Buitendach v South Vereeniging Properties (Edms) Bpk (12942/2007) [2012] ZAGPPHC 78 (13 April 2012)
- Citation
- [2012] ZAGPPHC 78
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- B.R. du Plessis
- Case number
- 12942/2007
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- B.R. du Plessis
- Case number
- 12942/2007
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the plaintiff was aware, at the time of making each payment, of the facts that rendered the contract void, namely that he contracted as agent for a trust that did not exist. His lack of awareness of the legal consequences of those facts (i.e., the contract's invalidity) is not relevant for the running of prescription under section 12(3) of the Prescription Act. Accordingly, prescription began to run on the date of each payment. Since summons was served more than three years after the first two payments, the claims for repayment of R400,000 (paid on 3 June 2003) and R100,000 (paid on 17 February 2004) have prescribed. The defendant's special plea of prescription succeeds.
Court disposition
The defendant's special plea of prescription is upheld. The plaintiff's claims for repayment of the amounts paid on 3 June 2003 and 17 February 2004 are extinguished by prescription.
Orders
- The defendant's special plea of prescription in respect of the plaintiff's claims for repayment of R400,000 (paid on 3 June 2003) and R100,000 (paid on 17 February 2004) succeeds.
- The plaintiff is ordered to pay the costs associated with the special plea, including the costs of the hearing thereof.
02
Material facts
Parties
Riaan Buitendach
Plaintiff Counsel: Adv. P.M. Van RyneveldSouth Vereeniging Properties (Edms) Bpk
Defendant Counsel: Adv. L. De Koning SCAmounts and remedies
- Payment on 3 June 2003: ZAR 400,000
- Payment on 17 February 2004: ZAR 100,000
- Payment on 1 June 2004: ZAR 75,000
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Special Plea of Prescription
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the plaintiff's claims for repayment of amounts paid under a void contract have prescribed.
- 02
Whether the plaintiff's knowledge of the legal invalidity of the contract is relevant for the running of prescription under section 12(3) of the Prescription Act.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff contended that prescription did not begin to run until April 2006, when he was advised by his attorney that the contract was void. He argued that, in terms of section 12(3) of the Prescription Act, he was not aware of all material facts giving rise to the debt until he received legal advice regarding the contract's invalidity.
- Respondent
- The defendant argued that the plaintiff's knowledge of the legal invalidity of the contract is irrelevant for the purposes of section 12(3) of the Prescription Act. Prescription commenced on the date each payment was made, as the plaintiff was aware of the facts constituting the debt at that time, regardless of his legal understanding.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 12(3) of the Prescription Act 68 of 1969
Prescription begins to run when the creditor becomes aware of the facts from which the debt arises, not when he becomes aware of the legal consequences of those facts.
- 02
Willis Faber Einthoven (Pty) Ltd v Receiver of Revenue and Another [1991] ZASCA 163; 1992 (4) SA 202 (A)
A party who performs under a void contract must prove that he acted under a mistaken but reasonable belief that the contract was valid to succeed with a condictio indebiti claim.
- 03
Claasen v Bester 2011 JDR 1588 (SCA)
The knowledge that a contract is void is not a fact for the purposes of section 12(3) of the Prescription Act.
- 04
Section 15(1) of the Prescription Act 68 of 1969
Prescription is interrupted by service of summons claiming the debt.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the plaintiff was aware, at the time of making each payment, of the facts that rendered the contract void, namely that he contracted as agent for a trust that did not exist. His lack of awareness of the legal consequences of those facts (i.e., the contract's invalidity) is not relevant for the running of prescription under section 12(3) of the Prescription Act. Accordingly, prescription began to run on the date of each payment. Since summons was served more than three years after the first two payments, the claims for repayment of R400,000 (paid on 3 June 2003) and R100,000 (paid on 17 February 2004) have prescribed. The defendant's special plea of prescription succeeds.
Obiter and limits
- A general statement that the invalidity of a contract can never be a fact for prescription purposes should be applied cautiously; precedent must be interpreted in context.
- There is no principled distinction between mistakes of fact and mistakes of law for purposes of condictio indebiti claims.
Court disposition
The defendant's special plea of prescription is upheld. The plaintiff's claims for repayment of the amounts paid on 3 June 2003 and 17 February 2004 are extinguished by prescription.
- The defendant's special plea of prescription in respect of the plaintiff's claims for repayment of R400,000 (paid on 3 June 2003) and R100,000 (paid on 17 February 2004) succeeds.
- The plaintiff is ordered to pay the costs associated with the special plea, including the costs of the hearing thereof.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
RAPPORTERTEERBAAR
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer: 12942/2007
Datum aangehoor: 07/03/2012
Datum van uitspraak: 13/04/2012
In die saak tussen:
Riaan Buitendach................................................................................................................Eiser
en
South Vereeniging Properties (EDMS) Bpk...............................................................Verweerder
UITSPRAAK
DU PLESSIS:
Hierdie is 'n gestelde saak. Die vraag voor die hof is of die grootste deel van die eiser se eis verjaar het.
