Die Eksekuteur van Boedel van Wyle Carel Aaron van der Merwe NO v Minister van Polisie en Anders (15896/2010) [2010] ZAWCHC 513 (26 October 2010)
The court found that the Western Cape High Court had jurisdiction because the SAPS Forensic Laboratory that conducted the blood tests was located in Cape Town and the Minister of Police, as the overall authority, was cited as a respondent. The applicant had made several attempts to obtain the blood test results, but...
Source-derived case information.
- Citation
- [2010] ZAWCHC 513
- Parties
- Applicant: Die Eksekuteur van die Boedel van Wyle Carel Aaron van der Merwe NO; Respondent: Minister van Polisie NO; Respondent: Nasionale Kommissaris van Polisie; Respondent: Provinsiale Kommissaris van Polisie, Noord-Kaap Provinsie NO; Respondent: Provinsiale Kommissaris van Polisie, Wes-Kaap Provinsie NO; Respondent: Meester van die Hooggeregshof, Kimberley
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 15896/2010
- Procedural Posture
- Urgent Application / Costs Determination After Substantive Relief Granted
- Outcome
- Costs awarded against the first to fourth respondents, jointly and severally.
- Judges
- Veldhuizen R
- Legal Topics
- Jurisdiction, Costs Award, Urgent Interdict
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Die Eksekuteur van die Boedel van Wyle Carel Aaron van der Merwe NO
Applicant
Minister van Polisie NO
Respondent
Nasionale Kommissaris van Polisie
Respondent
Provinsiale Kommissaris van Polisie, Noord-Kaap Provinsie NO
Respondent
Provinsiale Kommissaris van Polisie, Wes-Kaap Provinsie NO
Respondent
Meester van die Hooggeregshof, Kimberley
Respondent
Procedural Posture
Urgent Application / Costs Determination After Substantive Relief Granted
Legal Issues
- 1 Whether the Western Cape High Court had jurisdiction to entertain the application for delivery of blood test results.
- 2 Whether the applicant was entitled to bring the application given the conduct of the South African Police Service.
- 3 Whether costs should follow the result after the respondents complied with the relief sought only after service of the application.
Ratio Decidendi
The court found that the Western Cape High Court had jurisdiction because the SAPS Forensic Laboratory that conducted the blood tests was located in Cape Town and the Minister of Police, as the overall authority, was cited as a respondent. The applicant had made several attempts to obtain the blood test results, but the SAPS delayed compliance. The application was justified and effective, as the results were delivered only after service of the application. The respondents' argument regarding lack of jurisdiction was rejected. The court held that costs should follow the result, and ordered the first to fourth respondents, jointly and severally, to pay the costs of the application.
Court Disposition
Costs awarded against the first to fourth respondents, jointly and severally.
Orders
- The first to fourth respondents are ordered, jointly and severally, to pay the costs of the application.
Full Case Text
Judgment text and source record
30 paragraphs
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 15896/2010
DATUM: 26 OKTOBER 2010
In die saak tussen:
DIE EKSEKUTEUR VAN DIE BOEDEL VAN
WYLE CAREL AARON VAN DER MERWE NO …....................1ste Applikant
en
DIE MINISTER VAN POLISIE NO ….....................................1ste Respondent
DIE NASIONALE KOMMISSARIS,
VAN POLISIE …......................................................................2de Respondent
DIE PROVINSIALE KOMMISSARIS V
AN POLISIE, NOORD-KAAP PROVINSIE NO …..................3de Respondent
DIE PROVINSIALE KOMMISSARIS VAN
POLISIE. WES-KAAP PROVINSIE NO …..............................4de Respondent
DIE MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGS-HOF. KIMBERLEY …..................................5de Respondent
UITSPRAAK VELDHUIZEN. R: Die eksekuteur in die boedel van die oorlede Carel Aaron van der Merwe net 'n aansoek gebring vir 'n bevel: "Ordering the first to fourth respondents to forthwithdeliver the blood test results conducted by theSAPS Forensic Signs Laboratory pertaining to theblood tests conducted on the deceased, the late MrCarel Aaron van der Merwe, who passed away on 7February 2010 (SAPS Reference numbersWarrenton SAPS CAS40/02/2010, FA225845.DR61/2010, PM01107/2010) to the applicant before close of business on the 27th of July." Voordat die aansoek aangehoor kon word en sonder die tussenbeitrede van die Hof, is aan die versoek om die bloedtoetsresultate te oorhandig, voldoen. Bygevolg het die Regter-president op 21 September 2010 'n bevel gemaak: "The issue of costs in the above application is set down for hearing in the 4th Division on Monday, 25 October 2010." Op Maandag, 25 Oktober 2010, was daar nie "n regter beskikbaar nie en is die saak tot vandag uitgestel. Ek het nou argument ten aansien van die kwessie van koste aangehoor. Advokaat Oliver, wat namens die respondente verskyn, het aangevoer dat die applikant die aansoek in die verkeerde