Coetzee v S (A206/2014) [2015] ZAGPPHC 45 (30 January 2015)
- Citation
- [2015] ZAGPPHC 45
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- N Janse van Nieuwenhuizen, T.P. Mudau
- Case number
- A206/2014
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- N Janse van Nieuwenhuizen, T.P. Mudau
- Case number
- A206/2014
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The appellate court found that the trial court correctly identified substantial and compelling circumstances justifying a departure from the statutory minimum sentence. However, the appellant's conduct involved unauthorised use of trust funds over an extended period, including instances not motivated by external pressure or threats. The court held that the seriousness and duration of the offence, as well as the interests of the community, outweighed the mitigating factors. Correctional supervision was not appropriate, and the sentence imposed by the trial court was not shockingly inappropriate nor did it warrant interference on appeal.
Court disposition
Appeal dismissed; sentence of 8 years' imprisonment confirmed.
Orders
- The appeal is dismissed.
02
Material facts
Parties
Sara Johanna (Sarie) Coetzee
Appellant Counsel: Joubert SCThe State
Respondent Counsel: SmithAmounts and remedies
- Amount Stolen From Trust Account: ZAR 7,233,372.21
- Amount Paid to Jacobs (principal): ZAR 5,000,000
- Interest Paid to Jacobs: ZAR 797,934.99
- Other Unauthorised Payments: ZAR 562,754.26
- Sentence (years Imprisonment): 8
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the sentence of 8 years' imprisonment imposed by the trial court was shockingly inappropriate given the appellant's personal circumstances.
- 02
Whether the trial court erred by not imposing correctional supervision under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act.
- 03
Whether there were substantial and compelling circumstances justifying a lesser sentence than the statutory minimum.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that her personal circumstances and the specific context in which the offence was committed rendered the sentence of 8 years' imprisonment shockingly inappropriate. She contended that the trial court failed to consider correctional supervision as an alternative, given the mitigating factors, including the pressure and threats she faced from Jacobs and her previously unblemished record.
- Respondent
- The State, represented by Smith, argued that the appellant had previously made unauthorised payments from the trust account without any pressure or threats, and that her criminal conduct spanned over two years and five months. The State maintained that the seriousness of the offence and the interests of the community justified the custodial sentence, and that correctional supervision was not warranted.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Pieters 1987 (3) SA 717 (A) at 727 F-H
Sentencing is primarily within the discretion of the trial court, and an appellate court may only interfere if the discretion was not exercised properly or reasonably.
- 02
Criminal Law Amendment Act 105 of 1997
Section 51(2)(a) of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997 prescribes a minimum sentence of 15 years' imprisonment for certain offences unless substantial and compelling circumstances exist.
- 03
Criminal Procedure Act 51 of 1977
Correctional supervision may be imposed under section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act if justified by the circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The appellate court found that the trial court correctly identified substantial and compelling circumstances justifying a departure from the statutory minimum sentence. However, the appellant's conduct involved unauthorised use of trust funds over an extended period, including instances not motivated by external pressure or threats. The court held that the seriousness and duration of the offence, as well as the interests of the community, outweighed the mitigating factors. Correctional supervision was not appropriate, and the sentence imposed by the trial court was not shockingly inappropriate nor did it warrant interference on appeal.
Obiter and limits
- The appellant's personal circumstances, while significant, do not in themselves justify a non-custodial sentence in the context of serious trust theft.
- The threats and pressure from Jacobs were relevant but did not account for all unauthorised withdrawals from the trust account.
- The interests of the legal profession and public trust in attorneys require that serious breaches of fiduciary duty be met with appropriate custodial sentences.
Court disposition
Appeal dismissed; sentence of 8 years' imprisonment confirmed.
- The appeal is dismissed.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF, PRETORIA)
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
CASE NUMBER: A206/2014
DATE: 30 JANUARY 2015
NOT
REPORTABLE
In die saak tussen:
SARA JOHANNA (SARIE) COETZEE..............................................................Appellant
en
DIE STAAT........................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
JANSE
VAN NIEUWENHUIZEN R
[1] Die appellant, ‘n 60 jarige voormalige prokureur, het skuldig gepleit op ‘n klag van diefstal van R 7 233 372, 21. Voomelde bedrag verteenwoordig die trust tekort op die trust rekening van die prokureurs firma SJ Coetzee, waarvan die appellant die enigste prokureur was. Die firma het ‘n aktes praktyk bedryf.
