Dan's Flamingo (JV) v Naledi Staadraad and Another (128/03) [2003] ZANCHC 13 (12 December 2003)
The court found that the arbitral award was final in respect of the issues determined and met the statutory and substantive requirements for being made an order of court. The respondent's arguments regarding futility and enforceability were rejected, as the existence of other creditors or disputes over payment did...
Source-derived case information.
- Citation
- [2003] ZANCHC 13
- Parties
- Applicant: Dan's Flamingo (JV); Respondent: Naledi Staadraad; Respondent: HJD Savenije NO
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 128/03
- Procedural Posture
- Urgent Application / Final Judgment After Opposed Application and Counter Application
- Outcome
- The application to make the arbitral award an order of court is granted. The counter-application for taxation of the arbitrator's fee is granted. Each party to bear its own costs in the main application; the applicant to pay costs of the counter-application.
- Judges
- C.C Williams
- Legal Topics
- Arbitration Award Enforcement, Costs Order, Taksasie of Arbitrator Fees
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Dan's Flamingo (JV)
Applicant
Naledi Staadraad
Respondent
HJD Savenije NO
Respondent
Procedural Posture
Urgent Application / Final Judgment After Opposed Application and Counter Application
Legal Issues
- 1 Whether the arbitral award should be made an order of court under section 31(1) of the Arbitration Act.
- 2 Whether the arbitrator's fee is subject to taxation by the Taxing Master under section 34(1) of the Arbitration Act.
- 3 Who should bear the costs of the main application and the counter-application.
Ratio Decidendi
The court found that the arbitral award was final in respect of the issues determined and met the statutory and substantive requirements for being made an order of court. The respondent's arguments regarding futility and enforceability were rejected, as the existence of other creditors or disputes over payment did not render the award unenforceable. The applicant's conduct in introducing unnecessary confusion and additional prayers led to opposition, but this did not affect the merits of the application. Regarding the counter-application, the court held that the agreed tariff structure for the arbitrator's fee did not amount to a fixed fee, and the respondent was entitled to have the fee...
Court Disposition
The application to make the arbitral award an order of court is granted. The counter-application for taxation of the arbitrator's fee is granted. Each party to bear its own costs in the main application; the applicant to pay costs of the counter-application.
Orders
- Prayer 1 of the Notice of Set Down is granted: the arbitral award is made an order of court.
- Prayer 1 of the counter-application is granted: the arbitrator's fee is to be taxed by the Taxing Master.
Full Case Text
Judgment text and source record
89 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: 128/03
DATUM: 12-12-2003
In die saak tussen:
DANâS FLAMINGO (JV) Applikant
teen
NALEDI STADSRAAD 1 Ste Respondent
HJD SAVENIJE NO 2 De Respondent
CORAM: C.C WILLIAMS R:
U I T S P R A A K
WILLIAMS R:
Die Applikant en die Respondent het gedurende Mei 2000 ân skriftelike konstruksie kontrak aangegaan waarvolgens die Applikant onderneem het om ân verkeertoetssentrum vir die Respondent te Vryburg op te rig. ân Dispuut het tussen die partye ontwikkel wat ooreenkomstig die kontrak vir arbitrasie verwys is.
Die arbiter, Mnr HJDT Savenije, het die arbitrasieverrigtinge waargeneem en op 23 Januarie 2003 sy toekeninnig ten opsigte van die meriete van die dispuut aan die partye beskikbaar gestel. Die kwessie van quantum sou oorstaan vir latere beregting. Die Applikant was grotendeels die suksesvolle party in die arbitrasie en is kostes toegestaan ten gunste van die Applikant op ân Hooggeregshof party en party skaal.
Op 17 Februarie 2003 het die Applikant aansoek uitgereik in hierdie hof vir die volgende regshulp teen die Respondent:
â1.) Dat die tussentydse toekenning van die arbiter, Mnr HJDT Savenije soos gegee op 23 Januarie 2003 ân bevel van hierdie agbare Hof gemaak word kragtens die bepalings van Artikel 31(1) van Wet 42 van 1965 (soos gewysig);
2.) Koste van die aansoek.â
Op 6 Maart 2003 het die partye ân skikking bereik waarvan die tersaaklike gedeeltes van die skikkingsakte as volg lees:
â1.) Die Arbitrasie-Verweerder betaal aan die Arbitrasie-Eiser die bedrag van R450 000-00 in volle en finale vereffening van enige moontlike eis wat die Arbitrasie-Eiser teen die Arbitrasie-Verweerder mag hê welke bedrag insluit rente sowel as koste.
