Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

D Soar h/a Rebuilds for Africa v JC Motors en 'n Ander (429/90) [1992] ZASCA 106; [1992] 2 All SA 302 (A) (1 June 1992)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that JC Motors was entitled to full indemnification from the third party under the warranty against eviction, as it had to refund Naidoo the purchase price after Nedfin Bank, the true owner, reclaimed the vehicle. The court found that JC Motors was not obliged to institute an enrichment action against Nedfin Bank to recover the value of improvements, as such litigation would have been uncertain, costly, and not reasonably required of a prudent businessperson. The burden of proving failure to mitigate damages rested on the third party, who failed to discharge it. The court further noted that the situation was largely caused by the third party's failure to disclose Nedfin Bank's rights. Accordingly, the appeal was dismissed and the third party remained liable for the full amount, including costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

D Soar h/a Rebuilds for Africa

Appellant

JC Motors

Respondent

T L Naidoo

Respondent

Amounts and remedies

  • Purchase Price Paid by Naidoo: ZAR 62,000
  • Interest Paid by JC Motors: ZAR 5,000
  • Value of Improvements by JC Motors: ZAR 37,000
  • Purchase Price Paid by JC Motors to Third Party: ZAR 25,000
  • Purchase Price Paid by Third Party for the Wreck: ZAR 17,500

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Decision of the Transvaal Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that JC Motors should have limited its damages by instituting an enrichment action against Nedfin Bank for improvements made to the vehicle, and that its liability to JC Motors should be reduced accordingly. The appellant further contended that JC Motors failed to take reasonable steps to mitigate its loss and that the warranty against eviction did not extend to the full amount claimed.
Respondent
JC Motors maintained that it was entitled to full indemnification from the third party under the warranty against eviction, as it had to refund Naidoo the purchase price after eviction by Nedfin Bank. JC Motors argued that it was not reasonable or required to pursue uncertain and costly litigation against Nedfin Bank to recover the value of improvements, and that the third party's own conduct contributed to the situation.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Louis Botha Motors v James & Slabbert Motors (Pty) Ltd 1983(3) SA 793 (A)

    A seller is obliged to place the buyer in possession and to warrant against eviction, meaning the seller must ensure that no one with a better right lawfully deprives the buyer of the thing sold.

  2. 02

    Lammers and Lammers v Giovannoni 1955(3) SA 385(A); Alpha Trust (Edms) Bpk v Van der Watt 1975(3) SA 734(A)

    Upon eviction, the buyer is entitled to claim restitution of the purchase price and compensation for damages from the seller under the actio empti.

  3. 03

    Hazis v Transvaal and Delagoa Bay Investment Co Ltd 1939 AD 372

    The rule of mitigation of damages requires a claimant to take reasonable steps to limit loss, but not to undertake actions that a reasonable businessperson would not take in the ordinary course.

  4. 04

    Everett and Another v Marian Heights (Pty) Ltd 1970(1) SA 198(C)

    The burden of proving failure to mitigate damages rests on the defendant.

  5. 05

    Jewelowski v Propp [1944] 1 All ER 483 (KB)

    Where litigation to recover enrichment is uncertain and potentially costly, the claimant is not required to pursue such action to mitigate damages.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that JC Motors was entitled to full indemnification from the third party under the warranty against eviction, as it had to refund Naidoo the purchase price after Nedfin Bank, the true owner, reclaimed the vehicle. The court found that JC Motors was not obliged to institute an enrichment action against Nedfin Bank to recover the value of improvements, as such litigation would have been uncertain, costly, and not reasonably required of a prudent businessperson. The burden of proving failure to mitigate damages rested on the third party, who failed to discharge it. The court further noted that the situation was largely caused by the third party's failure to disclose Nedfin Bank's rights. Accordingly, the appeal was dismissed and the third party remained liable for the full amount, including costs.

Obiter and limits

  • The court observed that Nedfin Bank was not a party to the proceedings and its position regarding a potential enrichment claim was unknown.
  • It was noted that litigation against Nedfin Bank could have resulted in expensive and doubtful outcomes, and the law does not require a party to pursue such risky measures to mitigate damages.
  • The essential question was whether JC Motors acted reasonably in the circumstances, not whether alternative measures could have been taken.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1992] ZASCA 106

Saak nr 429/90 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

Tussen.

