Ficksburg Transport (Edms) Bpk. v Rautenbach and Another (191/86) [1987] ZASCA 107; [1988] 1 All SA 259 (A) (29 September 1987)
The court held that clause 4.2 of the prospecting contract required personal delivery of the written notice of exercise of the option to the owner or his authorised agent. Delivery at the respondent's address, or to an unauthorised employee, did not satisfy this requirement. The contract did not provide that...
Source-derived case information.
- Citation
- [1987] ZASCA 107
- Parties
- Appellant: Ficksburg Transport (Edms) Beperk; Respondent: Petrus Marthinus Geldenhuys Rautenbach; Respondent: Helena Boerdery
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 191/86
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Declaratory Application and Order for Transfer of Property
- Outcome
- Appeal dismissed with costs.
- Judges
- Vivier, Botha, Jacobs
- Legal Topics
- Exercise of Option, Delivery of Notice, Domicilium Citandi Et Executandi, Waiver of Rights
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Ficksburg Transport (Edms) Beperk
Appellant
Petrus Marthinus Geldenhuys Rautenbach
Respondent
Helena Boerdery
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Declaratory Application and Order for Transfer of Property
Legal Issues
- 1 Whether the option to purchase was validly exercised by the appellant.
- 2 Whether delivery of the written notice at the respondent's address constituted proper delivery under the contract.
- 3 Whether the respondent waived his right to personal delivery of the notice.
Ratio Decidendi
The court held that clause 4.2 of the prospecting contract required personal delivery of the written notice of exercise of the option to the owner or his authorised agent. Delivery at the respondent's address, or to an unauthorised employee, did not satisfy this requirement. The contract did not provide that domicilium citandi et executandi applied to contractual notices, and there was no evidence of waiver by the respondent. The doctrine of fictional fulfilment was inapplicable, as the appellant did not take all reasonable steps to effect personal delivery, such as making inquiries about the respondent's whereabouts. The appeal was dismissed with costs.
Court Disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
196 paragraphs
/MC Saak Nr 191/86
FICKSBURG TRANSPORT (EDMS) BEPERKenP M G RAUTENBACHenHELENA BOERDERY VIVIER AR./MC Saak nr 191/86
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen
FICKSBURG TRANSPORT (EDMS) BEPERK APPELLANT
en
PETRUS MARTHINUS GELDENHUYS RAUTENBACH EERSTE RESPONDENT
HELENA BOERDERY TWEEDE RESPONDENT
Cocam: RARIE Wn HR et BOTHA, JACOBS, VIVIER ARR et BOSHOFF WND AR.
Verhoor: 27 AUGUSTUS 1987 Gelewer: 29 SEPTEMBER 1987.
UITSPRAAK
VIVIER /
2.
VIVIER AR
Eerste respondent is die eienaar van die
plaas De Villiersdrift ("die eiendom") in die distrik
Fouriesburg. Op 26 Oktober 1981 het eerste respondent
en ene Schuld 'n notariele prospekteerkontrak aangegaan
ingevolge waarvan Schuld die alleenreg verkry het vir
tydperk van vyf jaar, gereken vanaf 16 Mei 1980, om op
die eiendom vir edelgesteentes te prospekteer.
Prospekteergeldë van R50 per maand was maandeliks
vooruitbetaalbaar vanaf 1 Februarie 1980. Ingevolge
klousule 4 van die prospekteerkontrak is 'n opsie aan
Schuld verleen om die eiendom, insluitende sekere
mineraalregte, te koop. Klousule 4.2 het vereis
dat /.....
3.
dat die opsie "skriftelik uitgeoefen word deur
lewering van 'n skriftelike kennisgewing aan die
eienaar tot die effek dat die opsie uitgeoefen word,
en wel voor beëindiging van die kontrak". Schuld het
sy opsie aan die appellant sedeer. Die geskil tussen
die partye gaan oor die vraag of die opsie behoorlik
uitgeoefen is al dan nie.
In die Hof a guo het die appellant by
Kennisgewing van Mosie 'n verklarende bevel gevra dat
die opsie behoorlik uitgeoefen is en vir 'n bevel wat
eerste respondent gelas om oordrag van die
eiendom aan hom te gee teen betaling van die koopprys,
sowel as vir sekere verwante regshulp. Die aansoek is
deur /.....
