Blackie Swart Argitekte v Van Heerden (411/1983) [1985] ZASCA 107; [1986] 1 All SA 373 (A) (27 September 1985)
- Citation
- [1985] ZASCA 107
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Kotzé, Botha, Van Heerden, Hefer, Boshoff
- Case number
- 411/1983
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Kotzé, Botha, Van Heerden, Hefer, Boshoff
- Case number
- 411/1983
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the payment of R5,040 by the respondent, although accompanied by a condition of full and final settlement, did not extinguish the appellant's claim for the full amount. The secretary who accepted the payment lacked authority to settle the dispute, and the principal (appellant) had expressly instructed its attorney to pursue the full claim. The respondent's reliance on estoppel failed due to the absence of necessary factual and legal foundation. The evidence established that the appellant had performed its contractual obligations by preparing the working drawings as instructed, and there was no agreement to limit the building cost to R420,000. The respondent's testimony was found to be inconsistent and unreliable. Accordingly, the appeal was upheld, and judgment was granted in favour of the appellant for the full amount claimed, with interest and costs.
Court disposition
Appeal upheld. Judgment granted in favour of the appellant for the full amount claimed, with interest and costs.
Orders
- The appeal is upheld with costs, including the costs of two counsel.
- The order of the court a quo is set aside and replaced with: Judgment is granted in favour of the plaintiff against the defendant for payment of R19,026.15; interest on the said amount at 11% per annum from 26 January 1981 to date of payment; and costs of suit, including the costs of two counsel.
02
Material facts
Parties
Blackie Swart Argitekte
AppellantGustav E. van Heerden
RespondentAmounts and remedies
- Principal Claim Amount: ZAR 19,026.15
- Interest Rate Per Annum: ZAR 11
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the payment of R5,040 by the respondent constituted full and final settlement of the appellant's claim for professional services.
- 02
Whether the appellant's agent (secretary) was authorised to accept payment in full and final settlement.
- 03
Whether the appellant was entitled to claim the full amount for services rendered despite the earlier payment and settlement attempt.
- 04
Whether the appellant properly performed its contractual obligations regarding the preparation of working drawings.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the payment of R5,040 was not accepted as full and final settlement, as the secretary lacked authority to settle the dispute and the actual claim was for R19,026.15. The appellant maintained that the mandate was to prepare working drawings for a residential building and that the respondent was aware of the scope and cost implications. The appellant denied any agreement to limit the building cost to R420,000 and asserted that all professional obligations were fulfilled.
- Respondent
- The respondent contended that the payment of R5,040, accompanied by a written condition of full and final settlement, extinguished any further claim. He argued that the secretary's acceptance of the payment and issuance of a receipt bound the appellant. The respondent further claimed that the appellant failed to comply with the contractual mandate, specifically regarding the building cost limit and the scope of work, and thus was not entitled to further compensation.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Sutter v Scheepers 1932 AD 165
A person who signs a blank power of attorney must bear the consequences if the agent acts outside the intended authority, unless the other party is not prejudiced by the error.
- 02
Baumann v Thomas 1920 AD 428
Estoppel requires a clear foundation in pleadings and evidence that the party acted to its detriment based on the representation or conduct of the other party.
- 03
General principles of agency law
An agent or attorney must act within the express mandate given by the principal; settlement of a claim outside the mandate is not binding unless properly authorised.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the payment of R5,040 by the respondent, although accompanied by a condition of full and final settlement, did not extinguish the appellant's claim for the full amount. The secretary who accepted the payment lacked authority to settle the dispute, and the principal (appellant) had expressly instructed its attorney to pursue the full claim. The respondent's reliance on estoppel failed due to the absence of necessary factual and legal foundation. The evidence established that the appellant had performed its contractual obligations by preparing the working drawings as instructed, and there was no agreement to limit the building cost to R420,000. The respondent's testimony was found to be inconsistent and unreliable. Accordingly, the appeal was upheld, and judgment was granted in favour of the appellant for the full amount claimed, with interest and costs.
Obiter and limits
- The court noted that payment in the ordinary course of litigation does not automatically constitute full and final settlement unless expressly agreed by both parties.
- The respondent's attempt to rely on estoppel was rejected due to lack of factual basis and proper pleading.
- The court emphasised the importance of clear mandates and authority in professional relationships, especially regarding settlement of disputes.
Court disposition
Appeal upheld. Judgment granted in favour of the appellant for the full amount claimed, with interest and costs.
- The appeal is upheld with costs, including the costs of two counsel.
- The order of the court a quo is set aside and replaced with: Judgment is granted in favour of the plaintiff against the defendant for payment of R19,026.15; interest on the said amount at 11% per annum from 26 January 1981 to date of payment; and costs of suit, including the costs of two counsel.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak No 441/1982
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPèLAFDELING
In die saak tussen:
BLACKIE SWART ARGITEKTE Appellant
en
GUSTAV E. VAN HEERDEN Respondent
CORAM: KOTZê, BOTHA, VAN HEERDEN, HEFER
et BOSHOFF ARR
VERHOORDATUM: 2 SEPTEMBER 1985LEWERINGSDATUM: 27 SEPTEMBER 1985
UITSPRAAK
/BOTHA AR ...
2.
BOTHA AR:-
Die appellant is 'n firma van argitekte vanPretoria. Die respondent is 'n sakeman van Brits.Gedurende die tydperk September - November 1980 hetdie appellant professionele dienste vir die respondentverrig in verband met die beplanning van 'n woonstelgebouwat die respondent beoog het om te laat oprig op sekereerwe van hom in Brits. Die werk wat die appellantgedoen het, het hoofsaaklik behels die opstelling vansketsplanne en werkstekeninge van die beplande gebou.Van die oprigting van die gebou het daar egter niks gekomnie.
In Januarie 1981 het die appellant die respon-dent in die Transvaalse Provinsiale Afdeling gedagvaarvir die betaling van vergoeding vir die gelewerde dienste.Die bedrag van die eis was R19 028,13. Die respondenthet die appellant se vordering bestry op 'n tweeledigegrondslag, wat in sy pleitstukke afsonderlik uiteengesit
/is ...
3.
is in 'n "spesiale pleit" en 'n "verweerskrif". Diekern van die spesiale pleit was dat die appellant reedsin Desember 1980 'n aksie teen die respondent ingestelhet vir die betaling van 'n bedrag van R5 040,00, gebaseerop dieselfde eisoorsaak, dat die respondent toe 'n bedragvan R5 150,63 ter skikking van die dispuut tussen diepartye in volle en finale vereffening van die appellantse eis en koste betaal het aan die appellant se prokureur,wat die betaling as sodanig aanvaar het, en dat dieappellant gevolglik nie geregtig was om weer eens aksiein te stel op dieselfde eisoorsaak nie. Die kern vandie verweerskrif was dat die appellant nie sy opdragkragtens die bepalings van die ooreenkoms tussen diepartye behoorlik nagekom het nie en dus nie geregtigwas op enige vergoeding nie.
Die verhoor van die saak het plaasgevind voorVAN REENEN R. Die spesiale pleit is nie eers as 'nafsonderlike fase van die verhoor afgehandel nie. Instede daarvan het die appellant getuienis aangebied oor
/al ...
4.
al die geskilpunte voortspruitende uit sowel die spe-siale pleit as die verweerskrif, en daarna het die res-pondent dieselfde gedoen. Na aanhoor van al die ge-tuienis het VAN REENEN R 'n uitspraak gelewer waarinhy die spesiale pleit gehandhaaf het, met koste, sonderom die geskilpunte in verband met die verweerskrif tebehandel. Teen die bevel van die Verhoorhof kom dieappellant nou in hoër beroep. Voor hierdie Hof isalbei aspekte van die saak in die betoë van die advokateberedeneer. Dit sal dus nodig wees om eers die spe-siale pleit in oorweging te neem en te beslis of dieVerhoorregter se uitspraak en bevel dienaangaande korrekwas. Indien die beslissing van hierdie aspek vandie saak ten gunste van die appellant is, sal dit nodigwees om daarna aandag te skenk aan die geskilpunte ver-bandhoudend met die verweerskrif.
