Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Combrink en Saltcom Commodity Traders en ander (A130/2015) [2015] ZAFSHC 249 (10 December 2015)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the suretyship clause was clearly and prominently set out in the credit application, with explicit references to 'DEED OF SURETY' and repeated questions regarding the signatory's understanding of the clause. The appellant had the opportunity to read the document and was a reasonable business person, being the sole member of Mardico and involved in its operations. The evidence showed that the appellant's husband was informed of the need for a suretyship, and the appellant did not call him to dispute this. The description of the creditor in the suretyship clause was sufficient and matched the respondent's identity. The appellant failed to discharge the burden of proving that she was unaware of the clause or misled by the respondent. The court distinguished the facts from Brink v Humphries & Jewell, finding that the appellant's circumstances and conduct indicated awareness and acceptance of the suretyship. Accordingly, the appeal was dismissed.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Anna Maria Combrink

Appellant Counsel: B. J. Mills

Saltcom Commodity Traders

Respondent Counsel: D.R. du Toit

Amounts and remedies

  • Principal Debt Owed by Mardico at Time of Signing: ZAR 800,000
  • Total Amount Ordered to Be Paid by Appellant: ZAR 1,127,237.48
  • Interest Rate Per Annum: ZAR 15.5

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that she was unaware of the suretyship clause when signing the credit application and that she was misled by the respondent regarding its inclusion. She further contended that the description of the creditor in the suretyship clause did not comply with section 6 of the General Law Amendment Act 50 of 1956, rendering the suretyship invalid. She relied on iustus error, claiming her mistake was reasonable given her lack of business experience and the format of the document.
Respondent
The respondent maintained that the appellant knowingly signed the credit application containing a clear and prominent suretyship clause. The respondent's witnesses testified that the appellant's husband was informed of the need for a suretyship and that the appellant had the opportunity to read the document. The respondent argued that the creditor was properly described and that the appellant, as the sole member of Mardico, was a reasonable business person expected to review such documents. The respondent denied any misrepresentation or concealment.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Sonap Petroleum (SA)(Pty)Ltd v Pappadogianis [1992] ZASCA 56; 1992 (3) SA 234 (A)

    The test for iustus error requires determining whether the party's actual intention differed from the expressed intention, whether there was a misrepresentation, who made it, and whether the other party was misled, both actually and reasonably.

  2. 02

    Stiff v Q Data Distribution (Pty) Ltd 2003 (2) SA 336 (SCA)

    The burden of proof rests on the party alleging unawareness of the suretyship clause to demonstrate such lack of knowledge.

  3. 03

    Brink v Humphries & Jewell (Pty) Ltd 2005 (2) SA 419 (SCA)

    The factual matrix and surrounding circumstances must be considered in determining whether a party was misled or unaware of a contractual term.

  4. 04

    Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd v Willem Malan du Toit 2011 (4) SA 72 (SCA)

    A reasonable business person is expected to review and understand documents signed in the ordinary course of business, especially where suretyship is common.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the suretyship clause was clearly and prominently set out in the credit application, with explicit references to 'DEED OF SURETY' and repeated questions regarding the signatory's understanding of the clause. The appellant had the opportunity to read the document and was a reasonable business person, being the sole member of Mardico and involved in its operations. The evidence showed that the appellant's husband was informed of the need for a suretyship, and the appellant did not call him to dispute this. The description of the creditor in the suretyship clause was sufficient and matched the respondent's identity. The appellant failed to discharge the burden of proving that she was unaware of the clause or misled by the respondent. The court distinguished the facts from Brink v Humphries & Jewell, finding that the appellant's circumstances and conduct indicated awareness and acceptance of the suretyship. Accordingly, the appeal was dismissed.

