Dzanibe and Another v S (A96/2009) [2010] ZAFSHC 16 (11 February 2010)
- Citation
- [2010] ZAFSHC 16
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Hancke, R, Van Zyl, R
- Case number
- A96/2009
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- Hancke, R, Van Zyl, R
- Case number
- A96/2009
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that while the appellants were correctly convicted of possession of gold-bearing material, the evidence did not prove beyond reasonable doubt that they had completed the act of theft. The gold-bearing material remained under the effective control of the mine, and the appellants were apprehended before they could remove it. Therefore, the conviction for theft was substituted with a conviction for attempted theft. The sentence of three years' imprisonment was not found to be shockingly inappropriate, considering the aggravating factors such as the seriousness of the offence, the value involved, and the lack of remorse, despite the mitigating circumstances presented.
Court disposition
Appeal succeeds only to the extent that the conviction for theft is substituted with attempted theft; otherwise, the proceedings are confirmed.
Orders
- The conviction for theft (count 2) is substituted with a conviction for attempted theft.
- The conviction and sentence for possession of precious metals (count 1) are confirmed.
- The sentence imposed by the magistrate is confirmed.
02
Material facts
Parties
Mxolisi Dzanibe
Appellant Counsel: K. PretoriusKhomo Motlatsi
Appellant Counsel: K. PretoriusThe State
Respondent Counsel: M. StraussAmounts and remedies
- Value of Gold Bearing Material: ZAR 60,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellants were correctly convicted of theft or only attempt to commit theft.
- 02
Whether the conviction for possession of precious metals was justified.
- 03
Whether the sentence imposed was appropriate given the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- The defence conceded that there was no misdirection by the magistrate regarding the conviction for possession of gold-bearing material. However, it argued that the appellants' conduct did not amount to a completed act of theft, as the gold-bearing material remained under the effective control of the mine. Therefore, at most, the evidence established an attempt to commit theft, not theft itself.
- Respondent
- The State relied on the testimony of security officers who observed the appellants engaging in unlawful gold washing and possession of gold-bearing material. The State maintained that the appellants' actions constituted both possession of precious metals and theft, and that the conviction and sentence were justified based on the evidence and seriousness of the offences.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Josephus 1991 (2) SASV 347 (K)
A distinction must be drawn between acts of preparation and acts of execution or consummation of an offence; only the latter constitute an attempt.
- 02
S v Tau 1996 (2) SASV 97 (T)
If the owner retains effective control over the property, and the accused is apprehended before removing it, only attempt to commit theft is established.
- 03
C.R. Snyman, Strafreg, 4th Edition
Sentencing must consider both aggravating and mitigating factors, including the seriousness of the offence, prevalence, and personal circumstances of the accused.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that while the appellants were correctly convicted of possession of gold-bearing material, the evidence did not prove beyond reasonable doubt that they had completed the act of theft. The gold-bearing material remained under the effective control of the mine, and the appellants were apprehended before they could remove it. Therefore, the conviction for theft was substituted with a conviction for attempted theft. The sentence of three years' imprisonment was not found to be shockingly inappropriate, considering the aggravating factors such as the seriousness of the offence, the value involved, and the lack of remorse, despite the mitigating circumstances presented.
Obiter and limits
- The prevalence of offences involving precious metals in the mining industry warrants strict enforcement and deterrent sentences.
- The court exercised its review powers to correct the conviction of the second appellant, even though he was not formally before the court, in the interests of justice.
Court disposition
Appeal succeeds only to the extent that the conviction for theft is substituted with attempted theft; otherwise, the proceedings are confirmed.
- The conviction for theft (count 2) is substituted with a conviction for attempted theft.
- The conviction and sentence for possession of precious metals (count 1) are confirmed.
