De Wet v Senwes Bpk (858/2004) [2005] ZAFSHC 103 (8 September 2005)
- Citation
- [2005] ZAFSHC 103
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- G. Van Coppenhagen
- Case number
- 858/2004
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- G. Van Coppenhagen
- Case number
- 858/2004
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the settlement agreement, made an order of court, extinguished all previous obligations between the parties and replaced them with the terms of the compromise. Clause 3 of the order confirmed the cession of the proceeds of policy number 10998671X1 to the defendant and required the plaintiff to maintain the policy. The ordinary meaning of the clause, in context, was that the defendant is entitled to the full proceeds of the policy. The plaintiff's claim for re-cession was therefore dismissed, and the defendant's counterclaim for cession of the policy proceeds was granted. Costs were awarded in line with the outcome, and the defendant was ordered to pay the costs of the application for transfer of the case from the Transvaal Provincial Division.
Court disposition
Plaintiff's claim dismissed with costs; defendant's counterclaim succeeds with costs; defendant to pay costs of transfer application.
Orders
- Plaintiff's claim is dismissed with costs.
- Defendant's counterclaim succeeds with costs.
- It is declared that the proceeds of policy number 10998671X1 on the life of Paul Venter de Wet must be paid to the defendant on the payout date.
- Defendant is ordered to pay the costs of the application for transfer of the case from the Transvaal Provincial Division of the High Court of South Africa (case no. 18555/2002).
02
Material facts
Parties
Paul Venter de Wet
Plaintiff Counsel: G.C. MullerSenwes Bpk
Defendant Counsel: N. DavisAmounts and remedies
- Settlement Amount (first Tranche): ZAR 73,000
- Settlement Amount (second Tranche): ZAR 130,000
- Contribution to Legal Costs: ZAR 20,000
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Final Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the plaintiff is entitled to re-cession of Sanlam policy number 10998671X1.
- 02
Whether the defendant is entitled to an order compelling the plaintiff to cede the full proceeds of policy number 10998671X1.
- 03
How the settlement agreement and subsequent court order should be interpreted regarding the rights to the policy proceeds.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff argued that he is entitled to the re-cession of Sanlam policy number 10998671X1, relying on the terms of the settlement agreement and the subsequent court order. He maintained that the previous obligations between the parties had been extinguished by the compromise and that he should regain rights to the policy proceeds.
- Respondent
- The defendant contended that the settlement agreement, as made an order of court, clearly confirmed the cession of the policy proceeds to the defendant and required the plaintiff to maintain the policy. The defendant argued that the intention and wording of the agreement entitled him to the full proceeds of the policy and that the plaintiff's claim should be dismissed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Wessels' Law of Contract in South Africa, Vol. I para 2471 p. 736; Robertson v Strydom 1924 CPD 199
A valid compromise agreement extinguishes previous litigious or uncertain obligations and replaces them with new obligations created by the compromise.
- 02
R.H. Christie, Law of Contract (Fourth Edition) p. 535
The effect of a settlement agreement is the same as res judicata on a consent judgment; any previous legal relationship is extinguished and replaced by the obligation arising from the settlement.
- 03
FIRESTONE SOUTH AFRICA (PTY) LTD v GENTICURO AG 1977 (4) SA 291 (A) 304 E
When interpreting a court order, the ordinary grammatical meaning of the words in context must be given effect, unless ambiguity arises.
- 04
LAWSA Volume 2: Sv. Cession para 274 p. 172
If the underlying obligation for a cession is extinguished by compromise, the cession itself is also terminated.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the settlement agreement, made an order of court, extinguished all previous obligations between the parties and replaced them with the terms of the compromise. Clause 3 of the order confirmed the cession of the proceeds of policy number 10998671X1 to the defendant and required the plaintiff to maintain the policy. The ordinary meaning of the clause, in context, was that the defendant is entitled to the full proceeds of the policy. The plaintiff's claim for re-cession was therefore dismissed, and the defendant's counterclaim for cession of the policy proceeds was granted. Costs were awarded in line with the outcome, and the defendant was ordered to pay the costs of the application for transfer of the case from the Transvaal Provincial Division.
Obiter and limits
- The court noted that the costs of the application for transfer were properly awarded to the plaintiff, as the defendant initiated the request for transfer, regardless of whether the plaintiff objected to jurisdiction.
