Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Dirksen v Cairo Funeral Undertakings CC (3799/2001) [2005] ZAFSHC 91 (11 August 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that document P5 does not, by its ordinary meaning or the surrounding circumstances, constitute an acknowledgment of debt or a binding undertaking to pay the amounts claimed by the plaintiff. The evidence showed that the document was intended to record the plaintiff's contributions to the defendant, not to create a debt obligation. There was no express or implied undertaking to repay the amounts, and any suggestion of repayment was conditional upon the defendant obtaining a loan, which never occurred. The only amount admitted by the defendant as a loan was R11,687.00, which the defendant is ordered to pay. The remainder of the plaintiff's claim fails, as there is no legal basis for recovery.

Court disposition

Plaintiff's claim succeeds only in respect of the admitted loan amount; the remainder is dismissed with costs.

Orders

  • The defendant is ordered to pay the plaintiff R11,687.00 together with costs up to the date of filing the defendant's initial plea.
  • The balance of the plaintiff's claim is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

John Alec Dirksen

Plaintiff Counsel: A. Williams

Cairo Funeral Undertakings CC

Defendant Counsel: C.A. Human

Amounts and remedies

  • Admitted Loan Amount: ZAR 11,687

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Final Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff contends that document P5 is a valid acknowledgment of debt, recording the amounts he contributed to the defendant and confirming the defendant's liability to repay him. He argues that Van Wyk, as manager, treasurer, and secretary of the defendant, was authorised to sign the document. The plaintiff maintains that the amounts listed are due and payable, and that the intention to repay can be inferred from the wording and circumstances surrounding the document's creation.
Respondent
The defendant argues that P5 is not an acknowledgment of debt but merely a record of contributions made by the plaintiff. Van Wyk, who signed the document, was not authorised to bind the defendant to any debt. The defendant asserts that there was no intention to create a binding obligation to repay the plaintiff, and that the document does not contain any undertaking to pay. The only amount admitted as a loan is R11,687.00, which the defendant is willing to pay.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    CHEMFOS LTD v PLAASFOSFAAT (PTY) LTD 1985 (3) SA 106 (A) at 115 G-H

    The intention to assume liability for payment, and therefore the undertaking to pay, may be inferred from the wording and form of the acknowledgement, the conduct of the parties and all the relevant attendant circumstances.

  2. 02

    COOPERS & LYBRAND AND OTHERS v BRYANT 1995 (3) SA 761 (A) at 768 A-E

    The correct approach to the interpretation of a document is to consider the literal meaning, the context, the background circumstances, and, where ambiguous, extrinsic evidence of the parties' conduct and correspondence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that document P5 does not, by its ordinary meaning or the surrounding circumstances, constitute an acknowledgment of debt or a binding undertaking to pay the amounts claimed by the plaintiff. The evidence showed that the document was intended to record the plaintiff's contributions to the defendant, not to create a debt obligation. There was no express or implied undertaking to repay the amounts, and any suggestion of repayment was conditional upon the defendant obtaining a loan, which never occurred. The only amount admitted by the defendant as a loan was R11,687.00, which the defendant is ordered to pay. The remainder of the plaintiff's claim fails, as there is no legal basis for recovery.

Obiter and limits

  • Both parties presented weak evidence, with poor bookkeeping and limited legal understanding, making it difficult to attach legal consequences to their actions.
  • The plaintiff's own attorney, present at the signing of P5, later wrote correspondence that did not mention any loan or acknowledgment of debt, supporting the view that P5 was not intended as such.
  • The issue of Van Wyk's authority to sign P5 is rendered moot by the finding that the document was not an acknowledgment of debt.

Court disposition

Plaintiff's claim succeeds only in respect of the admitted loan amount; the remainder is dismissed with costs.

