du Plessis v du Plessis (4411/2004) [2005] ZAFSHC 22 (2 February 2005)
The applicant's unchallenged statements regarding her residence in the Free State, including her intention to return after seeking work in Cape Town and to conduct freelance work from the province, justify the inference that she was ordinarily resident in the Free State at the time the summons was issued. The...
Source-derived case information.
- Citation
- [2005] ZAFSHC 22
- Parties
- Applicant: Hendrien Astell du Plessis; Respondent: Daniel Johannes du Plessis
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 4411/2004
- Procedural Posture
- Urgent Application / Rule 43 Application; Point in Limine Regarding Jurisdiction
- Outcome
- The point in limine regarding jurisdiction is dismissed with costs.
- Judges
- G van Copenhagen
- Legal Topics
- Jurisdiction in Divorce, Rule 43 Applications
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Hendrien Astell du Plessis
Applicant
Daniel Johannes du Plessis
Respondent
Procedural Posture
Urgent Application / Rule 43 Application; Point in Limine Regarding Jurisdiction
Legal Issues
- 1 Whether the court has jurisdiction to hear the Rule 43 application in the divorce proceedings.
- 2 Whether the applicant is 'ordinarily resident' in the Free State province for jurisdictional purposes.
Ratio Decidendi
The applicant's unchallenged statements regarding her residence in the Free State, including her intention to return after seeking work in Cape Town and to conduct freelance work from the province, justify the inference that she was ordinarily resident in the Free State at the time the summons was issued. The respondent did not dispute these facts. Therefore, the jurisdictional point in limine is dismissed, and the court is competent to hear the Rule 43 application.
Court Disposition
The point in limine regarding jurisdiction is dismissed with costs.
Orders
- The point in limine is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
34 paragraphs
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek Nr. : 4411/2004
HENDRIEN ASTELL DU PLESSIS APPLIKANTE
en
DANIEL JOHANNES DU PLESSIS RESPONDENT
AANGEHOOR OP: 27 JANUARIE 2005
UITSPRAAK: VAN COPPENHAGEN R
GELEWER OP: 3 FEBRUARIE 2005
[1] Applikante in die reël 43 aansoek wat aan die orde is, is die eiseres in ân egskeidingsaksie onder saak nr 3978/2004 in hierdie hof.
Respondent is haar eggenoot van wie sy na bewering vervreem is.
[2] Die aansoek het afgeskop met ân punt in limine naamlik dat die hof nie jurisdiksie het om die aangeleentheid te verhoor nie.
[3] Per definisie in artikel 1 van Wet 70 van 1979, die Wet op Egskeiding, is reël 43 aansoeke âegskeidingsgedingeâ en is die hof ingevolge artikel 3 van gemelde wet met jurisdiksie beklee indien die partye in die egskeidingsgeding of enigeen van hulle
(a) op datum waarop die geding ingestel word in die regsgebied van die hof gedomisilieerd is; of
(b) op daardie datum gewoonlik in die regsgebied woonagtig is en vir ân tydperk van minstens een jaar en onmiddellik voorafgaande gewoonlik in die republiek woonagtig is.
[4] In haar funderende verklaring maak applikante onder andere die volgende bewering:
â7.1 â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦ Ek is toe (12 September 2004) na my moeder Mev H J Smith van die plaas Valley, Verkeerdevlei, Vrystaat Provinsie waar ek sedertdien permanent woonagtig is. â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â (Invoeging deur my)
Applikante verduidelik weliswaar dat sy voorneme is om in Kaapstad te gaan werk soek en indien sy suksesvol is, sy in Mei na haar moeder terug sal keer vanwaar sy dan vryskutwerk wil doen.
[5] Teen dié agtergrond dat applikante nie âpermanentâ in die Vrystaat woon en werk nie voer respondent aan dat applikante nie âgewoonlikâ in die Vrystaat âwoonagtigâ is nie, en die hof gevolglik nie jurisdiksie het nie.
[6] Dit moet duidelik gestel word dat respondent nie applikante se bewering dat sy sedert 12 September 2004 permanent in die Vrystaat woonagtig is betwis nie, nog minder word haar stelling dat sy nadat die âmodelseisoenâ verby is na die Vrystaat terugkeer en dat sy vanaf die Vrystaat vryskutwerk wil doen, betwis.
Myns insiens regverdig applikante se onbetwiste bewerings die afleiding minstens dat sy ten tye van die uitreiking van die dagvaarding op 17 November 2004 gewoonlik in die Vrystaat woonagtig was.
[7] Die punt in limine moet gevolglik afgewys word.
Koste behoort die resultaat te volg.
[8] Die volgende bevel word gemaak:
Die punt in limine word afgewys met koste.
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
Namens die applikante: Adv. A. Williams
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. S. J. Reinders
McIntyre & Van der Post
/sp