Ter aanvang van 'n bespreking van die spesialepleit moet daar verwys word na sekere agtergrondsfeite
/wat ...
5.
wat nie in geskil is nie.
Op 19 November 1980 is daar aan die respondent'n rekening van die appellant oorhandig, wat gedateer is17 November 1980. Die rekening is opgestel en aan dierespondent gelewer as gevolg van 'n byeenkoms wat op 14November 1980 plaasgevind het tussen mnre Swart en Rabie,van die appellant, en die respondent. By daardie ge-leentheid is die werkstekeninge van die gebou aan dierespondent oorhandig, nadat hy 'n geruime tyd vantevorereeds die sketsplanne ontvang het, en dit het toe geblykdat die respondent nie sou voortgaan met die oprigtingvan die gebou soos beplan nle, aangesien hy vir 'n maksi-mum koste van oprigting ten bedrae van R420 000,00 be-groot het, terwyl die werkllke koste van oprigting van'n gebou volgens die werkstekeninge klaarblyklik aansien-lik meer as daardie bedrag sou beloop het. Die reken-ing sien daar soos volg uit:
/"WOONSTELONTWIKKELING ...
6.
"WOONSTELONTWIKKELING: ERWE 373 - 376 en 353 BRITS: REKENINGSTAAT: 1. Werkstekeninggelde :
1.1 Werkstekeninge vir tender- doeleindes; 4,5% op begrote R420 000,00 R18 900,00
2. Afdrukkostes :
2.1 Fakture aangeheg R 128,13
AAN REKENING HIERMEE R19 028,13 "
Op 20 November 1980 reageer die respondent opdie rekening deur 'n lang brief aan die appellant te skryf,waarin hy onder andere met verwysing na die bedrag vanR18 900 in die rekening sê: "Die skok was geweldig endie situasie onverstaanbaar." Dit is onnodig om die be-werings in die brief weer te gee. Vir huidige doel-eindes hoef slegs die volgende paragraaf daarvan aangehaalte word:
"By 'n ander instansie het ek egter in besit gekom van die Wet op Argitekte van 1970 (Wet 35 van 1970). Klousule 5 maak melding van gelde vir gedeeltelike dienste gelewer en hoewel nie sodanige opdrag gelewer is nie
/sal ...
7.
sal ek berus by klousule 5.1.1 waarin 1,2% van die beraamde koste aanbeveel word. Hier- mee dan ingeslote my tjek van R5 040 (Vyf- duisend en veertig Rand) in volle en finale vereffening vir enige professionele argiteks- dienste gelewer deur die firma BLACKIE SWART ARGITEKTE tot en met 17 November 1980."
Die respondent se verwysing na "klousule 5.1.1" en ver-goeding van "1,2% van die beraamde koste" is in der waar-heid 'n verwysing na die tarief van minimum gelde vanargitekte wat in die Staatskoerant gepubliseer is inge-volge artikel 7 (6) van die Wet op Argitekte. Die itemwaarna hy verwys, het betrekking op die voorbereidingvan sketsplanne. Die bedrag van R5 040, waarvoor hy'n tjek by sy brief ingesluit het, verteenwoordig dievoorgeskrewe tarief daarvoor, bereken op R420 000. Daar-teenoor is die berekening van 4,5% op R420 000 (R18 900)wat in die appellant se rekening vervat is, gebaseer opitem 5.1.3 van die voorgeskrewe tarief, wat (om dit breedte stel) betrekking het op die voltooiing van werksteken-inge.
/Op ...
8.
Op 27 November 1980 skryf die respondent 'nverdere brief, nou gerig aan Swart persoonlik (hy wasin beheer van die appellant). Die brief bevat sekereberekenings, na aanleiding waarvan die respondent sê:"Die planne is nie die papier werd waarop hulle getekenis nie." Verder word daar die volgende gesê:
"Om saam met jou eie gewete te leef wil ek voorstel dat jy my tjek van R5 040 terugstuur en net 'n fooi vir julle tyd vra. Al jou planne kan jy met plesier terugkry."
Op 28 November 1980 skryf 'n prokureursfirma,Adams en Adams, deur een van hulle vennote, mnr De Beer,aan die respondent soos volg:
"
BLACKIE SWART ARGITEKTE U brief gedateer 20 November 1980 asook u tjek ten bedrae van R5 040,00 is aan ons oorhandig vir beantwoording. Ons kliënt is nie bereid om die bedrag van R5 040,00 in volle vereffening te aan- vaar nie en die tjek word dus hiermee terug- gestuur. Ons opdrag is om dagvaarding teen u uit te reik, welke dagvaarding binnekort op u be- teken sal word."
/Hierdie ...
9.
Hierdie brief is geskryf voordat Swart in ontvangs gekomhet van die respondent se brief van 27 November 1980.Laasgenoemde brief is nooit beantwoord nie.
Op 10 Desember 1980 word 'n dagvaarding op dierespondent bestel. Dit is op 5 Desember 1980 uitgereikdeur Adams en Adams en onderteken deur De Beer. Volgensparagraaf 1 van die bedes vorder die appellant (as dieeiser) van die respondent (as die verweerder):
"Betaling van die bedrag van R5 040,00 ten opsigte van professionele dienste gelewer deur die eiser aan die verweerder op laas- genoemde se spesiale aandrang en versoek gedurende 1980."
Op 17 Desember 1980 maak die respondent syopwagting by die kantore van Adams en Adams, met diedoel om die bedrag van R5 040 geëis in die dagvaardingen die koste daarvan te betaal. In sy besit het hy'n bank-gewaarborgde tjekvorm van een van sy maatskappyegehad, op die agterkant waarvan die volgende woorde getikwas:
/"In ...
10.
"In volle en finale vereffening vir Profes- sionele dienste gelewer deur Blackie Swart Argitekte aan Gustav E. van Heerden gedurende 1980. Die bedrag is R5 040 plus kostes soos uiteengesit in Dagvaarding no. 11018 van 1980."
Hy vra om De Beer te spreek, maar word meegedeel datdiê nie daar is nie en word verwys na sy persoonlikesekretaresse, mej Wessels. Laasgenoemde werk toe diekoste verbonde aan die dagvaarding uit en deel die res-pondent mee dat die totale bedrag van die eis en kosteR5 150,63 beloop. Die respondent vul die bedrag opdie tjek in en oorhandig dit aan mej Wessels. Hy ves-tig haar aandag op die getikte woorde agter op die tjeken vra haar om 'n kwitansie uit te reik dat die betalingin volle en finale vereffening is. Op die firma sekwitansievorm, waarop die woorde "Without Prejudice"gedruk is, skryf sy toe die woorde in: "In full andfinal settlement". Die tjek is op Adams en Adams setrustrekening inbetaal.
11.
Op 9 Januarie 1981 rig De Beer namens Adamsen Adams 'n formele kennisgewing van terugtrekking aandie respondent, waarvolgens die appellant die saak teendie respondent terugtrek en aanbied om laasgenoemde se"verkwiste getakseerde party en party koste" te betaal.Die bedrag wat die respondent betaal het, is later ookaan hom terug aangebied, maar hy het dit weer terugge-stuur en dit is tans nog in Adams en Adams se trust-rekening.
Op 20 Januarie 1981 word daar toe 'n nuwe dag-vaarding uitgereik - dit is die een waardeur die huidigegeding aanhangig gemaak is en waarin die bedrag vanR19 028,13 geëis is, soos vroeër vermeld. Behalwe virdie verandering van die bedrag, is die bewoording vanparagraaf 1 van die bede van die huidige dagvaardingdieselfde as dié van die dagvaarding van 5 Desember 1980.
Om die oënskynlik eienaardige verloop van sakesoos hierbo geskets te verduidelik, moet daar vervolgens
/verwys ...
12.
verwys word na die getuienis wat die betrokke personedaaroor afgelê het.