2.) Die Arbitrasie-Verweerder betaal aan die Arbitrasie-Eiser die getakseerde kosterekening soos getakseer deur die Arbiter ten aansien van die uitspraak op die meriete.
3.) Die koste na verwys in punt 1 sluit nie die koste van die verhoor op die meriete in nie, maar sluit alle koste buiten voormelde koste in.â
Op 14 Maart 2003 het die aansoek as onbestrede Mosie voor die hof gedien en is dit uitgestel na aanleiding van sekere probleme in die stukke ondervind deur die voorsittende Regter en het die Applikant ân aanvullende eedsverklaring geliaseer ter opheldering.
Op 27 Maart 2003 is die oorspronklike Kennisgewing van Mosie en gepaardgaande eedsverklarings tesame met die aanvullende eedsverklaring en ân eedsverklaring ter ondersteuning van lasbriewe tot uitwinning, beteken op die Respondent per Balju. ân Kennisgewing van Ter Rolle Plasing is ook op die Respondent beteken wat nou die volgende regshulp aanvra:
1. Dat die tussentydse toekenning van die arbiter, Mnr. HJDT Savenije, soos gegee op 23 Januarie 2003 ân bevel van hierdie agbare Hof gemaak word kragtens die bepalings van Artikel 31(1) van Wet 42 van 1965 (soos gewysig);
2.) Koste van die aansoek, slegs indien die aansoek geopponeer word;
3.) Dat die lasbriewe aangeheg tot die eedsverklaring van Stephanus Daniel Jacobs gedateer 19 Maart 2003, gemagtig word ten bedrae van R261 854,66.
Op 10 April 2003 loods die Respondent ân teenaansoek tesame met opponerende eedsverklaring in die hoofaansoek. Die teenaansoek vra vir ân bevel met die volgende bepalings.
1.) Dat verklaar word dat die Respondent geregtig is om die kosterekenings van die arbiter, Mnr. HJDT Savenije te laat takseer deur die Takseermeester van hierdie Hof alvorens die Respondent verplig is om betaling van die kosterekening te bewerkstellig;
2.) Dat die Applikant en die arbiter (gevoeg staan te word as Tweede Respondent) gesamentlik en afsonderlik gelas word om die koste van hierdie teenaansoek te betaal.
By die aanhoor van die aansoek het die partye ooreengekom dat die arbiter, Mnr. Savenije slegs gevoeg word by die Teenaansoek as Tweede Respondent en het die partye geen beswaar gehad dat dupliserende en tripliserende eedsverklarings toegelaat word nie. Die arbiter, Mnr. Savenije het nie die aansoek opponeer nie en het in ân brief aan die partye se regsverteenwoordigers en die Griffier van hierdie Hof te kenne gegee dat hy hom berus by die Hof se beslissing.
Dit dien gemeld te word dat ten minste die helfte van hierdie lywige aansoekstukke wat 343 gepagineerde bladsye beslaan (tesame met aanhangsels) veroorsaak is deur misverstande grotendeels te wyte aan Applikant.
Applikant het in die eerste plek versuim om aan te toon dat die aanvullende eedsverklaring ten doel gehad het om sekere navrae deur die destyds voorsittende Regter te beantwoord en nie nuwe geskilpunte tussen die partye daar te stel nie. In die tweede plek het die Applikant sonder enige Kennisgewing van Wysiging of aansoek daarvoor, ân Kennisgewing van Ter Rolle Plasing op Respondent beteken wat bykomende regshulp aangevra het (die magtiging van lasbriewe tot uitwinning) wat nie in die oorspronklike Kennisgewing van Mosie aangevra is nie.
Alhoewel Applikant in sy repliserende en tripliserende eedverklaring aanvoer dat die eedsverklaring ten opsigte van die uitreik van lasbriewe nie nodig was om te beteken op Respondent voordat ân bevel toegestaan word nie en dat die spesifieke eedsverklaring en die gepaardgaande regshulp aangevra in die Kennisgewing van Ter Rolle Plasing foutiewelik geliaseer is deur hulle korrespondent te Kimberley, doen dit nie afbreek aan die feit dat op die stadium toe die aansoekstukke op Respondent beteken was die regshulp aangevra uiters verwarrend voorgekom het en boonop onnodig opposisie veroorsaak het.
Ek handel voorts met die geskilpunte tussen die partye.
Wat betref die aansoek om die arbitrasietoekenning ân bevel van die hof te maak voer die Respondent aan dat die regshulp hier aangevra onodig is aangesien:
1.) Die Respondent ân plaaslike owerheid is en te alle tersaaklike tye bevoeg, in staat en van voorneme was om die toekenning te honoveer. Dat die Respondent reeds ten doel hiervan op 10 Februarie 2003 ân skriftelike bankwaarborg aan Applikant se prokureurs voorsien het tot ân bedrag van R557 984,00 plus rente bereken teen 15,5% per jaar vir enige tydperk wat die arbiter mag gelas.
