Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk. v Victor (470/84) [1985] ZASCA 138; [1986] 2 All SA 6 (A) (29 November 1985)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the adoption of a child after the wrongful death of his natural parents does not extinguish or reduce the child's right to claim damages for loss of support. The maintenance obligation of the adoptive parent is a new legal duty, distinct from the right to compensation for the loss suffered due to the death of the natural parents. The analogy to a widow's remarriage is inappropriate, as adoption is not a direct consequence of the wrongful death and should not be considered a mitigating factor in the calculation of damages. The damages awarded for loss of support are intended to place the child in the position he would have been in had his parents not died, and the capital sum awarded for maintenance may be used for the child's support. The court rejected the appellant's argument that payment of damages would result in double compensation and affirmed the trial court's decision.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Constantia Versekeringsmaatskappy Beperk

Appellant

Joachim Jan Hendrik Victor

Respondent

Amounts and remedies

  • Hospital Costs: ZAR 918.75
  • Medical Costs: ZAR 881.3
  • Estimated Future Medical Costs: ZAR 2,080
  • General Damages: ZAR 8,000
  • Loss of Maintenance to Date of Adoption: ZAR 275
  • Total Agreed Damages (excluding Post Adoption Maintenance): ZAR 12,155.05
  • Loss of Maintenance Post Adoption (if Allowed): ZAR 16,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Judgment and Order of the Trial Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that after the child was adopted, he acquired a new source of maintenance equivalent to what he would have received from his natural parents. Therefore, any damages for loss of support after the date of adoption should be reduced to zero to prevent double compensation. The appellant relied on analogies to the treatment of a widow's remarriage in South African law, where the possibility or fact of remarriage is considered in quantifying damages for loss of support.
Respondent
The respondent contended that the right to claim damages for loss of support, acquired upon the wrongful death of the child's natural parents, is not extinguished by subsequent adoption. The maintenance obligation of the adoptive parent is a separate legal duty and does not negate the child's right to compensation for the loss suffered. The respondent further argued that the analogy to a widow's remarriage is inappropriate, as adoption is not a consequence of the wrongful death and should not be treated as a mitigating factor in the calculation of damages.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    JamesorfsMinors v. Central South African Railways, 1908 T.S. 575

    A minor child has a claim for damages for loss of support if his father, who maintained him, is wrongfully killed.

  2. 02

    Legal Insurance Company Ltd v. Botes, 1963 (1) S.A. 608 (A)

    In quantifying damages for loss of support, the court seeks to place the child in the position he would have been in had his father not died.

  3. 03

    Section 74(2) of the Children's Act, No. 33 of 1960

    Adoption creates a new legal obligation of maintenance but does not extinguish the right to damages for loss of support acquired upon the death of the natural parent.

  4. 04

    Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. v. Byleveldt, 1973 (2) S.A. 146 (A)

    Benefits received as a result of the wrongful death should be considered in quantifying damages, but not benefits arising from independent legal obligations such as adoption.

  5. 05

    Hulley v. Cox, 1923 A.D. 234

    The possibility or fact of a widow's remarriage is considered in quantifying damages for loss of support, but this principle does not extend to the adoption of a child.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the adoption of a child after the wrongful death of his natural parents does not extinguish or reduce the child's right to claim damages for loss of support. The maintenance obligation of the adoptive parent is a new legal duty, distinct from the right to compensation for the loss suffered due to the death of the natural parents. The analogy to a widow's remarriage is inappropriate, as adoption is not a direct consequence of the wrongful death and should not be considered a mitigating factor in the calculation of damages. The damages awarded for loss of support are intended to place the child in the position he would have been in had his parents not died, and the capital sum awarded for maintenance may be used for the child's support. The court rejected the appellant's argument that payment of damages would result in double compensation and affirmed the trial court's decision.

