Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

De Villiers v S (CA&R96/2016) [2016] ZANCHC 46 (9 December 2016)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the trial court made several factual errors in its assessment of the evidence, including relying on its own knowledge of the area and failing to properly consider the appellant's uncontested testimony and the statutory factors relevant to negligence. The appellant's version was not discredited in cross-examination and was consistent with the expert evidence that the police vehicle was travelling at a high speed. The court held that a reasonable person in the appellant's position would not have foreseen that her conduct could cause the collision, and even if she made an error in judgment regarding the speed of the oncoming vehicle, such an error could also have been made by a reasonable person. The State failed to prove beyond reasonable doubt that the appellant drove negligently. Accordingly, the conviction and sentence were set aside and the appeal succeeded.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

Orders

  • The appeal succeeds.
  • The conviction and sentence are set aside.

02

Material facts

Parties

Wilhelmina Susanna De Villiers

Appellant Counsel: Eillert

The State

Respondent Counsel: Barnard

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the trial court erred in rejecting the appellant's version, failed to properly apply the reasonable foreseeability test, and did not consider the statutory factors listed in section 63(3) of the National Road Traffic Act. It was submitted that even if the appellant made an error in judgment regarding the speed of the oncoming vehicle, a reasonable person in her position could have made the same error, and thus she was not negligent.
Respondent
Counsel for the respondent contended, with reference to S v Truter, that a reasonable person in the appellant's circumstances would have ensured it was safe to enter the road and would have allowed sufficient time to do so. It was further argued that the trial court correctly found, based on the location of the damage to the appellant's vehicle, that the police vehicle was much closer than the appellant believed when she attempted the U-turn.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rex v Meiring 1927 AD 41; Bester v Commercial Union 1973 (1) SA 769 (A)

    Negligence in criminal law is determined by the reasonable person test, requiring proof beyond reasonable doubt that the accused failed to exercise the degree of care and skill expected of a reasonable person in the circumstances.

  2. 02

    Herschel v Marupe 1954 (3) SA 464 (A) at 490F; S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) at 879D-E

    The reasonable person is not overly cautious or timid but acts with moderation and prudent common sense, taking reasonable precautions and expecting others to do likewise.

  3. 03

    National Road Traffic Act 93 of 1996, section 63(3)

    In evaluating negligence, the court must consider statutory factors such as the nature, condition, and use of the public road, the amount of traffic at the relevant time, and the speed and manner of driving.

  4. 04

    Jacobs & Another v Transnet Limited t/a Metrorail & Another 2015 (1) SA 139 (HHA)

    Where the trial court has made material factual errors, the appeal court is entitled to reconsider the evidence and reach its own conclusions.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the trial court made several factual errors in its assessment of the evidence, including relying on its own knowledge of the area and failing to properly consider the appellant's uncontested testimony and the statutory factors relevant to negligence. The appellant's version was not discredited in cross-examination and was consistent with the expert evidence that the police vehicle was travelling at a high speed. The court held that a reasonable person in the appellant's position would not have foreseen that her conduct could cause the collision, and even if she made an error in judgment regarding the speed of the oncoming vehicle, such an error could also have been made by a reasonable person. The State failed to prove beyond reasonable doubt that the appellant drove negligently. Accordingly, the conviction and sentence were set aside and the appeal succeeded.

Obiter and limits

  • The court noted that the absence of evidence regarding the time required to execute the U-turn and the distances involved undermined the trial court's findings.
  • The appellant's regular use of the route and prior safe execution of U-turns supported her version that she believed it was safe to turn.
  • The trial court's reliance on its own knowledge of the area, in the absence of evidence, was inappropriate.

Court disposition

Appeal upheld; conviction and sentence set aside.

  • The appeal succeeds.
  • The conviction and sentence are set aside.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2016] ZANCHC 46

Verslagwaardig: Nee

Sirkuleer Aan Regters: Nee

Sirkuleer aan Streeklanddroste: Nee

Sirkuleer Aan Landdroste: Nee

IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)

Saakno : I Case number:

CA & R 96/ 2016

Datum verhoor : / Date heard:

28 I 11 I 2016

Datum gelewer: I Date delivered : 09 I 12 I 2016

In die appel van:

WILHELMINA

SUSANNA DE VILLIERS Appellante

en

DIE STAAT Respondent

Coram: Olivier, R en Erasmus, WnR

UITSPRAAK OP APPÈL

Erasmus, Wn R

[1] Me De Villiers, die appellante, appelleer teen haar skuldigbevinding in die landdroshof te Upington aan 'n oortreding van Artikel 63(1) van die Nasionale Padverkeerswet, Nr 93 van 1996 ("die Wet"), te wete nalatige bestuur.

