Download PDF

South Africa Judgment

Eastern Cape High Court, Port Elizabeth

Ferreira v Roux and Another (428/09) [2010] ZAECPEHC 57 (14 September 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the plaintiff failed to establish any contractual, statutory, or fiduciary basis obliging the defendants to deliver a specified account. The agreement merely determined the scope of the plaintiff's remuneration, and the facts showed he had access to all relevant cost information during the contract's execution. The relationship between the parties was that of ordinary debtor and creditor, not one creating a duty to render an account. Precedent confirms that such a duty arises only from a fiduciary relationship, statute, or express contractual term, none of which were present. The plaintiff's inability to quantify his claim resulted from his own failure to retain copies of the documents, not from any breach by the defendants. Accordingly, the claim for delivery and debate of an account was dismissed.

Court disposition

Plaintiff's claim for delivery and debate of a specified account is dismissed.

Orders

  • The plaintiff's claim for delivery of a specified account and debate thereof is dismissed.
  • The remaining issues in the pleadings are postponed sine die.
  • The plaintiff is ordered to pay the costs occasioned by the stated case.

02

Material facts

Parties

Daniel Theodorus Ferreira

Plaintiff Counsel: Adv Pretorius

Johan Roux

Defendant Counsel: Adv Nepgen

Tracy Roux

Defendant Counsel: Adv Nepgen

Amounts and remedies

  • Partial Payment Made by Defendants to Plaintiff: ZAR 158,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Procedure / Separated Issue: Entitlement to Delivery of Account

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff contends that, pursuant to an oral agreement confirmed in writing, he was appointed as project manager for the defendants' house construction and entitled to 20% of all labour, building, and material costs. He claims he delivered proof of all costs to the defendants but did not retain copies, and now cannot determine the amount due. He argues that the defendants, being in possession of all relevant documents, are obliged to deliver a specified account and supporting evidence so he can calculate his entitlement.
Respondent
The defendants deny any obligation to deliver or debate an account. They assert that all suppliers and workers were paid directly by them, and that they provided copies of all invoices and proof of payment to the plaintiff on 14 January 2009. They argue that there is no contractual, statutory, or fiduciary basis requiring them to render an account, and that the plaintiff had access to all relevant information during the contract's execution.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Victor Products SA (Pty) Ltd v Lateulere Manufacturing Ltd 1975 (1) SA 961 (W) at 963

    At common law, a right to claim a statement of account exists only if a fiduciary relationship, statute, or contract imposes such a duty; a mere debtor-creditor relationship does not suffice.

  2. 02

    Rectifier and Communication Systems (Pty) Ltd v Harrison and Others 1981 (2) SA 283 (K) at 287H-288A

    No general principle of law entitles a party who does not know how much he is owed to demand an account from the other party; uncertainty as to the amount can be addressed by discovery procedures.

  3. 03

    Priday v Thos Cook & Son (SA) Ltd 1952 (4) SA 761 (C) at 764H

    A contractual obligation to render an account must be expressly pleaded and proven; absence of such a term precludes the claim.

  4. 04

    Rousseau NO v Cloete 1952 (3) SA 703 at 707D-F

    A fiduciary relationship or statutory duty must be established to justify a claim for an account; mere access to information during contract execution negates such necessity.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the plaintiff failed to establish any contractual, statutory, or fiduciary basis obliging the defendants to deliver a specified account. The agreement merely determined the scope of the plaintiff's remuneration, and the facts showed he had access to all relevant cost information during the contract's execution. The relationship between the parties was that of ordinary debtor and creditor, not one creating a duty to render an account. Precedent confirms that such a duty arises only from a fiduciary relationship, statute, or express contractual term, none of which were present. The plaintiff's inability to quantify his claim resulted from his own failure to retain copies of the documents, not from any breach by the defendants. Accordingly, the claim for delivery and debate of an account was dismissed.

