Davel NO and Others v KTSD Training Centre and Others (A479/09) [2012] ZAGPPHC 23 (15 February 2012)
- Citation
- [2012] ZAGPPHC 23
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- Vorster, Rabie, Thlapi
- Case number
- A479/09
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- Vorster, Rabie, Thlapi
- Case number
- A479/09
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the deregistration of Sonel Personeel BK was a fact and, as a result, the corporation ceased to exist in law. All assets vested in the State as bona vacantia. The applicants, as liquidators, lost their locus standi to pursue claims on behalf of the corporation. Even if the deregistration was erroneous, it remained effective until set aside by a competent court. Therefore, the applicants could not proceed with the appeal or any claims as liquidators. The appeal was struck from the roll and the applicants were ordered to pay the respondents' costs de bonis propriis, including the costs of two counsel.
Court disposition
Appeal struck from the roll; applicants ordered to pay costs de bonis propriis.
Orders
- The appeal is struck from the roll.
- The applicants are ordered to pay the respondents' costs of the appeal de bonis propriis, including the costs of two counsel.
02
Material facts
Parties
Michael Hendrik Davel N.O.
ApplicantThea Christina Lourens N.O.
ApplicantRynette Pieters
ApplicantKTSD Training Centre
RespondentMichael Nchazeni Khumalo
RespondentLieutenant General Mamela Moreti Motau
RespondentMinister of Defence
Respondent03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From High Court Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the deregistration of Sonel Personeel BK deprived the liquidators of locus standi to pursue claims on behalf of the corporation.
- 02
Whether the deregistration was valid and its legal consequences for the proceedings.
- 03
Whether the corporate veil should be pierced to hold individuals personally liable for the debts of Sonel Personeel BK.
Party arguments
- Applicant
- The applicants, acting as liquidators of Sonel Personeel BK, argued that the deregistration of the corporation was erroneous and should not prevent them from exercising their duties as liquidators, including the recovery of debts. They contended that the deregistration was a mistake and that the locus standi should remain until the error was rectified. They also argued for piercing the corporate veil to hold the respondents personally liable for the corporation's debts due to alleged unlawful payments and asset transfers.
- Respondent
- The respondents argued that the deregistration of Sonel Personeel BK was valid and, as a result, the corporation ceased to exist in law. Consequently, the applicants lost their locus standi to act as liquidators or to recover debts on behalf of the corporation. The respondents relied on statutory provisions and case law to support the position that deregistration vests the assets of the corporation in the State as bona vacantia and that any further action by the liquidators was legally incompetent.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Rainbow Diamonds (Edms) Bpk & Others v Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy 1984 (3) SA 1 (A)
Upon deregistration of a close corporation or company, it ceases to exist in law and its assets vest in the State as bona vacantia.
- 02
Oudekraal Estates (Pty) Ltd v City of Cape Town & Others 2004 (6) SA 222 (SCA)
Invalid administrative acts and actions based on them remain effective until set aside by a court.
- 03
Walker Engineering CC t/a Atlantic Steam Services v First Garment Rental (Pty) Ltd (Cape) 2011 (5) SA 14 (WCC)
The locus standi of liquidators is lost upon deregistration of the corporation unless and until the deregistration is set aside.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the deregistration of Sonel Personeel BK was a fact and, as a result, the corporation ceased to exist in law. All assets vested in the State as bona vacantia. The applicants, as liquidators, lost their locus standi to pursue claims on behalf of the corporation. Even if the deregistration was erroneous, it remained effective until set aside by a competent court. Therefore, the applicants could not proceed with the appeal or any claims as liquidators. The appeal was struck from the roll and the applicants were ordered to pay the respondents' costs de bonis propriis, including the costs of two counsel.
Obiter and limits
- The court noted that the deregistration of a corporation, even if erroneous, has legal consequences until it is set aside, in the interests of legal certainty.
- The court observed that the piercing of the corporate veil was not necessary to resolve the locus standi issue in this matter.
Court disposition
Appeal struck from the roll; applicants ordered to pay costs de bonis propriis.
- The appeal is struck from the roll.
