Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Du Preez v S (A162/11) [2011] ZAWCHC 359 (13 September 2011)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant was properly informed of the minimum sentence legislation and received a fair trial. The evidence against the appellant was credible and overwhelming, including testimony from the main state witness and forensic evidence. The appellant's version was rejected as implausible and dishonest. The trial court correctly found substantial and compelling circumstances, notably the presence of dolus eventualis rather than direct intent, lack of previous convictions, low education, responsibility for his elderly mother, and the role of alcohol. The sentence of 15 years' imprisonment, with 3 years suspended for 5 years, was deemed fair and appropriate in the circumstances. The appeal against conviction and sentence was dismissed, and the original conviction and sentence were confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal is refused.
  • The conviction and sentence are confirmed.
  • The sentence period will commence from the date the appellant was sentenced in the trial court, namely 23 April 2008.

02

Material facts

Parties

Niklaas Du Preez

Appellant Counsel: L.N. Adams

The State

Respondent Counsel: Lenro Badenhorst

Amounts and remedies

  • Imprisonment Term Imposed: ZAR 15
  • Suspended Portion of Sentence (years): ZAR 3
  • Suspension Period (years): ZAR 5

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the evidence was insufficient to justify a conviction for murder and that the trial court failed to properly consider factors in his favour, including lack of previous convictions, low education, responsibility for his elderly mother, and the role of alcohol. He contended that the crime was not premeditated and that the minimum sentence legislation was not adequately explained to him during the trial.
Respondent
The respondent argued that the appellant was properly informed of the minimum sentence legislation and received a fair trial. The evidence against the appellant was overwhelming, including credible testimony from the main state witness and forensic evidence. The respondent maintained that the sentence imposed was appropriate given the gravity of the offence and the aggravating circumstances, and that the trial court correctly exercised its discretion.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 51 of the Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

    The minimum sentence legislation requires a prescribed minimum sentence unless substantial and compelling circumstances justify a lesser sentence.

  2. 02

    S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA)

    Judicial discretion in sentencing is not removed by the minimum sentence legislation, but the emphasis shifts to the objective seriousness of the offence and the public's need for effective protection.

  3. 03

    SS Terblanche, Guide to Sentencing in South Africa, 2nd Edition, para 3.8.2

    Suspension of a portion of the minimum sentence is permissible if the sentence is imposed under the court's ordinary sentencing jurisdiction after finding substantial and compelling circumstances.

  4. 04

    General appellate principle

    The appeal court will not interfere with the trial court's sentencing discretion unless there is a misdirection or the sentence is disproportionate to the offence.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant was properly informed of the minimum sentence legislation and received a fair trial. The evidence against the appellant was credible and overwhelming, including testimony from the main state witness and forensic evidence. The appellant's version was rejected as implausible and dishonest. The trial court correctly found substantial and compelling circumstances, notably the presence of dolus eventualis rather than direct intent, lack of previous convictions, low education, responsibility for his elderly mother, and the role of alcohol. The sentence of 15 years' imprisonment, with 3 years suspended for 5 years, was deemed fair and appropriate in the circumstances. The appeal against conviction and sentence was dismissed, and the original conviction and sentence were confirmed.

Obiter and limits

  • The court emphasised that the nature of the crime, involving severe violence against a defenceless woman in her own home, is to be strongly condemned.
  • It is advisable for sentencing officers to clarify when a portion of a sentence is suspended under ordinary sentencing jurisdiction after finding substantial and compelling circumstances, to avoid confusion with the minimum sentence legislation.
  • The suspension of part of the sentence serves as a deterrent upon the accused's release from prison.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal is refused.
  • The conviction and sentence are confirmed.
  • The sentence period will commence from the date the appellant was sentenced in the trial court, namely 23 April 2008.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2011] ZAWCHC 359

RAPPORTEERBAAR IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD) SAAKNR: A162/2011 In die saak tussen:

NIKLAAS

DU PREEZ …...........................................................................................Appellant En

DIE

STAAT ….......................................................................................................Respondent Adv vir die Appellant: Prok. L.N. Adams Prokureurs: Regshulpraad Adv vir die Respondent: Adv. Lenro Badenhorst Prokureurs: Staatsprokureur Datum van verhoor: 2 September 2011 Datum van Uitspraak: 13 September 2011

