De Kock v Munisipaliteit van Villiersdorp (C141/2000) [2001] ZALC 43; [2001] 10 BLLR 1111 (LC) (26 March 2001)
- Citation
- [2001] ZALC 43
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Labour Court
- Panel
- A A Landman
- Case number
- C141/2000
More details
- Court
- Labour Court
- Panel
- A A Landman
- Case number
- C141/2000
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appointment of Ms Smith as creditors clerk was indeed influenced by nepotism, as the mayor participated in the selection and appointment process despite being the grandfather of Ms Smith's child. The respondent's witnesses failed to disclose relevant information regarding prior legal advice to recuse the mayor, which the court deemed a deliberate attempt to mislead. However, the applicant did not possess all formal qualifications required for the position and was not among the final shortlisted candidates. The court held that, while nepotism occurred and the applicant was discriminated against, she was not entitled to appointment or compensation due to her lack of formal qualifications and not being a finalist. The court granted a declaratory order condemning the nepotism and ordered the respondent to pay the applicant's costs.
Court disposition
Application partially succeeds: declaratory relief granted; costs awarded to applicant.
Orders
- It is declared that the appointment of Ms JJ Smith as creditors clerk by the respondent was brought about by nepotism and thereby the applicant was discriminated against as contemplated in item 2(1)(a) of Schedule 7 to the Labour Relations Act 66 of 1995.
- The respondent is ordered to pay the applicant's costs.
02
Material facts
Parties
S E De Kock
Applicant Counsel: Adv KlopperMunisipaliteit van Villiersdorp
Respondent Counsel: Adv Vermaak03
Procedural history
Posture
Review Application / Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appointment of Ms Smith as creditors clerk by the respondent was tainted by nepotism.
- 02
Whether the applicant was unfairly discriminated against in the appointment process.
- 03
Whether the applicant is entitled to any relief, including appointment or compensation.
- 04
Whether the respondent complied with fair and objective criteria in the selection process.
Party arguments
- Applicant
- The applicant contended she was the most suitable candidate for the creditors clerk position, possessing all necessary qualifications and experience, including five months acting in the role. She alleged that Ms Smith lacked the required qualifications and experience, and that her appointment was influenced by her familial relationship with the mayor, amounting to nepotism. The applicant further argued that she was unfairly discriminated against on the basis of race and absence of family ties to the mayor, constituting an unfair labour practice under item 2(2)(a) of Schedule 7 to the Labour Relations Act. She sought either appointment to the position with retrospective effect or compensation equivalent to 12 months' salary and costs.
- Respondent
- The respondent maintained that the selection process adhered to the advertised requirements and that the applicant did not possess all formal qualifications, specifically lacking accounting in her matric certificate. The respondent denied any discrimination or nepotism, asserting that the committee considered all candidates fairly and that Ms Smith was appointed based on her qualifications and experience. The respondent argued that the applicant was not among the final shortlisted candidates and that the perception of nepotism was unfounded. The respondent opposed any relief sought by the applicant.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Schedule 7, Labour Relations Act 66 of 1995
Nepotism in public appointments is contrary to constitutional values and undermines fairness in employment practices.
- 02
Abbott v Bargaining Council for the Motor Industry (Western Cape) 1999 20 ILJ 330 (LC)
A party must prove that discrimination occurred on prohibited grounds to succeed in an unfair labour practice claim.
- 03
Snyman v Liquor Licensing Council Windhoek (2) 1963 (1) SA 460 (SWA)
A decision-maker with a direct familial interest in an appointment must recuse themselves to avoid irregularity and bias.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appointment of Ms Smith as creditors clerk was indeed influenced by nepotism, as the mayor participated in the selection and appointment process despite being the grandfather of Ms Smith's child. The respondent's witnesses failed to disclose relevant information regarding prior legal advice to recuse the mayor, which the court deemed a deliberate attempt to mislead. However, the applicant did not possess all formal qualifications required for the position and was not among the final shortlisted candidates. The court held that, while nepotism occurred and the applicant was discriminated against, she was not entitled to appointment or compensation due to her lack of formal qualifications and not being a finalist. The court granted a declaratory order condemning the nepotism and ordered the respondent to pay the applicant's costs.
Obiter and limits
- Nepotism undermines the constitutional values of fairness and equality in public employment.
- The respondent's failure to disclose material facts to the court is unacceptable and warrants judicial censure.
- The court cannot interfere with the appointment of Ms Smith as the applicant did not pursue the appropriate relief and was not joined as a party.
Court disposition
Application partially succeeds: declaratory relief granted; costs awarded to applicant.
- It is declared that the appointment of Ms JJ Smith as creditors clerk by the respondent was brought about by nepotism and thereby the applicant was discriminated against as contemplated in item 2(1)(a) of Schedule 7 to the Labour Relations Act 66 of 1995.
- The respondent is ordered to pay the applicant's costs.