2.) Die skikkingsakte onderteken deur die partye op 3 Maart 2003 alle geskille tussen die partye geskik het asook die oorspronklike aansoek onder saak no. 128/2003.
Verder word daar deur Respondent beweer dat die aansoek om die toekenning ân bevel van die Hof te maak, ooglopend met die doel om die toekenning af te dwing en uitwinning toe te pas, in elk geval futiel is aangesien, die Respondent deur die Ontvanger van Inkomste aangestel is as agent ooreenkomstig die bepalings van Artikel 47 van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde van 1991 reeds op 28 Maart 2002 om alle bedrae deur die Respondent aan die Applikant verskuldig tot en met ân bedrag van R8 811 915,10 aan die Ontvanger van Inkomste oor te betaal.
Hierbenewens het die Landdroshof vir die distrik Vryburg ân skuldbeslagbevel gemaak ingevolge waarvan Respondent gelas is om ân bedrag van R9 580,92 plus koste aan die vonnisskuldeiser Northern Cape Crushers BK te betaal en waarvoor Applikant aan die Respondent toestemming verleen het om die bedrag van die koste af te trek en aan Northern Cape Crushers BK te betaal.
Ook het een van die Applikant se subkontrakteurs wat verantwoordelik was vir die installering van koëlvaste glas by die verkeerstoetssentrum, die glas verwyder as gevolg daarvan dat hulle nie deur Applikant betaal is nie.
PG Glass se houding beweer Respondent is dat hulle die glas sal herinstalleer teen betaling van ân bedrag van R21 850,02.
Behalwe die punte hierbo na verwys wat uitwinning kan kniehalter en die kostebevel aangevra, beweer die Respondent dat dit geen beswaar het daarteen dat die arbitrasietoekenning ân bevel van die hof gemaak word nie.
Na aanleiding van die Applikant se âabandoneringâ van bede 3 van die Kennisgewing van Ter Rolle Plasing, met die verduideliking dat dit irrelevant tot die aansoek is en foutiewelik deur die korrespondent prokureurs te Kimberley ingevoeg is en die Respondent se houding dat dit nie beswaar het teen die toestaan van ân bevel in terme van bede 1 van die Kennisgewing van terrolleplasing nie is al kwessies wat oorbly of die toekenning wel ân bevel van die hof gemaak kan word en die koste van die aansoek.
Artikel 31 van die Arbitrasiewet, Wet 42 van 1965 bepaal soos volg:
â1) ân Toekenning kan, op aansoek by ân bevoegde hof deur ân party by die verwysing na behoorlike kennisgewing aan die ander party of partye, ân hofbevel gemaak word.
2)
3) ân Toekenning wat ân hofbevel gemaak is, kan op dieselfde wyse ten uitvoer gelê word as ân vonnis of bevel met dieselfde strekking.â
Voordat ân toekkenning ân bevel van die hof gemaak kan word moet die Applikant kan aantoon dat die arbitrasieverrigting geskied het ingevolge ân geldige arbitrasie ooreenkoms, dat die arbiter behoorlik aangestel is en dat die toekenning geldig is in terme van die verwysing. Sien in die verband Butler & Finsen, Arbitration in South Africa, Law and Practice, bl. 272 en 273.
Behalwe die statutêre vereistes vir ân geldige toekenning, word die volgende substantiewe vereistes vir ân geldige toekenning deur Butler & Finsen te bl. 261-264 uiteengesit: sekere vereistes ten opsigte van die formaat en taal van die toekenning, sekerheid, finaliteit, uitvoerbaarheid, wettigheid en ook dat die toekenning moet resorteer binne die jurisdiksie van die arbiter.
Alhoewel die geldigheid van die toekenning nie pertinent deur die Respondent aangeval is nie, is daar verwys na die uitvoerbaarheid van die toekenning, wat betref die kostebevel en terloops deur Mnr. Danzfuss wat vir die Respondent optree, gedurende betoog verwys na die finaliteit van die toekenning wat uiteraard ân interim toekenning is en voel ek dus genoodsaak om hierdie twee kwessies kortliks te hanteer.
ân Toekenning is finaal wanneer dit al die geskille wat verwys word vir arbitrasie besleg. Terwyl ân interim toekenning nie al die geskille tussen die partye hanteer nie, moet dit al die geskille waarop ooreengekom is tussen die partye om die onderwerp van die interim toekenning te wees hanteer, en sal die toekenning dan finaal wees ten opsigte van hierdie aspekte. Sien Butler & Frisen bl. 262.
