 JDR 2182 (KZD) paras [20] en [21]
[6] 1968 (3) SA 231 (W); Sien ook Consol Ltd t/a Consol Glass v Twee Jonge Gezellen (Pty) Ltd and Another 2005 (6) SA 1 (SCA) para [51]
[7] Sien ook Van den Berg v Tenner 1975 (2) SA 268 (A) op 277 A -E
[8] Richard Ellis South Africa (Pty) Ltd v Miller 1990 (1) SA 453 (T) op 460 E-F
[9] Vergelyk Johannesburg City Council v The Administrator Transvaal and Another (1) 1970 (2) SA 89 (T) op 93D-E
[10] Vergelyk Van Deventer v Ivory Sun Trading 77 (Pty) Ltd 2015 (3) SA 532 (SCA) para [26]
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.