4.
deur eerste respondent bestry. Tweede respondent
in die Hof a quo sowel as ín hierdie Hof, is die
huurder van die eiendom ingevolge 'n skriftelike
huurkontrak wat ná die prospekteerkontrak, en onder=
hewig aan die bepalings daarvan, gesluit is. Tweede
respondent berus hom by die uitspraak van die Hof.
Die aansoek is met koste afgewysdeur SMUTS Rp(sien
1986(2) SA 88(0)), wat aan die appellant verlof verleen
het om na hierdie Hof te appelleer.
Op 15 Mei 1985, wat die laaste dag was waarop
die opsie uitgeoefen kon word, was die eerste respondent
tydelik afwesig van die eiendom toe die appellant se
prokureur teen 4 uur die middag daar opdaag met 'n brief
van /....
5.van dieselfde datum waarin die eerste respondent in kennis gestel word dat die opsie uitgeoefen word. Dit moet aanvaar word dat toe die appellant se prokureur verneem dat eerste respondent nie tuis is nie, hy nie verder navrae gedoen het oor waar eerste respondent was nie, omdat hy van mening was dat lewering van die kennisgewing van aanname van die opsie by die eerste respondent se adres, wat sy gekose domicilium citandi et executandi was, voldoende sou wees. Hy het gevolglik die oorspronklike van die brief aan die voordeur van eerste respondent se woning geheg en 'n afskrif is aan 'n werknemer van eerste respondent, ene Izak Pheleu, wat skynbaar in beheer van die perseel was, oorhandig.
Eerste /
6.
Eerste respondent het eers die volgende dag by sy
terugkeer vanaf 'n besoek aan Pietermaritzburg, waar
hy sedert 11 Mei 1985 was, van die gepoogde uitoefening
van die opsie verneem.
Namens appellant is op verskeie gronde betoog
dat die opsie regsgeldig uitgeoefen is op 15 Mei 1985.
Daar is eerstens betoog dat die lewering van die
kennisgewing aan Pheleu behoorlike lewering van die
kennisgewing aan die eerste respondent was, deurdat hy
tydens sy afwesigheid vir Pheleu in beheer van die
eiendom gelaat en daarmee stilswygend vir Pheleu
gemagtig het om kennisgewings soos die huidige namens
hom te ontvang. Dat 'n werknemer stilswygende magti=
ging/....
7.ging kan hê om 'n bepaalde regshandeling te verrig, is voor die hand liggend. Of daar in 'n bepaalde saak magtiging bestaan, hang van die besondere feite en omstandighede van daardie saak af. Om mee te begin, is daar in die huidige saak geen bewering in die beëdigde verklarings dat Pheleu uitdruklike of stilswygende magtiging gehad het soos nou betoog word nie. Al wat van hom in die appellant se beëdigde verklarings gesê word, is dat hy 'n volwasse, ver= antwoordelike, swart man is wat skynbaar in beheer van die perseel was". Of hy die plaasbestuurder of huisbediende was, word nie gemeld nie. In die eerste respondent se beëdigde verklarings word niks meer oor
Pheleu /
8.
Pheleu gesê nie. Die rede waarom so min oor Pheleu in die beedigde verklarings gesê is, is omdat dit nie appellant se saak was dat lewering van die kennisgewing aan Pheleu as eerste respondent se gevolmagtigde geskied het nie. Dit het mnr Van Amstel, namens appellant, geredelik toegegee. Na my mening is die afleiding dat Pheleu magfciging gehad het om kennisgewings namens eerste cespondent te ontvang, nie geregverdig bloot uit die feit dat Pheleu in beheer was van die eerste respondent se woning tydens laasgenoemde se tydelike afwesigheid nie (vgl Loryan (Pty) Ltd v Solarsh Tea and Coffee (Pty) Ltd 1984(3) SA 834(W) op 848 in fine). Indien nie bewys is dat Pheleu die nodige magtiging
gehad /
9.gehad het nie, volg dit dat die verdere betoog dat sy kennis aan die eerste respondent toegereken moet word, ook nie kan slaag nie.Daar is voorts namens appellant betoog dat die woorde in klousule 4.2 van die kontrak: "lewering van 'n skriftelike kennisgewing aan die eienaar" nie beteken dat die eerste respondent of sy gevolmagtigde in besit gestel moes word van die kennisgewing nie, maar dat aan die woorcie 'n wye betekenis geheg moet word sodat niks meer vereis is as dat die kennisgewing op 'n wyse wat redelik is onder die omstandighede, gelewer moes wocd nie. Daar is betoog dat lewering by die eerste respondent se adres, wat ook sy gekose domicilium citandi et
executandi/
10.
executandi was, onder die omstandighede redelik
was.