[2] Dit is gemene saak dat die appellante in die vroee oggendure van 1 August 2012 te Schroderstraat, Upington in 'n botsing betrokke was met 'n Toyota Avanza voertuig van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ("die polisie­ voertuig"), bestuur deur konstabel

Abraham George Hendriks.

[3] Die enigste geskilpunt is of die appellante nalatig was deur 'n U-draai te maak terwyl die polisievoertuig aankomend was in die teenoorgestelde baan.

[4] Dit is geyk dat nalatigheid bepaal moet word aan die hand van die redelike persoon-toets. Toepassing van die toets in die konteks van 'n strafregtelike vervolging behels dat die staat bo redelike twyfel moes bewys dat die appellante versuim het om die graad van sorgvuldigheid en vaardigheid aan die dag te le wat 'n redelike persoon in die omstandighede sou gedoen het.[1] Alhoewel dit 'n objektiewe toets is kan sekere kennis waaroor 'n spesifieke persoon beskik in ag geneem word.[2]

[5] Die bewyslas wat op die staat gerus het, het geverg dat bo redelike twyfel bewys moes word dat die redelike persoon in dieselfde

omstandighede as die appellante, die moontlikheid sou voorsien het dat sy/haar gedrag die botsing kon veroorsaak, hy/sy redelike stappe sou geneem het om te waak daarteen en dan dat die appellante versuim het om daardie stappe te neem.[3]

[6] Daar moet ook in gedagte gehou word dat so 'n redelike persoon, soos beslis in HERSCHEL v MARUPE[4],

"...is not ... a timorous faintheart always in trepidation lest he or others suffers some injury; on the contrary, he ventures into the world, engages in affairs and takes reasonable chances. He takes reasonable precautions to protect his person and property and expects others to do likewise."

[7] In S v BURGER[5] is beskryf wat van die redelike persoon verwag word:

"One does not expect of a diligens paterfamilias any extremes such as Solomonic wisdom, prophetic foresight, chameleonic caution, headlong haste, nervous timidity, or the trained reflexes of a racing driver. In short, a diligens paterfamilias treads life's pathway with moderation and prudent common sense."

[8] Dit is teen hierdie agtergrond, in samehang met die faktore vermeld in artikel 63(3) van die Wet, wat die appellante se handeling

opgeweeg moet word. Die faktore gelys in gemelde artikel sluit in die aard, toestand en gebruik van die openbare pad, hoeveel verkeer daar op die tersaaklike tydstip van die botsing op daardie pad was of redelikerwys sou kon gewees het, die snelheid waarteen en die wyse waarop die voertuig bestuur is.

[9] Dit is gemeensaak dat die appellante van noord na suid en die polisievoertuig van suid na noord in Schroderstraat gery. Die

kruising word nie beheer deur stopstrate of verkeersligte Schroderstraat nie en verkeer in beide rigtings van het reg van weg.

Die appellante het gepoog om 'n U-draai by die kruising regoor LOtzstraat te maak en voor die polisievoertuig beland. Die punt van botsing, soos gereflekteer op 'n sketsplan van die toneel, was ongeveer in die middel van die linkerbaan van die dubbelpad waarin die polisievoertuig gery het. Die skade aan die appellante se voertuig, soos blyk uit die fotoplan en getuienis, was op die linkerkant, op die gedeelte vanaf die voorwiel tot en met die voorste deur. Die skade aan die polisievoertuig was voor, op die neusgedeelte van die voertuig. Dit is verder gemeensaak dat die polisievoertuig 36.9 m vanaf die punt van botsing tot stilstand gekom het.

[10] Die deskundige wat namens die staat getuig het, konstabel Booysen, se getuienis was dat hy geen remmerke op die ongelukstoneel kon bespeur wat hy aan enigeen van die twee voertuie kon toeskryf nie. Volgens hom moes Hendriks vinnig gery het. Sy opinie was gebaseer op die afstand vanaf die punt van die botsing tot waar die polisievoertuig tot stilstand gekom het.

[11] Daar is geen getuienis deur die staat aangebied ten aansien van

11.1. die presiese spoed waarteen die polisievoertuig sou gery het nie,

11.2. of daar enige sigbare padtekens was wat byvoorbeeld 'n U-draai sou verbied het in die area nie,

11.3. die sigbaarheid op die toneel en of die appellante se uitsig onbelemmerd was, en

11.4. die breedte van die pad waarin die appellante die u­draai uitgevoer het nie.

[12] Konstabel Hendriks het getuig dat hy die betrokke aand 'n verkragting-slagoffer gaan oplaai het om haar hospitaal toe te neem.

