CNE Cleaning & Clothing Bk h/a Bearing INternational v Lotriet en 'n Ander (2107/2014) [2015] ZANCHC 29 (6 March 2015)
The applicant failed to discharge the onus of proving that the two-year restraint of trade clause applied to the first respondent. The contract stipulated that only managers were subject to a two-year restraint, while normal employees were subject to a one-year restraint. The applicant did not provide any written or...
Source-derived case information.
- Citation
- [2015] ZANCHC 29
- Parties
- Applicant: CNE Cleaning & Clothing BK h/a Bearing International; Respondent: Vanita Lotriet; Respondent: Nimba Tech (Edms) Bpk
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 2107/2014
- Procedural Posture
- Urgent Application / Final Determination of Rule Nisi
- Outcome
- Application dismissed; interim order discharged with costs.
- Judges
- Lacock, R
- Legal Topics
- Restraint of Trade, Employment Contract, Interdict, Burden of Proof
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
CNE Cleaning & Clothing BK h/a Bearing International
Applicant
Vanita Lotriet
Respondent
Nimba Tech (Edms) Bpk
Respondent
Procedural Posture
Urgent Application / Final Determination of Rule Nisi
Legal Issues
- 1 Whether the applicant proved the existence of a two-year restraint of trade agreement with the first respondent.
- 2 Whether the applicant established an enforceable protectable interest justifying the restraint.
Ratio Decidendi
The applicant failed to discharge the onus of proving that the two-year restraint of trade clause applied to the first respondent. The contract stipulated that only managers were subject to a two-year restraint, while normal employees were subject to a one-year restraint. The applicant did not provide any written or oral agreement appointing the first respondent as a manager, nor did it specify the period or terms of such an appointment. The vague allegations that the respondent acted as manager were insufficient to establish the applicability of the two-year restraint. Consequently, the applicant was not entitled to the relief sought, and the interim order was discharged with costs.
Court Disposition
Application dismissed; interim order discharged with costs.
Orders
- The rule nisi is discharged.
- The applicant is ordered to pay the costs of the application.
Full Case Text
Judgment text and source record
80 paragraphs
IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)
Saakno: / Case number:
2107 / 2014
Datum verhoor: / Date heard: 27 / 02 / 2015
Datum beskikbaar: / Date available: 06 / 03 / 2015
In die saak tussen:
CNE CLEANING & CLOTHING BK h/a
BEARING INTERNATIONAL
Applikant
en
VANITA LOTRIET
Eerste Respondent
NIMBA TECH (EDMS) BPK
Tweede Respondent
Coram: Lacock, R
REDES VIR BEVEL
LACOCK, R
[1] Dit wil voorkom asof litigante in hierdie Afdeling deesdae meeding om soveel as moontlik ontersaaklike, onsamehangende en herhalende
beweringe in eedsvarklarings in mosieverrigtinge te vervat, en dan ook nog om die stukke so ver moontlik te belas met ellelange
aanhangsels wat geen ander doel dien as om die gemelde ontersaaklike en nuttelose beweringe, te staaf nie. Hierdie aansoek is ‘n sprekende voorbeeld hiervan.
Die geskilpunte hierin ter sake was bloot of die applikant daarin geslaag het om ‘n twee jaar ooreenkoms vir ‘n handelsbeperking na bewering gesluit met die eerste respondent te bewys, en, indien wel, of hy ‘n afdwingbare beskermde belang bewys het. In plaas daarvan om hulle te beperk tot wat tersaaklik is vir die beregting van hierdie geskilpunte, het die deponente dit goed geag om die litigasie aan te wend vir persoonlike aanvalle, beskuldigings, verdagmakery, en selfs lasterlike beweringe ad nauseum.
Wat verder kommerwekkend is van hierdie praktyk is dat regsverteenwoordigers klaarblyklik toelaat dat hierdie ontersaaklike modderoorlog in eedsverklarings gevoer word. Daar dien ‘n einde hieraan gemaak te word. Die howe is daar om geskilpunte te besleg. Praktisyns moet toesien dat die inhoud van eedsverklarings in aansoekverrigtinge tersaaklik is tot die relevante geskilpunt(e).
Die oë, ore, grysstof en tyd van ‘n Hof is nie bedoel om misbruik te word vir die gerammel van nuttelose kaf nie.
