Bloemdal VervoerBk v Winkof Logistics Bk and Another (1019/06) [2006] ZANCHC 66 (8 December 2006)
The court held that the plaintiff's application for summary judgment was procedurally defective due to the improper attachment of affidavits containing evidential material to the summons, contrary to Rule 32. The plaintiff's verification of the claim was vague and included denials and defences, rendering the cause...
Source-derived case information.
- Citation
- [2006] ZANCHC 66
- Parties
- Plaintiff: Bloemdal Vervoer BK; Defendant: Winkof Logistics BK; Defendant: Willem Hendrik Jacobus Cilliers
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 1019/06
- Procedural Posture
- Summary Judgment Application / Application for Summary Judgment; Opposed
- Outcome
- Summary judgment refused; defendants granted leave to defend; amendment to prayer allowed.
- Judges
- C C Williams
- Legal Topics
- Summary Judgment, Liquidated Claim, Suretyship, Rectification, Counterclaim
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Bloemdal Vervoer BK
Plaintiff
Winkof Logistics BK
Defendant
Willem Hendrik Jacobus Cilliers
Defendant
Procedural Posture
Summary Judgment Application / Application for Summary Judgment; Opposed
Legal Issues
- 1 Whether the plaintiff is entitled to summary judgment for the claimed amount.
- 2 Whether the defendants have raised a bona fide defence to the claim.
- 3 Whether the procedure adopted by the plaintiff in attaching affidavits to the summons is permissible under Rule 32.
Ratio Decidendi
The court held that the plaintiff's application for summary judgment was procedurally defective due to the improper attachment of affidavits containing evidential material to the summons, contrary to Rule 32. The plaintiff's verification of the claim was vague and included denials and defences, rendering the cause of action unclear. The defendants raised a bona fide defence, including a counterclaim for damages allegedly caused by the plaintiff's conduct. The court found that the defendants' counterclaim and other defences could not be dismissed as lacking merit at this stage. The application for summary judgment was refused, and the defendants were granted leave to defend the action. The...
Court Disposition
Summary judgment refused; defendants granted leave to defend; amendment to prayer allowed.
Orders
- Prayer 1 in the summons is amended to read: 'Payment of the amount of R329,536.59 by the defendants jointly and severally, the one paying the other to be absolved.'
- Summary judgment is refused.
Full Case Text
Judgment text and source record
66 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: 1019/06
DATUM AANGEHOOR: 24-11 -2006
DATUM GELEWER: 08-12-2006
In die saak tussen:
BLOEMDAL VERVOER BK Eiser
teen
WINKOF LOGISTICS BK Eerste Verweerder
WILLEM HENDRIK JACOBUS CILLIERS Tweede Verweerder
CORAM: C C WILLIAMS R:
U I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. Hierdie is ân bestrede aansoek om summiere vonnis in die bedrag van R329 536, 59 tesame met rente en koste van die geding op die skaal soos tussen prokureur en eie kliënt.
2. Die eis is voortspruitend uit ân skriftelike kontrak aangegaan deur die partye waarvolgens die eiser vir die eerste verweerder sekere vervoerdienste sou lewer en waarvoor eiser vergoed sou word binne 30 dae na lewering van ân staat. Die ooreenkoms maak ook voorsiening daarvoor dat indien betaling nie binne 30 dae vanaf die eiser se staat deur die eerste verweerder betaal word nie, die totale bedrag uitstaande, ongeag die datums waarop die dienste gelewer is, opeisbaar en betaalbaar sal word.
Die tweede verweerder het hom as borg en mede-hoofskuldenaar met die eerste verweerder verbind vir die nakoming van die eerste verweerder se verpligtinge teenoor die eiser.
3. Die eis het betrekking op dienste gelewer gedurende Februarie, Maart en April 2006 en waarvoor fakture en maandstate gelewer is aan die eerste verweerder op die 28ste, 31ste en 30ste van die onderskeie maande. Die totale bedrag van hierdie state beloop R341 314, 91 waarvan die eerste verweerder slegs ân bedrag van R11 778, 32 betaal het gedurende Maart / April 2006.
