Breytenbach v Petro Save (EDMS) Beperk h/a Engen Quick Shop College Crossing, Bloemfontein [2004] ZAFSHC 57 (10 June 2004)
- Citation
- [2004] ZAFSHC 57
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Lombard, R
- Case number
- 1425/2003
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Lombard, R
- Case number
- 1425/2003
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the defendant did not owe a legal duty to provide warnings or take further precautions regarding the slope at the entrance. The slope was visible, and the premises had been used by millions without incident. The plaintiff failed to establish that the defendant was aware of any hazardous situation or that reasonable steps were required under the circumstances. The plaintiff did not act as a reasonable person by failing to observe the slope. Applying the objective reasonableness test, the defendant's omission was not wrongful, and no negligence could be attributed. The claim was dismissed with costs.
Court disposition
Claim dismissed with costs.
Orders
- The plaintiff's claim is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
S.G. Breytenbach
Plaintiff Counsel: Adv. J.P. DaffuePetro Save (EDMS) Beperk h/a Engen Quick Shop College Crossing, Bloemfontein
Defendant Counsel: Adv. L. le R. PohlAmounts and remedies
- Average Monthly Visitors (2003): ZAR 36,800
- Estimated Total Visitors Over 8 Years: ZAR 3,000,000
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Merits Only; Damages Separated Under Rule 33(4)
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant owed a legal duty to warn or protect members of the public against the slope at the entrance to the shop.
- 02
Whether the defendant's omission to provide warnings or take precautions constituted wrongful conduct.
- 03
Whether the plaintiff acted as a reasonable person in approaching the entrance.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff argued that the defendant had a legal duty to maintain the premises, specifically the floor area, in a safe condition for members of the public. She contended that reasonable precautions should have been taken to prevent injuries, such as warning signs at the slope near the entrance. The plaintiff maintained that the sudden change in level created a hazardous situation, and that members of the public would expect the surface to be safe and free of unexpected slopes unless properly warned.
- Respondent
- The defendant argued that the premises were designed and constructed by professionals, had passed municipal inspection, and had operated for years without any reported incidents involving the slope. The defendant asserted that millions of people had used the entrance without incident, and that the slope was clearly visible. The defendant denied any knowledge of a hazardous situation and contended that no legal duty existed to provide warnings under the circumstances.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Administrateur van Transvaal v Van der Merwe [1994] ZASCA 83; 1994 (4) SA 347 (A)
A mere omission by a property controller is not per se wrongful; the test is whether, under the circumstances, reasonable precautions were required to prevent harm.
- 02
Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 (3) SA 1049 (SCA)
It is unreasonable to expect occupiers to maintain a perfectly level surface at all times; the public must exercise care for their own safety.
- 03
Boberg The Law of Delict p.271
Negligence can only be found if a specific legal duty existed and was breached.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the defendant did not owe a legal duty to provide warnings or take further precautions regarding the slope at the entrance. The slope was visible, and the premises had been used by millions without incident. The plaintiff failed to establish that the defendant was aware of any hazardous situation or that reasonable steps were required under the circumstances. The plaintiff did not act as a reasonable person by failing to observe the slope. Applying the objective reasonableness test, the defendant's omission was not wrongful, and no negligence could be attributed. The claim was dismissed with costs.
Obiter and limits
- The fact that a portion of the slope did not meet recommended standards is irrelevant where the deviation is minor and not shown to have caused the incident.
- The absence of prior incidents over many years and millions of visitors is a strong indicator against the existence of a hazardous condition requiring warnings.
- A plaintiff must present sufficient evidence to establish both the existence of a legal duty and its breach; mere occurrence of harm is not enough.
Court disposition
Claim dismissed with costs.