Source and reliance status
Labour Court
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Labour Court
Judgment
IN DIE ARBEIDSHOF VAN
SUID AFRIKA
(Gehou te Kaapstad)
Saak No: C 141 / 2000
In die saak tussen:
S E DE KOCK Applikant
en
DIE MUNISIPALITEIT VAN VILLIERSDORP Respondent
_____________
UITSPRAAK
LANDMAN R :
Die Stadsraad van Villiersdorp, wat naby die Theewaterkloofdam in die Weskaap geleë is, het besluit om aansoeke vir ‘n krediteure klerk in te wag aangesien die vorige bekleër van die pos, Mev Wilkinson, bedank het. Die advertensie is deur die Raad se Regstellende Aksie Komitee (die RAK) opgestel. Dit lees soos volg: “Vakature: Krediteure Klerk. Aansoeke word ingewag van persone met die nodige ondervinding en kwalifikasies vir aanstelling in bogenoemde vakature. Kwalifikasies: Matriek met rekeningkunde asook rekenaar opleiding. Ondervinding: Lone- en Salaris- en rekenaar stelsels. Pligte: Pligte behels onder andere Krediteure, Salarise en Lone en Rekonsiliasies. Diensvoordele: Soos van toepassing op posvlak 5 van ‘n Graad 4 Plaaslike Owerheid. . . . ‘n Volledige Curriculum Vitae, tesame met dokumentêre bewys van kwalifikasies en ondervinding moet die ondergetekende bereik voor of op Dinsdag, 15 Junie 1999.”
Die Stadsraad van Villiersdorp, wat naby die Theewaterkloofdam in die Weskaap geleë is, het besluit om aansoeke vir ‘n krediteure klerk in te wag aangesien die vorige bekleër van die pos, Mev Wilkinson, bedank het. Die advertensie is deur die Raad se Regstellende Aksie Komitee (die RAK) opgestel. Dit lees soos volg:
“Vakature: Krediteure Klerk. Aansoeke word ingewag van persone met die nodige ondervinding en kwalifikasies vir aanstelling in bogenoemde vakature.
Kwalifikasies: Matriek met rekeningkunde asook rekenaar opleiding.
Ondervinding: Lone- en Salaris- en rekenaar stelsels.
Pligte: Pligte behels onder andere Krediteure, Salarise en Lone en Rekonsiliasies.
Diensvoordele: Soos van toepassing op posvlak 5 van ‘n Graad 4 Plaaslike Owerheid.
. . .
‘n Volledige Curriculum Vitae, tesame met dokumentêre bewys van kwalifikasies en ondervinding moet die ondergetekende bereik voor of op Dinsdag, 15 Junie 1999.”
Negentien persone het vir die pos aansoek gedoen. Die RAK, wat Raadslid Ferndale, die burgemeester insluit, het ‘n kortlys van 6 persone opgestel. Die persone was mnr L Johnson, me E Aucamp, me J Du Plessis, me JJ Smith, mev S De Kock, en me M Pestana. Anvanklik is mev De Kock nie genomineer nie. Maar op aandrang van mnr Wentzel, die Stadstesourier, is haar naam ook op die kortlys geplaas. Me Smith is ‘n bruinvrou. Mnr Johnson is ‘n bruinman. Die ander is blanke vroue. Uitnodigings om ‘n onderhoud by te woon is aan die kandidate op die kortlys gestuur. Die onderhoude is egter uitgestel. Voor die onderhoude op 9 Julie
gevoer is, het die RAK weer vergader. Tydens die vergadering het dit geblyk dat vakbonde besorgd was dat: “daar moontlik ’n probleem kan wees met die ondervinding wat benodig word vir die vakature in die Tesourie Afdeling. Die Stadsklerk meld dat hy met Wekpro geskakel het en dat aan hom bevestig is dat ‘n persoon wat nie aan die kwalifikasies wat in die advertensie uiteengesit was, voldoen nie, nie vir ‘n onderhoud genooi kan word nie. Indien die Komitee van meining is dat so ‘n persoon wel genooi behoort te word, moet die pos weer geadverteer word en moet daardie vereiste in die advertensie weggelaat word en/of gewysing word.” Die RAK besluit egter om voort te gaan met die onderhoude en om die res van die skrywe van die vakbonde op ‘n later stadium te hanteer. Dit is ook besluit dat die onderhoude op Vrydagoggend, 9 Julie 1999 om 10:00 gehou sal word.”
Negentien persone het vir die pos aansoek gedoen. Die RAK, wat Raadslid Ferndale, die burgemeester insluit, het ‘n kortlys van 6 persone opgestel. Die persone was mnr L Johnson, me E Aucamp, me J Du Plessis, me JJ Smith, mev S De Kock, en me M Pestana. Anvanklik is mev De Kock nie genomineer nie. Maar op aandrang van mnr Wentzel, die Stadstesourier, is haar naam ook op die kortlys geplaas.