- The court emphasized that the intention of the parties, as recorded in the settlement agreement and court order, must be given effect without reference to prior disputes or obligations.
Court disposition
Plaintiff's claim dismissed with costs; defendant's counterclaim succeeds with costs; defendant to pay costs of transfer application.
- Plaintiff's claim is dismissed with costs.
- Defendant's counterclaim succeeds with costs.
- It is declared that the proceeds of policy number 10998671X1 on the life of Paul Venter de Wet must be paid to the defendant on the payout date.
- Defendant is ordered to pay the costs of the application for transfer of the case from the Transvaal Provincial Division of the High Court of South Africa (case no. 18555/2002).
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 858/2004
In die saak tussen:
PAUL VENTER DE WET Eiser
en
SENWES BPK Verweerder
_____________
AANGEHOOR OP: 30 AUGUSTUS 2005
UITSPRAAK DEUR: VAN
COPPENHAGEN R
GELEWER OP: 8 SEPTEMBER 2005
[1] Eiser het in saak nr. 18555/2002 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika aksie ingestel. Die aksie was deur verweerder verdedig.
Op 4 Junie 2004 was in voormelde Hof die volgende bevel uitgereik:
â1. DAT in terme van Artikel 9(1) van die Hooggeregshof Wet word hierdie saak oorgeplaas na die Vrystaatse Hooggeregshof vir verhoor.
DAT die koste voorbehou word.â
Die koste van die aansoek om oorplasing was kragtens voormelde bevel aan die orde gestel in die onderhawige saak en sal hierinlater aangespreek word.
[2] In saak nr. 98/2554 in hierdie Hof het die verweerder in die onderhawige aksie die eiser in hierdie aksie aangespreek vir betaling van gelde verskuldig.
Die aksie was verdedig en was op 5 September 2000, blykens die oorkonde van die verrigtinge in voormelde saak, bewysstuk âAâ, o.a. aan Van Coller R, aan wie die verhoor toegedeel was, deur die partye se advokate die volgende mededeling gemaak:
âMNR. VAN
ROOYEN : Soos ons u in Kamers meegedeel het, u Edele, is hierdie saak geskik en soos ooreengekom my Geleerde Vriend sal die skikking in die band inlees.
HOF : Ja, ek is bly om dit te hoor.
MNR.
VAN ROOYEN : Soos dit u behaag.
HOF : Ja, mnr. Brand?
MNR.
BRAND : Mag dit u Edele behaag, ek verskyn vir die verweerder. Ek bevestig wat my Kollega gesê het en met u verlof sal ek die skikking wat die partye bereik het net op rekord inlees. Die saak is as volg geskik:
1. Verweerder onderneem om aan eiser die bedrag van R73 000 te betaal voor of op 28 Februarie 2001.
2. Verweerder onderneem om aan eiser die bedrag van R130 000 te betaal voor of op 5 September 2001. Teen betaling van laasgemelde bedrag, sal die eiser toestem dat die verband wat tans geregistreer is oor ân onroerende eiendom ter versekurering van hierdie bedrag gekanselleer word.
HOF : Net ân oomblik, sê u teen betaling van laasgenoemde bedrag sal?
MNR.
BRAND : Sal die eiser toestem dat die verband wat oor ân onroerende eiendom geregistreer is ter versekurering van hierdie bedrag gekanselleer word.
HOF : Oor ân onroerende eiendom?
MNR.
BRAND : Oor ân onroerende ..... ons het ongelukkig nie die beskrywing nie. Daar is net een verband, so daar is nie ân kwessie oor dit nie.
HOF : Ek neem nou aan die onroerende eiendom is seker die van die verweerder?
MNR.
BRAND : Van die verweerder.
HOF : Moet ân mens dit daar insit?
MNR.
BRAND : Soos u behaag, u Edele.
HOF : Want anders is dit ân onroerende eiendom.
MNR.
BRAND : Oor die onroerende eiendom van die verweerder.
HOF : Geregistreer is, gekanselleer word.
MNR.
BRAND : Gekanselleer word.
HOF : Ja?
MNR.
BRAND : Derdens, die verweerder onderneem om ân polis, nommer 10998671X1, op sy lewe en opbrengs waarvan eiser die sessionaris is, in stand te hou.