IN

DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD) SaakNo A162/11 Afdeling 1 Datum 2 September 2011 In die appel van :

NIKLAAS

DU PREEZ …...........................................................................................Appellant en

DIE

STAAT ….......................................................................................................Respondent

RAPPORTEERBAAR

IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNR: A162/2011

In die saak tussen:

NIKLAAS

DU PREEZ …...........................................................................................Appellant

En

DIE

STAAT ….......................................................................................................Respondent

Adv vir die Appellant: Prok. L.N. Adams

Prokureurs: Regshulpraad

Adv vir die Respondent: Adv. Lenro Badenhorst

Prokureurs: Staatsprokureur

Datum van verhoor: 2 September 2011

Datum van Uitspraak: 13 September 2011

IN

DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA

SaakNo A162/11

Afdeling 1

Datum 2 September 2011

In die appel van :

en

UITSPRAAK OP 13 SEPTEMBER 2011

STEYN R 1] Die appellant is op 23 April 2008 skuldig bevind aan 'n klag van moord in die Streekhof gehou te George, Wes Kaap en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf waarvan 'n tydperk van 3 jaar opgeskort is vir 5 jaar op die gebruiklike voorwaardes. 2] Die appellant het aanvanklik slegs aansoek gedoen vir verlof om te appelleer teen vonnis, welke aansoek op 23 November 2010 deur die verhoorhof geweier was. Daarna het hy teen vonnis appelleer by wyse van petisie na hierdie hof, welke hof aan horn verlof verleen het om teen skuldigbevinding en vonnis te appelleer, slegs in die lig van die feit dat die appellant homself verteenwoordig het tydens die verrigtinge in die laer hof en dit nie duidelik was of die verhoorhof die bepalings van minimum vonnis wetgewing behoorlik aan horn verduidelik het nie. Appellant kom dus tans in hoer beroep na hierdie hof teen beide skuldigbevinding en vonnis. 3] Wat betref die aspek van die verduideliking aan appellant van die bepalings van minimum vonnis wetgewing ingevolge die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, maak die klagstaat melding van die toepaslikheid van art 51 van Wet 105 van 1997. Ten tye van appellant se pleit, op 24 November 2006, was hy verteenwoordig deur 'n ervare regspraktisyn en kan die afleiding gemaak word dat hy reeds toe van die toepaslikheid van minimum vonnis wetgewing ingelig is. Dit blyk uit die rekord van die

verrigtinge dat hy, nadat die klag en die toepaslikheid van art 51 aan horn gestel is, onskuldig gepleit het en gese het dat hy verstaan. 4] Die streeklanddros het sekere dokumente aan hierdie hof verskaf, gedateer Maart 2011, insluitend getikte gewaarmerkte afskrifte van die oorkonde, waaruit blyk dat die appellant weer op 28 September 2007 gewaarsku is dat minimum vonnis wetgewing van toepassing is. 5] In die omstandighede is hierdie hof tevrede dat die appellant substantief 'n billike verhoor gehad het, met kennis van die

toepaslikheid van minimum vonnis wetgewing. 6] Die appellant se regsverteenwoordiger in hierdie hof het van die geleentheid gebruik gemaak om te argumenteer dat die omstandigheidsgetuienis in die saak van so 'n aard is dat 'n skuldigbevinding nie 'n regtens geoorloofde bevinding was nie. Hierdie hof kan nie met die submissie saamstem nie. Die getuienis van die vernaamste staatsgetuie, Me Arendse, was goeie geloofwaardige getuienis wat in sekere opsigte gestaaf was deur die appellant self. Die appellant, inteendeel, se getuienis was geheel ongeloofwaardig en klaarblyklik leuenagtig. Dit was so belaglik dat die hof geen twyfel het dat sy getuienis nie waar is nie. 7] Appellant se weergawe dat hy geslaap het terwyl hierdie grusame moord langs horn plaasgevind het, is verwerplik. Sy verduideliking