D SOAR h/a REBUILDS FOR AFRICA Appellant

(Derde Party a quo)

- en -

J C MOTORS Eerste Respondent

(Verweerder a quo)

T L NAIDOO Tweede Respondent

(Eiser a quo)

CORAM: HOEXTER, NESTADT, VIVIER, MILNE ARR

et VAN COLLER Wn AR.

VERHOOR: 19 Mei 1992.

GELEWER: 1 Junie 1992.

UITSPRAAK

VIVIER AR.

2.

VIVIER AR:

Die tweede respondent ("Naidoo") het die eerste respondent ("J C Motors") in die Transvaalse Provinsiale Afdeling vir betaling van die bedrag van R62 000 met rente daarop en koste gedagvaar. J C Motors het h derdeparty-kennisgewing uitgereik en aan die appellant ("die derde party") beteken waarin hy h vrywaring deur laasgenoemde geëis het van die bedrag met rente daarop en koste wat hy gelas mag word om aan Naidoo te betaal. By die aanvang van die verhoor het die partye die saak tussen Naidoo en J C Motors geskik deurdat laasgenoemde onderneem het om die bedrag van R62 000 met h bedrag van R5 000 as rente en koste aan Naidoo te betaal. Die eis van J C Motors teen die derde party is daarna in die vorm van h gestelde saak ingevolge Hofreël 33 vir beslissing voor die Verhoorhof

3.

geplaas. PREISS R het J C Motors gelyk gegee en het die derde party gelas om aan J C Motors h vrywaring te verstrek vir betaling van die bedrag van R62 000 sowel as die rente en getakseerde koste wat laasgenoemde aan Naidoo moes betaal. Die derde party is ook gelas om die gedingkoste te betaal. Met verlof van die Hof a quo kom die derde party nou in hoer beroep na hierdie Hof.

Die feite wat uit die gestelde saak en die ander stukke blyk, is die volgende. Op 10 Maart 1988 het J C Motors aan Naidoo h gebruikte Mercedes Benz 380 SE motorvoertuig ("die voertuig") vir die bedrag van R62 000 verkoop en gelewer. Daarna, gedurende Oktober 1988, is die voertuig deur die ware eienaar daarvan, Nedfin Bank, as sy eiendom opgeëis en is dit deur Naidoo aan hom gelewer.

Voordat J C Motors besit van die voertuig

4.

gekry het, was dit beskadig in h botsing, as gevolg waarvan die versekeraars die versekerde bedrag aan die destydse bruikhuurder, ene Griesel, uitbetaal en diewrak aan die derde party vir die bedrag van Rl 7 500verkoop het. Die derde party het daarna op 18

Februarie 1987 die wrak aan J C Motors vir die bedrag

van R25 000 verkoop en gelewer, wel wetende dat dit

aangekoop word met die doel om dit te herstel en dit

weer as h herstelde voertuig te verkoop. Die derde

party se vrywaring teen uitwinning is nie uitgesluit

nie. J C Motors het as bona fide possessor die wrak

herstel deur noodsaaklike en nuttige verbeterings ter

waarde van R37 000 aan te bring as gevolg waarvan die

wrak se waarde vermeerder is, en Nedfin Bank, volgens

wat die partye tot die huidige saak ooreengekom het,

ten koste van J C Motors verryk is met 'n bedrag van

R37 000. Soos reeds gemeld, het J C Motors die

5.

voertuig daarna aan Naidoo vir R62 000 verkoop en gelewer.In sy pleit op die derdeparty-kennisgewing was die derde party nie bereid om te erken dat Naidoo deur Nedfin Bank kragtens 'n beter reg van sy besit van die voertuig ontneem is of dat hy (die derde party) teenoor J C Motors vir betaling van enige bedrag aanspreeklik was nie. Vyf dae voor die verhoor in die Hof a quo het die derde party in 'n brief van sy prokureurs aan J C Motors se prokureurs vir die eerste keer erken dat Nedfin Bank 'n beter reg op die voertuig gehad het as Naidoo en dat laasgenoemde teenoor J C Motors op vonnis aoos geëis geregtig was. Dit is verder erken dat J C Motors teenoor die derde party op 'n vrywaring vir die terugbetaling van die koopprys van R25 000 geregtig was. Drie dae voor die verhoor het J C Motors vir die eerste keer bewys gekry van Nedfin

6.