Obiter and limits

  • It would be preferable for credit providers to indicate in the document's heading that the signatory is binding themselves as surety and to require the signatory to sign in their capacity as surety, but this is not decisive in this case.
  • The appellant's attempt to distance herself from knowledge of Mardico's affairs is not credible given her active involvement and business acumen.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2015] ZAFSHC 249

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN

Saaknr: A130/2015

In die saak tussen:-

ANNA

MARIA COMBRINK

Appellant

en

SALTCOM

COMMODITY

TRADERS

Respondent

A DIVISION OF

PREMIUM BRAND

DISTRIBUTORS (PTY)

LTD

CORAM:

J.P. DAFFUE, R et C. REINDERS, WnR

AANGEHOOR OP: 9 NOVEMBER 2015

UITSPRAAK DEUR: C. REINDERS, WnR

GELEWER OP: 10 DESEMBER 2015

[1] Hierdie is ‘n appél teen die vonnis toegestaan in die landdroshof te Heilbron op 15 April 2015 uit hoofde waarvan die appellant beveel is om die bedrag van R 1 127 237,48 plus rente teen 15,5% per jaar a tempore morae aan die respondent te betaal.

[2] Die appellant was die enigste lid van ‘n beslote korporasie genaamd Mardico, wat handel gedryf het as ’n meule en welke besigheid sy gekoop het met geld wat deur haar vader voorgeskiet was. Die respondent, ‘n private maatskappy wat onder andere handel dryf as ‘n kommersiële graanhandelaar, het gedurende September 2013 op versoek van Mardico krediet goedgekeur vir die lewering van mielies. Op 19 November 2013 het die appellant ‘n kredietaansoek waarin ‘n borgklousule vervat is (“die dokument”), onderteken. Dit is hierdie dokument wat die onderwerp van die onderhawige dispuut vorm. Appellant het haar aldus as borg en mede-hoofskuldenaar verbind vir die verpligtinge van Mardico teenoor respondent.

[3] Dit is nie in geskil dat Mardico nie sy finansiële verpligtinge teenoor die respondent kon nakom nie en inderdaad gelikwideer is nadat summiere vonnis toegestaan is. Die appellant is aangespreek in haar hoedanigheid as borg vir Mardico maar het haar verweer deur iustus error te pleit. Sy het voorts gepleit dat die borgakte nie voldoen aan die bepalings van Artikel 6 van die Algemene Regswysigingswet, 50 van 1956 nie deurdat die krediteur in die borgklousule omskryf word as “Premium Brand Distributors Pty) Ltd t/a Saltcom Commodity Traders”, welke beskrywing nie ooreenstem met die respondent se sitasie as “Saltcom Commodity Traders, a division of Premier Brand Distributors (Pty) Ltd” nie. Die opskrif van die dokument verwys ook na die betrokke krediteur soos in die tweede beskrywing. Hierdie is ook die twee hoofpunte waarom die appél draai en handel ek doelmatigheidshalwe eerste met die laasgenoemde dispuut.

[4] Mnr Mills, namens die appellant, het submissies gemaak dat die toepassing van Artikel 6 hierbo ‘n “grys gebied”

van die reg en baie tegnies is, en dat die beoordeling daarvan sal afhang tot watter mate ‘n legalistiese benadering gevolg word. Ek meen nie dat daar enigsins twyfel daaroor kan bestaan dat die entiteit met wie die appellant besigheid gedoen het, die maatskappy bekend as “Premier Brand Distributors (Edms) Bpk is nie. Nie alleen word dit as sodanig aangedui in die borgklousule nie, maar blyk dit ook duidelik uit die getuienis van die werknemers van die respondent. Die krediteur (respondent) is behoorlik omskryf en na my mening is daar geen meriete in hierdie argument nie.

[5] Dit is voorts die appellant se saak dat die borgakte nietig is omdat sy deur ondertekening van die dokument waarin die borgakte vervat was, mislei was deur die respondent, dat die misleiding “billik” was en dat haar fout redelik was.

[6] Die toets om iustus error te bepaal is duidelik neergelê in Sonap Petroleum (SA)(Pty)Ltd (formerly known as Sonarep (SA)(Pty)(Ltd) v Pappadogianis [1992] ZASCA 56; 1992 (3) SA 234 (A). Op 239I - 240B het Harms AR die beslissende vrae wat gevra moet word ten einde te bepaal of daar misleiding was, as volg geformuleer:

“[D]id the party whose actual intention did not conform to the common intention expressed, lead the other party, as a reasonable man, to believe that his declared intention represented his actual intention?... to answer this question, a three-fold enquiry is usually necessary, namely, firstly, was there a misrepresentation as to one party’s intention; secondly, who made the

misrepresentation; and thirdly, was the other party misled thereby?...the last question postulates two possibilities: was he actually misled and would a reasonable man have been misled?”

