Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Dube v S (A399/09) [2010] ZAWCHC 189 (13 August 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal succeeded on the basis that the trial court misdirected itself by considering facts not placed under oath and not accepted by the parties for sentencing purposes. The accepted version was that the appellant assaulted her husband by throwing hot water at him during a domestic dispute, without premeditation or the addition of oil. The High Court held that sentencing must be based on the facts accepted by the State and the accused. Given the seriousness of the offence, a custodial sentence was warranted, but in light of the appellant's personal circumstances, lack of previous convictions, and time already spent in custody, a wholly suspended sentence was appropriate. The court declined to remit the matter for further evidence and substituted the sentence with twelve months' imprisonment, wholly suspended for five years on condition that the appellant is not convicted of assault or any other offence involving violence against another person during the period of suspension.

Court disposition

Appeal against sentence upheld; sentence substituted.

Orders

  • The sentence imposed by the trial court is set aside.
  • The appellant is sentenced to twelve (12) months' imprisonment, wholly suspended for five (5) years on condition that she is not convicted of assault or any other offence involving violence against the person during the period of suspension.

02

Material facts

Parties

Rosette Ruleng Dube

Appellant Counsel: Ms Swart

The State

Respondent Counsel: Mr Solomon

Amounts and remedies

  • Appellant Monthly Income: ZAR 400
  • Suspended Imprisonment Period (months): 12
  • Suspension Period (years): 5

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Ms Swart, for the appellant, argued that the magistrate erred in law by relying on facts not placed under oath before the court for sentencing, specifically regarding premeditation and the addition of oil to the water. She submitted that, due to this misdirection, the matter should be remitted to the trial court for the hearing of evidence on sentence, particularly medical evidence concerning the severity of the burns.
Respondent
Mr Solomon, for the State, contended that although there was a misdirection regarding the facts considered for sentencing, the matter need not be remitted. He argued that the accepted version of events, as per the appellant's plea and the State's acceptance thereof, should form the basis for sentencing and proposed a wholly suspended sentence as appropriate given the circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Olivier v S 2010 ZASCA 48

    A court may not impose sentence based on facts not placed under oath or accepted by the parties; sentencing must be based on the version accepted by the State and the accused.

  2. 02

    S v Swarts 1983 (3) SA 261 (K); S v Moorcraft SASV 317 (T); Northwestern Concrete CC & Another v DPP, Western Cape 1999 (2) SASV 669 (K)

    Section 112(3) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 allows for the leading of evidence on sentence, but such evidence may not contradict the version accepted for conviction.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal succeeded on the basis that the trial court misdirected itself by considering facts not placed under oath and not accepted by the parties for sentencing purposes. The accepted version was that the appellant assaulted her husband by throwing hot water at him during a domestic dispute, without premeditation or the addition of oil. The High Court held that sentencing must be based on the facts accepted by the State and the accused. Given the seriousness of the offence, a custodial sentence was warranted, but in light of the appellant's personal circumstances, lack of previous convictions, and time already spent in custody, a wholly suspended sentence was appropriate. The court declined to remit the matter for further evidence and substituted the sentence with twelve months' imprisonment, wholly suspended for five years on condition that the appellant is not convicted of assault or any other offence involving violence against another person during the period of suspension.

Obiter and limits

  • The court noted that reconciliation had apparently occurred between the appellant and the complainant, and that they could continue living together without issue.
  • The seriousness of domestic violence requires a clear message from the courts, but sentencing must remain fair and based on properly accepted facts.

Court disposition

Appeal against sentence upheld; sentence substituted.

  • The sentence imposed by the trial court is set aside.
  • The appellant is sentenced to twelve (12) months' imprisonment, wholly suspended for five (5) years on condition that she is not convicted of assault or any other offence involving violence against the person during the period of suspension.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2010] ZAWCHC 189

IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)

SAAK NO: A399/09

DATUM: 13 AUGUSTUS 2010In die saak tussen:

ROSETTE RULENG DUBE Appellanten

DIE STAAT Respondent

UITSPRAAK

LOUW. R:

