Die Volle Evangelie Kerk Van God South Africa and Others v World Hope Ministries and Another (13530/2006) [2009] ZAWCHC 226 (16 November 2009)
The court found that the previous order regarding the separation of issues was based on a mistaken assumption that the locus standi issue had been abandoned by the defendants. Upon reconsideration, and in the absence of substantive opposition from the plaintiffs, the court held that it was empowered to correct its...
Source-derived case information.
- Citation
- [2009] ZAWCHC 226
- Parties
- Plaintiff: Die Volle Evangelie Kerk Van God in S.A.; Plaintiff: Die Volle Evangelie Kerk Van God in SA: Surrey Estate; Plaintiff: Die Streeksraad vir die Skiereiland; Defendant: World Hope Ministries; Defendant: Raymond Le Fleur
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 13530/2006
- Procedural Posture
- Civil Procedure / Interlocutory Application for Amendment of Previous Order Regarding Separation of Issues
- Outcome
- Order amended to include locus standi as a separate issue for adjudication.
- Judges
- Steyn
- Legal Topics
- Separation of Issues, Locus Standi, Ownership Dispute
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Die Volle Evangelie Kerk Van God in S.A.
Plaintiff
Die Volle Evangelie Kerk Van God in SA: Surrey Estate
Plaintiff
Die Streeksraad vir die Skiereiland
Plaintiff
World Hope Ministries
Defendant
Raymond Le Fleur
Defendant
Procedural Posture
Civil Procedure / Interlocutory Application for Amendment of Previous Order Regarding Separation of Issues
Legal Issues
- 1 Whether the previous order regarding separation of issues should be amended to include locus standi as a separate issue for adjudication.
- 2 Whether the court has the power to mero motu amend an interlocutory order.
Ratio Decidendi
The court found that the previous order regarding the separation of issues was based on a mistaken assumption that the locus standi issue had been abandoned by the defendants. Upon reconsideration, and in the absence of substantive opposition from the plaintiffs, the court held that it was empowered to correct its interlocutory order mero motu. The court determined that including locus standi as a separate issue for adjudication would not prejudice the plaintiffs, as this issue would have to be addressed during the trial in any event. Accordingly, the order of 28 October 2009 was amended to provide that both ownership and locus standi would be separately adjudicated.
Court Disposition
Order amended to include locus standi as a separate issue for adjudication.
Orders
- The order of 28 October 2009 is amended to provide that the issue of locus standi of the plaintiffs shall form part of the separate adjudication of the matter for which oral evidence is to be led.
Full Case Text
Judgment text and source record
23 paragraphs
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 13530/2006
DATUM:
16 NOVEMBER 2009
In die saak tussen:
DIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN S.A. …...............................1ste EiserDIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN SA:SURREY ESTATE …............................................................................2de Eiser
DIE STREEKSRAAD VIR DIE SKIEREILAND …....................................3de Eiser
en
WORLD HOPE MINISTRIES …........................................................1ste Verweerder
RAYMOND LE FLEUR …..................................................................2de Verweerder
UITSPRAAK
STEYN, J:
Wat betref hierdie aansoek was daar op 'n vorige stadium 'n aansoek vir die skeiding van die dispute in hierdie aangeleentheid. Op 28 Oktober het ek, na aanleiding van 'n aansoek van die verweerders, teengestaan deur eisers, bevind dat die aspek van eienaarskap in die relevante onroerende eiendomme, wat in hierdie saak beslis moet word, apart bereg behoort te word van die ander aangeleenthede wat betrekking het op die beregting van die saak en dat die beregting van sodanige ander dispute wat bestaan voorlopig gestaak sal word.
Wat betref die beregting van die eiendomsregdispuut is mondelinge getuienis toegelaat op die eng aspek van eiendomsreg in die relevante
eiendom alleenlik.
Advokaat Arendse, namens die verweerders, het op 3 November 2009 by aanvang van die tweede dag van die verhoor, navrae aan my gerig met betrekking tot my bevinding ten opsigte van die skeiding van die dispute in die verhoor, en uitgewys dat die aspek van locus standi van die eisers ook deur horn argumenteer was as 'n aspek vir afsonderlike beregting.
By oorweging van sy argument het ek vasgestel dat ek verkeerdelik tot die gevolgtrekking gekom het dat advokaat Arendse die aspek van die aparte beregting van die locus standi van die partye geabandoneer het. Advokaat Du Plessis het toegegee dat die Hot se afleiding foutief was en dat die Hof se bevinding dus op 'n fout berus het. Hy was egter nie bereid om toe te stem dat die Hof die vorige bevel van die Hof op hierdie aspek wysig nie. Geen substansiele argumente was aangevoer nie.
By gebreke aan 'n ooreenkoms in hierdie verband, het advokaat Arendse die Hof meegedeel dat hy aansoek doen vir die regstelling van die bevel in die opsig; dat die aparte beregting van aangeleenthede nie net eienaarskap nie, maar ook locus standi van die eisers moes insluit. Advokaat Du Plessis het die Hof meegedeel dat hy nie die Hof formeel sou toespreek op die aspek nie, aangesien die Hof te kenne gegee het dat die Hof prima facie van mening was dat die Hof wel mero motu die bevel kon regstel.
Wat die reg betref is dit so dat die hof mero motu 'n bevel kan regstel indien die bevel interlokuter van aard is. Ek verwys na die kommentaar van Hofreel 42 op B1 - 30(6)(h) van Erasmus, Superior Court Practice, en die saak van Brown & Others v Yebba CC trading as Remax Tricolour 2009 (1) SA 519 (D) en (C) bladsy 525.
Ek is tevrede dat die verweerders geregtig is om te vra vir die regstelling van die bevel en dat daar nie benadeling vir die eisers
kan wees nie, aangesien hierdie aspek in elk geval deur hulle behandel moet word in die verhoor op een of ander stadium. Dit is 'n aspek wat hulle van die begin af saam wou laat bereg.
Die bevel van 28 Oktober 2009 wat betref Reel 33(4) word dus gewysig en reggestel sodat die aspek van locus standi van die eisers deel sal vorm van die aparte beregting van die saak waaroor daar mondelinge getuienis gelei moet word.
STEYN, J