Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Brahman and Another v Dippenaar (211/2000) [2001] ZASCA 138; 2002 (2) SA 477 (SCA) (29 November 2001)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the actio de pauperie remains a valid cause of action in South African law, establishing strict liability for owners of domesticated animals that act contrary to the nature of their species. The conduct of Alicia, the Brahman cow, was found to be abnormal for cattle generally, not merely for Brahman cows, and there was no evidence of any external provocation. The respondent did not voluntarily accept the risk, as he was unaware of the presence of cattle in the kraal. The owner, Loriza Brahman, was therefore strictly liable for the respondent's injuries. The costs order against the second appellant, Naudé, was unjustified as the claim against him failed; he should not bear the costs of the trial, but is liable for costs on appeal as he joined the main appeal.

Court disposition

Appeal dismissed except as to costs order against second appellant; costs order amended.

Orders

  • The appellants' appeal is dismissed except as to the costs order against the second appellant.
  • The appellants are jointly and severally liable for the respondent's costs of appeal.
  • Paragraph 2 of the order of the court a quo dated 30 March 2000 is set aside and replaced as follows: (a) The first defendant shall pay the plaintiff's costs up to the date hereof, subject to paragraph 3 below. (b) The plaintiff shall pay the second defendant's costs up to the date hereof.

02

Material facts

Parties

Loriza Brahman

Appellant Counsel: Bergenthuin

Kobus Naudé

Appellant Counsel: Bergenthuin

Casper Dippenaar

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From the Transvaal Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the actio de pauperie should no longer be recognised in South African law, and that liability for harm caused by domesticated animals should be based solely on fault under the actio legis Aquiliae. They contended that the requirements of contra naturam sui generis are confusing and lead to arbitrary results, and that strict liability is outdated and unfair. They further argued that Alicia's conduct was not abnormal for a Brahman cow, and that the respondent accepted the risk by entering the kraal.
Respondent
The respondent maintained that the actio de pauperie is well-established in South African law and applies to injuries caused by domesticated animals acting contrary to their nature. He argued that Alicia's conduct was abnormal for cattle generally, not just Brahman cows, and that he was unaware of the presence of cattle in the kraal, thus did not voluntarily accept the risk. He asserted that the owner should bear liability for harm caused by the animal.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    O'Callaghan NO v Chaplin 1927 AD 310

    The actio de pauperie remains part of South African law and establishes strict liability for owners of domesticated animals that act contrary to their nature.

  2. 02

    Lever v Purdy 1993 (3) SA 17 (A)

    Liability under actio de pauperie arises only if the animal acts contra naturam sui generis, meaning conduct contrary to the nature of its species.

  3. 03

    South African Railways and Harbours v Edwards 1930 AD 3

    The test for contra naturam sui generis is based on the normal conduct of the genus, not the specific breed or individual animal.

  4. 04

    Waring and Gillow Ltd v Sherborne 1904 TS 340

    A person is not deemed to have accepted the risk unless he was aware of the danger and voluntarily assumed it.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the actio de pauperie remains a valid cause of action in South African law, establishing strict liability for owners of domesticated animals that act contrary to the nature of their species. The conduct of Alicia, the Brahman cow, was found to be abnormal for cattle generally, not merely for Brahman cows, and there was no evidence of any external provocation. The respondent did not voluntarily accept the risk, as he was unaware of the presence of cattle in the kraal. The owner, Loriza Brahman, was therefore strictly liable for the respondent's injuries. The costs order against the second appellant, Naudé, was unjustified as the claim against him failed; he should not bear the costs of the trial, but is liable for costs on appeal as he joined the main appeal.

Obiter and limits

  • The actio de pauperie, despite its age and criticisms, continues to serve a practical and just function in modern law.
  • Strict liability for harm caused by domesticated animals is not inherently unfair and reflects a broader trend towards risk-based liability.
  • The test for abnormal conduct is not breed-specific but applies to the genus as a whole.
  • Acceptance of risk requires actual awareness and voluntary assumption, not mere presence in a potentially dangerous situation.

