Cordier Handelaars Bk v Ludik (444/2014) [2015] ZANCHC 40 (18 September 2015)
- Citation
- [2015] ZANCHC 40
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R
- Case number
- 444/2014
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R
- Case number
- 444/2014
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant failed to discharge the burden of proof required for an order of security for costs. The applicant's founding affidavit contained only vague and unsupported allegations regarding the respondent's financial position and assets, despite the applicant's own involvement in the management of the respondent. No substantive explanation was provided for the late filing of the respondent's answering affidavit, and condonation was refused. The applicant did not justify the amount of security sought, nor did he provide expert evidence or a calculation of the amount. The application was therefore dismissed, and costs were awarded against the applicant.
Court disposition
Application for security for costs dismissed with costs.
Orders
- The application for security for costs is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Cordier Handelaars BK
Applicant Counsel: Adv F G Janse van RensburgPieter Hendrikus Gysbertus Ludik
Respondent Counsel: Adv D C JankowitzAmounts and remedies
- Security Amount Initially Requested: ZAR 150,000
- Security Amount Subsequently Requested: ZAR 350,000
03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Application for Security for Costs Under Uniform Rule 47
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant has discharged the burden of proving that the respondent is unable to satisfy a potential costs order.
- 02
Whether condonation should be granted for the late filing of the respondent's answering affidavit.
- 03
Whether the amount of security sought is justified.
Party arguments
- Applicant
- The applicant contended that the respondent, Cordier Handelaars BK, is a close corporation that ceased trading in December 2013 and has no other income-generating business. It was argued that the respondent's substratum has fallen away and it is unlikely to be able to pay a costs order if unsuccessful. The applicant further alleged that the respondent has no assets and several outstanding creditors. The applicant objected to the late filing of the respondent's answering affidavit and opposed condonation, arguing that no substantive explanation was provided for the delay.
- Respondent
- The respondent opposed the application for security for costs, filing an answering affidavit shortly before the hearing. The respondent did not provide a substantive explanation for the late filing and did not tender wasted costs for a possible postponement. The respondent disputed the applicant's allegations regarding its financial position and assets, arguing that the applicant, as a member and former manager, should have knowledge of the respondent's affairs and that the application was not substantiated by sufficient evidence.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Article 8 of the Close Corporations Act 69 of 1984; Belizca Investments 5 CC t/a Mica Hardware & Building Supplies v UCKG Properties, 2004 (4) SA 197 (TKH) para [27]
An applicant for security for costs must provide sufficient evidence to show that there is reason to believe the respondent will be unable to satisfy a costs order if unsuccessful.
- 02
Democratic Alliance v Kouga Municipality and others, [2014] 1 All SA 281 (SCA) para [18]
Condonation for non-compliance with court rules requires a substantive application and a reasonable explanation for the delay.
- 03
Northbank Diamonds Ltd v FTK Holland BV and Others, 2003 (1) SA 189 (NmS) at 194E-F
Speculation and vague allegations regarding a party's financial position are insufficient to discharge the burden of proof for security for costs.
- 04
Nederlandsche Z.A. Hypotheek Bank v Mears, 1913 TPD 704 at 706; Avenue Shipping Co. Ltd. v S.A. Railways and Harbours and Another, 1936 CPD 486
The amount of security sought must be justified by evidence, not mere assertion.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant failed to discharge the burden of proof required for an order of security for costs. The applicant's founding affidavit contained only vague and unsupported allegations regarding the respondent's financial position and assets, despite the applicant's own involvement in the management of the respondent. No substantive explanation was provided for the late filing of the respondent's answering affidavit, and condonation was refused. The applicant did not justify the amount of security sought, nor did he provide expert evidence or a calculation of the amount. The application was therefore dismissed, and costs were awarded against the applicant.
Obiter and limits
- The mere cessation of business by a close corporation does not, in itself, justify the inference that it cannot satisfy a costs order.
- Applicants must provide concrete evidence of a respondent's inability to pay costs, not rely on speculation or minimal assertions.