Obiter and limits

  • The plaintiff could have sought a discovery order to obtain any missing information rather than demanding an account.
  • The contractual arrangement did not contemplate exclusive financial record-keeping by the defendants to the exclusion of the plaintiff.
  • The plaintiff is in a position to estimate his entitlement and adjust it after proper disclosure, if necessary.

Court disposition

Plaintiff's claim for delivery and debate of a specified account is dismissed.

  • The plaintiff's claim for delivery of a specified account and debate thereof is dismissed.
  • The remaining issues in the pleadings are postponed sine die.
  • The plaintiff is ordered to pay the costs occasioned by the stated case.

Source and reliance status

Eastern Cape High Court, Port Elizabeth

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Eastern Cape High Court, Port Elizabeth

Judgment

[2010] ZAECPEHC 57

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA nie rapporteerbaar nie

OOS KAAP, PORT ELIZABETH

Saak nr:: 428/09

Datum aangehoor: 7 September 2010

Datum gelewer: 14 September 2010

In the saak tussen:

DANIEL THEODORUS FERREIRA …........................................Eiser

en

JOHAN

ROUX ….........................................................................Eerste Verweerder

TRACY

ROUX ….........................................................................Tweede Verweerder

UITSPRAAK

EKSTEEN R:

[1] Hierdie aangeleentheid kom by wyse van ‘n gestelde saak voor my. Die eiser het dagvaarding uitgereik teen die verweerders waarin hy die volgende regshulp vorder:

"(a) Lewering van ’n behoorlike gespesifiseerde rekening tesame met die tersaaklike bewyse deur Verweerders van die totale boukoste wat insluit "arbeid, bou- met materiaalkoste" vir die huis van die Verweerders wat gebou is op Erf 3709, Platkroonlaan, Jeffreysbaai ...;

(b) Debatering van voormelde rekening ten einde die boukoste "alle arbeid, bou- en materiaalkoste” van die betrokke huis geleë te Erf 3709, Platkroonlaan, Jeffreysbaai te bepaal;

(c) Betaling deur die Verweerders aan die Eiser van sodanige bedrag wat 20% van die boukoste uiteengesit in bedes 1 en 2 hierbo insluit minus die bedrag van R158 000,00;

(d) Alternatiewelik tot bedes (a) tot (c) betaling deur die Verweerders aan die Eiser van ’n bedrag van 20% van die boukoste van die huis geleë te Erf 3709, Platkroonlaan, Jefrreysbaai, minus die bedrag van R158 000,00; en

(e) Rente a tempore morae ... "

[2] Die verweerders ontken dat die eiser geregtig is op die lewering van ‘n rekening en die debatering daarvan soos gevorder. By ooreenkoms tussen die partye is ’n gestelde saak nou voor my geplaas en die vraag of die eiser geregtig is op die lewering van 'n behoorlike gespesifiseerde rekening deur die verweerders is geskei van al die ander geskilpunte in die aangeleentheid.

[3] In die Besonderhede van Vordering beweer die eiser soos volg:

"4. Gedurende of omtrent Oktober 2007 en te Jeffreysbaai het die Eiser in persoon en die Verweerders handelende in persoon 'n mondelinge ooreenkoms gesluit in terme waarvan die Verweerders gesamentlik vir die Eiser aangestel het as projekbestuurder vir die aanbou van hul huis en muur geleë op Erf 3709, Platkroonlaan, Jeffreysbaai.

5. Die relevante bepalings was dat:

5.1 Eiser sou as projekbestuurder vir die bou van voormelde huis optree;

5.2 Eiser sou vergoeding betaal word in 'n bedrag van 20% van alle arbeid, bou- en materiaalkoste vir die totale oppervlakte van die huis wat 318,1 vierkante meter was uitgesluit sekere items waarop die partye sou ooreenkom;

5.3 Eiser sou vergoed word in twee paaiemente, die helfte waarvan sou geskied wanneer die huis ongeveer helfte voltooi is en die tweede by finalisering van die kontrak.

