De Villiers v S and Another (904/2006) [2014] ZAFSHC 82 (12 June 2014)
- Citation
- [2014] ZAFSHC 82
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C. Reinders, S. Ebrahim
- Case number
- 904/2006
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C. Reinders, S. Ebrahim
- Case number
- 904/2006
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant's guilty plea was voluntary and informed, based on his own admissions before the magistrate and the absence of any attempt to withdraw those admissions. The applicant failed to provide a satisfactory explanation for the 18-month delay in bringing the review application, and the court held that the delay was unreasonable. Furthermore, the applicant had exhausted his remedies by pursuing an appeal, which was dismissed, and it was not appropriate to reopen the proceedings by way of review. The court was not convinced that any irregularity occurred in the proceedings before the magistrate or that the applicant was improperly influenced. The application for review and setting aside of the conviction and sentence was accordingly dismissed.
Court disposition
Application for review and setting aside of conviction and sentence dismissed.
Orders
- The application for review and setting aside of the conviction and sentence is dismissed.
02
Material facts
Parties
Raymond Daniel De Villiers
Applicant Counsel: D.F. DörflingThe State
Respondent Counsel: J. SwanepoelThe Honourable Regional Magistrate
RespondentAmounts and remedies
- Amount Involved in Theft Charge: ZAR 950,000
- Sentence Imposed (years Imprisonment): 7
- Suspension of Sentence (years): 3
03
Procedural history
Posture
Review Application / Judgment on Application for Review and Setting Aside of Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant's guilty plea was voluntary and informed.
- 02
Whether the applicant's conviction and sentence should be set aside due to alleged irregularities in the proceedings.
- 03
Whether the delay in bringing the review application was reasonable and justified.
- 04
Whether the applicant exhausted all remedies before seeking review.
Party arguments
- Applicant
- The applicant contended that his guilty plea was not voluntary, alleging he was improperly influenced by his legal representatives and did not intend to plead guilty. He argued that his instructions were ignored and that he was not properly advised. He further claimed that the delay in bringing the review application was reasonable, as he awaited the outcome of his appeal, which he believed could render the review academic.
- Respondent
- The respondents argued that the applicant's plea was voluntary and informed, as evidenced by his own statements before the magistrate. They contended that the applicant did not attempt to withdraw any admissions made and that he only sought review after his appeal failed. The respondents maintained that the delay was unreasonable and that the applicant had exhausted his remedies, making review inappropriate.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Wolgroeiersafslaers Edms Bpk v Munisipaliteit Kaapstad 1978 (1) SA 13 (A)
A review application must be brought within a reasonable time after the proceedings in question.
- 02
R v D 1953 (4) SA 384 (A)
Where an appeal on the merits has been heard and dismissed, the proceedings cannot be reopened by way of review of the lower court's proceedings.
- 03
S v Lakay 1998 (1) SACR 91 (C)
If the accused's admissions before the magistrate justify a conviction, legal advice to plead guilty is sound.
- 04
Criminal Procedure Act 51 of 1977, sections 112, 113, 324
The consequences of setting aside a conviction and sentence on review differ fundamentally from those following a successful appeal under section 113 of the Criminal Procedure Act.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant's guilty plea was voluntary and informed, based on his own admissions before the magistrate and the absence of any attempt to withdraw those admissions. The applicant failed to provide a satisfactory explanation for the 18-month delay in bringing the review application, and the court held that the delay was unreasonable. Furthermore, the applicant had exhausted his remedies by pursuing an appeal, which was dismissed, and it was not appropriate to reopen the proceedings by way of review. The court was not convinced that any irregularity occurred in the proceedings before the magistrate or that the applicant was improperly influenced. The application for review and setting aside of the conviction and sentence was accordingly dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that the consequences of a successful review differ significantly from those of a successful appeal under section 113 of the Criminal Procedure Act.
- The applicant's dissatisfaction with the sentence, rather than the conviction, was evident from his initial appeal, indicating acceptance of the guilty plea until the sentence was imposed.
- The applicant, being a qualified accountant, was not uninformed or illiterate and could have terminated his legal representatives' mandate at any stage if dissatisfied.
