Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Eco Move 20 BK en Ander v Krygkor Besigheid (Edms) Bpk en Anders (912/2009) [2009] ZANCHC 44 (4 September 2009)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that the first defendant was not a party to either the independent service agreement or the fixed-term service agreement relied upon by the plaintiffs. The pleadings did not allege any contractual relationship or obligation between the plaintiffs and the first defendant. As only a party to a contract can repudiate it, the first defendant could not be held liable for any alleged repudiation of contracts to which it was not a party. The plaintiffs' arguments based on operational context and implied obligations were insufficient to establish a cause of action in contract law. The exception was upheld, and the plaintiffs were granted leave to amend their particulars of claim within one month, failing which the first defendant would be entitled to seek dismissal of the action.

Court disposition

Exception upheld; plaintiffs granted leave to amend particulars of claim.

Orders

  • The first defendant's exception to the plaintiffs' particulars of claim is upheld.
  • The plaintiffs are ordered to pay the first defendant's costs in respect of the exception.
  • Leave is granted to the plaintiffs to amend their particulars of claim within one month of this order, in accordance with the Uniform Rules of Court.
  • Should the plaintiffs fail to amend their particulars of claim as ordered, the first defendant is entitled to place the action on the roll for dismissal of the plaintiffs' claim against the first defendant.

02

Material facts

Parties

Eco Move 20 BK

Plaintiff Counsel: P R Cronje

Chris Muller

Plaintiff Counsel: P R Cronje

Krygkor Besigheid (Edms) Bpk

Defendant Counsel: J G van Niekerk

Ietznietz Arbeidsdienste BK

Defendant

T-Systems South Africa (Edms) Bpk

Defendant

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Procedure / Exception to Particulars of Claim

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiffs argued that the first defendant's refusal to allow access to its premises constituted a repudiation of the relevant contracts, and that the structure of the agreements and the operational context implied obligations on the first defendant. They contended that, on a broad interpretation, the pleadings established a cause of action for damages based on repudiation, and relied on case law to support the sufficiency of their pleadings.
Respondent
The first defendant argued that it was not a party to either the independent service agreement or the fixed-term service agreement, and therefore could not be liable for any alleged repudiation. It submitted that the particulars of claim failed to disclose any contractual nexus or obligation between the plaintiffs and the first defendant, and that the claims should be dismissed on exception.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    The Law of South Africa, Joubert, 2nd ed, vol 5, Part 1, para 239

    Only a party to a contract who has incurred obligations under that contract can repudiate it.

  2. 02

    De Wet and Van Wyk, The South African Law of Contract and Mercantile Law, 5th ed, vol 1, p 169

    Repudiation requires a contractual relationship between the parties; a third party cannot repudiate a contract to which it is not a party.

  3. 03

    Kerr, The Principles of the Law of Contract, 6th ed, p 575

    A party prevented from performing by another party to the contract may have a claim for repudiation, but only within the contractual relationship.

  4. 04

    Francis v Sharp and others [2003] 2 All SA 201 (C)

    On exception, the court must be satisfied that on every possible interpretation of the pleadings, no cause of action is disclosed.

  5. 05

    Sun Packaging (Pty) Ltd v Vreulink [1996] ZASCA 73; 1996 (4) SA 176 (AD)

    The interpretation of a contract at the stage of exception is limited to the pleaded facts and cannot extend to parties not alleged to be bound.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that the first defendant was not a party to either the independent service agreement or the fixed-term service agreement relied upon by the plaintiffs. The pleadings did not allege any contractual relationship or obligation between the plaintiffs and the first defendant. As only a party to a contract can repudiate it, the first defendant could not be held liable for any alleged repudiation of contracts to which it was not a party. The plaintiffs' arguments based on operational context and implied obligations were insufficient to establish a cause of action in contract law. The exception was upheld, and the plaintiffs were granted leave to amend their particulars of claim within one month, failing which the first defendant would be entitled to seek dismissal of the action.

Obiter and limits

  • Even if the first defendant's refusal of access could be construed as a repudiation of a contract, such repudiation would only be actionable if the first defendant was a party to the contract.
  • The pleadings must clearly allege the existence of a contractual relationship; operational arrangements or implied obligations do not suffice to create contractual liability.
  • The court does not need to decide whether the first defendant could have repudiated a separate contract with the second defendant, as this was not pleaded.