[2] Die appellant is skuldig bevind en gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf.
[3] Die appellant kom nou in hoër beroep teen die vonnis opgelê deur die hof a quo.
STRAFWYSIGINGSWET, WET 105 VAN 1997 (“die Wet”):
[4] Die misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is val binne die kader van artikel 51(2)(a) van die Wet en bepaal dat ‘n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vir die misdry opgelê moet word.
[5] Die hof a quo het, myns insiens tereg, bevind dat wesenlike en dwingende omstandighede, soos omskryf in artikel 51(3)(a) van die Wet, teenwoordig is en het derhalwe ‘n mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum opgelê.
[6] Beide partye is dit eens dat bovermelde bevinding van die hof a quo korrek is.
GRONDE VAN APPEL.
[7] Die appellant voer aan dat, gegewe haar persoonlike omstandighede en meer spesifiek die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is, die vonnis van 8 jaar gevangenisstraf skokkend onvanpas is en dat die hof a quo fouteer het deur nie korrektiewe toesig, in terme van artikel 276(1 )(h) van die Strafproseswet, 51 van 1977, op te lê nie.
[8] Ek moet uit die staan spoor meld dat die appellant se persoonlike omstandighede, opsigself beskou, wel so ‘n vonnis regverdig.
GRONDE
VIR INMENGING
[9] Die oplegging van vonnis val by uitstek in die diskresie van die verhoorhof en ‘n hof van appel mag slegs in bepaalde
omstandighede met gemelde diskresie inmeng.
[10] Die gronde vir inmenging in ‘n vonnis opgelê deur die hof a quo, is geyk en is as volg in die wel bekende saak van S v Pieters 1987 (3) SA 717 A op 727 F - H, opgesom:
“ Met betrekking tot appelle teen vonnis in die algemeen is daar herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die Verhoorregter. Juis omdatdit so is, kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die vonnis van ‘n Verhoorregter verander, tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan hom toe vertrou is nie op ‘n behoorlike of redelike wyse uitgeoefen het nié. ”
[11] Aldus Botha AR in S v Pieters, supra, is die enigste vraag wat beantwoord moet word, die vraag of die hof a quo “.rederlikerwyse die vonnis kon opgelê het wat hy wel opgelê het. ”
FEITE
[12] Die appellant se persoonlike omstandighede is volledig in die uitspraak van die hof a quo vervat en dien dit geen doel om dit hierin te herhaal nie.
[13] Mnr Joubert SC, het gedurende argument, veral die omstandighede waaronder die appellant die misdryf gepleeg het, beklemtoon. Aldus mnr Joubert SC is die omstandighede van so ‘n aard dat die blaamwaardigheid van die appellant onderskeibaar is van ander soortgelyke oortreders. Die opgelegde vonnis is hoofsaaklik om voormelde rede onredelik.
[14] Dit is derhalwe van belang om die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is van naderby te beskou. Die appellant, ‘n senior prokureur, het vanaf 1988 haar eie praktyk bedryf. ‘n Sekere mnr Goldblatt, ‘n groot eiendomsontwikkellaar, was die appellant se belangrikste kliënt en haar grootste bron van inkomste. Die appellant het sedert 1991 al Goldblatt se aktes werk gedoeri en het hom oor die jare leer ken as ‘n betroubare persoon wat sy beloftes nakom.
[15] Gedurende die begin van 2008, het Goldblatt kontantvloei probleme ervaar en het hy, deur bemiddeling van die appellant, ‘n bedrag van R 5 miljoen van ‘n sekere mnr Jacobs geleen.
[16] Jacobs se vader en broer was kliënte van die appellant en het Jacobs hoofsaaklik die geld aan Goldblatt geleen omdat hy die appellant, ‘n gesiene prokureur, vertrou het. Die appellant het aan Jacobs die versekering gegee dat sekere eiendomstransaksies van mnr Goldblatt binnekort sou registreer en dat die fondse om die lening te vereffen, derhalwe beskikbaar sou wees.
