Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

De Leeuw and Others v MEC Local Government and Housing Free State and Others (420/05) [2006] ZASCA 89; [2006] SCA 88 (RSA) (18 August 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the MEC's refusal to approve the amendment to the Bloemfontein town planning scheme was rationally connected to the information before him, particularly the absence of a traffic impact study in an area known for traffic congestion. The appellants' reliance on a previous, broader impact study did not address the specific development at issue. The court found no merit in the argument that the decision was unreasonable or that the procedure was unfair, as the appellants should have anticipated the need for a traffic impact study and the procedural requirements were met. Accordingly, the appeal was dismissed with costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Cornelis P De Leeuw

Appellant

Michael Nicolas Georgiou NO

Appellant

Joseph Chemaly NO

Appellant

Stamatios Tsangarakis NO

Appellant

MEC Local Government and Housing Free State

Respondent

Chairperson of the Town Council of the Free State

Respondent

Consouw BK

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From High Court Judgment Refusing Review Application

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellants argued that the MEC's refusal to approve the amendment was unreasonable and lacked a rational connection to the information before him, relying on sections 6(h) and 6(2)(f)(ii)(cc) of PAJA. They further contended that the procedure was unfair because the MEC did not provide them with reasons or an opportunity to respond before making the final decision, especially regarding the absence of a traffic impact study.
Respondent
The respondents maintained that the MEC's decision was rationally connected to the information available, particularly the absence of a traffic impact study in an area known for serious traffic congestion. They argued that the appellants' reliance on a previous, broader impact study was insufficient and that procedural fairness did not require further engagement, as the appellants should have anticipated the need for such a study.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000, s 6(2)(h)

    A court may only set aside an administrative decision for unreasonableness if it is one that no reasonable decision-maker could have made.

  2. 02

    Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000, s 6(2)(f)(ii)(cc)

    There must be an objectively rational connection between the decision and the information before the decision-maker.

  3. 03

    Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000, s 6(2)(c)

    Procedural fairness does not require the decision-maker to provide reasons or an opportunity to respond in every instance, especially where the applicant should have anticipated the need for further information.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the MEC's refusal to approve the amendment to the Bloemfontein town planning scheme was rationally connected to the information before him, particularly the absence of a traffic impact study in an area known for traffic congestion. The appellants' reliance on a previous, broader impact study did not address the specific development at issue. The court found no merit in the argument that the decision was unreasonable or that the procedure was unfair, as the appellants should have anticipated the need for a traffic impact study and the procedural requirements were met. Accordingly, the appeal was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • Substantive unfairness or unreasonableness of an administrative act has never been, and is still not, a ground for review in itself.
  • The absence of a traffic impact study was a clear and obvious deficiency in the application, especially for an experienced town planner.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[2006] SCA 88 (RSA)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL

VAN SUID-AFRIKA

NIE RAPPORTEERBAAR

Saaknommer : 420/2005

In die saak tussen :

CORNELIS

P DE LEEUW EERSTE APPELLANT

MICHAEL

NICOLAS GEORGIOU NO TWEEDE APPELLANT

JOSEPH

CHEMALY NO DERDE APPELLANT

STAMATIOS

TSANGARAKIS NO VIERDE APPELLANT

en

DIE

LID VAN DIE UITVOERENDE

RAAD

VAN DIE VRYSTAATSE

PROVINSIALE

REGERING BELAS

MET

PLAASLIKE REGERING EN

BEHUISING EERSTE

RESPONDENT

VOORSITTER VAN DIE

DORERAAD VAN DIE

VRYSTAAT TWEEDE RESPONDENT

CONSOUW BK DERDE RESPONDENT

CORAM : HARMS, FARLAM, BRAND ARR, MALAN et CACHALIA WND ARR

DATUM : 18 AUGUSTUS 2006

GELEWER : 18 AUGUSTUS 2006

Neutral citation: This judgment may be referred to as De Leeuw v MEC LOCAL Government and Housing, Free State [2006] SCA 88 (RSA).