Die onderhawige toekenning sou dan na my mening finaal wees vir doeleindes van ân bevel.
Wat betref die uitvoerbaarheidsvereiste is dit die Respondent se houding dat dit in elk geval ân futiele oefening sal wees indien Applikant die toekenning ân bevel gemaak wil hê om uitwinning toe te pas aangesien daar drie skuldeisers is wat aanspraak maak op die gelde verskuldig deur die Respondent aan die Applikant.
Die geskilpunt tussen die partye op hierdie punt is so verstrengel dat daar nie met sekerheid vanuit die stukke vasgestel kan word of onuitvoerbaarheid ân verweer is teen die magtiging van lasbriewe vir uitwinning of die aansoek om die toekenning ân bevel van die hof te maak nie.
Maar in ieder geval indien onuitvoerbaarheid as ân verweer geopper is teen die maak van ân bevel rus die onus op die Respondent om dit te bewys.
Wat die aaspraakmakers van die Ontvanger van Inkomste betref voer die Applikant aan dat die Ontvanger ân bedrag van R196 540,13 vrygestel het ten opsigte van die koste van die arbitrasie. Die bewering word nie ontken deur die Respondent nie, maar word slegs in twyfel getrek aangesien Respondent nie deur die Ontvanger hiervoor ingelig is nie, maar slegs so skriftelik aan die Applikant se prokureurs kennis gegee is. Respondent se versuim om die vasgestelde geld aan die Applikant oor te betaal todat dit self so opdrag gegee is deur die Ontvanger is te verstane in die omstandighede, maar indien dit blyk dat daar geen vrystelling is nie kan die Respondent in elk geval by uitwinning die verweer opper dat die Ontvanger van Inkomste geregtig is op die betaling.
Dieselfde sal geld vir die bedrag verskuldig aan Northern Cape Crushers. In die spesiefieke geval is daar ân ooreenkoms tussen Applikant om Respondent dat die bedrag verskuldig aan Northern Cape Crushers afgetrek kan word van die bedrag verskuldig aan die Applikant.
PG Glass aan die anderkant is ân subkontrakteur van die Applikant en as sulks bestaan daar ân kontraktuele verhouding tussen Applikant en PG Glass. Daar is geen kontraktuele verhouding tussen Respondent en PG Glass nie. Sien Buzzard Electrical v Jan Smuts Avenue Investments 1996(4) SA 19AA.
In ieder geval het PG Glass reeds die koeëlvaste vensters verwyder as gevolg van Applikant se versuim om hulle daarvoor te betaal en is daar geen aanduiding op watter basis PG Glass nou nog geregtig is op betaling nie.
In terme van die skikkingsakte wat deur die partye aangegaan is op 6 Maart 2003 onderneem die Applikant om toe te sien na die herinstallering van die koëlvaste glas wat deur PG Glass verwyder is, maar hierdie verpligting het niks te doen met PG Glass se eis teenoor Applikant nie. Regtens is daar geen rede waarom Respondent die gelde wat Applikant verskuldig mag wees aan PG Glass kan terughou nie.
Dit wil blyk vannuit die stukke dat Respondent se prokureurs, wat ook optree as prokureurs vir PG Glass, met hierdie gedrag slegs optree as skuldinvordenaars vir PG Glass.
Na my mening dus is daar ook nie bewys dat die toekenning onuitvoerbaar of onmoontlik is nie.
Dit volg dus dat die Applikant suksesvol moet wees in sy aansoek om die arbitrasietoekenning ân bevel van die hof te maak.
Wat die Respondent se Teenaansoek betref bepaal artikel 34(1) van die Arbitrasiewet soos volg:
â34(1) Wanneer die gelde van die arbiter of arbiters of skeidsregter nie by ooreenkoms tussen hom of hulle en die partye by die verwysing vasgestel is nie, kan ân party by die verwysing, ondanks die feit dat daardie gelde reeds deur die partye, of die een of die ander van hulle, betaal mag wees, eis dat daardie gelde getakseer word, en daarop moet daardie gelde deur die takseermeester van die hof getakseer word.
Anders gestel beteken dit dus dat die arbiter se fooi slegs deur die takseermeester takseer kan word indien die partye nie by ooreenkoms die arbiter se fooi vasgestel het nie.
Die partye het met die arbitrasie ooreenkoms ooreengekom op ân tariefstruktuur van die arbiter se fooie soos onder andere R650,00 per uur.