- Legal practitioners should ensure that applications for condonation are properly substantiated and supported by adequate explanations.
Court disposition
Application for security for costs dismissed with costs.
- The application for security for costs is dismissed with costs.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid.
IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)
Saak No: 444/2014
Saak Aangehoor: 11/09/2015
Datum gelewer: 18/09/2015
In die saak tussen:
CORDIER
HANDELAARS BK
Applikant
(Registrasienommer: 2009/035915/23)
en
PIETER
HENDRIKUS GYSBERTUS
LUDIK
Respondent
(Identiteitsnommer: 6.....)
Coram: Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
[1]. Hierdie is in ‘n aansoek om sekerheidstelling ingevolge Eenvormige Hofreël 47. Die applikant, Mnr P H G Ludik, is die verweerder in ‘n aksie waarin die respondent, Cordier Handelaars BK, hom aanspreek vir skade wat hy na bewering veroorsaak
het in sy bestuur van die respondent se besigheid.
[2]. Die applikant het aanvanklik ‘n kennisgewing afgelewer waarin versoek is dat sekuriteit gestel moet word in die bedrag van
R150 000.00, maar het later ‘n verdere kennisgewing afgelewer waarin versoek is dat sekuriteit gestel moes word in die
bedrag van R350 000.00.
[3]. Die respondent het kennis gegee dat aanspreeklikheid vir die verskaffing van sekuriteit betwis word en hierdie aansoek is toe op 28 September 2014 afgelewer op die prokureurs vir die respondent. Daar is egter nie op daardie stadium ‘n antwoordende eedsverklaring afgelewer nie.
[4]. Gedurende Maart 2015 is die aansoek blykbaar uitgestel vir skikkingsonderhandelinge tussen die partye, vermoedelik rondom die kwessie van sekuriteit, en die aansoek het toe op 11 September 2015 weer voor my gedien.
[5]. Intussen, en wel so laat as op Vrydag 4 September 2015, het die respondent toe wel ‘n antwoordende eedsverklaring afgelewer, met ander woorde slegs 4 (vier) hofdae voor die verhoordatum. Die kennisgewing van mosie is in die lang vorm en dit het dus op die respondent geroep om binne 5 (vyf) dae ná 28 September 2014 kennis te gee van enige voorneme om die aansoek te opponeer en, indien so, om dan binne ‘n verdere 15 (vyftien) dae ‘n antwoordende eedsverklaring af te lewer[1].
[6]. Die applikant se advokaat, Mnr Janse van Rensburg, het by die aanhoor van die aansoek beswaar gemaak teen die toelating van die antwoordende eedsverklaring, en in die alternatief versoek dat, indien die verklaring tog toegelaat sou word, die aansoek op die respondent se kostes uitgestel word vir die applikant om te repliseer.
[7]. Eers toe het Mnr Jankowitz, die advokaat vir die respondent, van die balie aansoek gedoen om kondonasie vir die laat liassering van die verklaring. Daar was geen substantiewe aansoek om kondonasie nie. Selfs indien kennis geneem sou word van die inhoud van die betrokke verklaring, het dit geen verduideliking bevat vir die versuim om dit betyds, of minstens heelwat vroeër, te liasseer nie.
[8]. Mnr Jankowitz het toegegee dat hy ook nie van die balie so ‘n verduideliking kon gee nie, waaruit sekerlik afgelei moet word dat geen sodanige verduideliking aan hom oorgedra is by wyse van instruksies nie. Mnr Jankowitz het ook nie, byvoorbeeld,
versoek dat die respondent die geleentheid gebied word om so ‘n verduideliking te verskaf nie.
[9]. Die inhoud van die betrokke verklaring is sodanig dat die applikant beslis daarop sou wou repliseer. Mnr Jankowitz het egter ook nie, in reaksie op Mnr Janse van Rensburg se alternatiewe betoog, te kenne gegee dat die respondent die verspilde koste van so ‘n uitstel tender nie.