Bank se geldige titel toe Naidoo sy blootleggings= verklaring beteken het. Die eis van Naidoo is daarna geskik, soos reeds gemeld. Die derde party het nog in sy pleit nóg in sy gemelde brief enige verweer ten opsigte van die bedrag van R37 000 geopper. In besonder is die vraag of J C Motors hoegenaamd op 'n vrywaring binne die betekenis van Hofreël 13 teenoor die derde party geregtig was, nooit geopper nie (vgl Eimco (SA) (Pty) Ltd v P Mattioda's Construction Co (SA) (Pty) Ltd 1967(1) SA (N)), Dit wil gevolglik blyk dat die partye dit eens was dat Hofreel 13 wel op die feite van die huidige saak aangewend kon word. Die volgende vrae is daarna in die gestelde saak vir beslissing aan die Hof a quo voorgelê:

1. Was J C Motors, nadat die voertuig aan Nedfin Bank as ware eienaar terugbesorg is, geregtig om h verrykingsaksie teen Nedfin Bank in te stel vir betaling van die bedrag van R37 000

7.

synde noodsaaklike en nuttige verbeterings wat hy as bona fide possessor aan die voertuig aangebring het.

2. Indien die antwoord op vraag 1 bevestigend is, was J C Motors verplig om sodanige aksie in te stel ten einde die skade wat hy gely het as gevolg van die feit dat hy die koopprys van R62 000 aan Naidoo moes terugbetaal, te beperk.

3. Tot welke bedrag is die derde party verplig om 'n vrywaring aan die verkoper te gee.

Die Hof a guo het dit nie nodig gevind om die eerste vraag, naamlik of J C Motors geregtig was om 'n verrykingsaksie teen Nedfin Bank in te stel, te beslis nie. Met verwysing na botsende gesag in ons reg oor hierdie vraag, is bevind dat weens die onsekerheid en die lang vertraging verbonde aan so 'n aksie, dit nie van J C Motors verwag kon word om 'n verrykingsaksie teen Nedfin Bank in te gestel het ten einde sy skade

8.

te beperk nie. Wat die derde vraag betref het die Verhoorhof beslis dat J C Motors teenoor die derde party op h vrywaring geregtig is vir die koopsom en sy volle skade wat uit laasgenoemde se waarborg teen uitwinning vloei.

Die verkoper van 'n saak is verplig om die koper in besit daarvan te stel en om hom teen uitwinning te vrywaar. Dit beteken dat die verkoper daarvoor instaan dat niemand kragtens 'n beter reg die koper wettiglik van die saak sal ontneem nie, en dat hy die koper in sy besit van die saak sal beskerm. In die huidige saak, waar daar 'n reeks van kopers was, word die terugbetaling van die koopprys deur J C Motors aan Naidoo gelykgestel met teruggawe van die verkoopte saak sodat J C Motors teenoor die derde party met reg daarop kon aanspraak maak dat hy uitgewin is (Louis Botha Motors v James & Slabbert Motors (Pty) Ltd 1983(3) SA 793 (A) op 801 D-E). As gevolg van die

9.

uitwinning het J C Motors teenoor die derde party geregtig geword om met die actio empti terugbetaling van die koopprys en vergoeding van sy skade te eis (Lammers and Lammers v Giovannoni 1955(3) SA 385(A) op 390 A-B en Alpha Trust (Edms) Bpk v Van der Watt 1975(3) SA 734(A) op 748 F-G). In die lig van die erkenning in die gestelde saak dat die derde party J C Motors se skade voorsien het, was J C Motors gevolglik geregtig om die volle bedrag van R62 000 van die derde party te eis.

Deels omdat die vrae wat in die gestelde saak aan die Hof a quo vir beslissing voorgelê is, nie verband hou met die derde party se pleit nie, is dit nie duidelik wat presies die Hof a quo gevra is om te beslis nie. Die essensiële vraag kon enersyds wees of, op die gesag van Voet 21.2.25, J C Motors eers die bedrag van R37 000 van Naidoo moes verhaal het en andersyds, of J C Motors in die omstandighede van die

10.

huidige saak versuim het om maatreëls te tref wat 'nredelike man sou getref het om sy skade te beperk of tevermy. Die Hof a quo het duidelik laasgenoemde as dieessensiële vraag beskou en ek sal gevolglik eerste

daarmee handel.

