Direkteur van Openbare Vervolgings Kaap die Goeie Hoop v Retief (8689/08) [2008] ZAWCHC 256 (29 August 2008)
The court found that the State had failed to demonstrate reasonable prospects of success on appeal. The magistrate had considered the seriousness of the offences, the respondent's personal circumstances, and the impact of the crimes. Although the offences were serious, the respondent was a first offender, had repaid...
Source-derived case information.
- Citation
- [2008] ZAWCHC 256
- Parties
- Applicant: Direkteur van Openbare Vervolgings Kaap die Goeie Hoop; Respondent: Marianne Jacoba Retief
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 8689/08
- Procedural Posture
- Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal by the State Against Sentence
- Outcome
- Application for leave to appeal by the State dismissed; costs awarded against the State.
- Judges
- Louw R, Van Heerden WnR
- Legal Topics
- Leave to Appeal by State, Sentencing Principles, Theft, Fraud, Suspended Sentence, Criminal Procedure Act Section 310a
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Direkteur van Openbare Vervolgings Kaap die Goeie Hoop
Applicant
Marianne Jacoba Retief
Respondent
Procedural Posture
Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal by the State Against Sentence
Legal Issues
- 1 Whether there are reasonable prospects of success for the State on appeal against the sentence imposed on the respondent.
- 2 Whether the magistrate misdirected himself in overemphasising the respondent's personal circumstances and failing to consider alternative sentencing options under the Criminal Procedure Act.
- 3 Whether the imposed sentence is shockingly inappropriate and warrants interference by an appellate court.
Ratio Decidendi
The court found that the State had failed to demonstrate reasonable prospects of success on appeal. The magistrate had considered the seriousness of the offences, the respondent's personal circumstances, and the impact of the crimes. Although the offences were serious, the respondent was a first offender, had repaid the stolen amounts, and suffered from psychological issues stemming from past trauma. The court held that there was no reasonable prospect that an appellate court would interfere with the sentence or impose a harsher sentence. Accordingly, the application for leave to appeal was dismissed, and the State was ordered to pay the respondent's costs.
Court Disposition
Application for leave to appeal by the State dismissed; costs awarded against the State.
Orders
- The application for leave to appeal is dismissed.
- The State is ordered to pay the respondent's costs incurred in opposing this application.
Full Case Text
Judgment text and source record
43 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER:8689/08 DATUM: 29 AUGUSTUS 2008 In die saak tussen: DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGINGS KAAP DIE GOEIE HOOP Applikant en MARIANNE JACOBA RETIEF Respondent UITSPRAAK (AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER) LOUW, R: Hierdie is 'n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A van die Strafproseswet vtr verlof om te appefleer teen die vonnis van nege jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is, wat die beskuldigde/respondent op 25 Maart 2008 in die streekhof op SteMenbosch opgele is, nadat sy vroeer diesetfde dag op 'n pleit van skuldig op tien aanklagte van diefstal en 24 aanklagte van bedrog skuldig bevind is. Die beskuldigde staan die aansoek om verlof om te appelleer teen. Die beskuldigde, wat vroeer 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens was, het die misdade gepleeg terwyl sy as boekhouer
vir twee individue en hulle besighede gewerk het. Vyf van die aankfagte van diefstal handef met R22 346.06, wat die beskuldigde oor 'n tydperk van Maart tot November 2003 van een van die werkgewers gesteel het. Die volle bedrag is egter wel later deur die beskuldigde tot die betrokke werkgewer se krediet aan die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste oorbetaal. Die ander vyf aankfagte van diefstal handel met 'n totale bedrag van R73 190,96 wat die beskuldigde oor rn tydperk vanaf Julie 2002 tot Desember 2003 van die ander werkgewer gesteel het. Ook in hierdie geval het die beskuldigde later wel die gemelde bedrag tot krediet van daardie werkgewer aan die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste oorbetaal. Agt van die aanklagte van bedrog het behels dat die beskuldigde oor die tydperk 20 September 1999 tot 6 September 2001 vafslik teenoor een van haar werkgewers voorgegee het dat sy geregtig was om BTW in totaal ten bedrae van R354,96 te hef op dienste wat sy vir die betrokke werkgewer gelewer het Die verdere aanklagte van bedrog handel met n bedrag van ongeveer R133 000 in totaal. Dit behels dat die beskuldigde die BTW-rekeninge van haar werkgewers gemanipuleer het en wat tot gevolg gehad het dat hulle met verkeerde bedrae vir BTW aangeslaan is. Wat hierdie