Me Smith is ‘n bruinvrou. Mnr Johnson is ‘n bruinman. Die ander is blanke vroue. Uitnodigings om ‘n onderhoud by te woon is aan die kandidate op die kortlys gestuur. Die onderhoude is egter uitgestel. Voor die onderhoude op 9 Julie
gevoer is, het die RAK weer vergader. Tydens die vergadering het dit geblyk dat vakbonde besorgd was dat:
“daar moontlik ’n probleem kan wees met die ondervinding wat benodig word vir die vakature in die Tesourie Afdeling. Die Stadsklerk meld dat hy met Wekpro geskakel het en dat aan hom bevestig is dat ‘n persoon wat nie aan die kwalifikasies wat in die advertensie uiteengesit was, voldoen nie, nie vir ‘n onderhoud genooi kan word nie. Indien die Komitee van meining is dat so ‘n persoon wel genooi behoort te word, moet die pos weer geadverteer word en moet daardie vereiste in die advertensie weggelaat word en/of gewysing word.”
Die RAK besluit egter om voort te gaan met die onderhoude en om die res van die skrywe van die vakbonde op ‘n later stadium te hanteer. Dit is ook besluit dat die onderhoude op Vrydagoggend, 9 Julie 1999 om 10:00 gehou sal word.”
Op 9 Julie 1999 vergader die RAK. Onderhoude word met die 6 kandidate gevoer. Die komitee bestaan uit die volgende stemgeregtiges: Raadslede Ferndale (Burgemeester), Brinkhuys, Hoko, Mnre Oncke en Barnard (IMATU) en Mnre Dick en Shuma (SAMWU). Mnr Cronje, die Stadsklerk, Hoofklerk en Klerk/Tolk het ook die vergadering bygewoon. Na afhandeling van die onderhoude, word elke stemgeregtigde lid van die RAK die geleentheid gegun om sy keuse bekend te maak en sy keuse te motiveer. Slegs twee van die kandidate word voorgestel, naamlik me Smith en me Pestana. Die RAK gaan oor tot stemming. Mnre Oncke en Barnard stem ten gunste van me Pestana. Die ander lede stem ten gunste van me Smith. Dit is gemeensaak dat die burgemeester mnr Ferndale, wat ten gunste van me Smith se aanstelling gestem het, die oupa is van haar kind. Die burgemeester se seun, mnr Mario Ferndale, is die pa van die kind. Die RAK beveel by die Raad aan dat me Smith as krediteure klerk aangestel word. Die Raad oorweeg die aanstelling op 12 Julie 1999. Die Raad besluit dat me Smith aangestel word en dat sy op 19 Julie vir diens by die Tesourie Departement moet aanmeld. Mnr Ferndale het weer eens aan die verrigtinge deelgeneem. Me Smith het aangemeld en beklee steeds die pos.
Op 9 Julie 1999 vergader die RAK. Onderhoude word met die 6 kandidate gevoer. Die komitee bestaan uit die volgende stemgeregtiges: Raadslede Ferndale (Burgemeester), Brinkhuys, Hoko, Mnre Oncke en Barnard (IMATU) en Mnre Dick en Shuma (SAMWU). Mnr Cronje, die Stadsklerk, Hoofklerk en Klerk/Tolk het ook die vergadering bygewoon.
Na afhandeling van die onderhoude, word elke stemgeregtigde lid van die RAK die geleentheid gegun om sy keuse bekend te maak en sy keuse te motiveer. Slegs twee van die kandidate word voorgestel, naamlik me Smith en me Pestana. Die RAK gaan oor tot stemming. Mnre Oncke en Barnard stem ten gunste van me Pestana. Die ander lede stem ten gunste van me Smith.
Dit is gemeensaak dat die burgemeester mnr Ferndale, wat ten gunste van me Smith se aanstelling gestem het, die oupa is van haar kind. Die burgemeester se seun, mnr Mario Ferndale, is die pa van die kind. Die RAK beveel by die Raad aan dat me Smith as krediteure klerk aangestel word. Die Raad oorweeg die aanstelling op 12 Julie 1999. Die Raad besluit dat me Smith aangestel word en dat sy op 19 Julie vir diens by die Tesourie Departement moet aanmeld. Mnr Ferndale het weer eens aan die verrigtinge deelgeneem. Me Smith het aangemeld en beklee steeds die pos.