[7] Ten einde egter hierdie vrae te kan beantwoord moet die totaliteit van die getuienis voor die hof beoordeel word.

Sien: Brink v Humphries & Jewell (Pty) Ltd 2005 (2) SA 419 SCA op p 422 te para [3].

[8] Om haar saak te ontmoet het die appellant die destydse administratiewe klerk van Mardico, Mev Janse van Rensburg, geroep en

ook self getuig. Die kern van die appellant se getuienis is dat sy nie by die bestuur van Mardico betrokke was nie maar dat haar

eggenoot, mnr Burger Combrink, dit behartig het. Sy het ‘n graad in joernalistiek maar geen besigheidsondervinding nie. Mev

Janse van Rensburg het haar geskakel en meegedeel dat sy ‘n kredietaansoekvorm moes kom onderteken. Sy het ongeveer twee minute geneem om deur die dokument te blaai en dit te onderteken. Sy het dit nie deurgelees nie, het nie geweet dat dit ‘n borgklousule bevat het nie en sou dit nie onderteken indien sy van laasgenoemde bewus was nie. Niemand het haar daarop gewys dat die dokument ‘n borgklousule bevat nie en dit was die eerste kredietaansoek wat sy ooit onderteken het.

[9] Die appellant dra die bewyslas om aan te toon dat sy onbewus was van die borgklousule.

Sien: Stiff v Q Data Distribution (Pty) Ltd 2003 (2) SA 336 SCA op p 340 te para [10].

[10] Namens die respondent het die volgende van sy werknemers getuig: Me Sune Olivier (graanhandelaar), mnr Ian Short (finansiele hoof) en mnr Marius Meerholz (besturende direkteur). Die essensie van me Olivier se getuienis in hoof was dat sy met mnr Combrink persoonlik geskakel het en hom versoek het dat die appellant die dokument moet onderteken aangesien daar geen verdere mielies aan Mardico gelewer kon word sonder ‘n getekende borgkontrak nie. Tydens kruisondervraging het sy weereens bevestig dat sy met die appellant se eggenoot in gesprek was en hom versoek het dat die appellant “borg” moes teken. Hierdie weergawe is nooit in kruisverhoor betwis nie. Die appellant het ook nie vir mnr Combrink geroep as getuie nie en is hierdie weergawe van me Olivier derhalwe onbetwis.

[11] Dit is gemeensaak dat Mardico tydens ondertekening van die dokument ongeveer R 800 000,00 aan die respondent verskuldig was. Dit is voorts gemeensaak dat ‘n vergadering belê is deur die respondent op 5 Desember 2013 aangesien Mardico nie sy skuldverpligtinge nagekom het nie en in ‘n poging om die situasie te beredder. Tydens hierdie vergadering was die appellant,

haar eggenoot en die drie getuies van die respondent teenwoordig. Dit is nie betwis nie dat mnr Short net na afloop van die vergadering vir die appellant daarop gewys het dat sy ‘n borgstelling onderteken het, en het die appellant self getuig dat sy “bekommerd”

was na hierdie mededeling. Tog het sy geen ondersoek gedoen en/of navrae gerig hieromtrent nie. Verdere krediet van

ongeveer R 400 000 is aan Mardico verleen na die vergadering.

[12] In sy ontleding van die omstandighede waaronder die appellant die dokument onderteken het, het die verhoorlanddros in een opsig ‘n mistasting begaan in sy uitspraak wanneer hy bevind dat mnr Meerholtz die appellant voor ondertekening van die dokument daarop gewys het dat sy reeds ‘n borgstelling onderteken het. Mnr Du Toit namens respondent het toegegee dat die landdros ‘n mistasting begaan het. Hierdie mistasting is egter na my mening nie die hoofrede vir die landdros se bevinding nie en kan dit dus nie per se daartoe lei dat sy finale gevolgtrekking verkeerd is nie.