aanklagte betref, soos ek die posisie verstaan, het die beskuldigde geen persooolike voordeel getrek in die sin dat die geld in haar sak beland het nie en is die Inkomstediens waarskynlik geregtig om die bedrag wat as gevolg van die bedrog kort betaal is, van haar werkgewers te verhaal. ''n Belangrike aspek in hierdie aangeleentheid is dat die beskuldigde 'n 39-jarige ongetroude dame is wat 'n eerste oortreder is. Twee verslae is voor die landdros geplaas, een van ft sielkundige en die ander van 'n korrektiewe beampte, waaruit dit blyk dat die beskuldigde 'n ontoereikende persoonlikheid het wat, onder andere, waarskynlik verband hou met wat met haar gebeur het toe sy as jong kind deur twee persone verkrag is. Sy het 'n afhanklike persoonlikheid en sy het ook in die tydperk wat van hierdie misdrywe gepleeg is betrokke geraak met ene Johan wat haar, so se die verslae, beinvloed het en finansiee! op haar geteer het en bygedra het daartoe dat sy die bedrog en diefstal gepleeg het. Dit is duidelik uit die landdros se uitspraak dat hy die misdrywe wat die beskuldigde gepleeg het, in 'n baie ernstige lig gesien het. Hy het horn besonder sterk uitgedruk oor die aard en die effek en die voorkoms van hierdie tipe witboordjiemisdrywe. Die beskuldigde se persoonlike omstandighede het horn egter uiteindelik daartoe genoop om ti vonnis op te le wat me direkte gevangenisstraf behels nie. Namens die Staat het me Henry betoog dat hier verskeie mistastings by die landdros was met die oplegging van vonnis; dat hy onder andere die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde oorbeklemtoon het; dat hy nie behoorlike aandag gegee het aan die vraag of 'n vonnis ingevolge
artikel 276(1 )(t) van die Strafproseswet of 276(1 )(h) van die Strafproseswet opgele moet word nie en dat 'n hof van appel die
vonnis as gevolg van hierdie mistastings van nuuts af sal kan oorweeg. Sy het ook betoog dat die vonnis deur 'n hof van appel as skokkend onvanpas bevind kan word. Die vraag op hierdie stadium, waar daar aansoek gedoen word vir verlof om te appelleer deur die Staat, is of daar 'n redelike vooruitsigte is dat die apptikant (die Staat) op appel suksesvol sa! wees met die appel teen die vonnis en dat 'n ander en swaarder vonnis deur 'n hof van appel opgele sal word. Ons is vanoggend hier volledig toegespreek deur me Henry en ook deur mnr Louwrens namens die beskuldigde. Ons het die argumente wat in die hoofde van argument uiteengesit is en wat hier mondelings herhaal en verder toegelig is, oorweeg. Na my mening is hierdie ln geval waar die Staat nie aangetoon het dat daar n redelike vooruitsig op sukses op appel sal wees nie en dat daar Vi redelike
vooruitsig is dat die hof van appel eerstens sal inmeng met die vonnis en tweedens 'n swaarder vonnis sal ople nie. Na my mening moet die aansoek om verlof om te appelleer van die hand gewys word en moet daar Yi kostebevel gemaak word ingevolge die bepalings van artikel 310 A (6) dat die Staat die geheel van die beskuldigde se koste betaal wat by die bestryding van hierdie
aansoek opgeloop is. VAN HEERDEN, WnR: Ek stem saam. VAN HEERDEN, WnR LOUW. R: Dit word so beveel. LOUW, R
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER:8689/08
DATUM: 29 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGINGS
KAAP DIE GOEIE HOOP Applikant
en
MARIANNE JACOBA RETIEF Respondent
UITSPRAAK
(AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER)
LOUW, R:
Hierdie is 'n aansoek deur die Staat ingevolge artikel 310A van die Strafproseswet vtr verlof om te appefleer teen die vonnis van nege jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort is, wat die beskuldigde/respondent op 25 Maart 2008 in die streekhof op SteMenbosch opgele is, nadat sy vroeer diesetfde dag op 'n pleit van skuldig op tien aanklagte van diefstal en 24 aanklagte van bedrog skuldig bevind is.
Die beskuldigde staan die aansoek om verlof om te appelleer teen.
Die beskuldigde, wat vroeer 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens was, het die misdade gepleeg terwyl sy as boekhouer
vir twee individue en hulle besighede gewerk het.