Court disposition
Application for review and setting aside of conviction and sentence dismissed.
- The application for review and setting aside of the conviction and sentence is dismissed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN
Saaknr 904/2006
In die saak tussen:-
RAYMOND
DANIEL DE VILLIERS ….................................................................................Applikant
en
DIE
STAAT …..............................................................................................................Eerste Respondent
DIE
AGBARE STREEKLANDDROS …................................................................Tweede Respondent
ME
DM SOOMAROO
CORAM: EBRAHIM, R et C. REINDERS, WnR
AANGEHOOR OP: 24 MAART 2014
UITSPRAAK DEUR: C. REINDERS, WnR
GELEWER OP: 12 JUNIE 2014
[1] Die Applikant bring hierdie aansoek vir die hersiening en tersydestelling van sy skuldigbevinding deur die Tweede Respondent op 11 Augustus 2011 op ‘n aanklag van diefstal ten bedrae van R 950 000,00 en die vonnis van 7 (sewe) jaar gevangenisstraf
waarvan 3 (drie) jaar opgeskort is (op toepaslike voorwaardes) deur die Tweede Respondent op 29 November 2011 in die Streekhof te Bloemfontein onder saaknommer 17/1350/2007.
[2] Die aansoek is geopponeer en het die Applikant in die alternatief versoek dat die aangeleentheid vir getuienis verwys word indien die hof nie bereid sou wees om die aansoek te bereg slegs op die stukke nie. Die aansoek met aanhangsels daartoe beloop 515 bladsye. Adv Dörfling SC, namens die Applikant, het egter aan die hand gedoen dat die hof ‘n “robust, common sense” benadering kan volg en die aansoek bereg sonder om dit vir mondelinge getuienis te verwys.
[3] Dit is noodsaaklik dat die agtergrond tot hierdie hersieningsaansoek kortliks geskets word. Die Applikant het aanvanklik tereg gestaan op vier aanklagtes, naamlik bedrog, in die alternatief daartoe diefstal, asook drie statutêre aanklagtes wat verband hou met oortreding van die bepalings van onderskeidelik die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste 37 van 2002 en die Wet op Finansiele Instellings 28 van 2001. Die laaste drie aanklagtes is teruggetrek met die aanvang van die verhoor op 10 Augustus 2011.
[4] Ten tyde van die verhoor op 11 Augustus 2011 was die Applikant verteenwoordig deur Adv Johann Nel in opdrag van mnr Johannes Andreas Kramer van die prokureursfirma Kramer Weihmann & Joubert Ingelyf. Applikant het skuldig gepleit in terme van Art 112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 soos gewysig (“die Wet”) op die aanklag van diefstal. Op 29 November 2011 is Applikant deur Tweede Respondent gevonnis tot 7 (sewe) jaar gevangenisstraf waarvan 3 (drie) jaar opgeskort is op toepaslike voorwaardes.
[5] Op 11 Januarie 2012 het hierdie selfde regspan ‘n aansoek om verlof tot appèl teen die opgelegde vonnis gebring voor die Tweede Respondente, wie die aansoek afgewys het. ‘n Aansoek om borgtog hangende ‘n versoekskrif na hierdie afdeling is insgelyks geweier deur die hof a quo.
[6] Gedurende Februarie 2012 het Applikant ‘n nuwe regspan aangestel. Borg hangende die voortsetting van appèl is op 14 Maart 2012 deur hierdie hof op ‘n dringende basis verleen. Op 5 April 2012 is ‘n aansoek in die hof a quo vir verlof om te appelleer teen Applikant se skuldigbevinding afgewys. ‘n Versoekskrif in terme van Art 309C(2) van die Wet is insgelyks afgewys op 23 Mei 2012. Borgtog is verleng deur hierdie hof hangende ‘n aansoek om verlof tot appèl teen beide die skuldigbevinding en vonnis, welke aansoek op 14 September 2012 afgewys en Applikant se borg ingetrek is.
[7] Die Hoogste Hof van Appèl het op op 27 September 2012 borg verleen aan Applikant hangende ‘n versoekskrif in terme van Art 20(4)(b) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959 teen beide die skuldigbevinding en vonnis opgelê deur die hof a quo. Op 7 Januarie 2013 is verlof verleen om te appelleer na die volbank van hierdie hof slegs ten aansien van die opgelegde vonnis. Hierdie appèl is steeds hangend.