Uit die getuienis van Swart en De Beer blykdit duidelik dat eersgenoemde aan laasgenoemde 'n on-dubbelsinnige opdrag gegee het, na aanleiding van dierespondent se brief van 20 November 1980, dat die appel-lant nie bereid was om die bedrag van R5 040 wat dierespondent aangebied het, te aanvaar nie, en dat dieappellant aangedring het op die betaling deur die respon-dent van die volle bedrag van die appellant se rekening(R19 028,13). Vandaar De Beer se brief aan die res-pondent van 28 November 1980. Swart se opdrag aanDe Beer het nooit verander nie. Daar was nooit sprakedaarvan dat die appellant bereid sou wees om R5 040 teaanvaar of om die eis vir die volle bedrag van dierekening op enlge wyse te skik nie. Swart het De Beeropgedra om die respondent vir die volle bedrag van dierekening te dagvaar. Vir diê doel het hy op 4 Desember
/1980 ...
13.
1980 by De Beer 'n volmag gaan onderteken. Die volmagwas in 'n gedrukte vorm, soos diê wat normaalweg in diepraktyk van gedingvoering deur prokureurs gebruik word.Toe Swart dit onderteken het, was dit blanko. Hy hetop De Beer vertrou om dit in te vul in ooreenstemmingmet sy opdrag dat daar vir R19 028,13 gedagvaar moesword.
Inderdaad is die blanko volmag daarna ver-keerdelik ingevul om 'n eis van slegs R5 040 te weerspieël.De Beer het in sy getuienis gesê dat hy nie die vaagstebenul het van hoe die fout in die volmag ingesluip hetnie. Mej Wessels, wat ook getuig het, het aanvaardat die fout aan haar te wyte was, maar ook sy kon geenverduideliking gee van hoe die fout ontstaan het nie.Die fout in die volmag is herhaal toe die dagvaardingaan die hand daarvan opgestel is. De Beer het diedagvaarding op 5 Desember 1980 onderteken, sonder omop te merk dat die bedrag daarin geëis verkeerd was.
/Kort ...
14.
Kort daarna is hy weg met vakansie. Dit was tydens syafwesigheid dat mej Wessels die betaling van die respon-dent op 17 Desember 1980 ontvang het. Sy sê dat 'n kwi-tansie "in volle en finale vereffening" as 'n reël nieuitgemaak mag word sonder die goedkeurlng van 'n vennootvan die firma nie, maar dat sy in hierdie geval bereidwas om aan die respondent se versoek te voldoen omdatdie bedrag wat hy wou betaal in ooreenstemming was metdie bedrag genoem in die dagvaarding, wat sy voor haargehad het, tesame met die bedrag van die koste, wat syself uitgewerk het. Klaarblyklik het sy die betalingaanvaar terwyl sy onbewus was daarvan dat die bedragin die dagvaarding op 'n fout berus het.
De Beer het op 9 Januarie 1981 van vakansieteruggekeer en is toe deur sy sekretaresse, mej Wessels,meegedeel dat in hierdie geval (die lêer daarvan wasop sy lessenaar) "alles betaal is". Tot sy ontstel-tenis en skok het hy egter vasgestel dat "alles" inder-
/daad ...
15.
daad nie betaal is nie en het hy vir die eerste keerbewus geword van die fout in die volmag en die dagvaar-ding. Hy het onmiddellik stappe gedoen om die saakterug te trek en die geld wat die respondent betaal hetaan hom terug te besorg, en op 16 Januarie 1981 het hySwart 'n nuwe, korrekte volmag laat onderteken, waarnadie volgende dagvaarding uitgereik is. Aangaande mejWessels se aanvaarding van die respondent se betalinghet De Beer getuig dat sy geen magtiging gehad het omenige saak te skik of om enige kwitansie "in volle enfinale vereffening" uit te reik nie. Sy was wel gemag-tig om die volle betaling van 'n bedrag wat in 'n dag-vaarding geëis is te ontvang, met die koste verbondeaan die dagvaarding, en om daarvoor 'n kwitansie uit tereik.
Uit die respondent se getuienis blyk die vol-gende. Toe hy die eerste dagvaarding op 10 Desember1980 ontvang het, het hy besef dat die bedrag
/van ...
16.
van R5 040 wat daarin geëis is, betrekking kon gehad hetop die sketsplanne wat die appellant opgestel het, inteenstelling met die werkstekeninge waarop die vergoed-ing van nagenoeg R19 000 gebaseer was wat in die appel-lant se rekening vermeld was. Hy was onseker of, in-dien hy die R5 040 sou betaal, dit die saak sou afhandel,dan wel of die appellant geregtig sou wees om daarnahom weer te dagvaar vir vergoeding ten opsigte van diewerkstekeninge. Hy het sy prokureur oor die vraaggaan raadpleeg. Diê het hom geadviseer dat dit baieonwaarskynlik was dat hy 'n verdere dagvaarding sou kry,maar het aanbeveel dat hy die bedrag van die dagvaardingby wyse van 'n bank-gewaarborgde tjek moes betaal, opdie agterkant waarvan hy moes laat skrywe dat die betalingin volle en finale vereffening was van alle moontlikeprofessionele dienste wat gelewer is. Aan daardle ad-vies het hy gevolg gegee toe hy op 17 Desember 1980 diebetaling by die kantore van Adams en Adams gaan doenhet. Hy sê dat die gedagte nooit by hom opgekom het
/dat ...
17.
dat daar 'n fout in die dagvaarding kon gekom het nie.Hy het gedink Swart het moontlik tot ander insigte ge-kom nadat hy sy brief van 27 November 1980 ontvang het.Aan die ander kant het hy ook gedink dat die appellantmoontlik gedagvaar het vir R5 040 net om so gou as moont-lik daardie geld in die hande te kry, en dat hy daarnavir die balans van die rekening sou dagvaar. Sy opvat-ting was dat daar 'n 90% vooruitsig was dat die appellantna die betaling van die dagvaarding die saak daar soulaat, maar hy was tog bevrees dat die betaling nie diesaak sou finaliseer nie en dat hy later weer gedagvaarsou word. Om daardie rede wou hy die geskil tussenhom en die appellant oor die eis van nagenoeg R19 000skik en uit die weg ruim deur die mindere bedrag vanR5 040 in volle en finale vereffening te betaal.
Teen die agtergrond van die voorgaande feiteen getuienis is dit wenslik om nou die spesiale pleit,waarvan die kern vroeër reeds genoem is, ten volle aan
/te ...18.te haal. Dit lui soos volg:
1.
Gedurende Desember 1980 het eiser aksie in- gestel teen verweerder vir betaling van die bedrag van R5 040,00.
Gemelde eis was baseer op dieselfde skuldoor- saak as waarop eiser verweerder tans aanspreek.
Ter skikking van die dispuut tussen eiser enverweerder het verweerder op die 17de Desember1980 die bedrag van R5 150,63 in volle en fi-nale vereffening van eiser se eis en kosteaan eiser se behoorlik gevolmagtigde prokureurbetaal.
Gemelde prokureur het gemelde bedrag in volleen finale vereffening ontvang ter skikkingvan die dispuut.
Dit is teen die openbare belang dat verweerdertwee keer op dieselfde skuldoorsaak aangespreekword.
As gevolg van die voormelde feite is eiser
nie geregtig om weer eens aksie teen verweerder
in te stel op dieselfde skuldoorsaak nie en
/versoek ...
19.
versoek verweerder dat eiser se eis met koste van die hand gewys word."
In antwoord op 'n versoek om nadere besonder-hede is daar onder meer die volgende bewerings gemaak:
"Die bedrag is per tjek betaal deur verweerder persoonlik. Eiser se prokureurs is die firma Adams en Adams en betaling het plaasgevind aan mnr. De Beer van Adams & Adams se persoon- like sekretaresse Gemelde prokureurs was gevolmagtig daartoe om betaling van ge- melde bedrag in volle en finale vereffening van eiser se eis te ontvang en aanvaar en daar- mee % einde aan die dispuut tussen eiser en verweerder te maak " "Mnr. De Beer se sekretaresse voormeld het op 17 Desember 1980 mondeling aan verweerder persoonlik gemeld dat die bedrag in volle en finale vereffening aanvaar is ter afhandeling van die dispuut tussen eiser en verweerder. Dit is skriftelik bevestig op die kwitansie wat aan verweerder verskaf is deur gemelde dame."