vir die teenwoordigheid van bloed aan sy klere en 'n bebloede piksteel, vermoedelik die moordwapen, onder die bed, was onoortuigend. Sy verduideliking oor hoekom hy aan Me Arendse gese het om nie in te meng met 'n huishoudelike argument nie, op 'n stadium wat Me Arendse gehoor het hoedat die oorledene skree om hulp, was sinneloos en ongeloofwaardig. 8] Ons stem saam met die staat dat daar geen gronde bestaan om in te meng met die bevindings van die verhoorhof wat betref die

skuldigbevinding nie. 9] Wat die misdaad betref, het die appellant sy gemeenregtelike vrou gruwelik aangerand en in die proses gedood. 'n Bebloede piksteel is later onder 'n bed in die kamer gevind en was waarskynlik die moordwapen. Die ekstensiewe aard van die oorledene se beserings blyk uit die regsmediese verslag van Dr Hurst en van die kleur fotos wat ingehandig was. Onder andere het haar milt geskeur en van haar ribbes was gekraak. Sy het bloeding op die brein gehad en was, soos opgemerk deur die landdros, van kop tot tone geslaan. 10] Die oorledene het 'n gewelddadige en wrede dood gesterf in haar eie slaapkamer, waartydens sy baie angs en pyn moes verduur het. Appellant het haar in die woning in gelok en haar vriendin verhinder om in te meng toe sy probeer navrae rig het na aanleiding van die geskree van die oorledene. Daarna het hy die deur van hul woning gesluit en verhinder dat sy gehelp kon word en boonop voorgegee dat sy slegs geslaap het en later dat hy niks weet van die moord nie, aangesien hy geslaap het toe sy vermoedelik om die lewe gebring is. Appellant het nooit enige berou getoon vir sy daad nie. Geen provokasie of motief vir die daad is ooit aan die hof openbaar nie. 11] Faktore wat moontlik in die guns van die appellant oorweeg kon word was dat daar geen vorige veroordelings teen horn bewys was nie, dat hy slegs tot Standerd 4 skoolgegaan het, dat hy verantwoordelik was om vir sy 80 jarige moeder te sorg en dat daar drank betrokke was in die aanloop tot die gebeure. Dit is nie bewys dat die daad beplan is nie en die afleiding is gemaak deur die voorsittende beampte dat die opset vorm dolus eventualis was. Hierdie faktore moet in die guns van appellant oorweeg word in teenstelling met die traak-my-nie-agtige optrede van die appellant

tydens en na die voorval en die ernstige beserings aan die oorledene. 12] Dit is geykte reg dat die hof van appel nie inmeng met die vonnis diskresie van die verhoorhof nie tensy daar 'n mistasting was of die vonnis disproporsioneel is tot die misdaad, of die vonnis ongeldig is weens 'n onreelmatigheid. 13] Verpligte minimum vonnis wetgewing bepaal dat 15 jaar gevangenisstraf die voorgeskrewe toepaslike minimum vonnis is in hierdie saak, behalwe indien, soos bepaal in sub-art (3) (a) van artikel 51 van die Strafregwysigingswet 105 van 1997, 'n hof tevrede is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig, in welke geval die hof daardie omstandighede in die notule van die verrigtinge aanteken en daarop sodanige mindere vonnis ople. 14] Die locus classicus wat betref die benadering van die howe by die beoordeling van wesenlike en dwingende omstandighede is uiteengesit in S v Malgas 2001(1) SASV 469 (HHA) waar Marais AR die volgende bevind het, naamlik: Artikel 51 neem nie die regterlike diskresie weg nie, maar verskuif die klem na die opjektiewe erns van die misdryf en die publiek se behoefte aan effektiewe beskerming daarteen. Die verhoorhof mag nie ligtelik afwyk van die voorgeskrewe minimum vonnis nie, maar faktore hoef nie buitegewoon te wees om oorweging te geniet nie. Dit is verkeerd om die appeltoets, naamlik of die