- The plaintiff's claim is dismissed with costs.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr.: 1425/2003
In die saak tussen:
S.G. BREYTENBACH Eiseres
en
PETRO SAVE (EDMS) BEPERK Verweerder
h/a ENGEN QUICK SHOP, COLLEGE
CROSSING,
BLOEMFONTEIN
_________________
CORAM: LOMBARD,
R
AANGEHOOR OP: 28 & 30 APRIL 2004
GELEWER OP: 10 JUNIE 2004
Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000 op die helling in die teëlvloer by die ingang na die Engen Quick Shop, College Crossing, Bloemfontein, gegly en geval het. Met die aanvang van die verhoor het die Hof op versoek van die advokate ân bevel ingevolge die bepalings van Hofreël 33(4) dat slegs die meriete tans beslegting verg, gemaak. As Bewysstuk âAâ is ân verslag van Jan Wilkens Argitek met fotoâs (âJW1â, âJW2â en âJW3â) asook vier fotoâs van die toneel (âA1 â A4â) ingehandig.
Mev. Sophia Gedia Breytenbach het getuig dat sy daardie oggend om ± 7:45 die betrokke winkel op die sypaadjie vanuit ân oostelike rigting genader het â die winkel se ingang is aan die noordekant. Nadat sy verby die pilaar (Bewysstuk âA1â) op die sypaadjie verbygestap het, het sy gegly en geval. Dit het later geblyk dat sy op die helling aan die oostekant van die winkelingang gegly en geval het. Sy het die punt waar sy gegly en geval het met ân âXâ op foto âA3â aangedui. Sy het gewone hoë hakskoene met rubbersole en ân breë hak, (hoogte van ± 5 cm) aangehad. Sy het getuig dat sy die betrokke winkel oor die jare heel dikwels besoek het, sy skat ongeveer 80 tot 100 keer, maar het beklemtoon dat sy dit in die verlede elke keer vanuit ân noordelike rigting, m.a.w. op dieselfde vlak as die ryvlak-area, genader het. Sy het nooit bewustelik die hellings aan weerskante van die ingang opgemerk of waargeneem nie. Alhoewel dit duidelik blyk dat sy op die helling gegly het, het sy nie besef dat daar ân helling was nie. Op ân stelling dat die helling duidelik sigbaar was het sy gereageer âja, as ek op die grond bly kyk hetâ. Of daar ân mat (Bewysstuk âA2â, âA3â en âA4â) voor die ingang van die winkel daardie betrokke oggend was of nie, en of die oppervlakte van die sypaadjie in die onmiddellike omgewing van die ingang aan die oostekant nat was
of nie, kon sy ook nie onthou nie â sy kon egter nie ontken dat die oppervlakte die betrokke oggend droog was en dat daar ân mat voor die ingang van die winkel gelê het nie. Met ander woorde wat sy sê is dat terwyl sy die ingang na die winkel genader het sy nie waargeneem het dat daar ân helling in die sypaadjie was nie â sy gaan verder en getuig dat sy geen helling verwag het nie, want indien sy sou, sy versigtiger te werk sou gegaan het â toe dit aan haar gestel was dat sy minstens ân helling moes verwag het, het sy geantwoord dat sy nooit daaraan gedink het nie.
Namens eiseres het mnr. Jan Wilkens ân argitek van Bloemfontein getuig. Hy het op 16 April 2002 ân inspeksie van die betrokke toneel gedoen en ook fotoâs geneem (Bewysstuk âA â JW1â, âJW2â en âJW3â) en ân plan waarop vier snitte (âAâ, âBâ, âCâ en âDâ) aangedui word, opgestel. Die snitte is met ân nivelleer instrument gemeet en verwerk en daarna met die voorskriftelike Nasionale Bouregulasies, Wet 103 van 1977, Deel D3 en D5 asook Geag-te-voldoen Reëls DD3(b) wat verwys na Deel 3 van seksie 3 van SABS 0400 vergelyk. Deel DD3(b) lees as volg:
âMoet ân oprit of inrypad wat deur voetgangers gebruik word ân helling van hoogstens 1 op 8 hê.â
Laasgenoemde is bloot ân aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde en het nie krag van enige wetgewing nie. ân Helling van 1 op 8 beteken dat die helling na 8 meter vir 1 meter vertikaal styg. Die oostelike helling waarop eiseres gegly en geval het is op ân gegewe stadium 1,4 op 8 wat beteken dat die helling na 8 meter, 40 sentimeter te hoog is â die lengte van die betrokke helling is, volgens hom, ± 850 tot 900 millimeter, d.w.s. die afwyking is minder as 5 sentimeter. Van die vier snitte wat hy geneem het, is twee beter as die aanbevole standaard, een is op standaard en slegs die betrokke een is onder standaard, d.w.s. 1,4 op 8. Die hele sypaadjie insluitende die hellings is met Vitro ongeglassuurde teëls wat allerweë in winkelsentrums gebruik word, geteël â die rede synde dat dit die gly van voetgangers tot ân groot mate beperk.