Court disposition

Appeal dismissed except as to costs order against second appellant; costs order amended.

  • The appellants' appeal is dismissed except as to the costs order against the second appellant.
  • The appellants are jointly and severally liable for the respondent's costs of appeal.
  • Paragraph 2 of the order of the court a quo dated 30 March 2000 is set aside and replaced as follows: (a) The first defendant shall pay the plaintiff's costs up to the date hereof, subject to paragraph 3 below. (b) The plaintiff shall pay the second defendant's costs up to the date hereof.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[2001] ZASCA 138

RAPPORTEERBAAR

Saaknommer : 211 / 2000

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL

VAN SUID-AFRIKAIn die appèl vanLORIZA BRAHMAN Eerste AppellantKOBUS NAUDÉ Tweede AppellantenCASPER DIPPENAAR Respondent

Regbank Nienaber, Olivier, Navsa ARR; Cloete en Nugent Wnd ARR

Verhoordatum : 20 November 2001

Datum van Uitspraak : 29 November 2001

SAMEVATTING

Actio de pauperie - voortbestaan en vereistes._____________

U I T S P R A A K

_____________

P J J OLIVIER

OLIVIER AR[1] Tydens 'n produksieveiling het 'n Brahmanvers, die eiendom van die eerste appellant, die respondent onderstebo gehardloop en sy been gebreek. Die respondent het die eerste appellant met die actio de pauperie aangespreek vir die skade wat hy na bewering gely het. Die hof a quo (Claassen Wnd R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling) het 'n verklarende bevel in respondent se guns gemaak. Die kernvraag is of die beslissing korrek was. Die agtergrond[2] Tommiesrus (Edms) Bpk het in 1997 'n Brahman-stoetboerdery onder die naam Loriza Brahman ('Loriza') op die plaas 'Sandbult' naby Nietverdiend in die Noord-Wes Provinsie bedryf. Die tweede appellant ('Naudé') was die bestuurder van die Loriza stoetkudde. Die respondent ('Dippenaar') is 'n geoktrooieerde rekenmeester van Centurion, Gauteng, en is 'n deeltydse boer wat in 1997 belang gestel het om ook 'n Brahman stoetery te vestig.[3] Loriza het op 22 Mei 1997 op sy plaas 'n produksieveiling van Brahman stoetverse aangebied. Dippenaar het die veiling met die oog op die aankoop van 'n aantal verse bygewoon.[4] Omtrent twintig minute voor die aanvang van die veiling en by die veilingskrale het Dippenaar vir Naudé, vir wie hy vantevore ontmoet het, van sy voornemens ingelig. Naudé het aangebied om aan hom geskikte diere aan te beveel. Vergesel van Maurice Meyer (Naude se swaer) en Dr Archie Kritzinger, 'n bekende veearts en

trouens Loriza se kudde-veearts, het hulle 'n kraal binnegegaan, sodat geskikte verse besigtig en op die katalogus gemerk kon word.[5] Die kraal was ongeveer 30 meter lank met 'n agterste gedeelte van sowat 20 meter breed en 'n smaller voorste deel ongeveer 10 - 15 meter breed. Binne in die kraal was ongeveer 25 Brahmanverse, asook 'n aantal veilinggangers wat die verse wou besigtig.[6] Dippenaar, Naudé, Meyer en Dr Kritzinger het in die omgewing van die hek by die voorste deel van die kraal gestaan. Dippenaar het getuig dat hy en Naudé besig was om na die katalogus te kyk en dat hy die verse glad nie gesien het en ook nie van hul aanwesigheid in die kraal bewus was nie.[7] Op hierdie stadium het almal van hulle 'n blaasgeluid gehoor. Naudé het opgekyk en gesien dat een van die verse, Alicia, op hulle afgestorm kom. Hy het geskree 'Pasop, Oom Archie.' Dr Kritzinger het met sy katalogus 'n waaibeweging gemaak om die vers van rigting te laat verander. Die viertal het uitmekaar gespat. Die vers het geswenk tot by die kraalheining, daarteen vasgehardloop, omgeswaai en met haar kop omlaag teruggehardloop na die ander verse wat steeds bymekaar gestaan het. In die proses het sy vir Dippenaar met haar kop of blad omgestamp. Sy het haar toe by die trop aangesluit.[8] Weens die botsing is die tibia en fibula van Dippenaar se regterbeen net bokant die enkelgewrig gebreek.[9] Met die oog