6. Voormelde ooreenkoms is op 23 Oktober 2007 skriftelik bevestig deur die Tweede Verweerder namens Eerste en Tweede Verweerder in 'n dokument gedateer 23 Oktober 2007 en onderteken deur Tweede Verweerder en die Eiser. “

[4] Die skrywe lees soos volg:

“HIERMEE

BEVESTIG ONS TRACY EN JOHAN ROUX DAT ONS DALE FERREIRA AANWYS AS

PROJEKBESTUURDER VAN DIE BOU VAN ONS HUIS EN MUUR OP ERF 3709 TE PLATKROONLAAN, JEFFREYSBAAI.

DIE VERGOEDING IS 20% VAN ALLE ARBEID, BOU EN MATERIAAL KOSTE VIR TOTALE OPPERVLAKTE VAN 318,1 VM,

UITGESLUIT ITEMS OM BEPAAL TE WORD BV VERF, TEELS, MATTE EN KOMBUISKASTE.

SOOS OOREENGEKOM SAL BOGENOEMDE

PERSENTASIE VERGOEDING GESKIED IN TWEE PAAIEMENTE WAARVAN DIE LAASTE

BETALING BY VOLTOOING VAN GEKONTRAKTEERDE WERK (SAL GESKIED).“ (Sic)

[5] Die eiser beweer dan dat hy uitvoering gegee het aan sy verpligtinge onder die ooreenkoms as projekbestuurder en dat die verweerders se woning behoorlik voltooi is in gevolge die ooreenkoms gedurende of omtrent Oktober 2008. Die Besonderhede van Vordering bepaal verder soos volg:

“8. Gedurende die bou van die betrokke huis het Eiser bewyse van alle kostes vir materiaal en arbeid aan die Verweerders gelewer ter bewys van kostes aangegaan om die huis te voltooi. Eiser het nie afskrifte van die bewyse van al die uitgawes gehou nie en is Eiser nie in staat om te bepaal wat die kostes was vir die arbeid en bou van die betrokke huis hiervoor uiteengesit nie.

9. Verweerders het op 17 Julie 2008 'n bedrag van R158 000,00 aan Eiser betaal ...

10. Verweerders is tans in besit van alle bewyse om te bepaal wat die bou, arbeid en materiaalkoste van die betrokke huis is en (eiser) is nie in staat om dit te bepaal nie aangesien die Verweerders in besit van die nodige bewyse is.

11. Eiser het die Verweerders behoorlik aangemaan ...

12. In die vooropstelling is die Eiser geregtig op die lewering van 'n behoorlike gespesifiseerde rekening deur die Verweerders om aan te toon wat die totale boukoste aan die huis geleë op Erf 3709, Platkroonlaan is dog weier of versuim die Verweerders om sodanige rekening aan die Eiser te lewer.

13. ...“

[6] Die wese van die eiser se saak is, soos dit my voorkom, dat hy inderdaad bewyse van al die kostes van materiaal en arbeid in die uitvoering van die kontrak ontvang het, maar dat hy versuim het om afskrifte daarvan te hou. Verweerders is nou in besit van hierdie bewyse en derhalwe kan hy nie bepaal wat aan hom toekom nie.

[7] Die bewerings wat tersake is vir doeleindes van die beoordeling van die huidige vraagstuk is nie wesenlik in geskil geplaas nie. Dit is egter nodig om kortliks te verwys na die verweerskrif in antwoord op paragraaf 8 van die Besonderhede van Vordering. Die verweerders erken dat hulle in besit is van bewyse van alle kostes van materiaal en arbeid, maar ontken dat hulle daardie bewyse vanaf die eiser bekom het en beweer dat dit direk aan hulle gelewer is deur die betrokke verskaffers. Verweerders erken verder dat die eiser afskrifte van die bewyse aangevra het en beweer dat hulle reeds op 14 Januarie 2009 afskrifte van al hierdie bewyse aan die eiser gelewer het. Op iedere weergawe is die eiser op een of ander stadium in besit geplaas van al die bewyse. Eiser het

egter versuim om afskrifte te maak en te bewaar.

