Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Els v Breda NO en Ander (753/2012) [2012] ZANCHC 54 (21 September 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the estate is insolvent and that the first respondent, as executrix, failed to disclose the true position of assets and liabilities, raising suspicion about possible dissipation of assets. The secrecy and subjective involvement of the first respondent were considered not to be in the best interests of creditors. Sequestration under the Insolvency Act would allow for proper investigation and objective administration, including the ability to interrogate claims and asset disposition. The applicant demonstrated that sequestration could benefit creditors, and locus standi was established. The court declined to resolve factual disputes regarding prescription at this stage, noting that such matters could be properly addressed in insolvency proceedings. The opposition by the first respondent was not unreasonable, and no costs de bonis propriis were ordered.

Court disposition

The provisional sequestration order is confirmed and made final.

Orders

  • The provisional sequestration order granted on 4 May 2012 is confirmed and made final.
  • The costs of the application will be costs in the sequestration.

02

Material facts

Parties

Petrus Arnoldus Els

Applicant Counsel: Adv. W.J. Coetzee

Lanel Breda N.O.

Respondent Counsel: Adv. JG Gilliland

Die Meester: Hooggeregshof, Kimberley

Respondent

Amounts and remedies

  • Value of Luxury Vehicles Listed in Initial Inventory: ZAR 1,580,000
  • Amount Paid by Deceased to Applicant Before Prescription: ZAR 1,300,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Return Date of Provisional Sequestration Order

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that the estate is insolvent and that sequestration under the Insolvency Act would provide mechanisms for proper investigation of the estate's assets and liabilities, which have not been disclosed by the first respondent. The applicant argues that the secrecy and reduction of assets by the first respondent justify final sequestration. He further submits that a payment made by the deceased before prescription constitutes acknowledgment of debt, interrupting prescription.
Respondent
The first respondent, represented by Adv. Gilliland, argues that the applicant failed to show that sequestration would benefit creditors, thus lacking locus standi. She maintains no obligation exists to disclose estate details to the applicant. The respondent challenges the validity and prescription of the applicant's claims, asserting they are suspicious and not supported by standard business practice. She further contends that administration under the Administration of Estates Act would be more cost-effective and that her opposition was reasonable.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Insolvency Act 24 of 1936

    Sequestration of an insolvent estate is justified if it is to the benefit of creditors and provides mechanisms for investigation not available under the Administration of Estates Act.

  2. 02

    Prescription Act 68 of 1969

    Acknowledgment of debt before prescription interrupts the running of prescription.

  3. 03

    Administration of Estates Act 66 of 1965

    The Master and the court retain supervisory powers over the conduct of a curator in insolvency proceedings.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the estate is insolvent and that the first respondent, as executrix, failed to disclose the true position of assets and liabilities, raising suspicion about possible dissipation of assets. The secrecy and subjective involvement of the first respondent were considered not to be in the best interests of creditors. Sequestration under the Insolvency Act would allow for proper investigation and objective administration, including the ability to interrogate claims and asset disposition. The applicant demonstrated that sequestration could benefit creditors, and locus standi was established. The court declined to resolve factual disputes regarding prescription at this stage, noting that such matters could be properly addressed in insolvency proceedings. The opposition by the first respondent was not unreasonable, and no costs de bonis propriis were ordered.

Obiter and limits

  • The subjective involvement of the executrix does not serve the interests of creditors.
  • The difference in costs between administration under the Administration of Estates Act and the Insolvency Act was not substantiated by evidence.
  • The mechanism for oversight of a curator is always available to interested parties.

Court disposition

The provisional sequestration order is confirmed and made final.