[8] Die basis van hierdie hersieningsaansoek deur Applikant word in sy funderende stukke as volg verwoord:
“Soos wat hieronder sal blyk, bekla ek my lot oor die onreëlmatigheid in die verrigtinge weens die feit dat ek nie vrywillig skuldig gepleit het nie.”
[9] Hierdie gebrek aan vrywilligheid basseer Applikant op twee gronde, naamlik dat hy skuldig gepleit het nadat hy advies ontvang het van sy regsverteenwoordigers oor die moontlike negatiewe uitkoms van sy saak indien hy nie sou skuldig pleit nie, en voorts ook dat sy regspan sy instruksies aan hul geïgnoreer en/of nie behoorlik oorweeg het toe sodanige advies aan hom gegee is nie.
[10] Die onderhawige aansoek is geloods op 5 Maart 2013, dus meer as 18 maande na Applikant se skuldigpleit op 11 Augustus 2011. Applikant voer aan dat die tydsverloop vir die bring van hierdie aansoek redelik is en dat daar geen onredelike vertraging was in die bring van die aansoek nie. Die rede waarom hy hierdie aansoek eers ‘n jaar en ‘n half na sy pleit van skuldig bring is omdat hy geadviseer is deur sy huidige regspan dat ‘n suksesvolle appèl teen sy skuldigbevinding op die skuldig pleit in terme van Art 112 (2) van die Wet daartoe sou lei dat die saak terugverwys word na die hof a quo, die skuldigbevinding tersyde gestel en ‘n pleit van onskuldig genotuleer word in terme van Art 113 van die Wet. Dit sou die aansoek in casu “van akademiese belang” maak.
[11] Alvorens hierdie hof na so ‘n lang tydsverloop behoort in te meng moet die Applikant tot bevrediging kan oortuig dat hy nie vrywillig skuldig gepleit het nie en dat ‘n onreg plaasgevind het.
[12] Die feite wat Applikant in sy Art 112(2)-verklaring gemaak het, het hy bevestig voor die Tweede Respondent as korrek. Doelmatigheidshalwe
word die tersaaklike paragrawe woordeliks aangehaal:
“3. Ek is op hoogte met die beweringe wat in die klagstaat ten aansien van die onderskeie aanklagte my ten laste gelê word en na samesprekings tussen myself en my regsverteenwoordigers het ek opdrag aan hulle gegee om ten aansien van die eerste alternatief tot aanklag 1 ‘n pleit van skuldig aan die Hof te bied.
4. Hierdie opdrag is gegee sonder dat ek deur enigiemand daartoe onbehoorlik beïnvloed is en het dit vrywillig en ongedwonge
geskied, met die volle besef van die gevolge daaraan verbonde.
5. Ek erken die volgende feite, dat:
5.1 Na die oorlye van Mnr PJ Wiese sy eggenote, die klaagster, Mev Amanda Wiese, as eksekutrise van sy boedel aangestel was;
5.2 Ek op versoek van die klaagster, Mev Wiese, die effektiewe bereddering van die boedel hanteer het;
5.3 Gedurende die datum in die klagstaat vermeld, 25 Mei 2005, en te Bloemfontein binne die streekafdeling van die Vrystaat, ‘n tjek ten bedrae van R 950 000-00 uitgemaak is ten gunste van Taakmeesters Trust welke Trust deur my bestuur is en my alter ego was;
5.4 Die trekker van die genoemde tjek die boedel van wyle PJ Wiese was;
5.5 Die voormelde tjek soos ooreengekom sou en moes op die geldmark deur Taakmeesters Trust ten gunste van die boedel van wyle PJ Wiese belê word;
5.6 Die voormelde tjek op 25 Mei 2005 tot die krediet van Taakmeesters Trust in rekeningnommer 4-7060-7319 van Absa Bank, Maitland-wes Tak, Bloemfontein, inbetaal is, soos by oorhandiging daarvan voorsien is;
5.7 Die fondse soos aangetoon op voormelde tjek tot die krediet van Taakmeesters Trust, gekom het;
5.8 Die fondse nie op die geldmark soos ooreengekom bele is nie maar aangewend is om die volgende betalings daarteenoor te maak;
(handgeskrewe invoeging:) welke betalings geensins met die boedel verband hou nie;