Obiter and limits

  • The court noted that the maintenance obligation of adoptive parents arises from a new legal relationship and does not affect the right to damages for loss of support acquired upon the death of natural parents.
  • The court expressed doubt about the logic of considering a widow's remarriage as a factor in quantifying damages, noting that the right to maintenance from a new spouse is a separate legal right.
  • The court observed that foreign jurisdictions differ in their approach to the effect of adoption and remarriage on damages for loss of support, but South African law does not require reduction of damages in the case of adoption.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1985] ZASCA 138

Saak nommer 470/84E du P

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

BEPERK Appellant

en

JOACHIM JAN HENDRIK VICTOR RespondentCoram: RABIE, HR, JOUBERT, HOEXTER, BOTHA ARR, et

NICHOLAS, WND AR.Verhoordatum: Leweringsdatum:

8 November 1985. 29 November 1985.

UITSPRAAK

RABIE, HR:/ 2RABIE, HR:Dit is 'n appèl teen die uitspraak en bevel vanFriedman, R., in die saak Victor N 0 v. ConstantiaInsurance Co Ltd, 1985 (l) S.A. 118 (K). Die vraagwaarom dit gaan, is die regsgeldigheid van die verweerwat appellant in die hof a quo geopper het teen die eiswat respondent ten behoewe van sy aangenome minderjarigeseun, Joachim Victor, ingestel het.

Die feite van die saak en die geskilpunte tussendie partye is by 'n samespreking ingevolge hofreël 37soos volg genotuleer:

"1.

Verweerder erken dat die bestuurder van syversekerde se motorvoertuig, ene NicolaasKlaas, nalatig was en die ongeluk op 3

November/

3.

November 1978 veroorsaak het.

2.

Verweerder erken dat hy ten tyde van dieongeluk op risiko was en verplig was omdie Eiser skadeloos te stel vir hospitaal-koste, mediese koste aangegaan, eowel astoekomstige mediese koste en algemene skadegely as gevolg van die ongeluk, sowel asverlies aan onderhoud tot datum van syaanneming.

Die partye het ooreengekom dat die Eiserskade gely het in die volgende bedrae:

3.1 Hospitaalkoste R 918,75 3.2 Mediese koste R 881,30 3.3 Geraamde toekomstige

mediese koste R2 080,003.4 Algemene skadever-

goeding R8 000,00

3.5 Verlies aan onderhoudtot datum van sy aan-neming op 26 Februarie

1979. R 275,00

R12 155,05

4.

Die enigste geskilpunt tussen die partye

is/

4

is die kwessie of die Eiser geregtig isop 'n eis vir verlies aan onderhoud na datumvan aanneming, in die lig van die hierna-vermelde feite wat deur beide partye erkenword:

4.1 Dat die kind vir sy lewensbehoeftes geheel en al afhanklik was van die onderhoud van sy natuurlike ouers. 4.2 Dat sy natuurlike ouers oorlede is as gevolg van die bogemelde ongeluk op 3 November 1978. 4.3 Dat die minderjarige kind op 26 Februarie 1979 deur die Eiser aan- geneem is ingevolge die bepalings van die Kinderwet, Nr 33 van 1960. 4.4 Dat die onderhoud wat die kind van die Eiser sal ontvang, nie minder is nie as die onderhoud wat hy van sy natuurlike ouers sou ont- vang het.

5.

Die partye kom ooreen dat die Eiser tenopsigte van die eis vir verlies van onder-houd op die toekenning van 'n bedrag vanR16 000,00 geregtig sal wees indien dieregsvraag in die voorgaande paragraaf in

die/

5die Eiser se guns beslis sou word."Die verhoorregter het die regsvraag ten gunstevan die eiser in die saak (nou respondent) beslis. (Kykbl. 126 i.f. van die hofverslag.) Die appél geskiedmet die yerlof van die verhoorhof.Dit is erkende reg dat 'n minderjarige kind'n eis weens verlies aan onderhoud het indien sy vader,deur wie hy onderhou was en onderhou sou gewees het as hynie gedood is nie, onregmatig gedood word. Kyk bv. JamesorfsMinors v. Central South African Railways, 1908 T.S. 575 op583-585; Union Government v. Lee, 1927 A.D. 202 op 220-222;Legal Insurance Company Ltd v. Botes, 1963 (1) S.A. 608(A) op 614 E-F. By die bepaling van vergoeding