Court disposition

Exception upheld; plaintiffs granted leave to amend particulars of claim.

  • The first defendant's exception to the plaintiffs' particulars of claim is upheld.
  • The plaintiffs are ordered to pay the first defendant's costs in respect of the exception.
  • Leave is granted to the plaintiffs to amend their particulars of claim within one month of this order, in accordance with the Uniform Rules of Court.
  • Should the plaintiffs fail to amend their particulars of claim as ordered, the first defendant is entitled to place the action on the roll for dismissal of the plaintiffs' claim against the first defendant.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2009] ZANCHC 44

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley)

Saak No: 912/2009

Saak Aangehoor: 28/08/2009

Datum gelewer: 04/09/2009

In die saak tussen:

Eco Move 20 BK 1ste Eiser

Chris Muller 2de Eiser

en

Krygkor Besigheid (Edms) Bpk 1ste Verweerder

Ietznietz Arbeidsdienste BK 2de Verweerder

T-Systems South Africa (Edms) Bpk 3de Verweerder

Coram: Olivier

R

UITSPRAAK

Olivier R:

INLEIDING:

Die eerste eiser, Eco Move 20 BK, en die tweede eiser, mnr Chris Muller, het ‘n aksie ingestel teen die eerste verweerder, Krygkor

Besigheid (Edms) Beperk, die tweede verweerder, Ietznietz Arbeidsdienste BK, en die derde verweerder, T-Systems South Africa (Edms) Bpk.

Beide die eerste en tweede verweerders het eksepsies geneem teen die eisers se besonderhede van vordering op die basis dat dit, op verskeie gronde, geen skuldoorsaak teen hulle openbaar nie. Daar was egter by die aanhoor hiervan geen verskyning namens die tweede verweerder nie en slegs die eerste verweerder se eksepsie word dus op hierdie stadium oorweeg.

Die besonderhede van vordering is opgedeel in twee eise. Eis 1 is gebaseer op skriftelike kontrakte waarvan afskrifte aangeheg is as ‘n aanhangsels A en B en dié eis is slegs teen die eerste verweerder. Eis 2 is op sy beurt gebaseer op ‘n skriftelike

kontrak waarvan ‘n afskrif aangeheg is as aanhangsel C en is teen beide die eerste en tweede verweerders.

In die geval van beide die eise is dit slegs die eerste eiser wat die regshulp vorder en daar is beweer dat die tweede eiser bloot

gesiteer is weens “sy belang in die verrigtinge”. Dieselfde bewering is gemaak ten aansien van die derde verweerder, teen wie ook geen regshulp gevorder word nie.

Die skuldoorsaak waarop in die geval van beide die eise gesteun word, is repudiasie van die betrokke kontrakte, en op hierdie basis word dan skadevergoeding geeis.

KONTRAKTE:

Ek handel eerstens met die kontrakte waarvan afskrifte as aanhangsels aangeheg is by die besonderhede van vordering en waarop die betrokke eise gebaseer is.

Daaruit blyk dit dat, alhoewel geen afskrif daarvan aangeheg is nie, die derde verweerder ‘n kontrak (“hoofooreenkoms”) gesluit het met ‘n kliënt, wat blyk die eerste verweerder te wees, ingevolge waarvan die derde verweerder vir die eerste verweerder produkte en dienste sou lewer.

Die derde verweerder het toe op sy beurt op 18 Augustus 2004 ‘n skriftelike ooreenkoms (hierinverder na verwys as “die onafhanklike diensooreenkoms”) gesluit met die eerste eiser, ingevolge waarvan laasgemelde as ‘n subkontrakteur ‘n gedeelte van die betrokke dienste sou lewer (‘n afskrif van dié kontrak vorm deel van aanhangsel A by die besonderhede van vordering).