op die vergoeding van sy skade, het Dippenaar vir Loriza met die actio de pauperie en, in die alternatief, vir Naudé met die actio legis Aquiliae aangespreek.[10] Vir doeleindes van die verhoor is meriete en quantum geskei. Tydens die verhoor het Dippenaar nie gepoog om sy eis teen Naudé te bewys of deur te voer nie. Na afloop van die verhoor het Dippenaar 'n dringende aansoek aanhangig gemaak vir verlof om sy saak te heropen ten einde verdere getuienis aan te bied. Hierdie aansoek is tereg deur die verhoorhof van die hand gewys.[11] Die verhoorregter het bevind dat Loriza aanspreeklik is vir enige skade wat Dippenaar mag bewys en dat Loriza en Naudé sy koste moes betaal. Die volgende bevel is gemaak :

'1 Eerste Verweerder en/of Tommiesrus (Edms) Bpk h/a Loriza Brahman is aanspreeklik vir enige skade wat eiser mag bewys;

2 Verweerders betaal Eiser se koste tot op datum hiervan onderhewig aan 3 hieronder;3 Eister moet die koste betaal van die aansoek om heropening van die saak.'Verlof om na hierdie Hof te appelleer is deur die verhoorhof verleen. Die actio de pauperie [12] Uit die bovermelde uiteensetting volg dat die enigste skuldoorsaak tans ter sprake die actio de pauperie is. Hierdie regsmiddel is figuurlik gesproke so oud soos die berge, want dit het sy oorsprong in die Romeinse Twaalftafelwet van ongeveer 450 v C. Sedert daardie dae het byna geen juris in die Romanistiese tradisie die geleentheid om dié aksie, of aspekte daarvan, te bespreek, laat verbygaan nie. Die grondslag van die aksie en die vereistes vir 'n geslaagde beroep daarop het juriste van toentertyd tot eietyd met ywerige nuuskierigheid vervul. 'n Verdere omdolwing van hierdie oorbewerkte terrein is vir huidige doeleindes nie nodig nie. Die belangstellende leser word verwys na die uitstekende besprekings en literatuurverwysings deur Reinhard Zimmermann, The Law of Obligations : Roman Foundations of the Civilian Tradition, Juta 1990, op 1095 - 1104; 1108 - 1109; 1110 - 1116 en C G van der Merwe, Skuldlose aanspreeklikheid vir skade veroorsaak deur diere, LLD proefskrif, Pretoria, 1970. Sedert die beslissing van hierdie Hof in O'Callaghan NO v Chaplin 1927 A D 310 staan dit vas dat die actio de pauperie deel van ons reg vorm.

Dit is in 'n hele aantal beslissings toegepas, so relatief onlangs nog deur hierdie Hof as in Lever v Purdy 1993 (3) SA 17 (A).[13] Soos oorbekend, geld die aksie teen die eienaar van 'n klas diere wat om die beurt huisdiere, makdiere of makgemaakte diere genoem word, in teenstelling met die klas 'wilde diere'. Voorbeelde van eersgenoemde is honde, katte, perde en beeste. Die aksie geld slegs as die dier contra naturam sui generis opgetree het, dws 'n gedraging van die dier wat teen die aard van 'n huisdier is.