5.8.1 JR Vervoer – Bloemfontein (R 100 000-00);
5.8.2 Raymond de Villiers BK (R 250 000-00);
5.8.3 Taakmeesters Trust Besigheidsrekening (R 25 000-00);
5.8.4 L de Villiers (R 13 000-00);
5.8.5 Greeff Familie Trust (R 14 807-00);
5.8.6 Triangle International Trust (R 3 300-00);
5.8.7 Peramide BK (R 10 000-00);
5.8.8 Wilhelm Trust (R 254 583-00);
5.8.9 Saayman A.J (R 155 559-79);
5.8.10 Amber-Lynn Familie Trust (R 35 000-00).
5. Ek bevestig gevolglik dat toe ek nie die mandaat/ooreenkoms soos met die klaagster Mev Wiese ooreengekom, nagekom het nie, my optrede ten gevolge wederregtelik was en dat ek te alle relevante tye van die wederregtelikheid daarvan bewus was.”
[13] Hoewel Applikant nêrens die bewering maak in sy aansoekstukke dat hy enige van die bovermelde erkennings wil terugtrek nie, beweer hy in die voormelde stukke dat sy instruksie aan sy regsverteenwoordigers was dat hy aan mev Wiese verduidelik het dat die betrokke tjek kon belê word met “soortgelyke” rente opbrengs as wat op die geldmarkfonds verkry kon word, dat hy nooit bedoel het om skuldig te pleit nie en deurgaans ontken het dat hy aan enige misdryf skuldig is. (Vergelyk paragraaf 5.5 van sy Art 112(2)-verklaring en Aanhangsel “HER 12”. Die erkennings in paragraaf 5.8 staan steeds onaangeraak.)
[14] Die bewering dat sy regspan sy instruksies aan hulle geïgnoreer het en/of nie behoorlik oorweeg het nie, word genegativeer deur die feit dat sy verklaring aan die vehoorlanddros voorgelees is in sy teenwoordigheid, waarna die landdros hom gevra het of hy dit bevestig en hy onomwonde verklaar het dat hy dit bevestig. As daar ‘n verkeerde erkenning gemaak is en sy regspan sy instruksies aan hulle geïgnoreer het, sou ek verwag het dat hy daar en dan vir die landdros sou meegedeel het dat daar ‘n misverstand is en/of so spoedig daarna dit met sy regspan sou opneem.
[15] Die aansoek om verlof na die Hoogste Hof van Appèl om teen sy skuldigbevinding te appelleer was gedoen suiwer op die basis dat die erkennings wat hy gemaak het voor die landdros, nie ‘n skuldigbevinding regverdig nie (met behoud van al hierdie
erkennings).
[16] Nadat die Applikant sy nuwe regspan aangestel het, is besluit om voort te gaan met die appèl ook wat die skuldigbevinding
aanbetref. Dit was dus in die vooruitsig gestel dat indien die appèl slaag op die skuldigbevinding, alle erkennings wat in die Art 112(2)-verklaring gemaak is, steeds sou staan uit hoofde van die bepalings van Art 113 van die Wet. Die Applikant was dus tevrede dat daardie erkennings steeds sou staan en nie feitelik verkeerd is nie.
[17] Die Applikant se verduideliking waarom hierdie hersie-ningsaansoek eers 18 maande na die skuldigpleit geloods is, is soos reeds genoem volgens hom omdat, indien die appèl op die skuldigbevinding sou slaag, dit hierdie aansoek bloot akademies van aard sou maak. Dit is na my oordeel nie ‘n goeie verduideliking nie.
[18] Dis voor die hand liggend dat die regshulp wat in casu aangevra word (tersydestelling van die skuldigbevinding en vonnis) dramaties verskil van die gevolge wat sou ingetree het indien die Hoogste Hof van Appèl gelas het dat die bepalings van Art 113 toepassing moet vind.