Op dieselfde datum is ‘n verdere gedeelte van aanhangsel A (getiteld “assignment”) onderteken namens die derde verweerder en die eerste eiser, en is ooreengekom dat die onafhanklike diensooreenkoms vanaf 1 April 2004 sou geld en jaarliks in Julie hersien sou word, dat die tweede eiser die sogenaamde konsultant sou wees en dat die dienste gelewer sou word by Alkantpan in die Nood-Kaap. Daar kan vir doeleindes hiervan aanvaar word dat Alkantpan die terrein van die eerste verweerder is.

‘n Verdere ongetekende “assignment” vir die periode 1 September 2005 tot 31 Augustus 2006, met soortgelyke inhoud, vorm ook deel van die aanhangsels by die

besonderhede van vordering.

Aanhangsel B by die besonderhede van vordering is ‘n derde “assignment”, waarvan die terme weer soortgelyk was en ingevolge waarvan die onafhanklike diensooreenkoms verleng is om te geld vanaf 1 Oktober 2006 tot 30 September 2007. Blykens dié afskrif is dit nie onderteken namens die eerste eiser nie, maar niks draai vir doeleindes van hierdie eksepsie hierom nie.

Aanhangsel C is op sy beurt ‘n afskrif van ‘n kontrak (hierinverder na verwys as “die vaste termyn diensooreenkoms”) wat op 29 Junie 2005 gesluit is tussen die tweede verweerder en die eerste eiser. Ingevolge hiervan het die tweede verweerder die eerste eiser as werknemer aangestel om vir die tweede verweerder dienste te lewer. Daar is verklaar dat die tweede verweerder se besigheid deel was van die “Alkantpan Test Range”; klaarblyklik iets wat bedryf is deur of namens die eerste verweerder. Die eerste eiser is in terme van hierdie kontrak

aangestel as die tweede verweerder se werknemer op die betrokke terrein vir die periode vanaf 1 Julie 2005 tot 30 April 2008.

AGTERGROND:

Dit is die eisers se saak dat dit van beide die ooreenkomste ‘n term was dat die eerste eiser, alternatiewelik die tweede eiser, oor ‘n sogenaamde vertroulike of geheime sekerheidsklaring sou beskik, wat klaarblyklik ‘n voorvereiste was vir toegang tot die betrokke terrein waar die dienste ingevolge die ooreenkomste gelewer sou word.

Dit blyk uit ‘n skrywe van die eerste verweerder (en waarvan ‘n afskrif by die besonderhede van vordering aangeheg is as ‘n

aanhangsel D) dat ‘n paneel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat verantwoordelik was vir die oorweging van die betrokke

sekerheidsklarings, die sekerheidsklaring van die tweede eiser wou heroorweeg.

Die gronde waarop die paneel besluit het om dit te heroorweeg, is nie hier van belang nie, behalwe om te meld dat dit die eisers se saak is dat dit sonder regsbasis was en bloot voorgehou is om moontlike korrupsie te verbloem (die verwysing na die eerste eiser in hierdie verband lyk foutief, maar is nie hier van belang nie).

Kort daarna (op 8 November 2007) het ‘n divisie van die eerste verweerder ‘n skrywe (waarvan ‘n afskrif by die besonderhede van vordering aangeheg is as aanhangsel E) gerig aan die tweede verweerder, waarin berig is dat die tweede eiser nie langer ‘n

sekerheidsklaring sou hê nie en dus nie meer toegang tot die terrein sou hê nie.

Twee dae later (op 10 November 2007) het die tweede verweerder, klaarblyklik na aanleiding hiervan, op sy beurt ‘n skrywe gerig

aan die eerste eiser, waarin berig is oor die gemelde skrywe en die verval van die tweede eiser se sekerheidsklaring, en waarin dit gestel is dat die tweede eiser se dienste ongelukkig beëindig moes word weens die afkeuring van sy sekerheidsklaring.

EIS 2:

Dit is die eisers se saak dat die laasgemelde skrywe ‘n repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms (aanhangsel C) daargestel het, welke repudiasie toe gelei het tot die repudiasie van die onafhanklike diensooreenkoms. Dit is om hierdie rede wat daar

eerste met eis 2 gehandel sal word, want eis 2 is gebaseer op die vaste termyn diensooreenkoms en die beweerde repudiasie daarvan.