' 'n Huisdier is mak, vreedsaam en gedissiplineerd. Enige optrede wat voortvloei uit feritas (wildheid), fervor (wreedheid) of lascivia (perversiteit) is strydig met die aard van 'n huisdier.'

(J C van der Walt, Skade deur diere aangerig : 'n algemene aanspreeklikheidsbeginsel? (1977) 10 De Jure 20 op 23.) 'n Verbandhoudende vereiste is dat die dier sponte feritate commota opgetree het, d w s uit eie innerlike wildheid, wreedheid, perversiteit, boosheid of opgewondenheid, en nie weens uitwendige prikkeling, aanstiging of aanporring van buite nie. (Lever v Purdy, supra, per Joubert Wn HR op 21 C - 22 A en Kumbleben AR op 26 E - H; Coetzee and Sons v Smit and Another 1955 (2) SA 553 (A) per Van den Heerver AR op 558 A - C.) Die verwere deur eerste respondent ge-opper[14] Die eerste verweer wat Mnr Bergenthuin, wat namens die appellante in hierdie Hof opgetree het, voor ons geargumenteer het, is 'n frontale aanval op die bestaansreg van die actio de pauperie in ons reg. Hy het aangevoer dat die Suid-Afrikaanse reg ontwikkel het tot 'n stadium waar die actio de pauperie as regsmiddel nie meer 'n bestaansreg het nie en aanspreeklikheid van die eienaar slegs op die beginsels van die actio legis Aquiliae fundeer moet word. Ter onderskraging van dié argument het Mnr Bergenthuin aangevoer dat :

(a) die aksie al beskryf is as 'n primitiewe vorm van streng of absolute aanspreeklikheid (met 'n beroep op C G van der Merwe, ( 1994) 111 SALJ 47 op 52);

(b) Wessels AR, in 'n minderheidsuitspraak in O' Callaghan NO v Chaplin, supra, op 370 e v, aanspreeklikheid van die eienaar slegs op die basis van skuld wou erken (sien ook P M A Hunt Bad Dogs in (1962) 79 SALJ 326 op 330);(c) die vereistes vir die aksie, meer besonder dié van contra naturam sui generis, al tot groot verwarring en teenstrydighede gelei het - is die toets objektief of subjektief of gebaseer op 'skuld' aan die kant van die dier; slaan dit op die genus van die 'huisdiere' of op die betrokke species, of is dit heeltemal willekeurig? (sien C G van der Merwe, (1967) Codicillus 11);(d) die actio nie logies verantwoordbaar is nie :

' 'n Kriterium waar eenvoudig getoets word aan die hand van een van 'n klas as geheel, beteken dat die optrede van 'n veg-bulterier wat in 'n hok aangehou word en geteel is om te baklei, aan dieselfde standard gemeet moet word as die skoothondjie van 'n bejaarde dame wat in 'n aftreeoord aangehou word. Dienooreenkomstig moet dieselfde maatstaf aangewend word om die optrede te beoordeel van 'n wilde hings wat vry in die natuur rondhardloop, en die ponie wat gebruik word vir Sondagmiddag kinderritte by die plaaslike kwekery.' (uit Mnr Bergenthuin se betoogshoofde);

(e) dit tot onbillike resultate kan lei :

'Die bankinstelling wat 'n stoetbees finansier, en eiendomsreg vir sekuriteitsdoeleindes ten opsigte van die stoetbees voorbehou, sal hiervolgens aanspreeklik wees vir skade aangerig deur die betrokke stoetbees, nieteenstaande die feit dat die bank waarskynlik nooit 'n oog op die stoetbees sal lê nie. Eweneens sal die afslaer, wie se veilingvoorwaardes bepaal dat by toeslaan van die bod, eiendomsreg op die afslaer oorgaan, en dat dit eers by betaling van die koopprys weer oorgedra sal word na die koper, aanspreeklik wees vir skade veroorsaak deur die bees na toeslaan van die bod, maar voor betaling voor die koopprys. Eweneens sal die verhuurder van huisdiere aanspreeklik wees vir skade aangerig deur sodanige diere, nieteenstaande die feit dat 'n huurder ten volle beheer en kontrole oor sodanige diere mag hê.' (uit Mnr Bergenthuin se betoogshoofde);