weens/ 6weens verlies aan onderhoud, probeer die hof die kindin die posisie plaas waarin hy sou gewees het as syvader nie gesterf het nie. (Kyk Legal Insurance CompanyLtd v. Botes, supra, op 614 E; Hulley v. Cox, 1923 A.D.234 op 243-244.) Ingevolge die bepalings van art. 21(1) van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering,No. 56 van 1972, is appellant verplig om die aangenomeseun (hierna "Joachim" genoem) te "vergoed" vir "verlies

dieof skade" wat hy as gevolg van/dood van sy ouers gely

het.

Appell.ant betoog nie dat Joachim se aanneming

op 26 Februarie 1979 per se 'n einde gemaak het aan sy reg om

vergoeding weens verlies aan onderhoud vir die tydperk

ná daardie datum te eis nie. So 'n betoog sou ook on-

gegrond/ 7gegrond wees. Art. 74(2) van die Kinderwet, No. 33 van1960, wat bepaal dat 'n aangenome kind "vir alle doel-eindes hoegenaamd regtens geag (word) die wettige kindvan die aannemende ouer te wees", bring mee dat diepersoon wat 'n kind aanneem regtens verplig is om hom teonderhou net asof hy die natuurlike ouer van die kind is,maar dit hou nie in dat die kind die reg om vergoedingte eis wat hy met die dood van sy natuurlike vaderverkry het, verloor nie. Appellant se betoog is datdaar by die berekening van die vergoeding waarop Joachimgeregtig is, gesorg moet word dat hy nie in 'n beterposisie geplaas word as waarin hy sou gewees het as syouers nie gesterf het nie; dat daar dus rekening gehoumoet word met alle voordele wat Joachim as gevolg vandie/ .......8die dood van sy ouers verkry het; dat hy vanweë sy aan-neming 'n nuwe bron van onderhoud verkry het, en dat aan-gesien hierdie onderhoud net soveel sal wees as diê wathy van sy natuurlike ouers sou ontvang het, sy ver-goeding vir onderhoud vir die tydperk ná 26 Februarie1979 tot nul verminder moet word. Die betoog lui datindien die bedrag van R16 000-00 aan Joachim betaal souword, hy dubbeld vergoed sal word vir die verlies wathy gely het.Met die voordrag van hierdie betoog het appellantse advokaat sterk gesteun op die feit dat, wanneer onshowe bepaal welke vergoeding daar weens verlies aan onder-houd aan 'n weduwee wie se man onregmatig gedood is,

toegeken/ 9toegeken moet word, hulle in ag neem of sy weer getroudis en dus op onderhoud deur haar nuwe man geregtiggeword het, en of sy moontlik weer sal trou en daardeur'n nuwe bron van onderhoud sal verkry, Kyk bv. Hulleyv. Cox, supra, op 244, en Peri-Urban Areas Health Boardv. Munarin, 1965 (3) 367 (A.) Appellant voer aan datdit logies is om die benadering wat in die geval van'n weduwee gevolg word, ook in die geval van 'n aangenomekind te volg. Met so 'n kind se aanneming, lui diebetoog, verkry hy 'n nuwe bron van onderhoud, net soos dieweduwee by haar hertroue 'n nuwe bron van onderhoud ver-kry, en die twee gevalle behoort dus op dieselfde manierbehandel te word. As dit gedoen word, sê appellant,