[13] Die vertrekpunt by die vraag na iustus error is ‘n ontleding van die dokument. Dit beslaan ses bladsye en op die eerste bladsy daarvan verskyn die woorde ‘CREDIT APPLICATION” in hoofletters en vetgedruk. Dit blyk derhalwe met die eerste oogopslag inderdaad ‘n kredietaansoekvorm te wees. Die eerste drie bladsye bevat onder meer algemene inligting van die aansoeker, terwyl die restant van die dokument die bepalings en voorwaardes van die kontrak bevat. Op die laaste bladsy van die dokument verskyn ‘n opskrif met die woorde “DEED OF SURETY” in hoofletters. Die voorwaardes van die borgskap verskyn dan in drie subparagrawe en beslaan hierdie paragraaf ongeveer ‘n derde van die gedrukte skrif op die betrokke bladsy. Direk hierna verskyn die volgende sinne:

“Did you read and understood the standard conditions and suretyship in the documents?__

I / we the undersigned accept the Standard Conditions of Agreement and Deed of Suretyship.

The under mentioned (sic) certifies that all information is correct and confirms that the terms and conditions of the agreement and the deed of surety ship (sic) have been read and understood and furthermore warrants that all information supplied is correct.”

[14] Direk hieronder het die appellant in haar eie handskrif die dokument dateer, haar volle name en identiteitsnommer aangebring en dit onderteken. Haar handtekening en paraaf verskyn ook op elke bladsy van die dokument, uitgesonderd die eerste bladsy waar klaarblyklik slegs ‘n paraaf verskyn. Die appellant het by die vraag hierbo vermeld die spasie blanko gelaat. Verder is haar handtekening aangebring langs die woorde “Signature of customer:” (my beklemtoning).

[15] Na my mening kan die dokument in geheel gesien nie as misleidend beskou word nie. Die borgklousule is nie iewers onverwags en obskuurs versteek tussen ander kontrakvoorwaardes nie en word dit vervat in ‘n hele paragraaf met ‘n aparte opskrif in hoofletters. Die woord “surety” verskyn herhaaldelik en word die vraag uitdruklik gevra of die ondertekenaar die borgstelling gelees en verstaan het. Direk bo die plek waar appellant se handtekening aangebring is, is sy weereens daarop bedag gemaak dat sy bevestig dat sy die terme en voorwaardes van die borgskap gelees en verstaan het. Dit is inderdaad so dat dit beter sou wees vir ‘n kredietverskaffer om in die opskrif van die dokument ook aan te toon dat die ondertekenaar hom as borg verbind en dat die ondertekenaar ook in sy hoedanigheid as borg teken, maar is dit op sigself nie deurslaggewend in hierdie geval nie.

[16] Die appellant se eie getuienis is dat sy die geleentheid gehad het om deur die dokument te blaai en kan sy beswaarlik gehoor word om te sê dat sy nie die geleentheid gehad het om die dokument behoorlik na te gaan en te lees nie.Sy het geweet dat die dokument uit meerdere bladsye bestaan en dat daar voorwaardes was waartoe sy moes toestem ten einde die krediet te kon bekom om Mardico te bedryf. Die tersaaklike klousules wat handel met die borgverpligting is in hoofletters en kom almal opsigtelik op die laaste bladsy waar sy haar handtekening aangebring het, voor. Dit is nie appellant se saak dat enige persoon in diens van respondent enige mondelinge wanvoorstelling teenoor haar gemaak of haar enigsins mislei het nie. Sy steun bloot op misleiding vanweë die formaat van die dokument.

[17] Hoewel die appellant gepoog het om haar te distansieer van enige kennis van of betrokkenheid by Mardico, kan dit nie gedoog word nie. Sy het haar verlaat op ‘n terrein waar borgstellings heel dikwels in die gewone loop van sake voorkom en sou die redelike alleenaandeelhouer van ‘n besigheid in die omstandighede besef het of moes besef het dat so ‘n borgstelling in die dokument kon voorkom. Die appellant is vaardig in tale en erken dat sy die woord “surety” verstaan. Op haar eie weergawe is sy nie ‘n ongeletterde persoon nie en het ‘n graad in joernalistiek. Dat sy wel kennis gehad het van die besigheid blyk daaruit dat sy aantoon dat die mieliebedryf ingewikkeld is. Sy het ‘n kantoor by Mardico gehad en ook ‘n salaris getrek. Sy woon ‘n vergadering by waartydens Mardico se finansiële verknorsing aangespreek word en gaan selfs verdere krediet namens Mardico aan ná hierdie vergadering. Sy teken ook ‘n skulderkenning op 9 Januarie 2014 ter bevestiging van Mardico se verskuldigheid soos op 5 Desember 2013. Al hierdie faktore is na my oordeel aanduidend

daarvan dat die appellant beskou kan word as ‘n redelike besigheidspersoon van wie verwag kan word om in die gewone loop van besigheid noodsaaklike dokumunte behoorlik na te gaan by die ondertekening daarvan.