(Vergelyk ook Art 312 van die Wet waarna die Applikant self in sy funderende verklaring verwys.)
[19] Indien hierdie aansoek sou slaag, sou die verrigtinge in die geheel tersyde gestel word en die Applikant de novo aangekla moet word vergeleke met die regsgevolge in terme van Art 113 van die Wet waar alle erkennings steeds sou bly staan en die vervolgingsgesag aangesê word om voort te gaan met die vervolging.
Vergelyk S v Lakay 1998 (1) SASV 91 (K).
[20] Afgesien van bovermelde, kom dit my ook voor of die Applikant sy remedies uitgeput het toe hy met die appèl ten opsigte van die skuldigbevinding voortgegaan het. Waar ‘n appèl op die meriete aangehoor en afgewys is en ‘n finale bevel daaromtrent gegee is deur die hof van appèl, kan die verrigtinge nie weer heropen word by wyse van hersiening van die laer hof verrigtinge nie.
Vergelyk R v D 1953 (4) SA 384 (A).
[21] Inteendeel, appèlverrigtinge is al uitgestel in ‘n geval waar dit geblyk het dat daar verligting vir ‘n appellant kan wees by wyse van hersiening, ten einde die partye geleentheid te gee om eers die hersiening af te handel omdat dit onbehoorlik sou wees vir die hof van appèl om die meriete van die appèl af te wys met die gevolg dat dit onmoontlik sou wees daarna vir die appellant om regsverligting by wyse van hersiening te kry.
Vergelyk: R v Parmanand 1954 (3) SA 833 (A) te 38 D – F;
Coopers SA Pty Ltd v Deutsche Gesell-Schaft Für Schädlingsbekämpfung MBH 1976 (3) SA 352 (A) te 368 H – 369 F.
[22] Hoewel hierdie hersieningsaansoek alreeds vir die bovermelde redes moet faal, is ek in ieder geval nie oortuig dat die beskuldigde
onbehoorlik beinvloed was welke ‘n onreëlmatigheid daargestel het sodanig dat hierdie hof die verrigtinge voor die landdros moet hersien, regstel of tersydestel nie.
[23] Ek het reeds daarop gewys dat die erkennings wat die Applikant in sy Art 112(2)-pleitverduideliking gemaak het, die Hoogste Hof van Appèl genoop het om te bevind dat die skuldigbevinding in orde is. Ek het ook daarop gewys dat in hierdie verrigtinge die Applikant nie daardie erkennings ernstig aanval of poog om dit terug te trek nie. Die verhoorlanddros het die Applikant tereg ondervra of hy die inhoud van die verklaring bevestig en of dit die waarheid is. Indien daardie feite nie in geskil sou wees nie, sou die regsadvies van sy advokaat en prokureur dat hy skuldig behoort te pleit goeie advies wees omdat daardie feite (soos deur die Hoogste Hof van Appèl bevestig), hom skuldig maak aan diefstal.
[24] Inaggenome die agtergrond van die meerdere klagtes wat daar teen die Applikant was en waarvan sommiges laat vaar is en die lang onderhandelinge tussen sy regspan en die Direkteur Openbare Vervolging om ‘n pleitvergelyking te bereik, is die afleiding
onvermydelik dat hierdie aspekte volledig met die Applikant bespreek is en hy adviseer is dat hy op die diefstalklagte moet skuldig pleit. Hoewel hy onwillig mag gewees het, het hy ‘n ingeligte besluit geneem, nadat hy die korrekte advies ontvang het.
[25] Hierdie feit word bekragtig en bevestig deur die feit dat nadat Applikant skuldig bevind is, hy getuienis ter versagting van vonnis gaan aanbied het en nadat hy ‘n vonnis ontvang het waarmee hy nie tevrede was nie, besluit het om teen die vonnis te appelleer. Die afleiding is onteenseglik dat hy ‘n sekere verwagting gehad het oor sy vonnis (volgens hom “80/20%” soos deur sy regsverteenwoordiger aan hom meegedeel is) en indien dit sou resulteer, hy nooit sou wou appelleer teen die skuldigbevinding nie.