Of die ontsegging van toegang aan die tweede eiser kon neergekom het op die repudiasie van ‘n kontrak tussen die eerste eiser en die tweede verweerder, is ‘n punt wat geopper is in die tweede verweerder se eksepsie, maar hoef nie nou oorweeg te word nie. Dit dus net terloops.

Soos reeds gemeld, is eis 2 gerig teen beide die eerste en tweede verweerders. In hierdie verband is, ten aansien van die eerste

verweerder, in paragraaf 17.1 van die besonderhede van vordering die volgende beweer:

“Op of ongeveer 8 NOVEMBER 2006 het Eerste Verweerder die skriftelike Vaste Termyn Diensooreenkoms tussen Eerste en Tweede Verweerder sowel as Eerste Eiser repudieer.

‘n Ware afskrif van die skriftelike repudiasie skrywe word hierby aangeheg en gemerk as ‘n AANHANGSEL ‘E’”.

Nêrens in die besonderhede van vordering of in die aanhangsels daarby is daar sprake vn ‘n skriftelike kontrak waartoe hierdie drie partye, naamlik die eerste en tweede verweerders en die eerste eiser, partye was nie.

Dit blyk egter duidelik, onder andere wanneer die datums wat gebruik is vir die berekening van die skade in eis 2 vergelyk word met dié in die vaste termyn diensooreenkoms, dat dit die beweerde repudiasie van laasgemelde kontrak is waarop eis 2 gebaseer is. Dit was ook die basis van die argumente en submissies van mnr Cronje, wat namens die eisers verskyn het.

Die vaste termyn diensooreenkoms (aanhangsel C) is egter duidelik gesluit tussen slegs die tweede verweerder en die eerste eiser. Dit bevat geen aanduiding dat die eerste verweerder ook ‘n party daartoe kon gewees het nie, en dit moes mnr Cronje toegee.

Die wese van die eksepsies wat ten aansien van beide die eise namens die eerste verweerder geneem is, is soos volg uiteengesit:

“ 2.

Die ooreenkomste wat die basis vorm van gemelde eise, luidens die Besonderhede van Vordering, gesluit is tussen die eerste eiser en die derde verweerder (paragraaf 7.1 en 9 daarvan) en tussen die eerste eiser en die tweede verweerder (paragraaf 13 daarvan).

3.

Die eerste verweerder was dus nie ‘n party tot enige van die tersaaklike ooreenkomste nie en kon regtens geen verpligtinge opdoen

vis-à-vis die eisers, voortspruitend daaruit nie.

4.

Gevolglik is enige bewering dat die eerste verweerder enige van die voormelde kontrakte repudieer het, regtens onontvanklik.

5.

Daar bestaan derhalwe geen regsband tussen die beweerde kontrakbreuk en die eerste verweerder nie, en kan die eerste verweerder gevolglik nie aanspreeklik wees op grond van enige repudiasie van die voormelde ooreenkomste nie.”

Wanneer dan aanvaar word dat dit, in die geval van eis 2, in werklikheid gaan om die beweerde repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms, weet ek werklik nie wat meer gesê hoef te word as dit wat reeds vervat is in die tweede verweerder se kennisgewing van eksepsie nie. Die blote definisie van repudiasie

van ‘n kontrak maak dit baie duidelik dat slegs ‘n party tot ‘n kontrak, en inderdaad ‘n party wat uit hoofde van daardie kontrak verpligtinge oploop, regtens in staat sou kon wees om die betrokke kontrak te repudieer (sien The Law of South Africa, Joubert, 2de uitgawe, vol 5, Deel 1, paragraaf 239, Die Suid-Afrikaanse Kontraktereg en Handelsreg, De Wet en Van Wyk, 5de uitgawe, Vol 1, bl 169 en The Principles of the Law of Contract, Kerr, 6de uitgawe, bl 575).

Die eerste verweerder was eenvoudig nooit ‘n party tot die vaste termyn diensooreenkoms nie. Dit blyk nie alleen duidelik uit die betrokke kontrak self nie, maar daar is ook geen so ‘n bewering gemaak in die besonderhede

van vordering nie. Inteendeel, in paragraaf 13 van die besonderhede van vordering is juis uitdruklik beweer dat hierdie kontrak

aangegaan is “tussen Eerste Eiser en Tweede Verweerder”.

