Farmers' Services Limited h/a Farmers' Fertilisers Services v Muller (CA & R 196/02) [2004] ZANCHC 64 (1 July 2004)
The court held that the appellant failed to establish locus standi as required by clause 14 of the contract. The appellant's pleadings and evidence were inconsistent with the contractual provisions it relied upon. The burden of proof regarding locus standi rested on the appellant, not the respondent. The respondent...
Source-derived case information.
- Citation
- [2004] ZANCHC 64
- Parties
- Appellant: Farmers' Services Limited h/a Farmers' Fertilisers Services; Respondent: Renier Muller
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- CA & R 196/02
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal
- Outcome
- The appeal is dismissed with costs.
- Judges
- Kgomo, Majiedt, Olivier
- Legal Topics
- Contractual Terms, Locus Standi, Pleading Alternatives
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Farmers' Services Limited h/a Farmers' Fertilisers Services
Appellant
Renier Muller
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal
Legal Issues
- 1 Whether the appellant established locus standi in terms of clause 14 of the contract.
- 2 Whether the burden of proof regarding locus standi rested on the appellant or respondent.
- 3 Whether the respondent's alternative defences constituted approbation and reprobation.
Ratio Decidendi
The court held that the appellant failed to establish locus standi as required by clause 14 of the contract. The appellant's pleadings and evidence were inconsistent with the contractual provisions it relied upon. The burden of proof regarding locus standi rested on the appellant, not the respondent. The respondent was entitled to plead alternative defences, and such pleading did not amount to approbation and reprobation. The approach taken by the respondent was legally correct and did not elevate form over substance. The appeal was dismissed as the magistrate's finding, supported by the majority on appeal, was technically correct, even if the outcome was less than satisfactory from a...
Court Disposition
The appeal is dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
31 paragraphs
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:CA & R 196/02
Datum verhoor: 2004-07-26
Datum gelewer:
In die appél van:
FARMERSâ SERVICES LIMITED APPELLANTH/A FARMERSâ FERTILISERS SERVICES
versus
RENIER MULLER RESPONDENT
Coram: KGOMO RP, MAJIEDT R et OLIVIER R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Ek het die voordeel daarvan gehad om die breedvoerige, weloorwoë uitsprake van my geleerde ampsbroeders te lees. Ek is dit eens met Olivier R dat die appél van die hand gewys moet word.
Die Appellant se probleme hierin het myns insiens hul ontstaan te danke aan die volgende twee fundamentele flaters wat begaan is:
2.1 Die Appellant het, as dominus litis, duidelik en ondubbelsinnig in sy dagvaarding gepleit dat die wesenlike terme van die kontrak gevind kan word in aanhangsel âAâ tot die dagvaarding. Daarby ingeslote dus was die gewraakte klousule 14 waarna my ampsbroeders alreeds volledig verwys het in hul uitsprake.
Verbasend genoeg het die Appellant, toe hy gedaag was deur die Respondent om sy locus standi te bewys gegewe klousule 14 se bepalings, nie net daarin volhard om vol te hou met dié standpunt nie, maar het hy boonop getuienis tot die teendeel van klousule 14 se bepalings aangebied.
2.2 Die tweede flater is ân wanopvatting wat by die Appellant se advokaat bestaan het tydens die verhoor dat die bewyslas om locus standi (of dan meer korrek die gebrek daaraan) te bewys, op die Respondent rus.
Die gesag soos aangehaal deur Olivier R is duidelik tot die teendeel; sien par. [6] en par. [7] van Olivier R se uitspraak.
Vir die redes soos voorgehou deur Olivier R in sy uitspraak is ek heeltemal tevrede dat daar nie gesê kan word dat die Respondent warm en koud geblaas het in die formulering van sy verwere nie (die sg. âapprobate and reprobateâ). Dit kom veelvuldiglik voor dat verskillende en selfs op die oog af botsende verwere in ân verweerskrif gepleit word. Daar is regtens geen beletsel daarteen nie, mits dit as alternatiewe gepleit word en mits dit nie vaagheid en verwarring meebring nie. Ek moet respekvol verskil met Kgomo RP dat hierdie benadering ân verheffing van âform over substanceâ is. Die âtegnies korrekteâ benadering van die Respondent slaan per slot van sake tog op ân kernaspek van die Appellant se saak wat hy moes bewys, te wete locus standi.
Ek het groot begrip vir Kgomo RP se sentimente soos ondermeer uitgespreek in par. 44 van sy uitspraak. Die gevolgtrekking waartoe die landdros gekom het en wat ondersteun word deur Olivier R en ekself op appél is ân minder bevredigende uitslag. Dis egter regstegnies die korrekte bevinding na my mening.
Gevolglik meen ek, vir die verdere redes voorgehou deur Olivier R, dat die appél afgewys moet word met koste en word dit aldus gelas.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS APPELLANT : ADV A BESTER i.o.v. ENGELSMAN BENADE & VD WALT ING
NAMENS RESPONDENT : ADV PJ GREYLING i.o.v. DUNCAN & ROTHMAN
DATUM VAN VERHOOR : 26 JULIE 2004
DATUM VAN UITSPRAAK :