Beide die Applikant sowel as die Tweede Respondent (die arbiter) se houding is dat die arbiter se fooi nie onderworpe is aan taksasie nie aangesien die ooreengekome tarief ân vasgestelde fooi daarstel soos bedoel in artikel 34(1) van die Arbitrasiewet. Verder betoog Mnr. Du Preez is dit nie nodig om die Hof te nader vir ân bevel om die rekening te takseer nie aangesien die takseermeester sondermeer genader kon word vir die taksasie van die rekening.
Mnr. Dansfuzz aan die ander kant betoog dat dit teen die openbare beleid sal wees indien ân arbiter ân fooi kan hef vir enige aantal ure sonder dat die redelikheid daarvan getoets en gekontroleer kan word deur taksasie. Hy betoog ook dat indien Eerste Respondent sou voortgaan om die rekening voor die Takseermeester te plaas sonder dat die hof ân bevel maak daartoe die moontlikhied groot is, gesien die houding van die Applikant en Tweede Respondent dat die taksasie later in geskil geplaas kan word of dat die Takseermeester se bevoegdheid om die rekening te takseer aangeveg sal word.
Die doel van taksasie is om die billikheid en die redelikheid van ân kosterekenig te bepaal. Indien die partye op ân globale fooi vir die arbiter ooreengekom het sou daar nie ân probleem wees nie. ân Party kan nie ân globale fooi aanvaar en daarna die redelikheid daarvan betwis nie. Sien Chapman Dyer Miles & Moorhead Inc v Highmark Investment Holdings CC and others 1998(2) SA608 D & CLD.
ân Party wat toestem tot ân tariefstruktuur aan die anderkant het geen insae in of benul oor hoe die finale kosterekening daar sal uitsien nie en is na my mening geregtig om die redelikheid daarvan deur taksasie te bepaal.
Ek is dus van mening dat ân tariefstruktuur nie gelykstaande is aan ân fooi soos bedoel in Artikel 34(1) van die Arbitrasiewet nie.
Wat die koste van die hoofaansoek betref het ek alreeds my ontevredenheid uitgespreek teenoor die Applikant wat die hofstukke onnodig belas het met ân aansoek om magtiging van lasbriewe wat heeltemal ontersaaklik was tot die aansoek en wat grotendeels meegebring het dat die aansoek deur Respondent geopponeer was. Alhoewel Mnr. Du Preez betoog dat dit ân ooglopende fout aan die kant van Applikant se korrespondent prokureurs was is daar aanvanklik slegs beweer deur die Applikant in die repliserende eedsverklaring dat hierdie aansoek om magtiging van lasbriewe onnodig was en eers in hul tripliserende eedsverklaring dat die spesifieke aansoek en gepaardgaande bedes in die Kennisgewing van Ter Rolle Plasing irrelevant was tot die hoofaansoek. Daar was voldoende geleentheid vir die Applikant om die posisie reg te stel deur ân wysiging van die Kennisgewing van Ter Rolle Plasing en tog is daar niks hieromtrent gedoen nie. Om dinge te vererger is die Kennisgewing van Ter Rolle Plasing en die beëidigde verklaring van Mnr. SD Jacobs waarby aangeheg is die lasbrief tot uitwinning kort voor die aansoek voor die Hof gedien het uit die hofleêr verwyder, klaarblyklik deur die Applikant, en was die Respondent verplig om dit terug te plaas aangesien dit juis hierdie dokumente is wat aanleiding gegee het tot die opponering van die aansoek. Hierdie gedrag deur die Applikant is uiters onreëlmatig en onaanvaarbaar en sal dit nie regverdig wees indien die Eerste Respondent, weliswaar die onsuksesvolle party, die normale kostes van die aansoek dra nie.
Wat die Teenaansoek betref vra die Eerste Respondent ân kostebevel teen beide die Applikant en die Tweede Respondent. Die Tweede Respondent het nie die Teenaansoek opponeer nie en hoef na my mening nie belas te word met ân kostebevel nie.
In die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
1) Bede 1 van die Kennisgewing van ter rolle plasing word toegestaan.
2) Bede 1 van die Teenaansoek word toegestaan.
3) Ten opsigte van die hoofaansoek word dit gelas dat elke party sy eie kostes betaal.
4) Ten opsigte van die Teenaansoek word dit gelas dat die Applikant die koste betaal.
________________________
C.C WILLIAMS
REGTER
Nms. Applikante : Adv. Niël Du Preez
i.o.v. Duncan & Rothman
Nms.1ste Respondent: Adv. FWA Danzfuss
i.o.v Van De Wall & Vennote
Datum van verhoor: 30/06/2003
Datum van uitspraak: 12/12/2002