vonnis skokkend onvanpas sou wees, toe te pas. Die hof moet sy mag uitoefen om te oorweeg of daar omstandighede is wat 'n ander vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig en die hof moet 'n ander vonnis ople as daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat dit regverdig. Dit is nie moontlik om al die faktore te noem wat moontlik wesenlike en dwingende faktore kan wees nie. Die hof moet altyd daarop bedag wees dat die voorgeskrewe vonnis gewoonlik gepas sal wees, maar indien dit blyk dat die voorgeskrewe vonnis onregverdig of buite verhouding tot die misdaad, die oortreder of die regmatige belange van die gemeenskap sou wees, sal die hof se ongemak uitloop op die oortuiging dat 'n onreg gepleeg sal word as die voorgeskrewe minimum vonnis opgele word. Wat betref die beoordeling van wesenlike en dwingende omstandighede, sien ook S v PB 2011 (1) SASV 448 HHA. 15] Na aanleiding van die betoog van die aanklaer in die hof a quo het die landdros tydens vonnis oplegging bevind dat die hof sou oorleun in die guns van die beskuldigde weens die bevinding van die hof dat die relevante opsetvorm dolus eventualis was, welke aspek hy notuleer het hy in aanmerking sou neem as wesenlike en dwingende omstandighede. Daarna het hy die appellant gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf waarvan 'n tydperk van 3 jaar opgeskort is vir 5 jaar op die gebruiklike gronde. Die landdros het gemeld

dat die vonnis dus in effek 12 jaar gevangenisstraf was. 16] Ons is deur die staats advokaat verwys na die ongerapporteerde uitspraak van Mogoeng RP, soos hy toe was, in S v Moipolai ( CA 53/2004) [2004] ZANWHC 19 (20 Augustus 2004) waar die hof, nadat die hof wesenlike en dwingende omstandighede gevind het, bevind het dat die opskorting van 'n termyn van 'n verpligte minimum vonnis, 'n mindere vonnis is. Die hof het die minimum voorgeskrewe relevante termyn van 10 jaar in daardie saak opgele en 'n gedeelte van die vonnis opgeskort. 17] Hierdie Hof het in S v Eadie (2) 2001 (1) SASV 185 (K), 'n geval van padwoede, waar die appellant die oorledene met 'n hokkiestok doodgeslaan het, ook dolus eventualis notuleer as 'n wesenlike en dwingende omstandigheid, welke omstandigheid, saam met sekere andere faktore die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig het as die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf. Griesel R het bygevoeg: 'It is clear to me that a substantial period of imprisonment will be the only proper sentence in the circumstances of the present case. Having regard to the factors I have mentioned, including the provisions of Act 105 of 1997 and the various aggravating features, I do not see my way clear to impose less than the prescribed sentence of 15 years imprisonment. I am however prepared to suspend a portion of the sentence so as to serve as a

deterrent once the accused is released from prison.' 18] Die beskuldigde was gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf waarvan 5 jaar opgeskort is vir 5 jaar. 19] SS Terblanche, Guide to Sentencing in South Africa, 2de Uitgawe, par 3.8.2, bl 72, lewer tereg die volgende kommentaar met betrekking tot die opskorting van vonnisse ingevolge die Strafregwysigingswet: 'Section 51(5) prohibits the sentencing court to suspend any sentence imposed in terms of section 51, whether in part or completely. A sentence imposed after a finding that substantial and compelling circumstances exist, is clearly not a sentence "imposed in terms of this section [section 51]". Rather, it is a sentence imposed in terms of the court's ordinary sentencing jurisdiction...' 20] In die lig van die gebiedende bepalings van sub-art 51 (5) van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, ingevolge waarvan die opskorting van minimum vonnisse verbied word, kan dit soms verwarrend wees indien die hof 'n vonnis ople waarvan die tydperk van die vonnis ooreenstem met die verpligte minimum vonnis tydperk, waarvan 'n gedeelte dan opgeskort word. Ons meen dit sal raadsaam wees indien 'n voorsittende beampte, wat 'n gedeelte van 'n vonnis opskort, in hierdie omstandighede dit duidelik maak dat hy/sy vonnis ople ooreenkomstig sy/haar natuurlike strafjurisdiksie na die bevinding van wesenlike en dwingende omstandighede. 21] Soos