(f) die beginsels van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 34 van 1956 nie op eise onder die actio van toepassing is nie. 'n Alles-of-niks bedeling geld (sien South African Railways and Harbours v Edwards , 1930 AD 3 op 10) en dit is onbillik; (g)

'Daar bestaan stellig geen rede waarom 'n persoon wat beseer/benadeel word deur optrede van 'n huisdier, in 'n beter posisie moet wees as 'n persoon beseer/benadeel deur 'n wilde dier of byvoorbeeld meganiese voorwerp nie. In beide gevalle behoort die verwytbaarheid van die eienaar en/of hanteerder, tesame met die voorsienbaarheid van die skade deurslaggewend te wees.' (uit Mnr Bergenthuin se betoogshoofde);

(h)

'Deliktuele aanspreeklikheid gebaseer op skuld en voorsienbaarheid, bied genoegsame regshulp aan persone wat beseer word deur huisdiere, en 'n beoordeling van aanspreeklikheid moet geskied in ooreenstemming met die beginsels van toepassing t.o.v. die actio legis Aquiliae , soos ontwikkel in Suid-Afrikaanse Reg.' (uit Mnr Bergenthuin se betoogshoofde).

[15] Ek is nie van voorneme om elke punt van kritiek wat deur Mnr Bergenthuin teen die actio de pauperie geopper is, te behandel nie. Dit kan toegegee word dat die vereistes van die actio, veral van gedrag wat contra naturam is, deur die eeue omstrede was. Die punt is dat dié aksie reeds vir 24½ eeue bestaan. Dit vorm deel van ons reg. Dat dit skuldlose aanspreeklikheid daarstel, is as sodanig geen rede om dit in die ban te doen nie; die verskynsel van risiko-aanspreeklikheid brei in die moderne wêreld uit en vervul op gepaste terreine 'n nuttige funksie. Aanspreeklikheid vir skade aangerig deur mak diere is so 'n gebied. Waar 'n omstrede aksiegrond nie ongrondwetlik of contra bonos mores is of deur onbruik verval het nie, sal hierdie Hof dit nie sito-sito afskaf nie: sy taak is eerder om dit, waar nodig, aan te pas, reg te skaaf en na gelang van die geval uit te brei of in te kort. Hierdie gedagte is deur Stratford HR in Jajbhay v Cassim 1939 A D 537 op 542 soos volg gestel:

'Now the Roman-Dutch law, which we must apply, is a living system capable of growth and development to allow adaptation to the increasing complexities and activities of modern civilised life. The instruments of that development are our own courts of law. In saying that of course I do not mean that it is permissible for a court of law to alter the law; its function is to elucidate, expound and apply the law. But it would be idle to deny that in the process of the exercise of those functions rules of law are slowly and beneficially evolved. That evolution, to be proper, must come from, and be in harmony with, sound first principles which are binding upon us.'

[16] As dit 'n mens se dogmatiese vertrekpunt is dat alle 'deliktuele' aanspreeklikheid op die skuldbeginsel moet berus, dan kom die actio de pauperie natuurlik as onelegant en anomalies voor. As die vertrekpunt daarenteen 'n breër visie van 'deliktuele' aanspreeklikheid is, wat verdienstelike gevalle van risiko-aanspreeklikheid kan insluit, dan is die vraag slegs of die actio de pauperie vanuit 'n praktiese oogpunt 'n verdienstelike rol speel. Geen sodanige praktiese redes wat op die feite van hierdie geval van toepassing is en wat 'n ontkenning van die aksie in hierdie geval verg, is aan ons voorgelê nie. Die tyd om die actio de pauperie, ondanks sy eerbiedwaardige ouderdom, grafwaarts te dra, het nog nie aangebreek nie. Byna 75 jaar gelede het Kotzé AR in O'Callaghan, N.O. v Chaplin, supra, op 365 gesê :