[8] Vir doeleindes van die gestelde saak het die partye ooreengekom op die volgende feite:

“4. Gedurende of omtrent Oktober 2007 het die Verweerders in terme van 'n mondelinge ooreenkoms die Eiser aangestel as Projek Bestuurder vir die aanbou van hul huis en muur geleë op Erf 3709, Platkroonlaan, Jeffreysbaai.

5. Voormelde ooreenkoms is op 23 Oktober 2007 skriftelik bevestig ...

6. In terme van die ooreenkoms was die Eiser se vergoeding 20% van alle arbeid, bou en materiaalkoste vir die totale oppervlakte van die huis.

7. Die Verweerders het alle verskaffers van materiaal en die werkers en vakmanne betaal vir die oprigting van die huis.

8. Op die stadium toe die huis voltooi is, was die Verweerders in besit van en is steeds in besit van alle fakture wat gelewer is vir materiaal aangekoop en dienste gelewer asook bewyse van betalings van alle arbeid tydens die oprigting van die huis.

9. Die Eiser was op datum van uitreiking van dagvaarding nie in besit van afskrifte van die dokumente in paragraaf 8 genoem nie.”

[9] Op hierdie grondslag beweer die eiser dat hy geregtig is op die lewering van 'n behoorlike gespesifiseerde rekening tesame met die tersaaklike bewyse ten opsigte van die totale boukoste wat insluit, arbeid, bou- en materiaalkoste vir die huis van die verweerders. Die verweerders, daarinteen, voer aan dat die voorgaande nie n verpligting skep om 'n rekening te lewer nie.

[10] Daar is in ons gemene reg geen algemene regsbeginsel dat wanneer een party nie weet hoeveel aan hom verskuldig is deur 'n ander hy geregtig is om die ander aan te maan om aan hom 'n volledige rekening te lewer nie. Sien Rectifier and Communication Systems (Pty) Ltd v Harrison and Others 1981 (2) SA 283 (K) op 287H-288A; Priday v Thos Cook & Son (SA) Ltd 1952 (4) SA 761 (C); Zabow v Mauerberger Ltd 1936 CPD 205; Victor Products SA (Pty) Ltd v Lateulere Manufacturing Ltd 1975 (1) SA 961 (W). Ten einde met aanspraak op die lewering en debatering van rekening te slaag moet die eiser aantoon of dat (a) hy en die verweerder in ‘n vertrouensverhouding tot mekaar gestaan het; of dat (b) die verweerder hom kontraktueel daartoe verbind het; of dat (c) daar ‘n statutêre verpligting op die verweerder gerus het om ‘n rekening te verskaf en daaroor debat te voer. Sien Maitlands Cattle Dealers (Pty) Ltd v Lyons 1943 WLD 1 at 19; Rectifier and Communication Systems(Pty) Ltd v Harrison and Others supra op 289H; Doyle and Another v Fleet Motors PE (Pty) Ltd 1971 (3) SA 760 (AD) op 762F; Victor Products SA (Ltd) v Lateulere Manufacturing Ltd supra op 963B-C en Absa Bank Beperk v Janse van Rensbrug 2002 (3) SA 701 (SCA) op 708 paragrawe 15 en 16.

[11] In Victor Products SA (Ltd) v Lateulere Manufacturing Ltd supra op 963 verklaar Moll R soos volg:

“The right at common law to claim a statement of account is, of course, recognised in our law, provided the allegations in support thereof make it clear that the said claim is founded upon a fiduciary relationship between the parties or upon some statute or contract which has imposed upon the party sued the duty to give an account. Allegations which do no more than to indicate a debtor creditor relationship would not justify a claim for a statement of account.” (My onderstreping)

(Sien ook Rousseau NO v Cloete 1952 (3) SA 703 at 707D-F.)