gemeld het die verhoorhof in hierdie saak bevind dat die teenwoordigheid van dolus eventualis in aanmerking geneem sou word as 'n wesenlike en dwingende omstandigheid en dat 'n gedeelte van die minimum vonnis opgeskort sou word in die guns van die beskuldigde. Die vraag is of die omstandighede van hierdie saak die oplegging van 'n mindere, opgeskorte vonnis regverdig en of die vonnis verder opgeskort of verminder moes word. 22] Die appellant se verteenwoordiger het argumenteer dat die landdros nie genoeg klem gele het op sekere faktore nie, soos dat geen vorige veroordelings bewys was nie, dat die misdaad oenskynlik nie beplan was nie en dat drank 'n rol gespeel het in die gebeure. Sy het tydens argument toegegee dat die misdaad gruwelik, gewelddadig en oenskynlik ongemotifeerd was. Die staats advokaat, wat ons van baie hulp was met deeglike hoofde, het bevraagteken of die opskorting van 'n gedeelte van die vonnis in hierdie saak enigsins afskrikkings waarde het en tydens argument het hy betoog dat 'n vonnis van 15 jaar meer gepas sou wees weens die erns van die oortreding en die optrede van die appellant. Alternatiewelik was sy betoog dat die vonnis bekragtig moes word. 23] Die landdros het nie enige relevante faktore wat moontlik in die guns van die appellant oorweeg kon word ignoreer nie en hy was wel deeglik bewus van die erns van die misdaad en die belange van

die gemeenskap. Die omstandighede van die appellant was nie in isolasie oorweeg nie maar gesien in teenstelling met die verswarende aspekte van die misdaad. Ons is tevrede dat die landdros ook korrek was om te bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig was om 'n mindere vonnis te regverdig en dat hierdie omstandighede die teenwoordigheid van die opsetvorm van dolus eventualis is. Na die bevinding van die wesenlike en dwingende omstandighede het hy sy vonnisdiskresie uitgeoefen om die tydperk van die duur van die vonnis te temper. 24] Hierdie hof is in die omstandighede van hierdie saak nie by magte om in te meng met die vonnisdiskresie van die verhoorhof nie. Die aard van die misdaad, naamlik ernstige geweld van 'n man teen sy weerlose vrou in hulle eie huis, sonder enige indikasie van provokasie, kan net ten sterkste veroordeel en afgekeur word. 25] Myns insiens is die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf, waarvan 'n tydperk van drie jaar opgeskort is vir vyf jaar, 'n regverdige en gepaste vonnis in die omstandighede van hierdie saak en ek sou die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.

ELIZE

STEYN R Ek stem saam

N

BAWA WR Die Appel word geweier en die skuidigbevinding en vonnis bekragtig. Die vonnis tydperk sal in aanvang neem op die datum waarop appellant gevonnis is in die hof a quo, naamlik 23 April 2008

UITSPRAAK OP 13 SEPTEMBER 2011

STEYN R

1] Die appellant is op 23 April 2008 skuldig bevind aan 'n klag van moord in die Streekhof gehou te George, Wes Kaap en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf waarvan 'n tydperk van 3 jaar opgeskort is vir 5 jaar op die gebruiklike voorwaardes.

2] Die appellant het aanvanklik slegs aansoek gedoen vir verlof om te appelleer teen vonnis, welke aansoek op 23 November 2010 deur die verhoorhof geweier was. Daarna het hy teen vonnis appelleer by wyse van petisie na hierdie hof, welke hof aan horn verlof verleen het om teen skuldigbevinding en vonnis te appelleer, slegs in die lig van die feit dat die appellant homself verteenwoordig het tydens die verrigtinge in die laer hof en dit nie duidelik was of die verhoorhof die bepalings van minimum vonnis wetgewing behoorlik aan horn verduidelik het nie. Appellant kom dus tans in hoer beroep na hierdie hof teen beide skuldigbevinding en vonnis.

3] Wat betref die aspek van die verduideliking aan appellant van die bepalings van minimum vonnis wetgewing ingevolge die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, maak die klagstaat melding van die toepaslikheid van art 51 van Wet 105 van 1997. Ten tye van appellant se pleit, op 24 November 2006, was hy verteenwoordig deur 'n ervare regspraktisyn en kan die afleiding gemaak word dat hy reeds toe van die toepaslikheid van minimum vonnis wetgewing ingelig is. Dit blyk uit die rekord van die verrigtinge dat hy, nadat die klag en die toepaslikheid van art 51 aan horn gestel is, onskuldig gepleit het en gese het dat hy verstaan.

