Brandwag Primary Aftercare BK v Brandwag Primere Skool and Others (4896/2012) [2015] ZAFSHC 237 (3 December 2015)
The court held that the right to amend the particulars of claim had lapsed by operation of Uniform Rule 28(6) as the amendment was not effected within the required period. Consequently, the order granting leave to amend had no further legal effect and could not be the subject of an appeal. Leave to appeal against...
Source-derived case information.
- Citation
- [2015] ZAFSHC 237
- Parties
- Applicant: Brandwag Primary Aftercare BK; Respondent: Brandwag Primere Skool; Respondent: Die Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys, Vrystaat Provinsie
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 4896/2012
- Procedural Posture
- Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal Against Interlocutory Order and Costs Order
- Outcome
- Leave to appeal against the costs order is granted; leave to appeal against the amendment order is refused.
- Judges
- Kruger, R
- Legal Topics
- Amendment of Pleadings, Interlocutory Orders, Costs Orders, Rule 28
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Brandwag Primary Aftercare BK
Applicant
Brandwag Primere Skool
Respondent
Die Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys, Vrystaat Provinsie
Respondent
Procedural Posture
Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal Against Interlocutory Order and Costs Order
Legal Issues
- 1 Whether leave to appeal should be granted against the order permitting amendment of particulars of claim.
- 2 Whether leave to appeal should be granted against the costs order associated with the amendment application.
Ratio Decidendi
The court held that the right to amend the particulars of claim had lapsed by operation of Uniform Rule 28(6) as the amendment was not effected within the required period. Consequently, the order granting leave to amend had no further legal effect and could not be the subject of an appeal. Leave to appeal against the amendment order was therefore refused. However, the court found that there were reasonable prospects that another court might reach a different conclusion regarding the costs order, given that the amendment order had lapsed and the party seeking the amendment was not ordered to pay costs, which deviates from usual practice. The court granted leave to appeal to the Full Bench...
Court Disposition
Leave to appeal against the costs order is granted; leave to appeal against the amendment order is refused.
Orders
- Leave is granted to appeal to the Full Bench of this Division against the costs order made on 13 October 2013.
Full Case Text
Judgment text and source record
31 paragraphs
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 4896/2012
In die saak tussen:-
BRANDWAG PRIMARY AFTERCARE BK
Applikant/Eiser
en
BRANDWAG PRIMêRE SKOOL
1ste Respondent/1ste Verweerder
DIE LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD
VIR ONDERWYS, VRYSTAAT PROVINSIE 2de Respondent/2de Verweerder
UITSPRAAK IN AANSOEK OM VERLOF TOT APPEL
CORAM:
KRUGER, R
GELEWER OP: 3 DESEMBER 2015
[1] Hierdie is ’n uitspraak in ‘n aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n uitspraak van Murray WnR gelewer op 23 Oktober 2014 waarin sy verlof aan die eiser (“Aftercare CC”) verleen het om sy besonderhede van eis te wysig, en sekere kostebevele gemaak het. Gerieflikheidshalwe word na die partye as eiser en eerste verweerder verwys. Die eerste verweerder vra verlof om te appelleer.
[2] Die wysiging moes ingevolge Eenvorminge Hofreël 28(6) aangebring gewees het 10 dae na die bevel wat op 23 Oktober 2014 gegee is, naamlik op 6 November 2014. Die eiser het versuim om die wysiging aan te bring voor 6 November 2014. Op 7 November 2014 het die eerste verweerder (“die Skool”) ’n Aansoek om verlof tot Appèl by die Griffier ingedien en op die eiser se prokureur beteken. Gevolglik, so voer Mnr Snellenburg vir eerste verweeder aan, is die aansoek om verlof om teen die wysiging te appelleer akademies, want die reg om te wysig het by regswerking ingevolge reël 28(6) verval. Mnr Greyling, vir eiser sê dat die toestaan van ’n wysiging ’n interlokutêre bevel is wat nie appelleerbaar is nie met verwysing na Webber Wentzel v Batstone and Another 1994 (4) SA 334 (T). Die eiser se reg om te wysig het deur die werking van Eenvorminge Hofreël 28(6) verval. Die hofbelvel van Murray WnR wat die wysiging magtig het geen verdere regswerking nie en kan nie die onderwerp van ’n appèl wees nie. Verlof om teen die toestaan van die wysiging te appelleer kan nie toegestaan word nie.
[3] Die eerste verweerder vra ook verlof om teen die kostebevel te appelleer, wat die koste van die uitstel op 9 Oktober 2014 insluit en die koste van die wysigingsaansoek.
[4] Verlof tot appèl teen kostebevele word nie geredelik toegestaan nie. Die omstandighede is hier buitengewoon, want
die wysigingsbevel wat aan die kostebevel gekoppel was, het verval en die party wat die vergunning gevra en gekry het is nie gelas om die koste te betaal nie. ’n Party soos eiser, wat wysiging verlang, vra ’n vergunning, veral waar dit gaan om die terugtrekking van ‘n erkening, en so ’n party word gewoonlik gelas om die koste te betaal ten einde nadeel uit die weg te ruim, tensy die opponering onredelik was. Daar bestaan na my mening redelike vooruitsigte dat ’n ander hof kan bevind dat Murray WnR nie bevind het dat opponering onredelik was nie, en nie die vraag beslis het of daar benadeling was, en dat sy nie volledig aandag aan die vraag gegee het of benadeling deur ’n kostebevel uitgewis sou word nie. In hierdie geval bestaan daar na my mening ’n redelike moontlikheid dat ’n ander hof ’n ander kostebevel sal maak met inagneming van die rede vir uitstel, en benadeling.
BEVEL
Verlof word toegestaan om na die Volle Hof van hierdie afdeling te appelleer teen die kostebevel gemaak op 13 Oktober 2013.
____________
A. KRUGER, R
Namens Appellant: Adv N Snellenburg SC
In opdrag van:
Horn & Van Rensburg
BLOEMFONTEIN
Namens Verweerder: Adv P Greyling
Goodrick & Franklin
/wm