Mev De Kock, sowel as me Pestana en me Aucamp was ontevrede met die aanstelling. Mev De Kock het ‘n geskil na die KVBA verwys wat op sy beurt dit na die Weskaapse afdeling van die SA Bedingingsraad vir Plaaslike Bestuur verwys het. Toe dit blyk dat die geskil nie bygelê kon word nie, word dit na hierdie hof verwys. Mev De Kock beweer, in haar pleitstukke, dat sy ‘n geskikte kandidaat vir die pos was aangesien sy oor al die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik het. Daarbenewens het sy vyf maande in die pos waargeneem. Mev De Kock beweer verder dat sy die kandidaat met die beste kwalifikasies, opleiding en ervaring vir die pos van krediteurs klerk was. Sy beweer dat me Smith by mnr Ferndale se seun, inwoon en ook ‘n kind by hom het. Mev De Kock beweer dat me Smith nie oor die nodige kwalifikasies, opleiding, ondervinding of vermoë beskik om die werk te doen nie. Mev De Kock beweer dat die Munisipalitieit van Villiersdorp op grond van haar ras, kleur en etniese herkoms (ek sal na hierdie gronde as ras verwys) gediskrimineer het, en alternatiewe op grond van die feit dat sy geen familieverbintenis met die burgemeester van Villiersdorp het nie (nepotisme). Sy beweer dat die Munisipalitiet ‘n onbillike arbeidspraktyk soos bedoel in item 2(2)(a) van Bylae 7 van die WAV gepleeg het. Sy voer verder aan, indien die Raad aanvoer dat die diskriminasie geregverdig is, beweer sy dat die aanstelling vir die pos van krediteure klerk, nie ‘n aanstelling is soos beoog word in item 2(2)(b) van Bylae 7 van die WAV nie. Sy voer aan dat -
Mev De Kock, sowel as me Pestana en me Aucamp was ontevrede met die aanstelling. Mev De Kock het ‘n geskil na die KVBA verwys wat op sy beurt dit na die Weskaapse afdeling van die SA Bedingingsraad vir Plaaslike Bestuur verwys het. Toe dit blyk dat die geskil nie bygelê kon word nie, word dit na hierdie hof verwys. Mev De Kock beweer, in haar pleitstukke, dat sy ‘n geskikte kandidaat vir die pos was aangesien sy oor al die nodige kwalifikasies en ondervinding beskik het. Daarbenewens het sy vyf maande in die pos waargeneem. Mev De Kock beweer verder dat sy die kandidaat met die beste kwalifikasies, opleiding en ervaring vir die pos van krediteurs klerk was. Sy beweer dat me Smith by mnr Ferndale se seun, inwoon en ook ‘n kind by hom het. Mev De Kock beweer dat me Smith nie oor die nodige kwalifikasies, opleiding, ondervinding of vermoë beskik om die werk te doen nie. Mev De Kock beweer dat die Munisipalitieit van Villiersdorp op grond van haar ras, kleur en etniese herkoms (ek sal na hierdie gronde as ras verwys) gediskrimineer het, en alternatiewe op grond van die feit dat sy geen familieverbintenis met die burgemeester van Villiersdorp het nie (nepotisme). Sy beweer dat die Munisipalitiet ‘n onbillike arbeidspraktyk soos bedoel in item 2(2)(a) van Bylae 7 van die WAV gepleeg het.
Sy voer verder aan, indien die Raad aanvoer dat die diskriminasie geregverdig is, beweer sy dat die aanstelling vir die pos van krediteure klerk, nie ‘n aanstelling is soos beoog word in item 2(2)(b) van Bylae 7 van die WAV nie. Sy voer aan dat -
(a) die respondent op daardie tydstip nie ‘n beleid of program vir regstellende aksie gehad het nie; (b) die advertensie vir die vakante pos van krediteure geen melding gemaak het van ‘n aanstelling ingevolge ‘n beleid vir regstellende aksie nie; (c) van die ses persone met wie daar onderhoude gevoer is, alvorens ‘n aanstelling gedoen is, vier blanke dames was; en (d) geen swart persone vir ‘n onderhoud, alvorens ‘n aanstelling gedoen is, genooi is nie; (e) geen objektiewe of billike kriteria gebruik is deur die Raad by die voer van onderhoude, alvorens ‘n aanstelling gemaak is nie. Mev De Kock verlang dat sy in die pos van krediteure klerk of ‘n gelykwaardige pos met terugwerkende krag vanaf 13 Julie 1999 aangestel word alternatiewelik dat vergoeding aan haar toegestaan word gelykstaande aan 12 maande se besoldiging en die koste van die geding.
(a) die respondent op daardie tydstip nie ‘n beleid of program vir regstellende aksie gehad het nie;
(b) die advertensie vir die vakante pos van krediteure geen melding gemaak het van ‘n aanstelling ingevolge ‘n beleid vir regstellende aksie nie;
(c) van die ses persone met wie daar onderhoude gevoer is, alvorens ‘n aanstelling gedoen is, vier blanke dames was; en
(d) geen swart persone vir ‘n onderhoud, alvorens ‘n aanstelling gedoen is, genooi is nie;
(e) geen objektiewe of billike kriteria gebruik is deur die Raad by die voer van onderhoude, alvorens ‘n aanstelling gemaak is nie.
Mev De Kock verlang dat sy in die pos van krediteure klerk of ‘n gelykwaardige pos met terugwerkende krag vanaf 13 Julie 1999 aangestel word alternatiewelik dat vergoeding aan haar toegestaan word gelykstaande aan 12 maande se besoldiging en die koste van die geding.