'It is satisfactory to find that the action de pauperie still forms part of our law ... I think the conclusion is a sound and just one, for if a man chooses to keep an animal, and injury or damage is caused by it to an innocent person, he must make adequate compensation. The owner of the animal and not the person injured must bear the loss. ... After all, the result arrived at is but the natural development of a doctrine which, as we learn from eminent jurists, such as Wesenbeck, Vinnius, Matthaeus, Huber and others, had already been accepted in most places, notwithstanding the reception of the Roman law. These masters and expounders of the law rightly saw nothing unjuristic in the view that, as the Roman law regarded noxae deditio as merely an alternative mode of solution at the election of an owner, that is of discharging his liability for pauperies , the fact of its disappearance did not deprive an injured plaintiff of his right to full compensation to be paid him by the defendant. The doctrine, therefore, which they state was observed in actual practice in their time, has since been accepted by the more modern and maturer jurisprudence, and still prevails as existing law in several civilised European countries as well as in our own.'

Niks wesenliks het sedertdien verander nie.[17] Die tweede verweer wat namens die appellante aangevoer is, behels die contra naturam-vereiste. In hierdie verband het Mnr Bergenthuin aangevoer dat die vers Alicia nie contra naturam opgetree het nie. Hy het aangevoer dat die contra naturam-vereiste nie beteken dat die optrede van Alicia met dié van alle ander verse van die beesras of genus beeste vergelyk moet word nie, maar met dié van die gemiddelde Brahmanbees, maw die betrokke species waaraan sy behoort. Omdat laasgenoemde, volgens die appellante, die korrekte benadering is, is die getuienis van Mnr Theodore de Marrillac, 'n boer wat sedert 1966 met Brahmane boer en self 'n Brahman-beoordelaar aangevoer. Sy getuienis kom daarop neer dat die optrede van Alicia nie teen die aard van 'n Brahmanbees is nie, omdat dié ras meer senuweeagtig is as ander rasse. Sy hoofgetuienis in dié verband lees soos volg:

'Goed. Nou u het die getuienis in die hof gehoor van hoe die insident plaasgevind het dat die eiser, mnr Dippenaar, omgehardloop is. Is dit vir u vreemd dat so 'n insident kon plaasgevind het by hierdie veling? -- Glad nie. Hoekom nie? -- Want ek het dit al tevore gesien. Ek het dit in my eie krale gesien. Ek het dit in ander mense se krale gesien, op ander plase gesien. Dit is nie iets uit die gewoonte uit nie, want ek glo dat die Brahman, die manier waarop hy geteel is, dit is in sy geaardheid om so op te tree.

Wat kan u sê oor die temperament van 'n Brahman, veral in vergelyking en met betrekking tot ander beesrasse? -- Die Brahman, al wil ons dit nie as Brahmantelers die woord, ons gebruik glad nie die woord nie, ons wil dit nie eers hoor nie, die woord "wild". Daardie woord "wild" is verkeerdelik na vore gebring, want die Brahman is 'n senuweeagtige bees, 'n baie meer intelligente bees as ander rasse, veral as jou Bos taurusse, want hy is 'n Bos indicus en jou Bos indicusse in die algemeen is beeste met meer intelligensie en meer van 'n senuweestelsel, 'n gevoelige senuweestelsel.'[18] Ek meen dat Mnr Bergenthuin nie gelyk gegee kan word nie. Die toets is immers nie afgestem op 'n spesifieke species van die genus nie, maar op die normale optrede van diere behorende aan die betrokke genus. Die vraag is of Alicia opgetree het strydig met die natuur van 'n bees, nie met dié van Brahmane of Jerseys of Bonsmaras as spesifieke rasse nie en nog minder of sy opgetree het strydig met haar eie besondere geaardheid. (Sien Innes HR in O'Callaghan, NO v Chaplin, supra, op 14; South African Railways and Harbours v Edwards, 1930 A D 3 op 6; Solomon and Another, NNO v De Waal 1972 (1) SA 575 (A) op 582 A - E.) Dit is soos ons positiewe reg verstaan moet word, nieteenstaande akademies kritiek daarop (sien bv C G van der Merwe, Contra Naturam Sui Generis, (1967) Codicillus 11 ev).[19] Daar