Die ander twee dames wie ook namens eiseres getuig het se relase neem hierdie aangeleentheid, myns insiens, niks verder nie en verg gevolglik geen verdere aandag nie.
Namens die verweerder het mnr. Philip Piek getuig. Hy is die âeienaarâ van die betrokke perseel waarop, onder andere, die garage en winkel gebou is. Hy het destyds met Engen Petroleum Maatskappy onderhandel en nadat laasgenoemde ingestem het om, onder meer, die winkelkompleks en vulstasie daar op te rig, het hulle hulle eie argitekte, ingenieurs, boukontrakteurs ens. aangestel en na voltooiing van die hele kompleks en nadat ân okkupasiesertifikaat deur die plaaslike owerheid uitgereik is, het hy daarop gedurende 1996 begin sake doen. Hy het aanvaar dat alles veilig en in orde was.
Mnr. Piek se verdere onbetwiste getuienis was dat vanaf Januarie 2003 tot Desember 2003 gemiddeld 36 800 persone per maand in die betrokke winkel aankope gedoen het â ân syfer wat volgens sy navorsing wesenlik dieselfde gedurende die jaar 2000 was. In die ± 8 jaar wat die besigheid bestaan, het daar dus ongeveer 3 miljoen persone in die betrokke winkel aankope gedoen â dit sluit nie brandstofverkope en ook nie persone wat die persoon wat in die winkel gekoop het, vergesel het nie en ook nie die aantal persone wat slegs op die sypaadjie by die winkel verbygeloop het nie. Hy het ook getuig dat die betrokke sypaadjie ten tyde van hierdie voorval droog was â iets wat die eiseres nie kon ontken nie.
Alvorens die meriete oorweeg word, word dit sinvol geag om na sommige bewerings in eiseres se besonderhede van vordering te verwys. Paragrawe 5.1 en 5.2 lees as volg:
â 5.
Verweerder het te alle tye ân regsplig gehad om:
5.1 die perseel en meer bepaald die vloeroppervlakte daarvan, in so ân toestand te hou dat lede van die publiek wat die perseel besoek, nie beseer word nie;
5.2 sodanige voorsorgmaatreëls te tref as wat redelikerwys nodig is om te voorkom dat lede van die publiek beserings opdoen wanneer hulle die voormelde perseel besoek.â
(Pleitstukke p.5 en 6)
In paragrawe 6.1, 6.3 en 6.4 word beweer:
â 6.
Verweerder moes te alle tersaaklike tye redelikerwys voorsien dat:
6.1 lede van die publiek wat die voormelde sentrum besoek beseer kan word as gevolg van die feit dat ân skielike vlakverskil in die vloeroppervlakte voorkom net voor die winkelingang op die betrokke perseel;
6.2 .....
6.3 lede van die publiek wat die voormelde perseel besoek, geregtig is om te aanvaar dat die vloeroppervlakte nie skielike vlakverskille sal bevat nie en/of glad en/of glyerig en derhalwe onveilig sal wees nie, tensy behoorlike waarskuwings-kennisgewings aangebring is;
6.4 die redelike oplettende lid van die publiek wat die perseel besoek, sal waarneem en ervaar dat die vloeroppervlakte daarvan redelik gly-vry en enkelvlakkig is en daardeur ân verwagting geskep word dat die vloeroppervlakte deurgaans veilig is.â
(Pleitstukke p.6 en 7) (My onderstreping)
Tydens die verhoor was dit duidelik dat eiseres in wese daarop steun dat die skielike vlakverskil of helling in die sypaadjie aan die oostekant van die winkelingang tot so ân mate ân gevaarsituasie geskep het dat dit redelikerwys van verweerder verwag was om bevredigende voorsorgmaatreëls te tref dat lede van die publiek nie daarop sal gly en of val en hulle in die proses beseer nie, m.a.w. daar was ân regsplig op die verweerder om byvoorbeeld kennisgewings aan te bring.