[10]. In die omstandighede was daar geen basis hoegenaamd waarop die respondent se flagrante versuim en verbreking van die Hofreëls
gekondoneer kon word nie en het ek die aansoek om kondonasie afgewys, tesame met enige koste daardeur teweeggebring.
[11]. Dit het beteken dat die aansoek bereg moes word op die applikant se stukke alleen.
[12]. In beide die applikant se kennisgewings ingevolge Hofreël 47 is die gronde waarop die applikant gesteun het in sy versoek vir die verskaffing van sekuriteit soos volg uiteengesit:
“ 1. Die Eiser is ‘n Beslote Korporasie;
2. Die Eiser het besigheid gestaak gedurende Desember 2013 en doen geen ander besigheid wat ‘n inkomste verdien nie;
3. In die lig van bogemelde het die Eiser se substratum weggeval en sal Eiser waarskynlik nie ‘n kostebevel kan betaal indien die Eiser onsuksesvol is nie.”
[13]. In sy funderende eedsverklaring het die applikant basies bloot dieselfde drie beweringe byna woordeliks herhaal, en het hy dan ‘n vierde bewering bygevoeg, naamlik dat die respondent “beskik oor geen bates nie en het verskeie uitstaande skuldeisers”.
[14]. Wat in die eerste plek opval, is die totale afwesigheid van selfs net ‘n bewering rakende die vooruitsigte van sukses van die respondent se aksie of van die applikant se verweer. Die funderende eedsverklaring bevat nie eers ‘n versoek dat die applikant se verweerskrif of teeneis in hierdie verband ingelees moet word nie.
[15]. Mnr Janse van Rensburg het aan die hand gedoen dat ek nietemin in hierdie verband kan kennis neem van die pleitstukke. Sou dit gedoen word, sou dit die applikant se saak in hierdie verband glad nie bevorder nie. Dit is omdat die applikant, in reaksie op die gedetailleerde beweringe in die besonderhede van vordering van nalatige optrede aan sy kant, bloot ‘n ontkenning gepleit het. Die verste wat hy gegaan het, was om te beweer dat hy saam met die respondent se rekenmeester, Mnr Roux, opgetree het. Dit is gevolglik onmoontlik om uit die applikant se beweringe in sy pleitstukke enige afleiding te maak met betrekking tot sy vooruitsigte om die aksie suksesvol te verdedig.
[16]. Dit blyk nie in geskil te wees dat die respondent se besigheid gestaak is nie, maar dit sou natuurlik nie opsigself die afleiding kon regverdig dat die respondent nie in staat sou wees om ‘n kostebevel na te kom nie.
[17]. Ek kan nie saamstem met Mnr Janse van Rensburg se betoog tot die teendeel nie. Dat die respondent nie meer ‘n inkomste mag hê nie, beteken nie dat dit nie geld het nie, en ook nie dat dit nie genoeg bates het waaruit ‘n kostebevel bevredig sou kon word nie.
[18]. Mnr Janse van Rensburg het ook betoog, met verwysing na Northbank Diamonds Ltd v FTK Holland BV and Others[2], dat die feite rondom die respondent se finansiële posisie in die uitsluitlike kennis val van Mnr Cordier, wat 66.6% van die ledebelang in die respondent hou en wat, tot die uitsluitding van die applikant, sedert Desember 2013 alleen in beheer is van ondermeer die respondent se finansiële rekords. Mnr Janse van Rensburg het betoog dat die applikant daarom kon wegkom met die minimum beweringe, soos wat hy in fundering gemaak het.
[19]. Hierdie is natuurlik nie vervat in die applikant se funderende eedsverklaring, waarin hy immers veronderstel was om sy saak uit te maak[3], nie. Die applikant het op geen stadium verklaar dat hy nie oor kennis beskik van die respondent se finansiële sake nie. Inteendeel, hy het hom dan uitgelaat oor die respondent se krediteure, hoewel vaag.