Namens die appellant is daar 'n replikasie totdie spesiale pleit geliasseer. In hoofsaak is diestrekking daarvan dat die respondent hom nie op die be-taling van 17 Desember 1980 kan beroep nie omdat hy bewus
/was ...
20.
was daarvan dat die bedrag in die dagvaarding as gevolgvan 'n fout verkeerdelik aangegee is as R5 040 in plaasvan R19 028,13. Daarbenewens lui paragraaf 2 (f) vandie replikasie soos volg:
"Die eiser ontken:
(i) Dat gemelde sekretaresse sy agent was;
(ii) (Indien bevind word dat gemelde sekre-taresse wel die eiser se agent was, watontken word), dat sy magtiging gehadhet om op te tree en om die eiser tebind soos beweer of hoegenaamd."
Geen verdere pleitstuk is daarop van die respondent sekant geliasseer nie.
In sy uitspraak stel VAN REENEN R dit as dievraag wat hy moet beslis, of die appellant "gebonde isdeur die optrede van sy prokureur". In verband metdié vraag verwys hy na die "gevolge van die gee van 'nonvoltooide volmag" wat behandel is in Sutter v Scheepers 1932 A D 165. 'n Uittreksel uit die uitspraak van WES-SELS AR in daardie saak, op 171, word aangehaal, waarinonder meer gesê word:
/"If ...
21 .
"If a person does sign a blank power
he must take the consequence if his faith in
the grantee has not been justified the
princlple which renders the respondent liable has often been enunciated in this Court - see Baumann v Thomas (1920 A D 428 at p. 434 et seq.)"
Die geleerde Regter sê dan:
"Dit volg dus dat die eiser die gevolge van sy prokureur se fout moet dra tensy dit duide- lik is dat die verweerder nie benadeel is deur die fout nie."
Met betrekking tot die respondent se benadeling kom hytot die gevolgtrekking:
"Om nou toe te laat dat hy weer van meet af aan met die geding opgesaal word sou klaar- blyklik benadeling meebring."
Die voorgaande is, in wese, die grondslag waar-op die Verhoorregter die spesiale pleit gehandhaaf het.Na my mening, met eerbied, kan daardie benadering niestaande gehou word nie. Die beginsel wat in Sutterv Scheepers supra ter sprake was, was dië van estoppel,soos duidelik blyk uit die verwysing na Baumann v Thomas
/supra ...
22.
supra. In die huidige saak is daar egter geen ruimtevir die toepassing van estoppel nie. In die eersteplek is die nodige grondslag vir 'n beroep op estoppelnie in die respondent se pleitstukke gelê nie. In dietweede plek kan daar in die getuienis wat die respondentafgelê het geen gronde gevind word vir die aanwendingvan estoppel nie. Die respondent het geen woord ge-rep daarvan dat hy bewus was van die bestaan van 'nwerklike volmag of dat in die algemeen 'n volmag in diepraktyk 'n voorvereiste is vir die uitreiking van 'n dag-vaarding nie. Daar kan dus nie bevlnd word dat diebestaan van 'n volmag enige rol gespeel het by die respon-dent toe hy die bedrag van die dagvaarding by Adams enAdams gaan betaal het nie. Trouens, die moontlikheidvan 'n beroep op estoppel, afgesien van net in die same-hang van 'n volmag, stuit voor die onoorkomelike probleemdat die respondent nêrens in sygetuienis te kenne pro-beer gee het dat hy, vanweë enige optrede van die kant
23.
van die appellant of Swart, geglo het of aanvaar hetdat De Beer of sy sekretaresse gemagtig was om die geskiltussen die partye te skik deur die aanvaarding van diebetaling van R5 040 nie.
In die loop van sy betoog in hierdie Hof hetdie respondent se advokaat aan die hand gedoen dat 'nprokureur wat opdrag het om 'n bepaalde bedrag in te vor-der en daarvoor te dagvaar, in die algemeen met magtig-ing beklee is om 'n mindere bedrag ter skikking van dieeis te aanvaar, hetsy uit hoofde van die bewoording vandie gebruiklike vorm van volmag, hetsy uit hoofde blootvan sy aanstelling as prokureur vir die betrokke doel.Dit is onnodig om in te gaan op die vraag of hierdiesubmissie reg of verkeerd is, want op die feite van diehuidige saak kom dit nie ter sprake nie. Soos blykuit wat vroeër gesê is, het Swart in sy opdrag aan DeBeer pertinent dit duidelik gemaak dat hy nie bereidwas om R5 040 ter vereffening van die appellant se eis
/te ...
24.
te aanvaar nie en dat die volle bedrag van nagenoegR19 000 ingevorder moes word. Om R5 040 by wyse van'n skikking te aanvaar, sou De Beer dus lynreg in strydmet sy uitdruklike opdrag moes optree. Wat ook aldie bevoegdhede van 'n prokureur in die algemeen mag wees(waaroor ek geen mening uitspreek nie), kan daar niein die huidige saak bevind word dat De Beer magtiginggehad het om die respondent se betaling namens die appel-lant te aanvaar nie.
In ieder geval is dit nie De Beer wat die res-pondent se betaling aanvaar het nie, maar sy sekretaresse,mej Wessels. As De Beer nie gevolmagtig was om diesaak te skik deur die aanvaarding van die respondent sebetaling nie, dan volg dit vanself dat mejWessels ook geen sodanige magtiging gehad het nie. Maarin ieder geval blyk dit uit De Beer se getuienis, soosvroeër bespreek, dat mej Wessels inderdaad geen magtiginggehad het om enige saak te skik nie. Daar is geen
/rede ...
25.
rede om hierdie getuienis te betwyfel nie.
Op die keper beskou, dui die bewoording vandie spesiale pleit en die nadere besonderhede daarbyop 'n verweer dat die appellant se eisoorsaak uitgewisis as gevolg van 'n skikking van die dispuut tussen diepartye, wat bewerkstellig is by wyse van die betalingdeur die respondent van die bedrag van R5 150,63 aanmej Wessels in volle en finale vereffening van die ap-pellant se eis en koste, en die aanvaarding deur mejWessels van die betaling op daardie grondslag. Sodradit blyk dat mej Wessels geen magtiging gehad het omnamens die appellant die dispuut tussen die partye teskik nie, sou 'n mens op die oog af dink dat die spesialepleit moet misluk. In sy uitspraak het die Verhoor-regter egter die volgende gesê, met verwysing na diefeit dat die respondent die volle bedrag in die dag-vaarding geëis en die koste daarvan betaal het:
"In die gewone loop van sake sou sodanige betaling 'n einde aan enige eis ingestel
/maak ...
26.
maak. Dit sou dus vanselfsprekend 'in volle en finale vereffening' gewees het. Die by- voeging van hierdie omskrywing, beide op die kwitansie sowel as in die pleit, is dus oor- bodig."
Ek vind dit moeilik, met eerbied, om die trefkrag tebegryp van die Verhoorregter se verwysing na 'n betaling"in die gewone loop van sake". Die loop van sake indie onderhawige geval was juis nie "gewoon" nie, soosblyk uit die relaas van die gebeure hierbo uiteengesit.Ek kan geen nut daarin sien om na te gaan wat die uit-werking sou wees van die betaling van die bedrag van'n dagvaarding en koste in die algemeen, of in samehangeanders as diê van die huidige saak nie. Teen die agter-grond van die feite hier kan dit na my mening sekerliknie met reg gesê word dat die voorwaarde wat die respon-dent aan sy betaling gekoppel het ("in volle en finalevereffening vir professionele dienste ") "oorbodig"was nie. Uit die oogpunt van die respondent was diefeit dat betaling "in volle en finale vereffening" geskied
/het ...
27.
het van kardinale belang, want slegs op dié wyse kon hy'n skikking van die geskil tussen hom en die appellantbewerkstellig het.