  • The defendant is ordered to pay the plaintiff R11,687.00 together with costs up to the date of filing the defendant's initial plea.
  • The balance of the plaintiff's claim is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2005] ZAFSHC 91

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 3799/2001

In die saak tussen:

JOHN

ALEC DIRKSEN Eiser

en

CAIRO FUNERAL UNDERTAKINGS CC Verweerder

______________

UITSPRAAK: KRUGER

R

AANGEHOOR OP: 2 + 3 AUGUSTUS 2005

GELEWER OP: 11 AUGUSTUS 2005

[1] Eiser eis R441 687,00 van verweerder. Hy steun op ‘n dokument wat soos volg lees:

“Mnr. A.J. Dirksen 23 Oktober 2000

Generaal van Schoorstraat 1

Dan Pienaar

BLOEMFONTEIN

9300

Meneer

Kapitaalleningsbedrag: B.K. CAIRO BEGRAFNIS-ONDERNEMERS

Hiermee word bevestig dat Mnr. Dirksen die ondergenoemde bedrae aan die korporasie geleen het.

R390 000,00 (Drie honderd en negentig duisend rand).

R20 000,00 (Waarde van meubels).

R11 687,00 (Lening).

R20 000,00 (Bydrae tot kontantvloei). [Bygevoeg met pen.]

TOTAAL: R441 687,00 [Met pen gewysig.]

Dankie.

Die uwe

__________

B/K CAIRO BEGRAFNISONDERNEMERS”

[2] In sy deklarasie sê eiser dat hierdie dokument waarna ek as “P5” verwys, ‘n erkenning van skuld is wat aan hom gegee is ter skikking en erkenning van sy bydraes aan verweerder. Hy sê die bedrae daarin vermeld is opeisbaar en betaalbaar.

[3] Verweerder sê die dokument is nie ‘n erkenning van skuld nie, en Van Wyk, wat dit namens verweerder onderteken het, was nie gemagtig om dit te onderteken nie.

[4] Eiser het getuig dat hy ongeveer gedurende Julie 1999 lid van die verweerder BK geword het. Daar was twee ander lede, Mnre. H.V.N. Matthyzer en Mnr. H. S. van Wyk. Hulle twee was ook Ashbury Financial Services BK (Ashbury) se enigste twee lede. Ashbury het ‘n mikro-leningsbedryf hanteer.

[5] Die verweerder (na wie ek as Cairo verwys) het nie op daardie stadium ‘n bankrekening gehad nie, en gelde wat dit ontvang het is in Ashbury ingesit.

[6] Dirksen het verwys na ‘n dokument gedateer 30 Julie 1999 wat voorgee ‘n ooreenkoms tussen hom en Ashbury te wees, ingevolge waarvan hy 20% aandele in Cairo “uitkoop teen die bedrag van R226 999,00.” Die dokument boekstaaf dat R90 000,00 per tjek betaal is aan Ashbury, plus meubels ter waarde van R20 000,00. Dus is R110 000,00 inbetaal, en R116 999,00 is uitstaande. Dirksen getuig dat hy 20% van die aandeelhouding in Cairo gekoop het vir R226 999,00. Dirksen het nie dokumente gehad om sy getuienis te staaf nie, en kon nie die spesifieke bedrae onthou wat hy betaal het nie. Verder is nooit verduidelik hoe iemand “aandeelhouding” in ‘n BK van ‘n ander BK kan aankoop nie.

[7] Eiser se saak is dat hy geld in Cairo belê het. Toe hy as lid bedank, gee Cairo hom as erkenning vir sy bydraes ‘n erkenning van skuld.

[8] Dirksen verwys na die notule van ‘n vergadering van Cairo gehou op 10 Januarie 2000. Paragraaf 6.3 daarvan lees soos volg:

g6.3 Ledebydrae: Mnr. A.J. Dirksen

(i) 15/12/99 – R40 000,00 (Direk betaal aan Polyflora)

(ii) 22/12/99 – R15 000,00 (Gebruik vir salarisse)

(iii) Bonusse: R115 405,00

(iv) ‘n Lys ten opsigte van elke lid se bydrae moet opgestel word.”

[9] Dirksen getuig dat hy bedank het as lid van Cairo omdat hy mislei is. Dit het nie goed gegaan met Ashbury, en Van Wyk en Matthyzen, die twee lede daarvan, het ‘n vete gehad. Die bank het die geld wat Ashbury geleen het opgeëis. Van Wyk en Matthyzen wou toe geld namens Cairo leen om Ashbury aan die gang te hou, en Dirksen was nie daarvoor te vinde nie.