Soos ek die argument verstaan van mnr Cronje, kom dit daarop neer:

dat daar duidelik ook in hierdie geval ‘n tipe hoofooreenkoms moes bestaan het tussen die tweede verweerder en die eerste verweerder (soos die hoofooreenkoms tussen die derde verweerder en die eerste verweerder);

dat so ‘n hoofooreenkoms dit dan noodwendig vir die tweede verweerder moontlik moes gemaak het (en inderdaad in die vooruitsig moes gestel het) om die vaste termyn diensooreenkoms met ‘n derde party soos die eerste eiser te sluit (tot die effek dat so ‘n party dan op die terrein van die eerste verweerder werk sou verrig); en

dat die eerste verweerder se weiering onder sodanige omstandighede om die eerste eiser toe te laat op die betrokke terrein, op repudiasie neergekom het.

Selfs al sou daar op hierdie argument moontlik gepraat kon word daarvan dat so ‘n weiering van toegang sou kon neerkom op repudiasie van ‘n kontrak tussen die eerste verweerder en die tweede verweerder (‘n moontlikheid wat nie nou werklik oorweeg of beslis hoef te word nie), sou die feit egter steeds bly dat die eerste verweerder nie ‘n party sou wees tot die kontrak tussen die tweede verweerder en die eerste eiser nie, geen verpligtinge uit hoofde daarvan opgedoen het nie en dit gevolglik nie sou kon repudieer nie.

Vir soverre op mnr Cronje se konstruksie geargumenteer sou kon word dat die eerste verweerder ‘n kontraksverpligting gehad het om die eerste eiser op die terrein toe te laat, sou hy slegs teenoor die tweede verweerder so ‘n kontraksverpligting kon gehad het, en nie teenoor die eerste eiser nie. Daar sou eenvoudig steeds, selfs op mnr Cronje se argument en uitleg, geen kontraktuele regsband tussen die eerste eiser en die eerste verweerder kon bestaan het nie.

Mnr Cronje het geargumenteer dat die eerste verweerder as eksipiënt die Hof moet oortuig dat daar op elke moontlike interpretasie van die besonderhede van vordering geen skuldoorsaak uitgemaak is nie en het volhard in sy submissie dat die kontrakte en beweringe in die besonderhede van vordering wel, op die bogemelde basis, vertolk sou kon word om ‘n skuldoorsaak daar te stel.

Mnr Cronje se steun in hierdie verband op die passasie in Francis v Sharp and others [2003] 2 All SA 201 (C) op 215e-g is egter misplaas. Dit het in daardie gedeelte van die betrokke uitspraak gegaan daaroor of die beweringe in ‘n besonderhede van vordering vaag en verwarrend was, en nie daaroor of ‘n skuldoorsaak uitgemaak is nie. Inteendeel, daar was in daardie geval juis beweringe van ‘n kontrak met die twee verweerders, terwyl daar hier in die besonderhede van vordering geen bewering is van ‘n kontrak tussen die eisers en die eerste verweerder nie.

Ook die ander beslissing waarna mnr Cronje in hierdie verband verwys het, Sun Packaging (Pty) Ltd v Vreulink [1996] ZASCA 73; 1996 (4) SA 176 (AD), is te onderskei, want in die passasie daarin waarna mnr Cronje verwys het (bl 186-187 van die verslag), het dit gegaan oor die uitleg van ‘n kontrak op die stadium van ‘n eksepsie. Daar is nooit hier gepleit dat die eerste verweerder op die een of ander uitleg van die vaste termyn diensooreenkoms eintlik ook ‘n party daartoe was nie en die uitleg van die onderhawige

kontrak is op die beweringe in die besonderhede van vordering geensins ter sprake by die oorweging van die eerste verweerder se eksepsie nie.

Ek is dus van oordeel dat die eerste verweerder se eksepsie ten aansien van eis 2 behoort te slaag.

EIS 1:

In die besonderhede van vordering is beweer dat dit ‘n “noodwendige gevolg” was van die repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms, dat die onafhanklike diensooreenkoms ook “repudieer word, alternatiewelik dat Eerste Eiser verhoed word om te presteer”.