In hierdie Hof het die respondent se advokaatter ondersteuning van die spesiale pleit 'n betoog voor-gedra wat wesenlik ook 'n verontagsaming behels het vandie woorde "in volle en finale vereffening" in die pleit,asook van die woord "skikking". Die betoog was toege-spits op die feit van betaling as sodanig. Ek hetbedenkings daaroor of die betoog gegrond kan word opdie bewoording van die spesiale pleit soos dit staan,maar aangesien die appellant se advokaat nie bereid ofin staat was om aan te toon dat die getuienis by dieverhoor anders sou verloop het indien daar 'n behoorlikegrondslag vir die betoog in die pleitstukke gelê wasnie, sal ek dit tog in oorweging neem.
Die betoog is gebaseer op 'n verweer van voldoen-ing. Die breë strekking daarvan was soos volg: deur
/voldoening ...
28.
voldoening word 'n skuld uitgewis; beide De Beer en mejWessels was gemagtig om namens die appellant die betalingvan die respondent se skuld teenoor die appellant teontvang ter voldoening daarvan; voldoening is 'n twee-sydige regshandeling wat met die medewerking en wilsoor-eenstemming van beide skuldeiser en skuldenaar plaasvind;luidens die dagvaarding van 5 Desember 1980 het die ap-pellant te kenne gegee dat R5 040 geëis word as vergoed-ing vir professionele dienste gelewer gedurende 1980,sonder enige aanduiding dat slegs 'n gedeelte van 'n skuldgevorder word; die respondent het die presiese bedraggeëis betaal; daar was dus 'n skyn van consensus tenopsigte van die betaling van die skuld en die voldoeningvan die verbintenis tussen die partye; die appellantpoog om die verweer van voldoening te vermy deur homte verlaat op 'n eensydige fout; ten aansien daarvanis dieselfde beginsels van toepassing as in die gevalvan kontraksluiting; volgens die feite van die gevalwas die fout waarop die appellant hom wil beroep nie
/'n ...
29.
'n justus error nie en dus kan hy hom nie daarop verlaatnie; van die respondent se kant bekyk, was hy nie bewusvan die fout nie en kan daar ook nie bevind word, indie lig van die voorafgaande geskiedenis, dat hy daarvanbewus behoort te gewees het nie; in die resultaat kandie appellant nie die verweer van voldoening vermy, watberus op die uiterlike handelinge van die partye waardeuroënskynlike wilsooreenstemming bereik is nie.
Die betoog is 'n vindingryke poging om by dieprobleem verby te kom dat mej Wessels nie gemagtig wasom 'n saak te skik nie, deur gebruik te maak van die feitdat sy wel gemagtig was om die betaling van die vollebedrag van 'n dagvaarding te ontvang. Na my oordeelkan die betoog egter nie ingepas word op die werklikefeite van hierdie saak nie, omdat dit berus op 'n beoor-deling van die uiterlike handelinge van die partye,watnie juis is nie. Ek sê dit om die volgende redes. Om mee te begin, is ek van mening dat die betrokke dagvaarding
/nie ...
30.
nie na regte beskou kan word as 'n stelling, of wils-uiting, van die appellant se kant dat die respondentse skuld teenoor die appellant R5 040 beloop het nie.Weliswaar was daar geen uitdruklike aanduiding dat ietsminder as die volle of totale skuld van die respondentgeëis is nie, maar so 'n moontlikheid spruit vanself voortuit die agtergrondsfeite wat vroeër geskets is. Aan diehand van daardie feite kon die eis 'n voorlopige eis ge-wees het ten opsigte van vergoeding slegs vir die skets-planne, terwyl dle balans verskuldig vir die werksteken-inge die onderwerp van 'n latere eis kon gewees het. Teendie agtergrondsfeite was die appellant se ulterlike han-deling soos vervat in die dagvaarding dubbelsinnig, endit word treffend gedemonstreer deur die respondent seeie onsekere reaksie daarop. Hy self het geen sekerheidgehad dat die appellant te kenne wou gee dat slegs R5 040aan hom verskuldig was nie, en hy self was nie bereidom op enige sodanige "skyn" te handel nie. Dit opsigself is alreeds 'n afdoende antwoord op die betoog
31.
van 'n "skyn van consensus". Maar om die analogie vankontraksluiting 'n stap verder te neem: die respondenthet geen "aanbod" van die appellant dat die skuld R5 040beloop "aanvaar" deur daardie bedrag te betaal nie. Wathy wel gedoen het, was om 'n "teenaanbod" te maak dathy daardie bedrag sou betaal "in volle en finale veref-
fening vir professionele dienste gelewer gedurende1980", wat klaarblyklik beteken het: "alle professioneledienste". Die teenaanbod was 'n skikkingsaanbod; asdie appellant dit sou aanvaar, sou hy geen verdere eisteen die respondent hê nie. Maar omdat mej Wesselsgeen magtiging gehad het om die saak te skik nie, konsy nie die respondent se skikkingsaanbod namens die appel-lant aanvaar nie. In hierdie samehang het die blotebetaling van die bedrag en die ontvangs daarvan op sig-self geen regsgevolg gehad met die oog op 'n "skyn vanconsensus" nie, want die respondent se uiterlike handel-ing, of wilsuiting, was 'n onlosmaaklik saamgestelde een,
/naamlik ...
32.
naamlik betaling plus skikkingsvoorwaarde. Weens mejWessels se gebrek aan magtiging ten opsigte van die tweedeelement van die respondent se wilsverklaring kan die be-toog gegrond op 'n beweerde skyn van wilsooreenstemming nieopgaan nie.Die spesiale pleit bevat geen bewering betref-fende die werklike bedrag van die respondent se skuld teen-oor die appellant (indien enige) uit hoofde van die eisoor-saak vermeld in die twee dagvaardings nie. Die geldigheidof andersins van die pleit moet dus beoordeel word in dieveronderstelling dat die respondent se werklike skuld teen-oor die appellant 'n bedrag van R19 028,13 beloop, soos indie tweede dagvaarding geëis. Op hierdie grondslag wasdie betaling van die bedrag van R5 040 wat in die eerstedagvaarding geëis is, slegs 'n betaling van wat geëis is,en slegs 'n betaling van 'n gedeelte van die skuld; omdatdie volle bedrag van die werklike skuld (soos veronderstelword) nie betaal is nie, het die betaling nie 'n voldoeningvan die verbintenis tussen die partye bewerkstellig nie.
/In ...
33. AIn hierdie omstandighede is daar na my mening niks watdie appellant verhinder het om die eerste dagvaardingterug te trek teen 'n aanbod van betaling van die respon-dent se koste, om die reeds betaalde bedrag aan hom te-rug aan te bied, en opnuut 'n geding aanhangig te maakdeur die uitreiking van 'n nuwe dagvaarding nie.Om al die voorgaande redes is my gevolgtrekkingdat die Verhoorhof gefouteer het deur die spesiale pleitte handhaaf.Soos vroeër in die vooruitsig gestel, worddit nou nodig om die geskilpunte in oënskou te neem watgeopper is in die respondent se verweerskrif. Daardiegeskilpunte is suiwer feitelik van aard en berus opbot-sende getuienis wat by die verhoor deur verskeie getuiesafgelê is. Omdat die Verhoorregter nie hierdie aspekvan die saak behandel het nie, het hierdie Hof nie dievoordeel van kennis van die indruk wat die getuies ophom gemaak het nie. Die advokate aan beide kantewas dit egter eens dat hierdie Hof aan die hand van die
/gegewens ...
33.B
gegewens wat blyk uit die oorkonde, so goed as wat moont-lik is, die geskilpunte moet besleg, en dit blyk dieaangewese weg te wees om te volg (vgl Van Aswegen v DeClercq 1960 (4) S A 875 (A) op 881 G - 882 E). Gelukkigis dit in die huidige saak nie moeilik om die geskilpuntete besleg aan die hand van wat in die oorkonde verskynnie.