[10] Dirksen sê toe vir Van Wyk en Matthyzen hy kan nie in hulle vete betrokke wees nie. Voor hy loop wou hy ‘n versekering hê dat Cairo hom geld skuld. Toe is die dokument P5, wat reeds hierbo aangehaal is, opgestel. Dirksen sê die vergadering daaroor is by die kantore van Cairo gehou. Van Wyk het die dokument opgestel. Dirksen sê dat die R20 000,00 bydrae tot kontantvloei nie op die dokument verskyn het nie. Van Wyk het dit ingevoeg, in sy eie handskrif, en die dokument toe onderteken.

[11] Dirksen het getuig dat Van Wyk die syfers uit notules van vorige vergaderings gekry het. Van Wyk op sy beurt het getuig dat hy die syfers by Matthyzen gekry het. Matthyzen was volgens Dirksen ook teenwoordig, volgens Dirksen sowel as Dirksen se prokureur, Mnr Cloete. Cloete het niks gedoen rondom of tydens die finalisering en ondertekening van P5 nie. Volgens Van Wyk was dit net hy en Dirksen wat teenwoordig was saam met Cloete. Matthyzen was nie daar nie.

[12] Dirksen wou ‘n koper vir die besigheid van Cairo soek, maar Van Wyk het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Later vra hy toe vir Van Wyk wat hy gaan doen, waarop Van Wyk sê dat hy met sy broer in Johannesburg gepraat het wat hom R100 000,00 sou leen, wat hy aan Dirksen sou gee. Die basis vir hierdie getuienis was ratifikasie, soos beweer in eiser se replikasie. In betoog het Mnr. Williams, vir eiser, gesê hy steun nie op ratifikasie nie; hy hou egter vol dat die gesprek tussen Van Wyk en Dirksen wel plaasgevind het.

[13] Dirksen getuig dat Van Wyk wel gemagtig was om die dokument te onderteken want hy was bestuurder, tesourier en sekretaris van Cairo.

[14] In kruisondervraging word Dirksen gevra oor die verskille in skuldoorsaak tussen die deklarasie en die enkelvoudige dagvaarding. Die deklarasie steun op ‘n skulderkenning terwyl die enkelvoudige dagvaarding beweer dat dit gedien is ter bevestiging van ‘n mondelinge ooreenkoms. Dirksen sê hy het nie vir sy prokureur iets gesê van ‘n mondelinge ooreenkoms nie. Ek meen nie dat enige besondere betekenis geheg moet word aan die feit dat die prokureur beweer het dat die dokument opgestel is na aanleiding van ‘n voorafgaande mondelinge ooreenkoms nie. Daardie aspek is nie veel verder gevoer in argument nie.

[15] Dit word aan Dirksen gestel dat P5 opgestel is na aanleiding van die versoek op die vergadering van 10 Januarie 2000. Hoewel hy dit aanvanklik erken, ontken hy dit onmiddelik daarna.

[16] Dirksen sê Van Wyk en Matthyzen het hulle geld in Ashbury belê, nie in Cairo nie.

[17] Dirksen bevestig dat hy in hierdie hofgeding as skuldeiser optree en nie as lid van Cairo nie.

[18] Dirksen word oor sy estoppel-bewerings gevra en spesifiek wat hy tot sy nadeel gedoen het as gevolg van die voorstelling dat Van Wyk ‘n gemagtigde van Cairo was. Dirksen sê die nadeel is dat ‘n behoorlik-gekwalifiseerde persoon nie P5 opgestel het nie. Vir doeleindes van estoppel lyk dit vir my onvoldoende maar soos later in die uitspraak blyk het Mnr. Williams nie gesteun op die estoppel-bewering nie en ek meen ook nie dat enige saak op estoppel uitgemaak is nie.

[19] Dirksen bevestig dat ooreengekom is dat terugbetaling sou geskied “whenever they are able to pay me back”. Hy sê Cairo is vandag nog steeds aan die gang.