Die appellant wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordig bygestaan is, het in die landdros op Ashton tereggestaan op 'n aanklag dat sy op 16 Mei 2009 haar man. Lucky Dube, aangerand het met die opset om horn ernstig te beseer deur horn met warm of kokende water te gooi. Die appellant is op 19 Mei 2009 in hegtenis geneem en op 27 Mei 2009 het sy skuldig gepleit op die aanklag teen haar. "n Skriftelike verklaring ingevolge artikel 112(2) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, is voor die Hof geplaas waarin die appellant sekere erkennings maak. In hierdie verklaring pleit sy dan skuldig op die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te

beseer te wete dat sy op 16 Mei 2009 te of naby Zulani in die distrik Montague vir haar man aangerand het deur horn met kookwater te gooi met die bedoeiing om horn ernstig te beseer. Sy se ook "Ek erken dat ek die klaer sekere brandwonde toegedien het".

Sy gaan dan voort om die omstandighede waaronder hierdie aanval plaasgevind het, soos volg in paragraaf 3 van haar verklaring te

beskryf:

"Ek was op die betrokke dag by bogenoemde area. Ek en die klaer was by die huis. h Stry het ontstaan waar ek die klaer met warmwater gegooi het met die doel om horn ernstig te beseer in die omstandighede waar dit nie nodig was nie."

Sy gaan dan voort om die gebruiklike erkennings te maak ten opsigte van die feit dat sy geen toestemming gehad het nie en dat sy besef het dat haar optrede verkeerd en strafbaar was deur die Hof.

Die staatsaanklaer het daarop verklaar dat die Staat die appellant se pleit en weergawe, soos in haar verklaring uiteengesit, aanvaar. Op sterkte van haar pleit en die skriftelike verklaring is die appellant daarop tereg op 27 Mei 2009 skuldig bevind op die aanklag van aanranding met de opset om ernstig te beseer.

Die appellant se regsverteenwoordiger en die staatsaanklaer het daarop die Hof toegespreek en sekere feite ex parte voor die Hof geplaas. Dit blyk uit wat die appellant se regsverteenwoordiger ges£ het dat sy 31 jaar oud was; reeds vier jaar met die klaer getroud was; dat sy St.10 op skool geslaag het en 'n algemene werker by die munisipaliteit was met 'n inkomste van R400,00 per maand. Sy is ook 'n eerste oortreder.

Die staatsaanklaer het die volgende aan die Hof gese:

"Die beskuldigde is aan Vi ernstige misdryf skuldig bevind en vind gereeld plaas, maar meer ernstig is beskuldigde en klaer getroud. Die Wet op Gesinsgeweld

uitgeneem om partye te probeer beskerm. Die aanranding is goed beplan, water was reeds gekook toe klaer tuiskom; olie gevoeg by

water. Die feit dat sy 'n eerste oortreder is, maak dit nie 'n ongewenste straf om gevangenisstraf op te le nie. Versoek die Hof om ft duidelike boodskap uit te stuur en die beskuldigde na die gevangenis te verwys."

Die beskuldigde is daarop tot twaalf maande gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel 276(1 )(i) van Wet 51 van 1977 gevonnis. In sy redes vir vonnis wat die landdrof later verstrek het, meld hy, onder andere, die volgende:

"Nie alleen kook sy water waarmee sy die klaer gooi nie, sy gooi ook olie by die water. Hierdie optrede is aanduidend van haar manier van dink. Sy wou nie die geskil oplos nie, eerder die klaer te nakom. Haar optrede was vooraf beplan en met noukeurigheid uitgevoer. Haar optrede hou 'n blywende risiko in vir die klaer."

Die appellant appelleer nou teen die vonnis, met verlof van die Hof a quo, wat op 24 Junie 2009 aan haar verleen is. Op dieselfde dag is die appellant ook op borg vrygelaat hangende die afhandeling van haar

appel. Dit blyk ook uit hierdie verrigtinge dat daar intussen oSnskynlik Vi versoening tussen die appellant en haar man (die klaer) gekom het en dat daar geen probleem sou wees om voortaan in dieselfde woning saam te leef nie.