Dit is onnodig om al die bewerings in die ver-weerskrif uiteen te sit. Twee aspekte daarvan is vandeurslaggewende belang. Albei het betrekking op dieinhoud van die ooreenkoms wat tussen die appellant endie respondent aangegaan is, ingevolge waarvan die appel-lant dienste vir die respondent gelewer het. Die appel-lant se eis is gebaseer op 'n ooreenkoms dat die appellantvir die respondent 'n woonstelblok sou beplan en die werks-tekeninge daarvoor sou opstel. Die respondent beweerdat daar ooreengekom is dat die appellant voorlopigesketse en later verdere sketsplanne sou opstel, maar
/ontken ...
34.
ontken dat daar ooreengekom is dat werkstekeninge opge-stel sou word. Daarbenewens beweer die respondentdat dit uitdruklik tussen die partye ooreengekom is datdie boukoste van die voorgestelde gebou wat die appellantsou ontwerp nie 'n bedrag van R420 000 sou oorskry nie.Dit word deur dle appellant ontken. Dit is gemene saakdat werkstekeninge van 'n woonstelgebou inderdaad deurdie appellant voltooi is, en dat die boukoste van diegebou wat daarin ontwerp is, aansienlik meer as R420 000sou beloop het. Om op te som, dus, is die geskilpuntevoortspruitend uit die verweerskrif: (a) het die par-tye ooreengekom dat die appellant werkstekeninge vandie voorgestelde woonstelgebou sou opstel?; en (b)het die partye ooreengekom dat die boukoste van die be-trokke gebou nle R420 000 te bowe sou gaan nie?
Van die appellant se kant was Swart die hoof-getuie oor die onderhandelings wat met die respondentgevoer is en watter stappe die appellant van tyd tot
/tyd ...
35.
tyd gedoen het om uitvoering te gee aan die respondentse opdragte. Die eerste ontmoeting tussen Swart endie respondent het plaasgevind op Brits op 3 September1980. Saam met Swart was Rabie (ook 'n argitek verbondeaan die appellant) en Feenstra ('n tekenaar wat vir dieappellant werk gedoen het). In daardie stadium hetdie respondent twee moontlike bouprojekte in gedagtegehad: een in verband met 'n sakesentrum en die ander'n woonstelgebou. Ek bepaal my net by laasgenoemde.Swart se getuienis was dat die respondent se opdrag aanhom was om 'n gangbaarheidsondersoek te doen op die grond-slag van 'n maksimale benutting van die respondent seerwe. Geen bedrag ten opsigte van boukoste is genoemnie; die boukoste is hoegenaamd nie bespreek nie.Daar was ook geen opdrag dat Swart 'n betaalbaarheidstudiemoes doen nie - dit is iets waarmee Swart hom nie besighou nie. Al vier die persone wat by die ontmoetingaanwesig was, is daarna na die kantore van die Stadsraad van
/Brits ...
36.
Brits, waar hulle met die bou-inspekteur, Nel, gepraathet. Besonderhede is daar verkry van die groottesvan die betrokke erwe, asook van die tersaaklike ver-ordeninge wat bepalend was van die maksimale ontwikkel-ing van die terrein. So byvoorbeeld is hulle meege-deel dat daar 'n 80% dekking sou kon wees van die totaleoppervlakte van drie erwe, dat 'n vierde erf gebruik soumoes word vir parkeringsdoeleindes, en so meer. Swarthet aantekeninge gemaak van die inligting wat verkryis, en dit is as 'n bewysstuk by die verhoor ingelewer.Daarna het Swart uitvoering gegee aan sy opdrag deur'n gebou te ontwerp aan die hand van die gegewens watvan Nel verkry was, en deur sketsplanne van die gebouop te stel. Diê planne is op 19 September 1980 aandie respondent oorhandig. Hy was baie in sy skik daar-mee en het aan Swart opdrag gegee om onmiddellik voortte gaan met die opstel van werkstekeninge van die ge-bou. Swart het hom meegedeel dat 'n struktuuringenieur
/aangestel ...
37.
aangestel sou moes word; die respondent het ene VanTonder voorgestel vir diê doel. Die respondent hetSwart versoek om vas te stel of die Stadsraad die op-rigting van enkelkamers bo-op die motorhuise sou toe-laat. Na dié samesprekings is die respondent weg op'n reis oorsee.
Swart het verder getuig wat die appellant daar-na gedoen het om uitvoering te gee aan die respondentse opdrag. Die werkstekeninge is opgestel. Die aan-stelling van die appellant as die argitekte in verbandmet die oprigting van die gebou is per brief teenoordie respondent bevestig. Van Tonder is skriftelik aan-gestel as die struktuuringenieur en hy het sy aanstel-ling skriftelik teenoor die Stadsraad bevestig. Afdrukkevan die werkstekeninge is aan hom afgelewer. Aansoekis by die Stadsraad gedoen vir die oprigting van enkel-kamers bo-op die motorhuise; die aansoek is afgekeur.Planne van die voorgestelde gebou is by die Stadsraad
/ingelewer ...
38.
ingelewer. Die gelde wat in dié verband aan die Stads-raad betaalbaar was, is betaal by wyse van 'n tjek vandie respondent wat deur Feenstra by die respondent sekantoor afgehaal is, soos afgespreek met die respondentvoor sy vertrek oorsee. Kennis is aan die Stadsraadgegee dat die respondent sou aansoek doen om die nodigetoestemming vir die oprigting van 'n woonstelgebou. Diedokumente wat betrekking het op al die aangeleenthedehierbo genoem is almal as bewysstukke by die verhooringelewer.
Op 14 November 1980, kort na die respondentse terugkeer van sy reis oorsee, het Swart en Rabie diewerkstekeninge aan die respondent oorhandig. Kortvoor hierdie ontmoeting het Swart, op versoek van dierespondent, 'n skatting van 'n boufirma verkry van diekoste van die oprlgting van die gebou. Die bedrag wasR578 000 en die respondent is daarvan in kennis gestel.Tydens die ontmoeting op 14 November 1980, volgens Swart,
39.
het die finansiële aspek van die gebou vir die heel eerstekeer ter sprake gekom: die respondent het toe vir dieeerste maal te kenne gegee dat hy nie beoog het om meeras R420 000 in die projek te belê nie. Dit het toevir Swart duidelik geword dat die respondent nie met dieoprigting van die gebou wou voortgaan nie. Vandaar sybesluit om onverwyld 'n rekening op te stel ten opslgtevan die werk tot op daardie stadium gedoen, en om dit aandie respondent voor te lê.
Benewens Swart het Rabie en Feenstra namens dieappellant getuig. Hulle het Swart se getuienis inwesenlike opsigte gestaaf. In die besonder wat betrefdie gebeure op 3 September 1980, het hulle bevestig datdie respondent se opdrag aan Swart was om 'n woonstelgeboute beplan op die grondslag van maksimale ontwikkelingvan die terrein, dat daar geen bespreking was ten opsigtevan die koste van die oprigting van die gebou en dus geenmaksimum-bedrag genoem is nie, en dat die respondent saam
/met ...
40.
met Swart en hulle twee na die Stadsraad se kantore ge-gaan het om inligting van Nel te verkry.
Die getuienis wat namens die appellant aange-bied is, is in net twee opsigte aangeval in die betoogvan die respondent se advokaat in hierdie Hof. Albeiopsigte hou verband met die feit dat die appellant.ngeruime tyd nadat die geding aanhangig gemaak is, aan'n firma van bourekenaars, Etsebeth en Botha, opdrag ge-gee het om 'n berekening te doen van die konstruksiekostevan die gebou aan die hand van die werkstekeninge watdie appellant opgestel het, welke berekening 'n syfervoortgebring het van net minder as R530 000. Die eersteargument wat hieraan gekoppel is, het op die volgendeneergekom: volgens die appellant se saak het hy sy op-drag om werkstekeninge op te stel, behoorlik nagekom;volgens die toepaslike item van die tarief van argiteks-gelde het die appellant gevolglik geregtig geword op'n vergoeding van 4,5% van die "beraamde koste" van die
/projek ...