[20] Dirksen se getuienis rondom die datum van sy gesprek met Van Wyk oor die verkoop van Cairo en terugbetaling aan hom was onbevredigend. Eers sê hy dit was vroeg in 2000 in die eerste kwartaal. Dan word sy aandag daarop gevestig dat sy aftekening as lid van Cairo eers op 20 November 2000 geregistreer is; die registrateur se stempel is 7 November 2000. Dirksen word dan verwys na sy replikasie waarin gesê word dat ratifikasie in of ongeveer Januarie 2001 plaasgevind het. Daarop sê Dirksen dat die gesprek eers aan die einde van die jaar plaasgevind het. Dan sê Dirksen dat hy deurmekaar is. Later sê hy “Ek dink dit is die middel van 2000”. Hy sê dis sy finale antwoord. Later sê hy weer dit was, “êrens in 2000”. Ek het toe aan hom uitgewys dat hierdie getuienis waardeloos is. Daarop val dit Dirksen opeens by dat dit oor die Kersnaweek was dat Van Wyk en Matthyzen besluit het dat die een Cairo gaan oorneem en die ander Ashbury. Mnr. Human, namens verweerder vra dat of hy positief vir die hof kan sweer dat dit Januarie 2001 was, waarop hy bevestigend antwoord: “positief”. Die feit dat mens datums kan vergeet is begryplik; dit is egter dik vir ‘n daalder om eensklaps, na totale verwarring, iets positief helder te onthou.

[21] Dirksen getuig dat Van Wyk geweier het om die besigheid te verkoop. Hy getuig: “Ek het gesê laat ons ons geld wat ons ingestort het, terugkry.”

[22] Hy bevestig dat toe hy die 20% ledebelang vir R226 999,00 gekoop het, was daar geen melding van ‘n lening of terugbetaling nie.

[23] Dirksen word verwys na sy prokureur, Mnr. Cloete, wat teenwoordig was toe P5 opgestel is, se brief gedateer 10 Mei 2001. Die brief lees as volg:

g10 Mei 2001

MNRE

CAIRO FUNERAL UNDERTAKING

RENBRANDTSINGEL

HEIDEDAL

9301

Waarde heer

INSAKE: J A DIRKSEN

Ons rig hierdie skrywe aan u in opdrag van ons kliënt Mnr. Dirksen.

Soos u bewus is het Mnr. Dirksen ‘n bedrag van R430 000,00 aan u beskikbaar gestel en verneem ons nou graag ‘n uiteensetting van hoe daardie fondse aangewens is.

Die uwe

ISRAEL & SACKSTEIN ING / INC

R B CLOETE”

[24] Dirksen bevestig dat hy Cloete opdrag gegee het dat om die brief te skryf en dat dit nie melding maak van die lening nie, ook nie van ‘n skulderkenning nie.

[25] Dit word aan Dirksen gestel dat P5 opgestel is na aanleiding van sy versoek op 10 Januarie 2000 dat ‘n lys van elke lid se ledebydraes gemaak moet word, wat hy ontken. Dirksen sê hoekom hy ‘n lys gevra het was omdat hy ‘n uiteensetting wou hê van wat Matthyzen en Van Wyk se bydrae tot Cairo was. Hy wou ‘n lys hê wat boekstaaf wat Cairo vir elkeen van hulle drie skuld.

[26] In antwoord op die vraag dat hy onvoorwaardelik bedank het sê Dirksen:

gJa, maar nie sonder voorwaardes nie, wag so ‘n bietjie. Ek het gesê as hulle ‘n lening kry, moet hulle my terugbetaal, dit was my onderneming met hulle. Toe sê hulle hulle gaan leen en op dié manier het ek toegestem dat hulle my, dat ek afdank en hulle sal my terugbetaal as hulle ‘n lening kry.”

[27] Dirksen erken dat hy wou wegloop van Cairo af met alles wat hy ingesit het, want hy kon dit kry as hulle vir Cairo verkoop het.

[28] Dit het eiser se saak voltooi.

[29] Verweerder se aansoek om absolusie is afgewys.