[12] In die huidige aangeleentheid beweer die Besonderhede van Vordering die bepalings van die ooreenkoms en in die besonder dat die eiser teen 20% van die koste van alle arbeid, bou- en materiaalkoste vergoed sou word. Daardie bepaling stel bloot die omvangs van sy vergoeding vas. Dit word voorts beweer dat die eiser bewyse van al hierdie uitgawes aan die verweerders gelewer het en sy kontraktuele verpligtinge vervul het. Daardie bewering is slegs daarop gerig om te bewys dat die tydstip vir betaling aangebreek het. Dit word egter beweer dat die eiser nie afskrifte van hierdie fakture behou het nie en dat hy by uitreiking van dagvaarding nie in staat was om te bepaal wat die kostes was wat die arbeid en bou van die huis beloop het nie. Hierdie bewering sê niks meer as dat hy nie weet hoeveel aan hom verskuldig is nie.

[13] Daar word geen bewering gemaak in die Besonderhede van Vordering of in die gestelde saak van enige kontraktuele bepaling ingevolge waarvan die verweerders die verpligting om 'n rekening te lewer op hulle geneem het nie. Daar is ewe eens geen verwysing na einge statutêre bepaling wat so ’n plig op die verweerder sou lê nie. Enige suggestie van ’n vertrouensverhouding is afwesig uit die Besonderhede van Vordering en uit die gestelde saak. Op hierdie grondslag alleen is ek van mening dat daar geen saak gemaak is waarop ek kon bevind dat die verweerders verplig is om ’n rekening te lewer soos wat gevorder word nie. (Sien Victor Products SA (Pty) Ltd v Lateulere Manufacturing supra at 963; and Rousseau NO v Cloete supra at 707D-F.)

[14] In argument het mnr Pretorius, namens die eiser, toegegee, tereg na my mening, dat daar geen grondslag gelê is vir enige argument dat daar ’n kontraktuele bepaling in die onderliggende kontrak vervat is ingevolge waarvan die verweerders onderneem het of verplig is om ’n rekening te lewer nie. Hy gee ewe eens toe, weereens tereg na my mening, dat daar geen statutêre verpligting is wat toepassing vind op die huidge feitestel nie. Mnr Pretorius argumenteer egter dat, nieteenstaande die afwesigheid van die genoemde bewerings in die Besonderhede van Vordering, die aard van die kontrak soos uiteengesit in die Besonderhede van Vordering, soos saamgelees met die ooreengekome feite, ‘n vertrouensverhouding tussen die partye geskep het en dat ek behoort te bevind dat die verweerders derhalwe verplig is om ‘n volledige rekening te lewer en te debateer. Ek kan my hiermee nie vereenselwig nie.

[15] Die ooreenkoms wat in die Besonderhede van Vordering uiteengesit is maak slegs voorsiening daarvoor dat die eiser sekere werk sou verrig en dat die verweerders hom sou vergoed in ‘n bedrag gelykstande aan 20% van alle arbeid, bou- en materiaalkoste vir die totale oppervlakte van die huis wat 318,1 vierkante meter sou beslaan. Dit is duidelik uit die bewerings in paragraaf 8 van die Besonderhede van Vordering dat die eiser in die vervulling van sy funksies “bewyse van alle kostes vir material en arbeid” sou ontvang en dat hy dit aan die verweerders sou lewer. Dit, beweer die eiser, het hy gedoen. Dit is gevolglik die eiser se saak dat hy in besit geplaas is van al hierdie bewyse en toegang gehad het tot die volle besonderhede daarvan. Hy voer egter aan, soos reeds vermeld, dat hy versuim het om afskrifte daarvan te hou.