Die algemene reël van ons reg is dat die
uitoefening van 'n opsie aan die opsiegewer meegedeel moet word (Dietrichsen v Dietrichsen 1911 TPD 486 op 495; Smeiman v Volkersz 1954(4) SA 170(K) op 176 E-F). Die opsiegewer kan egter uitdruklik of stilswygend n besondere wyse vir die uitoefening van die opsie voorskryf, in welke geval die kontrak tot stand kan kom selfs sonder dat die uitoefening van die opsie aan die opsiegewer meegedeel is (Driftwoord Properties (Pty) Ltd v McLean 1971(3) SA 591(A) op 597 D-E). De Groot, De Jure Belli ac pacis 2.11.15 sê dat die aanbieder kan voorskryf dat sy aanbod 'n kontrak tot stand sal
bring /
11.bring òf deur die geadresseerde se blote aanvaarding daarvan, óf eers wanneer hy verneem van die aanvaarding, en dat in geval van twyfel, vermoed word dat die kontrak eers tot stand kom indien die aanbieder van die aanname verneem. Hierdie passasie is goedgekeur deur hierdie Hof in Driftwood Properties (Ptyí Ltd v McLean, supra op 597 E-F.Om terug te keer tot die huidige kontrak. Klousule 4.2 vereis "lewering aan die eienaar" van die skriftelike kennisgewing. In R v Rudd 1912 TPD 195, het SMITH R, met verwysing na die woord "deliver" in art 52 van Ord 32 van 1902 op bl 199 gesê:-
"The ordinary and popular sense of delivering a thing to another is to hand over the thing to him"
en / 12. en na my mening is dit die betekenis wat aan diewoorde "lewering aan die eienaar" in die huidige kontrak gegee moet word. (Vgl A to Z Bazaars (Pty) Ltd v Minister of Agriculture 1975(3) SA 468(A) op 477 A-H en S v Solomon 1986(3) SA 705(AV op 711 E-F). Indien klousule 4.2 lewering sonder meer, of lewering
by die eerste respondent se adres vereis het, sou dit
seker voldoende gewees het om die kennisgewing by die eerste respondent se adres te laat, soos die geval was in die Loryan-saak, supra op 835 G-H en 849 I. Klousule 4.2 vereis egter uitdruklik dat lewering aan die eerste respondent moet geskied, sonder vermelding van enige adres, en die betekenis wat aan hierdie woorde geheg moet word, is dat eerste respondent in besit van die
kennisgewing gestel moes word.
Namens appellant is betoog dat klousule 4.2
saamgelees / ...
13.
saamgelees rnoet word met klousule 8.2 waarin, so is betoog, wel voorsiening gemaak word vir 'n adres vir die lewering van die kennisgewing van uitoefening van die opsie. Daar is betoog dat met die keuse van die eiendom as domicilium citandi et executandi in klousule 8.2 van die prospekteerkontrak, die partye nie slegs bedoel het om te verwys na die betekening van prosesstukke in die loop van 'n regsgeding nie, maar ook na alle kennisgewings ingevolge die prospekteerkontrak. Klousule 8 bepaal as volg :-
"8.1 Die pcospekteerder kies domicilium
citandí et executandi te Kloofstraat 16, Ficksburg.