is natuurlik 'n verdere vraag wat innig verband hou met die contra naturam-vereiste en trouens die keersy daarvan is, nl of die dier se aweregse optrede 'n spontane gedraging was, dws vanweë eie innerlike senuweeagtigheid, boosheid of wildheid (sponte feritate commota). Die verband tussen die contra naturam-vereiste en dié van sponte feritate commota is voor die hand liggend : as die betrokke dier spontaan, weens innerlike boosheid ens opgetree en skade verrig het, dan het dit uiteraard ook contra naturam sui generis opgetree. As die skadestigtende optrede egter veroorsaak is omdat die dier skrikgemaak is, of leed of pyn aangedoen is of geprovokeer is, dan is die optrede nie contra naturam nie, maar juis ooreenkomstig die aard van 'n dier omdat alle diere so sal optree; en is daar geen aanspreeklikheid nie. (Sien South African Railways and Harbours v Edwards, supra, op 9 in fine.)[20] Selfs hierdie vereiste is ook weer gekwalifiseer: van die normale mak dier word verwag om sekere uitwendige prikkels te weerstaan en nie aweregs op te tree nie. (Sien South African Railways and Harbours v Edwards, supra, op 9 in fine; Solomon and Another NNO v de Waal, supra, op 582 A - F.) Waar die lyn presies getrek moet word, is nie altyd vooraf bepaalbaar nie. Prof J C van der Walt (sien Skade deur diere aangerig : 'n algemene aanspreeklikheidsbeginsel? in op cit op 23 - 24) stel dit so :

'Verder is die sogenaamde vereiste van 'n "spontane gedraging" aan die kant van die dier nie 'n selfstandige vereiste nie, maar 'n noodwendige onderdeel van die contra naturam -vereiste. Waar die dier se optrede deur uitwendige inwerkinge veroorsaak word, tree hy uiteraard nie op weens innerlike boosaardigheid of ogewondenheid nie; selfs die "goedgemanierde" dier reageer naturuurlikerwys op uitwendige inwerkinge. Nie elke uitwendig inwerking sluit egter die vereiste van contra naturam uit nie. Daar word aanvaar dat 'n perd, ten spyte van die uitwendige inwerkinge, byvoorbeeld in die volgende gevalle nog spontaan optree : 'n perd wat skop nadat hy deur 'n blindevlieg gesteek is; 'n perd wat reageer op die geraas van 'n voertuig, 'n perd wat skrik vir 'n hoop klippe.'

[21] Dippenaar het getuienis aangebied dat hy sonder 'n opsigtelike rede deur die vers beseer is. Om aanspreeklikheid te vermy, het dit by Loriza berus, as weerlegging van bogenoemde prima facie bewys, om getuienis aan te bied óf dat die gebeure Dippenaar se skuld was (in die kousale sin, bv deurdat hy die vers skrikgemaak het) óf dat die bees op loop gejaag is deur 'n ander ekstrinsieke oorsaak (South African Railways and Harbours v Edwards, supra op 12 in medio; Da Silva v Coetzee 1970 (3) SA 60 (T) op 604 A - B).[22] Daar is in die getuienis veel gespekuleer oor die rede of redes wat Alicia sou aangestig het om van die trop weg te breek en op die groepie mense onder wie Dippenaar hom bevind het, af te storm. Die vinger kon egter op geen geïdentifiseerde uitwendige oorsaak of kombinasie van uitwendige oorsake gelê word nie - nie die aanwesigheid van mense in die kraal nie; nie die speel van agtergrondmusiek nie - want die ander 24 verse in die trop het rustig bly staan waar hulle was. Die rede vir Alicia se vlug kan óf in haar eie gemoed gevind word (wildheid, kwaadaardigheid of senuweeagtigheid) óf in ander omstandighede, waarvan daar geen bewys was nie.[23] Hieruit volg dat Loriza nie daarin geslaag het om hom van dié weerleggingslas te kwyt nie. Dit volg dus dat aanvaar moet word dat die vers sponte feritate commota en contra naturam sui generis opgetree het. Loriza se