sal./

10sal in die onderhawige geval bevind moet word dat Joachimnie skade gely het waarvoor appellant hom moet vergoednie.Ek meen nie dat die bogemelde betoog gegrondis nie, wat ook al in die verlede gesê is met betrekkingtot die vraag van die invloed wat 'n weduwee se hertroue,of kans op hertroue, op haar eis om skadevergoedingweens die onregmatige dood van haar eggenoot het. Diebasis van die betoog is dat Joachim regtens kan eisdat die persoon wat hom aangeneem het, hom moet onderhou -net soos die weduwee by hertroue normaalweg kan eis omdeur haar nuwe man onderhou te word. Dit is natuurlik

so/

11

so dat 'n kind 'n reg het om deur sy ouers onderhou te

word, maar dit is nie 'n ongekwalifiseerde reg nie.

Die reg bestaan vir sover die kind homself nie kan onder-

hou nie, en vir sover sy ouers in staat is om hom te

onderhou. Waar 'n kind 'n eie inkomste het, kan sy ouersdit vir sy onderhoud aanwend voordat hulle verplig

is om hulle eie middele vir dié doel te gebruik. Kykbv. Van Leeuwen, Rooms-Hollands-Regt, 1.13.7; Holl Cons. I

146; Groenewegen, De Legibus Abrogatis, ad Inst.2.9.2;Van der Keessel, Theses Selectae 105; Waterson v. Maybery,

1934 T.P.D. 210 op 215; In re Estate Visser, 1948 (3) S.A.

1129 (K) op 1136; Boberg, The Law of Persons and the

Family, bl.

261. Dit blyk ook dat, met die verlof van

die hof, 'n kind se kapitaal gebruik kan word om hom te

onderhou/

12onderhou as sy ouers nie die middele het om dit te doennie. Kyk.bv. Voet 25.3. 16; Holl. Cons. II, 280;Vermaak v. Vermaak, 1945 C.P.D. 89 op 96; In re EstateVisser, supra, op 1137; Boberg, op cit., bl.

262. Indie onderhawige geval sou respondent, wat Joachim as sykind aangeneem het, dus met betrekking tot die R16 000-00wat deur die hof a quo toegeken is, kon sê dat hy ge-regtig is om die rente wat die bedrag kan verdien, virdie doel van Joachim se onderhoud aan te wend. DieR16 000-00 is 'n kapitaalbedrag, maar eintlik het ditdie karakter van inkomste eerder as kapitaal, altansin die sin waarin laasgenoemde woord gewoonlik gebruikword wanneer gesê word dat 'n kind se kapitaal nie deur

sy/ 12(a)sy ouers vir die doel van sy onderhoud gebruik mag wordnie. Dit blyk uit die wyse waarop die vergoeding wataan 'n afhanklike toegeken word, gewoonlik bereken word.Soos goed bekend is, bepaal die hof dikwels (wanneer hydit op die getuienis voor hom kan doen) 'n kapitaalsom wat,met inagneming van die rente wat dit sal kan verdien, 'njaarlikse paaiement uit die kapitaal en rente sal lewerwat gelyk is aan die gedeelte van die oorledene sejaarlikse inkomste wat die afhanklike as onderhoud souontvang het, en welke bedrag aan die einde van die tyd-perk waarin die afhanklike op onderhoud geregtig is, uit-geput sal wees. (Kyk Arendse v. Maher, 1936 T.P.D. 162op 162-163; Corbett & Buchanan, The Quantum of Damages,2de uitg., bl. 67-68.) Dat so 'n toekenning deur die hof

die/.....12(b)die aard van inkomste het, blyk ook ciaaruit dat die hofsoms beveel dat die betrokke bedrag in die Voogdyfondsinbetaal moet word en dan die Meester gelas om van tydtot tyd soveel daarvan vir die onderhoud van die aí'hanklikeuit te betaal as wat hy volgens sy diskresie nodig ag.(Kyk Paterson v. South African Railways and Harbours, 1931 C.P.D. 289 op 301; Corbett & Buchanan, op cit.,op bl. 68.) Die R16 000-00 wat in die onderhawige gevaltoegeken is, is 'n bedrag wat ten opsigte van Joachimse onderhoud toegeken is, en respondent sou na mymening geregtig wees om dit vir dié doel aan te wend.Die bedrag is immers deur die hof vir die doel van