Vyf van die aankfagte van diefstal handef met R22 346.06, wat die beskuldigde oor 'n tydperk van Maart tot November 2003 van een van die werkgewers gesteel het. Die volle bedrag is egter wel later deur die beskuldigde tot die betrokke werkgewer se krediet aan die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste oorbetaal. Die ander vyf aankfagte van diefstal handel met 'n totale bedrag van R73 190,96 wat die beskuldigde oor rn tydperk vanaf Julie 2002 tot Desember 2003 van die ander werkgewer gesteel het. Ook in hierdie geval het die beskuldigde later wel die gemelde bedrag tot krediet van daardie werkgewer aan die Suid-Afrikaanse Inkomstedienste oorbetaal.
Agt van die aanklagte van bedrog het behels dat die beskuldigde oor die tydperk 20 September 1999 tot 6 September 2001 vafslik teenoor een van haar werkgewers voorgegee het dat sy geregtig was om BTW in totaal ten bedrae van R354,96 te hef op dienste wat sy vir die betrokke werkgewer gelewer het
Die verdere aanklagte van bedrog handel met n bedrag van ongeveer R133 000 in totaal. Dit behels dat die beskuldigde die BTW-rekeninge van haar werkgewers gemanipuleer het en wat tot gevolg gehad het dat hulle met verkeerde bedrae vir BTW aangeslaan is. Wat hierdie
aanklagte betref, soos ek die posisie verstaan, het die beskuldigde geen persooolike voordeel getrek in die sin dat die geld in haar sak beland het nie en is die Inkomstediens waarskynlik geregtig om die bedrag wat as gevolg van die bedrog kort betaal is, van haar werkgewers te verhaal.
''n Belangrike aspek in hierdie aangeleentheid is dat die beskuldigde 'n 39-jarige ongetroude dame is wat 'n eerste oortreder is. Twee verslae is voor die landdros geplaas, een van ft sielkundige en die ander van 'n korrektiewe beampte, waaruit dit blyk dat die beskuldigde 'n ontoereikende persoonlikheid het wat, onder andere, waarskynlik verband hou met wat met haar gebeur het toe sy as jong kind deur twee persone verkrag is. Sy het 'n afhanklike persoonlikheid en sy het ook in die tydperk wat van hierdie misdrywe gepleeg is betrokke geraak met ene Johan wat haar, so se die verslae, beinvloed het en finansiee! op haar geteer het en bygedra het daartoe dat sy die bedrog en diefstal gepleeg het.
Dit is duidelik uit die landdros se uitspraak dat hy die misdrywe wat die beskuldigde gepleeg het, in 'n baie ernstige lig gesien het. Hy het horn besonder sterk uitgedruk oor die aard en die effek en die voorkoms van hierdie tipe witboordjiemisdrywe. Die beskuldigde se persoonlike omstandighede het horn egter uiteindelik daartoe genoop om ti vonnis op te le wat me direkte gevangenisstraf behels nie.
Namens die Staat het me Henry betoog dat hier verskeie mistastings by die landdros was met die oplegging van vonnis; dat hy onder andere die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde oorbeklemtoon het; dat hy nie behoorlike aandag gegee het aan die vraag of 'n vonnis ingevolge
artikel 276(1 )(t) van die Strafproseswet of 276(1 )(h) van die Strafproseswet opgele moet word nie en dat 'n hof van appel die
vonnis as gevolg van hierdie mistastings van nuuts af sal kan oorweeg. Sy het ook betoog dat die vonnis deur 'n hof van appel as skokkend onvanpas bevind kan word.
Die vraag op hierdie stadium, waar daar aansoek gedoen word vir verlof om te appelleer deur die Staat, is of daar 'n redelike vooruitsigte is dat die apptikant (die Staat) op appel suksesvol sa! wees met die appel teen die vonnis en dat 'n ander en swaarder vonnis deur 'n hof van appel opgele sal word.
Ons is vanoggend hier volledig toegespreek deur me Henry en ook deur mnr Louwrens namens die beskuldigde. Ons het die argumente wat in die hoofde van argument uiteengesit is en wat hier mondelings herhaal en verder toegelig is, oorweeg. Na my mening is hierdie ln geval waar die Staat nie aangetoon het dat daar n redelike vooruitsig op sukses op appel sal wees nie en dat daar Vi redelike
vooruitsig is dat die hof van appel eerstens sal inmeng met die vonnis en tweedens 'n swaarder vonnis sal ople nie.
Na my mening moet die aansoek om verlof om te appelleer van die hand gewys word en moet daar Yi kostebevel gemaak word ingevolge die bepalings van artikel 310 A (6) dat die Staat die geheel van die beskuldigde se koste betaal wat by die bestryding van hierdie
aansoek opgeloop is.
VAN HEERDEN, WnR: Ek stem saam.
VAN HEERDEN, WnR
LOUW. R: Dit word so beveel.
LOUW, R