[20]. Uit die pleitstukke blyk dit dat die applikant self 33.3% ledebelang in die respondent het. Hy het die dag tot dag bestuur van die respondent behartig. Soos wat hieronder ook na verwys sal word, blyk dit ook elders uit die pleitstukke dat die applikant volgens homself oor meer kennis beskik van die respondent se sake en bates as bloot net dat dit nie meer besigheid doen nie.
[21]. Word oorweging verleen aan die vierde grond wat nou bygevoeg is, bykomstig tot die gronde in die applikant se kennisgewings, blyk dit onnodig vaag te wees.
[22]. Soos reeds gemeld, blyk dit uit die pleitstukke dat die applikant ‘n ledebelang hou in die respondent, en dit is onbetwis dat hy vanaf November 2011 tot November 2013 betrokke was by die daaglikse bestuur van die respondent, en ondermeer gemoeid was met voorraadopnames.
[23]. Hoe sou die applikant onder sodanige omstandighede nie byvoorbeeld meer besonderhede kon gegee het oor die “verskeie uitstaande skuldeisers” waarna hy in die bykomstige grond verwys nie? Hy verduidelik ook dan nie waarom hy nie, byvoorbeeld, minstens ‘n aanduiding kan gee van wat die totaal van daardie vorderings sou beloop nie. Hy voer ook nie in sy verklaring aan dat hy nie oor die vermoë beskik om hierdie besonderhede te verskaf nie.
[24]. Die applikant se bewering dat die respondent oor geen bates beskik nie, is direk strydig met die inhoud van sy teeneis. Daarin het hy verwys na “die besigheidsperseel van die” respondent in Kuruman, wat opsigself reeds op die oog af ‘n bate kon wees, en het hy verder gegaan en verwys na die respondent se voorraad “en ander bates”.
[25]. Dit is van belang om daarop te let dat die applikant se aansoek geloods is ‘n geruime tyd nadat die teeneis afgelewer is. Indien die applikant gemeen het dat sake met betrekking tot die respondent se voorraad en bates kon verander het in daardie periode, het niks hom verhoed om daarmee, of minstens met sy vermoede, te handel in sy funderende eedsverklaring nie.
[26]. Mnr Janse van Rensburg het betoog dat die voorraad en bates waarna die applikant in sy teeneis verwys het al kon verdwyn het sedert Mnr Cordier beheer daaroor geneem het. Die applikant dra egter die bewyslas om aan te toon dat daar rede is om te glo dat die respondent nie koste sal kan betaal nie[4], en dit is eenvoudig nie goed genoeg om op hierdie wyse te bespiegel nie[5]; nie dat die applikant self eers in sy funderende eedsverklaring probeer het om op sulke spekulasie te steun nie. Die applikant het ook, soos reeds gemeld, nooit die bewering gemaak dat hy deur omstandighede verhoed is om meer besonderhede te verskaf nie.
[27]. Mnr Janse van Rensburg het verder betoog dat die verwysing in die teeneis na die respondent se besigheidsperseel, ook vertolk kon word as ‘n verwysing na ‘n gehuurde perseel en nie noodwendig as ‘n verwysing na ‘n perseel wat die eiendom van die respondent is nie. Dit mag moontlik wees, maar dit is weereens nie verduidelik deur die applikant in sy funderende eedsverklaring nie.
[28]. Na my oordeel het die applikant nie in fundering naastenby genoeg gedoen om hom van sy bewyslas te kwyt om aan te toon dat daar rede is om te glo dat die respondent nie koste sal kan betaal nie en dat die respondent dus prima facie aanspreeklik gehou moet word vir die stel van sekuriteit.
[29]. Mnr Janse van Rensburg se betoog, met verwysing na Equitable Trust and Insurance Co. of SA Ltd v Registrar of Banks[6], dat die respondent finansiële state moes openbaar het, gaan nie op nie. Die applikant het nie prima facie aangetoon dat daar rede is om te glo dat die respondent nie koste sal kan betaal nie, en daar was niks vir die respondent om te weerlê nie. Die applikant het ook nooit, soos in daardie geval, beweer dat hy sonder sulke state nie werklik meer inligting kon gee van die respondent se finansiële posisie nie.