- The sentence imposed by the magistrate is confirmed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appélnommer : A96/2009
In die appél van:-
MXOLISI DZANIBE Eerste Appellant
KHOMO MOTLATSI Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HANCKE, R et VAN ZYL, R
AANGEHOOR OP: 8 FEBRUARIE 2010
_____________
UITSPRAAK DEUR: HANCKE,
R
GELEWER OP: 11 FEBRUARIE 2010
[1] Die appellante is in ‘n landdroshof te Welkom skuldig bevind aan aanklag 1, oortreding van artikel 143(3) van Wet 20 van 1967 (soos gewysig) besit van edelmetale en aanklag 2, diefstal.
Beide klagtes is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is hulle elk 3 (drie) jaar gevangenisstraf opgelê.
[2] Die Staat het die getuienis van vier persone aangebied, waarvan drie van hulle naamlik, Pienaar, Prinsloo en Labuschagne, batebeskermingsbeamptes by Free State Gold Excaliber Harmony goudmyn was, terwyl mnr. Gouws die onmiddellike hoof van die appellante was. Prinsloo het getuig dat hy en Pienaar op 1 Junie 2007 om 20h00 aan diens was en dat hulle ‘n roetinebesoek aan die nommer 1 goudaanleg by Harmonie goudmyn gedoen het. Hulle het daarna in verskillende rigtings beweeg waarna Prinsloo twee persone langs die vervoerband by ‘n sekere silo opgemerk het. Prinsloo was op daardie stadium op ‘n hoër vlak as die twee persone en het van bo na onder na hulle gekyk. Hy het die eerste appellant van die sykant waargeneem, terwyl die gesig van die tweede appellant na hom gedraai was. Dit blyk dat die area goed belig was en het die eerste appellant ‘n veiligheidshoed in sy hand gehad met ‘n swart-gryskleurige stof binne-in. Die hoed se oopkant was na bo gedraai en het hy dit heen en weer beweeg. Langs hulle het ‘n stoel met ‘n blou bak op gestaan. Binne die bak was water bevattende ‘n klein hoeveelheid goudkonsentraat. Op die toneel was ook ‘n tuinslang met lopende water asook fyngewasde goudstof op die grond.
[3] Prinsloo getuig dat gegewe sy 17 jaar ondervinding verbonde aan die goudaanlegte, voormelde wyse van doen ‘n onwettige manier is waarop goudstof gewas en gealmalgameer word. Hy getuig dat tweede appellant hom gesien het, waarna hulle weggehardloop het. Hy het eerste appellant gevolg en vir Pienaar
geskree om hom voor te keer, wat hy gedoen het. Die appellant het ‘n naam van ‘n persoon wat saam met hom sou wees genoem, waarna tweede appellant gevind is. Hulle is teruggeneem na die toneel waarna Labuschagne gekontak is, wie op voormelde goedere beslaggelê en die vermoedelike goudstof in ‘n sak verseël het.
[4] Prinsloo het verder getuig dat hy voldoende tyd gehad het vir observasie en dat hy oortuig was van die identiteit van die persone wat hy gesien het, asook die persone wat gearresteer is. Hy het die korrektheid van sekere foto’s bevestig. Pienaar bevestig in breë trekke die weergawe van Prinsloo. Pienaar getuig verder dat die omstandighede wat die goud gewas is, soos aangedui op die foto’s, nie normale werksomstandighede vir die appellante was nie. Voormelde gebeure word ook bevestig deur die getuienis van Labuschagne.
[5] Die landdros het as gemene saak bevind dat die persone wat Prinsloo na verwys het, besig was met onwettige goudwassery in die omgewing van nommer 5 silo, soos uitgebeeld op die foto’s; dat die persone nie toegelaat was om daardie goudstof te verwerk of te mag besit of vir hulleself toe te eien nie en dat die stof waarop beslaggelê was, wel onbewerkte edelmetaal was en dat die betrokkenes wel in die omgewing van die toneel op die tersaaklike tyd en datum was.
[6] Die landdros het bevind dat beide Prinsloo en Pienaar geloofwaardige getuies was; dat hulle voldoende tyd vir observasie gehad het en dat daar behoorlike beligting op die toneel was.