______________

REDES VIR UITSPRAAK

BRAND AR/

BRAND AR :

[1] Hierdie appèl spruit voort uit 'n aansoek ingevolge die Wet op Opheffing van Beperkings, 84 van 1967 (‘die Wet’) om die aanbring van sekere wysigings aan die dorpsaanlegskema van Bloemfontein. Ooreenkomstig art 3 van die Wet, is die aansoek gerig aan die eerste respondent (‘die LUR’). Sy besluit om dit nie goed te keur nie het gelei tot 'n hersieningsaansoek in die Hooggeregshof van Bloemfontein wat deur Van der Merwe R (met wie Beckley R saamgestem het) van die hand gewys is. Die onderhawige appèl teen dié beslissing is met die verlof van hierdie hof.

[2] Die eiendom waaroor dit gaan is 'n besigheidsperseel in Westdene, Bloemfontein wat, met verwysing na die ankerhuurder, as die Shoprite Checkers-perseel bekend staan. Dit behoort aan 'n trust waarvan die tweede, derde en vierde appellante die trustees is. Die eerste appellant is 'n konsultant stads- en streeksbeplanner wat in opdrag van die trustees die aansoek om wysiging aan die LUR voorberei het. Waarom hy in sy persoonlike hoedanigheid by die daaropvolgende litigasie betrokke geraak het, is nie duidelik nie. Aangesien geeneen van die respondente egter sy locus standi bevraagteken het nie, laat ek dit daar.

[3] Ooreenkomstig die bepalings van die Wet is die kennisgewing van die aansoek gepubliseer en is dit by die betrokke plaaslike owerheid, synde die Mangaung Munisipaliteit (’die munisipaliteit’) ingedien. Aanvanklik het slegs die derde respondent, as eienaar van die aangrensende BMW-gebou, beswaar teen die aansoek geopper. Na verstryking van die tydperk wat ingevolge die Wet vir kommentaar voorgeskryf is, het die munisipaliteit egter ook sy toetrede gemaak deur altesaam tien voorwaardes vir die toestaan van die gevraagde wysigings voor te stel.

[4] Ten einde sy aanbeveling aan die LUR te maak soos wat in die Wet beoog word, het die Dorperaad van die Vrystaat ‘n verhoor gehou wat 'n inspeksie ter plaatse ingesluit het. Tydens die verhoor is die eerste appellant as enigste getuie geroep waarna advokate namens die appellante en die derde respondent hul betoë gelewer het. Luidens die ietwat kriptiese notule van die verrigtinge het die derde respondent onder meer die beswaar geopper dat die invloed van die voorgestelde ontwikkeling op die verkeersvloei in die area nie na behore ondersoek is nie.

[5] In repliek namens die appellante is aangebied om 'n impakstudie voor te lê wat gedoen is vir 'n vorige ontwikkeling, bekend as die Waterfront onwikkeling, en wat betrekking gehad het op 'n veel groter area. Hierdie aanbod is egter deur die Dorperaad van die hand gewys.

[6] Daarna het die Dorperaad toe by die LUR aanbeveel dat hy die appellante se aansoek om wysiging moet toestaan. Soos egter reeds aangedui het die LUR nie die Dorperaad se aanbeveling aanvaar nie. Blykens sy skriftelike redes het een van die LUK se probleme met die aansoek soos aan hom voorgelê, te make gehad met die afwesigheid van 'n verkeersimpakstudie. Dit is bekend, het die LUR aangevoer, dat daar in die omgewing van die Shoprite Checkers-sentrum ernstige verkeersophoping plaasvind. Gevolglik was 'n verkeersimpakstudie na sy oordeel onontbeerlik vir 'n sinvolle oorweging van die aansoek. Volgens die LUK het die appellante se beroep voor die Dorperaad op 'n voorafgaande impakstudie nie sy probleem ontmoet nie. Eerstens, omdat dit nie spesifiek op die betrokke ontwikkeling gerig was nie en, tweedens, omdat dié verslag in elk geval nie deel van die aansoek voor hom was nie.