Joachim/ 13Joachim se onderhoud bestem, en dit sou gevolglik vreemdwees as respondent dit nie vir dié doel sou kon aanwendnie. Hieruit volg dat nie gesê kan word dat Joachimdubbeld vergoed sal word vir die verlies wat hy gely hetindien, soos deur die hof a quo beveel is, die bedragvan R16 000-00 aan respondent betaal sou word nie. .As respondent sou besluit om sy eie middele te gebruik omJoachim te onderhou, en nie die R16 000-00 wat deur diehof a quo toegeken is nie, sal dit as ex caritate-gedragvan sy kant beskou kan word waarop appellant hom niekan beroep om sy verpligting om skadevergoeding tebetaal, te verminder nie.

Afgesien van wat hierbo gesê is, is daar ookander oorwegings wat my daarvan oortuig dat nie toegegee

moet/ 14moet word aan die sienswyse dat die onderhoudseis van'n kind wat ná sy ouers se dood aangeneem word op dieselfdewyse benader moet word as dié van 'n weduwee wat ná haarman se dood weer getrou het of moontlik weer sal trounie. Dit is waarskynlik logies en billik om by dieberekening van die skade wat 'n vrou vanweë die dood vanhaar eggenoot, of 'n kind vanweë die dood van sy vader,ly, rekening te hou met voordele wat die dood van diebetrokke eggenoot of vader vir die weduwee of kind, nagelang van die geval, meebring. (Kyk Groenewald v.Snyders, 1966(3) S.A. 237 (A) op 247 A-B.) Die hertrouevan 'n weduwee, of die aanneming van 'n kind, is egter niegevolge wat uit die dood van die betrokke eggenoot of

vader/

15vader voortvloei nie, en kan dus nie juis op logiesegronde gesien word as faktore wat by die bepalingvan 'n weduwee of kind se vergoeding in aanmerking geneemmoet word nie. In Peri-Urban Areas Health Board v.Munarin, supra, op 376 D, het Holmes, A.R., in verbandmet die eis van 'n weduwee gesê: "Marriage prospects arerelevant because marriage would reinstate her right ofsupport." Ek het, met groot eerbied gesê, twyfel oordie juistheid van die siening dat 'n weduwee se moontlikehertroue relevant is omdat dit haar reg op onderhoud weersou instel ("reinstate"). Die reg op onderhoud wat syteenoor haar nuwe man verkry, is 'n nuwe reg, teen 'nnuwe onderhoudspligtige, en nie 'n herinstelling van haar

vroeëre/

16

vroeëre reg nie. In appellant se betoog voor ons is,

o.a. na aanleiding van die hierbo aangehaalde woordc vanHolmes, A.R., klem gelê op die feit dat Joachim 'n reg op

onderhoud verkry het toe hy deur respondent aangeneem

is, en daar is aangevoer dat dit 'n belangrike f aktor iswat by die berekening van die vergoeding waarop hy ge-regtig mag wees, in ag geneem moet word. Daar moet egterop gewys word dat die bestaan van 'n reg op onderhoud nienoodwendig meebring dat dit by die berekening van ver-goeding in aanmerking geneem behoort te word, of moetword, nie. As iemand bv. kontraktueel sou onderneemhet om Joachim te onderhou indien sy ouers sou sterf, soudit nie ter vermindering van sy eis om skadevergoeding in