4. Die aanloop tot hierdie aansoek kan as volg opgesom word;
4.1 Op 16 Mei 2006 het die eiser dagvaarding teen die verweerders uitgereik in die landdroshof te Kimberley vir die betaling van die bedrag van R341 314, 91 en gepaardgaande regshulp.
4.2 Op 24 Mei 2006 het die eiser verstekvonnis geneem teen die verweerders aangesien verdediging nie aangeteken was nie.
4.3 Op 2 Junie 2006 het die verweerders suksesvol aansoek gedoen om tersyde stelling van die verstekvonnis.
4.4 Eiser het daarna die aksie in die landdroshof teruggetrek en die onderhawige aksie in hierdie Hof ingestel.
5. Aangeheg as aanhangsels tot die dagvaarding in die onderhawige saak is daar benewens die skriftelike ooreenkoms en die fakture en state waarop die eis berus ook aangeheg die funderende en repliserende eedsverklarings van die verweerders in die aansoek om tersydestelling van die verstekvonnis in die landdroshof.
6. Die eedsverklarings in die tersydestelling aansoek bevat onder andere die volgende bewerings;
6.1 Dat die skriftelike kontrak deur die tweede verweerder opgestel is.
6.2 Dat dit egter ân reëling was, waarvan die eiser bewus was en tevrede mee was, dat alle fakture wat die eerste verweerder bereik voor of op die 15de van ân maand aan hom betaal sou word op die laaste dag van die maand wat daarop volg aangesien die eerste verweerder eers betaling moes ontvang vanaf sy kliënte voordat eiser betaal kon word. Eerste verweerder het as vragbemarker opgetree.
6.3 Dat die dagvaarding dus prematuur uitgereik is deurdat daar geen skuldoorsaak bestaan het op die datum van uitreiking daarvan nie.
6.4 Dat die eiser nadat vonnis bekom is in die landdroshof die eerste verweerder se debiteure genader het om alle gelde verskuldig aan die eerste verweerder terug te hou op sterkte van die vonnis deur die eiser bekom.
6.5 Dat die eerste verweerder as gevolg van die eiser se optrede hierbo genoem nie die fondse van sy debiteure kon bekom waarmee die eiser betaal moes word nie.
6.6 Dat die eerste verweerder ân teeneis het teen die eiser as gevolg van die eensydige onttrekking van die eiser se vervoerdienste wat tot gevolg gehad het dat die eerste verweerder kontrakte verloor het met GWK Beperk in die bedrag van R180 000, 00 en Katz Roof & Bricks in die bedrag van R3 400, 00.
7. In sy bevestigende eedsverklaring tot die summiere vonnis aansoek bevestig die verteenwoordiger van die eiser dat die verweerders die bedrag van R329 536, 59 tesame met rente verskuldig is aan die eiser op gronde in die gekombineerde dagvaarding vermeld, asook dat hy glo dat die verweerders nie ân bona fida verweer teen die aksie het nie.
8. Die verweerders, in die opponerende eedsverklaring tot hierdie aansoek, herhaal tot ân groot mate die bewerings vervat in hul eedsverklarings tot die tersydestellingsaansoek behalwe:
8.1 Dat die bewering tans gemaak word dat die eiser na dagvaarding in die landdroshof en voor vonnis daar verkry is, reeds die eerste verweerder se debiteure by wyse van skrywes ingelig het dat die eiser ân vonnis teen die verweerders verkry het en dat hulle geen gelde verskuldig aan die eerste verweerder moet oorbetaal nie. Hierdie bewering word volgens tweede deur die eiser in sy opponerende eedsverklaring tot die tersydestellingsaansoek bevestig. (Hierdie eedsverklaring is nie deur enige van die partye tot die stukke aangeheg nie).
8.2 Dat daar ontken word dat die eiser enige vervoerdienste vir die eerste verweerder verrig het na 24 April 2006 â wat tot gevolg het dat ân bedrag van R11 728, 89 van die eiser se eis ontken word.