  • The provisional sequestration order granted on 4 May 2012 is confirmed and made final.
  • The costs of the application will be costs in the sequestration.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2012] ZANCHC 54

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Saakno: / Case number: 753/2012

Datum verhoor: / Date heard: 14 / 09 / 2012

Datum gelewer: / Date delivered: 21 / 09 / 2012

In die saak tussen:

PETRUS ARNOLDUS ELS ...........................................Applikant

en

LANEL BREDA N.O. ....................................Eerste Respondent

DIE MEESTER : HOOGGEREGSHOF,

KIMBERLEY ............................................Tweede Respondent

Coram: Lacock,

R

UITSPRAAK

Lacock, R

Hierdie is die keerdatum van ‘n voorlopige sekwestrasiebevel verleen op 4 Mei 2012 waarkragtens die bestorwe boedel (die boedel) van wyle Sarel Johannes Breda (die oorledene) onder voorlopige sekwestrasie geplaas is. Na verlening van die bevel nisi het die eerste respondent, synde die weduwee van die oorledene en die eksekutrise in die boedel, die bekragtiging van die voorlopige bevel opponeer en ook opponerende stukke geliasseer. Die applikant versoek dat die bevel bekragtig word.

Dit is gemeensaak tussen die partye hiertoe dat:

2.1. die eerste respondent deur die Meester (tweede respondent) as eksekutrise in die boedel aangestel is nadat sy beswaar aangeteken het teen die wyse waarop die aanvanklike aangestelde eksekuteur die boedel hanteer het;

2.2. die eerste respondent in haar taak as eksekutrise bygestaan word deur ‘n praktiserende prokureur;

2.3. die eerste respondent in haar hoedanigheid as eksekutrise die vordering van die applikant teen die boedel betwis; en

2.4. die boedel inderdaad insolvent is.

Die wese van die geskil tussen die partye is geleë in die vraag naamlik of die boedel ingevolge die toepaslike voorskrifte van die Boedelwet, nr. 66 van 1965 beredder behoort te word, of ingevolge die voorskrifte van die Insolvensiewet, nr. 24 van 1936. ‘n Bevinding soos versoek deur die applikant sal die bekragtiging van die voorlopige bevel tot gevolg hê; en ‘n bevinding soos versoek deur die eerste respondent, die opheffing daarvan.

Adv Gilliland, namens die eerste respondent, het aan die hand gedoen dat die bevel opgehef behoort te word op grond van ‘n aantal redes en waarmee ek seriatim hieronder handel.

Eerstens is betoog dat die applikant versuim het om aan te toon dat sekwestrasie van die boedel tot voordeel van skuldeisers sou wees. Op grond van die gebrek aan bewys van hierdie jurisdiksionele feit, so betoog die geleerde advokaat, ontbreek die applikant aan die nodige locus standi om die aansoek te bring.

4.1. Afgesien daarvan dat die beroep op ‘n gebrek aan locus standi op grond van die voorgaande my ietwat gekunsteld voorkom, meen ek dat die applikant tog daarin geslaag het om aan te toon dat die sekwestrasie van die boedel tot voordeel van skuldeisers kan wees.

4.2. In sy funderende eedsverklaring verwys die applikant na ‘n handgeskrewe inventaris waaruit dit blyk dat, by sy dood, die oorledene beskik het oor ‘n hele aantal eiendomme asook motorvoertuie. Ten spyte van herhaalde skriftelike versoeke aan die eerste respondent om aan hom besonderhede te verskaf van die bates en laste in die boedel, het die eerste respondent deurgaans geweier om sodanige inligting aan die applikant te verskaf. Trouens, haar houding hieraangaande is as volg in haar antwoordende eedsverklaring verwoord:

“11.2. I am advised by my attorneys, which advice I accept, that I do not have an obligation to supply details of the assets and liabilities position of the estate to any person who may enquire;

...

11.5. I submit that our failure to comply with the Applicant’s demand for a detailed exposition of the assets and liabilities of the estate on/or before Monday, 3 October 2011, constituted a clear indication of the fact that we were not prepared to play ball with the Applicant and in the circumstances, he was welcome to do whatever it was that he wanted to do.”