[16] Dit is duidelik uit die Besonderhede van Vordering dat die ooreenkoms nie ten doel gehad het dat die verweerders die uitsluitlike finansiële rekordhouding tot uitsluiting van die eiser sou behartig nie. Dit is klaarblyklik nie ’n geval waar die verhouding tussen die partye van so ’n aard is dat die besonderhede van die uitgawes nie vryelik tot eiser se beskikking sou wees tydens die uitvoering van die kontrak nie. Na my mening openbaar die Besonderhede van Vordering en die ooreengekome feitestel niks meer as ’n gewone verhouding tussen ’n skuldeiser en sy skuldenaar nie. Ek bevind derhalwe dat die ooreenkoms, soos gepleit, en soos verder toegelig deur die ooreengekome feite, geen vertrouensverhouding tussen die partye geskep het nie. Dit volg dat ek van mening is dat eiser nie geregtig is op die lewering van 'n rekening nie.

[17] Ek is in die loop van die beredenering van hierdie aangeleentheid egter verwys na verskeie beslissings wat die eiser aanvoer steun bied vir sy standpunt. In die eerste instansie was ek verwys na die aangeleentheid van Krige v Van Dijk’s Executors 1918 AD op 117 waar Solomon AR die aard van die aksie in daardie aangeleentheid en die doel daarvan opgesom het soos volg:

“The real object of the action in the court below was to obtain payment from the defendant of the money in his hands belonging to the estate of the late J. H van Dijk, which he was employed by the plaintiffs, the executors, to administer on their behalf. The prayer for the rendering of an account was merely a means to an end, that end being to ascertain the amount of the defendant's indebtedness.”

[18] Dit is duidelik uit die aangehaalde passasie dat Solomon AR hier te make gehad het met ‘n ware vertrouensverhouding. Die verweerder, Krige, was deur die eksekuteers van die bedoel van Van Dijk aangestel om die geld in die boedel van Van Dijk namens hulle te administreer. Krige het gevolglik die geld van ’n ander, naamlik van die boedel, geadministreer. Hy alleen kan verantwoord vir sy administrasie van die boedel. Hy was in ’n vertrouensposisie teenoor die eksekuteer. Die feite van daardie saak is egter moeilik vereenselwigbaar met die huidige situasie. In die huidige saak het die verweerders niks namens die eiser administreer nie.

[19] Namens die eiser, is swaar gesteun op Auerbach v Sunbeam Neon Light Company 1938 CPD. In daardie aangeleentheid was die eiser aangestel as 'n verkoopsman namens die verweerder om sekere Neon apparaat te verkoop. Dit was 'n bepaling van die ooreenkoms dat waar die eiser ’n Neon apparaat verkoop het of waar hy instrumenteël was in die verkoop van so ’n apparaat die verweerder aan hom ’n kommissie sou betaal. Dit wil voorkom uit die verslag dat bestellings direk aan die verweerder gelewer is en dat dit derhalwe nie moontlik was vir die eiser om te kon bepaal hoeveel verkope inderdaad materialiseer het en wat die kooppryse daarvan was nie. Uit die aard van die verhouding wat in die kontrak geskep was tussen die partye, was daar inligting wat in die uitsluitlike kennis van die verweerder sou setel en waartoe die eiser op geen stadium ooit toegang sou hê nie. Na aanleiding hiervan het Sutton R op bladsy 476 hom soos volg uitgelaat:

“Now is this a case where the principal should furnish an account? It think it is, because without an account being furnished justice cannot be done between the parties. It is impossible for the plaintiff to know how much is due to him, and it is peculiarly within the knowledge of the defendant company whether anything is due to him or not, because the defendant company and not the plaintiff is the only one who knows what orders were received in consequence of the canvassing of the plaintiff.”