8.3 Dat die teeneis uitgebrei is om in te sluit ân bedrag van R240 00,00, die skade gely as gevolg van debiteure wat vervoerkontrakte met die eerste verweerder gekanselleer het nadat eiser hulle (verkeerdelik) ingelig het dat hy vonnis teen die verweerders verkry het en ân verdere R3 400, 00 wat Katz Roofs & Bricks verhaal het vanaf die eerste verweerder vir die koste daaraan verbonde om alternatiewe reëlings vir vervoer te tref.
Die verweerders beweer dus dat die eerste verweerder oor ân teeneis teen die eiser in die bedrag van R426 800, 00 beskik.
9. Die bewering word ook tereg in die opponerende eedsverklaring te paragraaf 3 gemaak dat:
ïg. . . die bewerings vervat in paragraaf 16 van die Eiser se Besonderhede van Vordering sowel as die aanhegting van die funderende en repliserende beëdigde verklarings tot die aansoek om tersydestelling in die Landdroshof nie bewerings konstateer wat in ân Besonderhede van Vordering vervat behoort te word nie, en derhalwe deurgehaal moet word. In lig van my verweer hierin sal sodanige versoek om deurhaling gerig word na afhandeling van hierdie summiere vonnis aansoek, maar sal die Hof wel versoek word om hierdie optrede van die Eiser te oorweeg wanneer hy ân kostebevel in hierdie aangeleentheid moet maak.â
10. Reël 32(4) plaas ân verbod op die eiser om getuienis voor die hof te plaas anders as die beperkte getuienis vervat in die bevestigende eedsverklaring (Reël 32(2)). Die eedsverklarings wat die eiser tot sy dagvaarding aangeheg het is niks anders as getuienis wat hy voor die hof plaas nie en dit kan in ân summiere vonnis aansoek nie toegelaat word nie. In Trust Bank of Africa Ltd v Hansa and Another 1988(4) SA 102 (WLD) te 109 E-H maak Flemming R die volgende opmerkings
ïgIt is quite clear that plaintiff was not entitled to attach Joubert's certificate to the application for summary judgment in order to prove his claims. There is adequate reason to suspect that it is because of this very difficulty that practitioners seek to attach the evidential matter by way of allegations in the summons or annexures to the summons. The object is that the confirmatory affidavit is then to be read as confirming everything that was said in the summons. This method is objectionable. If the claim is for a liquidated amount and also if it is founded upon a liquid document, a simple summons ought to be used. Employing a combined summons is an unwarranted increase of costs. It makes for the unpleasantness that the Court, on so many occasions when granting summary judgment, has to make a special order disallowing the additional costs of the more expensive procedure. However, in so far as summary judgment is concerned, it is not only objectionable but eventually unsuccessful. Even if it is from a general procedural point of view both not objectionable to use a combined summons and furthermore not wrong - though I believe it wrong to plead what evidential material there is within the ammunition store - it cannot be tolerated as a method of strengthening a plaintiff's position in summary judgment proceedings. The affidavit must and may verify the cause of action and no more. Additional evidential material may not be verified. The verifying affidavit in this case purports to confirm only the cause of action and nothing more. But to the extent to which it was intended to be understood as confirming evidential material, it entails nothing other than proof of what remains evidential material. That is not permissible. The affidavit must be taken to verify only the 'cause of actionâ.
11. Die blote feit dat die verweerders nie op summiere vonnis stadium vra vir die deurhaling van die âverbodeâ dele van die dagvaarding nie maak dit nie minder afkeurenswaardig nie. Die hof is nie op hierdie stadium van die verrigtinge daarmee getaak om die verhoor te beslis of geloofwaardigheidsbevindinge te maak na aanleiding van getuienis nie of om te beslis oor die waarskynlikhede nie. Sien Maharaja v Barclays National Bank Ltd 1976(1) SA 418(A) te 426 A-E.