4.3. Ten spyte daarvan dat in die handgeskrewe inventaris melding gemaak is van vyf luukse voertuie ter waarde van ongeveer R1,58 miljoen, blyk dit dat daarna ‘n tweede inventaris by die Meester ingedien is deur die eerste respondent. Prokureur Engelbrecht bevestig hieraangaande as volg:

“Tydens my prokureur van rekord, Mnr Engelbrecht, se eerste besoek aan die kantore van die tweede respondent op 9 Mei 2011 en waartydens die lêer behoorlik nagegaan is, was daar wel ‘n tweede inventaris ingedien deur die eerste respondent en/of haar agent in die lêer opgemerk waarin slegs ‘n Mercedes Benz 270 en onroerende eiendomme opgegee was as bates. Tydens my prokureur se opvolgbesoek aan die Meesterskantoor kort voor die rig van hierdie aansoek, was die betrokke inventaris egter uit die Meester se lêer verwyder.”

Prima facie wil dit dus voorkom dat, terwyl die eerste respondent die eksekutrise in die boedel was, daar ‘n vraagteken hang oor die moontlike vermindering of vervreemding van bates in die boedel.

4.4. Uit die voorgaande alleen is dit ooglopend dat die sekwestrasie van die boedel tot voordeel van skuldeisers sal wees. Sekwestrasie sal die nodige meganisme vir ‘n ondersoek in hierdie verband beskikbaar stel.

Die blote geheimsinnigheid van die eerste respondent en haar onwilligheid om die bate en laste posisie van die boedel openbaar te maak kom my eweneens prima facie voor as verdag. Sy het ooglopend ‘n belang in die boedel – vandaar haar beswaar teen die aanvanklike eksekuteur – en dit is twyfelagtig of sy die boedel objektief sal beredder kragtens die toepaslike voorskrifte van die Boedelwet.

Tweedens betoog mnr Gilliland dat die vorderings van die applikant op die oog af verdag voorkom en dat dit in iedere geval verjaar het.

5.1. Mnr Gilliland moet gelyk gegee word dat die vorderings van die applikant op die oog af, om die minste te sê, eienaardig en nie ingevolge normale besigheidspraktyk nie, voorkom. Die applikant se vorderinge spruit uit gelde na bewering geleen en voorgeskiet aan die oorledene. Die meeste brondokumente ter stawing van hierdie vorderinge en wat letterlik miljoene rande beloop, bestaan uit handgeskrewe sogenaamde “I.O.U’s”. Dit is dus verstaanbaar dat die eerste respondent nie hierdie eise wou aanvaar nie, en die bona fides van die applikant daaraangaande betwyfel.

5.2. Na my mening egter sal ‘n kurator in ‘n insolvensieproses onder die Insolvensiewet in ‘n veel beter posisie wees om meer objektief die geldigheid van hierdie eise te ondersoek. Die Boedelwet maak nie voorsiening vir die tipe ondervragingsproses soortgelyk aan dié vervat in die Insolvensiewet nie. Op die oog af wil dit voorkom dat ‘n behoorlike ondervraging kragtens die toepaslike voorskrifte van die Insolvensiewet onvermydelik sal wees vir die bereddering van die boedel.

5.3. In soverre mnr Gilliland aanvoer dat die vorderings van die applikant verjaar het, blyk daar twee antwoorde hierop te wees.

5.3.1. Eerstens wys Adv Coetzee, namens die applikant, daarop dat, voordat die verjaringstermyn uitgeloop het, die oorledene ‘n bedrag van R1,3 miljoen aan die applikant betaal het. Dit, so betoog mnr Coetzee, stel ‘n erkenning van skuld daar wat die verloop van verjaring gestuit het. Mnr Gilliland se antwoord hierop naamlik dat hierdie betaling deur die familietrust van die oorledene gedoen is, en dus nie ‘n bewys van afkorting van die oorledene se skuld daarstel nie, is totaal kleurloos. Die vraag is nie wie die betaling gedoen het nie, maar wat van belang is, is naamlik ter afkorting van watter verskuldigdheid dit gedoen is.