Die bewering is dan verder ten aansien van hierdie eis gemaak dat die eerste verweerder se repudiasie onregmatig was, waaruit seker afgelei moet word dat dit die eisers se saak is dat ook hierdie kontrak inderdaad deur die eerste verweerder gerepudieer is. Dit was dan ook die grondslag van mnr Cronje se argument.

Teen die agtergrond daarvan dat ook hierdie kontrak (tesame met die “assignments” daarby) geen aanduiding bevat het dat die eerste verweerder ‘n party daartoe was nie, het mnr Cronje dieselfde benadering in argument gevolg as ten aansien van die vaste termyn diensooreenkoms.

Sy argument was weer dat, alhoewel die inhoud van die hoofooreenkoms tussen die eerste en derde verweerders op hierdie stadium onbekend is, dit noodwendig ‘n subkontrakteur-ooreenkoms soos dié tussen die derde verweerder en die eerste eiser in die vooruitsig moes gestel het en dat, omdat ‘n subkontrakteur soos die eerste eiser slegs sy verpligtinge sou kon uitvoer as toegang tot die eerste verweerder se terrein verkry kon word, die eerste verweerder se ontsegging van sodanige toegang sou neergekom het op ‘n repudiasie.

Die opmerkings hierbo geld ook ten aansien van hierdie argument. Selfs op mnr Cronje se argument sou die eerste verweerder steeds nie ‘n party gewees het tot die kontrak wat in die besonderhede van vordering beweer word gerepudieer is nie. Op die beste vir mnr Cronje, sou sy argument moontlik kon beteken dat die eerste verweerder sy hoofooreenkoms met die derde verweerder gerepudieer

het.

Selfs al sou die bewering in hierdie verband dat die eerste verweerder se repudiasie onregmatig was (paragraaf 19.1 van die besonderhede van vordering), vertolk word om te beteken dat dit die eisers se saak is dat die eerste verweerder self ook hierdie kontrak repudieer het, is dit in elk geval moeilik te versoen met die vroeëre bewering (in paragraaf 17.2) dat die repudiasie van die onafhanklike diensooreenkoms maar eintlik die “noodwendige gevolg” was van die beweerde repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms deur die eerste verweerder. Dit egter net terloops.

Vir soverre die eisers se saak sou wees dat repudiasie van een kontrak die gevolg kan wees van die repudiasie van ‘n ander kontrak, sou dan egter in gedagte gehou moes word dat (soos reeds bevind) die eisers nie op die pleitstukke ‘n saak uitgemaak het dat daar in die eerste plek ‘n repudiasie (wat so ‘n noodwendige gevolg sou kon teweegbring) deur die eerste verweerder was nie. Andersom gestel, indien die eisers dus ‘n repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms deur die eerste verweerder sou moes beweer het as ‘n oorsaak vir die beweerde repudiasie van die onafhanklike diensooreenkoms, is daar nie in geslaag nie.

Die bewering in paragraaf 18 dat dit die tweede verweerder was wat die vaste termyn diensooreenkoms repudieer het, sou in elk geval dan die vraag laat ontstaan watter repudiasie (die een beweer in paragraaf 17.1 of die in paragraaf 18 van die besonderhede van

vordering) dié verdere repudiasie tot noodwendige gevolg gehad het.

Opsommenderwys, en vir soverre enige sin gemaak sou kon word uit die eisers se beweringe ten aansien van die beweerde repudiasie van die onafhanklike diensooreenkoms, sou dit denkbaar op een van twee wyses vertolk kon word, naamlik:

òf dat een van die werklike partye tot die onafhanklike diensooreenkoms dit gerepudieer het, en wel as ‘n noodwendige

gevolg van die eerste verweerder se beweerde repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms;

òf dat die eerste verweerder self die onafhanklike diensooreenkoms gerepudieer het.

Wat die eerste moontlikheid betref, sou dit eerstens strydig wees met die implisiete bewering dat die eerste verweerder die repudieerder

was. Tweedens, en soos reeds gemeld, sou die pleitstukke dan in elk geval mank gaan aan die beweringe wat nodig sou wees om dié oorsaak, naamlik ‘n repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms deur die eerste verweerder, aan te toon.