41.
projek; die beraamde koste is vasgestel op die genoemdebedrag van nagenoeg R530 000; ten spyte daarvan hetdie appellant steeds slegs 4,5% op die bedrag van R420 000geëis; daaruit is die afleiding geregverdig dat dieappellant, deur Swart, terdeë bewus was van die feitdat sy mandaat beperk was tot 'n gebou waarvan die oprig-tingskoste nie R420 000 sou oorskry nie. Na my meninghet hierdie betoog niks om die lyf nie. Swart is lanken breed aan kruisondervraging oor hierdie aspek vandie saak onderwerp, en in sy getuienis dienaangaandekan ek niks wat onwaarskynlik of onbevredigend is be-speur nie. Hy het onder meer daarop gewys dat volgensdie toepaslike tarief-item 4,5% geëis kon word van diebedrag van 'n aanvaarde tender, of van die laagste bonafide tender, of van die beraamde koste van die projek,na gelang van die omstandighede. Op die stadium toedie appellant se rekening opgestel en aan die respondentvoorgelê is, was dit onmoontlik om die vergoedlng op
/enige ...
42.
enige van die genoemde grondslae te bereken, omdat daargeen tenders bestaan het en ook geen beraming van kostegedoen is nie. Die enigste bedrag wat gebruik konword, was die bedrag van die respondent se begroting,wat hy self genoem het. Om daardie bedrag te gebruik,was ook in ooreenstemming met Swart se gewone gebruikom in omstandighede soos wat hier gegeld het, die laagstemoontlike bedrag te neem as die basis van 'n rekening.Verder blyk dit uit Swart se getuienis dat die berekeningvan Etsebeth en Botha hoegenaamd niks te make gehad hetmet die bedrag van die appellant se eis nie; dit isvir 'n gans ander doel verkry, soos hieronder sal blyk.Dit is duidelik dat Swart deurgaans tevrede was om diebedrag van die eis te laat bly op die grondslag wat indie rekening vervat was, en daarin kan ek niks vreemdsraaksien nie. Sekerlik kan dit nie gebruik word nieas 'n rede om twyfel te werp op Swart se duidelike enbesliste getuienis dat die ontwerp van die gebou nie
/onderworpe ...
43.
onderworpe was aan 'n maksimum-bedrag van boukoste nie,en dat die bedrag van R420 000 vir die eefste keer ge-noem is nadat die werkstekeninge reeds voltooi was.
Die tweede aanvalsgrond op die appellant segetuienis het berus op 'n antwoord wat Swart tydens kruis-ondervraging gegee het op die vraag waarom Etsebeth enBotha opgedrais om 'n kosteberekening te doen. Diêantwoord was dat hy wou "kyk ... of ons buite ons opdraggegaan het ...." Daar is betoog dat hierdie woordenet kan beteken dat Swart geweet het dat die projek on-derhewig was aan 'n bedrag van maksimum-boukoste en dathy gehoop het dat die bourekenaars sou kon aantoon datdie gebou wel binne daardie perke opgerig sou kon word.Na my mening het ook hierdie betoog niks om die lyf nie.Die antwoord waarop gesteun is, is gegee in die loopvan 'n langdurige kruisondervraging oor die rede waaromdie opdrag aan die bourekenaars gegee is, en 'n bestu-dering van die geheel daarvan toon aan dat die aangehaaldewoorde heeltemal uit hulle verband geruk is. Om dit toe
44.
te lig, haal ek by wyse van voorbeeld slegs die betrokkevraag en die volledige antwoord aan, en een daaropvol-gende uittreksel uit Swart se getuienis:
"Nou as u nou geweet het wat die waarde
van die gebou was, wat wou u daarmee maak? -
Ek het vir u gesê ek wou kyk of die gebou le-wensvatbaar is, of ons buite ons opdrag gegaanhet, of ons buitensporig gegaan het.
Wat ek bedoel by 'buite opdrag'
sien ek miskien meer in argiteksterme as udit wil koppel aan geld. Ek praat van mak-simale ontwikkeling op terrein, relatief tot'n - ek het dit vroeër genoem, die huidige bou-marksomstandighede. Wat ek wou vasstel,of ons onverantwoordelik opgetree het deurbuitensporige luukse afwerkings byvoorbeeldte gee aan die gebou, of ons 'n normale diensgelewer het soos wat ons dit verstaan het vandie begin af."
Dit sluit aan by die verduideliking wat Rabie in sy getuie-nis gegee het, dat Etsebeth en Botha se berekenings, watn betaalbaarheidstudie ingesluit het, verkry is om aan, te toon dat die neerhalende kritiek wat die respondentin sy briewe aan die appellant uitgespreek het (soos datdie planne nie die papier werd was waarop hulle geteken
45.
was nie) nie geregverdig was nie.
In die geheel gesien, kan daar aan die handvan die oorkonde geen noemenswaardige kritiek uitgespreekword teen die appellant se getuienis betreffende dietwee tersaaklike geskilpunte nie.
Kom 'n mens by die respondent se getuienis,sien die prentjie daar heeltemal anders uit. Wat diegeskilpunte betref, het hy beweer dat hy reéds tydensdie eerste ontmoeting met Swart, op 3 September 1980,aan laasgenoemde dit duidelik gestel het dat die kostevan oprigting van die beoogde woonstelgebou nie meermoes beloop as R420 000 nie; dat daar nooit enige sprakewas van maksimale ontwikkeling nie; en dat hy nooitaan Swart 'n opdrag gegee het om werkstekeninge op testel nie. 'n Bestudering van sy getuienis as 'n geheellaat egter geen twyfel nie dat sy getuienis in tallewesenlike opsigte onbevredigend en onaanvaarbaar is.Ek sal volstaan met enkele voorbeelde.
/Die ...
46.
Die belangrike kritiek teen die respondentse getuienis is dat dit onmoontlik is om daaruit 'n ver-staanbare beeld te verkry van die werklike opdragte wathy beweer hy van tyd tot tyd aan Swart sou gegee het.Met betrekking tot die byeenkoms op 3 September 1980het die respondent in sy hoofgetuienis gesê dat sy opdragaan die appellant was om 'n moontlike woonstelgebou te"ondersoek", met 'n maksimale bedrag van R420 000; dieappellant moes hom "voorlopige idees" gee; hy het ver-onderstel dat voorlopige sketsplanne deel van die "be-rekenings" kon wees, maar die rekenkundige aspek wasvir hom meer belangrik. In kruisondervraging hetdie respondent direk teenstrydige verduidelikings gegeevan wat die opdrag behels het. Aanvanklik het hygesê dat die appellant se mandaat was om vir hom 'n "ren-derende gebou" te beplan waarvan die konstruksiekostenie meer as R420 000 sou wees nie; dat die beplanningbehels het dat die appellant 'n "voorlopige finansiële
/studie ...
47.
studie" sou doen; dat dit die enigste mandaat was watdie appellant gehad het; en dat daarvoor nie sketsplanneof tekeninge gemaak sou hoef te word nie, alhoewel dieappellant dit sou kon doen as hy wou. Teen die eindevan die kruisverhoor was die respondent se getuienisegter soos volg: hy sou self 'n kosteberekening kongedoen het; hy sou verkies het as Swart 'n voorlopigekosteberaming gedoen het, maar dit is nie aan hom mee-gedeel nie; daar is geen sodanige opdrag aan die ap-pellant gegee nie, alhoewel die respondent "verwag" heten "gehoop" het dat die appellant dit sou doen - hy soudit "waardeer" het; die appellant kon vir sy eie te-vredenheid 'n plan opstel as hy wou; die respondent het"100% verwag" dat hy "sketsplannetjies" sou kry, maardit is nie pertinent genoem nie. Elders in die kruis-verhoor het die respondent homself weerspreek deur eerste sê dat die appellant nie 'n gebou hoef te ontwerp hetnie, en later te sê dat 'n gebou wel ontwerp moes word
48.
wat nie meer as R420 000 sou kos nie; daar moes na 'n"konsepidee" gekyk word. Origens het die respondentin die loop van kruisondervraging beweer dat daar geenkontrak tussen die partye was ten opsigte van voorlopigesketse of berekenings nie. In een stadium het dierespondent selfs pertinent aangevoer dat die appellantgeen opdrag gehad het van hom om iets te doen nie, alhoeweldie appellant wel geweet het dat wat hy doen nie R420 000mag oorskry niel
Nadat die sketsplanne wat die appellant opge-stel het aan die respondent oorhandig was, was daar vol-gens die respondent twee telefoongesprekke tussen homen Swart voordat hy oorsee gegaan het. Gedurende dieeerste gesprek het hy nie aan Swart gesê om enige ver-dere planne of tekeninge voor te berei nie; sy opdragwas dat Swart na die woonstelgebou "in 'n finansiële lig"sou moes "kyk", en hy het by hom "aanbeveel" dat hy hom-self moes vergewis van die "plaaslike dorpsordonnansie";
/hy ...