[30] Van Wyk was die enigste getuie namens verweerder.

[31] Van Wyk getuig dat Dirksen 20% aandeel in Cairo gekoop het op 30 Julie 1999. Die notule van 18 Oktober 1999 bevestig dat hy ‘n verdere 131/3% gekoop het, waarna hy dus ‘n een-derde aandeel in Cairo gehad het.

[32] Van Wyk getuig dat die meeste van die geld inbetaal is by Ashbury. Van Wyk moes by Matthyzen vasstel wat die bydrae was wat Dirksen gemaak het in Ashbury.

[33] Met verwysing na P5 sê Van Wyk dat Dirksen beslis nie ‘n skulderkenning van Cairo gevra het nie. Hy sou dit baie beslis nie gegee het as Dirksen vir hom gesê het P5 is ‘n skulderkenning nie. Die verlening van ‘n skulderkenning aan Dirksen is nooit bespreek nie. Hierdie getuienis is nie in kruisondervraging aangeveg nie. Dus staan Van Wyk se getuienis dat hy nie ‘n skulderkenning wou gee en dat Dirksen hom nie vir een gevra het nie, onaangeveg.

[34] Van Wyk sê hy weet nie hoeveel geld Dirksen inbetaal het nie, óf by Cairo óf by Ashbury.

[35] Wanneer hy daarop attent gemaak word dat hy die finansiële state van Cairo geteken het as “die lid”, sê hy dat die ouditeure geweet het daar is drie lede. Nogtans is dit vreemd dat Van Wyk ‘n dokument teken waar daar direk bo sy handtekening staan “die lid”.

[36] Van Wyk getuig dat Dirksen geen rede vir sy bedanking gegee het nie. Hy ontken dat Ashbury in finansiële moeilikheid was. Ook hierdie getuienis is hoogs verdag. Dirksen se getuienis dat Ashbury in finansiële moeilikheid was is nooit aangeveg nie. Van Wyk sê Dirksen het nie sy bydrae teruggevra nie.

[37] Wat magtiging betref, sê Van Wyk hy het waarskynlik magtiging gehad om P5 namens Cairo te teken; hy ontken egter dat dit ‘n skulderkenning was en sê hy het nie magtiging gehad om ‘n skulderkenning te onderteken nie.

[38] Hy sê die ondertekening van P5 het nie by Cairo se kantore plaasgevind nie. Ook hierdie teenstrydigheid met Dirksen se getuienis is nooit aan Dirksen gestel nie. Van Wyk se getuienis dat Matthyzen nie teenwoordig was nie, is ook nooit gestel nie.

[39] Die heel swakste deel van Van Wyk se getuienis wentel rondom die opstel van P5. Dirksen se getuienis was dat Van Wyk dit opgestel het, en daardie getuienis is nooit ontken nie. In hoof getuig Van Wyk dat hy P5 opgestel het nadat hy die bedrae by Matthyzen verneem het. Van Wyk se eedsverklaring ter bevestiging van summiere vonnis word dan aan hom gestel. Daarin sê Van Wyk:

“6.

Gemelde dokument is deur die applikant, ‘n ervare sakeman, opgestel en op sy versoek deur my in my onkunde onderteken. Dit weerspieel egter nie die feitlike posisie korrek nie, aangesien dit foutiewelik aandui dat die applikant R441 687,00 aan die respondent geleen het.”

[40] Hierop reageer Van Wyk dat hulle P5 saam opgestel het. Hy erken dat Dirksen niks te doen gehad het met die finansiële aspekte en boekhouding van Cairo nie; nadat Cairo se aanvanklike pleit, waarin beweer word dat Dirksen hom mislei het oor die bedrae aan hom gestel is. Dit het die getuienis afgesluit.

[41] Beide getuies was swak. Boekhouding was onvoldoende en hulle gebrekkige regskennis maak dit moeilik om hulle handelinge aan regsgevolge te koppel. Hulle optrede is vergelykbaar met dié van middeleeuse matrose op ‘n elektroniese aandelebeurs. Ek meen dat nie veel waarde aan hulle getuienis geheg kan word nie. Nietemin moet gekyk word na die getuienis, ten einde te kan bepaal of eiser sy saak bewys het.