ag geneem word nie. Die posisie sou dieselfde wees as

iemand ná die dood van Joachim se ouers sou onder-

neem het hom te onderhou. (Kyk die uitspraak van Rumpff,17A.R., in Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. v. Byleveldt, 1973 (2) S.A. 146 (A).) Verder, 'n kind se grootouers,asook sekere ander bloedverwante, het bv. 'n regsplig omhom te onderhou as sy ouers dit nie kan doen nie, maarappellant se advokaat was m.i. tereg nie bereid om te betoogdat die reg op onderhoud wat Joachim teen sodanige personemaghs, by die berekening van sy skadevergoeding in ag geneemmoet word nie. Ek weet nie van 'n beslissing wat so 'nbetoog sou kon steun nie, en ek sou in die afwesigheidvan gesag wat my dwing om dit te doen, nie bereid weesom so 'n betoog te handhaaf nie.

Ek keer nou terug na die kwessie van die howe seinagneming van 'n weduwee se hertroue of kans op her-

troue/

18

troue wanneer daar oor die omvang van die skadevergoeding

waarop sy weens die onregmatige dood van haar eggenootgeregtig is, beslis word. Hierdie hof het vir die eerstekeer na die aangeleentheid verwys in die saak Hulley v.Cox, supra, toe Innes, H.R., gesê het (op 244):

"But the object being to compensate themfor material loss, not to improve theirmaterial prospects, it follows thatallowance must be made for such factors asthe possibility of remarriage."

Dit is al wat die geleerde hoofregter oor die saak gesêhet. Dit wek die indruk dat dit in daardie tyd (1923)'n gevestigde benadering was om die moontlikheid van 'n

weduwee se hertroue of kans op hertroue in ag te neem.

Die vroegste saak waarvan ek weet waarin gesê is dat met 'n

weduwee/

19weduwee se kans op hertroue rekening gehou moet word,is Kennedy v. Port Elizabeth Harbour Uoard, 5 EDC (1886)311, waar Barry, R.P., bloot gesê het dat die weduwee"may possibly remarry", net asof dit 'n algemeen aanvaardebenadering was dat die moontlikheid van hertroue 'nfaktor is wat in ag geneem moet word. In Waring &Gillow, Ltd. v. Sherborne, 1904 T.S. 340, op 350,hetInnes, H.R., gesê dat die getuienis in die saak sodanigwas dat dit onmoontlik was "to calculate what the chancesare of the plaintiff's remarriage." Daar is niks meeroor die aangeleentheid gesê nie. Dit wil dus voorkomof die ontstaansgeskiedenis van die gemelde benaderingnie uit ons gewysdes blyk nie. Dit sou waarskynlik

redelik/ 20redelik wees om te dink, meen ek, gesien veral dieverwysing daarna in die vroeë Oos-Kaapse saak Kennedy v.Port Elizabeth Harbour Board, hierbo genoem, dat die be-na&ering sy oorsprong in Engelse beslissings gehad het.Wat Engeland betref, is die posisie vandag datdie howe ingevolge betreklik resente wetgewing nie meer'n weduwee se hertroue of kans op hertroue in ag mag neemnie. (Art. 4(1) van die Law Reform (MiscellaneousProvisions) Act 1971.) Dit wil voorkom asof hierdieverandering nie weens beginselgronde teweeggebring isnie, maar vanweê' die beskouing dat die vasstellingvan 'n weduwee se kans op hertroue as beledigend vir haaren as onaangenaam vir die regter beskou was. (Kyk

Waddams/

21

Waddams, The Law of Damages, bl. 423.) Hierdie wetgewingis al meermale gekritiseer. Die Royal Commission onCivil Liability and Compensation for Personal Injury hetbv. in sy verslag van 1978 (para.411) in verband met diefeit dat 'n weduwee se hertroue nie in ag geneem mag wordnie, gepraat van "the manifest absurdity of awardingdamages for a loss which is known to have ceased."In Kanada en Nieu-Seeland, soos in Friedman, R., seuitspraak aangedui word, word rekening gehou met 'nweduwee se kans op hertroue, en dit blyk dat 'n aangenomekind se posisie in dieselfde lig as die van 'n weduweewat weer getrou het, gesien word. Die uitgangspunt

