Coloubrite Skilders en Binnehuis Versierders (Edms) Bpk v Trust and Others (609/1987) [1989] ZASCA 21 (23 March 1989)
The court held that the appellant failed to provide sufficient evidence of a common mistake in the sale and transfer of the property. The documentation indicated that the contract between the appellant and Viltra was entered into after the cancellation of the contract with Viljoen, at a lower purchase price, and...
Source-derived case information.
- Citation
- [1989] ZASCA 21
- Parties
- Appellant: Coloubrite Skilders en Binnehuis Versierders (Edms) Bpk; Respondent: Theo Rood Trust; Respondent: George Alfred Roper; Respondent: Jacob Johannes-Prinsloo; Respondent: Viltra (Edms) Bpk; Respondent: Die Registrateur van Aktes, Pretoria; Respondent: Willem Jacobus Jordaan; Respondent: Grandell du Toit
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 609/1987
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Dismissal of Application in the Transvaal Provincial Division
- Outcome
- Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.
- Judges
- Botha, Van Heerden, Milne, Eksteen, Grosskopf
- Legal Topics
- Transfer of Land, Rectification of Title, Common Mistake, Registration of Property, Ownership Dispute
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Coloubrite Skilders en Binnehuis Versierders (Edms) Bpk
Appellant
Theo Rood Trust
Respondent
George Alfred Roper
Respondent
Jacob Johannes-Prinsloo
Respondent
Viltra (Edms) Bpk
Respondent
Die Registrateur van Aktes, Pretoria
Respondent
Willem Jacobus Jordaan
Respondent
Grandell du Toit
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Dismissal of Application in the Transvaal Provincial Division
Legal Issues
- 1 Whether a common mistake occurred in the sale and transfer of the property known as the 'ou restant'.
- 2 Whether the appellant is entitled to rectification of the property registration to exclude portion 7.
- 3 Whether ownership of portion 7 ever passed to the purchasers of the 'ou restant'.
Ratio Decidendi
The court held that the appellant failed to provide sufficient evidence of a common mistake in the sale and transfer of the property. The documentation indicated that the contract between the appellant and Viltra was entered into after the cancellation of the contract with Viljoen, at a lower purchase price, and there was no evidence regarding Viltra's intention to purchase only the 'new restant'. The appellant's assertion that Viltra intended to buy only the 'new restant' was unsupported by facts, and there was no indication of who acted on behalf of Viltra or whether Viljoen was involved at the relevant time. The absence of evidence regarding Viltra's subjective intention and the lack...
Court Disposition
Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.
Orders
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
Full Case Text
Judgment text and source record
21 paragraphs
LL Saak No 609/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
COLOURBRITE SKILDERS EN BINNESHUIS VERSIERDERS (EDMS) BPK " Appellant
en
THEO ROOD TRUST Eerste RespondentGEORGE ALFRED ROPER Tweede RespondentJACOB JOHANNES-PRINSLOO Derde RespondentVILTRA (EDMS) BPK Vierde RespondentDIE REGISTRATEUR VAN AKTES, PRETORIA Vyfde RespondentWILLEM JACOBUS JORDAAN Sesde RespondentGRANDELL DU TOIT Sewende Respondent
CORAM: BOTHA, VAN HEERDEN, MILNE, EKSTEEN
ARR et F.H. GROSSKOPF Wn ARVERHOORDATUM: 9 MAART 1989 LEWERINGSDATUM: 23 MAART 1989
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR:
2.
Die appellant het in 1979 die geregistreerde eienaar geword van gedeelte 1 van erf 7 (kortweg die erf genoem) in die dorpsgebied van Vanderbijlpark. Kort daarna het hy by wyse van onderverdeling gedeeltes 2, 3, 4, 5, 6 en 8 van die erf aan verskeie kopers ver-koop en getransporteer. 'n Verdeling van die toe oor-blywende gedeelte van die erf ("die ou restant") was vantevore reeds deur die Landmeter-Generaal goedgekeur. Dit was verdeel in gedeelte 7 en wat ek "die nuwe restant" sal noem.
Op 6 Mei 1980 het ene Viljoen kragtens 'n
skriftelike kontrak "die resterende gedeelte" van die erf van die appellant gekoop. Die appellant beweer dat hy inderdaad bedoel het om die nuwe restant te verkoop. Hierna is die ou restant egter in die naam van 'n maatskappy, die vierde respondent ("Viltra"), getransporteer. Later het Viltra die ou restant getransporteer aan die tweede en derde respondente gesamentlik.
3.