[42] In betoog, sê Mnr. Williams dat die eiser uitsluitlik steun op P5, synde ‘n geldige en afdwingbare skulderkenning. Hoewel P5 nie ‘n onderneming om te betaal bevat nie, sê Mnr. Williams dat so ‘n onderneming afgelei kan word, met verwysing na CHEMFOS LTD v PLAASFOSFAAT (PTY) LTD 1985 (3) SA 106 (A) op 115 G – H:

g...the intention to assume liability for payment, and therefore the undertaking to pay, may be inferred from the wording and form of the acknowledgement, the conduct of the parties and all the relevant attendant circumstances.”

[43] Mnr. Human stem saam dat die onderneming om te betaal iets is wat, afhangende van die feite van ‘n saak, afleibaar is. Maar hy sê hierdie dokument erken nie verskuldigdheid op datum van ondertekening nie. In die CHEMFOS-saak is die erkenning van aanspreeklikheid nie ontken nie; wel die verskuldigdheid om te betaal (op 113 E – F).

[44] Mnr. Human sê op sy normale grammatikale betekenis is P5 nie ‘n skulderkenning nie. Dit is ‘n brief, onder die opskrif “kapitaalleningsbedrag”, en bevestig dat eiser die bedrae vermeld aan verweerder “geleen” het.

[45] Die eiser se saak is dat die bedrae in P5 genoem verskuldig is, ook omdat ‘n redelike tyd sedert ondertekening verloop het. Die eiser se saak moet wees dat die gebruik van die woord “geleen” in P5 ‘n terugbetaling impliseer. Die verweerder se saak is dat P5 eenvoudig bydraes boekstaaf.

[46] Die benadering wat gevolg moet word by die uitleg van ‘n dokument soos P5 word soos volg uiteengesit in COOPERS & LYBRAND AND OTHERS v BRYANT 1995(3) SA 761 (A) op 768 A – E:

“The correct approach to the application of the ‘golden rule’ of interpretation after having ascertained the literal meaning of the word or phrase in question is, broadly speaking, to have regard:

(1) to the context in which the word or phrase is used with its interrelation to the contract as a whole, including the nature and purpose of the contract, as stated by Rumpff CJ supra;

(2) to the background circumstances which explain the genesis and purpose of the contract, ie to matters probably present to the minds of the parties when they contracted. Delmas Milling Co Ltd v Du Plessis 1955 (3) SA 447 (A) at 454 G-H; Van Rensburg en Andere v Taute en Andere 1975 (1) SA 279 (A) at 305 C – E; Swart’s case supra at 200E-201A and 202C; Shoprite Checkers Ltd v Blue Route Property Managers (Pty) Ltd and Others 1994 (2) SA 172 (C) at 180 I-J;

(3) to apply extrinsic evidence regarding the surrounding circumstances when the language of the document is on the face of it ambiguous, by considering previous negotiations and correspondence between the parties, subsequent conduct of the parties showing the sense in which they acted on the document, save direct evidence of their own intentions. Delmas Milling case at 455 A-C, Van Rensburg’s case at 303 A-C, Swart’s case at 201B, Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO [1991] ZASCA 183; 1992 (1) SA 617 (A) at 624G, Pritchard Properties (Pty) Ltd v Koulis 1986 (2) SA 1 (A) at 10 C- D.”

[47] ‘n Frase in die dokument moet nie in isolasie geïnterpreteer word nie (767 H- I). Die gemeenskaplike doel van die partye moet bepaal word uit die woorde wat in die dokumente gebruik is.