12. Die probleme vir die eiser eindig egter nie hier nie. Aangesien die verweerder se eedsverklarings in die tersydestellings aansoek aangeheg is tot die dagvaarding, is die eiser se bevestiging van die eisbedrag âop gronde in die Gekombineerde Dagvaarding vermeldâ vaag en onduidelik. Die dagvaarding soos dit tans staan bevat ook ontkennings en verwere tot die eis.
13. Die summiere vonnis prosedure is ân drastiese maatreël wat geskep is tot voordeel van die eiser en word daar ten minste verwag van die eiser om hom binne die raamwerk van die Reël te hou. Ek meen mnr. Reinders, wat vir die verweerders verskyn, is korrek in sy betoog dat die wyse waarop hierdie aansoek voor die Hof geplaas is ân misbruik van die regsprosees is en dat die aansoek slegs op hierdie basis geweier behoort te word.
14. Selfs al sou daar geargumenteer kan word dat ek ân te streng houding inneem ten opsigte van die eiser se verpligtinge in terme van die bepalings van Reël 32, is die bogemelde ook nie die enigste redes waarom ek meen die aansoek behoort te faal nie. Ek is nie van plan om die verweerders se verwere van rektifikasie en onmoontlikmaking van prestasie hierin te behandel nie. Na aanleiding van die houding wat ek hierin neem is ek van mening dat hierdie verwere bes op verhoor beslis word.
15. Wat die verweerders se teeneis aanbetref is ek van mening dat hier nie bevind kan word dat dit nie ân bona fide verweer daarstel nie. Mnr. Botha wat vir die eiser optree kan gelyk gegee word dat die verweerders in staat is om in meer besonderhede meer volledige inligting voor die hof te plaas oor veral die bedrag van R240 00, 00 wat die verweerders beweer die skade gely is as gevolg van debiteure wat vervoerkontrakte met die eerste verweerder gekanselleer het. Dit is egter so dat ân verweer in summiere vonnis verrigtinge nie met dieselfde presiesheid geformuleer hoef te word of beoordeel word soos in die geval van ân verweerskrif nie. Die vraag uiteraard wat beantwoord moet word is of indien die beweringe bewys word in ân verhoor dit ân geldige verweer teen die eiser sou eis sou daarstel. Daar is na my mening niks in die verweerders se opponerende eedsverklaring wat die teendeel aandui nie.
16. Slegs ân enkele aspek verg verdere aandag. Mnr. Reinders het namens die verweerders betoog dat vonnis in elk geval nie teen die verweerders verleen kan word op die dagvaarding soos dit staan nie aangesien die smeekbedes daarin slegs vra vir:
ïg1. Betaling van die bedrag van R329 536, 59.
2. . . .
3. . . .
4. . . .â
17. Die feit dat die dagvaarding dit nie duidelik stipuleer of die vonnis gevra word teen een of albei van die verweerders nie en of dit gesamentlik en afsonderlik teen die verweerders versoek word nie is na my mening egter nie ân aspek wat selfs in summiere vonnis verrigtinge, nie met die gepaste wysiging reggestel kan word nie. Daar kan geen benadeling wees vir die verweerders nie, die tweede verweerder het hom in elk geval as borg en medehoofskuldenaar verbind met die eerste verweerder soos per aanhangsel âBâ van die dagvaarding. Die wysiging aangevra deur mnr. Botha word dus toegestaan.
Bygevolg word die volgende bevele gemaak;
a) Smeekbede 1 in die dagvaarding word gewysig om te lees;
ïgBetaling van die bedrag van R329 536,59 deur die verweerders gesamentlik en afsonderlik, die een betaal die ander vrygestel te word.â
b) Summiere vonnis word geweier.
c) Verlof word aan die verweerders verleen om die aksie te verdedig.
d) Verdere pleitstukke in hierdie aangeleentheid moet geliasseer word in terme van die hofreëls.
e) Koste is koste in die geding.
______________________
C.C WILLIAMS
REGTER
Nms. Eiser : Adv C Botha
i.o.v Madaleen Teseling Prokureurs
Nms. Respondent: Adv S J Reinders
i.o.v Haaroffs