eienaarskap van die vers is nie betwis nie. Dit volg dus dat Dippenaar geregtig was om met sy eis teen Loriza te slaag. [24] Mnr Bergenthuin het as laaste skans op die verweer van toestemming deur Dippenaar van die risiko van besering, teruggeval. Hy het dit daarop gebaseer dat Dippenaar in die betrokke kraal ingegaan het terwyl die risiko van 'n besering van die soort wat hy opgedoen het, voorhande was. Die probleem met die argument is dat Dippenaar se getuienis, dat hy nie geweet het dat daar beeste in die kraal is nie en hulle ook nie gesien het nie, nie pertinent in kruisondervraging aangeval is nie nie en deur die hof a quo aanvaar is. Daar is geen basis om op appèl daarmee in te meng nie. Aan die basiese vereiste van die betrokke verweer, nl dat die benadeelde bewus was van die risiko van die gevaar en dit willens en wetens aanvaar het, is dus nie voldoen nie. (Sien Waring and Gillow Ltd v Sherborne 1904 TS 340 op 344 - 347.)[25] Die bevel van die hof a quo was dat Loriza aanspreeklik is vir enige skade wat Dippenaar mag bewys en dat Loriza en Naudé die eiser, Dippenaar, se koste tot op datum van die bevel moet dra. Ek meen dat dit nie geregverdig was om Naudé met enige koste te belas nie, aangesien die aksie teen hom misluk het. Dippenaar moet Naudé se verhoorkoste betaal. 'n Regstellende bevel is in dié verband nodig. Naudé se appèl was egter nie net tot dié aspek beperk nie. Hy het hom volkome met Loriza se appèl teen die toestaan van die verklarende bevel vereenselwig. Hy is dus mede-aanspreeklik vir die koste op appèl.[26] Dit word soos volg beveel :

26.1 (a) Behoudens paragraaf 26.2 (b) word die appellante se appèl van die hand gewys.

(b) Die appellante is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die respondent se koste van appèl.

26.2 Paragraaf 2 van die bevel van die hof a quo gedateer 30 Maart 2000 word tersyde gestel en met die volgende vervang:

(a) Die eerste verweerder betaal eiser se koste tot op datum hiervan onderhewig aan 3 hieronder.

(b) Die eiser betaal die tweede verweerder se koste tot op datum hiervan.

P J J OLIVIER AR

STEM SAAM :NIENABER ARNAVSA ARCLOETE Wnd ARNUGENT Wnd AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

O'Callaghan NO v Chaplin 1927 AD 310

Case cited

Lever v Purdy 1993 (3) SA 17 (A)

Case cited

Coetzee and Sons v Smit and Another 1955 (2) SA 553 (A)

Case cited

South African Railways and Harbours v Edwards 1930 AD 3

Case cited

Solomon and Another, NNO v De Waal 1972 (1) SA 575 (A)

Case cited

Da Silva v Coetzee 1970 (3) SA 60 (T)

Case cited

Waring and Gillow Ltd v Sherborne 1904 TS 340

Case cited

Wet op Verdeling van Skadevergoeding, 34 van 1956

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.