Inmiddels het die appellant gedeelte 7 aan . die sewende respondent verkoop. Laasgenoemde het dit verkoop aan die sesde respondent. Hy het dit op sy beurt weer aan die eerste respondent verkoop. Trans-port.kon egter nie gegee word nie omdat die ou restant, sover dit die akteskantoor betref het, bedoelde gedeel-te ingesluit het, en die ou restant geregistreer was in die naam van die tweede en derde respondente.Die appellant het toe 'n aansoek in die Trans-vaalse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. Dit was in wese daarop gerig om die registrasies van die trans-porte van die ou restant te verbeter sodat dit gedeelte 7 sou uitsluit. Die aansoek is deur die tweede en derde respondente bestry en is met koste afgewys. Met die nodige verlof is die onderhawige appè teen daardie bevel gerig.In hierdie hof is in omvangryke betoogshoofde namens die appellante twee argumente uiteengesit; eerstens dat eiendomsreg van gedeelte 7 nooit op enige4. van die kopers van die ou restant oorgegaan het nie of, alternatiewelik, dat die kennisleer toepassing vind en dat die appellant op grond daarvan transport van gedeelte 7 kan vorder. Uit die staanspoor is dit egter duidelik dat nie een van dié argumente oorweging verg nie tensy dit blyk dat 'n gemeenskaplike fout begaan is toe die ou restant aan Viltra verkoop en getrahsporteer is. Mnr Schwartzman, wat namens die appellant in hierdie Hof opgetree het, kon nie anders as om dit toe te gee nie, maar hy het aangevoer dat bedoelde feit, ten spyte van die karige gegewens in die stukke, tog daaruit afgelei kan word. Dié betoog is om die volgende redes onaanvaarbaar.Ek het reeds verwys na die oorspronklike ver-koping aan Viljoen. Volgens daardie koopkontrak is "die resterende gedeelte" van die erf verkoop vir R28 500. Ten gunste van die appellant veronderstel ek egter dat dit die kontrakspartye se gemeenskaplike bedoeling was om die nuwe restant te verkoop, d w s die5. ou restant minus gedeelte 7. Transport is egter nie aan Viljoen gegee nie, maar wel aan Viltra. Uit die transportakte waarkragtens die ou restant deur die appellant aan Viltra oorgedra is, blyk dit dat die oor-drag geskied het uit hoofde van 'n koopkontrak wat deur die appellant en Viltra aangegaan is op 6 Augustus 1980 en waarvolgens die ou restant aan Viltra verkoop is vir R18 500. Hieruit volg dat die koopkontrak tussen die appellant en Viljoen gekanselleer moes gewees het en dat die appellant en Viltra daarna 'n nuwe koopkontrak ten opsigte van die ou restant moes aangegaan het. Daardie kontrak was nie by enige van die beëdigde verklarings aangeheg nie. Wat wel blyk, is dat die koopkontrak aangegaan is sowat 3 maande nadat die grond aan Viljoen verkoop was en teen 'n heelwat laer koopprys as wat laasgenoemde sou moes betaal het.Uit bogenoemde voorvereiste vir die oorweging van die argumente volg ook dat Viltra subjektief moes beoog het om slegs die nuwe restant te koop en6. transport daarvan te verkry. Geen woord oor Viltra se bedoeling verskyn in die stukke nie, behalwe 'n blote konklusie van die appellant dat bogenoemde inderdaad Viltra se bedoeling was. Waarop hierdie konklusie berus, is totaal duister. Veral word nie gesê wie namens Viltra opgetree het toe die koopkontrak aangegaan is nie.Die enigste ander aspek waarop namens die appellant peil getrek is, is dat Viljoen - wat geweet het dat die appellant slegs die nuwe restant wou ver-koop - 'n direkteur van Viltra was. Dit was egter die posisie voordat die koopkontrak met Viltra aangegaan is en toe Viljoen nog in eie naam onderhandel het. Of hy op die kritieke latere stadium nog direkteur was, en, indien wel, of Viltra meerdere direkteure gehad het, weet 'n mens nie. Ewemin weet 'n mens of Viljoen die persoon was wat die koopkontrak tussen die appellant en Viltra namens laasgenoemde onderteken het. Daar kan ook geen afleiding gemaak word uit die feit dat Viltra7. nie die aansoek bestry het nie, ondermeer omdat geen resgshulp teen Viltra aangevra is nie. Gevolglik is nie bewys nie dat Viltra beoog het om slegs die nuwe restant aan te koop.Die appèl word met koste afgewys, insluitende die koste van twee advokate.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
BOTHA AR
MILNE AR
STEM SAAM EKSTEEN AR
GROSSKOPF Wn AR