[48] Kyk mens na die geheel van Dirksen se getuienis, was sy bedoeling om stawing en erkenning te kry van die presiese bedrag wat hy in Cairo ingesit het. Die beste bevestiging vir hierdie siening is te vinde in Dirksen se prokureur se brief van 10 Mei 2001, hierbo aangehaal, waar Mnr. Cloete, wat teenwoordig was toe P5 voltooi en onderteken is, sê dat eiser die uiteensetting van die bedrae verlang wat hy beskikbaar gestel het. Daar is geen melding van ‘n lening of terugbetaling nie. Dit word 6 maande na die beweerde skulderkenning geskryf. Dit is eers nog 6 maande later, op 9 Oktober 2001, wat eiser se nuwe prokureur, Mnr. Frankim (by dieselfde firma as Mnr. Cloete) ’n eisbrief skryf vir gelde geleen en voorgeskiet. Dit is die eerste woord wat ‘n mens in die korrespondensie sien van gelde wat na bewering geleen en voorgeskiet is. Dirksen se eie getuienis, op die keper beskou, staaf ook hierdie siening: hy wil weet hoeveel geld hy ingesit het. Daar was nie sprake van ‘n lening nie.

[49] Eiser se verdere probleme duik op by die onderneming om te betaal. Die dokument bevat geen onderneming om te betaal nie. Volgens die CHEMFOS-saak kan ‘n bedoeling om terug te betaal afgelei word uit die omstandighede. Van Wyk se getuienis is direk en pertinent dat daar nie so ‘n onderneming was nie. Selfs Dirksen se getuienis dui daarop dat daar nie ‘n onderneming was om te betaal nie. Uit Dirksen se getuienis blyk verder dat, as daar ‘n onderneming was om te betaal, was dit gekoppel aan voorwaardes. Wat die meubels betref sê hy dat terugbetaling sou geskied : “whenever they are able to pay me back”. Dirksen getuig ook dat Van Wyk en Matthyzen se onderneming was dat hulle hom moet terugbetaal as hulle ‘n lening kry (hierbo aangehaal). Daar was geen bewering of getuienis dat verweerder ooit ‘n lening gekry het nie. Die voorwaarde waaraan dus volgens hierdie getuienis voldoen sou moet word voordat die geld aan Dirksen terugbetaal word, naamlik die verkryging van ‘n lening, was dus nooit nagekom en dus moet eiser ook op hierdie basis misluk.

[50] Die eiser faal dus op die heel eerste been: die dokument, vanweë sy gewone betekenis bevat nie ‘n erkenning van aanspreeklikheid nie. Uit die omstandighede en getuienis kan ook nie ‘n bedoeling afgelei word om te betaal nie.

[51] Hierdie bevinding maak dit onnodig om oor die magtiging van Van Wyk te beslis. Van Wyk sê hy het magtiging gehad om P5 te onderteken wat ook volgens sy direkte getuienis, nie ‘n skulderkenning was nie. Dus het Van Wyk die magtiging gehad om ‘n dokument te onderteken maar die dokument was nie ‘n skulderkenning nie. Die getuienis wat ek aanvaar was dat daar nie ‘n bedoeling was om ‘n skulderkenning te onderteken nie.

[52] Die oorblywende kwessie is dié van die R11 687,00 wat die verweerder in die verweerskrif erken geleen is. Die verweerder sê in die verweerskrif hy is bereid om dit aan eiser te betaal. Geen tender word egter gedoen nie. Mnr. Human sê as die eiser tot daardie mate slaag sou hy slegs op landdroshofkoste geregtig wees. Die pleit is in Augustus 2002 onderteken. Die eiser kon toe met verweerder se prokureurs ooreengekom het dat daardie bedrag en koste tot op datum aan hom betaal word. Hy het egter voortgegaan met hierdie litigasie.

[57] Die volgende bevel word dus gemaak:

Verweerder word gelas om eiser R11 687.00 te betaal tesame met koste tot op datum van liassering van verweerder se aanvanklike verweerskif.

Die balans van eiser se eis word met koste van die hand gewys.

_____

A. KRUGER, R

Namens die eiser: Adv. A. Williams

In opdrag van:

Israel & Sackstein

Namens die Verweerder: Adv. C.A. Human

In opdrag van:

Kramer Weihmann & Joubert Ing

/em

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

CHEMFOS LTD v PLAASFOSFAAT (PTY) LTD 1985 (3) SA 106 (A)

Case cited

COOPERS & LYBRAND AND OTHERS v BRYANT 1995 (3) SA 761 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.