5.3.2. Tweedens lê dit myns insiens nie op die weg van hierdie Hof om nou – in die lig van die ooglopende feitegeskille hieraangaande – op die stukke te poog om hierdie geskille te besleg nie. Hierdie vraagstuk kan eweneens met gerief aangespreek en gedissekteer word in ‘n behoorlike ondervragingsproses kragtens die insolvensieverrigtinge.

Vervolgens het Mnr Gilliland aangevoer dat, in die lig daarvan dat die applikant ‘n dominerende stem kan uitoefen by die aanstelling van ‘n kurator, die moontlikheid bestaan dat hy vir ‘n persoon kan stem wat sy saak sal begunstig.

6.1. Die kort antwoord hierop meen ek is geleë daarin dat die Meester en uiteindelik ‘n bevoegde Hof te alle tye ‘n sogenaamde waghond voogdyskap oor enige moontlike ongerymde handelinge van ‘n kurator uitoefen. Die meganisme om dit in werking te stel is te alle tersaaklike tye tot beskikking van alle belanghebbendes.

Laastens het mnr Gilliland aangevoer dat daar weinig verskil is tussen die bereddering van ‘n insolvente boedel kragtens die Boedelwet, en meer bepaald artikel 34 daarvan en die bereddering daarvan kragtens die Insolvensiewet. Aangesien die eerste respondent reeds deur ‘n prokureur bygestaan word, so argumenteer mnr Gilliland, sal dit goedkoper en tot voordeel van skuldeisers wees om eerder die proses wat reeds aan die gang is, deur te voer in plaas daarvan om die boedel de novo te beredder kragtens ‘n formele sekwestrasieproses.

7.1. Eerstens is ek van oordeel dat die ooglopend subjektiewe betrokkenheid van die eerste respondent nie strek tot die voordeel van skuldeisers nie.

7.2. Tweedens is dit vir my moeilik om in te sien waarom ‘n kurator nie met min moeite en koste eenvoudig in die skoene van die eksekutrise kan instap en voortgaan met die beredderingsproses nie.

7.3. Die eksekutrise word in iedere geval deur ‘n prokureur bygestaan in die bereddering van die boedel. Dit kan aanvaar word dat die prokureur nie kosteloos optree nie, en sal sy of haar vergoeding waarskynlik deur die boedel betaal word. Of daardie gelde na die prokureur van die eerste respondent of na die kurator gaan, kom my ses van die een en ‘n halfdosyn van die ander voor. In iedere geval is geen getuienis voor my geplaas ten aansien van die beweerde verskil in kostes en/of uitgawes nie.

Uit hoofde van die voorgaande is ek tevrede dat dit in die beste belang van skuldeisers sal wees indien die bevel nisi bekragtig word.

Wat die koste aanbetref meen ek nie dat gesê kan word dat die opponering van die aansoek deur die eerste respondent in haar hoedanigheid as eksekutrise so onredelik was dat sy belas behoort te word om enige koste de bonis propriis te betaal nie.

Bygevolg word die volgende bevel hierin verleen.

DIE VOORLOPIGE SEKWESTRASIEBEVEL HIERIN VERLEEN OP 4 MEI 2012 WORD BEKRAGTIG EN FINAAL GEMAAK.

DIE KOSTE VAN DIE AANSOEK SAL KOSTE IN DIE SEKWESTRASIE WEES.

____

Lacock, R

REGTER

Namens Applikant: Adv. W.J. Coetzee i.o.v. Engelsman, Magabane Ing.

Namens 1ste Respondent: Adv. JG Gilliland i.o.v. Mervyn Joel Smith Prokureurs

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Insolvency Act 24 of 1936

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Administration of Estates Act 66 of 1965

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Prescription Act 68 of 1969

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.