Alhoewel die passasier van Hendriks getuig het, was die appellant en respondent dit eens dat daar nie enigsins op haar getuienis

staatgemaak kon word nie en word daar nie met haar getuienis gehandel nie.

[13] Die getuienis van konstabel Hendriks was dat, nadat hy die slagoffer opgelaai het, hy die polisievoertuig se noodligte

("hazards") aangeskakel het. Hy het in Schroderstraat gery en die appellante se voertuig opgemerk. Hy het die indruk gekry dat die voertuig nie by die kruising gaan stop nie, maar het aanvaar dat sy aan hom voorrang sou verleen omdat hy ry-voorrang geniet het. Die appellante het nie gestop nie en voor hom ingedraai. Hy het vanaf die regterbaan na die linkerbaan beweeg ten einde die ongeluk te vermy, sy voet van die petrolpedaal afgehaal en uiteindelik gerem. Hy het teen ongeveer 60 km per uur gery. Tydens kruisondervraging het hy egter toegegee dat hy vinniger kon gery het. Hy was nie ver van die appellante se voertuig af toe hy dit vir die eerste keer waargeneem het nie. Volgens hom was hy oorkant Nedbank toe hy die appellante se aankomende voertuig sien. Geen getuienis is egter aangebied met betrekking tot hoe ver Nedbank van die kruising af gelee was nie. Tydens kruisondervraging het hy toegegee dat hy in die heersende omstandighede nie geregtig was om die spoedgrens te oorskry nie en nie betwis dat die botsing nie sou plaasgevind het indien hy nie so vinnig gery het nie.

[14] Die appellante se weergawe was dat sy voor die botsing in Schroderstraat afgery het. By die kruising het sy gestop en wou regs

draai om 'n U-draai uit te voer. Haar flikkerlig was aangeskakel om haar voorneme om regs te draai te kenne te gee. Sy het

'n aankomende voertuig opgemerk ongeveer 150 meter van haar af. Gemelde voertuig se hoofligte was aan, maar nie enige ander ligte

nie. Sy het ook nie sirenes of 'n toeter gehoor nie. Toe sy die voertuig sien, was dit volgens haar veilig om die U­ draai te maak. Hendriks het haar voertuig op die linkerkant getref en as gevolg van die

impak het haar voertuig drie keer in die rondte getol voordat dit tot stilstand gekom het.

[15] Dit was ook die appellante se onbetwiste weergawe dat sy voorheen die spesifieke roete vir 'n tydperk van ongeveer drie jaar daagliks vier tot vyf keer gebruik het en voorheen U-draaie daar uitgevoer het. Sy het dus geweet dat as sy 'n aankomende voertuig gewaar op die plek waar sy Hendriks se voertuig gewaar het, sy voldoende tyd sou he om die U-draai met veiligheid uit te voer. Dit was veilig om s6 'n dra·ai uit te voer indien die aankomende voertuig teen die voorgeskrewe speed van ongeveer 60 km per uur sou gery het. Sy het egter nie verwag dat Hendriks teen 'n hoer speed as die voorgeskrewe speed sou ry en dat sy nie die draai met veiligheid sou kon uitvoer nie.

[16] Teen hierdie feitelike agtergrond het die verhoorhof bevind dat die appellante nalatig was deurdat sy versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou en dat die redelike persoon, in die posisie van die appellante, sou gewag het tot dit veilig was vir haar om te draai. Die verhoorhof het die appellante se weergawe dat sy wel 'n behoorlike uitkyk gehou het verwerp.

[17] Adv Eillert, namens die appellante, het betoog dat die appellante se weergawe verkeerdelik verwerp is, dat die verhoorhof misgetas het deur nie die redelike voorsienbaarheidstoets op die getuienis toe te pas nie en oak nie die faktore, soos gelys in artikel 63(3) van die Wet, in aanmerking geneem het tydens die evaluering van die getuienis nie. Hy het verder aangevoer dat, selfs al word aanvaar dat die appellante 'n oordeelsfout begaan het, sou die redelike persoon in haar omstandighede oak so 'n oordeelsfout kon begaan het en was die appellante gevolglik nie nalatig nie.

[18] Meneer Eillert het tydens betoog verwys na drie feitelike mistastings en die foutiewe gevolgtrekkings wat die verhoorhof gemaak het.

18.1. In die afwesigheid van getuienis oor die tyd wat dit sou neem om die draai uit te voer het die geleerde landdros aanvaar dat dit

onwaarskynl ik was dat die skade op die linkerdeur sou wees as die polisievoertuig 150 meter vanaf die appellante was en dat die

polisievoertuig dus nader was as wat die appellante gedink het.