- The applicants are ordered to pay the respondents' costs of the appeal de bonis propriis, including the costs of two counsel.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE NOORD GAUTENG HOe HOF.,
PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNR. A479/09
DATUM:15/02/2012
In die saak tussen:
MICHAEL
HENDRIK DAVEL N.O.................................................................. 1STE APPLIKANT
THEA
CHRISTINA LOURENS N.O................................................................. 2DE APPLIKANT
RYNETTE PIETERS........................................................................................3DE
APPLIKANT
en
KTSD
TRAINING CENTRE.......................................................................1STE
RESPONDENT
REGNR. 2002/017346/03
MICHAEL
NCHAZENI KHUMALO..............................................................2DE
RESPONDENT
LUITENANT GENERAAL MAMELA MORETI MOTAU...............................3DE
RESPONDENT
DIE
MINISTER VAN VERDEDIGING......................................................... 4DE RESPONDENT
UITSPRAAK
UVORSTER WR
[1] Die Appeilante appelleer na hierdie Hof met verlof van die Hof a quo teen die gehele uitspraaken bevel van die Hof a quo (Pretorius R) gelewer op 12 Desember 2010 ingevolge waarvan die Applikante se aansoek van die hand gewys is met koste. Die Appeilante in hierdie
appel was ook die Applikante in die Hof a quo en die Respondente in hierdie appel was ook die Respondente in die Hof a quo.
[2] Die Appeilante het in hulle hoedanighede van likwidateurs van die insolvente boedel van Sonel Personeel BK (in likwidasie) aansoek
gedoen vir bevele waarkragtens geldbedrae gevorder is van die Respondente. Die regsgrondslag van daardie vorderings is die onregmatige uitbetaling van geld deur of namens Sonel Personeel BK en onregmatige vervreemding van bates van Sonel Personeel BK aan die Respondente.
[3] Die feite soos vervat in die funderende eedsverklaring en bestrydende eedsverklarings wat voor die Hof a quo gedien het, was in alle wesenlike opsigte gemenesaak. Die dispuut tussen die partye het gegaan oor die toepassing van die reel plus valet quod agitur quam quod simulate concipitur asook die vraag of dit 'n gepaste saak is waarin die korporatiewe kleed deurpriem moes word ten einde die funksionarisse en ampsdraers van die voormaltge beslote korporasie (Sonel Personeel BK) persoonlik aanspreeklik te stel vir die eise van die Appeilante. Dit was gemenesaak tussen die partye dat Sonel Personeel BK befonds is deur die Departement van Verdediging en gebruik is as 'n front vir die bedryf van koverte bedrywjghede deur of in samewerking met die Direktoraat Miiitere Inligting. Die Hof a quo het bevind dat die feite 'n gepaste geval daarstel vir die aanwending van die regsmeganisme van deurprieming van die korporatiewe kleed en gevolglik dat die eise van die Appeilante nie kan slaag nie en gevolglik die eise van die hand gewys met koste. Ons is van oordeel dat die bevinding dat die eise nie kan slaag nie, en op grond van die aanwending van die regsmeganisme van deurprieming van die korporatiewe kleed, aanvegbaar is, en dat die gevolgliktrekking van die Hof a quo waarskynlik eerder korrek is op grond van die toepassing van die plus valet-ree\ waarna hierbo verwys is. Dit is egter nie nodig om in besonderhede daarop in te gaan nie, vir die redes wat hieronder sal volg.
[4] Sedert die saak voor die Hof a quo geargumenteer en beslis is, het daar die volgende plaasgevind, wat grotendeels die debat tussen die partye voor ons in beslaggeneem het:
4.1 Dit is vasgestel dat Sonel Personeel BK op 24 Februarie 2011 gederegistreer is. Die deregistrasie is aangeteken in die rekords van die Registrateur van Maatskappye en Beslote Korporasies en op dieselfde datum is 'n publikasie in die Staatskoerant gedoen kragtens Artikel 26(3) van die Wet op Beslote Korporasies, Nr 69 van 1984. Die Respondente het hierdie feite by wyse van ln eedsverklaring deur Jacobus Smith Erasmus voor ons geplaas.
4.2 Na aanleiding van die eedsverklaring van Erasmus, waarna verwys is in die Respondente se hoofde van betoog het die Appellante 'n eedsverklaring deur Andries Gerhardus de Villiers beteken en liasseer. Daarin word gese dat Erasmus navraag gedoen het by die
Companies and Intellectual Property Commission se kantore en dat hy daar met 'n sekere Emily gepraat het en aan haar die finale
likwidasiebevel van Sone! Personeel BK getoon het. Sy het horn na bewering meegedeel dat daar geen aanduiding op die rekords van die Kommissie was tot die effek dat die beslote korporasie voorheen gelikwideer was nie en dat dit volgens haar klaarbiyklik 'n fout was dat die deregistrasie van die beslote korporasie plaasgevind het en dat dit reggestel sou word. Die Kommissie is die regsopvolger-in-titel van die voormalige Registrateurvan Maatskappyeen Beslote Korporasies, welke regsopvolging plaasgevind het vanwee die bepalings van die Maatskappyewet, Nr 71 van 2008.