skyn te wees dat 'n hof moet let op "contingencies" wat

'n/ 22'n afhanklike se skade k an verminder, "regardless ofwhether a legal duty to mitigate exists." (Cooper-Stephenson and Saunders, Personal Injury Damages inCanada, bl. 452.) Die belangrikste "contingencies",word daar in hierdie werk gesê, is "remarriage andadoption", en in verband met aanneming word gesê (bl.454): "If there is a chance that a child will belegally adopted and thereby receive pecuniary benefit,this must be accounted for." In die Verenigde Statevan Amerika, soos in die uitspraak van die hof a quogesê word (bl. 126 C-F van die hofverslag), word diefeit dat 'n weduwee hertrou het nie by die berekening vanvergoeding wat aan haar toegeken moet word, in ag geneem

nie/ 23nie. Beskikbare inligting oor die Amerikaanse regtoon nie of die aanneming van 'n kind 'n invloed het opdie vergoeding wat hy weens die onregmatige dood van syouers kan eis nie. Friedman, R., sê tereg, meen ek,dat indien die aangeleentheid in die Amerikaanse reg opdieselfde manier as in die geval van 'n weduwee behandelsou word, 'n kind se aanneming waarskynlik nie sy eisom skadevergoeding sal affekteer nie.Die benadering dat 'n weduwee se hertroue, ofkans op hertroue, in ag geneem word wanneer besluit wordhoeveel vergoeding daar aan haar weens die onregmatigedood van haar eggenoot toegeken moet word, is oor 'nlang tydperk in ons howe - ook in hierdie hof - gevolg,

en/

24en ek aanvaar derhalwe dat dit die benadering is watvandag in ons reg gevolg word waar die berekening vandie vergoeding van 'n weduwee wat weer getrou het, of watmoontlik weer sal trou, ter sprake is. Ek besef ookdat dieselfde benadering in sekere buitelandse regstelselsgevolg word, ook wat aangenome kinders betref. Ek isegter, uit hoofde van wat vroeër in hierdie uitspraakgesê is, nie daarvan oortuig dat die beginsels van onsreg, of oorwegings van logika of billikheid, myregverdig om te bevind dat hierdie benadering ook opdie geval van 'n aangenome kind van toepassing gemaakmoet word nie.

Die appèl word met koste afgewys.

P J RABIEHOOFREGTER.

25

JOUBERT, AR.

HOEXTER, AR.

Stem saam.BOTHA, AR.

NICHOLAS, WND AR.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

JamesorfsMinors v. Central South African Railways, 1908 T.S. 575

Case cited

Union Government v. Lee, 1927 A.D. 202

Case cited

Legal Insurance Company Ltd v. Botes, 1963 (1) S.A. 608 (A)

Case cited

Hulley v. Cox, 1923 A.D. 234

Case cited

Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. v. Byleveldt, 1973 (2) S.A. 146 (A)

Case cited

Groenewald v. Snyders, 1966(3) S.A. 237 (A)

Case cited

Peri-Urban Areas Health Board v. Munarin, 1965 (3) S.A. 367 (A)

Case cited

Arendse v. Maher, 1936 T.P.D. 162

Case cited

Paterson v. South African Railways and Harbours, 1931 C.P.D. 289

Case cited

Waterson v. Maybery, 1934 T.P.D. 210

Case cited

In re Estate Visser, 1948 (3) S.A. 1129 (K)

Case cited

Vermaak v. Vermaak, 1945 C.P.D. 89

Case cited

Waring & Gillow, Ltd. v. Sherborne, 1904 T.S. 340

Case cited

Kennedy v. Port Elizabeth Harbour Board, 5 EDC (1886) 311

Case cited

Children's Act No. 33 of 1960

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Motor Vehicle Insurance Act No. 56 of 1972

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.