[2] Op 12 Desember 2014 het die applikant ‘n bevel bekom wat as volg lees:
“1. DAT die Respondente opgeroep word om op 27 Februarie 2015 om 09h30 redes aan te voer waarom die volgende bevel nie verleen sal word nie;
1.1 Dat die Eerste Respondent verbied word om vir ‘n tydperk van 2 jaar bereken vanaf 6 Januarie 2014, enige belang of betrokkenheid te hê in enige hoedanigheid hoegenaamd, as trustee, eienaar, aandeelhouer, lid, bestuurder, direkteur, adviseur, konsultant, vennoot, werknemer, finansier of agent in of vir enige persoon, firma, groep, vennootskap, assosiasie of maatskappy hoegenaamd, wat direk of indirek kompeteer met die besigheid van die Applikant en/of ‘n soortgelyke besigheid aan die van die Applikant bedryf binne ‘n radius van 250 kilometer vanaf Upington;
1.2 Dat die Eerste Respondent verbied word om enigsins konfidensiële inligting van die Applikant en meer spesifiek enige inligting
aangaande die Applikant se kliënte, verskaffers, besigheidspraktyke, voorraadinligting, produkte en hul aanwending en pryslyste, aan enige ander persoon of instansie bekend maak nie.
1.3 Dat die Eerste Respondent die koste van hierdie aansoek betaal, en indien die Tweede Respondent die aansoek sou opponeer, dat die Tweede Respondent dan en in daardie geval die koste van hierdie aansoek tesame met die Eerste Respondent betaal, gesamentlik en afsonderlik, die een betaal die ander kwytgeskeld word;
[2] DAT paragrawe 1.1 tot 1.2 van hierdie aansoek sal geld as ‘n tussentydse interdik met onmiddellike werking hangende die finale beregting van hierdie aansoek;
[3] DAT tussentydse bevel hierin op die Respondente beteken word op enige wyse toegelaat in terme van die Eenvormige Hofreëls.”
[3] Na aanhoor van argumente het ek die bevel nisi opgehef met koste. Hier volg my vernaamste redes vir die bevel aldus gemaak.
[4] Vir die regshulp versoek het die applikant primêr gesteun op ‘n skriftelike dienskontrak gesluit met die eerste respondent op 1 September 2011. Die tersaaklike terme vir doeleindes van hierdie geding lees as volg:
“WERKSBESKRYWING EN WERKSVERPLIGTING
Die werknemer is aangestel as Eksterne Verkoopsverteenwoordiger (Bemarker) en meer spesifiek vir die volgende take:
·
Die verbetering van die verkope vlak en die ontwikkeling van ‘n bewustheid van CNE CLEANING & CLOTHING (H/A BEARINGS INTERNATIONAL) en sy produkte.
·
Die bereiking van maksimum brutowins op alle verkope.
·
Hulpverlening met toonbankverkope. (As in kantoor).
·
Werk binne die strukturele verkope- en bemarkingsplan ten einde brutowins en persoonlike doeltreffendheid te maksimaliseer.
·
Beskikbaarheid met hulpverlening in alle binnehuis en buitelug reklame aktiwiteite.
·
Hulpverlening met voorraadopname.
·
Die handhawing van die hoogste vlak van kliëntediens en besigheidsetiek.
·
Die nakoming van die maatskappy se kleredragkode.
·
Die bywoning en deelname aan die maatskappy se verkope- en kliëntesorg opleiding.
Die omvang van hierdie werksraamwerk sal van tyd tot tyd deur middel van wedersydse ooreenkoms aangepas word soos die uitbreiding van die werk plaasvind.
...
HANDELSVRYHEIDBEPERKING
Die werknemer onderneem dat hy/sy nie gesamentlik of afsonderlik of saam met enige ander persoon vir ‘n periode van 1 (een) jaar vir normale werknemers of 2 (twee) jaar vir bestuurders (hierna verwys as die handelsvryheidbeperkingstydperk), vanaf die effektiewe diensbeëindigingsdatum gedurende enige stadium van die handelsvryheidbeperkingstydperk, enige belang of betrokkenheid sal hê in enige hoedanigheid hoegenaamd, insluitend, maar sonder beperking van die veralgemening van bogenoemde, as trustee, eienaar, aandeelhouer, lid, bestuurder, direkteur, adviseur, konsultant, vennoot, werknemer, finansier of agent in of vir enige persoon wat direkte of indirekte verbintenisse, betrokkenheid of belange het in enige kompeterende aktiweite met die Werkgewer se besigheid in ‘n 250 kilometer radius om Upington nie.