[5] Die Respondente se betoog is dat, vanwee die deregistrasie van Sonel Personeel BK, die Appellante (Applikante in die Hof a quo) hulle locus standi verloor het om as likwidateurs in die insolvente boedel van die betrokke beslote korporasie op te tree en enige handelinge as sodanig te verrig, ondermeer die invordering van skulde wat na bewering verskuldig is aan die beslote korporasie. Die Appellante het hierdie standpunt heftig betwis. Beide die Appellante, aan die een kant, en die
Respondente aan die ander kant, het staatgemaak op ln analise van bepahngs van die Wet op Beslote Korporasies en die nuwe Maatskappyewei van 2008 ora hulle standpunte te regverdig. Dit is nie nodig vir doeleindes van 'n beslissing van die vraag of die Appeilante hulle locus standi verloor het by deregistrasie van die beslote korporasie, om 'n oordee! te fel ten aansien van die geldigheid van die deregistrasie nie. Ons rede vir daardie gevolgtrekking is soos hieronder uiteengesit.
[6] By deregistrasie van die beslote korporasie, soos ook in die geval van !n maatskappy, hou die beslote korporasie of maatskappy regtens op om te bestaan en vestig a\le bates daarvan in die Staat as bona vacantia. Vgi. Rainbow Diamonds (Edmsl Bpk & andere v Suid-Afrikaanse Nasionale L e wc ny-a33u?anaiam aatskapkv 1984(3) SA 1 (A); Waiker Engineering CC t/a Atiaptjc Steam Services v First Garment Rerifcaf (Pty) Ltd (Cape) 2011 (5) BA 14 (WCC).
[7] Die betoog voor ons narnens die Appeilante is dat die deregistrasie van Sonel Personeel BK foutiewelik geskied het en dat dit daarom nie 'n beletse! sou wees vir die locus standi van die Appeilante om hulle werk te doen as likwidateurs van die insdvente beslote korporasie nie> kan na ons mening die Appeilante nie help nie. Dit is gevestigde reg dat ongeldige administratiewe handelinge asook handelinge wat geneern word gegrond op daardie ongeldige administratiewe handelinge, regskrag het tot tyd en wyl die ongeldige
administratiewe handelinge tersyde gestel word. Vgl. Oudekraal Estates fPtv) Ltd v City of Cape Town & others 2004(6) SA 222
(SCA) op 224 I - 225 A. Die deregistrasie van Sonel Personeel BK het as 'n feit plaasgevind en die vestiging van die bates van die beslote korporasie in die Staat as bona vacantia is noodwendig regsgevolge wat ipso iure plaasgevind het na aanleiding van die feit van deregistrasie van die beslote korporasie. Dit is, in die belang van regsekerheid, die resultaat wat bestaan en sal voortbestaan tot tyd en wy! die deregistrasie tersyde gestel word in 'n Hof, indien dit sou blyk dat die deregistrasie verkeerdelik plaasgevind het. Gevolglik is die posisie op hierdie stadium dat die noodwendige gevolgtrekking is dat die Appellante nie die nodige locus standi het nie. Dit volg dat die Appellante in dieselfde posisie verkeer as wat Eisers in aksieprosedure verkeer in omstandighedewaar'n bevel van absolusie van die instansie die aangewese bevel sou wees. Die Appellante het hulle locus standi verfoor nadat die saak oorspronklik ingestel en uiteindelik geargumenteer is voor die Hof a quo en nadat uitspraak in daardie Hof gegee is. Op hierdie stadium is daar gevolglik nie rede om enigsins in te meng met die beslissing van die Hof a quo nie. Ons maak gevolglik die volgende bevel:
a) Die appel word van die rol geskrap;
b) Die Appellante word beveel om die Respondente se koste van die appel te betas! de bonis propriis, welke koste die koste van twee advokate insluit.
LI
VORSTER WR
Ek stem saam.
RABIE
R
THLAPI R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.