[17] In terme van ‘n skriftelik ooreenkoms aangegaan tussen Jacobs en Goldblatt, sou die bedrag van R 5 miljoen tesame met rente op 2 Mei 2008 terug betaal word.
[18] Nieteenstaande verskeie desperate pogings deur die appellant, het Goldblatt versuim om die geld terug te betaal en het hy bloot gemeld dat hy nie oor die nodige fonde beskik nie. Jacobs was nie tevrede met die situasie nie en het toenemend al hoe meer druk op die appellant geplaas om die geld te betaal.
[19] Jacobs het die appellant ook begin dreig en in die appellant se eie woorde het die dreigemente uit die volgende bestaan:
“HOF: Watse dreigemente? — Dat hy my sal vemeder en blootstel in die omgewing, Edelagbare, waar ek om (sic) daardie stadium al in die 20 jaar gepraktiseer het as prokureur.
MNR JOUBERT: Wat het hy oor u kinders gesê?
HOF: Net so ‘n oomblik. So Jacobs het gedreig om wat te doen? —
Om vir my te vemeder, bloot te stel as ‘n person wat nie my woord hou nie in die gemeenskap waarek toe al 24 jaar praktiseer as ‘n prokureur.
Ja? — Ek en my gesin is baie betrokke by die Laerskool en die Hoërskool in Garsfontein en by die kerk, Edelagbare. Die mense het ons goed geken daar.”
[20] Jacobs het op ‘n stadium klaarblyklik gedreig om die appeliant se kinders ook teverneder.
[21] Ek moet op hierdie stadium meld dat die beloofde transaksies, weens geen fout aan die kant van die appellant, nie gerealiseer het nie.
[22] In reaksie op hierdie dreigemente het die appellant op 9 Julie 2008 die bedrag van R 5 miljoen uit haar trustrekening aan Jacobs
oorbetaal. Rente in ‘n totale bedrag van R 797 934, 99 is ook oor die tydperk September 2008 tot Mei 2009 aan Jacobs uit die appellant se trustrekening betaal
[23] Mnr Joubert SC voer aan dat voormelde omstandighede tesame met die appellant se persoonlike omstandighede en selfs met inagneming van die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap, korrektiewe toesig regverdig.
[24] Daarteenoor het mnr Smit, advokaat namens die Staat, daarop gewys dat die appellant op verskeie vorige geleenthede ook betalings namens Goldblatt uit haar trustrekening gemaak het. Die totale bedrag beloop R 562 754, 26 en die betalings het vanaf Januarie 2007 tot Julie 2008 geskied.
[25] Die appellant het geen verduideliking vir hierdie betalings verskaf nie. Die grootste gedeelte van hierdie geld, te wete R 476 269. 54, is voor Jacobs se dreigement in Mei 2008 deur die appellant onregmatig uit die trustrekening geneem.
[26] Voormelde dui op die volgende:
i) die appellant het voorheen, sonder enige druk of dreigmente van Jacobs, trustgeld onrematig aangewend;
ii) gemelde bedrag van R 563 754, 26, val opsigself binne die kader van ‘n 15 jaar voorgeskrewe minimum vonnis;
iii) die appellant se misdadige optrede het gestrek oor ‘n tydperk van 2 jaar en 5 maande.
[27] Voormelde inaggenome tesame met die feit dat die appellant R 5 797 934, 99 uit haar trustrekening geneem het om haar goeie naam te red, regverdig myns insiens nie ‘n vonnis van korrektiewe toesig nie.
BEVEL
In die vooropstelling stel ek die volgende bevel voor:
Die appel word van die hand gewys.
N
JANSE VAN NIEUWENHUIZEN
REGTER VAN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
GAUTENG AFDELING, PRETORIA
Ek stem saam.
T.P.MUDAU
WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
ADVOKAAT
VIR DIE APPELLANTE
ADVOKAAT
JOUBERT SC
ADVOKAAT
VIR DIE STAAT
ADVOKAAT
SMITH
DATUM VAN DIE VERHOOR: 27 Januarie 2015
DATUM VAN UITSPRAAK: 30 Januarie 2015
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.