[30]. Die applikant het ook geen bewering gemaak dat die bedrag van R350 000.00 toe inderdaad deur die Griffier vasgestel is as die bedrag van die sekuriteit nie. Hy toon nêrens aan dat ook die omvang van hierdie bedrag in geskil is nie. Tog verwag hy, volgens bede 1 van die kennisgewing van mosie, dat die Hof nou sekuriteitstelling in hierdie bedrag moet gelas.
[31]. Al wat die applikant in hierdie verband in sy funderende eedsverklaring aanvoer, is dat ná konsultasie met sy prokureur en advokaat dit geblyk het dat die saak meer omvangryk sou wees (vermoedelik as wat aanvanklik gemeen is toe sekuriteit van R150 000.00 versoek is) en dat sy prokureur daarom toe sekuriteit van R350 000.00 versoek het.
[32]. Alhoewel sy prokureur hierdie bewering bevestig, het nie een van hulle verder gegaan en verduidelik hoe hulle by die bedrag van R350 000.00 uitgekom het nie. Inteendeel, dit is glad nie eers enige van hulle se bewering dat hulle tydens die konsultasie so ‘n bedrag bereken of beraam het nie. Die applikant se bewering (en gevolglik dit wat sy prokureur dus bevestig) is nie tot hierdie effek nie. Die applikant het bloot verklaar dat die verhoogde sekuriteit versoek is nadat hulle tot die gevolgtrekking gekom het dat die saak meer “omvangryk” is en vyf tot ses dae kon duur. Al wat afgelei kan word, is dat hulle tot die slotsom moes gekom het dat ‘n hoër bedrag van sekuriteit benodig word, en al wat die applikant dan verklaar is dat sy prokureur toe die bedrag van R350 000.00 aan sekuriteit versoek het.
[33]. Daar is dus geen deskundige getuienis voor my in hierdie verband nie[7]. Daar kan sekerlik nie op hierdie tipe beweringe verwag word dat die Hof maar self moet uitwerk of R350 000.00 die billike bedrag sal wees nie. Dit sou baie maklik gewees het vir die applikant se prokureur om uiteen te sit hoe die betrokke bedrag bereken en saamgestel is, of vir die applikant om dit in sy funderende eedsverklaring uiteen te sit op advies van sy prokureur en advokaat (en daardie beweringe dan te laat bevestig deur die prokureur). Ook ten aansien van die omvang van die verlangde sekuriteit het die applikant dus nie ‘n saak uitgemaak nie.
[34]. Daar is geen rede waarom die koste nie in hierdie geval die uitslag sal volg nie.
[35]. Bygevolg word die volgende bevel hierin gemaak:
DIE AANSOEK OM SEKURITEITSTELLING WORD AFGEWYS MET KOSTE.
_____
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Applikant / Verweerder: Adv F G Janse van Rensburg
In opdrag van:
Van De Wall & Vennote
Nms Respondent / Eiser: Adv D C Jankowitz
In opdrag van:
Hugo Mathewson & Oosthuizen Ing.
[1] Die kennisgewing van mosie is onderteken op 27 September 2014, maar om een of ander rede dra dit die Griffier se stempel met ‘n datum van 28 Oktober 2014.
[2] 2003 (1) SA 189 (NmS) op 194F - G
[3] Vergelyk Democratic Alliance v Kouga Municipality and others, [2014] 1 All SA 281 (SCA) para [18]
[4] Artikel 8 van die Wet op Beslote Korporasies, 69 van 1984; Belizca Investments 5 CC t/a Mica Hardware & Building Supplies v UCKG Properties, 2004 (4) SA 197 (TKH) para [27]
[5] Northbank Diamonds Ltd v FTK Holland BV and Others, supra, op 194E - F
[6] 1957 (1) SA 689 (T) op 691D - E
[7] Vergelyk Nederlandsche Z.A. Hypotheek Bank v Mears, 1913 TPD 704 op 706; Avenue Shipping Co. Ltd. v S.A. Railways and Harbours and Another, 1936 CPD 486
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.