[18] Die getuienis namens die respondent is dat die appellant se eggenoot versoek is om haar te vra om die dokument bevattende die borgklousule dringend te onderteken. Hierdie getuienis is onbetwis en het die appellant hom nie in die aanbied van haar saak geroep om dit te ontken nie. Inteendeel, die getuienis is dat daar deurentyd wel met mnr Combrink telefoniese gesprekke was hieroor en is hierdie gesprekvoering nie eers in kruisverhoor van die respondent se getuies betwis nie. Ek is van oordeel dat die afleiding gemaak kan word dat hy nie geroep is om te getuig nie omdat hierdie getuienis die waarheid is. Hoewel ‘n mens net kan spekuleer of appellant se eggenoot hierdie feit (dat sy ook ‘n borgstelling moes onderteken) aan haar meegedeel het, regverdig dit in ieder geval die gevolgtrekking dat die respondent wel die feit dat ‘n borgstelling vereis word aan haar eggenoot openbaar het. Indien sy daarna onbewus sou wees van die bestaan daarvan, kan dit nie voor die respondent se deur gelê word nie.

[19] Die feite in hierdie saak verskil hemelsbreed van die feite in Brink loc cit. Mnr Mills se argument dat die feite 100% ooreenstem is sonder meriete. Eerstens is daar ‘n duidelike verskil wat inhoud en formaat van die twee dokumente in die onderskeie sake betref en tweedens verskil die omringende omstandighede. Die appellant Brink se getuienis is deur die Hoogste Hof van Appèl aanvaar met betrekking tot sy persoonlike ervaring van kredietaansoeke namens sy maatskappy en sy houding ten opsigte van die aangaan van borgkontrakte namens sy maatskappy Teen die agtergrond van die omringende omstandighede hierbo sou die respondent derhalwe redelikerwys geregtig wees om te aanvaar dat die appellant bereid was om haarself as borg te verbind vir Mardico se skuldverpliginge en dit inderdaad gedoen het.

Sien: Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd v Willem Malan du Toit 2011 (4) SA 72 (SCA) te p 78B.

[20] Met inagneming van al die feite soos hierbo genoem is dit na my oordeel waarskynlik dat die appellant ten tyde van ondertekening van die dokument wel bewus was dat dit ‘n borgklousule bevat en daartoe toegestem het weens die finansiële verknorsing waarin Mardico op daardie tydstip was en die feit dat pogings aangewend is om Mardico van ondergang te red. Na my mening kon die appellant nie daarin slaag om haar te kwyt van die bewyslas dat die voormelde borgklousule ‘n versteekte klousule was en/of dat sy onbewus was van sodanige klousule en/of dat sy deur of namens respondent mislei is aangaande die borgklousule in die dokument nie.

[40] Gevolglik word die appél van die hand gewys met koste.

_____

C. REINDERS, WnR

Ek stem saam.

_____

J.P. DAFFUE, R

Namens Appellant: Mnr. B. J. Mills

In opdrag van:

Phatshoane Henney Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Namens Respondente: Adv. D.R. du Toit

In opdrag van:

Spangenberg Zietsman & Bloem

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Sonap Petroleum (SA)(Pty)Ltd v Pappadogianis [1992] ZASCA 56; 1992 (3) SA 234 (A)

Case cited

Brink v Humphries & Jewell (Pty) Ltd 2005 (2) SA 419 (SCA)

Case cited

Stiff v Q Data Distribution (Pty) Ltd 2003 (2) SA 336 (SCA)

Case cited

Slip Knot Investments 777 (Pty) Ltd v Willem Malan du Toit 2011 (4) SA 72 (SCA)

Case cited

General Law Amendment Act 50 of 1956

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.