Op 2 Junie 2003 het die eiser namens 'n trust wat gestig sou word 'n koopkontrak onderteken waarvolgens die trust 'n plaas en implemente
van die verweerder sou koop. Ter betaling van die koopprys het die eiser op 3 Junie 2003 R400 000, op 17 Februarie 2004 R100 000 en op 1 Junie 2004 R75 000 aan die verweerder betaal.
In April 2006 is die eiser deur sy prokureur geadviseer dat die koopkontrak nietig is. Hy het op grond van die advies aksie ingestel
vir terugbetaling van die geld wat hy ingevolge die kontrak betaal het.
Die saak is in 2009 vir verhoor geplaas en die partye het destyds ooreengekom dat die hof op daardie stadium slegs gevra sou word om te beslis of die koopkontrak inderdaad nietig is. Hierdie hof het beslis dat die kontrak nietig is omdat die eiser nie persoonlik opgetree het nie maar as agent vir 'n nie-bestaande prinsipaal1: die trust het ten tye van die sluiting van die kontrak nie bestaan nie2. Voorts is bevind dat die eiser nie persoonlik aanspreeklik is nie omdat hy nie die bestaan van sy volmag gewaarborg het nie.
Die verweerder pleit dat die eiser se eis vir terugbetaling van die R400 000 wat op 3 Junie 2003 betaal is en van die R100 000 wat op 17 Februarie 2004 betaal is, verjaar het. Ingevolge reel 33(4) van die hooggeregshofreels is dit slegs daardie pleit van verjaring wat nou beslis moet word en dit is vir daardie doel dat die partye 'n gestelde saak opgestel het.
Die toepasiike verjaringstermyn is drie jaar.3 Ingevolge artikel 15(1) van die Verjaringswet word verjaring gestuit deur die betekening van 'n dagvaarding waarvolgens die betrokke skuld opgeeis word. Dagvaarding is op 24 April 2007 op die verweerder beteken. Die geskil tussen die partye is wanneer verjaring ten opsigte van die betalings van 3 Junie 2003 en 17 Februarie 2004 begin loop het.
Volgens artikel 12(1) van die Verjaringswet, 68 van 1969 begin, met sekere uitsonderings, verjaring van 'n skuld loop "sodra die skuld opeisbaar is". Artikel 12(3) bepaal: '"n Skuld word nie geag opeisbaar te wees voordat die skuldeiser... van die feite waaruit die skuld ontstaan, kennis dra nie Luidens die gestelde saak was die eiser, toe hy die koopkontrak geteken het, daarvan bewus dat hy dit namens h trust wat gestig sou word, teken. Hy het ook bedoei om dit in daardie hoedanigheid te teken. Die eiser het dus, so is in die gestelde saak ooreengekom, sedert kontraksluiting kennis gedra van die feite wat die kontrak se nietigheid tot gevolg gehad het. Die eiser was egter, steeds luidens die gestelde saak, nie bewus daarvan dat daardie feite tot gevolg het dat die kontrak nietig is nie. Daarvan het hy eers in April 2006 bewus geword nadat hy met sy prokureur gekonsuiteer het. Van die betalings wat hy gemaak het, was die eiser natuurlik elke keer bewus op die datum waarop hy dit betaal het.
Die eiser voer aan dat hy nie kragtens artikel 12(3) van al die ter saaklike feite bewus was voordat hy nie in April 2006 geadviseer is dat die kontrak nietig is nie. Die verweerder voer aan die kennis dat die kontrak nietig is nie vir doeleindes van artikel 12(3) ter sake is nie. Gevolglik het verjaring ten aansien van elke betaling begin loop op die datum waarop die betaling gemaak is.
Die vraag wat beslis moet word, is dus die volgende: Is die eiser se kennis dat die kontrak regtens nietig is een van die "feite
waaruit die skuld ontstaan" soos bedoei in artikel 12(3) van die Verjaringswet?
In Van Staden v Fourie 1989 (2) SA 200 (A) op 216G het die appelhof uitdruklik geen mening uitgespreek "oor die moontltkheid dat die nietigheid van 'n kontrak in 'n gepaste geval 'n feit vir doeleindes van artike! 12(3) van die Verjaringswet kan wees nie".
In Claasen v Bester 2011 JDR 1588 (SCA)4 het die eiser die koopprys ontvang en grond getransporteer ingevolge 'n nietige koopkontrak5. Hy het aksie ingestel vir 'n verklarende bevel dat die kontrak nietig of vernietigbaar is en hy het, teen terugbetaling van die koopprys, terugtransportering van die grond geeis. Verjaring is geopper en die vraag was of die feit dat die eiser onbewus daarvan was dat die kontrak nietig is, 'n feit is vir doeleindes van artikel 12(3).