4] Die streeklanddros het sekere dokumente aan hierdie hof verskaf, gedateer Maart 2011, insluitend getikte gewaarmerkte afskrifte van die oorkonde, waaruit blyk dat die appellant weer op 28 September 2007 gewaarsku is dat minimum vonnis wetgewing van toepassing is.

5] In die omstandighede is hierdie hof tevrede dat die appellant substantief 'n billike verhoor gehad het, met kennis van die

toepaslikheid van minimum vonnis wetgewing.

6] Die appellant se regsverteenwoordiger in hierdie hof het van die geleentheid gebruik gemaak om te argumenteer dat die omstandigheidsgetuienis in die saak van so 'n aard is dat 'n skuldigbevinding nie 'n regtens geoorloofde bevinding was nie. Hierdie hof kan nie met die submissie saamstem nie. Die getuienis van die vernaamste staatsgetuie, Me Arendse, was goeie geloofwaardige getuienis wat in sekere opsigte gestaaf was deur die appellant self. Die appellant, inteendeel, se getuienis was geheel ongeloofwaardig en klaarblyklik leuenagtig. Dit was so belaglik dat die hof geen twyfel het dat sy getuienis nie waar is nie.

7] Appellant se weergawe dat hy geslaap het terwyl hierdie grusame moord langs horn plaasgevind het, is verwerplik. Sy verduideliking

vir die teenwoordigheid van bloed aan sy klere en 'n bebloede piksteel, vermoedelik die moordwapen, onder die bed, was onoortuigend. Sy verduideliking oor hoekom hy aan Me Arendse gese het om nie in te meng met 'n huishoudelike argument nie, op 'n stadium wat Me Arendse gehoor het hoedat die oorledene skree om hulp, was sinneloos en ongeloofwaardig.

8] Ons stem saam met die staat dat daar geen gronde bestaan om in te meng met die bevindings van die verhoorhof wat betref die

skuldigbevinding nie.

9] Wat die misdaad betref, het die appellant sy gemeenregtelike vrou gruwelik aangerand en in die proses gedood. 'n Bebloede piksteel is later onder 'n bed in die kamer gevind en was waarskynlik die moordwapen. Die ekstensiewe aard van die oorledene se beserings blyk uit die regsmediese verslag van Dr Hurst en van die kleur fotos wat ingehandig was. Onder andere het haar milt geskeur en van haar ribbes was gekraak. Sy het bloeding op die brein gehad en was, soos opgemerk deur die landdros, van kop tot tone geslaan.

10] Die oorledene het 'n gewelddadige en wrede dood gesterf in haar eie slaapkamer, waartydens sy baie angs en pyn moes verduur het. Appellant het haar in die woning in gelok en haar vriendin verhinder om in te meng toe sy probeer navrae rig het na aanleiding van die geskree van die oorledene. Daarna het hy die deur van hul woning gesluit en verhinder dat sy gehelp kon word en boonop voorgegee dat sy slegs geslaap het en later dat hy niks weet van die moord nie, aangesien hy geslaap het toe sy vermoedelik om die lewe gebring is. Appellant het nooit enige berou getoon vir sy daad nie. Geen provokasie of motief vir die daad is ooit aan die hof openbaar nie.

11] Faktore wat moontlik in die guns van die appellant oorweeg kon word was dat daar geen vorige veroordelings teen horn bewys was nie, dat hy slegs tot Standerd 4 skoolgegaan het, dat hy verantwoordelik was om vir sy 80 jarige moeder te sorg en dat daar drank betrokke was in die aanloop tot die gebeure. Dit is nie bewys dat die daad beplan is nie en die afleiding is gemaak deur die voorsittende beampte dat die opset vorm dolus eventualis was. Hierdie faktore moet in die guns van appellant oorweeg word in teenstelling met die traak-my-nie-agtige optrede van die appellant

tydens en na die voorval en die ernstige beserings aan die oorledene.

12] Dit is geykte reg dat die hof van appel nie inmeng met die vonnis diskresie van die verhoorhof nie tensy daar 'n mistasting was of die vonnis disproporsioneel is tot die misdaad, of die vonnis ongeldig is weens 'n onreelmatigheid.