8.2 Die eienaar kies domicilium citandi et executandi te De Villiersdrift, Ficksburg."
Die /
14.Dit word algemeen aanvaar in ons praktyk dat die keuse van 'n domicilium citandi et executandi, sonder meer, slegs betrekking het op die betekening van prosesstukke in die loop van 'n regsgeding (Voet 5.1.93, Merula, Manier van Procederen 4.41.4, Van der Linden, Inst. 3.1.2.14 Van Zyl, Judicial Practice op 38, Reël 4(1)(a)(iv) van die Eenvormige Hofreëls, Muller v Mulbarton Gardens (Pty) Ltd 1972(1) SA 328(T) op 331 in fine - 332 A en Loryan (Pty)Ltd v Solarsh Tea and Coffee (Pty) Ltd, supra op 847 D). Soms word 'n domicilium egter ook deur die partye tot 'n kontrak gekies vir die betekening van kennisgewings ingevolge die
kontrak. Of in 'n bepaalde geval 'n keuse van 'n domicilium citanci et executandi slegs betrekking het op prosesstukke
in / ...
15.
in 'n regsgeding en of dit ook van toepassing is op
kennisgewings ingevolge die kontrak (die sg "dubbele
voorsiening"), hang af van die juiste vertolking van
die bepaalde kontrak. So is beslis dat die gekose
domicilium ook geld vir kontraktuele kennisgewings in
oa Muller v Mulbarton Gardens (Pty) Ltd supra,
en die sake daar aangehaal op 332 H - 333 A
en Loryan {Pty) Ltd v Solarsh Tea and Coffee (Pty) Ltd,
supra op 848 .
In die onderhawige kontrak is dit opvallend
dat klousule 8 nie uitdruklik na kontraktuele
kennisgewings verwys nie, en ook nie woorde gebruik wat
wyd genoeg is om kontraktuele kennisgewings in te sluit
nie /....
16.nie. Dit ten spyte van die feit dat daar verskeie voorafgaande bepalings is wat voorsiening maak vir een of ander kennisgewing ingevolge die kontrak. So bepaal klousule 1.2 dat die prospekteerder met skrif= telike kennisgewing aan die eienaar die kontrak kan kanselleer indien hy nie verder wil prospekteer nie. Klousule 2 bepaal dat indien prospekteergelde nie betyds betaal word nie, of ingeval van nie-nakoming van die bepalings van die kontrak, die eienaar geregtig is om die kontrak te kanselleeer na veertien dae skriftelike kennisgewing. Ek het ceeds na klousule 4.2 verwys wat ook 'n skriftelike kennisgewing vereis. Klousule 4.3 maak voorsiening vir die lewering aan die
eienaar / ...
17.
eienaar van 'n waarborg vic betaling van die koopsom.
Omdat die keuse van 'n domicilium citandi et executandi
gewoonlik alleen betrekking het op betekening van pcoses=
stukke van die hof in die loop van 'n regsgeding, sou
mens verwag dat, indien die bedoeling was om in klou=
sule 8 ook voorsiening te maak vir kontraktuele
kennisgewings, die partye dit uitdruklik sou gesê het
of woorde sou sou gebruik het wat wyd genoeg was om kennisgewings
ingevolge die kontrak in te sluit. Dit is nie gedoen
nie. Vir die betoog dat klousule 8 ook verwys na
kontraktuele kennisgewings,is sterk gesteun op die
vereiste in klousule 2 dat prospekteergelde direk aan
die eienaar betaal moet word, terwyl hierdie vereiste
nie /...
18.nie verskyn in die ander klousules wat voorsiening maak vir kontraktuele kennisgewings nie. Daar is betoog dat hierdie verskil in bewoording daarop dui dat in die laasgemelde gevalle "indirekte" betekening in die sin van betekëninq by die gekose domicilium, voldoende is. Ek stem nie saam nie. Al wat na my mening met "direkte betaling" in klousule 2 bedoel word, is dat prospekteergelde aan die eienaar, en nie bv in sy bankrekening nie, betaal moet word.Mnr Van Amstel het voorts betoog dat die kennisgewing van uitoefening van die opsie in elk geval by implikasie deel vorm van die prosesstukke van 'n regsgeding, aangesien dit 'n geldige koopkontrak van
die /
19.