Mev De Kock het getuienis gelewer asook dr Scholtz en me Wright. Mnre Cronje, die destydse Stadsklerk, Groenewald, die Hoofklerk, en Raadslede Spilhaus en Brinkhuys is deur die Munisipaliteit as getuies geroep. Nadat die getuienis aangehoor is, het dit geblyk dat die volgende feit gemenesaak is: Mev De Kock beskik oor ‘n Matriek sertifikaat maar sonder Rekenkunde. (b) Die RAK was bewus van haar rekenaar ondervinding. En het ook geweet dat sy, vanweë haar tydelike waarneming van die pos van krediteure klerk in die Villiersdorp Munisipaliteit bekend was met die Abacus rekenaarstelsel. (c) Twee stemgeregtigde lede van die RAK het mev De Kock as onbekwaam vir die pos beskou. Hulle persepsie is dat sy, om dit plat te stel, 'n gemors gemaak het van die bank rekonsiliasie state. Dit is te betwyfel of dit wel die geval was. (d) Geen geleentheid is aan mev De Kock by die onderhoud verleen om haar kant van die saak ten opsigte van die bank rekonsiliasie state aangeleentheid te stel nie.
Mev De Kock het getuienis gelewer asook dr Scholtz en me Wright. Mnre Cronje, die destydse Stadsklerk, Groenewald, die Hoofklerk, en Raadslede Spilhaus en Brinkhuys is deur die Munisipaliteit as getuies geroep. Nadat die getuienis aangehoor is, het dit geblyk dat die volgende feit gemenesaak is:
Mev De Kock beskik oor ‘n Matriek sertifikaat maar sonder Rekenkunde.
(b) Die RAK was bewus van haar rekenaar ondervinding. En het ook geweet dat sy, vanweë haar tydelike waarneming van die pos van krediteure klerk in die Villiersdorp Munisipaliteit bekend was met die Abacus rekenaarstelsel.
(c) Twee stemgeregtigde lede van die RAK het mev De Kock as onbekwaam vir die pos beskou. Hulle persepsie is dat sy, om dit plat te stel, 'n gemors gemaak het van die bank rekonsiliasie state. Dit is te betwyfel of dit wel die geval was.
(d) Geen geleentheid is aan mev De Kock by die onderhoud verleen om haar kant van die saak ten opsigte van die bank rekonsiliasie state aangeleentheid te stel nie.
(e) Na die oordeel van die RAK was slegs me Smith of me Pestana geskik vir aanstelling in die pos. Nadat die komitee gestem het, is me Smith aangewys as die suksusvolle kandidaat. (f) Voor die uitwysing van me Smith is die bevolkingssamestelling van Villiersdorp voorgehou om te bepaal of die aanstelling die diversiteit van Villiersdorp se bevolking weerspieël. (g) Me Smith beskik oor 'n sertifikaat en diploma in rekenaar studies. Die standaard van die sertifikaat en diploma is in twyfel getrek maar geen deskundige getuienis is aangebied nie. Ek is bereid om die aanname te maak dat die kwalifikasies heel basies is. Me Smith beskik oor 'n Matriek sertifikaat met Rekenkunde as vak. Die punte wat sy behaal het, is baie swak. Me Smith het basiese ondervinding met salaris en lone maar waarskynlik het sy nie kennis van die Abacus of die Payday rekenaarsisteme wat vir salaris en lone by Villiersdorp gebruik word nie. (h) Me Smith is die moeder van die kleinkind van die burgemeester, Raadslid Ferndale. Dit is taamlik algemeen bekend in Villiersdorp. Me Pestana het nie ondervinding van lone en salarisse nie.
(e) Na die oordeel van die RAK was slegs me Smith of me Pestana geskik vir aanstelling in die pos. Nadat die komitee gestem het, is me Smith aangewys as die suksusvolle kandidaat.
(f) Voor die uitwysing van me Smith is die bevolkingssamestelling van Villiersdorp voorgehou om te bepaal of die aanstelling die diversiteit van Villiersdorp se bevolking weerspieël.
(g) Me Smith beskik oor 'n sertifikaat en diploma in rekenaar studies. Die standaard van die sertifikaat en diploma is in twyfel getrek maar geen deskundige getuienis is aangebied nie. Ek is bereid om die aanname te maak dat die kwalifikasies heel basies is. Me Smith beskik oor 'n Matriek sertifikaat met Rekenkunde as vak. Die punte wat sy behaal het, is baie swak. Me Smith het basiese ondervinding met salaris en lone maar waarskynlik het sy nie kennis van die Abacus of die Payday rekenaarsisteme wat vir salaris en lone by Villiersdorp gebruik word nie.
(h) Me Smith is die moeder van die kleinkind van die burgemeester, Raadslid Ferndale. Dit is taamlik algemeen bekend in Villiersdorp.
Me Pestana het nie ondervinding van lone en salarisse nie.