forum geloods het en dat hierdie Hof nie jurisdiksie het oor die aangeleentheid nie. Die respondente wat deur die applikant gesiteer is, is eerstens die Minister van Polisie in sy nominale hoedanigheid, die Nasionale Kommissaris van Polisie as tweede respondent, die Nasionale Kommissaris van Polisie in die Noord-Kaap Provinsie as derde respondent, die Provinsiale Kommissaris van Polisie in die Wes-Kaap as vierde respondent, en die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, die vyfde respondent. Dit is duidelik uit die applikant se stukke dat die bloedtoetse op die oorledene uitgevoer is deur die Forensiese Laboratorium van die Suid-Afrikaanse Polisiedienste. Hierdie laboratorium, op die stukke voor my, is in Kaapstad gesetel. Ek meen die feit dat die minister oorhoofs in beheer is van die polisiedienste en die feit dat die forensiese laboratorium wat die bloedtoetse uitgevoer het, in Kaapstad gesetel is, voldoende is om hierdie Hof jurisdiksie te gee om met die aangeleentheid te handel. Dit is duidelik uit die stukke dat die applikant verskeie male gepoog het om die uitslae van die bloedtoets te bekom en hoewel die plaaslike polisie by monde van inspekteur Khuliso baie behulpsaam was, is dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Polisiedienste hulle voete gesleep het met die voldoening aan die versoek van die applikant. Die applikant was dus, na my mening, geregtig om die aansoek te bring en dit blyk ook dat die aansoek uiteindelik die gewenste uitwerking gehad het, want kort na betekening daarvan, is die uitslae aan die applikant oorhandig. In al die omstandighede meen ek dat daar nie meriete is in die betoog van die respondente dat hierdie Hof nie jurisdiksie het nie en meen ek dat koste die praktiese resultaat van die aansoek behoort te volg. Gevolglik gelas ek dat eerste tot vierde respondent, gesamentlik en afsonderlik, die koste van die aansoek moet betaal. VELDHUIZEN. R
UITSPRAAK
VELDHUIZEN. R:
Die eksekuteur in die boedel van die oorlede Carel Aaron van der Merwe net 'n aansoek gebring vir 'n bevel:
"Ordering the first to fourth respondents to forthwithdeliver the blood test results conducted by theSAPS Forensic Signs Laboratory pertaining to theblood tests conducted on the deceased, the late MrCarel Aaron van der Merwe, who passed away on 7February 2010 (SAPS Reference numbersWarrenton SAPS CAS40/02/2010, FA225845.DR61/2010, PM01107/2010) to the applicant before close of business on the 27th of July."
Voordat die aansoek aangehoor kon word en sonder die tussenbeitrede van die Hof, is aan die versoek om die bloedtoetsresultate te oorhandig, voldoen. Bygevolg het die Regter-president op 21 September 2010 'n bevel gemaak:
"The issue of costs in the above application is set down for hearing in the 4th Division on Monday, 25 October 2010."
Op Maandag, 25 Oktober 2010, was daar nie "n regter beskikbaar nie en is die saak tot vandag uitgestel. Ek het nou argument ten aansien van die kwessie van koste aangehoor.
Advokaat Oliver, wat namens die respondente verskyn, het aangevoer dat die applikant die aansoek in die verkeerde forum geloods het en dat hierdie Hof nie jurisdiksie het oor die aangeleentheid nie.
Die respondente wat deur die applikant gesiteer is, is eerstens die Minister van Polisie in sy nominale hoedanigheid, die Nasionale Kommissaris van Polisie as tweede respondent, die Nasionale Kommissaris van Polisie in die Noord-Kaap Provinsie as derde respondent, die Provinsiale Kommissaris van Polisie in die Wes-Kaap as vierde respondent, en die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, die vyfde respondent.
Dit is duidelik uit die applikant se stukke dat die bloedtoetse op die oorledene uitgevoer is deur die Forensiese Laboratorium van die Suid-Afrikaanse Polisiedienste. Hierdie laboratorium, op die stukke voor my, is in Kaapstad gesetel. Ek meen die feit dat die minister oorhoofs in beheer is van die polisiedienste en die feit dat die forensiese laboratorium wat die bloedtoetse uitgevoer het, in Kaapstad gesetel is, voldoende is om hierdie Hof jurisdiksie te gee om met die aangeleentheid te handel.
Dit is duidelik uit die stukke dat die applikant verskeie male gepoog het om die uitslae van die bloedtoets te bekom en hoewel die plaaslike polisie by monde van inspekteur Khuliso baie behulpsaam was, is dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Polisiedienste hulle voete gesleep het met die voldoening aan die versoek van die applikant. Die applikant was dus, na my mening, geregtig om die aansoek te bring en dit blyk ook dat die aansoek uiteindelik die gewenste uitwerking gehad het, want kort na betekening daarvan, is die uitslae aan die applikant oorhandig.
In al die omstandighede meen ek dat daar nie meriete is in die betoog van die respondente dat hierdie Hof nie jurisdiksie het nie en meen ek dat koste die praktiese resultaat van die aansoek behoort te volg. Gevolglik gelas ek dat eerste tot vierde respondent, gesamentlik en afsonderlik, die koste van die aansoek moet betaal.
VELDHUIZEN. R