[7] Mnr. Pretorius, wat namens die verdediging volledige hoofde liasseer het, het egter toegegee, na my mening korrek, dat hy nie kan steun op enige wanvoorligting aan die kant van die landdros ten opsigte van aanklag 1, synde die besit van die gouddraende stof nie. Ten opsigte van aanklag 2, is dit egter sy betoog dat die appellante se optrede nie as ‘n uitvoeringshandeling getipeer kan word nie en dat die gouddraende stof, na sy mening, steeds onder die effektiewe beheer van Harmonie goudmyn was. Gevolglik is diefstal, volgens hierdie betoog, nie bo redelike twyfel bewys nie, maar hoogstens poging tot diefstal.
[8] In die saak van S v TAU 1996 (2) SASV 97 (T) verklaar Stafford R op 102 h – j die volgende:
“By die selfbedieningswinkel-gevalle bestaan daar dan altyd die risiko dat 'n voornemende dief wat 'n artikel byvoorbeeld onder sy klere sou versteek, met die handeling sal wegkom en so die versteekte item suksesvol sou kon steel. In hierdie verband stem ek saam met Snyman (op cit op 503) waar hy die volgende sê:
' . . . Na my mening word egter slegs poging tot diefstal gepleeg as X betrap is binne-in 'n winkel of besigheid waar die veiligheidsmaatreëls so waterdig is dat dit prakties gesproke onmoontlik is vir X om die winkel te verlaat sonder dat hy uitgevang word, want in so 'n geval behou die eienaar nog deurgaans beheer oor alles wat in die winkel is, al het X die item tydelike in sy broeksak gesteek. . . . '
[9] In die saak van S v JOSEPHUS 1991 (2) SASV 347 (K) verklaar Rose-Innes R die volgende te 348 f – g:
“In the decided cases a distinction is drawn between acts of preparation, which do not amount to an attempt to commit an offence, and acts of execution or consummation of the offence, which do constitute an attempt.”
Sien ook C.R. Snyman, Strafreg, 4de Uitgawe, p. 492 en verder.
[10] In die lig van die feite van die huidige saak is ek van mening dat alhoewel die voltooide misdaad van diefstal nie bo redelike twyfel
bewys is nie, daar voldoende uitvoerende optrede was om poging daar te stel. Wat die tweede appellant betref, alhoewel hy nie formeel voor die hof is nie, is ek van mening dat dit in belang van geregtigheid is dat hierdie hof gebruik maak van sy hersieningsbevoegdheid om die skuldigbevinding reg te stel.
[11] Wat vonnis betref, is dit so dat ‘n termyn van 3 (drie) jaar gevangenisstraf ‘n swaar vonnis is. Inaggenome die feit dat die appellant 46 jaar oud was, getroud is met sewe kinders, dat hy geruime tyd geskors was hangende die uitslag van die saak en dat die myn nie skade gely het deurdat die goudstof teruggevind is. Die appellant is ook ‘n eerste oortreder.
Daar is egter verskeie verswarende faktore naamlik die aard en erns van die misdrywe, die algemene voorkoms daarvan, die feit dat hulle van hulle werkgewers gesteel het en dat die misdryf uit gierigheid gepleeg is. Verder is die waarde daarvan meer as R60 000,00 en het die appellante ook geen berou getoon deur te volhard in hulle onskuld. Insgelyks is ek nie oortuig dat die landdros enige wanvoorligting begaan het of dat die vonnis skokkend of treffend onvanpas is nie.
[12] Bygevolg slaag die appèl slegs tot die mate dat die skuldigbevinding ten opsigte van aanklag 2 aan diefstal gewysig word na poging tot diefstal. Origens word die verrigtinge bekragtig.
____
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_____
C. VAN ZYL, R
Namens die appellant: Mnr. K. Pretorius
In opdrag van:
Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. M. Strauss
Direkteur van Openbare Vervolgings
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.