[26] Inteendeel die feit dat hy tevrede was met die skuldigpleit en daarby berus het, is te vinde in die feit dat hy net appèl aangeteken het teen die vonnis. Die afleiding is onvermydelik dat indien hy ‘n ligter vonnis opgelê was, hy tevrede sou wees met die skuldigbevinding. Dit is nie Applikant se saak dat sy eertydse regspan nie sy instruksies uitgevoer het deurdat hul verkeerdelik nie teen die skuldigbevinding appelleer het nie.
[27] Hoewel die Applikant alreeds op 11 Augustus 2011 volgens hom onder dwang skuldig gepleit het, neem hy verlief hiermee tot en met sy vonnisoplegging meer as drie maande later. Dit was eers nadat hy gesien het dat hy nie met die vonnis suksesvol is nie, dat hy besluit het om die Hoogste Hof van Appèl te nader vir ‘n tersydestellling van die skuldigbevinding op grond van Art 113.
[28] Trouens, uit die Applikant se funderende eedsverklaring blyk dit dat die Applikant eers op hierdie stadium soos hy dit verwoord “tot in my siel verontreg” was omrede hy nooit skuldig wou pleit nie. Ten spyte daarvan dat hy tot hierdie mate verontreg is, en dit alreeds gedurende Februarie 2012 na konsultasie met sy nuwe regspan “duidelik geraak het” vir hom dat die gebeure voor sy skuldigbevinding ‘n “regsbasis daarstel” vir ‘n hersieningsprosedure, maak hy nie die keuse om hierdie onreg te herstel nie, maar kies om eerder te begin met ‘n appèlproses teen die skuldigbevinding. Toe die Applikant nie hiermee slaag nie word hierdie hersieningsaansoek 18 maande later eers gebring.
[29] Mnr Dörfling in sy hoofde van betoog voer aan dat die pleitonderhandelinge in terme van Art 105A van die Wet wat mnr Nel
met die Eerste Respondent gehad het, slegs met betrekking tot die statutêre aanklagte teen die Aplikant was en dat die Art 112 skuldigpleit derhalwe ‘n afwyking is van die instruksie aan Applikant se regspan dat hy onskuldig wou pleit op ‘n aanklag van bedrog en/of diefstal. Ten spyte daarvan dat Applikant in hierdie aansoek volledig handel met die aard van al die aanklagtes teen hom en sy instruksies aan sy regspan, gee hy geen verduideliking waarom hy nie alreeds tydens pleitonderhandelinge tussen mnr Nel en die Eerste Respondent sy regspan daarmee gekonfronteer het dat hy aan geen klagtes wou skuldig pleit nie en sy regspan tyd verspil met onderhandelinge terwyl hy bloot onskuldig wil pleit nie.
[30] Op Applikant se eie weergawe het sy regspan met hom konsulteer oor die implikasies van hetsy ‘n onskuldig of skuldig pleit op die dag van die verhoor.
“Voordat ek skuldig gepleit het, het Adv Nel aan my gemeld dat indien ek skuldig bevind sou word op ‘n aanklag van bedrog of diefstal waarby meer as R 500,000.00 betrokke is, die Landdros verplig sou wees om ‘n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf te oorweeg. Dit was duidelik uit Adv Nel se mededelings aan my dat hy bekommerd was dat die minimum vonnis my opgelê sou kon word indien ek na ‘n verhoor waarin ek onskuldig pleit, skuldig bevind sou word.
Ek het navraag gedoen by Mnr Kramer wat die kans was dat ek ‘n buite straf sou kry indien ek sou skuldig pleit soos deur die
Staatsadvokaat versoek. Mnr Kramer het aangedui dat ek waarskynlik ‘n 80/20% kans het om ‘n buite straf te kry. Ek het teësinnig aan my regspan ‘n mandaat gegee om hierdie pleit verder te voer.”