13] Verpligte minimum vonnis wetgewing bepaal dat 15 jaar gevangenisstraf die voorgeskrewe toepaslike minimum vonnis is in hierdie saak, behalwe indien, soos bepaal in sub-art (3) (a) van artikel 51 van die Strafregwysigingswet 105 van 1997, 'n hof tevrede is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig, in welke geval die hof daardie omstandighede in die notule van die verrigtinge aanteken en daarop sodanige mindere vonnis ople.

14] Die locus classicus wat betref die benadering van die howe by die beoordeling van wesenlike en dwingende omstandighede is uiteengesit in S v Malgas 2001(1) SASV 469 (HHA) waar Marais AR die volgende bevind het, naamlik: Artikel 51 neem nie die regterlike diskresie weg nie, maar verskuif die klem na die opjektiewe erns van die misdryf en die publiek se behoefte aan effektiewe beskerming daarteen. Die verhoorhof mag nie ligtelik afwyk van die voorgeskrewe minimum vonnis nie, maar faktore hoef nie buitegewoon te wees om oorweging te geniet nie. Dit is verkeerd om die appeltoets, naamlik of die vonnis skokkend onvanpas sou wees, toe te pas. Die hof moet sy mag uitoefen om te oorweeg of daar omstandighede is wat 'n ander vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig en die hof moet 'n ander vonnis ople as daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat dit regverdig. Dit is nie moontlik om al die faktore te noem wat moontlik wesenlike en dwingende faktore kan wees nie. Die hof moet altyd daarop bedag wees dat die voorgeskrewe vonnis gewoonlik gepas sal wees, maar indien dit blyk dat die voorgeskrewe vonnis onregverdig of buite verhouding tot die misdaad, die oortreder of die regmatige belange van die gemeenskap sou wees, sal die hof se ongemak uitloop op die oortuiging dat 'n onreg gepleeg sal word as die voorgeskrewe minimum vonnis opgele word.

Wat betref die beoordeling van wesenlike en dwingende omstandighede, sien ook S v PB 2011 (1) SASV 448 HHA.

15] Na aanleiding van die betoog van die aanklaer in die hof a quo het die landdros tydens vonnis oplegging bevind dat die hof sou oorleun in die guns van die beskuldigde weens die bevinding van die hof dat die relevante opsetvorm dolus eventualis was, welke aspek hy notuleer het hy in aanmerking sou neem as wesenlike en dwingende omstandighede. Daarna het hy die appellant gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf waarvan 'n tydperk van 3 jaar opgeskort is vir 5 jaar op die gebruiklike gronde. Die landdros het gemeld dat die vonnis dus in effek 12 jaar gevangenisstraf was.

16] Ons is deur die staats advokaat verwys na die ongerapporteerde uitspraak van Mogoeng RP, soos hy toe was, in S v Moipolai ( CA 53/2004) [2004] ZANWHC 19 (20 Augustus 2004) waar die hof, nadat die hof wesenlike en dwingende omstandighede gevind het, bevind het dat die opskorting van 'n termyn van 'n verpligte minimum vonnis, 'n mindere vonnis is. Die hof het die minimum voorgeskrewe relevante termyn van 10 jaar in daardie saak opgele en 'n gedeelte van die vonnis opgeskort.

17] Hierdie Hof het in S v Eadie (2) 2001 (1) SASV 185 (K), 'n geval van padwoede, waar die appellant die oorledene met 'n hokkiestok doodgeslaan het, ook dolus eventualis notuleer as 'n wesenlike en dwingende omstandigheid, welke omstandigheid, saam met sekere andere faktore die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig het as die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf. Griesel R het bygevoeg:

'It is clear to me that a substantial period of imprisonment will be the only proper sentence in the circumstances of the present case. Having regard to the factors I have mentioned, including the provisions of Act 105 of 1997 and the various aggravating features, I do not see my way clear to impose less than the prescribed sentence of 15 years imprisonment. I am however prepared to suspend a portion of the sentence so as to serve as a deterrent once the accused is released from prison.'

18] Die beskuldigde was gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf waarvan 5 jaar opgeskort is vir 5 jaar.