[20] Sutton R het swaar klem gelê daarop dat geregtigheid tussen die partye nie kan geskied sonder dat die eiser toegang kry tot die inligting nie omdat eiser nie kon weet watter bestellings ontvang is nie. Hierdie feitestel is ook wesenlik onderskeibaar van die feite in die saak tans onder oorweging. In die huidige aangeleentheid was die verhouding wat die ooreenkoms in die vooruitsig gestel het een waar die eiser inderdaad bewys van alle onkostes sou ontvang het. Dit is inderdaad sy saak dat hy dit wel ontvang het en dat hy dit toe gelewer het aan die verweerders. Verweerders aan die ander kant beweer dat hulle die bewyse self bekom het. Hulle beweer egter dat hulle dit aan hom beskikbaar gestel het. Eiser het derhalwe geweet watter materiaal aangekoop is en watter arbeid benut is. Hy het immers ook toesig gehou oor die uitvoering van die kontrak. Hy is in ’n posisie om ’n skatting te maak van die bedrag waarop hy geregtig is, welke bedrag later, na behoorlike blootlegging, aangepas kan word. Die eiser kan ook, indien dit hom geval, die dienste van ’n bestekopnemer bekom om die redelike omvang van die arbeid, bou- en materiaalkoste te bepaal. Na my mening vind die uitlating van Watermeyer RP in Rectifier and Communication Systems(Pty) Ltd v Harrison and Others supra op 287H-288B toepassing in hierdie geval waar hy hom soos volg uitlaat:

“There is in my opinion no general principle of law that when one party does not know how much he is owed by another he can call upon the latter to render him an account. … A plaintiff is often faced with uncertainty as to the amount of his claim but this can usually be overcome by obtaining a discovery order, and see also Priday's case supra at 764H where the learned Judge refers to what was said in Messina Bros, Coles & Searle v Hansen & Schrader Ltd 1911 CPD 781 concerning such a situation.”

[21] In die aangeleentheid van Priday v Thos Cook & Son (Pty) Ltd, supra waarna Watermeyer RP verwys, het Van Winsen R hom soos volg uitgelaat op 764H:

”The conclusion to which I have come ... is that such claim must fail. In my opinion this result does not work inequity. If, because of some information at his disposal, the applicant considers that he has not been paid the bonus due to him, he should sue for such a amount as his information leads him to think may be due bearing in mind the remarks of Hopley, J, in Messina’s case supra at page 787,788. If, on the other hand, the applicant has no information upon which he could even prima facie conclude that he has a claim against the respondent company, then I cannot see the injustice of refusing to allow him access to the books and documents of the company.”

[22] In al die omstandighede is ek van mening dat die uitlating van Sutton R, wat gefundeer was op die aard van die verhouding wat in die ooreenkoms geskep is en die gevolglike noodsaaklikheid van die regshulp ten einde geregtigheid te laat geskied, geen toepassing kan vind in die huidige geval nie.

[23] Ek is verder verwys na Dale Street Congregation Church v Hendrikse en Andere 1992 (1) SA 133 (OKA). Hierdie was ‘n geval waar die respondente onderskeidelik aangestel is as hoof prediker en kassiere van die appellant gemeente en was hulle in daardie posisies gesamentlik in die alleen beheer van die appellant se geldsake en rekords. Op die stadium toe hulle dienste beeindig is, het die gemeente geeis dat daar behoorlik aan die gemeente verreken word deur die lewering van 'n behoorlike gespesifiseerde rekening. Hierdie eis is toegestaan.

[24] Die aangeleentheid in Dale Street Congregation Church is klaarblyklik weereens ‘n ware vertrouensverhouding waar die respondente die geldsake en rekords van ander persone, naamlik die gemeente, bestuur het. In die huidige aangeleenheid is daar geen suggestie daarvan dat die verweerders enige iemand ander se bates bestuur het nie. Hulle het enkel en alleen hul eie boedel bestuur.