18.2. Die verhoorhof het haar eie kennis van die omgewing, in die afwesigheid van getuienis oor die afstande, gebruik om afleidings te maak oor die afstand wat die polisievoertuig van die kruising af was en op grand daarvan bevind dat Hendriks se weergawe dat hy nader was aan die appellante, meer waarskynlik was.

18.3. Die gevolgtrekking van die verhoorhof dat die appellante nie behoorlike uitkyk gehou het nie is nie gemotiveer in die lig van die getuienis nie. Dit is in stryd met die applikante se getuienis dat sy stilgehou het en die polisievoertuig waargeneem het toe dit ongeveer 150 meter van haar af was.

[19] Adv Barnard, namens die respondent, het met verwysing na S v Truter[6] betoog dat die redelike persoon in die omstandighede van die appellante seker sou gemaak het dat dit veilig was om die pad binne te gaan en dat hy/sy voldoende tyd sou he om dit te doen. Hy het verder aangevoer dat die verhoorhof tereg bevind het dat, op grond van die ligging van die skade aan die appellante se voertuig, die polisievoertuig heelwat nader aan haar was toe sy by die kruising

was.

[20] Daar is nie getuienis aangebied tydens die verhoor om die afleidings en bevindinge van die verhoorhof, soos uitgelig deur meneer Eillert, te regverdig nie. Daarbenewens het die verhoorlanddros in haar uitspraak bloot na die appellante se weergawe dat Hendriks teen ongeveer 120 kilometer per uur gery het verwys en bevind dat, selfs sou dit aanvaar word, dit hoogs onwaarskynlik sou wees dat die botsing sou plaasgevind het. Sy het hierdie bevinding, in die afwesighe id van enige deskundige getuienis in hierdie verband,

baseer daarop dat die appellante se voertuig 'n klein voertuig was wat nie eens 'n minuut sou neem om die draai uit te voer nie.

[21] Ons is tevrede dat die verhoorhof verskeie mistastings begaan het. In die lig daarvan staan dit ons vry om die getuienis opnuut te oorweeg en tot ons eie gevolgtrekking daarop te kom.

[22] Die appellante se getuienis is nie in kruisondervraging afgebreek nie. Haar weergawe dat Hendriks teen 'n baie hoe spoed gery het strook met die getuienis van die staat se deskundige. Hendriks het ook toegegee dat as hy nie so vinnig gery het nie, die botsing nie sou plaasgevind het nie. Die appellant het die spesifieke roete op 'n gereelde basis in die verlede gebruik en U-draaie met veiligheid uitgevoer wanneer 'n aankomende voertuig opgemerk is daar waar sy die polisievoertuig die betrokke nag gewaar het.

[23] Ons is tevrede dat die redelike persoon, in die posisie van die appellante, nie die moontlikheid sou voorsien het dat haar gedrag die botsing kon veroorsaak het nie en ander redelike stappe sou geneem het om te waak daarteen nie. Selfs indien aanvaar word dat die appellante 'n oordeelsfout begaan het ten aansien van die spoed waarteen die polisievoertuig in aantog was, is ons van oordeel dat die redelike persoon in haar posisie ook so 'n oordeelsfout kon gemaak het en dat sy dus nie nalatig was nie.

[24] Ons is tevrede dat die staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die appellante haar voertuig op 'n nalatige wyse bestuur het nie. In die lig hiervan moet die appel slaag.

Gevolglik maak ons die volgende bevel:

1. DIE APPèL SLAAG.

2. DIE SKULD GBEVINDING EN VONNIS WORD TER SYDE GESTEL.

_____

ERASMUS

WAARNEMENDE

REGTER

Ek stem saam.

____

CJ

OLIVIER

REGTER

[1] Rex v Meiring. 1927 AD 4 1 : Bester v Commercial Union. 1973 ( 1) SA 769 (A)

[2] S v Van As 1967 (4) SA 594 (A) op 600B-C

[3] Jacobs & Another v Transnet Limited t/a Metrorail & Another , 2015 (1) SA 139 (HHA)

[4] 1954 (3) SA 464 (A) op 490F

[5][5] 1975 (4) SA 877 (A) op 8790-E

[6] 1987(1) SA 339 (C) 339 op 341

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Rex v Meiring 1927 AD 41

Case cited

Bester v Commercial Union 1973 (1) SA 769 (A)

Case cited

S v Van As 1967 (4) SA 594 (A) at 600B-C

Case cited

Jacobs & Another v Transnet Limited t/a Metrorail & Another 2015 (1) SA 139 (HHA)

Case cited

Herschel v Marupe 1954 (3) SA 464 (A) at 490F

Case cited

S v Burger 1975 (4) SA 877 (A) at 879D-E

Case cited

S v Truter 1987 (1) SA 339 (C) at 341

Case cited

National Road Traffic Act 93 of 1996

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.