Mev De Kock het nie die vereistes van die pos aangeval nie. Sy het ook nie beweer dat die vereistes gemik is, of die uitwerking het, dat dit teen haar op grond van haar ras (blank), geslag (vroulik), etniese herkoms (Afrikaans) diskrimineer nie. Sy maak ook nie staat daarop dat die advertensie teen haar weens die afwesigheid van ’n verwantskap met die burgemeester diskrimineer nie. Adv Klopper, wat namens mev De Kock verskyn het, het aangevoer dat die Raad afstand gedoen het van die vereistes van formele kwalifikasies soos uiteengesit in die advertensie. Dit was egter nie haar saak in die saakstelling nie. Dit word betoog dat aangesien mev De Kock en die ander kandidate, wat nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie, vir onderhoude uitgenooi is, dui aan dat die Raad afstand van die vereistes gedoen het. Na my mening het die Raad hulle by die vereistes gehou. Nog minder het die Raad afstand daarvan gedoen. Inteendeel die besluit om nie die pos te heradverteer nie, 'n voorneme bevestig om aan die kwalifikasie vereistes van die advertensie aan te dring nie. Die RAK was reeds op 5 Julie van mening dat mev De Kock nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie. Dit kan ‘n rede wees waarom sy nie as 'n finalis vir die pos gekies is nie. Geen notule van die gesprekke of die motivering van gunsteling kandidate is gehou nie. Die getuies kon nie die detail onthou nie.
Mev De Kock het nie die vereistes van die pos aangeval nie. Sy het ook nie beweer dat die vereistes gemik is, of die uitwerking het, dat dit teen haar op grond van haar ras (blank), geslag (vroulik), etniese herkoms (Afrikaans) diskrimineer nie. Sy maak ook nie staat daarop dat die advertensie teen haar weens die afwesigheid van ’n verwantskap met die burgemeester diskrimineer nie.
Adv Klopper, wat namens mev De Kock verskyn het, het aangevoer dat die Raad afstand gedoen het van die vereistes van formele kwalifikasies soos uiteengesit in die advertensie. Dit was egter nie haar saak in die saakstelling nie. Dit word betoog dat aangesien mev De Kock en die ander kandidate, wat nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie, vir onderhoude uitgenooi is, dui aan dat die Raad afstand van die vereistes gedoen het. Na my mening het die Raad hulle by die vereistes gehou. Nog minder het die Raad afstand daarvan gedoen. Inteendeel die besluit om nie die pos te heradverteer nie, 'n voorneme bevestig om aan die kwalifikasie vereistes van die advertensie aan te dring nie.
Die RAK was reeds op 5 Julie van mening dat mev De Kock nie oor die formele kwalifikasies beskik het nie. Dit kan ‘n rede wees waarom sy nie as 'n finalis vir die pos gekies is nie. Geen notule van die gesprekke of die motivering van gunsteling kandidate is gehou nie. Die getuies kon nie die detail onthou nie.
Die kernvraag is of mev De Kock bewys het dat die Raad teen haar op grond van ras of het nepotisme, dws voortrekkery, opgetree het. Die lede van die RAK, altans die vier wat getuig het, was daarvan bewus dat die burgemeester die oupa was van me Smith se kind. Bowendien het mnr Brinkhuys getuig dat die verhouding tussen me Smith en Mario Ferndale nog voortduur. Die Raad se getuies het geweet dat die saak, onder andere, oor nepotisme handel. Nie een van die Raad se getuies het gedink dat dit ‘n probleem was dat die burgemeester die ma van sy kleinkind op die kortlys plaas nie, ten gunste van haar stem en deelneem aan die bekragtiging van die aanbeveling van die Raad nie. Op die sesde en finale dag van die verhoor is ‘n skrywe ontdek wat aantoon dat mnr Cronje, die stadsklerk, reeds toe me Smith gedurende April 1999 aansoek vir ‘n kassasierepos by die munisipalitiet geoen het, regsadvies by WEKPRO ingewin. WEKPRO is gevra of dit wenslikheid was dat die burgemeester aan die verrigtinge van die keurkomitee deelneem? ‘n Negatiewe antwoord is ontvang. Dit is aan die burgemeester oorgedra. Hy het hom toe van die komitee onttrek. Dit is onmoontlik dat niemand gedink het dat hierdie inligtig nie tersake was nie by die beoordeling van me Smith vir die krediteure klerk se pos. Ek is
vas van oordeel dat die belangrike brokkie inligting opsetlik deur die munisipaliteit se getuies verswyg is met die doel om die hof te mislei.
Die kernvraag is of mev De Kock bewys het dat die Raad teen haar op grond van ras of het nepotisme, dws voortrekkery, opgetree het.
Die lede van die RAK, altans die vier wat getuig het, was daarvan bewus dat die burgemeester die oupa was van me Smith se kind. Bowendien het mnr Brinkhuys getuig dat die verhouding tussen me Smith en Mario Ferndale nog voortduur. Die Raad se getuies het geweet dat die saak, onder andere, oor nepotisme handel. Nie een van die Raad se getuies het gedink dat dit ‘n probleem was dat die burgemeester die ma van sy kleinkind op die kortlys plaas nie, ten gunste van haar stem en deelneem aan die bekragtiging van die aanbeveling van die Raad nie.