Vir soverre dit die skuinste of skielike vlakverskil aangaan moet in gedagte gehou word dat daar geen getuienis is dat die eiseres nou heel toevallig gegly en geval het op daardie gedeelte van die helling wat onder die aanbevole standaard, soos deur Wilkens getuig, is nie â inteendeel, mnr. Daffue, namens eiseres, het toegegee dat - as sy effens links of regs van die âgevaarsoneâ sou gegly en geval het die resultaat in elk geval dieselfde sou wees.
In CAPE TOWN MUNICIPALITY v BAKKERUD 2000 (3) SA 1049 (SCA) op 1060E-F sê Marais, AR die volgende:
âIt is axiomatic that manmade streets and pavements will not always be in the pristine condition in which they were when first constructed, and that it would be well neigh impossible for even the largest and most well funded municipalities to keep them all in that state at all times. A reasonable sense of precaution is called for. The public must be taken to realise that, and to have a care for its own safety when using the roads and pavements .... It would, I think, be going too far to impose a legal duty upon all municipalities to maintain a billiard table like surface upon all pavements, free of any subsidences or other irregularities which might cause an unwary pedestrian to stumble and possibly fall. It will be for a plaintiff to place before the Court in any given case, sufficient evidence to enable it to conclude that a legal duty to repair or to warn should be held to have existed. It will also be for a plaintiff to prove that the failure to repair or to warn was blameworthy (attributable to culpa).â (My onderstreping)
In ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAAL v VAN DER MERWE [1994] ZASCA 83; 1994 (4) SA 347 (AA) sê Olivier, WnAR (soos hy toe was) op 361G-H en 362A die volgende:
âIn die afwesigheid van ân gevaarskeppende positiewe handeling, is blote beheer van eiendom en versuim om dit uit te oefen met gevolglike benadeling van ân ander, dus nie per se onregmatig nie. Die kernvraag is steeds of die voorsorgmaatreëls wat die beheerder volgens die benadeelde moes geneem het om die nadeel te voorkom, onder die omstandighede redelikerwys en uit ân praktiese oogpunt, van hom geverg kan word. Die onderliggende filosofie is dat ân gevolg slegs onregmatig is indien in die lig van al die omstandighede redelikerwys van die verweerder verwag kan word om positief op te tree en die voorgestelde voorsorgmaatreëls, vir die versuim waarvan hy deur die eiser vewyt word, te tref.
Ten einde vas te stel of ân positiewe handeling of late sodanig is dat dit as onregmatig aangemerk kan word, moet gevolglik onder andere die onderskeie belange van die partye, die verhouding waarin hulle tot mekaar staan en die maatskaplike gevolge van die oplegging van aanspreeklikheid in die betrokke soort gevalle, versigtig teen mekaar opgeweeg word. Faktore wat ân belangrike rol speel in die opwegingsproses is, onder andere, die waarskynlike of moontlike omvang van nadeel vir andere; die graad van risiko van intrede van sodanige nadeel; die belange wat die verweerder en die gemeenskap of beide gehad het in die betrokke dadigheid of late; of daar redelik doenlik maatreëls vir die verweerder beskikbaar was om die nadeel te vermy; wat die kanse was dat gemelde maatreëls suksesvol sou weesâ en of die koste verbonde aan die neem van sodanige maatreëls redelikerwys proporsioneel sou wees tot die skade wat die eiser kon lei.â (My onderstreping)
Die vraag is nou of daar voldoende getuienis deur die eiseres aangebied is om aan te toon dat daar ân regsplig op die verweerder was om byvoorbeeld waarskuwingstekens in die onmiddellike omgewing van, onder meer, die oostelike helling aan te bring?
Ten einde hierdie vraag te beantwoord moet as vertrekpunt vasgestel word of daar aangetoon is dat die verweerder (Piek) van die âgevaarsituasieâ op sy perseel bewus was. Sy onbetwiste getuienis is ontkennend.