Me Swart het, met verwysing na die ongerapporteerde uitspraak van die Hoogste Hof van Appel in die saak Olivier v S 2010 ZASCA 48 gelewer op 31 Maart 2010 betoog dat die landdros by vonnisoplegging 'n mistasting ten opsigte van die reg begaan het deur ag te slaan op feite wat nie onder eed voor die Hof geplaas is nie. Sy voer aan dat in die lig van die mistasting, die aangeleentheid na die landdroshof terugverwys moet word vir die aanhoor van getuienis ten opsigte van vonnis en die oorweging van vonnis in die lig van sodanige getuienis. In hierdie verband het sy mediese getuienis oor die erns van die brandwonde in gedagte gehad.

Sy het aanvanklik in haar hoofde van argument ook verwys na getuienis soos dat die aanranding vooraf beplan is, aangesien die appellant

olie in die water gegooi het.

Ek stem saam met me Swart se betoog dat hier 'n mistasting was en opsigte van welke feite in ag geneem mag word vir doeleindes van vonnis. Ek stem egter nie saam dat die saak na die Hof a quo terugverwys moet word nie. In die verband stem ek saam met die betoog van mnr Solomon, wat namens die appellant optree.

Die Staat het die appellant se weergawe van die gebeure en omstandighede waaronder die aanranding plaasgevind het, aanvaar. Die Hof was gevolglik nie geregtig om 'n vonnis op te le op grond daarvan dat die aanranding "vooraf beplan" was en dat die water reeds gekook was toe die klaer by die huis aankom nie.

Ook is daar geen basis waarop die Hof in ag kon neem dat die appellant olie by die water sou gevoeg het nie. Hierdie feite is eerstens nie onder eed voor die Hof geplaas nie, maar meer belangrik in hierdie geval, is dit wesentlik in stryd met die appellant se weergawe wat deur die Staat aanvaar is. Ek dink veral hier daaraan dat sy se dat sy en die klaer reeds by die huis was, dat 'n stry daarna ontstaan het en dat sy toe die klaer met warmwater gegooi het met die doel om hom ernstig te beseer.

Die staatsaanklaer se ex parte verklaring dat die aanranding goed beplan was, dat die water was reeds gekook was toe die klaer by die huis aangekom het en dat olie bygevoeg is, is in stryd met hierdie weergawe van die appellant wat deur die Staat aanvaar is voor skuldigbevinding. Dit is nie toelaatbaar nie. Artikel 112(3) van Wet 51 van 1977 maak wel voorsiening vir die lei van getuienis ten opsigte van vonnis. Daardie getuienis mag egter nie die appellant se weergawe waarop sy skuldig bevind is en wat deur die Staat aanvaar is in wesenlike opsigte weerspreek nie en is beperk tot die aanvul van detail (Sien in die verband S v Swarts 1983(3) SA 261 (K) op 262-263; S v Moorcraft SASV 317 (T) op 320 en Northwestern Concrete CC & ANOTHER v DPP, Western Cape 1999(2) SASV 669 (K) op 677c-d.)

Op grond van hierdie rnistastings ten opsigte van vonnis deur die verhoorhof, is hierdie Hof nou by magte om van nuuts af te oorweeg

welke vonnis ft gepaste vonnis in die omstandighede van hierdie geval is. Weens die erns van die misdryf is gevangenisstraf, na my mening, wel ft gepaste vonnis en trouens mnr Solomon het dit toegegee.

Die appellant was reeds van 19 Mei 2009 tot 24 Junie 2009 in aanhouding. Ek meen dat in die omstandighede, mnr Solomon se voorstel van 'n totaal opgeskorte vonnis van gevangenisstraf, wel die gepaste vonnis sal wees.

Na my mening dus is die vofgende ft gepaste vonnis: TWAALF (12) MAANDE GEVANGENISSTRAF wat vir ft tydperk van vyf (5) jaar opgeskort word op voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word aan aanranding of enige ander misdryf wat geweld teenoor die persoon van ft ander behels nie, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting en ten opsigte waavan die appellant gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete nie.

DUMINY, WnR: Ek stem saam.

DUMINY, WnR

LOUW. R: Dit word dan so beveel.

LOUW. R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Olivier v S 2010 ZASCA 48

Case cited

S v Swarts 1983 (3) SA 261 (K)

Case cited

S v Moorcraft SASV 317 (T)

Case cited

Northwestern Concrete CC & Another v DPP, Western Cape 1999 (2) SASV 669 (K)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.