19] SS Terblanche, Guide to Sentencing in South Africa, 2de Uitgawe, par 3.8.2, bl 72, lewer tereg die volgende kommentaar met betrekking tot die opskorting van vonnisse ingevolge die Strafregwysigingswet:

'Section 51(5) prohibits the sentencing court to suspend any sentence imposed in terms of section 51, whether in part or completely. A sentence imposed after a finding that substantial and compelling circumstances exist, is clearly not a sentence "imposed in terms of this section [section 51]". Rather, it is a sentence imposed in terms of the court's ordinary sentencing jurisdiction...'

20] In die lig van die gebiedende bepalings van sub-art 51 (5) van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, ingevolge waarvan die opskorting van minimum vonnisse verbied word, kan dit soms verwarrend wees indien die hof 'n vonnis ople waarvan die tydperk van die vonnis ooreenstem met die verpligte minimum vonnis tydperk, waarvan 'n gedeelte dan opgeskort word. Ons meen dit sal raadsaam wees indien 'n voorsittende beampte, wat 'n gedeelte van 'n vonnis opskort, in hierdie omstandighede dit duidelik maak dat hy/sy vonnis ople ooreenkomstig sy/haar natuurlike strafjurisdiksie na die bevinding van wesenlike en dwingende omstandighede.

21] Soos gemeld het die verhoorhof in hierdie saak bevind dat die teenwoordigheid van dolus eventualis in aanmerking geneem sou word as 'n wesenlike en dwingende omstandigheid en dat 'n gedeelte van die minimum vonnis opgeskort sou word in die guns van die beskuldigde. Die vraag is of die omstandighede van hierdie saak die oplegging van 'n mindere, opgeskorte vonnis regverdig en of die vonnis verder opgeskort of verminder moes word.

22] Die appellant se verteenwoordiger het argumenteer dat die landdros nie genoeg klem gele het op sekere faktore nie, soos dat geen vorige veroordelings bewys was nie, dat die misdaad oenskynlik nie beplan was nie en dat drank 'n rol gespeel het in die gebeure. Sy het tydens argument toegegee dat die misdaad gruwelik, gewelddadig en oenskynlik ongemotifeerd was. Die staats advokaat, wat ons van baie hulp was met deeglike hoofde, het bevraagteken of die opskorting van 'n gedeelte van die vonnis in hierdie saak enigsins afskrikkings waarde het en tydens argument het hy betoog dat 'n vonnis van 15 jaar meer gepas sou wees weens die erns van die oortreding en die optrede van die appellant. Alternatiewelik was sy betoog dat die vonnis bekragtig moes word.

23] Die landdros het nie enige relevante faktore wat moontlik in die guns van die appellant oorweeg kon word ignoreer nie en hy was wel deeglik bewus van die erns van die misdaad en die belange van die gemeenskap. Die omstandighede van die appellant was nie in isolasie oorweeg nie maar gesien in teenstelling met die verswarende aspekte van die misdaad. Ons is tevrede dat die landdros ook korrek was om te bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig was om 'n mindere vonnis te regverdig en dat hierdie omstandighede die teenwoordigheid van die opsetvorm van dolus eventualis is. Na die bevinding van die wesenlike en dwingende omstandighede het hy sy vonnisdiskresie uitgeoefen om die tydperk van die duur van die vonnis te temper.

24] Hierdie hof is in die omstandighede van hierdie saak nie by magte om in te meng met die vonnisdiskresie van die verhoorhof nie. Die aard van die misdaad, naamlik ernstige geweld van 'n man teen sy weerlose vrou in hulle eie huis, sonder enige indikasie van provokasie, kan net ten sterkste veroordeel en afgekeur word.

25] Myns insiens is die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf, waarvan 'n tydperk van drie jaar opgeskort is vir vyf jaar, 'n regverdige en gepaste vonnis in die omstandighede van hierdie saak en ek sou die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.

ELIZE

STEYN R

Ek stem saam

N

BAWA WR

Die Appel word geweier en die skuidigbevinding en vonnis bekragtig. Die vonnis tydperk sal in aanvang neem op die datum waarop appellant gevonnis is in die hof a quo, naamlik 23 April 2008

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA)

Case cited

S v PB 2011 (1) SACR 448 (SCA)

Case cited

S v Moipolai (CA 53/2004) [2004] ZANWHC 19 (20 August 2004)

Case cited

S v Eadie (2) 2001 (1) SACR 185 (C)

Case cited

Criminal Law Amendment Act 105 of 1997

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.