Wat die tweede moontlike uitleg van die beweringe in die besonderhede van vordering betref, was die eerste verweerder nie ‘n party tot die onafhanklike diensooreenkoms nie en sou hy dit nie kon gerepudieer het nie.

Die alternatiewe bewering dat die eerste eiser deur die repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms verhoed is om te presteer, kan tog hier geen onafhanklike kontraktuele skuldoorsaak uitmaak nie. Ook dit sou, op die eisers se saak, die gevolg moes gewees het van ‘n repudiasie van die vaste termyn diensooreenkoms deur die eerste verweerder; iets waarvoor daar, soos reeds gemeld, nie in die besonderhede van vordering ‘n saak uitgemaak is nie.

Sou ‘n kontraksparty ‘n ander party tot die kontrak verhoed om te presteer, sou dit normaalweg op niks anders as repudiasie neergekom het nie (sien The Law of South Africa, supra, paragraaf 240), maar dit sou dan binne kontraksverband gewees het, en hier was die eerste verweerder nooit ‘n party tot die

onafhanklike diensooreenkoms nie.

Die vraag ontstaan in elk geval hoe, op die beweringe tans in die besonderhede van vordering, die eerste verweerder verantwoordelik gehou sou kon word vir ‘n besluit van ‘n paneel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en die gevolge daarvan. Dit hoef egter nie nou beslis te word nie.

Ek meen dus dat die eerste verweerder se eksepsie ook ten aansien van eis 1 behoort te slaag.

KOSTE:

Daar is geen rede waarom die koste nie so ‘n uitslag sal volg nie en dit is ook nie so geargumenteer nie. Wat die tweede eiser betref, het hy die eksepsie van die eerste verweerder aktief teengestaan en is die betoogshoofde en argumente ook namens hom geliasseer en gevoer. Hy het op geen stadium berus by die uitslag van hierdie eksepsie nie.

BEVELE:

Mnr van Niekerk SC het namens die eerste verweerder en met verwysing na Constantaras v BCE Foodservice Equipment (Pty) Ltd 2007 (6) SA 338 (SCA) op 348H [paragraaf 32]) aan die hand gedoen dat, indien die eksepsie namens die eerste verweerder sou slaag, ‘n bevel soos dié hieronder gemaak word, en die teendeel is nie deur mnr Cronje geargumenteer nie.

In die lig daarvan dat dit nie versoek is nie, word dit nie gelas dat die eisers ook afsonderlik vir die koste aanspreeklik sal wees nie (sien Law of Costs, Cilliers, paragrawe 11.04 en 11.05 en Johnson v High Sheriff and Pienaar 1925 CPD 109 op 114).

Die volgende bevele word dus gemaak:

Die eerste verweerder se eksepsie teen die eisers se besonderhede van eis word gehandhaaf en die eisers word gelas om die eerste

verweerder se koste in hierdie verband te betaal.

Verlof word aan die eisers verleen om, indien so geadviseer, hulle besonderhede van eis te wysig, en wel binne een maand na datum van hierdie bevel, en ooreenkomstig die bepalings van die Uniforme Hofreëls betreffende wysiging van pleitstukke.

Indien die eisers sou nalaat om hulle besonderhede van vordering te wysig ooreenkomstig hierdie bevel, sal die eerste verweerder geregtig wees om die aksie ter rolle te plaas vir afwysing van die eisers se eis teen die eerste verweerder.

______

C J OLIVIER

REGTER

NOORD-KAAPSE

AFDELING

Nms Eiser: Adv P R Cronje

In opdrag van: Van de Wall & Vennote, KIMBERLEY

Nms Verweerder: Adv J G van Niekerk

In opdrag van: Engelsman Magabane Ing, KIMBERLEY

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Francis v Sharp and others [2003] 2 All SA 201 (C)

Case cited

Sun Packaging (Pty) Ltd v Vreulink [1996] ZASCA 73; 1996 (4) SA 176 (AD)

Case cited

Constantaras v BCE Foodservice Equipment (Pty) Ltd 2007 (6) SA 338 (SCA)

Case cited

Johnson v High Sheriff and Pienaar 1925 CPD 109

Case cited

Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.