[7] Soos op appèl namens die appellante geformuleer, is die hersieningsgronde waarop hulle, met verwysing na art 6 van die ‘Promotion of Administrative Justice Act’ 3 van 2000 (‘PAJA’) steun, tweeledig van aard. Eerstens is hulle betoog, met 'n beroep op art 6(h) en 6(2)(f)(ii)(cc) van PAJA, dat die LUR se besluit onredelik was en sonder enige rasionele verbintenis met die inligting wat hy voor hom gehad het. Tweedens het hulle, met 'n beroep op art 6(2)(c), aangevoer dat die prosedure wat die LUR gevolg het onbillik was.

[8] In die breë kan die eerste grond van hersiening waarop die appellante steun myns insiens as ‘substantief’ beskryf word en die tweede as ‘prosedureel’. Ek handel eers met die substantiewe grond. As vertrekpunt in hierdie verband moet in gedagte gehou word dat substantiewe onbillikheid of onredelikheid van 'n administratiewe handeling op sigself nog nooit 'n grond van hersiening was nie en steeds nie is nie.

[9] Dienooreenkomstig kan 'n administratiewe besluit slegs in terme van art 6(2)(h) op grond van onredelikheid ter syde gestel word as die besluit een is wat die funsionaris nie redelikerwys kon geneem het nie Ook die rasionaliteitsvereiste in art 6(2)(f)(ii) beteken nie dat die Hersieningshof met die funksionaris moet saamstem nie. Solank daar 'n objektief rasionele verband (in geval van subartikel (cc)) tussen die besluit en die inligting wat voor die funksionaris was, getrek kan word, is daar aan hierdie vereiste voldoen.

[10] Na my oordeel is daar geen meriete in die appellante se substantiewe aanslag op die besluit nie. Elkeen van die LUR se redes, en veral sy probleem met die afwesigheid van 'n impakstudie, is rasioneel verbind met sy uiteindelike besluit en kom nie naby die graad van onredelikheid wat vir inmenging op hersiening vereis word nie. Op die ou end was die kern van appellante se beswaar dat die LUR onredelik was om nie die saak na die Dorperaad terug te verwys nie. Selfs op die aanvaarding dat hy geregtig was om dit te doen, is die vraag of sy besluit om dit nie te doen nie een is wat hy nie redelikerwys kon geneem het nie. Myns insiens kan dit hoegenaamd nie gesê word nie.

[11] Wat betref die beswaar teen die prosedure wat gevolg is, was die spilpunt van die appellante se betoog dat, toe die LUR besluit het om nie die Dorperaad se aanbeveling te volg nie, hy eers sy redes aan hulle (die appellante) moes verstrek het met die geleentheid om daarop te antwoord alvorens hy besluit het om nie hul aansoek goed te keur nie. Minstens wat die afwesigheid van 'n verkeersimpakstudie betref, is daar weer eens na my oordeel geen meriete in hierdie betoog nie. Die afwesigheid van so 'n impakstudie moes vir 'n ervare dorpsbeplanner soos eerste appellant 'n voor-die-hand-liggende leemte in die aansoek wees. Hierdie leemte is toe deur derde respondent by die vergadering van die Dorperaad onderstreep. Die feit dat die Dorperaad besluit het om nie op so 'n verslag aan te dring nie kan nie aan die LUR se deur gelê word nie.

[12] Gevolglik is die appèl met koste van die hand gewys.

.......................

F D J

BRAND

APPÈLREGTER

Stem saam:

HARMS AR

FARLAM AR

MALAN Wnd

AR

CACHALIA Wnd AR

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Removal of Restrictions Act 84 of 1967

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.