In Hazis v Transvaal and Delagoa Bay

Investment Co Ltd 1939 AD 372 het STRATFORD HR die

reël ten opsigte van beperking van skade as volg op bl

388 gestel :-

"This rule about mitigating damages relates not to what the claimant in fact did, but to what he should have done. It is in essence a claim based on negligence - neglect to do what a reasonable man would do if placed in the position of the person claiming damages. The defendant in such claim says 'admitting that in fact you suffered those damages, you have only yourself to blame for having suffered so much, or at all, because you did not take reasonable steps to protect yourself and, therefore, me.'"

11.

Dit kan gevolglik nie van J C Motors verwag word om enige stappe te gedoen het wat h redelike en versigtige sakeman in die gewone loop van sy besigheid nie sou gedoen het nie (per TINDALL AR in die Hazis-saak op bl 398) . Die bewyslas om te bewys dat J C Motors nie redelike stappe geneem het nie, rus op die derde party. Oor die bewyslas het CORBETT R die volgende in Everett and Another v Marian Heights (Pty) Ltd 1970(1) SA 198(C) op 201 H - 202 A gesê:

"In this regard the Court should not be tooastute to hold that this onus has beendischarged. As Lord McMillan put it in thewell-known case of Banco de Portugal vWaterlow and Sons Ltd, [1932] UKHL 1; 1932 AC 452 at p 506 -'Where the sufferer from a breach ofcontract finds himself in consequence ofthat breach placed in a position ofembarrassment, the measures which he maybe driven to adopt in order to extricatehimself ought not to be weighed in nicescales at the instance of the party whose

12.

breach of contract has occasioned the difficulty. It is often easy after an emergency has passed to criticise the steps which have been taken to meet it, but such criticism does not come well from those who have themselves created the emergency. The law is satisfied if the party placed in a difficult situation by reason of the breach of a duty owed to him has acted reasonably in the adoption of remedial measures, and he will not be held disentitled to recover the cost of such measures merely because the party in breach can suggest that other measures less burdensome to him might have been taken.'"

Hierdie passasie uit die uitspraak van CORBETT R is met goedkeuring aangehaal in die saak van De Pinto and Another v Rensea Investments (Pty) Ltd 1977(2) SA 1000(A), insetsel op 1007 A: sien 1977(4) SA 529. Sien verder Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977(3) SA 670(A) op 689 D-F.

In die veronderstelling dat J C Motors,

13.

nadat hy besit van die voertuig verloor het, regtens 'n verrykingsaksie teen Nedfin Bank kon instel vir die verbeterings wat hy aan die voertuig aangebring het, kan daar, na my mening, in die omstandighede van die huidige saak nie redelikerwys van J C Motors verwag word om so 'n aksie in te gestel het nie. J C Motors moes vir Naidoo betaal op die eerste dag van die verhoor in die Hof a quo. Op daardie stadium het die derde party, ingevolge die vrywaring wat J C Motors van hom geëis het, reeds in die brief van enkele dae tevore sy aanspreeklikheid erken om die koopprys van R25 000 aan J C Motors terug te betaal. J C Motors het in die skikking wat met Naidoo bereik is, onderneem om benewens die bedrag van R62 000 ook rente en laasgenoemde se gedingkoste te betaal. Die voertuig het hom dus op daardie stadium reeds 'n aansienlike bedrag gekos. Nadat die skikking met Naidoo bereik is, sou die saak tussen J C Motors en die derde party

14.

voortgaan. In die lig van die derde party se brief waarna ek reeds verwys het, was J C Motors seker dat sy eis teen die derde party ten minste gedeeltelik sou slaag. Onder hierdie omstandighede kan, na my mening, nie redelikerwys van J C Motors verwag word dat hy die saak teen die derde party vereers moes laat vaar of probeer uitstel, met al die koste-implikasies wat sulke optrede sou inhou, ten einde die gepostuleerde verrykingsaksie teen Nedfin Bank in te stel nie. Die derde party kan ook nie aanvoer dat J C Motors hierdie situasie kon vermy het deur uit die staanspoor Nedfin Bank se reg op die voertuig te aanvaar het, waar hy self nie bereid was om dit te doen nie. In hierdie verband het die Verhoorhof in sy uitspraak tereg opgemerk dat die situasie waarin J C Motors hom bevind het grotendeels, indien nie geheel en al nie, te wyte was aan die derde party se eie versuim om nie Nedfin Bank se reg op die voertuig aan J C Motors bekend te