[31] Hierna word die pleit voorberei vir en namens die Applikant in ooreenstemming met die bepalings van Art 112(2) van die Wet en aan Applikant voorgehou. Applikant beskryf die rede waarom hy die pleit onderteken het as volg:
“Ek was desperaat en het nie geweet wat om te doen nie. Op daardie stadium het ek geglo dat ek of die skuldig pleit moet onderteken of dat ek moet aanvaar dat indien ek op verhoor sou gaan en skuldig bevind sou word ek myself blootstel aan 15 jaar gevangenisstraf. In die lig van die feit dat my regspan aangedring het daarop dat ek eerder skuldig moet pleit, het ek besluit om die dokument te onderteken. Net voordat ek dit onderteken het het ek teenoor Adv Nel opgemerk dat dit vir my sleg is om dit te teken, maar dat ek seker nie ‘n keuse het nie. Adv Nel het nie hierop reageer nie.”
En voorts:
“Die pleitverduideliking was egter nie ‘n vrywillige en ongedwonge erkenning van aanspreeklikheid van my kant nie. Ek is nie onderleg in die reg nie. Ek het deurgans vertrou op die regsadvies van my regsverteenwoordigers en het ek gevolglik teen my sin skuldig gepleit.”
[32] Applikant is ‘n rekenmeester, en derhalwe beslis nie ongeletterd en/of oningelig nie. Nêrens in sy funderende of
repliserende eedsverklaring meld Applikant dat hy nie bewus was daarvan dat hy sy regspan se mandaat kon beëindig indien hy van oordeel was hul tree strydig met sy instruksies op nie. Dit is inderdaad onwaarskynlik dat Applikant nie sou weet dat hy na keuse op enige stadium sy regspan se mandaat kon beëindig nie. Ek sou verwag dat die Applikant na skuldigbevinding uiters ontsteld sou wees. Hy was nie, inteendeel verklaar hy as volg:
“Na vonnisoplegging was ek tot in my siel verontreg omrede ek nooit skuldig wou gepleit het aan enige misdrywe nie, maar op aanbeveling van my destydse regspan wel skuldig gepleit het. By nabetragting het ek besluit om verdere regsadvies in die verband te bekom.”
[33] Dit is ondenkbaar dat Applikant in die drie maande na skuldigbevinding maar voor vonnisoplegging, nie bekommerd was oor die
feit dat hy skuldig bevind is terwyl, op sy weergawe, hy nooit aan enige klagte wou skuldig pleit nie.
[34] Dat ‘n hersieningsaansoek binne ‘n redelike tyd gebring moet word is gevestigde reg.
Vergelyk Wolgroeiersafslaers Edms Bpk v Munisipaliteit Kaapstad 1978 (1) SA 13 A op 38 H – 42 D.
[35] In die onderhawige geval het 18 maande verloop voordat hierdie hersieningsaansoek geïniseer is. Na my oordeel is die tydsverloop onredelik lank en is hierdie ‘n geval waar dit van die Applikant verwag word om ‘n aanvaarbare verduideliking te gee vir die versuim om hierdie aansoek binne ‘n redelike tyd te loods.
[36] Die Applikant het dit ooglopend besef en vir daardie rede gepoog om sy versuim te verduidelik deur te verklaar dat hierdie aansoek agterweë gehou is hangende die uitslag van sy versoekskrif tot die Hoogste Hof van Appèl rakende die skuldigbevinding.
[37] Ek het reeds daarop gewys dat die verduideliking nie bevredigend is nie en dat die regsgevolge indien die Hoogste Hof van Appèl
die skuldigbevinding sou tersydestel ooreenkomstig die bepalings van Art 113 vergeleke met die gevolge van hierdie hersieningsaansoek
(inaggenome die bepalings van Art 324 van die Wet), nie akademies is nie, maar inteendeel dramaties verskil.
[38] Ek is dus nie oortuig dat die Applikant ‘n behoorlike saak uitgemaak het dat die verrigtinge in die verhoorhof onreëlmatig
was, hersien moet word en/of tersydegestel moet word nie.
[39] Ek kan ook geen rede vind en het die Applikant my ook nie oortuig dat dit enige doel sal dien om die aansoek vir getuienis te verwys nie.
[40] Gevolglik word die aansoek afgewys.
_____
C. REINDERS, WnR
Ek stem saam.
_____
S. EBRAHIM, R
Namens Applikant: Adv D.F. Dörfling
In opdrag van:
Martins Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens Respondente: Adv J. Swanepoel
In opdrag van:
Direkteur OpenbareVervolging
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.