Op die sesde en finale dag van die verhoor is ‘n skrywe ontdek wat aantoon dat mnr Cronje, die stadsklerk, reeds toe me Smith gedurende April 1999 aansoek vir ‘n kassasierepos by die munisipalitiet geoen het, regsadvies by WEKPRO ingewin. WEKPRO is gevra of dit wenslikheid was dat die burgemeester aan die verrigtinge van die keurkomitee deelneem? ‘n Negatiewe antwoord is ontvang. Dit is aan die burgemeester oorgedra. Hy het hom toe van die komitee onttrek. Dit is onmoontlik dat niemand gedink het dat hierdie inligtig nie tersake was nie by die beoordeling van me Smith vir die krediteure klerk se pos. Ek is
vas van oordeel dat die belangrike brokkie inligting opsetlik deur die munisipaliteit se getuies verswyg is met die doel om die hof te mislei.
‘n Tweede skrywe is ontdek wat deur me Smith aan die Raad geskryf het toe sy uitvind dat sy nie die kassasierspos ingepalm het nie. Sy het beswaar aangeteken, onder andere, omdat die burgemeester nie die verrigtinge bygewoon het nie. Toe me Smith in Julie aansoek doen vir die krediteure klerk pos het die lede van die RAK moontlik aan amnesia gely? Hulle onthou nie die advies van WEKPRO nie. Die burgemeester onttrek homself nie en die stadsklerk vergeet dat die regsadvies insgelyk van toepassing is op die situasie. Ek is van oordeel dat die gemeenskaplike gevoel dat dit nie belangrik was dat die burgemeester se belang by die aanstelling van me Smith nie saak maak nie, tesame met die verswyging van relevante getuienis is genoegsame bewys dat die lede van die RAK, ten minste passief, nepotisme te laat seëvier. Die burgemeester, wat nie getuig het nie, het me Smith bevoordeel en dus daartoe bygedra het dat teen die ander kandidate gediskrimineer is. Die vraag of mev De Kock van die verwantskap bewus was en nog steeds aan die verrigtinge deelgeneem het, is nie volledig uitgepluis nie. Die Munisipaliteit het nie gepleit dat sy geweet het van die tersaaklike feite en nog steeds die onderhoud bygewoon het nie. Die vraag is nie aan haar gestel nie. Mnr Brinkhuys het nie geweet of sy bewus was van die feit. Ek moet dus aanvaar dat sy nie geweet het nie.
‘n Tweede skrywe is ontdek wat deur me Smith aan die Raad geskryf het toe sy uitvind dat sy nie die kassasierspos ingepalm het nie. Sy het beswaar aangeteken, onder andere, omdat die burgemeester nie die verrigtinge bygewoon het nie.
Toe me Smith in Julie aansoek doen vir die krediteure klerk pos het die lede van die RAK moontlik aan amnesia gely? Hulle onthou nie die advies van WEKPRO nie. Die burgemeester onttrek homself nie en die stadsklerk vergeet dat die regsadvies insgelyk van toepassing is op die situasie. Ek is van oordeel dat die gemeenskaplike gevoel dat dit nie belangrik was dat die burgemeester se belang by die aanstelling van me Smith nie saak maak nie, tesame met die verswyging van relevante getuienis is genoegsame bewys dat die lede van die RAK, ten minste passief, nepotisme te laat seëvier. Die burgemeester, wat nie getuig het nie, het me Smith bevoordeel en dus daartoe bygedra het dat teen die ander kandidate gediskrimineer is.
Die vraag of mev De Kock van die verwantskap bewus was en nog steeds aan die verrigtinge deelgeneem het, is nie volledig uitgepluis nie. Die Munisipaliteit het nie gepleit dat sy geweet het van die tersaaklike feite en nog steeds die onderhoud bygewoon het nie. Die vraag is nie aan haar gestel nie. Mnr Brinkhuys het nie geweet of sy bewus was van die feit. Ek moet dus aanvaar dat sy nie geweet het nie.
Indien mev De Kock aangedring het op 'n hersiening van die aanstelling van me Smith en die tersydestelling van die aanstelling, soos aanvanklik geëis is, en mits me Smith as 'n party tot die aksie gevoeg was, sou die hof die aanstelling tot niet kon maak. Die RAK en die Raad 'n onreëlmatigheid gepleeg het omdat die burgemeester by drie geleenthede hom aan die verrigtinge weens sy verwantskap met me Smith moes onttrek het. Vergelyk Snyman v Liquor Licensing Council Windhoek (2) 1963 (1) SA 460 (SWA). Mev De Kock het nie op die tersydestelling van me Smith se aanstelling aangedring nie. Sy het hierdie regshulp laat vaar. Die hof kan nie met Me Smith se aanstelling inmeng nie. Alhoewel ek bevind het dat die pos aan me Smith, as gevolg van neoptisme geskeid het, baat dit nie mev De Kock nie. Alhoewel sy moontlik geskik was vir die pos, beskik sy nie oor die formele kwalifikasies nie. Die hof kan nie inmeng met die RAK se daarstelling van die vereistes vir die pos nie. Daarbenewens is daar die persepsie by sommige lede van die RAK dat sy die bankrekonsiliasestate nie na wense hanteer het nie. Hierdie persepsie is dalk nie regverdig nie, maar dit dui nie op die aanwesigheid van diskriminasie nie. Mev De Kock het nie onder die twee finaliste getel nie. Me Pestana sou die pos gekry het indien sy dit geëis het. Mev De Kock kom nie in aanmerking nie. Sien Abbott v Bargaining Council for the Motor Industry (Western Cape)1999 20 ILJ 330 (LC) op para 18. Mev De Kock is dus nie op enige tasbare regshulp geregtig nie.