HOF : Kan u net vir my weer daardie nommer gee?
MNR.
BRAND : 10998671X1. Vierdens, verweerder betaal aan eiser ân bedrag van R20 000 as bydrae tot regskostes voor of op 5 Oktober 2000.
HOF : Voor of op 5 Oktober?
MNR.
BRAND : 5 Oktober, dit is ân maand vanaf vandag. En dan vyfdens en laastens, indien die verweerder in verstek sou wees by die bepaling van enige bedrae voormeld, stem hy toe dat eiser vonnis kan neem soos geëis in die dagvaarding en die partye versoek beide, as dit u behaag, om hierdie ooreenkoms ân bevel van die Hof te maak.
HOF : Ja, is dit dan so?
MNR.
VAN ROOYEN : Ek bevestig so, u Edele. Net volledigheidshalwe, daardie verbandakte wat gekanselleer word, is verbandakte 11213/84.
HOF : Ja, laat ek net die plek kry, deur betaling van laasgenoemde bedrag sal die eiser toestem dat die verband, dan sê u dit is ân nommer?
MNR.
VAN ROOYEN : Dit is ân nommer, 11213/84.
HOF : Is dit nou 1984?
MNR.
VAN ROOYEN : 1984.
HOF : Gekanselleer word.
MNR.
VAN ROOYEN : Andersins stem ek saam dat dit die ooreenkoms is.
HOF : U sê die bedrae was R73 000 en R130 000?
MNR.
BRAND : Dit is R73 000 en R130 000 inderdaad, u Edele.â
Van Coller R het, nadat die bepalings van die skikking aan hom oorgedra was, die volgende bevel gemaak:
âWORD DIT GELAS DAT : (By ooreenkoms)
[1] Verweerder onderneem om aan eiser die bedrag van R73 000 voor of op 28 Februarie 2001 te betaal.
[2] Verweerder onderneem om aan eiser die bedrag van R130 000 voor of op 5 September 2001 te betaal. Teen betaling van laasgenoemde bedrag, sal die eiser toestem dat die verband nommer 11213 van 1984 wat oor ân onroerende eiendom van die verweerder geregistreer is, gekanselleer word.
[3] Verweerder onderneem om polisnommer 10998671X1 op sy lewe, die opbrengs waarvan eiser die sessionaris is, in stand te hou.
[4] Verweerder betaal aan eiser die bedrag van R20 000 as bydrae tot regskostes voor of op 5 Oktober 2000.
[5] Indien die verweerder in verstek sou wees met betaling van enige van die bedrae soos voormeld, stem hy toe dat die eiser vonnis kan neem soos gevorder in die dagvaarding.â
[3] Paul Venter de Wet, die aanvanklike eiser in die onderhawige aksie, en verweerder in die saak waarin die bovermelde bevel gemaak was, is nadat die onderhawige saak ter rolle geplaas was, oorlede en is vervang met die eksekuteurs in sy boedel. Ek sal egter steeds na eiser verwys as Paul Venter de Wet.
In die dagvaarding word deur eiser gevorder:
â1. ân Bevel ingevolge waarvan verklaar word dat die eiser geregtig is op terugsessie van Sanlampolis nr. 10998671X1.
Koste van geding.
Verdere en/of alternatiewe regshulp.â
[4] Verweerder verdedig die aksie en het tydens die verrigtinge die bede in die teeneis, met uitsluiting van koste, beperk tot:
â2.2 ân Bevel ingevolge waarvan eiser gelas word om die volle opbrengs van polis nr. 10998671X1 aan verweerder te sedeer en alle dokumentasie wat nodig mag wees om sodanige sessie te bewerkstellig, te onderteken, alternatiewelik dat die adjunk-balju van Bloemfontein gemagtig en gelas word om sodanige dokumentasie te onderteken indien eiser sou versuim om sodanige dokumentasie te onderteken binne 14 dae na datum van hierdie bevel.â
[5] Die partye was dit eens en so ook was dit bevestig deur die getuienis van Joubert, die enigste getuie namens eiser en Pitout, die enigste getuie namens verweerder, dat die bevel deur Van Coller R gemaak inderdaad die skikking van hulle geskille in gemelde aksie boekstaaf.
Die partye het beklemtoon dat die genotuleerde bevel ân ware skikking in die regstegniese sin van die woord is.