Die werknemer erken en stem toe dat die beperking wat hiermee op hom/haar geplaas word in terme van hierdie ooreenkoms, redelik is met betrekking tot die besigheid, periode en gebiedsbeperking en is dit niks meer as ‘n redelike noodsaaklike vereiste deur die Werkgewer ten einde die behoud van klandisiewaarde en die normale besigheidsbelange met betrekking tot die besigheidsfeer nie. Die werknemer erken uitdruklik dat die werkgewer die handelsvryheidbeperking aan hom/haar verduidelik het en dat hy/sy die inhoud en gevolge daarvan begryp.”
[5] Dit is gemeensaak dat die eerste respondent die diens van die applikant verlaat het op 10 Januarie 2014. Daarna het die
eerste respondent op 2 Junie 2014 in diens getree van die tweede respondent as bestuurder. Dit is verder gemeensaak dat die
eerste respondent beskryf kan word as ‘n kundige bemarker van onder andere laers en aanverwante produkte, en dat sy ná haar indienstreding by die applikant met hierdie kundigheid ‘n handelsbeen vir die applikant opgebou het in die bemarking van laers (en waarin die applikant nie voorheen gehandel het nie).
Dit is verder gemeensaak dat die eerste respondent intussen betrokke geraak het as bestuurder van die tweede respondent in ‘n
“kompeterende aktiwiteit” as dit waarin die applikant handeldryf, naamlik die handel in laers. Dit is laastens
gemeensaak dat die besighede van die applikant asook die tweede respondent in Upington bedryf word.
[6] Adv. Van Tonder het, tereg so na my mening, toegegee dat die aansoek alleen kon slaag indien die applikant bewys dat ‘n twee jaar beperking soos vermeld in die dienskontrak (hierbo aangehaal in paragraaf 4) op die eerste respondent van toepassing was. Na my mening het die applikant skromelik gefaal om hom van hierdie bewyslas te kwyt.
[7] Duidelik is die twee jaar beperking slegs toepaslik op ‘n persoon wat as bestuurder in diens van die applikant aangestel is. Hieroor is die partye dit eens met mekaar.
7.1 Ten tye van die sluiting van die dienskontrak was die eerste respondent ‘n “normale werknemer”. As sulks was slegs ‘n handelsbeperking van een jaar op haar van toepassing. Ook dit is nie in geskil nie.
7.2 Die applikant steun nie op enige skriftelike ooreenkoms of aanstelling waarkragtens die eerste respondent as bestuurder aangestel is nie.
7.3 Eweneens steun die applikant ook nie op enige uitdruklike mondelinge ooreenkoms waarkragtens die eerste respondent as bestuurder aangestel is nie.
7.4 Die verste wat die applikant dit kon voer was om te beweer dat “ten tye van haar bedanking (sy) opgetree het as bestuurder van die applikant.”; en “het die Eerste Respondent opgetreë as die bestuurder van die Applikant.”
Hierdie beweringe is so vaag dat daar geensins daarvan afgelei kan word dat die eerste respondent as bestuurder aangestel was nie. Geen datum word vermeld waarop die eerste respondent dan as sulks aangestel sou gewees het, of vir welke tydperk sy as sulks aangestel
was nie. Uit korrespondensie aangeheg tot die stukke saamgelees met die opponerende eedsverklaring wil dit eerder voorkom asof die eerste respondent haar, sonder dat sy as sulks aangestel was, voorgehou het as bestuurder van die applikant op versoek van die besturende lid daarvan bloot vir besigheidsredes.
7.5 Laastens is daar geen bewering waaruit selfs afgelei kan word dat, met enige moontlike aanstelling van die eerste respondent as bestuurder, ooreengekom is dat die twee jaar handelsbeperking op die eerste respondent toepaslik sou wees nie.
[8] Uit hoofde van hierdie bevinding ag ek dit nie nodig om te handel met die verdere geskilpunt naamlik of die applikant ‘n afdwingbare beskermbare belang bewys het nie. Adv. Van Tonder het dan ook toegegee dat, indien bevind sou word dat die applikant nie bewys het dat die twee jaar beperking van toepassing was op die eerste respondent nie, dit ‘n einde sou maak aan die regshulp versoek.
_________________
HJ LACOCK
REGTER
Vir die Applikant: Adv. Van Tonder (iov Engelsman, Magabane Ing.)
Vir die Eerste Respondent: Adv. J.G. van Niekerk SC (iov Duncan & Rothman