die eiendom tot stand gebring en aldus 'n uitsettings= bevel na 15 Mei 1985 verhoed het. Vir hierdie betoog het hy gesteun op die beslissing in Sfetsios and Others v Theophilopoulos and Another 1967{4)'SA 645(W) op 648 D-F. Na my mening kan op geen basis gesê word dat die kennisgewing waardeur die opsie uitgeoefen is, direk of indirek deel vorm van die prosesstukke in 'n regsgeding nie en die uitspraak waarop gesteun is, kan in hierdie opsig nie ondersteun word nie (vgLwat in die Muller-saak supra op 333 H - 334 A gesi is omtrent die Sfetsios-saak)Ek is gevolglik van mening dat die prospekteer= kontrak geen adres bepaal, uitdruklik of by implikasie, met betrekking tot die lewering aan die
eerste /
20.eerste respondent van die kennisgewing waardeur die opsie uitgeoefen is nie. Volgens die duidelike bepalings van klousule 4.2 meen ek dat vereis is dat die kennisgewing petrsoonlik aan die eerste respondent of sy gevolmagtigde oorhandig moes word. In soverre daar twyfel hieroor mag bestaan,moet, volgens die gesag waarna ek reeds verwys het, die konstruksie ten gunste van so 'n vereiste wees.Mnr Van Amstel het gesteun op 'n obiter dictum in Smeiman v Volkersz, supra, waar die behoorlike uitoefening van 'n mondelinge opsie om 'n sekere belang in 'n maatskappy te koop, ter sprake was. Telefoniese navraag by die opsiegewer se adres in Wynberg, Kaapstad,
op /
21.op die laaste dag waarop die opsie uitgeoefen kon word, het getoon dat die opsiegewer tydelik op Kroonstad was. Gevolglik is briewe van aanname daardie dag na beide adresse gepos, wat egter hul bestemmings eers ná daardie datum bereik het. In die loop van sy uitspraak het OGILVIE THOMPSON R in 'n obiter dictum op 177 C-D gesê dat hy geneig is om te dink dat tydige aflewering van die brief van aanname by die aanbieder se juiste Wynbergse adres voldoende sou gewees het om 'n kontrak tot stand te bring ten spyte van die aanbieder se tydelike afwesigheid. As gesag vir hierdie stelling is verwys na die Restatement of the law: Contracts, para 69; Williston on contracts, 3de uitgawe, vol 1,
para /.......
22.
para 89 en na die beslissings in Naude v Malcolm and Another 19 SC 482 en Baker v Marshall and Edwards 1913 WLD 156. Die betrokke paragraaf in die Restatement lees as volg:-
"A written revocation, rejection or acceptance is received when the writing comes into the possession of the person addressed, or of some person authorized by him to receive it for him, or when it is deposited in some place which he has authorized as the place for this or similar communications to be deposited
for him."
In die tersaaklike passasie uit Williston on Contracts word dieselfde gesê:-
"Accordingly, if a letter comes into the possession of the person addressed or of one authorized to receive it for him, or in a place which he has designated as the
place /
23.
place for this or similar communications to be deposited for him, the letter has reached its destination and is as effec= tual though unread as if it were read."
Die passasies in die Restatement en Williston, wat in
ooreenstemming met ons reg is, neem die appellant se
saak nie verder nie omdat, soos ek reeds daarop gewys
het, Pheleu nie gemagtig was om die betrokke dokument
namens die eerste respondent te aanvaar nie en lg nie
sy adres aangewys het as die plek waar die betrokke
kennisgewing afgelewer kon word nie.
Die Naude- en Baker-sake is voorbeelde van
gevalle waar die totstandkoming of verlenging van 'n
kontrak deur die skuld van die aanbieder verydel is
deur /.....24. deur adresverandering, afwesígheid of andersins, sodat
die vereiste kennisgewing sy bestemming laat, of gladnie, bereik het nie, terwyl die aannemer, aan die ander kant,alles gedoen het wat redelikerwys van hom verwag kon word omdie kennisgewing aan die aanbieder te besorg. Onder daardieomstandighede is kennis aan die aanbieder toegeskryf asof hywel die vereiste kennisgewing betyds gekry het (De Wet en Yeats,Kontraktereg en Handelsreg, 4de uitgawe op 36). In Naude vMalcolm and Another was die vraag of 'n opsie om te koopbehoorlik uitgeoefen is. Een van die opsiegewers is
oorlede en geen eksekuteur is vir hom aangestel nie,
terwyl die ander opsiegewer oorsee is en van sy adres
daar vertrek het sonder om sy nuwe adres te verstrek.