49.
hy het aan Swart geen mandaat gegee ten opsigte van planneof werkstekeninge nie, maar wel vir hom gesé hy moetseker maak wat al die munisipale vereistes is. Ge-durende die tweede telefoongesprek het hy Swart gevraom die moontlikheid te ondersoek om enkelkamers bo-opdie garages in te pas; hy het hom geen mandaat gegeeom vir hom werk te doen nie; hy het hom wel "laat voeldat hy die saak verder kan voer"; hy het nie gesê nie,maar "gemeen", dit is "alleenlik in die munisipale konteks";hy moes gaan navrae doen "in verband met die prosedurevan toestemmingsgebruik"; hy het 'n mandaat aan Swartgegee om "die vereistes na te gaan vir die verkrygingvan toestemmingsgebruik"; daar was geen ander opdraggegee waarvan hy kan onthou nie.
Die respondent se getuienis het in talle opsigtedie bewerings in sy verweerskrif weerspreek. Ek noemslegs een voorbeeld. Soos vroeër geblyk het, het dierespondent in die verweerskrif beweer dat daar 'n ooreen-
/koms ...
50.
koms tussen die partye was dat die appellant voorlopigesketse en later verdere sketsplanne van die gebou souopstel. Volgens sy getuienis was daar geen sodanigeooreenkoms nie. Toe hy oor diê teenstrydigheid ondervrais, was die respondent se verduideliking dat die appellantgeen mandaat gehad het om sketsplanne op te stel nie,maar aangesien hy aangebied het om die appellant R5 040te betaal as vergoeding vir die sketsplanne, het hy besluitom maar in die verweerskrif te sê dat die appellant moessketsplanne opstel. Na my oordeel is hierdie verdui-deliking kennelik so onbevredigend dat dit verwerp moetword.
'n Laaste voorbeeld van die onaanvaarbaarheidvan die respondent se getuienis het betrekking op diebetaling van gelde aan die Stadsraad in verband met dieplanne wat daar ingelewer is, by wyse van 'n tjek vandie respondent. Soos vroeër geblyk het, was die appel-lant se getuienis dat daar voor die respondent se vertrek
/oorsee ...
51 .
oorsee gereel was dat 'n tjek by die respondent se kantoorafgehaal sou word. Die respondent het so 'n reëlingontken. Volgens hom was dit bloot toevallig dat Feen-stra 'n tjek van hom by sy kantoor in die hande gekry het,omdat dit sy gebruik is om by sy sekretaresse 'n aantalblanko ondertekende tjeks te laat wanneer hy weggaan.Die respondent se getuienis in hierdie opsig, en in diebesonder sy ontkenning van die aangaan van die genoemdereëling, is na my oordeel so uiters onwaarskynlik datdit as onwaar verwerp moet word.
Uit die oorsig wat ek hierbo gegee het vandie getuienis van die appellant en diê van die respondentis die gevolgtrekking waartoe daar gekom moet word al-reeds vanselfsprekend. Aan die een kant is die weergawevan die appellant logies, standhoudend, en aanvaarbaar.Aan die ander kant is die weergawe van die respondentvaag en onbevredigend, en deurspek met teenstrydighedeen onwaarskynlikhede. Inhoudelik, aan die hand van
/die ...
52.
die oorkonde, kan die respondent se getuienis nie opweegteen dié van die appellant nie. Die gevolgtrekkingis onvermydelik dat die appellant hom van sy bewyslasgekwyt het ten opsigte van die twee grondliggende geskil-punte voortspruitend uit die verweerskrif, en dat daar-die geskilpunte ten gunste van die appellant en teendie respondent besleg moet word.
Daar bly nog een argument oor wat deur dierespondent se advokaat geopper is, waarna verwys moetword. Dié argument was dat die appellant nie in syeis kan slaag nie, omdat daar nie bewys is dat die werks-tekeninge wat die appellant opgestel het, inderdaad ge-baseer was op die maksimale benutting van die respondentse grond nie. In hierdie verband is daar gesteun opdie getuienis van Nel, wat deur die respondent geroepis, en wat getuig het oor die bepalings van die bestaandeen voorgestelde dorpsbeplanningskemas van Brits. OfNel se getuienis wel 'n voldoende grondslag bied vir die
/betoog ...
53.
betoog, skyn my twyfelagtig te wees, maar dit is onnodigom dié vraag te ondersoek. Na my mening is Nel segetuienis nie ter sake nie. Soos vroeër uiteengesit,was die getuienis van Swart, Rabie en Feenstra dat diedrie van hulle saam met die respondent na die kantorevan die Stadsraad van Brits gegaan het op 3 September1980 en dat daar inligting verkry is aangaande die mak-simale benutting van die respondent se erwe. Daar kannie betwyfel word nie dat die werkstekeninge opgestelis in ooreenstemming met die inligting wat aldus verkryis. Die respondent het in sy getuienis ontken dathy saam met die ander persone na die Stadsraad se kan-tore gegaan het, maar dit is opmerklik dat aan nie éénvan die drie persone, Swart, Rabie of Feenstra, 'n enkelevraag in kruisondervraging gestel is oor hulle beweringdat die respondent hulle vergesel het nie. In dielig van die gehalte van die drie getuies namens die ap-pellant, en die verwerplikheid van die getuienis van die
/respondent ...
54.
respondent, soos hierbo bespreek, moet daar op 'n oorwigvan waarskynlikhede bevind word dat die respondent welsaamgegaan het na die Stadsraad se kantore, en dat hydus bewus was van die inligting wat daar verkry is. Ditis verder duidelik dat al die betrokke persone aanvaarhet dat maksimale benutting gebaseer sou word op dieinligting wat verkry is. Dat die respondent in diebesonder dit ook so aanvaar het en daarmee tevrede was,blyk uit die feit dat hy in sy skik was met die skets-planne wat op daardie grondslag opgestel is en aan homvoorgelê is. Die opdrag wat gevolg het, naamlik datdaar werkstekeninge opgestel moes word, was klaarblyklikgegrond op wat in die sketsplanne vervat was. Daar isgevolglik geen ruimte vir 'n betoog dat die appellant inhierdie opsig nie sy opdrag behoorlik uitgevoer het nie.
Om al die voorgaande redes het die Hof a quo
gefouteer deur nie vonnis ten gunste van die appellanttoe te staan nie.
/Alvorens ...
55.
Alvorens ek die bevel van hierdie Hof formu-leer, moet daar na twee kleinighede verwys word. Dieappellant se eis was aanvanklik vir 'n bedrag vanR19 028,13, maar in die nadere besonderhede is daar ken-nis gegee dat dit verminder word tot R19 026,15. Renteis geëis a tempore morae; die betrokke datum sal vasge-stel word as diê van die bestelling op die respondentvan die tweede dagvaarding, naamlik 26 Januarie 1981.
Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appêl word gehandhaaf met koste, in- sluitende die koste van twee advokate.
2. Die bevel van die Hof a quo word tersyde gestel en vervang deur die volgende bevel:
"Vonnis word toegestaan ten gunste van die eiser teen die verweerder vir die betaling van -
(a) die bedrag van R19 026,15; (b) rente op die gemelde bedrag teen 11% per jaar vanaf 26
/Januarie ...
56.
Januarie 1981 tot datum vanbetaling;
(c) die koste van die geding, in-sluitende die koste van tweeadvokate."
A.S. BOTHA AR
KOTZé AR
VAN HEERDEN, ARSTEM SAAMHEFER, AR
BOSHOFF, AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.