In paragrawe 13 tot 16 van die Claasen-saak het die hof bevind dat ander beslissings van die Hoogste Hof van Appel nie die vraag oopgelaat het wat in die Van Staden-saak oopgelaat is nie. Met eerbied het die vraag egter nie in daardie ander beslissings pertinent ter sprake gekom nie: Wat daar ter sprake was, was die vraag of Yi eiser wat van al die feite wat 'n skuldoorsaak uitmaak bewus is, ook bewus moet wees dat daardie feite regtens 'n eis fundeer.6
Hoe dit ook al sy, in paragraaf 16 van die die Claasen-saak is pertinent beslis dat die feit dat die eiser gemeen het die kontrak is afdwingbaar, nie ter sake is vir doeleindes van verjaring nie. Die advokate het hierdie saak benader op die basis dat die Claasen-saak
bindende gesag is vir die stelling dat die nietigheid van 'n kontrak nooit'n feit kan wees vir doeleindes van artikel 12(3) nie. Die uitspraak kan so verstaan word, maar "nooit" is in die konteks van die presedente-leer 'n groot woord. 'n Algemene stelling wat wyer gaan as wat die feite van 'n bepaalde saak vereis, is selde (nie nooit nie) van toepassing op elke denkbare geval wat voor 'n hof kan dien.
Byvoorbeeld, om te slaag met 'n verrykingseis gegrond op die conditctio indebiti moet 'n eiser wat aanvoer dat hy ingevolge 'n nietige kontrak presteer het, bewys dat hy presteer het onder die foutiewe maar redelike indruk, of die verskoonbare indruk, dat die kontrak regtens geldig is. Hy moet ook beweer en bewys dat die kontrak inderdaad regtens nietig is. Met eerbied kan 'n te wye toepassing van die Claasen-saak tot gevolg he dat die reg vereis dat 'n eiser moet bewys dat hy op 'n bepaalde dag onbewus was daarvan dat 'n kontrak nietig is maar dat die reg terselfdertyd aanvaar dat hy op of voor daardie dag geweet het die kontrak is nietig. Verder, die appeihof het reeds bevind dat, vir doeleindes van die condictio indebiti, daar geen beginselverskil tussen feitedwalings en regsdwalings is nie.7 Dit wil dus met respek voorkom asof'n regskonklusie dat die kontrak nietig is soms wel een van die feite kan wees waaruit die skuld
ontstaan. Vir redes wat volg gaan ek nie verder op die vraag in nie en oorweeg ek nie die wisselwerking tussen die Claasen-saak en die gesag vermeld in voetnoot 7 nie. Luidens die ooreengekome feite was die eiser, toe hy betaal het, bewus daarvan dat hy namens h trust gekontrakteer het. Dit volg onomwonde dat, toe hy persoonlik betaal het, hy geweet het hy is nie die geld verskuldig nie. In hierdie saak is die nietigheid al dan nie van die kontrak dus nie as 'n feit ter sake vir doeleindes van verjaring nie. Dit staan vas dat die eiser op datum van betaling geweet het die betaling is onverskuldig al het hy nie geweet die kontrak is nietig nie.
Dit volg dat die verweerder se spesiale pleit van verjaring moet siaag. Die eiser se eis vir terugbetaling van die betalings wat hy op 3 Junie 2003 en op 17 Februarie 2004 gemaak het, is deur verjaring uitgewis.
Ooreenkomstig die partye se gestelde saak word die volgende bevel dus gemaak:
1. Ten aansien van die eiser se eise vir terugbetaling van die bedrag van R400 000 wat op 3 Junie 2003 betaal is en die bedrag van R100 000 wat op 17 Februarie 2004 betaal is, slaag die verweerder se spesiale pleit van verjaring.
2. Die eiser word gelas om die koste verbonde aan die verjaringspleit, insluitende die koste van die verhoor daarvan, te betaal.
B.R. du Plessis Regter van die Hooggeregshof
Namens die eiser: Jasper Van Der Westhuizen & Bodenstein Ing.
Kerkstraat 887 Arcadia Pretoria
Adv.P.M. Van Ryneveld
Namens die Verweerder:Van Zyl Le Roux & Hurler ing.
Eerste Vioer
Monument Office Park, Blok 3 HA/ Steenbokiaan & Elephantstraat Monumentpark Pretoria
Adv. L. De Koning SC
1Die trust wat gestig sou word.
2Dit b!yk nie onomvonde lift die gestelde saak nie, maar dit wil voorkom asof die trust nooit tot stand gekom het nie.
3 Artikel 11(d) van die Verjaringswet.
4(872/10) [2011 ] 197 ZASCA (23 November 2011).
5 Vir redes wat nie nou ter sake is nie, het die reel wat uit Wilken v Kohler 1913 AD 135 blyk, nie ter sprake gekom nie.
6 Vgl. Truter v Deysel [2006] ZASCA 16; 2006 (4) SA 168 (SCA) te paragraaf 20; Minister of Finance v Gore 2007 (1) SA 111 (SCA) te paragraaf 17; Yellow Star Properties v MEC, Department of Planning and Local Government [2009| 3 All SA 475 (SCA) te paragraaf 37.
7Willis Faber Einthoven (Pty) Ltd v Receiver of Revenue and Another [1991] ZASCA 163; 1992 (4) SA 202 (A) op 224B tot C.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.