Die volgende vraag is of daar bevind kan word dat in die lig van al die omstandighede dit redelikerwys van die verweerder verwag kan word om enige voorsorgmaatreëls soos byvoorbeeld kennisgewings te tref.
Ek is nie van voornemens om die getuienis weer te herhaal nie en volstaan met die volgende en dit is dat:
(i) Mnr. Piek die gebouekompleks wat deur Engen ontwerp, opgerig en waarvoor ân okkupasiesertifikaat uitgereik was, in ontvangs geneem en begin sake doen het (gedurende 1996).
(ii) Hy vir ân tydperk van ± 8 jaar (ten tyde van hierdie gebeure was dit ± 4 jaar) ononderbroke op dieselfde perseel sake doen en dat in al die tyd geen enkele insident van ân voetganger(s) wat op die betrokke sypaadjie en in die onmiddellike omgewing van die winkelingang as gevolg van die helling gestruikel en/of geval het, voorgekom het nie â aan hom is geen so iets rapporteer nie en in hierdie verband moet onthou word dat letterlik miljoene persone die betrokke sypaadjie gedurende die gemelde periode gebruik het.
(iii) Dit ex facie die fotoâs Bewysstuk âA2â, âA3â en âA4â duidelik is dat die helling van uit ân oostelike rigting vir ân afstand van ten minste ± 8 meter duidelik sigbaar is in dié sin dat daar ân geleidelike verandering of verlaging van die sypaadjie-oppervlakte voor die ingang van die winkel is, en dat die ingang vanaf die ryvlak, die suidekant, op dieselfde laer vlak is.
(iv) die betrokke helling met die blote oog op ân afstand van meters duidelik sigbaar en op die oog af normaal en veilig is en dat dit ân argitek met ân hoogs gesofistikeerde nivelleer instrument gekos het om vas te stel dat ân gedeelte daarvan nie aan die aanbevole standaard voldoen nie â ân feit wat, soos alreeds aangedui, streng gesproke vir huidige doeleindes irrelevant is.
(v) die eiseres se weergawe in wese daarop neerkom dat sy nie bewustelik gesien of waargeneem het dat daar ân helling voor haar in die sypaadjie was nie en dat sy op die waarskynlikhede die winkelingang genader het asof daar geen helling was nie, m.a.w. sy het versuim om ân behoorlike uitkyk te hou en of sy het nie soos âdie redelike oplettende lid van die publiek wat die perseel besoekâ opgetree nie.
As die beginsels soos, onder meer, in die ADMINISTRATEUR, TRANSVAAL-saak uiteengesit op die onderhawige feite toegepas word, is ek eweneens, met respek, van oordeel
â... dat die objektiewe redelikheidskriterium nie van die appellant (verweerder) verg om die voorgestelde voorsorgmaatreëls (of enige) te getref het nie. Sy late was dus nie onregmatig nie.
Nalatigheid
ân Bevinding dat appellant se late nie onregmatig was, bring mee dat daar geen sprake van nalatigheid kan wees nie. Nie alleen is dit dus ondoenlik om oor moontlike nalatigheid aan die kant van appellant te spekuleer nie, maar dit is trouens juridies onmoontlik. Die nalatigheidsvraag kan naamlik slegs beantwoord word as presies vasstaan welke regsplig op ân verweerder gerus het en dat daardie regsplig verbreek is. (Sien ook Boberg The Law of Delict op 271.) In die lig van die bevinding dat daar geen regsplig op appellant was met betrekking tot voorbrande op die relevante gedeelte van die pad nie, is daar dus geen sprake van ân nalatigheidsprobleem nie.â
(per Olivier, WnAR in die ADMINISTRATEUR, TRANSVAAL-saak op 364F-H).
Die eiseres se vordering word met koste van die hand gewys.
_____
D.J. LOMBARD, R
Namens Eiseres: Adv. J.P. Daffue
i.o.v.
McIntyre & Van der Post
Namens Verweerder: Adv. L. le R. Pohl
Honey Prokureurs
/scd
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.