15.

maak nie.Verder moet in gedagte gehou word dat Nedfin Bank nie 'n party tot die huidige saak is nie, en dat die feite waarop die derde party en J C Motors in die gestelde saak ooreengekom het, hom nie bind nie. Wat Nedfin Bank se houding in die gepostuleerde verrykings= aksie sou gewees het, is onbekend. Nedfin Bank kon moontlik betaling vir die verbeterings geheel of gedeeltelik vrygespring het deur die waarde van die voordeel wat J C Motors uit die gebruik van die voertuig gehad het terwyl dit in sy besit was in verrekening te bring of deur J C Motors toe te laat om die verwyderbare onderdele terug te neem. Oor hierdie aspekte word niks vermeld in die gestelde saak nie. Omtrent die bona fide possessor se verrykingsaksie teen die ware eienaar het SCHREINER AR in die Lammers-saak die volgende op bl 393 A-B gesê :-"Though a general right of retention until

16.

improvements are paid for may be postulated, there are difficult questions of proof, of separability, of set off and of the effect of surrendering possession in the face of a writ or order of court. Into these matters it is unnecessary to enter in detail, but it is manifest that they may easily 'result in expensive and doubtful litigation."

Dit kan gevolglik aanvaar word dat die gepostuleerde litigasie teen Nedfin Bank duur en onseker sou gewees het. Na my mening kan dit nie redelikerwys van J C Motors verwag word om geld te spandeer het op sulke riskante litigasie ten einde sy skade te beperk nie (vgl Jewelowski v Propp [1944] 1 All ER 483 (KB) op 484 F-G).

Ek is gevolglik van mening dat die Verhoorhof tereg die derde party se beroep op die beginsel van beperking van skade verwerp het.

Weens dieselfde oorwegings wat hierbo genoem is, volg dit dat h beroep op Voet 21 .2.25 ook nie

17.

sou kon slaag nie. Voet sê in hierdie passasie onder andere dat slegs in soverre die koper nie die waarde van die verbeterings van die uitwinner d m v sy retensiereg kan verhaal nie, hy 'n verhaalsreg teen die verkoper het. Op die feite wat voor die Verhoorhof geplaas is, was dit nie moontlik om te bevind dat J C Motors enigiets van Nedfin Bank sou kon verhaal het nie. Dit is gevolglik nie nodig om te beslis of die stelling van Voet ook geld vir die koper wat besit van die saak verloor het nie. Dit is ook nie nodig om iets meer te sê oor die betoog in hierdie Hof namens die appellant dat die gepostuleerde vorderingsreg teen Nedfin Bank 'n bate van R37 000 in die boedel van J C Motors gevorm het sodat hy nie skade gely het nie. Die feite wat voor die Verhoorhof was, was eenvoudig onvoldoende om te besluit of die gepostuleerde vorderingsreg enige waarde het.

18. Die appèl word van die hand gewys met koste.

W VIVIER AR.

HOEXTER AR)NESTADT AR) Stem saam.MILNE AR)VAN COLLER Wn AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Louis Botha Motors v James & Slabbert Motors (Pty) Ltd 1983(3) SA 793 (A)

Case cited

Lammers and Lammers v Giovannoni 1955(3) SA 385(A)

Case cited

Alpha Trust (Edms) Bpk v Van der Watt 1975(3) SA 734(A)

Case cited

Hazis v Transvaal and Delagoa Bay Investment Co Ltd 1939 AD 372

Case cited

Everett and Another v Marian Heights (Pty) Ltd 1970(1) SA 198(C)

Case cited

Jewelowski v Propp [1944] 1 All ER 483 (KB)

Case cited

De Pinto and Another v Rensea Investments (Pty) Ltd 1977(2) SA 1000(A)

Case cited

Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977(3) SA 670(A)

Case cited

Eimco (SA) (Pty) Ltd v P Mattioda's Construction Co (SA) (Pty) Ltd 1967(1) SA (N)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.