[25] Die eiser het tydens die beredenering van die aangeleentheid ook swaar gesteun op die aangeleentheid van Field and Another NNO v Compuserve (PVT) Ltd 1991 (4) SA 490 (ZHC). In hierdie aangeleentheid is egter nie gesteun op ’n vertrouensverhouding nie, maar wel op 'n kontraktuele bepaling wat die verweerder sou verplig om van tyd tot tyd 'n rekening te lewer. In hierdie aangeleentheid is beweer dat 'n mondelinge ooreenkoms aangegaan is met 'n uitdruklike bepaling dat die verweerder namens 'n maatskappy, Super Scanners, geld sou kollekteer wat Super Scanners sou toekom ten opsigte van rekenaartoerusting wat verkoop is. Dit is beweer dat dit 'n stilswyende bepaling van die ooreenkoms was dat die verweerder van tyd tot tyd aan Super Scanners ’n rekening sou lewer ten opsigte van die gelde wat hy so gekollekteer het. In hierdie aangeleentheid was dit trouens gemeensaak dat verweerder 'n plig gehad het om 'n rekening te lewer. Verweerder het egter die kontraktuele bepaling waarop eiser staatgemaak het ontken en verweerder het beweer dat die partye vennote was. Dit was dus verweerder se saak dat die plig om 'n rekening te lewer ontstaan uit ’n vertrouensverhouding. Verweerder het slegs argumenteer dat die tydstip vir die lewering van ’n rekening nog nie aangebreek het nie. Daar is bevind dat selfs op verweerder se weergawe eiser geregtig was op die lewering van 'n rekening. In die huidige geval word daar hoegenaamd nie gesteun op enige kontraktuele bepaling ingevolge waarvan die verweerders onderneem het om ’n rekening te lewer nie. Daar is ook geen vernootskap nie. Ek meen nie dat hierdie beslissing enigsins bydra tot die beslegting van die huidige vraagstuk nie.

[26] In al die omstandighede en by oorweging van die argumente wat aan my voorgelê is bly ek van mening dat die eiser nie geregtig is op die lewering van ’n behoorlike gespesifiseerde rekening deur die verweerders op die grondslag uiteengesit in die gestelde saak, soos gelees tesame met die pleitstukke nie. In die omstandighede maak ek die volgende bevel:

1. Die eiser se vordering vir die lewering van ’n gespesifiseerde rekening en die debatering daarvan word van die hand gewys.

2. Die verdere geskilpunte uiteengesit in die pleitstukke word uitgestel sine die.

3. Die eiser word beveel om die koste wat teweeggebring is deur die gestelde saak te betaal.

________

J W EKSTEEN

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Verskynings:

Namens Eiser: Adv Pretorius in opdrag van Jacques du Preez Prokureurs, Port Elizabeth

Namens Verweerders : Adv Nepgen in opdrag van De Villiers en Vennote, Port Elizabeth

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Rectifier and Communication Systems (Pty) Ltd v Harrison and Others 1981 (2) SA 283 (K)

Case cited

Priday v Thos Cook & Son (SA) Ltd 1952 (4) SA 761 (C)

Case cited

Zabow v Mauerberger Ltd 1936 CPD 205

Case cited

Victor Products SA (Pty) Ltd v Lateulere Manufacturing Ltd 1975 (1) SA 961 (W)

Case cited

Maitlands Cattle Dealers (Pty) Ltd v Lyons 1943 WLD 1

Case cited

Doyle and Another v Fleet Motors PE (Pty) Ltd 1971 (3) SA 760 (AD)

Case cited

Absa Bank Beperk v Janse van Rensbrug 2002 (3) SA 701 (SCA)

Case cited

Rousseau NO v Cloete 1952 (3) SA 703

Case cited

Krige v Van Dijk’s Executors 1918 AD 117

Case cited

Auerbach v Sunbeam Neon Light Company 1938 CPD

Case cited

Dale Street Congregation Church v Hendrikse en Andere 1992 (1) SA 133 (OKA)

Case cited

Field and Another NNO v Compuserve (PVT) Ltd 1991 (4) SA 490 (ZHC)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.