[6] Die effek van ân skikking word deur A.A. Roberts se Wesselsâ Law of Contract in South Africa, Vol. I paragraaf 2471 p. 736 verduidelik:
â2471. In the law of contract a valid transaction has an effect similar to novation, for the transactio or compromise extinguishes ipso jure the pre-existing litigious or uncertain obligation and puts in its place the new obligation created by the compromise (Voet, 46.2.3; Robertson v Strydom 1924 C.P.D 199: 1923 J.D.R 344).â
In Kontraktereg en Handelsreg van De Wet & Van Wyk (Vyfde Uitgawe) p. 270 word bostaande regsbeginsel met byhaling van oorredende gesag onderskryf.
R.H. Christie se Law of Contract (Vierde Uitgawe) p. 535 beklemtoon dat die gevolge van ân skikking dieselfde as res judicata op ân vonnis met toestemming is, d.w.s. dat enige vorige bestaande of nie-bestaande regsband uitgewis word en vervang word met die verbintenis wat uit die skikking ontstaan.
[7] Die bevel van Van Coller R het die gevolg gehad dat alle vorige verbintenisse tussen die partye tot ân einde gekom het. Dit sou ook beteken dat, indien die skuldgrond wat weens ân skikking beëindig word, onderliggend was tot ân sessie, daar die sessie ook beëindig word. (LAWSA Volume 2: Sv. Cession paragraaf 274 p. 172.)
[8] Die hofbevel, die ooreenkoms tussen die partye, moet dus interpreteer word met as vertrekpunt dat aan vorige verbintenisse wat voorafgaande die skikking in geskil was, nie enige impak het nie.
[9] Die argumente en geskil het sentreer om die interpretasie van klousule 3 van die hofbevel. Vir gerief word dit herhaal:
â[3] Verweerder onderneem om polisnommer 10998671X1 op sy lewe, die opbrengs waarvan eiser die sessionaris is, in stand te hou.â
Die vertrekpunt moet wees dat by interpretasie, die bedoeling van die woorde in die konteks waarin dit gebruik word, die gewone grammatikale betekenis gegee moet word. Indien duidelik, sal daarvan nie afgewyk word nie. (FIRESTONE SOUTH AFRICA (PTY) LTD v GENTICURO AG 1977 (4) SA 291 (A) 304 E.)
Die betrokke klousule behels, myns insiens, in duidelike terme dat die feit van ân sessie van die opbrengs van ân polis op die lewe van die verweerder (eiser in hierdie saak) bevestig word en voorts dat verweerder (in hierdie saak) die polis in stand moet hou. Bevestiging van die sessie as feit en die sessie t.o.v die volle opbrengs is en kan niks anders beteken as dat die sessionaris ergo die verweerder in die onderhawige saak geregtig is op die opbrengs van die polis nie.
[10] Die voorafgaande noop tot die konklusie dat eiser se eis afgewys moet word en verweerder se teeneis moet slaag.
[11] Koste van die aksie behoort die resultaat te volg.
Die koste van die aansoek om oorplasing vanaf die Transvaalse Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika na hierdie Afdeling, verg egter oorweging.
Dit moet aanvaar word dat die aansoek om oorplasing genoodsaak was, weens die feit dat eiser beswaar gemaak het teen die jurisdiksie van die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof, om die teeneis te bereg.
Die aansoek om oorplasing was geïnisieer deur verweerder en was in wese ân versoek of vergunning. Die feit dat eiser moontlik nie beswaar teen die voorgestelde oorplasing geopper het nie, het nie noodwendig tot gevolg dat eiser nie koste gehad het wat die aansoek om oorplasing betref nie. Daardie koste kom eiser toe, omdat verweerder die vergunning versoek het.
[12] Die volgende bevele moet volg:
Eiser se eis word afgewys met koste.
Verweerder se teeneis slaag met koste en word bevind dat die opbrengs van polis nr. 10998671X1 op die lewe van Paul Venter de Wet op die uitkeerdatum daarvan aan verweerder betaal moet word.
Verweerder om die koste van die aansoek om oorplasing van die saak vanaf die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (saak nr. 18555/2002) te betaal.
_______
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens die eiser: Adv. G.C. Muller
In opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder: Adv. N. Davis
Phatshoane Henney Inc.
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.