Gevolglik het die brief waarin die opsie uitgeoefen is,
hom / ...
25.
hom nooit bereik nie. Daar is beslis dat die opsie=
nemer alles gedoen het wat redelikerwys van hom verwag
kon word, en dat hy geregtig was op oordrag van die
eiendom. In Baker v Marshall and Edwards was die vraag
of 'n huurkontrak behoorlik deur die vereiste skriftelike
kennisgewing hernu is. Die verhuurder het die land
verlaat sonder om aan die huurders te sê hoedat kennis
van hernuwing aan hom gegee kon word. Onder daardie
omstandighede is beslis dat 'n brief oor die pos aan sy
korrekte adres voldoende kennisgewing van hernuwing
was, al het dit hom nooit bereik nie , omdat dit nie
die huurders se skuld was dat die brief nie sy bestem=
ming bereik het nie. Die beginsel waarop die
Baker- /.....
26.Baker- en Naude-sake beslis is, skyn ook die basis tegewees het vir die obiter dictum in die Smeiman-saak waarna ek verwys het.Na my rnening is daar geen ruimte vir die toe= passing van 'n soortgelyke beginsel op die feite van die huidige saak nie. Die appellant se saak, soos ek reeds gesê het, was dat lewering by die domiciliúm citandi et executandi voldoende lewering aan eerste respondent was. Sy saak was nie dat hy alles gedoen het wat redelikerwys van hom verwag kon word om die kennisgewing aan die eerste respondent te lewer en dat lewering verydel is deur eecste respondent se afwesigheid nie. Indien dit sy saak was, sou mens verwag het dat hy navraag sou gedoen het oor waar eerste respondent
27.hom bevind en 'n ontmoeting probeer reël het vir later dié betrokke dag. Dit het hy nie gedoen nie. Ons weet uit die beëdigde verklarings dat eerste respondent op die betrokke dag vier uur se ry per motor van die eiendom af was en dat appellant by navraag kon vasgestel het waar eerste respondent hom bevind. Daar was gevolglik oorgenoeg tyd vir lewering aan eerste respondent indien appellant dit wou doen. Ek meen dat dit nie van eerste respondent verwag kon word om, waar hy niks van appellant gehoor het, op die láaste dag voortdurend op die eiendom aanwesig te gewees het nie. Dit moet aanvaar word wat eerste respondent in sy beëdigde verklaring sê nl dat sy
besoek /
28.besoek aan Pietermaritzburg heel onskuldig was en dat Pheleu aan enigeen wat navraag gedoen het, sou gesê het waar hy te vinde was. Daar ís geen aanduiding dat hy nie betyds sou teruggekeer het indien dit vereis was nieDaar is origensgeen basis waarop gesê kan word dat die eerste respondent die uitoefening van die opsie met indirekte oogmerk, soos deur mnr Van Amstel betoog, ot selfs op nalatige wyse verydel het nie. Hieruit volg dat die leerstuk van fiktiewe vervulling, waarop namens appellant gesteun is, ook geen toepassing het in die huidige saak nie.
Laastens is daar namens die appellant betoog dat deur sy afwesigheid van die eiendom op 15 Mei 1985,
29.eerste respondent afstand gedoen het van sy reg dat die betrokke kennisgewing aan hom gelewer word. 'n Beweerde afstanddoening van regte verg duidelike bewys, veral waar op stilswygende afstanddoening gesteun word. Die gedrag waarop gesteun word, moet teen= strydig wees met die voortbestaan van sodanige regte of met 'n bedoeling om dit af te dwing. (Laws v Rutherfurd, 1924 AD 261 op 263; Hepner v Roodepoort-Maraisburg Town Council 1962(4) SA 772(A) op 778 en Borstlap v Spangenberg en Andere 1974(3) SA 695 op 704 G-H). In die huidige saak is daar geen getuienis om die beweerde afstanddoening te staaf nie en die blote afwesigheid van die eerste respondent regverdig nie
so / 30. so 'n afleiding nie.Ek is gevolglik van mening dat die Hof a quo tereg die aansoek afgewys het. Die appel word met koste af gewys.
W. VIVIER AR
BOTHA AR )
Stem saam.JACOBS AR )