Indien mev De Kock aangedring het op 'n hersiening van die aanstelling van me Smith en die tersydestelling van die aanstelling, soos aanvanklik geëis is, en mits me Smith as 'n party tot die aksie gevoeg was, sou die hof die aanstelling tot niet kon maak. Die RAK en die Raad 'n onreëlmatigheid gepleeg het omdat die burgemeester by drie geleenthede hom aan die verrigtinge weens sy verwantskap met me Smith moes onttrek het. Vergelyk Snyman v Liquor Licensing Council Windhoek (2) 1963 (1) SA 460 (SWA). Mev De Kock het nie op die tersydestelling van me Smith se aanstelling aangedring nie. Sy het hierdie regshulp laat vaar. Die hof kan nie met Me Smith se aanstelling inmeng nie.
Alhoewel ek bevind het dat die pos aan me Smith, as gevolg van neoptisme geskeid het, baat dit nie mev De Kock nie. Alhoewel sy moontlik geskik was vir die pos, beskik sy nie oor die formele kwalifikasies nie. Die hof kan nie inmeng met die RAK se daarstelling van die vereistes vir die pos nie. Daarbenewens is daar die persepsie by sommige lede van die RAK dat sy die bankrekonsiliasestate nie na wense hanteer het nie. Hierdie persepsie is dalk nie regverdig nie, maar dit dui nie op die aanwesigheid van diskriminasie nie. Mev De Kock het nie onder die twee finaliste getel nie. Me Pestana sou die pos gekry het indien sy dit geëis het. Mev De Kock kom nie in aanmerking nie. Sien Abbott v Bargaining Council for the Motor Industry (Western Cape)1999 20 ILJ 330 (LC) op para 18. Mev De Kock is dus nie op enige tasbare regshulp geregtig nie.
Mev De Kock het egter bewys dat die pos deur middel van neoptisme gevul is. Sy is op ‘n verklarende bevel geregtig. Nepotisme druis in teen ons grondwetlike die waardes en moet die hof sy afkeur wys. Bowendien het die munsipaliteit die hof om die bos probeer lei. ‘n Toepaslike bevel toe koste sal die misnoë van die hof tuisbring. 20.1. Dit word verklaar dat die aanstelling van me JJ Smith as krediteure klerk deur die respondent, die Munisipaliteit van Villiersdorp, te weeggebring is deur nepotisme en daardeur is teen, onder andere, die applikant gediskrimineer soos bedoel in item 2(1)(a) van Bylae 7 tot die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995. 20.2. Die Respondent word gelas om die applikant se koste te betaal. GETEKEN TE BRAAMFONTEIN HIERDIE 26ste DAG MAART 2001 _______
A A LANDMAN Regter van die Arbeidshof van Suid-Africa Datum van verhoor 12, 13, 14, 15, 16, 19 Maart 2001
Mev De Kock het egter bewys dat die pos deur middel van neoptisme gevul is. Sy is op ‘n verklarende bevel geregtig. Nepotisme druis in teen ons grondwetlike die waardes en moet die hof sy afkeur wys. Bowendien het die munsipaliteit die hof om die bos probeer lei. ‘n Toepaslike bevel toe koste sal die misnoë van die hof tuisbring.
20.1. Dit word verklaar dat die aanstelling van me JJ Smith as krediteure klerk deur die respondent, die Munisipaliteit van Villiersdorp, te weeggebring is deur nepotisme en daardeur is teen, onder andere, die applikant gediskrimineer soos bedoel in item 2(1)(a) van Bylae 7 tot die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.
20.2. Die Respondent word gelas om die applikant se koste te betaal.
GETEKEN TE BRAAMFONTEIN HIERDIE 26ste DAG MAART 2001
_______
A A LANDMAN
Regter van die Arbeidshof van Suid-Africa
Datum van verhoor 12, 13, 14, 15, 16, 19 Maart 2001
Datum van uitspraak: 26 Maart 2001 Namens die applikant: Adv Klopper in opdrag van De Wet Prokureurs Namens die respondent: Adv Vermaak amptenaar van WEKPRO
Datum van uitspraak: 26 Maart 2001
Namens die applikant: Adv Klopper in opdrag van De Wet Prokureurs
Namens die respondent: Adv Vermaak amptenaar van WEKPRO
8
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.